South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 323
| Noteup
| LawCite
S v Fortuin and Anders (SS20/2008) [2008] ZAWCHC 323 (3 October 2008)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: SS20/2008
DATUM: 3 OKTOBER 2008
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
1. CARMEN FORTUIN
2. LUCINDA OLIVER
3. DENVER KROUTZ (VRYGESPREEK)
4. GERSWIN OLIVER (VRYGESPREEK)
5. MUSTAPHA TURNER
V O N N I S
STEYN, WnR:
In die lig van die beginsels wat behoort te geld by vonnisoplegging en die betoe wat die advokate namens die Staat en die verdediging asook die getuienis wat voor my gedien het voor vonnis, het ek voortgegaan om 'n gepaste straf te oorweeg.
Die volgende aspekte wat betref vonnisoplegging sal ek uitlig: Hierdie moord wat gepleeg was val binne die bestek van die Strafregwysigingswet, Wet 105 van 1997, en is hierdie Hof dus verplig om lewenslange gevangenis op te le aan beskuldigde 1 en 4, tensy daar bevind kan word dat daar wesenlike en dwingende omstandighede is wat afwyking van die minimum vonnis van lewenslank regverdig. Ek ag dit nie nodig om weereens met die begrip van wat daar verstaan word deur die howe onder wesenlik en dwingend te handel nie, aangesien die Hoogste Hof van Appel en die Konstitusionele Hof baie duidelike riglyne vir die howe gestel het in S v MALGAS 2001(1) SASV 469 (HHA) en S v DODO 2001 SASV 594 (KS).
Dit is dikwels so dat vonnisoplegging die moeilikste taak en deel van enige strafverhoor uitmaak. HIEMSTRA in die SUID-AFRIKAANSE STRAFPROSES 5de Uitgawe, handel soos volg met die verskil tussen die meriete fase van 'n saak en die vonnis fase van 'n saak. Oor vonnis word daar gese:
"Nou is dit die regtelike beampte se sware plig om regverdig oor die lot van 'n beskuldigde te beskik. Dit is weliswaar nog deel van die verhoor en gevolglik onderworpe aan die algemene voorskrifte dien aangaande, maar -
nou is dit nie meer so 'n kliniese oefening as wat beslegting van die meriete was nie;
nou is daar nie afgebakende geskilpunte en formele kwyting van bewyslaste nie;
nou gaan dit nie soseer om feite nie, maar om indrukke;
nou kan gekyk word na die oorwegings wat y die meriete irrelevant was, byvoorbeeld, die motief vir 'n moord;
nou word spesifiek na die persoon van die beskuldigde gekyk, na sy karakter, algemene lewenswandel en nie net na sy gewraakte handeling nie;
nou is dit in hoofsaak 'n toekomsblik terwyl dit by die meriete gegaan het oor gedane sake; en
lesbes nou moet 'n komplekse waarde oordeel gemaak word waarby die vier oogmerke van straf in samehang met mekaar en aan die hand van die ZINN trits oorweeg moet word." sentence must be restorative in the sense both of compensating the individual who suffered as a result of a crime and of repairing the social fabric that criminal conduct damages. All these concerns are inevitably particular prominent amongst victims of crime who have special interest in the offences that they themselves had suffered."
Die vonnistaak is so moeilik juis omdat enige Hof - en ook hierdie Hof - vandag daarna stewe om belange te probeer versoen wat eintlik nie versoenbaar is met mekaar nie, die van elke beskuldigde voor my wat die misdaad gepleeg het en die van die bree gemeenskap, die Fortuin-familie, en andere wat reg en geregtigheid eis van die howe.
Die Hof het reeds verwys na die beslissing van ZINN waar die faktore gelys word wat 'n rol behoort te speel by vonnisoplegging. Een van hierdie faktore is inter alia die erns van die misdryf. Die erns van 'n misdryf word egter nie net afgelei van die misdaadomskrywing nie, maar ook op welke wyse sodanige misdaad gepleeg was. Dit gee die Hof geleentheid om ook in ag te neem die rol van aandadigheid van elke beskuldigde in 'n betreffende misdaad.
Die misdryf waar aan beskuldigdes 1 en 4 asook 2, maar veral 1 en 4 skuldig bevind is, is ernstig van aard. Die oorledene, Leonard Fortuin, wat in die fleur van sy lewe was, was koelbloedig vermoor naby sy eie huis. Veel meer is dat beskuldigde 1 sy vrou was en dat sy inderdaad gereel het dat hy doodgemaak moet word met behulp van persone wat hulp verleen het, soos beskuldigde 4 en ook Selwyn Bambi.
Dit is belangrik dus dat daar nie uit die oog verloor word dat in die algemeen, wanneer 'n mens vonnis ople in 'n saak soos moord, dan is daar geen slagoffer meer voor hierdie Hof nie, want hy is reeds dood. Die vonnis behoort egter nog steeds erkenning gee aan daardie persoon wat gedood is. Die belangrikheid van personifikasie by moord is deur O'CONNOR, R in S v SPAY 'n Amerikaanse beslissing in 1991 - en ek verwys 501 US 808/111 S, the Circuit Court 2597 op 720 is daar die volgende deur horn gese wat betref persone wat gedood is:
"Murder
is the ultimate act of depersonalisation, it transforms a living
person with hopes, dreams and fears into a corps,
thereby taking away
all that is
special and unique about that person.
The
constitution does not preclude a state from deciding to give some of
that back."
Ek is dus terdee bewus daarvan dat ek voorts in gedagte moet hou wat betref die bepaling van 'n gepaste straf vandag dat ek nie oorweging moet skenk aan die verwagtinge en die wense van die gemeenskap nie, wat 'n rol behoort te speel is die belange van 'n gemeenskap. Die Hoogste Hof van Appel het in S v MALAKZA AND ANOTHER 1997(1) SASV 515 (HHA) op 518 die volgende gese ten opsigte van gemeenskapsopinie:
"The object of sentencing is not to satisfy public opinion but to serve the public interests. A sentencing policy that caters predominantly or exclusively for public opinion, is invariantly fraud. It remains the court's duty to impose fearlessly and appropriate and fair sentence even if the sentence does not satisfy the public."
In S v DU TOIT 1979(3) SA 846 (A) op 857H-A het RUMPFF, HR die volgende opgemerk:
"Wanneer die aard van die misdaad en die belange van die gemeenskap oorweeg word, is die beskuldigde eintlik nog op die agtergrond, maar wanneer hy as 'n strafwaardige mens vir oorweging aan die beurt kom, moet die voile soeklig op sy persoon geheel met al sy fasette gewerk word, sy ouderdom, sy geslag, sy agtergrond, sy geestoestand toe hy die misdaad gepleeg het, sy motief, sy vatbaarheid vir beinvloeding en alle relevante faktore moet ondersoek en geweeg word."
Dit is die persoonlike omstandighede van 'n oortreder mag onder geen omstandighede onderbeklemtoon word nie. Dit is my plig, soos is dit ook elke voorsittende beampte se plig om deurentyd daarteen te waak om nie enige van die faktore wat 'n rol behoort te speel by die strafoplegging insluitende faktore soos afskrikking, oor- of onder te beklemtoon nie. Dit is noodsaaklik om gedagte te hou dat die doel van vonnis, naamlik die noodsaaklikheid van 'n oortreder se rehabilitasie en die heropname in die gemeenskap ten voordele van die individu sy of haar gesin in ag geneem behoort te word.
Die belange van die gemeenskap word juis gedien deur die rehabilitasie van 'n oortreder. Daar moet deurentyd dus gewaak word om die belange van die gemeenskap ten koste van 'n beskuldigde se persoonlike omstandighede te oorbeklemtoon. Dit is die gesag wat 'n rol sal speel en ek sal later na ander aspekte verwys.
Namens beskuldigde 1, het mnr Charters 'n ex parte betoog gelewer wat haar persoonlike omstandighede betref en dit is weergegee dat sy 'n 42-jarige vrou is wat reeds sedert 2006 in hegtenis aangehou word nadat haar borgtog ingetrek is. In hierdie omstandighede rondom die intrekking van die borg aan die Hof openbaar nie, daar was geargumenteer, sonder om getuienis aan te bied, dat die Hof in ag moet neem dat haar rol nie so aktief was dat sy die sneller getrek het nie. Ek dink dit is ongelukkig dat die beskuldigde nie getuig het voor vonnis nie, veral wat die betref die omstandighede wat moontlik tot 'n beweegrede of 'n motief sou lei, maar geen beskuldigde is egter verplig om te getuig nie en respekteer ek die besluit van beskuldigde 1 asook die feit dat dit haar konstitusionele reg is. Sy ontneem egter die vonnisoplegger van daardie indrukke wat daar geskep sou word ten opsigte van haar berou in 'n getuiebank.
Beskuldigde 1 is wel 'n eerste oortreder en ek sal dit in ag neem by vonnisoplegging. Dit is nie ongewoond dat vroue wat mishandel word normaalweg die wyse of die manier wat hulle kies om van hulle lewensmaat ontslae te raak, is die van 'n huurmoord en ek steun op die beslissing van S v FERREIRA 2004(2) SASV 440 (HHA) te para. [40] wanneer ek hierdie aanname maak. Daar is egter geen getuienis van beskuldigde 1 voor my wat aandui dat sy wel mishandel was en dat sy wel getraumatiseerd was en dat daar wel 'n beweegrede was vir haar om hierdie misdaad te pleeg. Dit is so dat hierdie tipe misdaad ook toenemend toeneem. As daar gekyk word ten tyde van die verhoor in hierdie saak, was dit ook so dat in die hof langsaan 'n ander vrou ook tereggestaan het op 'n klagte van moord van haar man, naamlik die beskuldigde Najwa Petersen. In daardie saak is geen bevinding nog gemaak nie en dit dui net aan van die feit dat daar wel steeds sulke sake is wat aanhangig gemaak is. As ons kan kyk na die gesag op hierdie aspek, dan sal dit ook blyk dat dit nie ongewoon is dat vrouens hierdie tipe wyse kies as 'n manier wanneer daar oor gegaan word. Daar is verskeie aspekte waarmee gehandel kan word oor emosionele toestand en dies meer, ek gaan my nie daaroor uitlaat nie, want dit het nie 'n rol gespeel hier voor my nie.
In die geval van beskuldigde 1 sal ek dus die volgende faktore oorweeg by die bepaling of haar omstandighede wel wesenlik en dwingend is. Hier moet ek by se dat verskeie van hierdie faktore is faktore wat ek op rekord self moes kry en dit is sy is relatief jonk. Sy is 'n eerste oortreder. Sy was vir twee jaar aangehou in hierdie saak en was vir 15 jaar met die oorledene getroud, die pa van haar kinders, waarvan sy twee kinders het.
In ag genome die feit dat hierdie saak ook vir 'n baie lang tydperk geduur het en dat dit nie uit die oog verloor kan word dat dit samehangend met alle ander faktore 'n stresfaktor kon wees nie, is ek van oordeel dat die faktore in geheel gesien, wesenlik en dwingendheid daarstel.
Wat betref beskuldigde 4 - en ek gaan deel met beskuldigde 4 juis om te bepaal ten opsigte van sy persoonlike faktore, is dit ook so dat hy 'n eerste oortreder is vir alle praktiese doeleindes vandag by vonnisoplegging; dat beskuldigde 4 39 jaar oud is, selfs jonger as beskuldigde 1 en dat beskuldigde 4 22 kinders het waarvan hy die afhanklike vader is. Daarmee samehangend is dit ook so dat beskuldigde 4 getuig het en dat hy gedurende die getuienisaflegging inderdaad ook sy berou aan hierdie Hof getoon het.
Globaal gesien, al hierdie faktore gelys asook samehangend met die faktore wat later genoem sal word, stel dit genoegsaam daar om dwingend en wesenlik van aard te wees en 'n afwyking van die minimum vonnis te regverdig.
Dit is egter nog nie die einde nie, daar is ook nog die ander faktore wat hierdie Hof sal in ag neem om te besluit watter vonnis van pas is. Wat wel duidelik is op hierdie stadium is dat hierdie Hof nou sal voortgaan met die vonnisoplegging en
'n diskresie uitoefen oor watter straf vir hierdie drie beskuldigdes gepas is.
Beskuldigde 2 is aan die misdaad sameswering skuldig bevind en sy is slegs 22 jaar oud en is die ma van 'n dogter van drie. Die vader van haar kind - weereens dit is ook ex parte meegedeel - het kanker maar het tot op hede nog steeds hierdie kind van haar onderhou. Sy self het slegs st.6 op skool geslaag, maar was voorheen werksaam maar nie ten tyde van die vonnisoplegging vandag nie.
Dit is gemeensaak dat beskuldigde 2 vir beskuldigde 1 gewerk het en dat sy vir beskuldigde 1 in hierdie proses probeer help het. As gevolg van die feit dat sy slegs as 'n agent opgetree het by die aanvang van die beplanning, was daar ook bevind dat sy nie 'n mededader tot die misdaad moord was nie, maar dat sy wel inderdaad saamgesweer het om Leonard Fortuin uit die weg te ruim. Dit is dus ooglopend wat betref die vonnis dat daar 'n onderskeid moet wees by die vonnis wat haar opgele word en die vonnisse wat beskuldigde 1 en 4 opgele behoort te word. Die aard van die misdryf onderskei ook op hierdie aspek.
Ek het reeds die persoonlike omstandighede van beskuldigde 4 geskets tydens die oorweging van die begrip of dit wesenlik of dwingend is. Wat wel opgeval het en wat ek wel ook weereens wil deel mee voordat ek vonnis ople, is dat hy vandag die familie van die oorledene in die openbaar om vergifnis gevra het, dit was 'n baie emosionele oomblik in hierdie hof. Dit is so dat die staatsadvokaat geargumenteer het dat beskuldigde 4 terwyl hy gevra het vir genade vir hierdie Hof, terwyl hy gesmeek het vir genade vir hierdie Hof, het hy nie die Hof in geheel in sy vertroue geneem nie, maar, vir watter rede ook al, het hy hierdie berou van horn gekwalifiseer.
Namens horn het egter sy dogter, sy vriendin, sy vader en ook sy buurvrou getuig. Dit dui daarop dat die beskuldigde inderdaad geliefd en ook gerespekteer is onder sy eie familie en sy eie kinders. Ek sal in ag neem dat hy 'n goeie vader is en dat sy familie swaar sal kry indien hy vir 'n lang tydperk tronk toe gaan. Dit is egter so dat betref die berou van beskuldigde 4, hy ook die enigste een is van al drie beskuldigdes voor my wat bereid was om aan die publiek sy berou uit te spreek.
Die Hof neem ook in ag wat wat vandag betref, ook 'n familie is wat vra dat daar 'n gepaste straf opgele behoort te word. Dit is uiteraard so dat die Fortuin-familie deel vorm van die belange van die gemeenskap en beskuldigde 4 het in 'n poging probeer om te deel met daardie verwagtinge van daardie familie. Dit is net een gedeelte van wat waarskynlik verwag word wanneer 'n Hof vonnis ople.
Ek kan egter nie vergeet dat wanneer ek vandag kyk na die gemeenskap en watter gemeenskap ek in ag moet neem wanneer ek vonnis ople. Ek moet kyk na die ingeligte, die redelike wetsgehoorsame en gebalanseerde lede van ons gemeenskap, daardie lede wat 'n ewewigtige waarde op die skaal sal plaas wanneer daar strafoplegging oorweeg word. Hierdie saak gaan nie net oor al die versagtende en persoonlike omstandighede van die beskuldigdes voor my nie, dit gaan ook vandag oor dit wat verswarend geld in hierdie saak.
Wat verswarend geld, is die erns van hierdie misdryf, moord, en die brutaliteit van die misdaad. Beskuldigde 1 was die vrou van die oorledene en moet ek in ag neem dat sy in 'n vertrouensposisie teenoor horn gestaan het. As 'n mens nie jou eie vrou kan vertrou nie, wie kan jy vertrou. Beskuldigde 1 het tot op hede nie berou in hierdie hof getoon nie. Ek is van oordeel dat as gevolg van die aard en die erns van die misdryf in die onderhawige geval, dat vonnisopsies wat nie gevangenisstraf insluit, nie vandag gepas is in die onderhawige geval nie.
Nou is dit so dat wanneer ons howe kyk na die oogmerke van straf, is daar spesifieke aspekte wat aandag kry. Ek gaan net vir 'n kort oomblik weer terugverwys na sake, die saak van S v RABIE 1975(4) SA 855 (A). HOLMES, AR wat op 862A-B die volgende se:
"The main purposes of punishment are deterrent, preventative, reformative and retributive. See R v Swanepoel 1945 AD as pointed out also in Gordon Criminal Law of Scotland. The retributive theory finds the justification for punishment in a past act a wrong which requires punishment or expiation, the other theory is reformative, preventative and deterrent, all find their justification in the future, in the (indistinct) that it will produce as result of the punishment."
Wat belangrik is wat betref hierdie beslissing is dat daar gekyk moet word ten opsigte van afskrikking; dat die vonnis moet gerig wees om mee te werk dat dieselfde persoon nie weer sy misdadigheid sal herhaal nie en behoort ook andere persone tot voordeel te strek om hulle sodoende van misdade af te skrik.
HIEMSTRA op 653 is van oordeel dat die volgende waarskuwings nodig is wanneer 'n mens 'n vonnis ople:
Ofskoon afskrikking 'n regmatige oogmerk van straftoemeting is, mag nie toegelaat word dat dit 'n onredelike straf aanleiding gee nie. Die betrokke straf word immers primer opgele vanwee van 'n bepaalde misdryf wat gepleeg is en daar is ten ene male 'n verskuilde gebrek aan logika en onreg daaraan om 'n persoon te straf vir iets wat moontlik deur horn of haar oorweeg mag word. Ten tweede, nederigheid en nugterheid is aangewese waar dit gaan om afskrikking. Die bewese vermoe van straf om misdaad te voorkom, is bra swak.
Dit is dus so dat 'n mens betref vandag in ag genome al die strafoogmerke, dat watter vonnis hierdie Hof ook al ople, van so 'n aard moet wees dat persone in die posisie van beskuldigde 1 en die posisie van beskuldigde 4 nie die misdaad van moord sal pleeg nie. Wat betref beskuldigde 2 dat hulle ook nie die misdaad van sameswering om 'n moord te begaan sal pleeg nie. Daar behoort dus vandag, wat betref die vonnisoplegging, ook 'n mate van afskrikking te wees van enige vrou daar buite of enige persoon daar buite wat bereid is om 'n vrou behulpsaam te wees, wanneer daar 'n huurling gesoek word om van 'n lewensmaat ontslae te raak.
Laastens of sal ek se voorlaaste bring dit my by die aspek van genade. Genade is altyd 'n bestanddeel wat nie by vonnisoplegging buite rekening gelaat mag word nie. In die gevleuelde woorde van HOLMES, AR in S v V 1972(3) SA 611 (A) op 614 word dit soos volg gestel:
"Punishment should fit the criminal as well as the crime, be fair to the accused and to society and be blended wit ha measure of mercy."
Daar was gevra dat hierdie Hof vandag genade betoon, meer spesifiek deur die advokaat vir beskuldigde 4, advokaat Base en ook so deur advokaat Charters en Ramahva maar in detail is daarmee gedeel deur advokaat Base en die Hof het oorweging geskenk aan die genade en in die lig van die getuienis wat daar vandag gelewer is.
Laastens,
word daar deur my oorweging geskenk aan die feit of daar enigsins
onderskeid getref moet word tussen die verskillende
beskuldigdes.
Wat betref die verskillende beskuldigdes verwys ek na beskuldigde 1
en 4 wat dieselfde misdaad gepleeg het en wat
ook gemeenskaplik
dieselfde
oogmerk gehad het. Dit
is duidelik volgens die staatsgetuienis en ook die
bevindings van hierdie Hof dat beskuldigde 1, op welke wyse ook
al,
druk moes uitgeoefen het op beskuldigde 2, wat vir haar gewerk het,
en dat dit volgehou was met die volgehoue kontak wat
sy deurdringend
gehad het met beskuldigde 4, soveel so dat beide beskuldigde 1 en 4
dit is tragies broer en suster - hulle
samewerking gebied het.
Sonder haar sou die oorledene, Leonard Fortuin, gegewe die feite van
hierdie saak steeds lewend gewees
het. Haar optrede het 'n
domino aan die gang gesit wat die uiteinde daarvan was die dood van
haar eie man en die pa van haar kinders. Daar sal dus onderskeid
getref word wat betref die vonnis.
Ek het reeds vermeld dat die minimum vonnis in hierdie geval nie opgele sal word nie, vir die redes reeds verskaf. Beskuldigde 1 u word gevonnis tot TWEE-EN-TWINTIG (22) JAAR GEVANGENISSTRAF. beskuldigde 4 u word gevonnis tot NEGENETIEN (19) JAAR GEVANGENISSTRAF. Beskuldigde 2, u word gevonnis tot AGT (8) JAAR GEVANGENISSTRAF waarvan drie (3) jaar opgeskort word vir vyf (5) jaar op voorwaarde dat u nie weer skuldig bevind word aan die oortreding van artikel 18(2) van Wet 17 van 1956, sameswering, om 'n misdaad te pleeg, gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
STEYN, WnR