South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2008 >> [2008] ZAWCHC 327

| Noteup | LawCite

S v Lawrence (SS 222/2005) [2008] ZAWCHC 327 (21 April 2008)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)



SAAKNOMMER : SS222/2005

DATUM: 21 APRIL 2008




DIE STAAT

teen

JOHAN JACOBUS LAWRENCE






VON N I S




YEKISO, R:



Om 'n gepaste vonnis te bepaal is 'n baie moeilike taak. Enige voorsittende beampte asook my assessore wat hier langs my sit. sal vir u kan se dat vonnisopleggingverrigtinge die moeilikste taak is in enige strafverrigtinge. Ek moet begin deur te se die benadering tot n gepaste vonnis deur 'n Hof geskied via riglyne neergele deur howe oor die jare. Elke saak het natuurlik sy eie besondere meriete en elke beskuldigde se persoonlike omstandighede sal uniek wees.


Die vasstelling van 'n gepaste vonnis is by tye die moeilikste fase van 'n strafverhoor en die oplegging daarvan is h onaangename verpligting wat die Hof moet nakom. Ek verwys na die saak van S v RABIE waar Holmes. AR die volgende opmerking maak:



"Punishment should fit the criminal as well as the crime, be fair to society and be blended with a measure of mercy according to the circumstances of each case."



Die passasie wat ek netnou aangehaal het weerspieel die faktore waarna u advokaat, mnr Maartens, verwys het op Donderdag toe hy betoog het. naamlik die faktore wat die howe in aanmerking neem en die proses van vasstelling van 'n gepaste vonnis en die, soos mnr Maartens op Donderdag behoorlik uiteengesit het, behels u persoonlike omstandighede, die ems van die misdryf asook die belang van die gemeenskap.



Mnr Lawrence, u is tans 41 jaar oud. U is geskei. In die aard van die saak ek begin met u persoonlike omstandighede in die bepaling van wat hopelik 'n gepaste vonnis sal wees. Ek het netnou gese u is 41 jaar oud. U is geskei en daar is twee dogters, onderskeidelik 13 en 9 jaar oud gebore uit u destydse huwelik. U sal geskei word van hulle vir etlike jare as gevolg van die tipe vonnis wat ek aan die einde van die verrigtinge sal ople.



U staag u matriek in 1985 en sedert 1986 bou u vir uself 'n rekord op in die Suid-Afnkaanse Polisiediens. U bereik die rang van inspekteur. U het soveel jare 'n belangrike en, by tye, hoogs gevaarlike werk tot diens van die gemeenskap verrig. Dit is bekend dat potisiewerk. veral in die hutdige misdaadoorvloedige era, n swaar tol eis van ons polisielede.



U is nie die soort van persoon wat as 'n potensiele residivis krimineel gesien kan word. Mnr Maartens argumenteer dat die situasie van die dag eenmalig van aard was Die Hof gaan akkoord daarmee en ons wens ook om mnr Maartens te fasiliteer met 'n gebalanseerde betoog met realistiese vonnisvoorstelle. Dit word ook met mnr Maartens akkoord gegaan dat u nie die tipe oortreder is wat by wyse van voorkomende of rehabihterende oogmerk gestraf behoort te word nie.


Die vonnis sal wel, weereens tereg soos mnr Maartens argumenteer, 'n vergeldingbehoeftes van die gemeenskap moet vervul sowel as 'n algemeen afskrikkende boodskap. Die Hof die beskuldigde gepleeg, sodanig ernstig van aard is dat lang termyn gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis vir hom daarvoor is. Die oorledene was geen bedreiging vir die beskuldigde die dag nie. Hy het geen poging aangewend om homself te verweer nie. Die beskuldigde was nugter en vry van enige medikasie van enige aard. Die doodskoot was doelgerig en laat geen twyfel aangaande beskuldigde se opsetvorm nie.



Sy eie kinders skree op hom om nie te skiet nie. Die vrouens in Meakerstraat skree ook op hom om dit nie te doen nie. maar beskuldigde gaan net voort met doelgerigtheid om hierdie weerlose man om die lewe te bring. Die neem van 'n ander se lewe. die mees belangrikste besitting wat elkeen van ons het, moet gesien word as die ernstigste misdaad wat b mens kan pleeg



Die Hof was voorsien deur die oorledene se Evangelis broer van n indrukwekkende huldeblyk van die oorledene. Daar is twee kinders nou vaderloos en dit is duidelik dat die brutale wegneem van hulle vader traumatiese gevolge inhou vir hulle. Die oorledene het sy plek volgestaan oor 'n bree front in sy samelewing. Sy dood laat beslis ft gevoelvolle leemte. Aan die ander kant kan dit nie geignoreer word dat die oorledene met die aanknoop van die verhouding met u gewese eggenote met die aanknoop van die verhouding met u gewese eggenote op 'n moreel verkeerde en potensiele gevaarskeppende terrein begewe het nie. Saam met al sy goeie eienskappe, blyk daar h negatiewe sy te gewees het in soverre dit sy verhoudings met vroue aanbetref het. Dit is nou met verwysing na die oorledene.



U gewese eggenote het *n groot veroorsakende rol in hierdie drama gespeel. Haar huweliksontrou, wat owerspel ingesluit het, het sedert die jaar 2000 bekend geraak aan u. Oor die tydperk sedert die 8 September 2000 brief ontdek was tot kort voor die tragedie van 8 November 2003 het sy met die beskuldigde se gevoelens woer-woer gespeel.



Die Hof vind dit moeilik om die vrou se optrede te verstaan Die beskuldigde was op vele geleenthede genader met aanduidings dat sy haar weer wil verander om sodoende versoening tussen hulle weer te bring. Keer op keer soos beskuldigde seker hoop opgebou het dat hulle gesinslewe normaalweg weer sou hervat kon word om dan maar weer te vind dat oorledene nog steeds die rol in haar lewe gespeel het.



Kort voor die moord gee u gewese vrou nog indikasie dat daar kanse op n versoening is. Die dag van 8 November 2003 het u gewese eggenote nie net psigies geknou deur u te se u moet jouself vrek maak nie, verwysende na u, u moes ook oor die telefoon hoor dat die oorledene nie net nog in die prentjie was nie, maar dat hy ook 'n rol wou speel in u reg tot toegang tot u kinders.



Die ontploffing van emosies wat die beskuldigde teweeggebring het, is verstaanbaar maar uiteraard was die daaropvolgende optrede nie verskoonbaar nie. Die Staat se getuienis skep 'n scenario van 'n beskuldigde in 'n hoogs emosionele en woedende toestand. Die Hof is tevrede dat hy hier te doen het met h verminderde graad van toerekeningsvatbaarheid wat dus versagtende inwerk vir die beskuldigde.



Beskuldigde was klaarblyklik hoogs ontsteld. Sy oe was groot in sy kop en hy was papnat gesweet. U gewese eggenote het getuig dat sy vir u nog nie in so "n toestand beleef het nie. In die saak van S v Mdindela 1977 (3) SA 322 (OVS) maak Steyn, R die volgende opmerkings in 'n soortgelyke situasie van huweliksontrouheid en, na my mening, hierdie passasie is vermeldbaar waar Steyn, R se:



"It can truthfully be said that next to life itself, the affectionate and unfailing fidelity of his wife is man's most precious personal possession. A deprivation thereof, or a firm, or be it enormous conviction of such deprivation, usually causes deep distress and often also the great wrath born of hurt pride."



Desnieteenstaande hierdie verminderde graad van toerekeningsvatbaarheid is die erns van die misdaad as sulks dat dit. saam met die gemeenskapsbelange, die Hof geen keuse laat anders dan as om n langtermyn gevangenisstraf op te le nie.



Die broer van die oorledene getuig dat alhoewel hy as Christen die beskuldigde onvoorwaardelik vergewe het, oorledene se mense 'n verwagting het, en tereg ook. dat die beskuldigde swaar gestraf moet word



Mnr Maartens, soos reeds aangedui, toon 'n realistiese siening tot straf. Die beskuldigde verdien tronkstraf, argumenteer hy, maar die versoek is dat die termyn nie 15 jaar moet oorskry nie.


Die Staat aan die ander kant argumenteer ook vir direkte gevangenisstraf en stel 'n langer termyn van 20 jaar voor Ten eerstens wens die Hof aandag te skenk aan die vonnisse wat opgele moet word ten opsigte van aanklagtes 2, 3, 4 en 6. dit bevind is aan oortreding van artikel 1(1) van die Algemene Regswysigingswet, 50 van 1956. Klagte 3 behels huisbraak met die doel om te betree en betreding; 5 en 6 die onwettige besit van vuurwapen asook ammunisie. Al vier die misdrywe is eintlik gepleeg in wat feitlik gesien kan word as voorbereidingshandeling om die moord te laat geskied het.



Die Hof is van mening dat die strawwe wat hiervoor opgel£ moet word ingevolge artikel 280(2) van die Strafproseswet. Wet 51 van 1977. lasgewing saam uitgedien kan word met die vonnis op die moordaanklag.



Vir praktiese redes word vir van die vier misdrywe afsonderlik strawwe opgele en dit is as volg:



Ten opsigte van aanklag 2, u word dan gevonnis tot EEN (1) JAAR GEVANGENISSTRAF; ten opsigte van aanklag 3, u word gevonnis tot EEN (1) JAAR GEVANGENISSTRAF; ten opsigte van aanklag 5. u word ook gevonnis tot EEN (1) JAAR GEVANGENISSTRAF; ten opsigte van aanklag 6, dit wil se onwettige besit van ammunisie, u word ten opsigte van hierdie aanklagte tot SES (6) MAANDE GEVANGENISSTRAF gevonnis.

Soos ek alreeds gese" het, al hierdie vonnisse sal samelopend uitgedien word met die vonnis wat opgele sal word ten opsigte van aanklag 4, dit wil se die moord aanklag.



Dit word dan gelas dat al vier die vonnisse saam uitgedien sal word en ingevolge die bogemelde bepalings van die Strafproseswet, met die vonnis wat opgele sal word ten opsigte van aanklag 4, met ander woorde die moordaanklag.



Daar is twee laaste aspekte wat die Hof wil uitlig alvorens oplegging van vonnis vir die moord uitgespreek word. Beskuldigde se 16 Januarie 2002 vorige veroordelings, ten opsigte van rig van vuurwapen, het plaasgevind tydens die storm en drang van hierdie huwelik met sy konflik geskiedenis. Dit speel ft rol egter in die sin dat dit daarop dui dat jy nie geskroom het om 'n vuurwapen in te span nie.



Jou eie vuurwapen was dan ook ontneem vanwee Yi skietinsident oor 'n yskas by die woonplek van u gewese eggenote. Die wapen was op die stadium van die moord nog in die polisie se besit vir ballistiese toetse.



Laastens wens die Hof uiting te gee aan die genade-element waarna Holmes, AR verwys het. Die Hof wens die volgende opmerking op rekord te plaas: Indien tergelegenertyd ft hofaansoek tot die Hof gerig word ingevolge die bepalings van artikel 276(A)(3) para (a)(ii) van die Strafproseswet. die Hof genee" sal wees om so h omskepping te oorweeg. Dit beteken in kort, mnr Lawrence, dat die Hof 'n indikasie gee dat die Hof, indien u die stadium bereik waar u oorblywende vonnistermyn vyf jaar of minder is, 'n aansoek om omskepping vir die restant van die vonnis na korrektiewe toesig oorweeg sal word. Dit sal dus tot 'n groot mate van u self afhang op sterkte van hoe u uself in die gevangenis gaan gedra op die laaste vyf jaar by wyse van korrektiewe toesig uitgedien sal word of nie.



Die vonnis wat die Hof u ople is een van AGTIEN (18) JAAR GEVANGENISSTRAF.



Ten opsigte van u bevoegdheid om 'n vuurwapenlisensie te besit, maak die Hof geen andersleidende bevel in terme van artikel 103. Wet 60 van 2000. Soos reeds aangedui, die vonnisse wat opgele is ten opsigte van aanklagte 2, 3, 5 en 6 sal samelopend uitgedien word met die vonnis wat opgele is ten opsigte van aanklag 4, naamlik die van 18 jaar gevangenisstraf.



YEKISO, R