South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2008 >>
[2008] ZAWCHC 329
| Noteup
| LawCite
S v Bezuidenhout and Another (SS38/2006) [2008] ZAWCHC 329 (18 March 2008)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAK NO:
SS38/2006
DATUM: 18 MAART 2008
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
DANIEL BEZUIDENHOUT …...........................................................Beskuldigde 1
ROMANO CARELSE …...................................................................Beskuldigde 2
V O N N I S
GOLIATH, R:
Die saak is op die rol vir die Hof om dan 'n gepaste vonnis op te le. Dit is natuurlik een van die moeilikste take vir 'n hof om iemand te vonnis. Die beskuldigdes Daniel Bezuidenhout en Romano Carelse is skuldig bevind aan moord, poging tot moord en roof met verswarende omstandighede. Daniel Bezuidenhout is ook skuldig bevind aan 'n oortreding van artikel 41(2) van Wet 51 van 1977, dit is die verstrekking van 'n vals naam aan 'n vredesbeampte.
Dit is die Hof se taak om 'n gepaste vonnis op te le en die vonnis wat die Hof moet ople moet aan verskillende oogmerke voldoen. Die oogmerke wat die Hof nastreef is die van voorkoming van soortgelyke misdade as die huidige en ander misdade deur die beskuldigde; die afskrikking van ander misdadigers of potensiele misdadigers; die hervorming of rehabilitasie van die beskuldigdes en, laastens, vergelding vir die misdaad.
By die oorweging van 'n gepaste vonnis moet die Hof kyk na u persoonlike omstandighede, die aard en ems van die misdaad asook die gemeenskapsbelang en die Hof moet 'n balans handhaaf ten einde nie die een ten koste van die ander te oorbeklemtoon nie. Die Hof moet natuurlik ook genade toon, want genade en geregtigheid loop hand aan hand.
Wanneer die Hof vir u vonnis is daar 'n sekere raamwerk waarbinne die Hof moet ondersoek instel en kyk wat is 'n gepaste vonnis vir u en daardie raamwerk is nie deur hierdie Hof vasgestel nie. Die Wetgewer het daardie raamwerk vasgestel en die Hof moet binne daardie raamwerk werk en 'n bepaling maak wat is gepas in hierdie omstandighede. Die Wetgewer het dit goed geag om die Strafwysigingswet, 105 van 1997, op die Wetboek te plaas, dat daardie Wet plaas sekere verpligtinge op die Hof, soos voorgeskryf in daardie Wet. Artikel 52 van die Wet bevat bepalings wat se dat wanneer 'n persoon in ernstige misdade, soos in hierdie geval, moord, gewapende roof of roof met verswarende omstandighede skuldig bevind word, dan is die Hof verplig om 'n minimum vonnis op te le, soos voorgeskryf in daardie Wet.
Die moord waaraan u skuldig bevind is, val binne 'n kategorie van misdrywe wat vermeld word in die Wet en volgens daardie Wet skryf dit dan 'n verpligte vonnis van lewenslank voor vir die tipe moord wat u gepleeg het en waaraan u skuldig bevind is. Die Hof kan egter afwyk van daardie voorgeskrewe vonnis van lewenslank, indien daar soos in artikel 3 van die Wet voorgeskryf daar sogenaamde wesenlike en dwingende omstandighede is wat die Hof dan noop om 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis van lewenslank op te le. Die Hof kan afwyk van daardie vonnis, indien daardie wesenlike en dwingende omstandighede dan wel bestaan.
Die riglyne wat die Hof moet volg is neergele in die saak van S v Malgas waarna beide die Staat en die verdediging verwys het. Die verwysing is S v Malgas 2001 (1) SASV 469 (HHA). Die roof waaraan u skuldig bevind is, volgens daardie Wet moet die Hof vir u dan nou 'n minimum vonnis van 15 jaar ople.
So, aan die eenkant is dit die moord lewenslank, wat die Wet voorskryf, en die roof aan die ander kant skryf die Wet voor 15 jaar.
Nou die howe het baie geworstel in die verlede met die begrip wat die Wetgewer voorskryf wat se lewenslank vir moord, 15 jaar vir roof tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede is, dan kan die Hof kyk daarna en besluit nee, die Hof gaan 'n minder vonnis ople as lewenslank of die Hof gaan 'n minder vonnis ople as 15 jaar en daar is nie 'n vaste definisie vir die begrip nie en die howe het geworstel aanvanklik om te besluit wat is wesenlike en dwingende omstandighede, want die Wet het nie presies gese wat dit beteken nie, maar die appelhof het toe in die saak wat die Hof vroeer genoem het, S v Malgas, in daardie saak het die Hof toe uiteengesit en vir die howe riglyne neergele om te se presies wat dit beteken.
Wat die Hof in daardie saak gese het, is dat wanneer 'n Hof 'n persoon vonnis en die voorgeskrewe vonnis wat deur die Wet voorgeskryf is, verskil so drasties van die vonnis wat die hierdie Hof andersins sou ople, dan daardie gevoel wat die Hof dan het dat die vonnis te swaar of te drasties is, kan aangemerk word as wesenlike en dwingende omstandighede, dan kan die Hof afwyk van die voorgeskrewe vonnis.
Wat die Hof ook verder gese het is dat die howe moet maar steeds voort te gaan om te kyk na gewone tradisionele faktore wat al die howe in die land maar na kyk wanneer dit by vonnisoplegging kom en dit is soos die Hof reeds vroeer genoem het, aard en erns van die misdaad, u persoonlike omstandighede, belange van die gemeenskap en natuurlik ook die belange van die slagoffers moet 'n mens seker ook maar in gedagte hou. So, die Hof moet maar steeds gewone omstandighede en gewone faktore in ag neem en die Hof moet dit saamneem en opweeg ten einde te besluit of die Hof meen dat 'n voorgeskrewe vonnis te swaar is en of dit wel gepas is.
U persoonlike omstandighede is deeglik uiteengesit in die maatskaplike verslae wat ingehandig is, die voorvonnisverslae. Bezuidenhout, u het die Hof meegedeel vandag u is tans 27 jaar oud. U het st.8 voltooi op skool. U biologiese ouers is uitmekaar toe u nog jonk was, u was maar tien jaar oud. U het sedertdien by u grootmaakouer gewoon, mev Esterhuizen. U kontak en verhouding met u biologiese ouers is maar min en nie goed nie. U het wel 'n baie goeie verhouding met u grootmaakouers. Tydens u arrestasie het u saam met u meisie gebly en haar kinders. U was werksaam met u vader by 'n Quick Lawn firma en gedurende skool het u werk asook nadat u die skool verlaat het. Voor u arrestasie het u by 'n fabriek gewerk in Somerset-Wes. Dit was 'n permanente betrekking wat u toe verloor het as gevolg van u arrestasie in hierdie saak. U gesinsomstandighede lyk goed en dit lyk of u 'n stabiele gesinsagtergrond het, alhoewel u nie saam met u ouers was nie, was u met u grootmaakmoeder en -vader maar u gesinsagtergrond lyk redelik stabiel. Dit lyk asof u goeie ondersteuning gehad het.
Tydens die voorval het u gebruik gemaak van dwelms, u het dit erken aan die maatskaplike werker maar blykbaar het u huidiglik dit gestaak.
Mnr Carelse, u is 23 jaar oud, soos u die Hof vandag meegedeel het. U was maar slegs 19 jaar oud tydens die pleging van die misdaad. U het Graad 10 voltooi op skool. U is gebore in Somerset-Wes distrik. U ouers is blykbaar ook uit mekaar uit en ook u het by u grootmoeder grootgeword en beide u ouers is afsonderlik getroud en elkeen van die ouers het hulle eie gesinne. Alhoewel u grotendeels by u grootmoeder gewoon het, het u tydens arrestasie by u meise, dit is die moeder van u kind gewoon en nadat u skool verlaat hte, het u gaan werk, onder andere vir die Cape Times, daarna vir De Jongh Timbers en Plastic Welding en Create & Fix en dit lyk asof u ook tydens die pleging van hierdie misdaad en tydens u arrestasie was u ook werksaam.
Ook u maatskaplike omstandighede blyk gunstig en stabiel. Wat uit die verslae uit blyk, is dat beide van het finansieel tot die families bygedra. Beide van u is eerste oortreders.dit is 'n faktor wat grootliks in u guns vandag tel. Beide van u is vir ongeveer vier jaar verhoorafwagtend. Die hof moet noem dat alhoewel die Hof aanmerk dat beide van u in stabiele omstandighede grootgeword het, is die Hof terdee bewus van die areas waarin u grootgeword het, die sosio-ekonomiese omstandighede waarin u grootgeword het, soos deur advokaat Mohamed ook klem op gele. Die Hof is bewus van die feit dat in beide van u gevalle gebrek aan ouerlike gesag of leiding kan ook nadelend inwerk teen 'n persoon, die manier hoe hy opgegroei het, sy waarde wat hy aanleer, die omstandighede wat 'n impak het op sy lewe, die rigting wat hy volg, sy denkwyse ensovoorts, al hierdie goed kan dan 'n impak he op u lewensontwikkeling, u lewenservaring en u siening van die lewe. Wat die Hof eintlik se is dit kan negatief inwerk op die ontwikkeling van 'n persoon.
Die oorledene se broer het ook kom getuig oor die oorledene self en dit blyk vir die Hof dat die oorledene, Angelo Jantjies, se omstandighede is presies dieselfde soos u. Hy is ook 'n persoon, hy het sy vader op 'n jong ouderdom verloor, sy ma het vir horn grootgemaak op 'n staatstoelaag. Hy het homself egter verbeter, verdere gestudeer, ensovoorts, maar ook hy kom uit omstandighede waaruit u kom. So, daar is nie eintlik veel verskil tussen u omstandighede en die oorledene se omstandighede nie. Wat die Hof probeer se is dat 'n mens kan nie altyd se ek kom uit daardie omstandighede daarom gaan ek oor na misdaad toe nie, want Angelo Jantjies het 'n besluit gemaak nee, hy loop die reguit pad. Hy is 'n gehoorsame burger, hy het homself verbeter ensovoort en hy het nie betrokke geraak in misdaad nie. Indien die Hof nog kan reg onthou was hy 'n verkeersbeampte. So hy het homself verbeter, alhoewel hy uit dieselfde omstandighede kom en 'n mens moet versigtig altyd wees indien ons se ag, ek het arm grootgeword, ek het nie skool gehad nie. Daar was nie geld in die huis nie, ons het nie altyd kos gehad nie dat ons noodwendig moet oorgaan na misdaad toe nie, want Angelo Jantjies is 'n voorbeeld daarvan, 'n persoon wie se ma horn op 'n staatstoelaag grootgemaak het maar hy het tog bo uitgekom. So, as Angelo Jantjies, soos hulle se in Engels, he rose above the occasion, above his circumstances, hy het bo sy omstandighede uitgekom. Hy kom uit, soos ons almal se, disadvantage community. Hy kom uit daardie omstandighede nes u maar hy gaan nie oor tot misdaad nie. So, die Hof neem dit in gedagte as die Hof u vonnis. Ons almal kan nie se ons het arm grootgeword, nou gaan ons oor na misdaad nie en dit as 'n verskoning gebruik nie.
Advokaat Mohamed het vir die Hof 'n baie lang betoog - hy het dae betoog hier in hierdie hof en alhoewel vir mnr Carelse betoog het, het dit maar vir beide van u gegeld vera! wanneer hy verwys na hoe julle grootgeraak het, die impak van sonder ouers, die familieverbande, die misdaad en die gemeenskap, die kontak wat u het, ensovoorts. Al hierdie aspekte het hy vir die Hof betoog en vir die Hof gevra moet nie vir u lewenslange gevangenisstraf gee nie en daardie betoog wat advokaat Mohamed vir dae gelewer het, geld ten opsigte van beide en die Hof het geluister na wat hy se.
Die Staat voel nee, hierdie misdaad is baie ernstig en beide van u moet die minimum vonnis opgele word wat die Wet se, lewenslank vir moord, 15 jaar vir roof. Die Hof wil nie eers praat oor die aanval op Reagan Davids nie want dit is 'n poging tot moordklagte, dit was ook eintlik baie ernstig want hy was in sy nek gesteek en soos die Staat tereg opgemerk het, dit is 'n ernstige aanval op horn gewees, sy nek gesteek. Dit is 'n dodelike aanval. Hy is gelukkig hy kon die aanval afweer en dit het moontlik sy lewe gered want hy het geveg, hy het 'n geveg opgesit en dit het sy lewe gered anders kon u hier vandag gestaan het op twee moordklagtes. So, daardie aanval, alhoewel die Hof dit nie noem nie, die Hof praat net van 'n moord, 'n minimum vonnis, lewenslank, roof minimum vonnis 15 jaar, die aanval op Reagan Davids was baie ernstig. Die Hof neem dit in 'n baie ernstige lig.
Dit is nou u persoonlike omstandighede, die Hof het nou net daarna gekyk en advokaat Mohamed het daarna verwys ten einde die Hof te oorreed moet nie lewenslange gevangenisstraf ople nie.
Die Hof moet dan verder kyk na die misdaad waaraan u skuldig bevind is, dit is die aard en erns van die misdaad. Die Hof hoef nou seker maar nie baie te praat oor die erns van hierdie misdaad nie. Om iemand se lewe te neem is baie ernstig en u het gehoor die oorledene se broer het kom praat oor die impak wat dit gehad het op sy familie. Hy is die vader van kinders en die daad wat u gepleeg het, die neem van 'n lewe, die Hof praat nou net van die moord, dit op sigself is baie ernstig. Dit is 'n gruweldaad, dit is 'n wrede daad wat u gepleeg het om 'n man wat in die fleur van sy lewe is uit die gemeenskap op so 'n wyse te verwyder. Al sou die Hof vandag besluit kom ons le die maksimum vonnis op van lewenslank, dit sal hulle nog steeds nie laat beter voel nie, want 'n persoon se lewe is geneem wat in die fleur van sy lewe was en dit kan nie teruggebring word nie.
Die misdade waaraan u skuldig bevind is, word in 'n ernstige lig gesien en daarom het die Wetgewer die goed geag om vir eerste oortreders streng vonnisse voor te skryf. Die Wetgewer se mense kan nie vandag kom en se ek is 'n eerste oortreder, ek het 'n skoon rekord, moet nie vir my lewenslange gevangenisstraf gee nie, gee my 'n kans. Die Wetgewer se nee, niks van dit nie. Kyk na die erns van die misdaad en die Hof is geregtig om, selfs al jy 'n eerste oortreder, te se nee lewenslank. Die feit dat ons eerste oortreders is, beskerm nie vir ons noodwendig van 'n vonnis van lewenslank nie en dit is wat die Wetgewer vir die howe voorgeskryf het.
Beide van u het die oorledene en sy vriende soos jagdiere oorrompel, julle is stadig na hierdie voertuig toe. Hulle het geslaap of te veel drank ingehad, soos hulle se, "getiep", wat die woord ook al is wat gebruik word. Hulle is rustig in hulle voertuig. Hulle het vir hulle geniet net soos u vir u geniet het die aand, drankies geniet, hulle het rustig gaan verkeerd en met hulle vriende gesit in die kar en beide van u gaan en oorrompel hulle soos jagdiere en val hulle aan op 'n grusame wyse. Die Hof het reeds verwys na hoe Reagan Davids aangeval was, twee persone kom trek die een man uit, trek die ander man uit, die dames skrik en kyk wat gaan hier aan en die bestuurder word op so 'n wyse aangerand dat hy noodlottig gesteek is.
Reagan Davids is ernstig aangerand met 'n skerp voorwerp in sy nek gesteek. Hy is vir lewenslank geskend, die Hof het gekyk na die wonde en die oorledene se lewe is van horn geneem, soos die Hof reeds vroeer genoem het, dit kan nie teruggebring word nie en die Hof vra die vraag af waarom, dit is die vraag, waarom is dit gedoen? Wat was die doel daarmee? Is dit nie maar nuttelose aanval op persone gewees nie, tog nie vir tape nie, tog nie vir 'n paar mags nie. Die kar het julle ook gelos, waarvoor is hierdie lewe geneem? Die hof is nog altyd op soek na 'n rede om uit te vind maar wat het in u gedagtes aangegaan toe u nou hierdie kar oorrompel en hierdie deure oopmaak daar en die mense so aanval?
Soos ek reeds genoem het, u het gehoor hoe die oorledene se broer getuig die impak van u dade en die groot verlies wat sy dood veroorsaak het, hy was die broodwinner van sy gesin en die vader van twee kinders, 'n verkeersbeampte in die fleur van sy lewe en hy was 'n nuttige burger in ons land.
Moord en roof is baie ernstige klagtes. Die Hof beskou ook die aanval op Reagan Davids in net so 'n ernstige lig, indien die Hof na die aard van die aanval op horn gekyk het, want hy moes letterlik geveg het vir sy lewe.
Wat baie skokkend vir die Hof is, is die feit dat beskuldigde 2, Romano Carelse, wie 19 jaar oud was, die jongste van die twee, u speel 'n hoofrol in hierdie misdaad. U was die voorbok gewees. U het die leiding geneem in die aanval. U is die persoon wie die voertuig bestuur het nadat die roof gepleeg is, maar indien die Hof se geheue die Hof nie in die steek laat nie, daar was navorsing gedoen en daar is bevind dat jong manne in daardie ouderdom tussen 17 en 24, hulle is braaf. Hulle is die persone wat skuldig bevind word aan die mees ernstigste misdade en aan die einde van die dag kom hulle ho toe en se maar ek was maar slegs 19 jaar oud toe ek hierdie misdaad gepleeg het, die Hof moet dit as 'n versagtende faktor in ag neem, maar eintlik is daar studies wat gedoen is, wat wys daardie ouderdomsgroep is eintlik die gevaarlike manne. Hulle is die persone wat die mees geweldadigste misdade pleeg. Ons weet nie of dit die hormone is nie, ons weet nie wat dit is nie,, hulle het daardie energie, hulle het daardie guts, hulle is braaf en so aan. Die navorsing wat gedoen is, kyk na daardie aspekte, hoekom is dit dat jong manne van daardie ouderdom hulself skuldig maak aan sulke ernstige misdade. Die Hof weet nie, miskien is hulle nog besig om uit te vind en verdere ondersoek in te stel hoekom is dit so, maar u, mnr Carelse, was die voorbok gewees die dag en advokaat Mohamed het vir die Hof, soos hulle in Engels se, compelling argument - hy het dae hier geargumenteer oor die feit dat u 'n jong man is. U is in die fleur van u lewe, u benodig 'n kans, die Hof moet nie die deur vir u toemaak vandag nie, maar dan is u die persoon wat 'n lewe neem wat braaf is en wat daar kom en iemand anders aanval op hierdie grusame wyse. Nou hoe moet die Hof nou die balans handhaaf om in u belang te kyk aan die eenkant, en die daad wat u nou gedoen het, die Hof moet nou die erns van hierdie misdaad teen u persoonlike omstandighede en besluit wat moet die Hof maak met Romano Carelse vandag.
Die tipe misdade waaraan u skuldig bevind is, kom baie voor in hierdie Hof se gebied - wel, regoor Suid-Afrika, ons lees dit elke dag in die koerant. Ek dink nie dit is 'n feit wat betwis word deur enigiemand nie. Die gemeenskap weet dit, die publiek weet dit, ons almal weet dit en dit is hoekom die belange van die gemeenskap dan belangrik is wanneer die Hof vir u vonnis want die gemeenskap kyk wat aan die Hof maak met hierdie twee persone.
Die gemeenskap het altyd 'n belang in die tipe vonnis wat die howe ople en as die howe vonnisse ople wat onvanpas is, dan sal dit maklik wees vir die gemeenskap daar buite om die regstelsel te ondermyn en daar kan altyd die moontlikheid bestaan dat die gemeenskap dan besluit ons gaan nou die reg in ons eie hande neem. Ons gaan dan maar kyk, ons gaan maar hierdie saak regstel want die howe kan dit nie doen nie. So, die howe het 'n plig om tot die beste van die howe se vermoe die gemeenskap tevrede te stel daarbuite.
Die gemeenskap verwag dat al is 'n persoon slegs 19 jaar oud, indien hy horn skuldig aan die tipe misdrywe en hy nogal die leier is, die voorbok is, dan verwag die gemeenskap dat die howe moet steeds streng vonnisse ople. Die gemeenskap verwag dat sulke persone moet na die gevangenis gestuur word. Dit staan soos 'n paal bo water. Sulke persone moet weggestuur word, moet gevangenisstraf opgele word.
Dit lyk, mnr Carelse, asof u 'n persoon is wat alreeds die lewe van 'n volwassene gelei het. U het met u meisie gewoon. U is die vader van 'n kind. U het gewerk. So, dit lyk u het alreeds die lewe van 'n volwassene gelei. Die Hof is tevrede dat u alreeds die lewe van 'n volwassene gelei het. Die Hof kyk nie vandag na u as 'n jeugdige persoon nie, want u het nie die lewe gelei van 'n jeugdige wat nog onder sy ouers se toesig is, moontlik op skool is of selfs op kollege is nie en so aan nie. U is die vader van 'n kind, u woon met u meisie. U het na u gesin gekyk, inkomste ingebring en so aan. So, u was vir alle doeleindes reeds volwasse.
Nou advokaat Mohamed het 'n lang betoog gelewer en aangevoer dat die Hof nie lewenslange gevangenisstraf moet ople vir u vandag nie. Die Staat voel nee, die Hof moet vir u lewenslange gevangenisstraf ople. Die Hof het oorweging geskenk aan hierdie versoeke en die Hof is tevrede dat eintlik is beide van u nog jonk, beide van u is eerste oortreders, beide van u het bygedra tot julle families. Miskien is julle nie die tipe persone wat die Hof 'n deur moet toemaak en vir julle nou vir lewenslank laat toesluit nie. Die Hof dink daar is miskien hoop vir julle, dat julle kan gerehabiliteer word en die Hof is tevrede kumulatief gesproke indien die Hof holisties na alles kyk en julle persoonlike omstandighede veral julle persoonlike omstandighede, soos die Hof se julle is jonk, julle is eerste oortreders, julle het gekyk na julle gesinne, julle was nie leegleers nie wat net dwelms gaan rook het, soos hulle se mense gebruik net tik hier en gaan steel vir dwelms en dit is hoe hulle lewe, julle was nie daardie tipe mense nie. Die Hof kyk daarna.
So, kumulatief gesproke, indien die Hof nou holisties kyk na die omstandighede van hierdie saak, dan is die Hof tevrede dat veral u persoonlike omstandighede wel wesenlike en dwingende omstandighede daarstel en dat jeugdigheid, die feit dat u 19 was, wel 'n faktor is wat sterk in u guns tel vandag asook die feit dat beide van u eerste oortreders is.
As die Hof kyk na die erns van die misdaad, dan weet die Hof nie, dan beweeg die skaal nou weer 'n bietjie teen u, maar die Hof is tevrede dat 'n vonnis van lewenslange gevangenisstraf mag buitensporig swaar wees vir julle twee vandag.
Die verswarende omstandighede in die saak is ooglopend, die Hof gaan dit nie goed praat nie, alhoewel die Hof bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede om af te wyk van 'n vonnis van lewenslank vir die moordklagte, wil die Hof klem daarop dat die verswarende omstandighede is baie, baie stert, groot en ooglopend in hierdie saak en die feit dat die hof bevind het dat daar wel wesenlike en dwingende omstandighede bestaan, beteken nie dat u nou 'n ligte vonnis moet kry nie. Die gemeenskap verwag dat die Hof vir u gevangenis vandag moet ople en die Hof gaan vir u 'n streng vonnis ople vandag, want die Hof moet 'n balans handhaaf tussen die faktore, soos die Hof genoem het, die Hof kyk na die omstandighede en se nee, moet nie die deur toesluit nie, moet nie vir hulle lewenslank gee nie, maar wat moet die Hof nou doen. Wat verwag die gemeenskap wat moet die Hof doen. Die Hof is tevrede en die Hof is seker dat die gemeenskap sal ook tevrede wees dat direkte gevangenisstraf wel die enigste gepaste straf vir beide van u is.
Die Hof is tevrede na oorweging van al die omstandighede in hierdie saak dat die volgende 'n gepaste vonnis vir u is:
Beskuldigde 1, Daniel Bezuidenhout, op die aanklag van moord word u gevonnis tot TWINTIG (20) JAAR GEVANGENISSTRAF. Op aanklag 2, poging tot moord, word u gevonnis tot AGT (8) JAAR GEVANGENISSTRAF. Op aanklag 3, aanklag van roof met verswarende omstandighede word u gevonnis tot TIEN (10) JAAR GEVANGENISSTRAF en op aanklag 4, verstrekking van 'n valse naam word u gevonnis tot DRIE (3) MAANDE GEVANGENISSTRAF.
Mnr Romano Carelse, beskuldigde 2, u word as volg gevonnis: Op aanklag 1, moord, word u gevonnis tot TWINTIG (2) JAAR GEVANGENISSTRAF. Op aanklag 2, poging tot moord, word u gevonnis tot AGT (8) JAAR GEVANGENISSTRAF en op aanklag 3, roof met verswarende omstandighede, word u gevonnis tot TIEN (10) JAAR GEVANGENISSTRAF.
Die Hof gelas verder as volg: Die vonnisse opgele ten opsigte van aanklag 3 en 4, wat beskuldigde 1 betref, gesamentlik uitgedien moet word met die vonnis opgele ten opsigte van aanklagte 1.
Wat beskuldigde 2 betref, gelas die Hof dat die vonnis opgele op aanklag 3 samelopend uitgedien moet word met die vonnis van20 jaar wat opgele is in die moordklagte.
Die effektiewe vonnis wat beide van u dan moet uitdien is dan 'n vonnis van 28 jaar.
GOLIATH, R