South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2009 >>
[2009] ZAWCHC 104
| Noteup
| LawCite
Van Es v Brightjan Properties BK t/a Stasie Motors (A28/2009) [2009] ZAWCHC 104 (12 June 2009)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA [WESKAAPSE HOOGGEREGSHOF, KAAPSTAD]
Saaknommer: A28/2009
In die saak tussen:
BERT VAN ES Appellant
en
BRIGHTJAN PROPERTIES BK
h/a STASIE MOTORS Respondent
UITSPRAAK GELEWER OP 12 JUNIE 2009
HJ ERASMUS, R:
[1] Hierdie appel volg op 'n lasteraksie wat die respondent (hierna "die eiser") in die Landdroshof te Montagu teen die appellant (hierna "die verweerder") aanhangig gemaak het. Die landdros het in die guns van die die eiser bevind. Die verweerder kom in hoer beroep na hierdie Hof teen die landdros se uitspraak.
[2] Die aksie spruit uit 4n brief wat die verweerder op 11 April 2006 aan die Breerivier/Wynland Munisipalteit te Ashton gerig het. Die brief lui soos volg:
Breede Rivier Munisipaliteit Ashton
Aandag Me Elmarie Stemmet
Insake Verkeersafdeling
Baie boetes opgele aan boere met sleepwaens wat 'n takkie druiwe op die pad laat val het. So ook my vragmotor het 'n boete gekry vir soveel as 'n hand vol druiwe doppe.
My vragmotor is beboet vir 'n olielek. Genoemde vragmotor is nagegaan in Swellendam by die weegbrug en net daarna in Bonnievale beboet. Die olielek was baie gering. Ek het vertoe gerig maar sonder sukses.
Toe kom die vrugte seisoen en van die inmaak fabriek word appelkoos en perskepitte van Ashton na Montagu vervoer deur Stasie Motors. Die vragte pitte bevat heelwat sap of sous en dit het die hele pad bemors van Ashton tot in Montagu. Ek het dit by herhaalde kere onder die verkeersmense se aandag gebring maar sonder sukses. By Mnr Jooste, sonder sukses. By Mnr Swart, sonder sukses. Die verkeersmense het in Langstraat met hulle bakkie agter een van die vragmotors gery maar sonder enige optrede.
Op 01-02-2005 sien ek die verkeersmense in Crossstraat staan en op die stop trek 'n vragmotor van Stasie Motors weg dat die sous in die pad loop. Ek draai net daar om en wys verkeersman Jacobs wat daar onder sy oe gebeur. Sy antwoord was heel provoserend. "Ek sien niks in die pad nie en ek sien ook nie 'n vragmotor nie".
So het dit aangegaan al die pad. So het ek ook die onpadwaardigheid van die vragmotors onder hulle aandag gebring maar sonder enige resultate. Die een vragmotor was in 'n botsing betrokke 07/04/2005 in die kloof net voor die brug by Conradie se kwekery. Die ander vragmotor loop nog altyd so skeef soos 'n hond a.g.v. gevaarlike mankemente in die veerstelsel. Sulke wrakke word op die een of ander manier geskikheidssertifikate gegee!
Stasie Motors Vervoer het ook 'n bandediens in Montagu. So ongeveer drie weke gelede sien ek 3 verkeersmotors daar staan wat elk bande oplaai en in die bagasieruimte sit. 07/04/2005 om ongeveer 16hl5 sien ek Mnr Fourie die toetsbeampte met sy rooi Mercedes by die bande plek. So laat 'n mens dink!!!!!!
Ek het op een van my vele besoeke aan Swellendam toetsstasie 'n man ontmoet wat in tweedehandse voertuie handel. Hy vra my toe met 'n lag waarom ek nie in Ashton laat toets nie. Hy vertel my toe dat Mnr Fourie Ashton se toetsbeampte 'n bakkie te koop aangebied het. Met padwaardigheids sertifikaat terwyl die vloer groot gate geroes is. En die bestuurder se deure so geslyt is dat die deur nie sluit nie. Onnodig om te se Swellendam se man het nie gekoop nie.
Mnr Fourie het die 6de maand 2004 2 gate in 'n Ford vragmotor se vloer gesteek wat aan 'n klient van my behoort. Dit het my so ontstel dat ek Mnr Jooste gebel het, wat my verwys het na Mnr Swart. Hy het teruggebel met die antwoord dat as sy toetsbeampte so se dan is dit so. Ek het aangedring op 'n onafhanklike ondersoek waarop hy gese het gaan maar na 'n ander toetsstasie wat toe gedoen is in Worcester. En daar was nie enige probleme nie en die toets het geslaag. Maar wat van die Rl 50.00 wat nou verlore is en die ongerief en ook die onkoste om na 'n ander toetsstasie te ry terwyl ons een op ons drumpel het.
En dit alles oor mense wat kennelik toegelaat word om hulle eie wette te maak en toe te pas.
Die aanleiding tot ons gesprek en hierdie brief was dat Mnr Sarel Mathee my kom vertel het van die vragmotors wat geskiktheidsertifikate kry sonder dat hulle ooit op die toetsstasie was. So verwys ek na sy verklaring aan u van 08/04/2005 in die Munisipale kantoor te Ashton.
[3] Die eiser het op 8 Junie 2005 dagvaarding uitgereik teen die die verweerder . In die gewysigde Besonderhede van Eis word onder meer die volgende bewerings gemaak:
Gedurende April 2005 het die Verweerder 'n brief gestuur aan die Breerivier/Wynland Munisipalteit te Ashton, 'n afskrif van welke brief hierby aangeheg word, gemerk "A".
Die bewerings deur die verweerder in Aanhangsel "A" is wederregtelik en lasterlik met betrekking tot Eiser.
Die bewerings is gemaak met die bedoeling om die Eiser te belaster en skade te doen aan die Eiser se reputasie.
Die bewerings is deur die persoon/persone aan wie die brief gerig was verstaan en was bedoel deur die verweerder om te beteken dat die Eiser oneerlik is deurdat die Eiser verkeersbeamptes van die Munisipaliteit Breerivier/Wynland omkoop om vals padwaardigheidsertifikate ten opsigte van die Eiser se voertuie uit te reik.
In die alternatief voer die eiser aan dat die brief 'n innuendo bevat dat die eiser 'n oneerlike persoon is wat horn aan omkopery skuldig maak deurdat die eiser verkeersbeamptes van die Munisipaliteit Breerivier/Wynland omkoop om vals padwaardigheidsertifikate ten opsigte van die Eiser se voertuie uit te reik. Die eiser konkludeer dan:
As gevolg van die laster is Eiser in sy goeie naam en reputasie gekrenk en het Eiser skade gely in die bedrag van Rl 00 000.00.
[2] In sy gewysigde Verweerskrif antwoord die verweerder soos volg op die bewerings in paragrawe 4 en 5 va die eiser se besonderhede van Eis:
AD PARAGRAAF 4 DAAR VAN
Die inhoud van hierdie paragraaf word in die geheel ontken as woordeliks hierin herhaal en ontkennend daarop geantwoord. Die Verweerder pleit spesifiek dat die bewerings waar en in die openbare belang is, asook dat die Verweerder die bewerings ingevolge 'n relatiewe privilegie gemaak het.
AD PARAGRAAF 5 DAARVAN
Die inhoud van hierdie paragraaf word in die geheel ontken as woordeliks hierin herhaal en ontkennend daarop geantwoord. Die Verweerder pleit spesifiek dat die bewerings gemaak is met die bedoeling om die toepassing van dubblede standaarde deur verkeersbeamptes van die Munisipaliteit Breerivier/Wynland aan gemelde owerheid te rapporteer.
In antwoord op 'n versoek van die eiser dat die verweerder die gronde uiteensit waarop hy steun vir die beweerde relatiewe privilegie, antwoord die verweerder soos volg:
Die Verweerder pleit dat hy, as lid van die algemene publiek, 'n regsplig, alternatiewelik morele plig, alternatiewelik sosiale plig, alternatiewelik geregverdigde belang het om onwettige, oneerlike en/of onregverdige optrede aan die kant van verkeersbeamptes van die Munisipaliteit Breerivier/Wynland aan gemelde plaaslike owerheid te rapporteer. Die beweerde lasterlike bewerings ten opsigte van die Eiser is bewerings wat relevant was tot en/of redelikerwys verband gehou het met die nakoming van die regsplig of die waarneming van belang.
[4] 'n Eertydse werknemer van die eiser, ene Mnr SJ Matthee, het sekere stellings aan die verweerder gemaak oor gebreke aan van die eiser se vragmotors, en ten opsigte van een van die vragmotors beweer dat "na wete" die vragmotor nooit vir 'n padwaardigheidstoets geneem is nie. Die eiser en Mnr Matthee is saam na die kantore van die Munisipaliteit om 'n klag te gaan le en om 'n ondersoek te versoek. 'n Werknemer van die Munisipaliteit, Me Elmarie Stemmet, het versoek dat die bewerings op skrif gestel word waarna die aangeleentheid ondersoek sou word. Die eiser het aan die versoek voldoen en die gewraakte brief, gerig aan Me Stemmet, geskryf.
[5] Die Munisipale Bestuurder het die munisipaliteit se interne ouditeur, Mnr PA Lategan, versoek om die saak te ondersoek. Op 14 April 2005 rapporteer Mnr Lategan by wyse van 'n interne memorandum aan die Munisipale Bestuurder. In sy verslag se Mnr Lategan onder meer die volgende:
Ten opsigte van die verklaring en klagtes soos geopper deur Mnr Van Es kan die afleiding gemaak word dat hy wel moontlik rede tot ongelukkigheid het, maar aangesien dit wil voorkom asof die meeste van die voorvalle geruime tyd gelede plaasgevind het en baie veralgemeen is, is dit nie moontlik om sulke klagtes te ondersoek nie.
Met verwysing na Mnr Van Es se bewering dat hy by geleentheid drie verkeersvoeruite by Stasie Motos sien staan het wat bande inlaai is gesprek gevoer met Mnr de Wet van Supa Quick Montagu wie ook bevestig dat daar by geleentheid drie verkeersmotors by Stasie Motors gestaan het en dat bande en veilings in die motors gelaai is. Slegs Mnr Callie Davids kon geidentifiseer word. Hierdie kantoor het Mnr Davids hieromtrent uitgevra en Mnr Davids bevestig dat hy tydens die voorval op bystanddiens was en wel met die verkeersmotor by Stasie Motors was en dat die bande wat in die motor gelaai was 'n privaataankope was. Hy het ook gemeld dat Mnr Hilton Jacobs by horn gestop het om met horn te gesels, maar nie ook bande gelaai het nie. Mnr Davids is nie bewus van 'n derde persoon nie.
Ten opsigte van die aantygings oor die toetsbeampte het Mnr Van Es baie voorbeelde aangehaal oor die optrede van die toetsbeampte. Weereens is dit hoorse en kan die gevalle nie nou lank na die tyd met enige sukses opgevolg word nie. Dit kan egter gemeld word dat hierdie kantoor wel by geleentheid ook al klagtes oor die optrede van die toetsbeampte aangehoor het. In gesprek met twee verkeersbeamptes op 13 April 2005 is melding gemaak van die feit dat die toetsbeampte onredelik streng is as dit kom by die toets van privaatvoertuie, maar dat Raadsvoertuie wat merkbaar steeds nie padvaardig is nie wel die toets slaag.
Met verwysing na die aantyging dat sekere vragmotors nie oor padvaardigheidsertifikate beskik nie, se Mnr Lategan:
Met verwysing na Mnr Matthee se verklaring oor die padvaardigheid van twee vragmotors van Stasie Motors het hierdie kantoor by Robertson Verkeerskantoor vasgestel dat voertuig CBR 6331 wel gedurende Junie 2004 'n padvaardigheidstoets op Ashton geslaag het. Of die voertuig wel fisies getoets is, is nie vir hierdie kantoor om te se nie. Ten opsigte van voertuig CBR 7144 meld Mnr Matthee in sy verklaring dat na sy wete die voertuig nooit vir a padvaardigheidstoets gestuur is nie. Sien ook lys van foute oos voorgele deur Mnr Matthee (Bylaag C). Hierdie kantoor het vasgestel dat voertuig CBR 7144 wel op 21.12.2004 'n padvaardigheidstoets geslaag het. Die ondersoekbeampte was Mnr Fourie.
Ten einde 'n vergelyking te kon maak van die aantal voertuie wat voor en na die toetsbeampte se aanstelling te Ashton getoets was is sekere inligting van die verkeerskantore aangevra. Dit blyk dat hierdie inligting moeilik vanaf die rekenaar bekombaar is en die lewering van kommentaar vertraag.
Mnr Lategan se uiteindelike gevolgtrekking is dat sy kantoor nie "tot 'n besliste gevolgtrekking" kon kom ten opsigte van Mnre Van Es en Matthee se aantygings nie, en dat Mnr Van Es versoek moet word dat as hy in die toekoms weer "n ongelukkigheid" het oor die verkeersafdeling se optrede, hy dit onmiddelik onder die Munisipale Bestuurder se aandag moet bring sodat die saak onmiddelik ondersoek kan word.
[5] By die verhoor het Mnr Lategan en Mnr JA Brighton, die enigste lid van die eiser, namens die eiser getuig. Namens die verweerder het getuig die verweerder self en Mnr Raymond Supra, 'n werktuigkundige wat ook as assessor in versekerings-aangeleenthede optree. Hy het as deskundige getuig.
[6] In die getuienis wat tydens die verhoor aangebied is, is al die onderliggende feite uitvoerig onder oe geneem. Baie van die onderliggende feite is uiteindelik onbetwis: dat die eiser se vragmotors sap en pitte op die paaie gemors het; dat een van die eiser se vragmotors skeef (soos 'n hond of krap!) geloop het; dat meerdere verkeersbeamptes (minstens twee en dalk drie) gelyktydig by die eiser se bandediens geparkeer was terwyl daar bande opgelaai is. Die eiser se getuienis was dat al sy vragmotors padvaardigheidsertifikate gehad het. Daarteenoor vra 'n mens jouself af wat gemaak moet word van Mnr Lategan se opmerking dat hy nie kan se of 'n bepaalde voertuig "wel fisies getoets is" nie, en sy verdere opmerking dat inligting oor die toets van voertuie "moelik bekombaar" is van die rekenaar? Verder se Mnr Lategan dat twee verkeerbeamptes die bestaan van diskriminerende praktyke by die toetssentrum teenoor horn bevestig het: hulle het het horn meegedeel dat terwyl die toetsbeampte onredelik streng is as dit kom by die toets van privaatvoertuie, Raadsvoertuie wat merkbaar steeds nie padvaardig is nie wel die toets slaag. Van besondere belang is hul mededeling aan Mnr Lategan dat onpadvaardige voertuie die toets slaag. Mnr Mnr Supra het een van die eiser se vragmotors ondersoek nadat dit verkoop is en reeds 'n paar weke by 'n skrootwerf gestaan het. Sy gevolgtrekking, aan die einde van sy kruisondervraging, is onbetwis gelaat:
Ek wil net noem dat ten tye toe ek die voertuig ondersoek het, wat ek ondersoek het dit duidelik vir my voorgekom het dat baie swak onderhoud op die voertuig gedoen was ten tye van my ondersoek en dit het gegaan oor 'n tydperk.
[7] Die landdros het bevind dat die gewraakte brief lasterlik is. Hy se voorts in sy uitspraak:
Tydens betoog stadium het die Verweerder aangedui dat daar gefokus word op relatiewe privilegie as regverdigingsgrond. Hierdie benadering is veral relevant gesien in die lig van die hof se bevinding dat Bewysstuk 2 soos vermeld wel lasterlik is op die wyse soos deur die Eiser beweer.
Die landdros bevind op die volgende gronde dat die verweerder die perke van sy bevoorregting oorskry het:
Alhoewel dar 'n verpligting op Mnr Van Es mag rus om onbehoorlike optrede van verkeersowerhede onder die aandag van die Munisipaliteit te bring is die hof van oordeel dat sy herhaaldelike verwysing na die Eiser in Bewysstuk 2, die beklemtoning van die voorval vermeld in paragraaf 6, Bewysstuk 2. Die herhaling van Mnr Matthee se lasterlike bewering in paragraaf 9, Bewysstuk 2 aanduidend is van die optrede van 'n persoon wat verder gaan as die nakoming van 'n verpligting of die waarneming van 'n belang, stellings wat gemaak word sonder enige bevestiging of dit die korrekte posisie weerspieel al dan nie.Die hof is van oordeel dat Mnr Van Es met onbehoorlike motief, malice, opgetree het. Sy optrede was volgens die hof derhalwe onregmatig gewees.
[8] Vir die doeleindes van hierdie uitspraak aanvaar ek as uitgangspunt die juistheid van die landdros se bevinding dat die gewraakte brief lasterlik is. Die landdros se bevinding dat 'n mens inderdaad hier met bevoorregte geleentheid privilegie te dien het, is ook korrek. Die uiteindelike kernvraag is, soos die landdros dan die saak ook tereg benader het, of die verweerder die perke van sy bevoorregting oorskry het?
[9] Die landdros verwys in sy bevinding dat die verweerder die perke van sy bevoorregting oorskry het na "stellings wat gemaak word sonder enige bevestiging of dit die korrekte posisie weerspieel al dan nie". Dit is 'n fundamentele mistasting. In Borgin v De Villiers and Another 1980 (3) SA 556 (A) op 578H—579A se Corbett AR (soos hy indertyd was) die volgende:
The defence of qualified privilege is, however, not concerned with the truthfulness or otherwise of the publication, though proof that the defendant did not believe that the facts stated by him were true may give rise to the inference that he was actuated by express malice (see Monckten v British South Africa Co 1920 AD 324 at 332; Basner v Trigger 1946 AD 83 at 105). But the truthfulness or otherwise of the statements has no bearing on whether they were germane to the occasion or not.
Daar is geen bewys voor die Hof geplaas dat die verweerder nie die juistheid van sy bewerings aanvaar het nie. Uit die omringende omstandighede blyk dit ook dat die verweerder genoegsame rede gehad het om te glo dat daar iets haper by die munisipaliteit se verkeersafdeling.
In sy versigtig gekwalifiseerde verslag se Mnr Lategan dat die verweerder "wel moontlik rede tot ongelukkigheid het". Wat die verwysings na die eiser in die verweerder se brief betref, staan dit vas dat die eiser se vragmotors sap en pitte op die paaie gestort het. Die verweerder se bewering dat 'n verkeersbeampte in sy teenwoordigheid die stort van pitte en sap deur 'n vragmotor van die eiser geignoreer het, is nie in die getuienis weerle nie. In die getuienis is die verweerder se waarneming bevestig dat meerdere verkeersbeamptes (minstens twee en dalk drie) gelyktydig by die eiser se bandediens geparkeer was terwyl daar bande opgelaai is. As hierdie waarneming geplaas word binne die konteks van waarnemings wat daarop dui dat verkeersbeamptes nie teen die eiser opgetree het nie onder omstandighede wat optrede geverg het, kon die vraag redelikerwys by die verweerder ontstaan het of alles pluis is in die verhouding tussen die eiser en sommige verkeersbeamptes?
[10] Dit was klaarblyklik die verweerder se oogmerk om sy klagtes en bedenkinge oor die optrede van verkeersbeamptes onder die aandag van die munispale bestuur te bring. Sy brief is aan 'n amptenaar by die munisipaliteit gerig en die inhoud word aangedui as synde "Insake Verkeersafdeling". Die brief is op versoek van die amptenaar geskryf; 'n verstaanbare versoek in die lig van die feit 'n liggaam soos 'n munisiplaiteit normaalweg nie reageer op mondelinge klagtes nie. Dit is klaarblyklik hoe die Munisipale Bestuurder die saak ingesien het. Daarom het hy die munisipaliteit se interne ouditeur opdrag gegee om die klagtes te ondersoek.
[11] Die verslag van Matthee (Bewysstuk 1) is skynbaar aan die amptenaar oorhandig toe die eiser en Matthee haar oor hul probeleme gaan spreek het. Die verweerder se verwysing daarna in sy brief dien geen ander doel nie as om die bewerings oor die swak toestand van die eiser se voertuie te onderskraag - bewerings wat geblyk het nie heeltemaal ongegrond te wees nie in ag genome die eiser se eie toegewing dat een van sy vragmotors skeef geloop het, asook die getuienis van Mnr Supra. Ek kan met eerbied nie met die landdros saamstem dat die verweerder se onderskrywing in sy brief van Matthee se "lasterlike" bewerings dui op 'n onbehoorlike motief {malice) aan die kant van die verweerder nie.
[12] Die eiser is 'n regspersoon. Dit staan vas dat 'n regspersoon 'n reputasie (fama) het wat deur lasterlike bewerings aangetas kan word. Uit die getuienis van Mnr Brighton, die eiser se enigste lid, blyk dit nie op watter wyse die eiser se goeie naam deur die brief aangetas is nie. In antwoord op vrae van die landdros se Mnr Brighton slegs dat hy "kwaad was" toe hy kennis geneem het van die inhoud van die brief maar dat hy die saak aanvanklik daar gelaat het en eers later die brief aan sy prokureur oorhandig het toe 'n ou vete tussen horn en die verweerder weer opgevlam het.
[12] In die lig van voorgaande is ek van oordeel dat die appel moet slaag. Ek maak derhalwe die volgende bevel:
Die appel slaag met koste. Die bevel van die landdros word tersyde gestel en vervang met die volgende:
Die eis word met koste van die hand gewys.
HJ ERASMUS, R
Ek Stam saam
MOLOI, WnR