South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2009 >>
[2009] ZAWCHC 132
| Noteup
| LawCite
Sphika v S (A07/2009) [2009] ZAWCHC 132 (20 March 2009)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRtKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A07/2009
DATUM: 20 MAART 2009
In die saak tussen:
SABELO
SPHIKA Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
LA GRANGE, WnR:
[1] Die appellant, mnr Sabelo Sphika, net in die Streekhof te Paarl tereggestaan op 'n aanklag van roof met verswarende omstandighede, soos bedoel in artikel 1 van Wet 51 van 1977. Die bewerirtg in die klagstaat was dat hy op 10 September 2004 te Klapmuts, vir enige Selwyn Tsewu, n werkernemer van Klapmuts Concrete, van kontantgeld in die totale bedrag van R5 950,00 beroof het. Die verswarende omstandigheid setel daarin dat die klaer in die rooftog met 'n vuurwapen gedreig is.
[2] Die appellant het onskuldig gepleit maar is op 23 Januarie 2008 skuldig bevind soos aangekla. Op dieselfde datum is hy, met inagneming van die bepalings in verband met minimum vonnisse, tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Alhoewel die Streeklanddros nie die spesifieke wetsartikel waaronder sy die vonnis opgele het geidentifiseer het nie, het sy klaarblyklik bedoel ooreenkomstig die bepalings van artikel 51(2)(a)(i) van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997 (hierna "die Wet") op te tree.
[3] Die appellant het daarop aansoek gedoen vir verlof om teen sy skutdigbevinding en vonnis te appelleer, maar sodanige verlof is op 3 Junie 2008 deur die voorsittende Streekfanddros geweier. Die appellant se daaropvolgende versoekskrif om verlof om te appelleer aan die Regter-President was deels suksesvol in die sin dat verlof tot appel teen die opgelegde vonnis hom toegestaan is.
[4] Wat die skutdigbevinding van die appellant betref, blyk dit uit die uitspraak van die Streeklanddros dat sy op n deeglike en beredeneerde wyse die getuienis ontleed het, alle relevante aspekte in ag geneem het en die appellant ten regte skuldig bevind het aan roof met verswarende omstandighede. Die getuienis van die appellant oor wat tydens die voorval plaasgevind het, is ook ten regte verwerp.
[5] In kort kom die feite wat as bewese aanvaar is, op die volgende neer: Die klaer, mnr Tsewu, was omstreeks uitvaltyd op die dag in ft stoorkamer besig om gereed te maak om homself te was toe die appellant, vergesel deur n onbekende persoon wat met ft vuurwapen gewapen was, daar opdaag. Die onbekende persoon het die vuurwapen op die klaer gerig en hom beveel om die geld (klaarblyklik verwysende na sy loongeld) uit te haal Die klaer het gevrees dat hy sou geskiet word indien hy nie die bevel gehoorsaam nie en het 'n bedrag van R5 800,00, wat in sy werkskas toegesluit was, uitgehaal en aan die appellant oorhandig. Die appellant het hom ook gevisenteer en sy beursie met R150,00 kontant daarin vanaf sy persoon verwyder. Die appellant het daarop die draad van ft telefoon in die vertrek afgebreek en hom saam met sy makker uit die voete gemaak. Met hul vertrek het hulle die klaer in die vertrek toegemaak. Die klaer het daarin geslaag om die polisie te ontbied, maar teen die tyd wat hulle opgedaag het was die rowers reeds weg. Die appellant is 'n geruime tyd na die voorval deur middel van ft vingerafdruk wat op die telefoon gevind is met die misdaad verbind en is eers bykans 'n jaar later gearresteer.
[6] Soos reeds opgemerk, het die Streeklanddros aangedui dat sy die wetsvoorskrifte wat betrekking het op minimum vonnisse in ag neem by straftoemeting. Nadat sy, heel tereg, die appellant se persoonlike omstandighede evalueer net, die aard, erns en omstandighede van die misdryf ter sprake uiteengesit en die belange van die gemeenskap beklemtoon het, laat die Streeklanddros haar as volg uit:
"Wanneer dit alles gese is, dan sal u seker verstaan dat die gemeenskap van my verwag om u behoorlik vir hierdie misdaad te laat boet. Dit is dan ook die rede waarom die Wetgewer dit goed geag het om die Hof se hande af te kap met hierdie Minimum Vonnisse Wet wat bepaal dat u langtermyn gevangenisstraf moet uitdien, sou daar nie enige wesenlike en dwingende omstandighede wees nie. In die lig van die geheel van die feite in hierdie saak, is daar klaarblyklik nie sulke omstandighede nie."
[7] By die beoordeiing van die vraag of daar vir doeleindes van artikel 51 van Wet wesenlike en dwingende omstandighede bestaan, is die leidende saak steeds S v MALGAS 2001(2} SASV 122 (HHA) (wat in die saak van S v DODO 2001(3) SASV 382 (CC) deur die Konstitusionele Hof as "undoubtedly correct" bestempel is).
In para. [23] op bladsy 1235b van MALGAS word verduidelik dat die betrokke vonnis nie op Vi "skokkende onreg" hoef neer te kom ten einde inmenging te regverdig nie. Dat howe 'n groter mate van vryheid het om van voorgeskrewe vonnisse af te wyk as wat in sommige sake, wat voor die MALGAS-beslissing beslis is, aanvaar is, blyk eweneens uit die uitspraak. (Sien para. [25] op 1253E.)
[8] Die bepalende toets (die sogenaamde "determinative test" wat deur die Konstitusionele Hof in para. [40] van DODO onderskryf is) vir wanneer daar van die voorgeskrewe minimum vonnis afgewyk kan word, is as volg verwoord in MALGAS (te para. [25]):
"If the sentencing court on consideration of the circumstances of the particular case is satisfied that they rendered the prescribed sentence unjust in that it would be disproportionate to the crime, the criminal and the needs of society, so that an injustice would be done by imposing that sentence, it is entitled to impose a lesser sentence."
[9] Die benadering wat deur die vonnisoplegger gevolg behoort te word en die allerbelangrike rol wat die bepalende toets gespeel het by die beoordeling van die vraag of dit gepas is om in gegewe omstandighede die voorgeskrewe vonnis op te le, is treffend opgesom deur NUGENT, AR in S v VILAKAZI 2008(4} SASV 396 (HHA) te para. [18] ('n uitspraak wat gelewer is nadat die Streeklanddros die appellant die vonnis onder bespreking opgele het);
"It is plain from the determinative test laid down by Malqas consistent with what was said throughout the judgment and consistent with what was said by the Constitutional Court in Dodo that the prescribed sentence cannot be assumed a priori to be proportionate in a particular case. It cannot even be assumed a priori that the sentence is constitutionally permitted. Whether the prescribed sentence is indeed proportionate, and thus capable of being imposed, is a matter to be determined upon the consideration of the circumstances of the particular case. It ought to be apparent that when the matter is approached in that way it might turn out that the prescribed sentence is seldom imposed in cases that fall within that specified category. If that occurs it will be because the prescribed sentence is seldom proportionate to the offence. For the essence of Malgas and of Dodo is that disproportionate sentences are not to be imposed and courts are not vehicles for injustice."
[10] Wat dus duidelik uit die aangehaalde gesag blyk is dat indien die Hof wat 'n vonnis ople tevrede is dat al die omstandighede van die saak tot gevolg het dat die voorgeskrewe minimum vonnis tot n onreg sal lei omdat dit buite verhouding ("disproportionate") is met betrekking tot die misdaad wat gepleeg is, die misdadiger en die vereistes van die gemeenskap, die Hof nie net geregtig is om 'n mindere vonnis op te le nie, maar inderdaad verplig is om dit te doen.
[11] In die onderhawige saak het die Streeklanddros in besonder klem gele op die aard en die erns van die misdaad en, in besonder, die feit dat dit 'n gewapende rooftog was waar die appellant en sy makker se optrede beplan en duidelik daarop gerig was om die klaer van sy welverdiende loon te beroof. Dat roof, en in besonder dan ook roof waarby 'n vuurwapen aangewend word ten einde te verseker dat die slagoffer nie sal oorweeg om weerstand te bied nie, 'n uiters ernstige misdaad daarstel, kan nie betwyfel word nie.
[12] Soos egter duidelik gemaak in MALGAS (en beklemtoon in VILAKAZI moet daar egter daarteen gewaak word om nie die Wetgewer se voorskrifte te verstaan as te beteken dat die voorgeskrewe vonnis in "tipiese" sake opgele moet word en dit slegs van afgewyk kan word indien die geval as a-tipies bestempel kan word nie. NUGENT, AR verwys dan ook in VILAKAZI daarop dat die Wetgewer geen inhoud gee aan wat kwansuis as n tipiese saak aangestip kan word nie en verduidelik dan verder as volg hieromtrent (te para.[19]):
"All that is typical of cases within a specified category is that they have the characteristics of that category, but for that, no case can be said to be typical."
[13] Roof met verswarende omstandighede binne die trefwydte van artikel 51(2)(a)(i) van die Wet bestryk klaarblyklik 'n wye spektrum van optredes - van rooftogte wat gepaard gaan met die toepassing van sinnelose fisiese geweld (wat ook geweld insluit wat geheel en al buite verhouding staan met die teenstand wat die slagoffer bied of glad nie nodig is om die slagoffer te oorreed om sy besittings prys te gee nie) tot blote "hantering van ft vuurwapen of ft ander wapen" of 'n "dreigement om ft ernstige liggaamlike besering toe te dien" (binne die omskrywing van die beg rip 'verswarende omstandighede", soos vervat in artikel 1 van die Strafproseswet, 51 van 1977).
[14] In die onderhawige geval behoort dit na my mening in ag geneem te word dat alhoewel die klaer met 'n vuurwapen gedreig is, daar nie op hom geskiet is en hy nie onnodige fisiese geweld aangedoen is of andersins op 'n handhandige wyse behandel is nie. So beskou, resorteer die appellant se vergryp, alhoewel steeds baie ernstig en laakbaar, nie onder die boonste spektrum van ernstige gewapende rooftogte nie.
[15] Alhoewel bogenoemde faktore nie afbreuk doen aan die skuld van die appellant nie, het dit egter h belangrike rol te speel by die beoordeling van die vraag of daar ewewigtigheid bestaan tussen die voorgeskrewe vonnis en die besonderse misdaad. ("Misdaad" moet in hierdie konteks gelees word as te bestaan uit "all factors relevant to the nature and the seriousness of the criminal act itself as well as alt relevant personal and other circumstances relating to the offender which could have a bearing on the seriousness of the offence and the culpabitity of the offender" - sien para. [15] van VILAKAZI met verwysing na paragraaf [37] van DODO.)
[16] Die appellant het standerd 6 op skool geslaag en was ten tyde van die pleging van die misdryf bykans 29 jaar oud (volgens die gegewens op sy kriminele rekord is hy op 12 Desember 1975 gebore). Hy het skynbaar ook kort voor die voorval sy werk verloor. Ten tyde van vonnisoplegging is dit aanvaar dat die appellant getroud was met twee minderjarige kinders en is dit (miskien verkeerdelik) ook aanvaar dat hy R600 per maand verdien uit stukwerk. Sy vrou was werkloos. Die appellant het een vorige veroordeling vir aanranding wat gedurende Oktober 1999 gepleeg is en waarvoor fa vonnis van R300 of 30 dae gevangenisstraf, wat in die geheel opgeskort is, horn opgele is. Uit die aard van die vonnis wat opgele is, kan dit afgelei word dat laasgenoemde vergryp nie van fa ernstige aard was nie en kan hy vir alle praktiese doeleindes as Vi eerste oortreder beskou word.
[17] By die nalees van die Streeklanddros se uitspraak op vonnis is dit opvallend dat sy nie spesifieke inhoud gee aan haar slotsom dat daar nie enige wesenlike en dwingende omstandighede bestaan om 'n vonnis anders as die minimum van 15 jaar gevangenisstraf op te te nie. Die indruk word gelaat dat sy die aangefeentheid benader het op die verondersteMing dat die minimum vonnis opgele sal word weens die feit dat die appellant horn skuldig gemaak het aan roof met verswarende omstandighede - sonder om die resultaat te onderwerp aand die vereistes van die bepalende toets en ongeag die feit dat dit tot fa disproporsionele vonnis soos gekontempleer in MALGAS, DODO en VILAKAZI kon lei.
[18] Na my mening was die aard en ems van die misdadige handeling wat deur die appellant gepleeg Is, inaggenome veral ook die feit dat hy op fa reEatiewe volwasse ouderdom nie fa duidelike neiging tot misdadfgheid geopenbaar het nie en nie enige ernsttge botsings met die gereg gehad het nie, van so fa graad dat oplegging van die minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf (in die woorde van MULLER, AR in S v MASEKO 1982(1) SA 99 (A)) "grossly disproportionate to his deserts" is.
[19] Ek stel bygevolg voor dat die vonnis van 15 jaar gevangenisstraf tersyde gestel word en dat fa vonnis van 12 jaar gevangenisstraf opgele word. Ek stel verder voor dat hierdie vonnis ingevolge artikei 282 van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, teruggedateer word sodat dit geag word opgele te gewees het op 23 Januarie 2008, die datum waarop die appellant deur die Streeklanddros gevonnis is.
A DE V LA GRANGE, WnR
LOUW, R: Ek stem saam, die appel teen vonnis slaag, die skuldigbevinding word bekragtig, maar die vonnis wat die landdros opgele het, word deurgehaal en vervang met die volgende vonnis: TWAALF M2) JAAR GEVANGENISSTRAF wat terugdateer word tot die datum van vonnisoplegging deur die landdros.
LOUW, R