South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2009 >> [2009] ZAWCHC 134

| Noteup | LawCite

Tonbek (Edms) Bpk v Miskey (5822/2009) [2009] ZAWCHC 134 (30 March 2009)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

SAAKNOMMER: 5822/2009

DATUM:

30 MAART 2009


In die saak tussen:


TONBEK (EDMS) BEPERK Applikant


en

CHARLES IVAN MISKEY Respondent



U ITSPRAAK




FOURIE. R:



Op Vrydag, 27 Maart 2009, het ek, as deel van die rol van die Derde Afdeling, 'n voorlopige sekwestrasiebevel in hierdie aangeleentheid toegestaan. Ek het aangedui dat die mondelinge redes vir die bevel vandag verskaf sal word. Die redes volg nou en is nie breedvoerig nie, aangesien tydsbeperkings dit nie toelaat nie. Die stukke is lywjg, maar die geskilpunte is beperk tot die veretstes vir die verlening van 'n voorlopige sekwestrasiebevel.

Dit is geykte reg dat h applikanl in 'n aansoek vir h voorlopige sekwestrasiebevel prima facie bewys moet I ewer, eerstens, dat hy of sy h gelikwideerde eis van minstens R100 teen die respondent het. Tweedens, dat die respondent insolvent is of Vi daad van insolvensie gepleeg het en, derdens, dat daar rede is om te glo dat dit tot die voordeel van die skuldeisers van die respondent sal wees indien die respondent gesekwestreer sou word. Die Hof het voorts Yi oorkoepelende diskresie om Yi aansoek van hierdie aard toe te staan of te weier, afhangende van die omstandighede van die saak.



Wat die eerste vereiste betref, is dit gemene saak dat die respondent die bedrag van R5, 602 016-00, synde gelde wat hy in sy hoedanigheid as praktiserende prokureur van applikant ontvang het oor die tydperk Oktober 2007 tot Jutie 2008, wederregtelik vir ander doeieindes as dit waarvoor applikant dit bestem het, toegeeien het.



Hierdie gelde is in die trustrekening van respondent se prokureursmaatskappy gedeponeer op sterkte van respondent se wanvoorstelling dat dit aan ander kliente sou voorgeskiet word as oorbruggingskapitaal, waarna die kJiente dit weer tesame met 'n skaflike rentebedrag aan applikant sou terugbetaal.



Respondent erken egter dat hy nooit gevolg gegee het aan hierdie voorneme nie; inteendeel hy het gesimuieerde skriftelike ooreenkomste opgestel waarkragtens applikant aan 87 fiktiewe kliente bedrae as oorbruggingskapitaal voorgeskiet het terwyl die fondse wat die applikant daarkragtens in die respondent se trustrekening gedeponeer het, sonder magtiging deur respondent vir sy eie doeleindes of vir sy prokureursmaatskappy se doeleindes aangewend is. Kortom, soos dan ook deur respondent tydens Yi ondervraging ingevolge artikel 217 van die Maatskappyewet erken is, het hy die ooreenkomste met die fiktiewe kliente vervals en die fondse wat applikant gedeponeer het, gesteel.



Nleteenstaande die voorgaande, voer respondent egter aan dat hy nie teenoor applikant aanspreeklik is vir die terugbetaling van hierdie fondse wat hy, op sy eie weergawe, gesteel het nie. Yi Respondent wat in sekwestrasieverrigtinge die skuld waarop die applikant steun, betwis, moet toon dat hy of sy die skuld op redelike en bona fide gronde betwis. Respondent se verweer, soos dit in argument uitgekristalliseer het, is as volg: Volgens respondent is die applikant se oorspronklike skuldoorsaak, naamlik dat respondent weens diefstal teenoor applikant aanspreekllk is vir terugbetaling van die fondse, deur n novasie-ooreenkoms vervang. Hierkragtens sou respondent aan applikant Yi aanvanklike bedrag van R350, 000-00 betaal en daarna R100, 000-00 per week vir ft tydperk van ses maande, waarna die voile balans betaalbaar sou wees.



Respondent beweer voorts dat hierdie novasie-ooreenkoms ft vertroulikheidsklousule be vat het wat die bekendmaking daarvan verbied het. Volgens respondent het hy gevolg gegee aan hierdie novasie-ooreenkoms deur die bedrag van R350 000 aan applikant te betaal, maar aangesien Geldenhuys, handelende namens applikant, die terme van die novasie-ooreenkoms aan respondent se pa geopenbaar het, het respondent weens sodanige kontrakbreuk die novasie-ooreenkoms gekanselleer. Derhalwe, se respondent, het applikant geen geldige skuldoorsaak waarop enige bedrag van respondent gevorder kan word nie.



Geldenhuys ontken die totstandkoming van die novasie-ooreenkoms en beweer dat respondent wel konsep dokumentasie aan horn beskikbaar gestel het vir die aangaan van so h ooreenkoms, maar dat hy dit nie aanvaar het nie. Volgens Geldenhuys het respondent wel h bedfag van R350, 000-00 aan applikant betaal, maar dit was nadat Geldenhuys gedreig het om h klagte teen respondent by die polisie aanhangig te maak. Dit is gemene saak dat respondent nie enige verdere betalings aan applikant gemaak het nie.



Die dokumentasie wat respondent opgestel het, vorm ook deel van die stukke voor my. Dit sluit 'n konsep Erkenning van Skuld deur respondent in, maar dit is nie deur respondent onderteken nie. Die konsep borgaktes wat respondent opgestel het, is ook nie onderteken nie. Die feit dat hierdie dokumente nie onderteken is nie, ondersteun uiteraard applikant se weergawe dat die beweerde novasie-ooreenkoms nooit aangegaan is nie. Respondent kan dus hoogstens poog om aan te voer dat die partye mondeling aldus ooreengekom het.



Selfs as argumentshalwe aanvaar word dat die partye 'n mondelinge ooreenkoms van hierdie aard aangegaan het, staar die volgende probleme egter nog vir respondent in die gesig. Dit biyk dat die terme van die vertroulikheidsbepaling wat respondent in die oog gehad het, die is wat vervat is in klousule 11 van die ongetekende konsep Erkenning van Skuld wat respondent opgestel het en dit lees as volg:



"The terms of this Acknowledgement of Debt and offer to pay will remain confidential and the detail will not be disclosed to the Law Society of South

Africa save in the event of a breach of the agreement."



Die doel van die vertroulikheidsklousule sou dus gewees het om te verhoed dat applikant die respondent se diefstal van R5,6 miljoen aan die Wetsgenootskap openbaar. Dat 'n klousule van hierdie aard teen die openbare belang sal wees, behoef geen betoog nie. Respondent was ft praktiserende prokureur en om te poog om die feit dat hy R5,6 miljoen van 'n klient gesteei het, van die Wetsgenootskap te weerhou, kan sekerMk nie geduld word deur regsgevolg te gee aan ft bepaling van hierdie aard nie. So ft bepaling sou dus, na my mening, ongetwyfeld nietig en onafdwingbaar wees.



Verder blyk dit rn ieder geval, aan die hand van die konsep dokument dat die beoogde vertroulikheidsklousule slegs verbreek sou word deur open baa rma king aan die Wetsgenootskap. Volgens respondent het Geldenhuys die klousule verbreek deur die beweerde ooreenkoms aan respondent se pa te openbaar. Daar kon dus geen skending van die beoogde vertroulikheidsklousule deur applikant gewees het nie.



Ek is egter verder van oordeel dat selfs indien die beoogde vertroulikheidsklousule openbaarmaking aan enige persoon of instansie sou verbied het, dit steeds onafdwingbaar sou wees. Dit sal ongetwyfeld strydig met die goeie norme en sedes van enige beskaafde gemeenskap wees om in hierdie omstandighede h party te verbied om diefstal deur Yi prokureur van n klient se fondse van massiewe omvang, te verdoesel. So n vertroulikheidsklousule sou duidelik ook nietig en dus onafdwingbaar wees.



Ten slotte moet ek in hierdie verband meld dat ek in ieder geval sonder huiwering Geldenhuys se weergawe aanvaar dat die beweerde novasie-ooreenkoms nooit tot stand gekom het nie. Ek verwerp respondent se weergawe as onbetroubaar en inderdaad vals.



Respondent het horn ook beroep op die bepalings van die Nasionale Kredietwet, No. 35 van 2005, ten einde sy aanspreeklikheid teenoor applikant te betwis. In kort, voer hy aan dat toe die fondse beskikbaar gestel is, het applikant as kredietgewer opgetree maar aangesien applikant nie as sulks geregistreer is nie, is die onderliggende leningsooreenkomste wat met die fiktiewe kliente van respondent aangegaan is, derhalwe nietig. Dus, s§ respondent, kan applikant nie enige gelde van respondent verhaal nie.

Hierdie argument is regtens onhoudbaar. Die gesimuleerde ooreenkomste wat met fiktiewe Miente gesluit is, is nie nietig weens enige versuim van applikant om aan die vereistes van die Nasionale Kredietwet te voldoen nie, maar dit is nietig weens die bedrieglike optrede van respondent. Hy het die skrifteltke ooreenkomste met fiktiewe kliente die lig laat sien en op bedrieglike wyse vir applikant oorreed dat dit geldige ooreenkomste was waarop applikant die fondse ingevolge die ooreenkomste aan respondent toevertrou het. Hierdie fondse is deur respondent toegeeien.



Die voorskrifte van die Nasionale Kredietwet speel geen rol in hierdie gebeure nie. Dit gaan alleenlik oor respondent se bedrieglike optrede, welke bedrog die begin en die einde van hierdie ongelukkige verhaal is. Respondent is weens hierdie onregmatige toeeiening van die fondse, die eisbedrag van R5,6 miljoen, aan applikant verskuldig. Ek het derhalwe bevind dat dit bewys is dat applikant die nodige gelikwideerde eis teen respondent het ten einde aansoek te kan doen vir respondent se sekwestrasie.



Dit bring my by die tweede vereiste, naamlik, of dit bewys is dat respondent inderdaad insolvent is of, alternatiewelik, ft daad van insolvensie gepleeg het. Ek hoef nie veel tyd hieraan af te staan nie. Op sy eie weergawe erken respondent dat hy hopeloos insolvent is en nie in staat is om hierdie bedrag aan applikant te betaal nie. Hy erken ook die korrektheid van die volgende stelling wat Geldenhuys in 'n eedsverklaring gemaak het:



"Miskey confirmed to me during this conversation that he had stolen the money and was unable to pay applicant."



Daarbenewens beweer respondent self dat hy oor geen noemenswaardige bates beskik wat te gelde gemaak kan word ten einde hierdie skuld aan applikant te vereffen of selfs om die sekwestrasiekoste te dek nie. Daar is dus duidelik voldoen aan hierdie tweede vereiste vir die verlening van n voorlopige sekwestrasiebevel.



Die derde vereiste is dat die sekwestrasie tot die voordeel van die skuldeisers van respondent moet wees. Soos reeds gemeld, se respondent dat hy nie oor voldoende bates beskik wat te gefde gemaak kan word om selfs eers die administrasiekoste van die sekwestrasie te kan dek nie. Derhalwe voer hy aan dat daar geen voordeel vir skuldeisers kan wees as hy gesekwestreer word nie.

Hierdie blyk egter, na my mening, by uitstek 'n geval te wees waar 'n kurator so spoedig doenlik aangestel moet word ten einde die respondent se sake te ondersoek. Daar is, na my oordeel, n redelike vooruitsig dat so h ondersoek ft finansiele voordeel vir respondent se skuldeisers mag inhou. Respondent het op ft groot skaal bedrog en diefstal gepleeg en behoort sy skuldeisers daarop te kan aandring dat sy sake ondersoek moet word om vas te stel wat van die fondse geword het wat respondent onregmatiglik vir homself toegeeien het. Spesifieke aspekte waarna verwys word in die stukke voor die Hof, wat ondersoek behoort te word, is byvoorbeeld die oprigting van twee trusts waarin onroerende eiendomme aangekoop is. Volgens Geldenhuys het respondent teenoor horn erken dat hy die verbandpaaiemente ten aansien van hierdie eiendomme betaal.



Daarbenewens blyk dit dat respondent gedurende die tydperk Junie tot Oktober 2008 trekkings van R4, 839, 073-00 ten gunste van homself gemaak het vanuit sy prokureursmaatskappy se rekening. Die vraag wat ontstaan, is waarvoor hy hierdie fondse aangewend het en behoort dit ondersoek te word.



Die oorkonde van die onvoltootde artikel 417 ondervraging, toon ook dat h deeglike ondersoek van die sake van die respondent dringend noodsaaklik is. In besonder moet ook bepaal word wat die omvang is van die voordeel wat respondent vir sekere skuldeisers laat toekom het en of dit vatbaar is vir tersydestelling.




Ek het gevolglik bevind dat die sekwestrasie van respondent se boedel waarskynlik finansiele voordele vir sy skuldeisers sal inhou. Soos ek ook gemeld het, het 'n hof 'n diskresie om die aansoek toe te staan of te weier. Gegewe die groot skaal van bedrog en diefstal wat respondent gepleeg het, was daar by my geen twyfel dat ek my diskresie ten gunste van die verlentng van n voorlopige sekwestrasiebevel moes uitoefen nie. Vir al hierdie redes is die voorlopige sekwestrasiebevel dus toegestaan.

FOURIE, R