South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2009 >> [2009] ZAWCHC 18

| Noteup | LawCite

Molaudi v S (A484/2008) [2009] ZAWCHC 18 (6 February 2009)

Download original files

PDF format

RTF format





IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA


(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)


SAAKNOMMER: A484/2008


DATUM: 6 FEBRUARIE 2009


In die saak tussen:


THANDUXOLO MOLAUDI Appellant

en


DIE STAAT Respondent


UITSPRAAK




FOURIE, R



Die appellant het in die Streekhof tereggestaan op een aanklag van onsedelike aanranding. Hy het onskuldig gepleit, maar na die aanhoor van getuienis, het die streeklanddros horn skuldig bevind, soos aangekla, en tot agt jaar gevangenisstraf gevonnis. Hy kom nou met verlof van die Hof a quo in hoer beroep teen sy skuldigbevinding.





Die streeklanddros het in sy uitspraak deeglik kennis geneem van die feit dat die klaer 'n enkelgetuie is en dat sy getuienis met versigtigheid benader moet word.Daarbenewens het die landdros homself ook gewaarsku dat getuienis ten opsigte van identiteit versigtig oorweeg moet word, aangesien selfs eerlike

getuies 'n fout ten aansien van identifikasie kan maak. Die landdros het bevind dat die klaer 'n baie goeie getuie was. Met die lees van die oorkonde blyk daar nie enige rede te wees waarom die klaer se eerlikheid bevraagteken moet word nie.

Ek is dit eens met die streeklanddros dat die klaer voldoende tyd tot sy beskikking gehad het om sy aanrander te identifiseer. Die getuienis toon dat die klaer in die moeilikheid was toe hy toegesluit is omdat hy sonder 'n

treinkaartjie gereis en 'n weldoener na vore getree het om sy boete te betaal. Toe hy vrygelaat is, getuig die klaer, is appellant as die weldoener aan hom uitgewys. Soos tereg deur die landdros bevind, sou hy sekerlik behoorlik gekyk het wie sy weldoener is veral aangesien die persoon ook nog aangebied het om sy taxigeld na Langa te betaal.



Daarna is hy saam na die persoon se woonplek te Langa waar die voorval, wat aanleiding gegee het tot die klagte, plaasgevind het. Die klaer was vir meer as 'n uur in die 25 persoon se teenwoordigheid en het dus meer as voldoende geleentheid gehad om 'n uitkenning te maak. Daarbenewens het die klaer vir appellant dieselfde aand by laasgenoemde se woonplek aan die polisie uitgewys.



Die vraag wat egter steeds beantwoord moet word, is of die identifikasiegetuienis van die klaer, alhoewel eerlik, ook voldoende betroubaar is om die skuld van die appellant bo redelike twyfel te bewys. Dit is namens appellant betoog dat die voorval traumaties was en die klaer se oordeelsvermoe kon beinvloed het, met die gevolg dat hy 'n eerlike fout kon begaan het. Soos ek egter reeds gemeld het, was die klaer in helder daglig vir 'n geruime tyd in appellant se teenwoordigheid. Die trauma wat gepaard gegaan het met die seksuele aanranding het egter eers aan die einde van hierdie tydperk plaasgevind, met gevolg dat dit nie noodwendig die klaer se vermoe om appellant te identifiseer sou beinvloed het nie. Die vraag bly egter steeds of die uitkenning, objektief gesproke, as voldoende betroubaar aangemerk kan word. In hierdie verband moet genoem word dat die klaer saamgestem het dat daar niks uniek was aan appellant se voorkoms nie.


Dit is namens appellant betoog dat die klaer redelikerwys 'n fout ten aansien van die uitwysing van die woonplek van appellant kon begaan het. Dit is wel so dat hy die polisie na hierdie hokkie in die agterplaas van 'n woning te Langa geneem het waar hy vir appellant uitgeken het. Dit moet egter aanvaar word, soos die getuienis toon, dat Langa 'n woonbuurt is waar dit gebruiklik is om hokkies in huise se agterplase op te rig. Daar was ook niks uniek aan hierdie betrokke hokkie nie.



Daar is ook namens appellant daarop gewys dat daar verskille is tussen die klaer se getuienis en die van kaptein Tuswa wat horn tydens die soektog vergesel het. Eerstens, se klaer, dat dit horn "ure gevat het" om appellant se blyplek te vind terwyl Tuswa se dat dit nie lank geneem het nie. Daarbenewens se klaer dat daar 'n smokkelhuis naby appellant se blyplek was, terwyl Tuswa dit nie opgelet het nie. Hierdie weerspreking is op sigself nie noodwendig wesenlik nie, maar moet dit oorweeg word tesame met die volgende weerspreking tussen die getuienis van die klaer en Tuswa.



Die klaer het getuig dat met hulle aankoms by sy blyplek in Langa die appellant horn herken en gese het "O, dit is jy!" 20 Klaer getuig voorts dat toe die polisie vir appellant gevra het of hy vir die klaer ken, appellant gese het "Hy ken vir my". Daarteenoor het kaptein Tuswa egter getuig dat appellant nie aangedui het dat hy vir die klaer herken nie. Sy getuienis in hierdie verband is as volg:


"COURT: Can you remember at all the reaction of

the accused when he saw the complainant? Did he

give an indication if he knew him or not or did he

say anything to him? --- No, he was just normal.

He did not say that he does not know this boy

of he knew him or anything like that? --- Only he

told me he didn't do what the boy accused him of."



Die getuienis moet uiteraard as 'n geheel oorweeg word met 10 insluiting van appellant se alibi-getuienis. Soos tereg deur die landdros aangetoon, is daar weersprekings in appellant se getuienis. In besonder kan gelet word op die feit dat daar aan die klaer gestel is dat appellant eers tussen 1:00 en 2:00 namiddag die betrokke dag uit sy slaap ontwaak het, terwyl sy 15 getuienis was dat hy net tot 11:00 voormiddag geslaap het. Verder getuig hy dat sy meisie die dag gaan werk het en ongeveer 12:00 die middag teruggekeer het. Onder kruisverhoor het dit egter geblyk dat sy meisie so laat as 2:00 namiddag eers weer kon teruggekeer het.


Dit bring my dan weereens terug by die kernvraag, is die klaer se getuienis in die lig van die getuienis as 'n geheel, voldoende betroubaar vir soverre dit die uitkenning van die appellant betref? In die lig van die probleemareas in klaer se getuienis, 25 veral die verskille tussen sy getuienis en die van kaptein

Tuswa, vra 'n mens jouself af of daar voldoende

veiligheidswaarborge is vir die klaer se getuienis ter uitkenning van appellant. Dit is korrek, soos deur die landdros bevind, dat die klaer meer as voldoende tyd gehad het om appellant waar te neem ten einde horn te kan uitken. Dit is ook so dat hy dieselfde aand inderdaad vir appellant uitgeken het. Wat die landdros egter nie in sy uitspraak in ag geneem het nie, is die wesenlike verskil tussen die klaer en Tuswa se getuienis, naamlik, dat, volgens klaer, die appellant sou gese het dat hy die klaer herken. As Tuswa se getuienis aanvaar word - en daar blyk geen rede waarom dit nie aanvaar moet word nie - naamlik, dat die appellant dit nooit gese het nie, ontstaan die vraag waarom die klaer dan op hierdie wyse sou gepoog het om sy getuienis aan te dik. 'n Redelike afleiding sou wees dat hy onseker was oor die betroubaarheid van sy uitkenning en sy getuienis aangedik het om sy uitkenning van die appellant te ondersteun.



Hoe dit ook al sy, is ek in die lig van wat ek reeds gese het, 20 nie oortuig dat die klaer se getuienis, in die afwesigheid van objektiewe getrouheidswaarborge, voldoende betroubaar is vir 'n bevinding dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat appellant die persoon is wat die klaer onsedelik aangerand het nie.


Derhalwe sou ek die appel handhaaf en die


SKULDIGBEVINDING EN VONNIS TERSYDE STEL.






D POTGIETER, WnR: Ek stem saam.





_________________________

D POTGIETER, WnR




FOURIE, R: Dit word so gelas.

__________________

FOURIE, R