South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2009 >>
[2009] ZAWCHC 19
| Noteup
| LawCite
Williams v S (SS104/2002) [2009] ZAWCHC 19 (10 February 2009)
Download original files |
UITSPRAAK
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: SS104/2002
DATUM: 10 FEBRUARIE 2009
In die saak tussen:
DEON WILLIAMS Applikant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
(AANSOEK
OM VERLOF OM TE APPELLEER)
VELDHUIZEN, R:
In hierdie aangeleentheid is die beskuldigde op 8 Augustus 20 2002 skuldig bevind aan moord asook huisbraak met die opset om te steel en diefstal. Op dieselfde datum het ek die beskuldigde gevonnis tot 20 jaar gevangenisstraf op die moordaanklag en drie jaar gevangenisstraf op die huisbraak met die opset om te steel en diefstalaanklag. Ek het verder gelas dat die drie jaar met die 20 jaar sal saamloop.
Vandag is daar voor my 'n aansoek om verlof om te appelleer teen die skuldigbevinding en vonnis. Ek het die aansoek wat buite tyd is, gekondoneer. Waarom hierdie aansoek gebring 5 word, sal die Hemel alleen weet. Daar is absoluut geen meriete in die aansoek nie; daar is geen redelike vooruitsig dat 'n ander Hof met of die skuldigbevindings of die vonnisse sal inmeng nie.
Gevolglik word die aansoek om verlof tot appel VAN DIE HAND GEWYS.
VELDHUIZEN, R