South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2009 >> [2009] ZAWCHC 199

| Noteup | LawCite

Van der Westhuizen and Another v Hauck (9695/08) [2009] ZAWCHC 199 (28 October 2009)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)


SAAKNOMMER: 9695/08


In die saak tussen:


JOHANNES GYSBERTUS DEON

VAN DER WESTHUIZEN lste Applikant

CORNELIA MARIA VAN DER WESTHUIZEN 2de Applikant



teen

HEINZ GERHARD HAUCK Respondent

UITSPRAAK GELEWER OP 28 OKTOBER 2009


GOLIATH, R:


[1] Hierdie is 'n aansoek om verlof om na die volbank van hierdie hof te appelleer teen die uitspraak van hierdie hof ingevolge waarvan die minderjarige kind Payton Hauck uit die sorg van applikante verwyder is.


[2] Daar is verskeie gronde van appel. Die hoofgronde is egter dat die Hof misgetas het in die evaluasie en interpretasie van deskundige verslae, deur die saak te beslis sonder die aanhoor van viva nocegetuienis en die hof se versuim om die kinderkommissaris aan te hoor en die gesinsadvokaat te betrek. Daar is verder aangevoer dat die hof verkeerdelik sekere aannames gemaak het rondom applikante se beweerde versuim om saam te werk met die herenigingsproses tussen Payton en haar vader. Laastens is aangevoer dat applikante se regsverteenwoordiger nie geleentheid gegun was om repliek te lewer op respondent en die kurator se betoog nie.


[3] Daar was in totaal 12 deskundiges betrokke in hierdie saak voor Payton se huidige terapeut en welsynsdienste aangestel is in terme van die hofbevel. Die respondent het geen insette gelewer oor wie as Payton se terapeute aangestel moes word nie.


[4] Uit die staanspoor moet gemeld word dat applikante verteenwoordig was deur 'n baie ervare advokaat wie behoorlik geleentheid gegun was om die hof toe te spreek oor die kurator se aanbevelings. Die feit dat sy nie repliek gelewer het nie is nie fataal nie en nie noodwendig 'n grond vir vooruitsigte tot sukses nie. Die kurator het geensins afgewyk van haar verslag nie en applikante se regsverteenwoordiger het volledig in haar betoog met die kurator se voorstelle gehandel.


[5] Al die hofstukke was beteken op die Kommissaris van Kindersorg asook die gesinsadvokaat en hierdie kritiek is ongegrond. Wat die herenigingsproses betref is dit onbetwis dat applikante geen samewerking in die verband wou gee nie. Terwyl Payton in hulle sorg was, het applikante haar terapie by Beatrix van Rensburg gestaak.


[6] Ek is van mening dat die aanhoor van viva wcegetuienis in hierdie saak nie die belange van Payton sal bevorder nie of die saak verder sal voer nie aangesien Payton tans in omstandighede verkeer waar in al haar nodige behoeftes voorsien word.

[7] Payton se huidige terapeut Louise Kirchner is van mening dat applikante 'n negatiewe komponent in haar lewe verteenwoordig. Beatrix van Rensburg het ook die mening gehuldig dat Payton se verhouding met applikante toksies van aard is. Volgens Kirchner vorder Payton goed met haar terapie en is sy tans deur 'n skoonmaak proses. Payton vorder goed op skool en het 'n positiewe verhouding met haar vader. Daar word tans optimaal in haar fisiese en emosionele behoeftes voorsien.


[8] Kirchner en die kurator is dit eens dat enige voortsetting van hierdie twis random Payton nie in haar beste belang is nie. Beide is van mening dat Payton nie in applikante se sorg geplaas moet word nie en dat die status quo gehandhaaf word. Dit is egter so dat die toestaan van verlof sal as hoofdoel dien om Payton uit haar huidige omstandighede te verwyder en in die applikante se sorg terug te plaas.


[9] Daar is huidiglik 'n herenigingsproses in werking gestel tussen Payton en respondent, "n Aanbeveling ingevolge artikels 16(2) en 34 van Wet 74 van 1983 is alreeds gemaak dat Payton permanent in die sorg van haar vader herstel word soos uiteengesit in die verslag van N G Welsyn Vereeniging Vanderbijlpark gedateer 17 Augustus 2009 wie aangestel is om die pleegsorg situasie te monitor. Verskeie toesigdienste en terapie dienste is in werking gestel ter voorbereiding hiervan. Applikante het na bewering pogings aangewend om hierdie hof se bevel te omseil deur Kinderhofverrigtinge in Desember 2008 te open sonder om al die feite van die saak te openbaar.


[10] Applikante moet liefs die strydbyl begrawe en die herenigingsproses tussen Payton en respondent aanvaar. Ek is van mening dat nieteenstaande enige mistasting tydens die verrigtinge, dat die beste belange van Payton voorkeur moet geniet. Ek is tevrede dat daar geen redelike vooruitsigte op appel is nie aangesien enige vorm van inmenging met die huidige bevel duidelik nie in die beste belang van Payton sal wees nie.



Bygevolg word die volgende bevel gemaak:


Die aansoek om verlof om te appelleer word van die hand gewys met koste






GOLIAHH, R