South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2009 >> [2009] ZAWCHC 20

| Noteup | LawCite

S v France (SS98/08) [2009] ZAWCHC 20 (11 February 2009)

Download original files

PDF format

RTF format





IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)



SAAKNOMMER: SS98/08

DATUM: 11 FEBRUARIE 2009



In die saak tussen:

DIE STAAT

en

LUZUKO FRANCE





UITSPRAAK


VELDHUIZEN, R:



Die beskuldigde staan tereg op verskeie aanklagte van moord, roof, poging tot moord en die onwettige besit van vuurwapens 20 en ammunisie. Hy het op al hierdie aanklagte onskuldig gepleit en die Staat het verskeie getuies se getuienis aangebied in 'n poging om te bewys dat die beskuldigde verantwoordelik was vir die pleeg van hierdie misdade. Die Staat het sy saak gesluit en op hierdie stadium dien daar voor ons 'n aansoek vir ontslag in terme van artikel 174 van die Strafproseswet, 51 van 1977.

Ek is nie van voorneme om die getuies se getuienis in diepte te behandel of selfs te herhaal nie. Na ons mening is die getuienis van hierdie getuies, sonder uitsondering, van so 'n swak gehalte dat daar geen redelike vooruitsig is dat daar op hulle getuienis gesteun kan word om 'n skuldigbevinding op enige van hierdie aanklagte in te bring nie, dit ten spyte van 'n 10 heldhaftige poging van die staatsadvokaat wat op 'n baie billike en regverdige manier hierdie getuienis aangebied het.



Dit is gevolglik ons eenparige mening dat die aansoek om ontslag moet slaag en gevolglik word die beskuldigde op alle aanklagte ONSKULDIG bevind.

VELDHUIZEN, R