South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2009 >> [2009] ZAWCHC 217

| Noteup | LawCite

Phillips v S (SS120/08) [2009] ZAWCHC 217 (14 October 2009)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA


(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)


SAAK NO:SS120/08

DATUM:14 OKTOBER 2009


In die saak tussen:

NATANIEL EDWARD PHILLIPS ….........................................................Applikant

en

DIE STAAT …......................................................................................Respondent

(Aansoek om verlof om te appelleer)
FOURIE, R:


Applikant doen aansoek om verlof om te appelleer teen die vonnis wat horn opgele is, nadat hy deur hierdie Hof skuldig bevind is op 29 April 2009 aan moord, die vonnis synde een van 24 jaar gevangenisstraf. Die aansoek word geopponeer deur die Staat. Die gronde waarop die aansoek gebring word, word uiteengesit in applikant se kennisgewing van aansoek om

verlof tot appel.



Die toets in aansoeke van hierdie aard is geyk, naamlik, dat die applikant moet toon dat daar 'n redelike vooruitsig op sukses op appel sal wees.



Ek het die gronde wat in die aansoek aangevoer word, asook die mondelinge betoog van applikant se advokaat oorweeg en is nie oortuig dat daar inderdaad so 'n redelike vooruitsig op sukses bestaan nie. In besonder, is al die versagtende omstandighede waarop die applikant steun, soos blyk uit die uitspraak wat gelewer is, reeds in ag geneem by die beoordeling van die vraag of daar wesenlike en dwingende omstandighede is wat 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis van lewenslange gevangenisstraf geregverdig het.



Derhalwe, bevind ek dat daar nie 'n redelike vooruitsig op sukses op appel is nie en WORD DIE AANSOEK VAN DIE HAND GEWYS.



FOURIE, R