South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2009 >> [2009] ZAWCHC 226

| Noteup | LawCite

Die Volle Evangelie Kerk Van God South Africa and Others v World Hope Ministries and Another (13530/2006) [2009] ZAWCHC 226 (16 November 2009)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)



SAAKNOMMER: 13530/2006

DATUM:

16 NOVEMBER 2009

In die saak tussen:

DIE VOLLE EVANGELIE KERK VAN GOD IN S.A. …...............................1ste Eiser
DIE VOLLE EVANGELIE KERK VAN GOD IN SA:
SURREY ESTATE
…............................................................................2de Eiser

DIE STREEKSRAAD VIR DIE SKIEREILAND …....................................3de Eiser

en

WORLD HOPE MINISTRIES …........................................................1ste Verweerder

RAYMOND LE FLEUR …..................................................................2de Verweerder




UITSPRAAK


STEYN, J:



Wat betref hierdie aansoek was daar op 'n vorige stadium 'n aansoek vir die skeiding van die dispute in hierdie aangeleentheid. Op 28 Oktober het ek, na aanleiding van 'n aansoek van die verweerders, teengestaan deur eisers, bevind dat die aspek van eienaarskap in die relevante onroerende eiendomme, wat in hierdie saak beslis moet word, apart bereg behoort te word van die ander aangeleenthede wat betrekking het op die beregting van die saak en dat die beregting van sodanige ander dispute wat bestaan voorlopig gestaak sal word.



Wat betref die beregting van die eiendomsregdispuut is mondelinge getuienis toegelaat op die eng aspek van eiendomsreg in die relevante eiendom alleenlik.



Advokaat Arendse, namens die verweerders, het op 3 November 2009 by aanvang van die tweede dag van die verhoor, navrae aan my gerig met betrekking tot my bevinding ten opsigte van die skeiding van die dispute in die verhoor, en uitgewys dat die aspek van locus standi van die eisers ook deur horn argumenteer was as 'n aspek vir afsonderlike beregting.



By oorweging van sy argument het ek vasgestel dat ek verkeerdelik tot die gevolgtrekking gekom het dat advokaat Arendse die aspek van die aparte beregting van die locus standi van die partye geabandoneer het. Advokaat Du Plessis het toegegee dat die Hot se afleiding foutief was en dat die Hof se bevinding dus op 'n fout berus het. Hy was egter nie bereid om toe te stem dat die Hof die vorige bevel van die Hof op hierdie aspek wysig nie. Geen substansiele argumente was aangevoer nie.

By gebreke aan 'n ooreenkoms in hierdie verband, het advokaat Arendse die Hof meegedeel dat hy aansoek doen vir die regstelling van die bevel in die opsig; dat die aparte beregting van aangeleenthede nie net eienaarskap nie, maar ook locus standi van die eisers moes insluit. Advokaat Du Plessis het die Hof meegedeel dat hy nie die Hof formeel sou toespreek op die aspek nie, aangesien die Hof te kenne gegee het dat die Hof prima facie van mening was dat die Hof wel mero motu die bevel kon regstel.



Wat die reg betref is dit so dat die hof mero motu 'n bevel kan regstel indien die bevel interlokuter van aard is. Ek verwys na die kommentaar van Hofreel 42 op B1 - 30(6)(h) van Erasmus, Superior Court Practice, en die saak van Brown & Others v Yebba CC trading as Remax Tricolour 2009 (1) SA 519 (D) en (C) bladsy 525.



Ek is tevrede dat die verweerders geregtig is om te vra vir die regstelling van die bevel en dat daar nie benadeling vir die eisers kan wees nie, aangesien hierdie aspek in elk geval deur hulle behandel moet word in die verhoor op een of ander stadium. Dit is 'n aspek wat hulle van die begin af saam wou laat bereg.



Die bevel van 28 Oktober 2009 wat betref Reel 33(4) word dus gewysig en reggestel sodat die aspek van locus standi van die eisers deel sal vorm van die aparte beregting van die saak waaroor daar mondelinge getuienis gelei moet word.

STEYN, J