South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2009 >> [2009] ZAWCHC 230

| Noteup | LawCite

S v Bezuidenhout en Ander (SS38/2006) [2009] ZAWCHC 230 (12 June 2009)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE-HOF, KAAPSTAD)



SAAKNOMMER: SS38/2006

DATUM: 12 JUNIE 2009



.

In die saak tussen:



DIE STAAT

en

DANIEL BEZUIDENHOUT ….......................................................................Beskuldigde 1

ROMANO CARELSE …................................................................................Beskuldigde 2








UITSPRAAK




GOLIATH. R:



Die twee beskuldigdes, Daniel Bezuidenhout en Romano Carelse, staan tereg op drie aanklagtes, naamlik moord, poging tot moord en roof. Daniel Bezuidenhout staan ook tereg op 'n verdere aanklag van die verskaffing van 'n valse naam aan 'n vredesbeampte.

Dit word beweer dat die beskuldigdes op Saterdag, 3 April 2004, te Strand wederregtelik en opsetlik vir Angelo Morne Jantjies gedood net deur horn met 'n skerp voorwerp te steek.



Die Staat beweer verder dat op dieselfde dag en plek, hulle wederregtelik en opsetlik gepoog het om vir Reagan Davids te dood deur horn met 'n skerp voorwerp te steek.



Laastens word dit beweer dat die beskuldigdes wederregtelik en opsetlik 'n Toyota Corolla motorvoertuig, CFR44455, van voormelde persone geroof het en dat verswarende omstandighede teenwoordig was by die pleeg van hierdie misdaad.



Die beskuldigdes word deur advokaat Mohamed verteenwoordig en beide het op al die aanklagtes onskuldig gepleit. Geen pleitverduidelikings is voorgehou nie. Beide het
egter sekere erkennings gemaak wat as formele erkennings in terme van artikel 220 van die Strafproseswet genotuleer is. Advokaat
Julius, wat namens die Staat verskyn, het met die aanvang van die verhoor die volgende bewysstukke by ooreenkoms ingehandig:
Bewysstuk 1
- Motorradio

Bewysstuk 2 - Bottelkop

Bewysstuk 3 - Motorradio

Bewysstuk 4 - Motorsleutels

Bewysstuk 5 - 'n Pet (cap)

Bewysstuk A + B - Beskuldigdes se formele erkennings in terme van artikel 220.

Bewysstuk C - Post mortem verslag met betrekking tot oorledene Angelo Morne Jantjies

Bewysstuk D - Bloedalkoholverslag ten opsigte van oorledene Angelo Morne Jantjies.

Bewysstuk E - Foto's van toneel met sleutel tot foto's bevattende foto's 1-5.

Bewysstuk F - Stel foto's gemerk 1-21.

Bewysstuk G - Uitkenningsparadevorm ten opsigte van Beskuldigde 1.

Bewysstuk H - Foto's van uitkenningsparade ten opsigte van beskuldigde 1.

Bewysstuk I - Foto's van uitkenningsparade ten opsigte van beskuldigde 1.

Bewysstuk J - Uitkenningsparadevorm ten opsigte van Beskuldigde 2

Bewysstuk K - Foto's van uitkenningsparade ten opsigte

van beskuldigde 2

Bewysstuk L - Afskrif van laerhofrekord

Bewysstuk M - Mediese verslag mbt Reagan Davids

Bewysstuk N - Kennisgewing itv die Konstitusie geteken deur beskuldigde 1

Bewysstuk O, Q,S, T, X1 - SAP13 uittreksels

Bewysstuk P - J88 Mediese verslag mbt beskuldigde 1

Bewysstuk R - Kwitansie van Angelo Jantjies mbt radio en JVC bandspeler.



Bewysstuk U - Dekbrief versend aan forensiese labora-torium gedateer 20.04.2004.


Bewysstuk V - Bewysstrook van bewysstukke ontvang

van forensiese laboratorium.

Bewysstuk W - Artikel 212 verklaring van mnr Maurice Wentzel


Bewysstuk X2 - Dekbrief gedateer 05.04.2004


Bewysstuk Y - Oorspronklike ontvangstrokie vanaf forensiese laboratorium


Bewysstuk Z - Kennisgewing van regte mbt beskuldigde 2


Bewysstuk AA - Staande Orders (algemeen) 333


Bewysstuk BB - Staande Orders mbt Eiendomsregister

(SAP3)

Bewysstukke CC, DD, EE, FF, GG - Artikel 212 verklarings

van Superintendent Sharlene Otto.


Bewysstuk HH - Grafiek van uitslae van forensiese laboratorium

Bewysstuk II - J88 mediese verslag mbt beskuldigde 2.


Carla Coetzee, sy is bekend met beide die oorledene, Angelo Jantjies, en Reagan Davids. Sy het 'n verhouding met Reagan Davids gehad tydens die voorval. Sy het gereeld met die oorledene en Davids uitgegaan en hulle het haar gewoonlik met die oorledene se wit Toyota voertuig kom haal.



Op Vrydag, 2 April 2004, was hulle saam asook nog 'n persoon, Janice Smit. Hulle het die aand saam deurgebring en het uiteindelik by 'n dansplek genaamd Ikon aangedoen waar hulle drankies geniet het. Sy het getuig hulle is laataand na Lover's Lane, 'n plek waar jong mense uithang naby die see. Hulle het daar geparkeer en na musiek geluister en daar het hulle aan die slaap geraak. Angelo het regs voor aan die bestuurderskant gesit, Janice was langs horn voor links, Reagan het agter links gesit en sy was direk agter die bestuurder.



Sy het op 'n stadium skielik wakker geword toe sy oplet hoe 'n manspersoon vir Angelo uit die voertuig uitruk. Sy het 'n struweling buite gehoor. Die linkeragterdeur het ook oopgegaan en 'n manspersoon het probeer om vir Reagan uit die voertuig te ruk. Sy het opgemerk dat 'n manspersoon voor in die voertuig klim waar Angelo gesit het. Die persoon het haar in Engels beveel om uit die voertuig te klim. Toe sy buite die voertuig kom, sien sy Angelo le op die grond. Sy het in die rigting van die see gestap en vir Reagan en Janice sien eenkant staan.



Hulle drie is saam terug na Angelo. Toe hulle by Angelo kom, was die wit Toyota alreeds weg. Daar het 'n voertuig het opgedaag en hulle het vir hulp gevra. Reagan het 'n oproep na 'n persoon genaamd Gavy gemaak vanaf Angelo, die oorledene, se selfoon.



Sy bevestig dat sy tydens die aanval nie goed kon sien wat buite plaasgevind het nie. Sy het slegs 'n struweling gehoor. Die persoon wat later agter die wiel in Angelo se plek ingeklim het, was volgens haar beskuldigde 1, Daniel Bezuidenhout. Sy het ook gesien hoe twee manspersone later gesukkel het om die Toyota aan die gang te kry. Sy het opgemerk dat Reagan vol bloed was. Die polisie het opgedaag op die toneel en haar verklaring geneem. Sy ken nie die persone wat later op die toneel opgedaag het nie en kan ook nie hul voertuig identifiseer nie.



By die polisiestasie het die polisie met 'n verdagte persoon daar opgedaag. Sy het dadelik die persoon uitgeken as beskuldigde 1, mnr Bezuidenhout, wie voor in die oorledene, Angelo, se kant ingeklim het. 'n Polisiebeampte het 'n radiogesig aan haar getoon en sy het dit identifiseer as die oorledene, Angelo se radio.



Daarna wou die Staat voortgaan om sekere getuienis te lei met betrekking tot 'n identifikasieparade wat op 17 Junie 2004 gehou was. Die verdediging het beswaar gemaak en 'n binneverhoor is gehou ten einde die toelaatbaarheid van die getuienis met betrekking tot die identiteitsparade te bepaal.



Die volgende feite is gemeensaak wat die identifikasieparade betref:

(a) Die ondersoekbeampte, inspekteur Williams, het superintendent Richard Koopman versoek om 'n identifikasieparade te hou op 17 Junie 2004. Koopman was in bevel van die identifikasieparade en was bygestaan deur konstabel Bradley McDillon, konstabel Gordon Pillay en konstabel Daylin Adams. Laasgenoemde het toesig gehou oor die getuies, wie een vir een uit die betrokke kamer deur McDillon geneem is na die uitkenningskamer. McDillon het hulle vanaf die uitkenningskamer begelei na 'n ander kamer waar Pillay toesig oor hulle gehou het.

(b) Koopman het die notule van die verrigtinge geneem. Hy getuig dat hy wel die kwessie van regsverteenwoordiging met die beskuldigdes bespreek het. Volgens horn het die beskuldigdes horn meegedeel dat mnr Moffet hul prokureur is en dat hy, mnr Moffet nou, nie van voornemens is om die verrigtinge by te woon nie. Die beskuldigdes het horn ook ingelig dat polisiebeampte Williams hulle op 7 Junie 2004 in kennis gestel het van die identiteitsparade. Koopman het egter nie op die uitkenningsvorm genotuleer of mnr Moffet wel deur die polisie of ondersoekbeampte in kennis gestel is van die identiteitsparade nie.

(c) Daar was slegs ses persone op die identiteitsparade ten opsigte van beskuldigde 1. Daar is twee foto's van die parade geneem wat aandui dat tydens die uitkenning deur Carla Coetzee, het beskuldigde 1 'n mussie op sy kop gehad. (Nog een ander persoon oop die parade het ook 'n mussie op sy kop gehad.) Die mussie was egter verwyder van beskuldigde 1 se kop met die uitkenning van Reagan Davids. Ook ten opsigte van die identiteitsparade van beskuldigde 2, was slegs ses persone op die identiteitsparade.



Dit was die beslissing van die Hof dat die identiteitsparade nie reelmatig was nie met verwysing na 'n aantal onbevredigende aspekte. Die eerste getuie, Carla Coetzee, het in haar getuienis genoem dat die een verdagte 'n mussie opgehad het. Dit is hoogs onreelmatig om 'n beskuldigde, in hierdie geval beskuldigde 1, in 'n identiteitsparade, bevattende slegs ses persone, 'n mus op sy kop te laat dra. Alhoewel twee uit die ses persone (insluitende beskuldigde 1) musse op hul kop gehad het, verskil die ander persoon wesenlik in voorkoms van beskuldigde 1.



Die verduideliking van die ondersoekbeampte dat die beskuldigde self aangedring het om die mus op sy kop te hou, gaan nie op nie. Daar is geen plig op 'n beskuldigde om mee te werk tot die bewerkstelling van 'n regverdige parade nie. (S v Mlati [1984] ZASCA 88; 1984 (4) SA 629 op 636G-H.)



Volgens huidige riglyne en norme, behoort daar ten minste agt persone op 'n parade te wees en, by voorkeur, eintlik meer as dit, persone wat almal redelik vergelykbaar moet wees met die verdagte.



Wat beskuldigde 1 se uitkenningsparade betref, is ek van mening dat die persone nie wesenlik vergelykbaar was nie en een van die verdagtes is selfs al 34 jaar oud gewees. Koopman het egter aangedui dat die beskuldigdes aangedring het tot slegs ses persone op die parade. Hierdie aspek is totaal onaanvaarbaar aangesien die beskuldigdes nie in beheer van die parade is nie en soos vroeer na die saak verwys, is daar geen plig op 'n beskuldigde om mee te werk tot die bewerkstelling van 'n regverdige parade nie.



Dit blyk duidelik uit die getuienis dat Williams en Koopman dat hulle geen poging aangewend het om die beskuldigdes se regsverteenwoordiger, mnr Moffet, in te lig oor die datums van die identiteitsparade nie. Die Hof was van oordeel dat die wyse waarop die uitkenningsparade gehou was, inbraak maak op die beskuldigdes se konstitusionele reg tot 'n regverdige verhoor. Die identiteitsparade het nie voldoen aan die vereiste maatstaf van billikheid nie en die getuienis is gevolglik as ontoelaatbaar bevind.



Tydens kruisondervraging het Carla Coetzee met voortsetting van die verhoor, toegegee dat sy nie weet of dit dieselfde persoon is wie die oorledene en vir Reagan Davids uit die voertuig geruk het nie. Dit is aan haar gestel dat beskuldigde 1 sekere letsels in sy gesig het en of sy dit waargeneem het. Sy getuig dat sy nie die letsels opgemerk het nie. Die letsels van die beskuldigde is op rekord geplaas en dit was gemeensaak dat die letsels nie ontsierlik is nie, en dus was dit nie maklik opletbaar nie.

Die enigste duidelike letsels was brandwonde agter en bo-op beskuldigde 1, mnr Bezuidenhout, se kop. Carla Coetzee het toegegee dat sy nie 'n beskrywing van die verdagtes in haar verklaring gegee het nie. Sy bevestig dat sy nie die aanval op die oorledene of Reagan Davids waargeneem het nie.



Reagan Davids het kom getuig dat hy 'n vriend was van die oorledene. Hulle het gereeld naweke en na werk sosiaal verkeer. Hy is ook bekend met Carla Coetzee. Tydens die voorval was hy en Coetzee in 'n verhouding betrokke. Die dag van die voorval het hy en die oorledene na werk tyd saam spandeer. Hulle het heelwat drank gedrink en later vir sy suster by Janice se woning gaan haal. Hy en Janice het 'n familieverband. Hulle het sy suster weggeneem en vir Carla Coetzee gaan optel.



Later die dag het hulle almal, naamlik Janice, Carla, oorledene Angelo Jantjies, en hy Reagan Davids na sjebien in 11de Straat gegaan waar hulle gedrink het. Daarna is hulle na 'n nagklub genaamd "Ikon" waar hulle verder gedrink het. Hy was sterk onder die invloed van alkohol en is later deur Carla en Janice gehelp uit Ikon uit. Hulle het vanaf Ikon gery na Lover's Lane in die Strand. Daar het hulle geparkeer en soos hy dan noem "getiep".

Hy het bewus geword dat iemand besig is om sy voete uit die voertuig te trek. Hy was agter die voertuig en Carla het langs horn gesit. Sy kop was op Carla se skoot. Die persoon het horn aan sy voete geruk. Hy merk toe op dat iemand aanhoudend na horn steek met 'n voorwerp. Hy is in sy nek getref. Volgens horn, het twee persone daarin geslaag om horn uit die voertuig te trek. Terwyl die een horn trek en steek, het die ander om gekom om te help, 'n Gestoeiery het ontstaan tussen hulle. Hy is verder buite die voertuig gesteek op sy gesig, kop en hande. Hy getuig dat beskuldigde 2 horn vasgehou het. Hy het daarin geslaag om los te kom en het bebloed weggehardloop in die rigting van die duine. Hy was in 'n toestand van skok. Volgens horn was beskuldigde 2 die persoon wat horn eerste uit die voertuig uitgetrek het en in die nek gesteek het.



Hy getuig dat beskuldigde 1 die tweede persoon is wie vir beskuldigde 2 gehelp het om horn uit die voertuig te trek. Hy kon hulle identifiseer tydens die voorval, alhoewel die beligting nie baie goed was nie. Hulle was baie naby horn tydens die stoeiery. Hy het ook opgemerk dat beskuldigde 2 valstande in sy mond gehad het met goud.



Nadat hy horn in die duine versteek het, het hy die voertuig gehoor. Die persone het gesukkel om dit aan die gang te kry.

Hulle het uiteindelik daarin geslaag en weggery. Janice en Carla het na horn geroep. Hy het aanvanklik gedink dat dit die oorledene is wat met die kar weggery het, maar Carla en Janice het horn meegedeel dat dit die aanvallers was. Die dames het horn ingelig dat die oorledene op die grond le. Hy het gaan kyk en opgelet dat die oorledene bebloed was en doodstil le. Hy het die oorledene se selfoon geneem en 'n vriend genaamd Gavie gebel en ingelig oor die voorval.



Die polisie en die oorledene se familie het later opgedaag. Hy het verskeie wonde opgedoen en het mediese behandeling ontvang. Hy het Bewysstuk 1 geTdentifiseer as die radiokassetspeler van die oorledene. Hy het die voertuig in besondere detail beskryf en voer aan dat sy wonde wat hy opgedoen het, deur 'n bottelkop veroorsaak was.



Tydens kruisondervraging was aan horn gestel dat hy nie in sy verklaring sou genoem het dat hy die persoon wie horn eerste gesteek het, dadelik sal kan uitken as hy horn weer sou sien nie. Dit is verder aan horn gestel dat hy egter nie vir beskuldigde 2 kon uitken by die identiteitsparade nie en dat hy inderdaad 'n verkeerde persoon uitgewys het.

Daar is getuienis gelei van twee dokters, dr Lizette Georgina Albertse en dr Garth Fowler met betrekking tot die beserings wat die oorledene opgedoen het asook Reagan Davids.



Dr Lizette Albertse het die post mortem op die oorledene, Angelo Jantjies, gedoen. Haar hoofbevinding is dat 'n snywond bokant die linker klavikel veroorsaak het dat twee hoofslagare raakgesny was. Volgens haar is hierdie tipe besering fataal en dood kon binne 'n halfuur ingetree het na toediening van hierdie wonde. Die twee slagare is belangrike slagare want bloed word deur middel van hulle na die brein gevoer. Daar is verskeie ander wonde in die nek area van die oorledene gewees, maar dit was egter moeilik om te se presies hoeveel wonde toegedien was. Volgens haar was dit baie duidelik dat daar baiekeer na die oorledene gesteek was. Die wonde in die nek kom gehawend voor en die afleiding wat sy gemaak het was dat 'n bottelkop moontlik as 'n wapen gebruik was. Sy sou 'n meer gladde wond verwag het as dit deur 'n mes toegedien was. Daar was ook bruin glas gevind in die borsholte van die oorledene asook in die gestolde bloed van die oorledene. Haar bevinding word vervat in haar verslag ontvang wat gemerk is Bewysstuk C.



Dr Garth Fowler het bevestig dat hy die J88 met betrekking tot Reagan Davids se beserings voltooi het. Daar was vyf wonde gevind op Reagan Davids. Hy getuig dat enige nekwond potensieel lewensgevaarlik is omdat die nek groot bloedvate bevat wat bloed na die brein toevoer. Tydens kruisondervraging gee hy toe dat die wonde moontlik deur 'n gebreekte bottelkop veroorsaak kon gewees het. Die leer met betrekking tot die saak het egter weggeraak en hy kon dus nie kommentaar lewer oor die presiese aard van die behandeling wat Reagan Davids ontvang het nie. Die J88 verslag is dan ingehandig en ontvang as Bewysstuk M.



Die Staat het nog 'n verdere getuie, Anneline Mars, geroep. Sy getuig dat sy bekend is met die beskuldigdes voor die Hof. Sy ken beskuldigde 1 as Danie vanaf 'n area genaamd Dennegeur, vir 'n lang tyd, maar sy kan nie se hoeveel jaar sy horn al ken nie. Sy ken ook vir beskuldigde 2 van dieselfde area al vir jare.



Op Vrydagaand, 2 April 2004, was sy, Janine en Marcelyn by 'n smokkelhuis, genaamd Survival, in Sir Lowry's Pass. Marcelyn en Janine het gedrink. Sy self het niks gedrink nie. Op 'n stadium het sy opgemerk dat Marcelyn by 'n groen Toyota staan. Sy het nader gegaan en vir Janine, beskuldigde 1, beskuldigde 2, Gerhard Meyer en Michael Booysen daar gevind. Die manspersone was besig om te drink. Janine en Marcelyn het by hulle aangesluit en saam gedrink. Die mans het besluit om Strand toe te gaan en Marcelyn het aangedui dat sy saamgaan. Sy wou aanvanklik nie saamgaan nie, maar het van plan verander toe Janine besluit het om saam te gaan. Sy en Janine woon by een huis en sy was bekommerd dat haar ouma gaan raas as sy alleen by die huis opdaag en dus het sy ook saamgegaan.



Die groep, bestaande uit sewe persone, is toe na die Lane of Lover's Lane, toe. Dit was reeds donker. Toe hulle by Lover's Lane kom het sy 'n wit Toyota Corolla, wat geparkeer staan, opgemerk. Hulle het aan die linkerkant gestop, nie ver van die wit Toyota nie. Sy het gesien dat beskuldigde 1 en 2 na die wit Toyota stap. Toe hulle terugkom het hulle aan Michael en Gerhard gese dat die persone slaap in die kar en genoem dat die voertuig 'n front loader en mags het. Sy het tussenbeide getree en vir beskuldigde 2 gese dat hulle die mense moet uitlos. Sy het uit die gesprek afgelei dat hulle die mense wou beroof en dat Michael en Gerhard die front loader sou kry.



Beskuldigde 1 het sy baadjie uitgetrek, aan Janine oorhandig en 'n skerp voorwerp gesoek. Hy het gevra vir 'n bottel. Niemand het 'n bottel aan horn oorhandig nie. Beskuldigdes 1 en 2 het egter bottels opgetel wat in die omgewing gele het. Op daardie stadium het Michael weg van die toneel gery met al die insittendes behalwe beskuldigdes 1 en 2. Toe hulle oor die bult ry, merk sy 'n wit Toyota op, soos die een wat sy vroeer gesien het. Sy het gehoor die toeter blaas, dit was op die stadium toe hulle terug gekom het om te kom kyk waar beskuldigdes was wat agtergebly het.



Toe hulle terug op die toneel kom, het sy opgelet dat die wit Toyota weg is en dat 'n man op die grond le. 'n Manspersoon het die man op die grond mond-tot-mondasemhaling toegedien. Die manspersoon het hulle meegedeel dat hulle deur twee mans aangeval is en dat dieselfde mans met die kar weggery het. Die polisie en ambulans is gekontak en het later op die toneel opgedaag.



Sy getuig dat daar wel ligte aan die bokant by die geboue geskyn het, maar nie direk op die plek waar die motors gestaan het nie. Sy het baie goed daardie aand gesien.



Sy getuig verder dat beskuldigde 2 gewoonlik vier valsvoortande dra met goud in sy tande. Volgens haar het hy die betrokke aand wel sy valstande ingehad.



Tydens kruisondervraging getuig sy dat Michael, die bestuurder, die polisie gebel het en dat die polisie geen inligting van haar gevra het nie. Sy ontken dat daar op enige stadium van die toneel weggery was om sigarette te koop.

Daar was aan haar gestel dat sy sekere aspekte in haar getuienis nie in haar verklaring gemeld het nie. Volgens haar is Gerhard en Michael vriende van beskuldigde 2 en sy het getuig dat Gerhard en beskuldigde 2 blykbaar in een straat woon.



Janine Reeners is bevriend saam met Anneline Mars. Hulle het saam grootgeword en sy getuig dat Marcelyn Swanepoel haar niggie is. Sy ken vir beskuldigde 2, wie se bynaam Mano is, maar nie vir beskuldigde 1 "Danie" nie. Sy ken beskuldigde 2 al vir ongeveer drie jaar vanaf die Sir Lowry's Pass omgewing. Sy was bekend aan sy meisie, Desire, en het so vir beskuldigde 2 ontmoet. Op 2 April 2004 is sy na Survival met Marcelyn en Anneline. Sy en Marcelyn het gedrink, maar nie Anneline nie. Voordat sy Survival toe is, het sy ook elders by 'n smokkelhuis gedrink.



Beskuldigde 1 en 2 het opgedaag by Survival en die drie dames het by hulle aangesluit in 'n groen Toyota voertuig. Almal van hulle het saam daar weggery. Daar was sewe persone in die voertuig, dit was sy, Marcelyn, beskuldigde 1 en 2 en nog twee onbekende manspersone. Hulle is toe na die Lane (Lover's Lane) toe in die Strand. Toe hulle daar kom, merk sy 'n voertuig op aan die ander kant van hulle voertuig geparkeer staan. Beskuldigde 1 en 2 het uitgeklim en na die voertuig gestap. Hulle het teruggekom en gese die mense "tiep" in die kar. Hulle het genoem dat daar front loader in die voertuig is asook woelige mags. Hulle is toe weer terug na die wit kar toe.



Hulle het weer teruggekom en bottels gesoek. Sy is nie seker of hulle wel bottels gekry het nie, maar getuig dat hulle toe weer terug in die rigting van die wit kar geloop het. Die res van hulle het gery tot op na 'n bult en daarna weer afgekom. Toe hulle weggery het, het sy opgemerk dat die wit Toyota voertuig verby hulle ry. Dit is op 'n stadium toe hulle teruggekom het na Lover's Lane om te kyk waar hulle was. Sy het gevra wie die voertuig ry en die bestuurder van die groen kar het toe gese dat dit beskuldigde 2 was. Hierdie getuienis oor watter bestuurder van die groen kar sou gese het, was aanvanklik voorlopig deur die Hof toegelaat, nadat advokaat Mohamed beswaar aangeteken het. Dit is egter nie toelaatbaar nie, aangesien hierdie persoon toe nooit kom getuig het nie.



Met hul terugkoms, het sy opgemerk dat daar 'n man le. Sy was geskok en het na haar ouma se woning in die Strand gestop.

Sy het getuig dat sy heelwat gedrink het, maar dat sy nie dronk was nie. Volgens haar het die wit kar getinte ruite gehad. Sy het die voertuig in Bewysstuk E uitgeken. Sy getuig dat beskuldigde 2 wel vier valstande dra. Die toneel was nie goed belig nie en sy is nie seker of daar enige ligte op die toneel gebrand het die aand nie.



Onder kruisondervraging gee sy toe dat sy wel onder die invloed van alkohol was, maar beweer dat sy was by haar voile positiewe. Daar was aan haar gestel dat hulle by verskeie ander plekke was vanaf Survival, maar die getuie ontken dit. Sy het bevestig dat Anneline Mars nie drink nie. Almal behalwe Anneline het by die Lane (Lover's Lane) gedrink. Daar was aan haar gestel dat beskuldigdes vir die bestuurder van die voertuig gevra het om garage toe te gaan en sigarette te koop. Sy getuig dat sy nie daarvan kennis dra nie. Sy het geen verhouding met enige van die manspersone wat daar was nie. Sy ken nie die bestuurder van die groen kar nie, dit is Michael Booysen of Gerhard Meyer, nie. Sy ken vir beskuldigde 1 slegs van aansien. Volgens haar het die beskuldigdes nie voorgekom asof hulle erg onder die invloed van drank en dwelms was nie.



Sy het die omstandighede verduidelik wat gelei het dat sy 'n verklaring op 23 November 2005 gemaak het. Sy was blykbaar op 'n stadium opgeneem by 'n verbeteringskool. Sy het glad

nie kontak gehad met Anneline of Marcelyn nie en het glad nie

die saak met hulle bespreek voordat sy haar verklaring afgele

het nie. Sy bevestig dat sy nie sekere aspekte in haar

5 verklaring genoem het nie, naamlik die teenwoordigheid van

die bottels en die "woelige mags" nie. Sy bevestig dat sy die

oorledene sien le het op die toneel en opgelet het dat sy

vriend daar gehuil het.



10 Die Staat het dan verder vir Avril Jafta geroep as 'n getuie. Sy getuig dat sy op 3 April 2004 saam met Monique gekuier het by mense in Seekoeipark te Strand. Sy en Monique het die aand laat die woning verlaat. Op pad het Monique aan haar genoem dat sy Jafta se selfoon verloor het. Hulle het besluit

15 om terug te stap om die selfoon langs die pad te soek. Terwyl hulle terugloop het hulle op 'n JVC motorbandspeler afgekom op die hoek van 12de Straat en Broadlansstraat. Monique het voorgestel dat hulle dit verkoop, maar sy het egter besluit om dit te hou. Jafta het dit na haar huis geneem en die volgende

20 dag het haar suster voorgestel dat sy die polisie kontak. Sy het die polisie gekontak en die motorbandspeler aan hulle oorhandig. Volgens haar was daar bloed op die bandspeler. Monique het die bloed met 'n lappie afgevee. Monique is egter oorledene.


Oswald Adams, 'n konstabel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het getuig dat hy aan diens was die aand van 2/3 April 2004. Daar was 'n rapport ontvang van die oorledene se vriend van 'n voorval by Eddie Thomasrylaan, ook bekend as Lover's Lane. Hy het gehaas na die toneel waar hy die oorledene gevind het op die grond le. Hy het nog 'n persoon gewaar wie deurmekaar en bebloed was, met steekwonde in sy gesig. Daar was ook dames op die toneel met sy kollega, sersant Booysen, gepraat het. Terwyl hy op die toneel was, het hulle 'n radioberig ontvang dat die oorledene se voertuig in Eerstestraat staan. Hy het soontoe gery en wel gesien dat die wit Toyota Corolla daar staan. Daar was reeds ander polisielede op die toneel toe hy daar kom.



'n Verdere berig was ontvang dat een van die verdagtes gesien is by 12de Straat of in Broadlandsweg. Hy het die area gefynkam en met die eienaar van een van die persele gepraat. Hy het die persoon gevra of hy in sy erf kan soek vir 'n verdagte. Hy het ondersoek gaan instel en 'n manspersoon het onder 'n motor op die erf uitgespring en wou oor die muur spring. Die persoon het horn verset teen arrestasie en hy het met minimale geweld die verdagte onder dwang gebring. Ander polisiebeamptes het opgedaag en horn bygetaan.

Die persoon was gevisenteer en 'n gebreekte bottelkop is in die verdagte se agterbroeksak gevind asook 'n voorstuk ("face") soos tydens die verhoor na verwys is van 'n CD-speler in sy voorbroeksak. Die getuie wou verder getuig oor sekere verontskuldigende verklarings wat die verdagte aan horn sou gemaak het en die verdediging het beswaar daarteen gemaak. Daar is toe oorgegaan in 'n verhoor-binne-'n-verhoor ten einde die toelaatbaarheid van die verontskuldigende verklaring te bepaal.



Verskeie polisiebeamptes is geroep om te getuig in die verhoor-binne-'n-verhoor. Konstabel Oswald Adams het getuig oor die omstandighede waaronder beskuldigde 1 gearresteer is asook die items wat op horn gevind is. Hy het getuig dat die verdagte op die toneel wel deur die polisie ondervra was op 'n stadium wat sy regte nie aan horn voorgelees is nie. Hy het wel die verdagte se regte aan horn voorgelees by die erf asook by die polisiestasie. Die beskuldigde het die nodige vorm geteken en sy naam as Jakobus Esterhuizen aangegee, met verwysing na die vorm wat ingehandig as 'n bewysstuk waarin die beskuldigde se regte aan horn voorgelees is in terme van artikel 35(5) van die Konstitusie.

Sersant Booysen het bevestig dat hy ook die betrokke dag van 3 April 2004 by Lover's Lane was. Hy was die eerste persoon op die toneel en het met 'n manspersoon en twee dames gepraat. Nog 'n manspersoon het op die grond gele. Hy het die nodige inligting aan sy kollegas aan sy kollegas uitgesaai en hulle is kennis gestel om op die uitkyk te wees vir 'n voertuig asook die dienspistool van die oorledene.



Mnr Robert Adams, die eienaar van die erf waar beskuldigde 1 onder die voertuig gevind is, het getuig dat sy vrou horn die aand van 3 April 2004 wakker gemaak het as gevolg van 'n geraas op hul perseel. Hy en sy seun het gaan ondersoek instel en was deur die polisie ingelig dat hulle 'n verdagte soek. Hy en sy seun het 'n flits geneem en by die voertuie op sy perseel gekyk. Sy seun het geskree dat daar iemand le. Beide van hulle het weggehardloop en die polisie het die verdagte gearresteer. Die polisie het aan die verdagte gevra waar is die vuurwapen asook die verdagte geklap teen die betonmuur. Die verdagte se kop het gebloei. Hy getuig verder dat hy wel vir beskuldigde 2 ken, wie sy swaer se seun was. Blykbaar het beskuldigde 2 met sy oupa by sy woning al aangedoen op 'n vroeer geleentheid toe hy jonger was.



Godwin Peter Groenewald was ook aan diens op 3 April 2004. Hy en inspekteur Fourie is saam na Lover's Lane waar hy met persone op die toneel gepraat het. Een van die dames het inligting verskaf van die voertuig van die oorledene asook dat daar moontlik 'n vuurwapen was onder die bestuurder se sitplek. Na aanleiding van nog 'n berig is hulle na die voertuig in Eerstestraat. Hy het opgemerk dat die bestuurdersdeur oop was en dat daar bloed aan was. Hy het ook opgemerk dat die voorstse deel van die CD-speler weg was. Hulle het nog 'n berig ontvang dat 'n moontlike verdagte in die omgewing van 12de Straat gehardloop het. Hy en inspekteur Fourie is toe na 12de Straat en toe hulle daar kom, was konstabel Adams alreeds daar.



Die eienaar van die woning in 12de Straat en sy seun het met 'n flits ondersoek gaan instel en 'n persoon het onder die motor uitgespring en gehardloop. Die persoon was oproerig en hy, Adams, en Fourie het horn onder bedwang gebring. Konstabel Adams het die verdagte gevisenteer en met horn gepraat. Daar was vrae aan die verdagte gevra. Konstabel Adams het toe 'n bottelkop uit sy agtersak gehaal en horn gearresteer. Hy het opgemerk dat die persoon 'n kopbesering gehad het. Volgens horn het die persoon die besering opgedoen voor sy arrestasie.



Daniel Bezuidenhout, beskuldigde 1, het dan ook kom getuig in die verhoor-binne-'n-verhoor. Mnr Bezuidenhout het getuig dat hy Saterdag 3/4 April 2004 ongeveer drie-uur se kant was hy op die perseel van mnr Adams betrap. Hy was onder 'n voertuig op die perseel en iemand het ligte bo-op horn geskyn. Hy het onder die voertuig uitgekom en is toe deur sersant Adams geslaan met 'n vuurwapen teen sy kop. Sy gesig en klere was bebloed. Hy was onder die invloed van alkohol. Volgens horn was daar ongeveer tien polisiebeamptes op die toneel. Daar was nooit op enige stadium enige regte aan horn verduidelik nie. Hy ontken dat hy enige verklaring op die arrestasietoneel gemaak het. Die radiogesig en bottelkop was wel op horn gevind. Hy het self die items uit sy sak gehaal. Toe hy sy hande in die lug hou, was die gesig van die radio in sy hand. Die bottelkop het hy self uit sy sak gehaal en aan die polisie oorhandig by die polisiestasie. Hy het horn geensins verset teen arrestasie nie. Na sy arrestasie is hy na die hospitaal geneem waar hy 14 steke ontvang het. Hy is egter daarna weer deur sersant Pietersen aangerand. Hy was in sy gesig getrap en geskop en het die Hof in kennis gestel van die aanrandings.



Na afsluiting van die verhoor-binne-'n-verhoor het die Hof bevind dat die verontskuldigende verklaring ontoelaatbaar is. Die hoofrede vir hierdie bevinding was omdat die staatsgetuies getuig het dat geen regte aan die beskuldigde verduidelik was voor ondervraging nie. Die Hof was dus van mening dat indien dit toegelaat sou word, dit benadeling mag inhou vir die beskuldigde.



Die Hof het egter nie enige getuienis met betrekking tot die radiogesig en bottelkop uitgesluit nie. Dit was gemene saak tussen die partye dat die items wel op die beskuldigde gevind was. Die enigste geskilpunt was slegs rondom die kwessie van waar die bottelkop gevind was en of, soos die beskuldigde getuig het, hy self die bottelkop aan die polisie oorhandig het.



Artikel 35(5) van die Grondwet bepaal dat getuienis wat verkry is in stryd met die beskuldigde se handvesregte moet uitgesluit word, indien die toelating van die getuienis nadelig sou wees vir die regspleging.



In S v M 2002 (2) SASV 411 op 432 para 31 waarna die Staat tydens betoog verwys het, is as volg gese:



"Real evidence which is procured by illegal or improper means is generally more readily admitted than evidence so obtained which depends on the say-so of a witness, the reason being that it posses an objective reliability. It does not 'conscript' the accused against him in the manner of a confessional statement."

In die Kanadese besilssing van R v Collins 28 CRR 122 137 is ook die volgende gese:



"Real evidence that was obtained in a manner that violated the charter rarely operate unfairly for that reason alone. The real evidence existed irrespective of the violation of the charter and its use does not render the trial unfair."



Die Hof het dus die benadering gevolg deur die toelating van die face (radiogesig) en bottelkop.



Daar is in elk geval twyfel by die Hof of hierdie getuienis op enige onregmatige of ongrondwetlike wyse verkry is want op die beskuldigde se eie weergawe het hy self die tape uit sy sak gehaal, asook self die bottelkop oorhandig. Myns insiens was daar in die verband geen inbreukmaking op die beskuldigde se konstitusionele regte nie.



Na afhandeling van die verhoor-binne-'n-verhoor het die Staat en die verdediging ooreengekom dat die getuienis van die binneverhoor ge'i'nkorporeer moet word in die hoofverhoor. Die Hof het gevolglik gelas dat die getuienis van die binneverhoor geag deel te wees van die hoofverhoor.

Mnr Oswald Adams het sy getuienis voortgesit en afgesluit deur te getuig oor die inhandiging van die bottelkop en radiogesig. Hy het die verwysingsnommer op die radiogesig neergeskryf. Hy het die radiogesig aan een van die dames wat vroeer op die toneel te Lover's Lane was getoon en sy het dit uitgeken. Die items is ontvang in die SAP13-register. Hy getuig verder dat hy wel aan beskuldigde 1 sy regte verduidelik het en Bewysstuk M voltooi het. Beskuldigde 1 het egter 'n vals naam gegee en die vorm geteken, nadat hy die naam Jakobus Esterhuizen afgegee het.



Inspekteur Anita van Zyl het getuig dat sy op 3 April 2004 'n telefoonoproep van Avril Jafta ontvang het wie haar meegedeel het dat sy 'n radio opgetel het. Sy het die volgende dag na die woning van mej Jafta wie 'n JVC front loader radio aan haar oorhandig het. Dit was blykbaar in 12de Straat opgetel. Sy het beslag gele op die item en dit is ingehandig in die SAP13-register.



Helena Jantjies, die suster van die oorledene, het getuig dat sy en die oorledene saam in dieselfde huis gewoon het tydens sy dood. Haar ander broer, Adam, het haar gebel en haar gevra om te soek na enige kwitansies wat betrekking het op die oorledene se m otorbandspeler. Sy het die huis deursoek en 'n kwitansie gevind en aan Adam gegee. Sy het nooit die motorbandspeler gesien nie, maar het geweet hy besit een aangesien hy haar daarvan vertel het.



Mnr Adam Benjamin Jantjies is die oorledene en Helena Jantjies se broer. Hy het ontvangs geneem van die oorledene se voertuig op 17 April 2004, nadat hy die voertuig uitgeken het. Hy het egter nie ontvangs van die voertuig se sleutels geneem nie. 'n Elektrisien was horn behulpsaam om die voertuig aan die gang te kry. Hy bevestig dat hy sy suster geskakel het en versoek het om te kyk of daar enige bewysstukke is van die motorradio. Nadat hy die dokumente van sy suster ontvang het, het hy dit persoonlik aan inspekteur Williams oorhandig.



Nigel Sevant was 'n konstabel in die Suid-Afrikaanse Polisiediens tydens die voorval. Hy getuig dat op 3 April 2004 was hy aan diens en het patrollewerk verrig toe hy 'n radioberig ontvang het van 'n kaping te Eddie Thomasrylaan. Hy is na die toneel waar hy 'n beskrywing van die gekaapte voertuig ontvang het. Daar was reeds ander polisielede op die toneel.



Hy het verdere patrolliedienste verrig en uitgekyk vir die voertuig. Ongeveer een kilometer vanaf die toneel te Lover's Lane het hy die voertuig verlate gevind op die hoek van

Barracudaweg en Eerstestraat. Hy het die motor bewaar en die vingerafdrukdeskundiges ontbied. Foto's van die voertuig is geneem terwyl hy toesig oor die voertuig gehad het met die vingerafdrukdeskundiges. Hy het opgemerk dat daar bloed op die sitplekke en motorsleutel was. Die radio was vanuit die voertuig verwyder. Hy het die sleutels in die koevert geplaas en in die SAP13 oorhandig. Die sleutel is aan inspekteur Mundel oorhandig.



Inspekteur Rudolph Williams is die ondersoekbeampte in die saak. Hy het die saak op 5 April 2004 oorgeneem as ondersoekbeampte. Hy het beide beskuldigdes in die saak ondervra en na Hottentots-Holland Hospitaal geneem op 5 April 2004. Hulle is na die hospitaal om hulle bloed te laat trek vir DNA analise asook om hul beserings vas te stel. Hy was teenwoordig toe dr Labuschagne die beskuldigdes se bloed trek, verseel en in 'n forensiese sak plaas. Elke beskuldigde se bloed was afsonderlik getrek. Voor die forensiese sak verseel was, was elke betrokke beskuldigde se besonderhede en die saakbesonderhede genotuleer op die "Crime Kits". Beskuldigde 1 het 'n kopbesering gehad en beskuldigde 2 se vinger was beseer. Die dokter is tans oorsee en het geen kontakbesonderhede nie, dus kon die dokter nie in hierdie saak getuig nie.

Hy is op 'n stadium ook na beskuldigdes se woning om hulle adresse te bevestig. By beskuldigde 2 se woning het hy beslag gele op 'n T-hemp. Hy het ook beslag gele op die klerasie wat beskuldigde 1 aangehad het omdat daar beweerdelik bloed op was. Dit was 'n grorenkleurige langmou top met kappie, wit tekkies, blou Cockrell jeans en 'n donkerblou T-hemp.



Hy het die klerasie in forensiese sakke geplaas en verseel. Al die klerasie sowel as die "Crime Kits" is ingehandig as bewysstukke aan inspekteur Kies. Hy het die volgende dag nog 'n "Crime Kit" bevattende bloed van die oorledene ingehandig as 'n bewysstuk.



Al die bewysstukke was op 20 April 2004 vanaf die SAP-13 klerk, sersant Sylvester, verkry. Hy het die bewysstukke wat nie in forensiese sakke was nie, wel geplaas in forensiese sakke en per hand na die Forensiese Laboratorium te Delft geneem. Hy het 'n dekbrief opgestel en die bevelvoerder het dit geteken. Hy het meeste van die items verseel behalwe die "Crime Kits" wat deur die dokter verseel was. Die forensiese sakke is in 'n boks geplaas. Hy het die boks verseel met 'n amptelike SAP16 seel. By die laboratorium het hy 'n ontvangsbewys ontvang nadat hy die items afgelewer het.

Hy het beskuldigde 1 se identiteit bevestig deur middel van sy identiteitsdokument. Hy het later vasgestel dat beskuldigde 1 se naam valslik as Daniel Esterhuizen afgegee is.



Hy getuig verder oor verklarings wat lank na die voorval van twee dames geneem was. Hy het navraag gedoen by die bestuurder en nog 'n persoon wie in die voertuig was tydens die beweerde voorval, maar is ingelig dat die dames onbekend is aan hulle. Hy het egter self verdere ondersoek ingestel en die getuies uiteindelik opgespoor.



Maurice Wentzel werk as 'n senior gespesialiseerde hulpdiensbeampte by die Forensiese Laboratorium te Delft. Hy het getuig oor die prosedure wat gevolg word wanneer items by die laboratorium ontvang word. Hy het verskeie bewysstukke, soos uiteengesit in Bewysstuk W, ontvang in 'n verseelde toestand. Sy werk behels basies om voorlopige toetse op die items te doen vir vermoedelike bloed. Na voltooiing van sy toetse, word die bewysstukke verwys vir DNA-toetse in 'n verseelde toestand. Indien sy ondersoek voltooi is, merk hy sy items met 'n laboratoriumnommer en 'n bewysstuknommer. Die bewysstukke word in 'n koevert gesit asook in 'n bewysstuksak wat verseel word. Dit word dan in 'n dossier geplaas en verseel. Die verseelde laboratoriumsak en dossier word verwys vir DNA-ontleding indien die toetse vir vermoedelik is. Elke verseelde dossier wat vir DNA verwys word, het 'n unieke seelnommer. Die bewysstukke waarvan die vermoedelike bloed afgehaal was, word teruggestuur na die betrokke polisiestasie toe. Mnr Wentzel se getuieverklaring wat sy bevindinge uiteensit, is ontvang as Bewysstuk W.



Tydens kruisondervraging bevestig hy dat hy beide die pet en sleutels op 8 Desember 2004 ontvang het. Hy het uitknipsels op die pet verwyder wat vermoedelike bloed bevat het. Hy het met 'n depper die bloed van die sleutel verwyder en verseel. Hy getuig dat die koeverte waarin die items verseel word asook die laboratoriumdossier.



Theresa Ross, 'n inspekteur in die Suid-Afrikaanse Polisiediens het getuig dat sy aan diens was op 4 April 2004 te Strand polisiestasie. Sy was die gemeenskapsdiens-bevelvoerder en dus verantwoordelik vir alle items in die kluis. Sy bevestig dat die vorige gemeenskapsdiensbevelvoerder, sersant Cronje, aan haar vroeer oorgegee het. Die oorhandiging sluit in die oorhandiging van alle items in die kluis. Sy bevestig dat sy items wat ontvang is in die SAP13, naamlik SAP13, 314 tot 320 ontvang het vanaf sersant Cronje. Die items bly in haar bewaring totdat dit oorhandig word aan die volgende gemeenskapsdiensbevelvoerder. Sy het die volgende oggend, 5 April 2004, al die items aan inspekteur

Kies oorhandig. Sy getuig dat sy al persoon was met 'n sleutel tot die kluis en dat niemand aan die bewysstukke gepeuter het nie. Die items wat betrekking het op haar getuienis is en wat sy na verwys het, is as volg: SAP13/314; 315; 317; 319 en 324. SAP13/314 is die gebreekte bottelkop; SAP13/315 is die wit Toyota motorvoertuig en die inhoud daarvan, insluitende die sleutels; SAP13/317 is 'n wit en rooi pet en 'n wit verband met bloed; SAP13/319 is een JVC CD speler front loader sonder gesig en SAP13/324 is "Crime Kits" en klerasie.



Inspekteur Kies bevestig dat hy aanklagkantoorbevelvoerder was op 5 April 2004. Hy was aan diens vanaf sewe-uur die oggend tot sewe-uur die aand. Toe hy aan diens kom, het hy sekere bewysstukke in ontvangs geneem van inspekteur Ross, naamlik SAP13 314 tot 323. Hy het 08:30 dieselfde oggend al die items aan die SAP13-klerk, sersant Sylvester, oorhandig.



Inspekteur Williams het later aan horn SAP13/324, dit is een groen langmou "top" ingehandig. Die item is die aand oorhandig aan inspekteur Mundell. Hy het die volgende oggend, 6 April 2004, weer ontvangs van die item geneem vanaf inspekteur Mundell. Ook die items is op 6 April 2004 aan die SAP13-klerk, sersant Sylvester, oorhandig.

Inspekteur Cronje bevestig dat sy aan diens was op 3 April 2004. Sy het Bewysstuk SAP13/317, 'n pet en 'n verband, van sersant Beukes ontvang en in die kluis gebere en gesluit. Sy het aan die einde van haar skof dit aan die volgende bevelvoerder oorgedra. Terwyl die items in haar besit was, het niemand daaraan gepeuter nie. Die aans sewe-uur op 3 April 2004 het aan sy aan inspekteur Bianchi oorhandig. Op 4 April 2004 het sy weer oorgeneem die middag eenuur en Bewysstukke SAP13/314-317 en 319 is aan haar oorgedra deur inspekteur Mundell.



Inspekteur Gavin van Rensburg getuig dat hy op 3 April 2004 in diens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens werksaam was by die Plaaslike Kriminele Rekordsentrum. Sy dienste het behels om misdaadstonele te besoek en te fotografeer. Op 3 April 2004, ongeveer 03:50 die oggend het hy foto's geneem van die oorledene by Lover's Lane in die Strand.



Hy het dieselfde oggend, ongeveer vyfuur, na Eerstelaan, Strand, waar hy die oorledene se wit Toyota Corolla gefotografeer het. Hy het die voertuig verder ondersoek en vermoedelike bloedmonsters gelig vanuit die voertuig. Hy het die nodige bewysstukke versamel en verseel. Elke vermoedelike bloedmonster is in aparte koeverte geplaas en verseel met 'n unieke seel.

Die verseelde koeverte was in een bruin koevert geplaas en weereens verseel met amptelike seel A1818. Hy het die items in sy folienkas gebere en die nodige dekbriewe gedoen. Die bewysstukke is onder die dekbrief per hand deur horn na die Delft Forensiese Laboratorium geneem. Nadat hy die items ingehandig het, het hy 'n ontvangstrokie vanaf die laboratorium ontvang. Hy bevestig ook dat hy wel foto's van die oorledene by die staatslykhuis geneem het. Tydens kruisondervraging getuig hy dat hy wel probeer het om vingerafdrukke vanuit die voertuig te lig, maar nie suksesvol was nie. Toe hy by die voertuig opdaag was ene sersant Frieselaar daar. Hy het geen sleutels op die toneel gevind of hanteer nie.



Sersant Elaine Zaayman was werksaam te Strand polisiestasie op 2 April 2004. Sy het gewerk sewe-uur tot sewe-uur die oggend van 3 April 2004. Voor sesuur die oggend het sy sekere bewysstukke van konstabel Adams ontvang. 'n Gebreekte bottelkop en 'n JVC radiogesig is in verskillende koeverte verseel en ontvang as SAP13/314. Sy het die items aan inspekteur Brand oorhandig om dit in di kluis te plaas vir veilige bewaring. Die items is in oordrag die volgende skof aan inspekteur Mundell oorhandig. Tydens ontvangs van die items het sy genotuleer dat die radiogesig bloed op het.

Sersant Sylvester was tydens die voorval werksaam as die SAP13-klerk by Strand polisiestasie. Sy werk slegs Maandae tot Vrydae kantoorure. Op 5 April 2004 het sy aan diens gerapporteer. Sy en die gemeenskapsdienssentrum-bevelvoerder is saam na die kluis om items na te gaan wat oor die naweek ingehandig was. Sy het items SAP13 314-319 en 321-323 van inspekteur Kies ontvang. Sy het al die items nagegaan insluitende die voertuig wat op die perseel was. Die items was daarna gestuur na die SAP13-stoor vir veilige bewaring.



Op 6 April 2004 het sy weer nagegaan of items oorhandig was deur die nag. Sy het SAP13 324 en 325 vanaf inspekteur Kies ontvang. Op 20 April 2004 het sy verskeie items 314-319 asook 324 aan inspekteur Williams, die ondersoekbeampte, oorhandig.



Inspekteur Mundell was aan diens by die Strand polisiestasie op 3 April 2004 vanaf seweuur die oggend tot sewe-uur die aand. Toe hy aan diens kom, het hy oorgeneem by die polisiestasie. Konstabel Zaayman het sekere items aan horn uitgewys wat ingehandig was, naamlik, 'n gebreekte bottelkop en 'n JVC radiogesig. Hy het ontvangs van die items geneem. Konstabel Sevan van Gordonsbaai het die oggend SAP13 315 aan horn oorhandig. Die voertuig was gelos by Strand polisiestasie. Die motorsleutels is in 'n koevert aan horn oorhandig waarna hy dit in die kluis geplaas het.



Die middag eenuur het hy alles aan sersant Cronje oorhandig. Op 4 April 2004 was hy weer aan diens van sewe-uur die aand tot sewe-uur die oggend. As gemeenskapsdiensbevelvoerder het hy weereens oordrag geneem van items 314 tot 318 vanaf inspekteur Bianchi. Daar is nog 'n item SAP13 319 deur inspekteur Van Zyl ingehandig. Maandag, 5 April 2004, was hy weer aan diens van sewe-uur die aand tot sewe-uur die oggend. Dinsdag, 6 April 2004, was hy weer gemeenskaps­diensbevelvoerder. Inspekteur Kies het toe SAP13 324 bestaande uit klere en bloedmonsters aan horn oorgedra. Die volgende dag het hy weer die items aan inspekteur Kies oorgedra sewe-uur die oggend.



Konstabel Warren Leitch was ook aan diens as bystandspeurder te Strand op 3 April 2004. Saterdagoggend, ongeveer agtuur was hy op kantoor. Konstabel Adams het horn meegedeel dat 'n verdagte tans in aanhouding is in Strand polisieselle. Hy en sy kollega, sersant Beukes, is saam na die selle om die verdagte te ondervra en meer inligting te kry oor die saak.

Hy en Beukes het hulself voorgestel aan die verdagte. Die getuie wou blykbaar getuig oor sekere mededelings wat die verdagte of een van die beskuldigdes aan hulle sou gemaak het. Die verdediging het beswaar gemaak en daar is toe oorgegaan in 'n verhoor-binne-'n-verhoor ten einde te bepaal of 'n sekere verontskuldigende verklaring deur beskuldigde 1 wel toelaatbaar is.



Die getuie het tydens kruisondervraging erken dat die beskuldigde beseer was tydens die ondervraging. Hy het egter volgehou dat die beskuldigde se regte behoorlik aan horn voorgehou was voordat die betrokke verklaring aan hulle gemaak is deur die beskuldigde. Hy het ook erken dat sekere stellings van die sogenaamde verklaring nie in sy (Leitch) of in Beukes se verklarings verskyn nie. Beskuldigde 1 het getuig dat ondervraging plaasgevind het op 'n stadium toe hy nie van sy regte verwittig is nie. Hy was beseer, hy was vol bloed, babelas, min slaap gehad op 'n koue kaal vloer en kon nie behoorlik konsentreer nie. Sy kop het gepyn en hy was half lomerig toe Leitch en Beukes by horn was om horn te kom ondervra.



Beskuldigde 1 se weergawe oor sy toestand op die betrokke dag kon nie juis deur Leitch betwis word nie. Leitch erken dat die beskuldigde 'n besering opgedoen het. Dit is ook gemene saak dat die beskuldigde wel vroeer die oggend drank en dwelms geneem het. Die feit dat die beskuldigde se regte nie aan horn verduidelik is nie, is nie in Leitch se verklaring gemeld nie en dit is 'n kommerwekkende aspek.



Met inagneming van al die omstandighede rondom hierdie beweerde verontskuldigende verklaring, is die Hof tevrede dat die toelating van die getuienis benadeling vir die beskuldigde mag inhou en gevolglik sal lei tot 'n onbillike verhoor. Hierdie getuienis was gevolglik ook uitgesluit.



Nadat die getuienis by die verhoor-binne-'n-verhoor afgesluit was, het die Hof bevind dat enige mededelings deur beskuldigde 1 wat tydens ondervraging op 3 April 2004 deur Beukes en Leitch gemaak is aan Beukes en Leitch, wat neerkom op 'n verontskuldigende verklaring uitgesluit word as getuienis.



Konstabel Leithch het daarna sy getuienis in die hoofverhoor voortgesit. Hy het getuig dat hy en sersant Beukes beskuldigde 1 op 3 April 2004 in die selle genader het. Hy het die beskuldigde se regte aan horn verduidelik. Hulle het inligting van beskuldigde 1 ontvang en daarna is hulle na Chrisnissen Park op soek na nog 5n verdagte. Hulle het die woning van beskuldigde 2 genader en geklop. Beskuldigde 2 het self die deur oopgemaak. Voor hul hulself kon voorstel, wou beskuldigde 2 weghardloop en hulle moes horn gerusstel. Hy het homself identifiseer as Romano Carelse en bevestig dat hy bevriend is met Daniel Bezuidenhout.



Sersant Beukes het 'n pet met vermoedelike bloed op, gevisenteer as ook 'n verband wat beskuldigde 2 op sy hand gehad het. Aangesien inspekteur Beukes nie tydens die verhoor beskikbaar was nie, het die verdediging die nodige erkennings ingevolge artikel 220 gemaak met betrekking tot die inhandiging van die items deur Beukes. Die verdediging erken dus dat Beukes die pet en verband ingehandig het as SAP13 317.



Anne Margaret Morris het getuig dat sy die suster was van die oorledene Angelo Jantjies. Sy het die voertuig, soos uitgebeeld op foto's 7 en 8 uitgewys as die van die oorledene.



Die Staat het versoek om inspekteur Cronje terug te roep as getuie. Sy bevestig dat sy aan diens was op 3 April 2004. Sy bevestig ook dat sy wel vanaf sersant Beukes die pet en verband ontvang het. Tydens oordrag eenuur die middag het sy die items 314, 315 en 316 by inspekteur Mundell ontvang. Al die items was in veilige bewaring onder haar beheer. Die aand sewe-uur het sy aan inspekteur Bianchi oorhandig.

Inspekteur Bianchi bevestig dat hy op 3 April 2004 aan diens was vanaf sewe-uur die aand tot sewe-uur die volgende oggend. Hy het vanaf sersant Cronje oorgeneem en al die bewysstukke in die kluis deurgegaan. Hy bevestig dat hy Bewysstukke SAP13 314-317 oorgeneeem het vanaf sersant Cronje.



Superintendent Charlene Otto is geroep as 'n forensiese deskundige deur die Staat. Sy is 'n hoofforensiese analis by die Delft Forensiese Laboratorium en het reeds 21 jaar ondervinding in die biologiese wetenskappe. Sy dra kennis dat Maurice Wentzel sekere bewysstukke ontvang het. Sy self ontvang die verseelde dossier vir DNA analise. Sy het vyf verslae voorberei, die eerste verslag was op versoek van die Direkteur van Openbare Vervolging ten opsigte van 'n pet en kontrole bloedmonster van oorledene Angelo Jantjies. Die tweede verslag het betrekking op die pet en bloedmonster van Reagan Davids. Die derde verslag het betrekking op 'n kontrole bloedmonster van Daniel Bezuidenhout (beskuldigde 1). Die vierde verslag behels die ondersoek van verdere bewysstukke, naamlik, die motorsleutels, depper en klerasie. Die laaste verslag het betrekking op 'n kontrole bloedmonster van Romano Carelse (beskuldigde 2).

Haar hoofbevindinge wat vervat word in haar verslae, wat almal ingehandig is as bewysstukke, kan kortliks as volg opgesom word:

1. Vier persone se bloed is geanaliseer, naamlik Angelo Jantjies, Reagan Davids, beskuldigde 1 en beskuldigde 2.

2. Die bloed gevind op die denimlangbroek en T-hemp behoort aan beskuldigde 1, Daniel Bezuidenhout.

3. Romano Carelse se kontrole bloedmonster stem ooreen met die bloed wat gevind is op die pet, motorsleutels en depper. Die depper, waarna verwys word, het betrekking op die bloed wat verwyder was vanaf die handvatsel van die bestuurderskant van die oorledene se motor.



Superintendent Charlene Otto het in detail getuig oor die proses van forensiese analise asook hul kwalifiteitstoetse wat gedoen word met verwysing na hul Stargazer en Genotyper toetse. Die effek van hul stelsel is dat elke monster eintlik vier maal getoets word. Tydens kruisondervraging bevestig sy dat droe bloed nie van een voorwerp na 'n ander oorgedra kan word nie, maar dat dit wel kan gebeur indien die bloed nat is.




Na haar getuienis is die Staat se saak gesluit.

Beide beskuldigdes het daarna in hul eie verdediging getuig. Mnr Daniel Bezuidenhout het getuig dat hy op Vrydag, 2 April 2004, in die geselskap was van beskuldigde 2 by Gerhard Meyer se woning waar hulle drank gedrink het. Op 'n stadium het hy en beskuldigde 2 in die jaard gegaan en 'n witpyp gerook. Later het Michael Booysen daar opgedaag en by hulle aangesluit.



Ongeveer agtuur die aand het hulle besluit om na Survival in Sir Lowry's Pass te gaan. Daar het hulle nog biere en sterk drank gekoop en gedrink. Hy het opgemerk dat die drie dames, Marcelyn, Janine Reeners en Anneline Mars, ook daar was. Hy was nie persoonlik bekend met hulle op daardie stadium nie.



Die dames het op hul eie eenkant gedrink. Gerhard Meyer het met die dames gaan gesels en laer het die dames by hulle aangesluit en saam gedrink. Hy en beskuldigde 2 het toe twee Ecstasy's, soos hy noem, gepop. Ongeveer tienuur die aand is hulle almal, d.i. Gerhard Meyer, beskuldigde 1, beskuldigde 2 en die drie dames, vanaf Survival in Michael Booysen se kar. Michael Booysen het die voertuig bestuur. Daar was dus sewe van hulle in totaal in hierdie voertuig.


Hulle het gery na Abraham se jaard, genaam Tarentaaplaas, waar hulle nog drank gaan koop het. Hulle het daar vertoef en gedrink vir ongeveer 'n halfuur en toe besluit hulle om na Lover's Lane te gaan in die Strand. Hulle het naby die see by Lover's Lane parkeer en drank gedrink. Hy en beskuldigde 2 het toe uit die voertuig geklim en wou 'n pyp rook. Hulle kon nie vuurhoutjies kry nie en hoor musiek speel by 'n voertuig wat nie ver van hulle af geparkeer het nie. Daar het blykbaar 'n kar parkeer asook 'n bakkie in die omgewing. Die bakkie het egter verder parkeer en hulle het besluit om die kar te nader vir vuurhoutjies.



Dit was donker by die kar en die vensters was getint. Hulle het besluit om terug te gaan na hul voertuig. Daar het hulle

verder drank geniet buite die kar. Op 'n stadium het Gerhard Meyer gese dat hy garage toe wil gaan om sigarette te koop.


Hulle het vermoed dat Gerhard en Michael alleen wil wees met die dames. Hulle versoek toe vir Gerhard om van die biere by hulle te los as hulle ry. Daar is twee biere aan hulle gegee.


Hulle het die biere geneem en onder by die see op die rotse gaan staan en drink terwyl hulle vir Gerhard hulle gewag het om terug te kom.



Gerhard hulle het egter te lank gemaak en hulle twee het toe 25 besluit om die ander te voet te gaan soek by Harmony Park


omdat hulle blykbaar vermoed het dat hulle moontlik daar kon wees. Hulle het die groep egter nie opgespoor nie. Hulle het besluit om huiswaarts te stap in die rigting van Broadlandsweg. Beide van hulle woon naby Broadlandsweg. Hulle het besluit om 'n kortpad huis toe te neem deur die strate. Dit was ongeveer twee-uur die oggend. Langs die pad het hulle afgekom op 'n wit voertuig. Die voertuig se alarm was aan en die bestuurder se deur was oop. Hy het verby die kar gestap, maar beskuldigde 2 het die voertuig genader.



Beskuldigde 2 het toe agter horn aangehardloop gekom met 'n tape in sy hand. Hy het die face van die rape gevat en verder geloop. By die volgende straat het hulle 'n sirene gehoor. Hulle sien 'n polisievangwa in hulle rigting kom en hulle het in verskillende rigtings begin hardloop. Hy het in die jaard gegaan en oor 'n Vibracrete heining geklim en homself versteek onder 'n voertuig.



Hy het 'n stem gehoor dat hy onder die voertuig moes uitkom. Hy het onder die voertuig uitgekom en polisiebeamptes opgemerk. Hy is daar op die toneel deur die polisie aangerand. Hy het die face in sy hand gehou en die polisie het dit van horn geneem en horn arresteer. Toe hy by die polisiestasie kom, was daar twee dames by die aanklagkantoor. Hy het 'n bottelkop in sy agtersak gehad, wat hy uit sy eie aan konstabel Adams gegee het. Hy was beseer en het steke op sy kop ontvang. Hy is later op 'n stadium weer deur 'n polisiebeampe, ene Pietersen, aangerand. Hy ontken dat hy betrokke was by enige aanval op die persone by Lover's Lane. Hy ontken dat hy enige persone beroof het. Hy bevestig dat hy wel by sy voile positiewe was, alhoewel hy drank en dwelms ingehad het.



Romano Carelse was 19 jaar oud tydens die voorval. Hy bevestig dat hy saam met beskuldigde 1 by Gerhard se woning was ongeveer agtuur Vrydagaand, waar hulle gedrink het. Hy het alleen na Gerhard se woning gegaan, beskuldigde 1 het later by hulle aangesluit. Hy en beskuldigde 1 het 'n pyp gerook by Gerhard se woning. Michael Booysen het later daar met sy voertuig opgedaag.



Na agtuur is hulle almal weg na Sir Lowry's Pass na 'n smokkelhuis, tavern, Survival. Daar het hulle geld bymekaar gesit en dank gekoop en geniet. Later het drie dames by hulle aangesluit, naamlik Janine, Anneline en Marcelyn. Die dames het saam met hulle drank gedrink. Hy en beskuldigde 1 het Ecstasy's gepop asook 'n groenpyp gerook by Survival. Hulle het later by die voertuig gaan drink. Gerhard het voorgestel dat hulle Strand toe gaan. Al sewe van hulle, insluitende die drie dames, is toe daar weg na Abraham se jaard, by

Tarentaalplaas in die Strand. Hy het ingegaan by die smokkelhuis en nog drank gekoop. Hulle het buite die motor die drank geniet en is daarna na Lover's Lane in Strand.



In hierdie stadium was hy in 'n lekker toestand, bedoelende dat hy onder die invloed van dwelms en drank was. Hy het buite die kar gestaan en drink. Hy en beskuldigde 1 het besluit om 'n groenpyp te rook en het vuurhoutjies gesoek. Hulle het gestap in die rigting van 'n wit motorkar aan die onderkant. Die musiek het by die kar gespeel. Hulle het nie baie naby gegaan nie. Die ruite was donker. Hulle het besluit om die rokery te los en is na die groen Toyota waarmee hulle gekom het. Hulle het buite die groen Toyota gestaan en drink.



Gerhard het toe gese hulle gaan garage toe vir sigarette. Hy bevestig beskuldigde 1 se weergawe dat hulle by die rotse en water was waar hulle bier gedrink het en uiteindelik tevergeefs vir Gerhard hulle gaan soek het by Harmony Park. Hulle het besluit om huis toe te stap.



Op pad huis toe het hulle afgekom op 'n wit Toyota voertuig. Die alarm het geraas. Beskuldigde 1 het verby die motor geloop maar hy het ondersoek gaan instel. Hy het sy lyf en kop ingesteek in die voertuig en die tape uitgetrek. Hy het toe weer by beskuldigde 1 aangesluit. Beskuldigde 1 het die face

(radiogesig) geneem en hy het die rape gehou. Hulle het 'n polisievangwa gewaar en uit mekaar gehardloop. Dit was in die omgewing van Broadlandsweg en 12de en 13de Laan. Hy het die tape neergegooi omdat die vangwa aangekom het en hy het toe huiswaarts beweeg.



Saterdagoggend het twee polisiebeamptes by sy woning opgedaag. Hulle het twee caps, dit is een wit en rooi pet en 'n ander een wat blou was, van horn geneem Daar was bloed op die rooi en wit pet. Hy het verduidelik dat hy sy vinger seergemaak het by Gerhard se woning toe hy 'n bottel gebreek het om 'n pyp te rook. Hy het wel 'n pleister op die wond gesit. Hy is toe gearresteer. Hy ontken enige deelname aan die misdrywe waarvoor hy aangekla is. Hy ontken dat hy die aand sy valstande ingehad het. Alhoewel hy drank ingeneem het, was hy ten voile bewus van wat om horn aangegaan het en was hy by sy voile positiewe. Hy bevestig dat hy wel die drie dames al voorheen ontmoet het wie saam met hulle was die aand. Hy verduidelik dat sy bloed op die voertuig se handvatsel kon beland het toe hy moontlik daaraan gevat het met die verwydering van die radio.




Dit het dan die getuienis van die beskuldigdes afgesluit.

Dit is geykte reg dat die Staat die staatsaak bo redelike twyfel met bewys. In S v Asweqen 1991 (2) SASV 74 (W) op 82-83 stel Cohen, R dit as volg:



"Ek beklemtoon die woorde "reasonable possibility" en verwys in die verband na die uitspraak van Hiemstra, HR in die saak van S v Letimela 1979 (2) SA 332b op 338a-b. Daar is geen bewyslas op 'n beskuldigde om die Hof te oortuig dat sy uitleg waar is nie. As hy 'n uitleg gee, is die Hof nie geregtig om horn skuldig te bevind nie tensy hy oortuig is, nie alleen dat die uitleg onwaarskynlik is nie, maar dat dit bo redelike twyfel vals is. As daar 'n redelike moontlikheid is dat die uitleg waar is, is die beskuldigde geregtig tot sy vryspraak."



In S v Chabala 2003 (1) SASV 134 (HHA) op 139 1-140 is die volgende gese ten opsigte van die benadering wat die Hof moet volg wanneer die Hof 'n bevinding moet maak of die Staat dan wel daarin geslaag het om 'n saak bo redelike twyfel te bewys:



"The correct approach is to weigh up all the elements which point towards the guilt of the accused against all those which are indicative of his innocence, taking proper account of inherent strengths and weaknesses, probabilities and improbabilities on both sides and, having done so, to decide whether the balance weights so heavily in favour of the State as to exclude any reasonable doubt about the accused's guilt."



In nog 'n saak, S v Trainor 2003 (1) SASV 35 (HHA) op 41D-C het Navsa, AR tot die volgende slotsom gekom:



"A conspectus of all the evidence is required. Evidence that is reliable should be weighed alongside such evidence as may be found to be false. Independently verifiable evidence, if any, should be weighed to see if it supports any of the evidence tendered. In considering whether evidence is reliable, the quality of that evidence must be of necessity be avaluated, as must corroborative evidence, if any. Evidence, of course, must be evaluated against the onus on any particular issue or in respect of the case in its entirety. The compartmentalized and fragmented approach of the magistrate is illogical and wrong." (Sien ook S v Sithole 1991 SASV 585 (W) op 590F-591B).

Hierdie bogenoemde benadering is met goedkeuring in S v Mbuli 2003 (1) SASV 97 deur Nugent WnAR gevolg op 110d-e met verwysing na Moshephi and Others v R Lac 1980-1984) 57 at 59 F-H, soos aangehaal in S v Hadebe and Others 1998 (1) SASV 422 (HHA) op 426f-h:



"Doubts about one aspect of the evidence led in a trial may arise when that aspect is viewed in isolation. Those doubts may be set at rest when it is evaluated again together with all other available evidence. That is not to say that a broad and indulgent approach is appropriate when evaluating evidence. Far from it. There is no substitute for a detailed and critical examination of each and every component in a body of evidence. But, once that has been done, it is necessary to step back a pace and consider the mosaic as a whole. If that is not done, one may fail to see the wood for the trees."



Daar moes dus aan die hand van genoemde gesag na die getuienis in hierdie saak gekyk word. Die volgende aspekte rondom die gebeure op 2, 3 en 4 April 2004 is gemeensaak:



1. Op Saterdag, 3 April 2004, te Lover's Lane, Strand, is Angelo Morne Jantjies en Reagan Davids aangeval deur twee manspersone as gevolg waarvan Angelo Janjies oorlede is. Beide manspersone is met skerp voorwerpe gesteek.

2. Dat beide beskuldigdes voor die Hof op die betrokke oggend by Lover's Lane was in die geselskap van vyf ander persone, naamlik, Gerhard Meyer, Michael Booysen, Marcelyn Swanepoel, Janine Reeners en Anneline Mars, waar hulle gesellig verkeer en gedrink het in 'n groen Toyota voertuig.

3. Dat beskuldigdes voor die Hof wel op 'n stadium vanaf die groep waarmee hulle gesellig verkeer het geskei was toe Michael Boosen vanaf die toneel weggery het met Gerhard Meyer en die dames.

4. Dat beide beskuldigdes wel op 'n stadium na die betrokke wit Toyota voertuig gegaan het op 'n stadium toe dit geparkeer was te Lover's Lane.


5. Dat die oorledene se wit Toyota voertuig geabandoneer gevind was in die omgewing van Eerstestraat.


6. Dat daar dieselfde oggend 'n soektog na verdagtes was en dat beskuldigde 1 by 'n woning in 12de Straat onder 'n voertuig gevind is, en op die toneel gearresteer is.


7. Dat beskuldigde 1 op daardie stadium in besit was van 'n radiogesig wat soortgelyk is as die een wat vanuit die oorledene se voertuig verwyder is en ook dat hierdie JVC motorradio van die oorledene gevind is in die omgewing van 12de Straat. Wat ook gemene saak is, is dat beskuldigde 2 die persoon is wat hierdie JCV motorradio in die omgewing van 12de Straat neer sou gegooi het.


8. Wat ook gemene saak is, is dat die polisie beskuldigde 2 dieselfde Saterdag gearresteer het na aanleiding van inligting wat hulle van iemand ontvang het.



Die hoofgeskilpunt tussen die partye is egter wie verantwoordelik was vir die aanval op die oorledene en sy vriende. Dit is gemene saak dat beide groepe, naamlik die wit Toyota groep en die groen Toyota groep, almal vroeer die aand gedrink het voordat hulle by Lover's Lane gaan parkeer het. Reagan Davids het getuig dat veral hy baie alkohol ingehad het en dat Carla en Janice horn letterlik moes gehelp het vanaf die Ikon nagklub. Hy getuig dat hulle by Lover's Lane parkeer en "getiep" het.



Carla Coetzee identifiseer die persoon wie agter die wiel van oorledene se voertuig ingeklim het, nadat die oorledene uit die voertuig geruk is, as beskuldigde 1. Carla Coetzee het direk na die voorval beskuldigde 1 by die polisiestasie gesien en uitgeken as die persoon wie voor in die oorledene se sitplek ingeklim het.



Sy getuig dat sy nie goed kon sien wat buite die voertuig plaasgevind het nie, maar sy het slegs 'n struweling gehoor. Sy getuig dat sy omtrent een meter vanaf beskuldigde 1 was en het horn vir omtrent drie sekondes op daardie stadium waargeneem het.



Reagan Davids identifiseer beskuldigde 2 as die persoon wie horn eerste uit die voertuig getrek en gesteek het en beskuldigde 1 as die persoon wie later om gekom het om te help met die aanval op horn. Hy het ook opgemerk dat beskuldigde 2 kunstande in sy mond gehad het met goud.



Reagan Davis getuig dat alhoewel die beligting nie baie goed was nie, kon hy die beskuldigdes baie goed identifiseer omdat hulle baie na aan horn was tydens die stoeiery. Beide Carla Coetzee en Reagan Davids het die beskuldigdes in die hof as die aanvallers uitgeken. Alhoewel daar sekere beslissings is wat daarop neerkom dat hierdie tipe hof uitkenning of, soos hulle dit noem "a dock identification" nie toelaatbaar moet wees nie, word daar uiteindelik slegs 'n versigtigheids-benadering toegepas. In S v Matwa 2002 (2) SASV 350 (OK) op 356f-g het Leach, R met verwysing na beskuldigdebank identifikasie die volgende gese:



"No fixed rules can be laid down. In each and every case the judicial officer must decide upon what weight, if any, is to be afforded to the dock identification, regard being had to all the material circumstances including those prevailing when the initial observation took place as well as those under which identification in court is made."



Die riglyne wat neergele is deur die Appelhof in S v Mthetwa 1972 (3) SA 766 (A) op 768A moet altyd in gedagte gehou word:



"Because of the fallibility of human observation evidence of identification is approached by the Courts with some caution. It is not enough for the identifying witness to be honest, the reliability of his observation must also be tested, this depends on various factors such as lighting, visibility and eyesight, the proximity of the witness, his opportunity for observation, both as to time and situation, the extent of his prior knowledge of the accused, the mobility of the scene, corroboration, suggestibility, the accused's face, voice, build, gait and dress, the result of identification parades, if any, and of course the evidence by or on behalf of the accused."



Die beskuldigdes erken dat getuies Janine Reeners en Anneline Mars saam met hulle by Lover's Lane was met die groen Toyota. Die dames is bekend aan die beskuldigdes. Beide dames getuig dat die beskuldigdes wel na die wit Toyota gegaan het en dat hulle teruggekom het en 'n rapport gemaak het dat die insittendes slaap. Janine Reeners het getuig dat beskuldigde 2 sou gese het dat die insittendes tiep in die kar. Beide van hulle getuig dat daar melding gemaak is van 'n front loader. Beide het getuig dat daar melding gemaak is dat bottels gesoek was, alhoewel Anneline Mars ook getuig dat beskuldigde 2 'n skerp voorwerp gesoek het.



Beide getuig dat na hierdie mededelings en na die beskuldigdes met Gerhard Meyer en Michael Booysen in gesprek getree het, is daar 'n besluit gemaak dat hulle dan nou die toneel sou verlaat en het hulle die toneel verlaat in hierdie groen Toyota met Gerhard Meyer en Michael Booysen.



Beide getuig dat hulle geen kennis dra van 'n besluit wat gemaak was om Lover's Lane te verlaat om sigarette te gaan koop nie. Beide getuig toe hulle terugkom van hierdie rit, was die wit Toyota weg, en vind hulle die oorledene op die grond le. Annaline Mars getuig dat hulle wel daar met 'n manspersoon kommunikeer het wat hulle meegedeel het dat hulle deur twee mans aangeval is en dat dieselfde persone met die kar weggery het.



Dit is so dat Anneline Mars en Janine Reeners se getuienis nie in elke opsig ooreenstem nie. Ons howe verwag egter nie dat twee of meer getuies presies dieselfde getuienis moet afle met betrekking tot dieselfde voorval nie (S v Bruiners 1998 (2) SASV 432 op 438g-439a en S v Nvembe 1982 (1) SA 835 (A) op 842F-G).



Indien die Hof die getuienis van die wit Toyota getuies (Carla en Reagan) oorweeg met die getuies van die groen Toyota getuies (Anneline Mars en Janine Reeners), is die enigste redelike afleiding wat die Hof kan maak die volgende, naamlik, dat die persone in die wit Toyota aangeval is op 'n stadium toe die groen kar reeds weg van die toneel gery het met die insittendes wie die beskuldigdes voor die Hof uitgesluit het. Toe die groen Toyota terugkeer na Lover's Lane, het hulle op die oorledene se liggaam afgekom en was die wit Toyota weg van die toneel.



Hierdie tydslyn, dui onteenseglik aan dat die beskuldigdes wel in die area van Lover's Lane was op dieselfde stadium toe die oorledene en sy vriende aangeval is of op moontlik dieselfde stadium.



Beskuldigdes erken dat hulle nog by Lover's Lane was nadat Michael Booysen en Gerhard Meyer met die dames weggery het. Hulle het egter te lank gewag en het besluit om hulle, Gerhard Meyer, Michael Booysen en die dames, by Harmony Park te soek. Hulle het egter eers 'n paar biere op die rotse gedrink voordat hulle weg is en dit is hierdie tyd wat die Hof na verwys as daardie stadium wat daardie aanval moontlik kon plaasgevind het op die wit kar, daardie stadium wat hierdie twee getuies vir die Hof se Gerhard Meyer, Michael Booysen en die dames is weg, hulle het biere geneem, hulle het gaan staan by die rotse, hulle het 'n bietjie lank gewag. Dit is nog 'n aspek wat nie duidelik is nie, wat het die beskuldigdes bedoel toe hulle se hulle het lank gewag en toe het hulle besluit hulle gaan Harmony Park toe en daarna het hulle toe huis toe geloop.

Janine Reeners en Anneline Mars het vir die Hof 'n aanduiding gegee van min of meer hoe lank hulle weg van daardie toneel was. Janine Reeners getuig dat hulle nie lank weg was nie, hulle het blykbaar tot die bult gery en weer teruggekom het. Haar presiese woorde was "ons het net op en af gery". Anneline Mars bevestig dat hulle oor die bult was toe Gerhard aan Michael Booysen se dat hy moet omdraai om vas te stel waar die beskuldigdes is. Dit pas in by wat Janine Reeners se dat hulle het net op tot by die bult en af gery. So, die afleiding wat die Hof kan maak is dat dit kon nie te lank gewees het nie, maar beskuldigde 1 het vir die Hof op sy weergawe 'n leidraad gegee oor 'n moontlike tydslyn.



Beskuldigde 1 was tydens kruisondervraging gevra oor hierdie aspek en hy het geantwoord "Ja, Gerhard en Michael hulle het lank gemaak - hulle het te lank gemaak en toe het ons besluit om te loop, rondom daardie aspek was hy gekruisondervra en hy se dat hulle meer as tien minute vir die ander gewag het toe hulle besluit het om te loop na Harmony Park toe om hulle te gaan soek. Nou daardie tien minute is hierdie window period, dit is die periode wat die Hof van praat want indien die Hof kyk na daardie meer as tien minute wat beskuldigde 1 van praat en daardie woorde van Janine Reeners wat se ons het net op en afgery en Anneline Mars wat se ons was net oor die bult, toe se Gerhard vir Michael Booysen hy moet omdraai. Dit is mos baie duidelik dat hierdie aanval op hierdie wit Toyota tydens daardie periode kon plaasgevind het.



Wat egter belangrik is, is dat toe die groen Toyota besig was om terug te keer tydens hierdie window period wat beskuldigde 1 se, hulle het langer as tien minute gewag, hulle het lank gewag, tydens daardie periode vandag die groen kar weg is van Lover's Lane tot hulle terugkom het beide Reeners en Mars die wit Toyota gesien verbyry en dit is hoekom die Hof se, die enigste afleiding wat gemaak kan word is dat hierdie persone in hierdie wit Toyota was in daardie window periode aangeval, want toe die groen kar terugkom, toe ry die wit kar verby hulle en die Hof het nou reeds verduidelik, die groen kar was nie baie lank weg nie, hulle was net op die bult en terug en die Hof het reeds genoem op beskuldigde 1 se weergawe was meer as tien minute.



Op beskuldigdes se eie weergawe plaas hulle hulself by Lover's Lane op 'n stadium toe die aanval op die oorledene kon plaasgevind het , aangesien hulle meer as tien minute nog daar agtergebly het. Volgens Anneline Mars en Janine Reeners was hulle nie lank weg nie. Op die getuienis van Carla Coetzee en Reagan Davids het die aanval op hulle redelik vinnig geskied.

Die Hof was baie be'indruk met die getuie Anneline Mars. Sy is die enigste persoon wie nie onder die invloed van alkohol was die aand nie. Sy het haar getuienis op 'n logiese wyse afgele en die Hof het nie die indruk gekry dat sy die beskuldigdes onnodig wou inkrimineer nie. As sy nie iets gesien het nie, dan het sy dit erken. Die Staat vra die Hof om haar getuienis te aanvaar en wel te bevind dat sy 'n goeie getuie is en die Hof stem saam. Die Staat se sy was die enigste getuie wat die betrokke aand geensins onder die invloed van enige verdowingsmiddels was nie. Dit is aangevoer dat, behalwe Janine Reeners, op herhaalde kere te stel haar manier van getuienisaflegging dit weerspieel. Dit is ook aangevoer dat hierdie getuie inderdaad be'indruk het as 'n geloofwaardige en betroubare getuie. Sy het op 'n logiese en verstaanbare wye haar getuienis afgele. Sy het by haar weergawe gehou. Sy het aanvaarbare verduidelikings gegee vir sekere aspekte in kruisondervraging met haar opgeneem. Sy impliseer nie die beskuldigdes meer as wat nodig is nie. Alhoewel daar voldoende ruimte was by meer as een geleentheid vir haar om dit te kon doen. Die Hof stem saam met hierdie betoog van die Staat.



Janine Reeners was ook eerlik met die Hof en het toegegee dat sy redelik baie sterk drank daardie aand ingehad het en wat belangrik is, staaf haar getuienis die van Anneline Mars in wesenlike opsigte. Nie en van hulle was by die oorledene se voertuig nie en die vraag ontstaan dus, hoe sou hulle weet dat die insittendes in die wit Toyota slaap of "tiep". Hoe sou hulle weet dat daar 'n front loader in die voertuig was? Hul enigste bron van inligting was die beskuldigdes. Hulle het getuig dat beskuldigdes na bottels gesoek het op die toneel. Insiggewend hier word daar stawing gevind in hierdie getuienis van hulle in die mediese getuienis van dr Albertse dat 'n bottelkop moontlik die wapen was waarmee die wonde op die oorledene toegedien is. Dr Fowler se ook dat die wonde op Reagan Davids gevind is, dat dit ook moontlik met 'n gebreekte bottelkop veroorsaak kon gewees het. So, daar vind die Hof ook stawing vir hierdie aspek van hul getuienis waar hulle mekaar staaf. Die wond in die nek van die oorledene is gehawend en glasstukke was teenwoordig in die borsholte.



Die Hof is tevrede dat beide Carla Coetzee en Reagan Davids eerlike getuies is. Hulle is eerlike getuies wat na die beste van hulle vermoe probeer het om die persone wie verantwoordelik was en wie betrokke was vir die aanval op hulle, te identifiseer, maar die Hof hou in gedagte dat dit is so, dat selfs 'n eerlike getuie 'n bona fide fout kan maak met 'n uitkenning. Die Hof is egter tevrede dat daar verskeie vertrouenswaarborge is vir hulle uitkenning.

Hulle het die beskuldigdes op die toneel geVdentifiseer. Hul aanvallers was baie na aan hulle en hulle het genoegsame geleentheid gehad om die aanvallers waar te neem. Carla Coetzee het noukeurig beskryf wat albei aanvallers gedoen het en hoe die een om die voertuig beweeg het om by die ander aan te sluit. Sy het beskuldigde 1 in sy gesig gekyk toe hy omgedraai het in haar rigting vanuit die bestuurdersitplek. Reagan Davids was in 'n geweldadige struweling met sy aanvaller betrokke en was letterlik bo-op sy aanvallers. Hy het die aanvallers van gesig tot gesig gesien. Ook hy verduidelik hoe die persone die aanval geloods het en dat beskuldigde 2 die persoon is wat horn eerste uit die voertuig getrek het en in sy nek gesteek het en dat beskuldigde 1 daarna aangesluit het.



Hy staaf Carla Coetzee se weergawe dat beskuldigde 1 die persoon is wie om die voertuig beweeg het en vir beskuldigde 2 kom help het. Verder bevestig hy dat beskuldigde 1 'n mussie opgehad het wat op 'n stadium van sy kop afgeval het, en dat hy sekere wonde aan die agterkant en bokant van sy kop waargeneem het. Beskuldigde 1 erken self dat hy 'n mussie op sy kop gehad het die betrokke dag.

Laastens getuig Reagan Davids dat beskuldigde 2 kunstande met goud ingehad het wat skitter in die nag. Hierdie kenmerkende aspekte was bevestig deur Anneline Mars en Janine Reeners wat in die beskuldigde se geselskap was die aand. Hulle sal mos nou weet of beskuldigde 2 kunstande ingehad het op hierdie betrokke dag.



'n Verdere getrouheidswaarborg vir die uitkenning van Carla Coetzee en Reagan Davids is die getuienis van Anneline Mars en Janine Reeners dat die beskuldigdes belangstelling in die voertuig getoon het, wel na die voertuig gestap het en hul algemene optrede die aand. Die Hof is dus tevrede dat hul uitkennings voldoen aan die riglyne soos neergele in S v Mthetwa.



Die beskuldigdes erken dat hulle die aand by Lover's Lane was, maar voer aan dat hulle nie op die toneel was tydens die aanval op die oorledene nie. Hulle getuig verder dat hulle bloot per toeval die aand op die oorledene se voertuig afgekom het en dat beskuldigde 2 die radiobandspeler en gesig uit die voertuig verwyder het. Toe hulle die polisievangwa die aand gewaar het, het hulle weggehardloop omdat hulle die items op hulle gehad het.

Ten einde 'n bevinding te maak of die weergawes van die beskuldigdes redelik moontlik waar is, moet die hof die geloofwaardigheid van die beskuldigdes bepaal. Die Hof moet dus die beskuldigdes se weergawes teen die waarskynlikhede toets. By die evaluering van hul weergawe maak die Hof die volgende bevindinge en kom tot die volgende slotsom:

1. Die weergawe van die beskuldigdes dat hulle die oorledene se wit Toyota genader het met die doel om vuurhoutjies te soek om 'n pyp te rook, is uiters verdag. Die beskuldigdes het blykbaar van plan verander nadat hulle by of naby die voertuig was. Nie een van die beskuldigdes kon 'n aanvaarbare verduideliking hiervoor gee nie en het duidelik klei getrap toe hulle hieroor gekruisondervra is.

2. Die beskuldigdes se weergawe dat Gerhard Meyer en Michael Booysen uit die bloute uit besluit het om met die drie dames weg te ry vanaf Lover's Lane, sonder om enige verduideliking aan hulle te gee is hoogs onwaarskynlik. Die groep persone was alreeds heel aand saam. Waarom sal daar nou by Lover's Lane besluit word om slegs die beskuldigdes nou vroegoggend op hierdie onheilige tyd te abandoneer sonder vervoer. Die Hof vind beskuldigdes se weergawe hoogs onwaarskynlik dat die twee mans kwansuis alleen sou wou wees met drie dames. Dit maak nie sin nie. Dit sou baie meer aanvaarbaar gewees het indien hulle daar weggery het in 'n kar met twee dames en twee mans, maar daar was definitief 'n vyfde wiel aan die wa hier en dit is hoekom die weergawe van die beskuldigdes nie sin maak nie en dit was ook so bevraagteken deur die dames - Anneline Mars wat gevra het wie moet nou vir wie vat.



3. 'n Mens sou redelikerwys verwag het dat Gerhard Meyer of Michael Booysen met hulle sou kommunikeer het oor waarheen hulle gaan, of die beskuldigdes vir hulle moet wag en of die beskuldigdes Newer huis toe moes loop - dit is nou as Booysen en Meyer werklik met die dames sou verdwyn het om te vry, maar die beskuldigdes is net daar op die toneel gelos, dit het net in die lug gehang. Beskuldigdes het nie geweet kom hulle terug, kom hulle nie terug nie, moet ons huis toe loop, moet ons nie huis toe loop nie. Indien 'n mens logies hierdie saak uitredeneer, sou 'n mens eintlik verwag dat indien Meyer en Booysen alleen saam met van die dames wou wees, sou hulle eers die beskuldigdes gaan aflaai het by hulle huise want die beskuldigdes woon blykbaar nie ver van Lover's Lane af nie. Hulle se hulle bly naby Broadslandsweg af en 'n logiese argument is, indien jy alleen wil weet met die dames, daar is klaar 'n vyfde wiel, raak ontslae van die een en die twee beskuldigdes kan vry.



4. Die beskuldigdes se weergawe dat hulle op pad huis toe vanaf Lover's Lane per ongeluk afgekom het op die wit Toyota Corolla is uiters verdag. Dit is egter so dat beskuldigde 1 'n verduideliking moes gee vir sy besit van die face en hierdie verduideliking wat hulle voorhou en dit is dat hulle per ongeluk (onduidelik) as om byvoorbeeld te erken ja, ons het mense aangeval by Lover's Lane, ja, ons het hierdie tyd daar - ons het die voertuig geneem en toe het ons die tape geneem. Dit is baie meer gunstiger om te se ons het langs die pad per ongeluk op hierdie kar afgekom. Beskuldigde 2 het sy lyf ingesit en die items geneem. Beskuldigde 1 was op heterdaad betrap met die face en hy moet 'n verduideliking daarvoor gee.

5. Die polisie is baie gou na die voorval op die toneel en het onmiddellik 'n berig van moontlike verdagtes opgevolg. Dit is inderdaad 'n groot toeval dat 'n persoon, beskuldigde 1, wie wel by Lover's Lane was, wie wel by die wit Toyota voertuig was, kort na die voorval homself versteek onder 'n voertuig en in besit gevind word van 'n face wat uit dieselfde wit Toyota voertuig gesteel is. Wat is die kans van so 'n toeval?



Beide beskuldigdes weerspreek mekaar oor waar hulle uit mekaar uit sou gegaan het toe hulle die polisie gewaar het. Romano Carelse getuig dat hy die tape neergegooi het omdat hy die vangwa sien aankom het. Dit was blykbaar in die omgewing van 12de en 13de Laan.



Daniel Bezuidenhout het getuig dat hulle die sirene van die polisie in die volgende straat (vanaf Eerstestraat waar die voertuig gestaan het) gehoor het en daar uit mekaar is. Beskuldigde 2 het egter probeer om sy weergawe aan te pas ooreenkomstig beskuldigde 1 se weergawe, maar het nie daarin geslaag nie. Die beskuldigdes probeer die Hof mislei om hul weergawes te versterk dat hulle per ongeluk op die wit Toyota afgekom het en dus nie met die moord op die oorledene verbind is nie en die aanval op Reagan Davids of op die Toyota of enige ander wyse.



Na sy arrestasie het beskuldigde 1 onmiddellik beskuldigde 2 aan die polisie uitgewys en is hy gearresteer. Waarom beskuldigde 2 betrek indien beskuldigde 1 bewus is dat hy is nou slegs gearresteer omdat hy in besit van hierdie face en bottelkop was. Die Hof dink dit is 'n redelike afleiding om te maak dat beskuldigde 1 was terdee bewus oor hoe hulle in besit gekom het van hierdie radiogesig en dat hy bewus is van wat afgespeel het by Lover's Lane en dat hy toe besluit het maar hy gaan nie alleen aan die pen ry nie en hy het toe besluit maar hy gaan nou se wie saam met horn was en hy het dit ook so gedoen, want wie anders het dan nou die polisie gestuur na beskuldigde 2 toe.



Die Hof aanvaar die getuienis wat aangebied was met betrekking tot DNA. Beskuldigde 2 se bloed is op twee plekke in die oorledene se voertuig gevind, naamlik, op die motorsleutel en die handvatsel van die bestuurdersdeur. Hierdie DNA uitslae dui bo redelike twyfel aan dat beskuldigde 2 wel aan die sleutel en handvatsel moes gevat het en dus die voertuig moes bestuur het die aand.

Die DNA getuienis is dus verdere waarborg vir die betroubaarheid van die Staat se weergawe. Die beskuldigdes se weergawe, veral gesien teen die agtergrond van die gebeurtenisse en getuienis wat deur die staatsgetuies geskets word, is vergesog en 'n versinsel en word sonder huiwering as vals verwerp.



Wanneer die Hof dus die onbetwiste feite en getuienis oorweeg is die geheelbeeld van die masaic as volg:

1. Beide beskuldigdes was saam met die groen Toyota met Gerhard Meyer en Michael Booysen, Anneline Mars, Janine Reeners en Marcelyn die aand by Lover's Lane.

2. Beskuldigdes het die wit Toyota genader, teruggekom en aan die groep melding gemaak van die front loader en mags .

3. Gerhard Meyer en Michael Booysen het die toneel met die dames verlaat. Die beskuldigdes het agtergebly met die doel om terug te gaan na die voertuig.

4. Beskuldigde 1 en 2 het die aanval op die insittendes van die Toyota voertuig geloods, soos getuig deur Carla Coetzee en Reagan Davids.

5. Die beskuldigdes het toe die oorledene van sy voertuig beroof en van die toneel weggery. Op pad het hulle verby die ander groep in die groen Toyota gery en die toeter geblaas.

6. Die radio en voorstuk/face is vanuit die voertuig verwyder en die voertuig is in Eerstestraat abandoneer.

7. Beskuldigde 1 is in die omgewing van 12de en 13de Straat deur die polisie gewaar waar hy homself onder 'n voertuig in 'n erf versteek het. Beskuldigde 2, wie die tape neergegooi het in 12de Straat het daarin geslaag om weg te kom.



Die Hof is tevrede dat die Staat wel daarin geslaag het om die skuld van die beskuldigdes bo redelike twyfel te bewys. Beskuldigdes erken dt hulle by Lover's Lane was op die dag van die voorval, insluitende die lang tyd wat hulle vir Gerhard-hulle gewag het om terug te kom met die dames. Daar was dus 'n geleentheid vir hulle in die afwesigheid van die ander om die wit Toyota aan te val. Hulle is positief deur Carla Coetzee en Reagan Davids uitgeken as die aanvallers. Lede van hul eie groep Anneline Mars en Janine Reeners het gesien hulle nader die wit Toyota, dat hulle opgewonde terugkom, dat hulle bottels gesoek het en met die ander gepraat het oor die insittendes wat slap of "tiep", die front loader en mags.

Daar is hoegenaamd geen rede of motief waarom hul eie geselskap hulle valslik sal inkrimineer nie. Beide beskuldigdes erken dat hulle in besit was van die radiobandspeler en face onderskeidelik.



Kort na die aanval is die radiobandspeler in 12de Straat gevind waar beskuldigde 2 dit gegooi het. Kort na die voorval is beskuldigde 1 op heterdaad in 'n perseel in 12de Straat gevind waar hy homself versteek het. Die face is daar op horn gevind. Al hierdie getuienis dui oorweldigend op beskuldigdes se betrokkenheid by die misdade. Al die individuele stukke van die mosaic/legkaart dui daarop indien die prent in geheel gesien word.



Selfs al sou die Hof fouteer oor die betroubaarheid van die identifikasiegetuienis van Carla Coetzee en Reagan Davids, is die Hof van mening dat die omstandigheidsgetuienis so sterk is dat die enigste redelike afleiding wat gemaak kan word, is dat die beskuldigdes die persone is wie die aanval op die oorledene en sy vriende geloods het en die voertuig beroof het. Die enigste redelike afleiding is dat die oorledene en Reagan Davids op die grusame wyse aangeval is met die doel om hulle te dood.

Daar is geargumenteer dat die beskuldigdes nie aan opsetvorm dolus directus skuldig bevind moet word nie. Sien in die verband S v Sigwala 1967 (4) SA 566 (A) op 570d-e. Die Hof kan dus by wyse van afleiding uit die bewese feite die subjektiewe bedoeling van die beskuldigdes bepaal. Die beskuldigdes het die oorledene met 'n skerp voorwerp, 'n bottelkop aangeval. Dr Albertus het getuig dat daar baie na die oorledene gesteek is. Die oorledene is verskeie male gesteek in sy nek, skouer en ander dele van sy liggaam. Reagan Davids is op 'n lewensgevaarlike plek gesteek, onder andere, op sy wenkbrou, linkerkant van nek, regterkant van sy kaak en kop.



In S v Jibiliza 1995 (2) SASV 677 (A) op 679 het Howie AR die volgende bevind:



"In my view the cumulative impact of the Appellants words and conduct and the nature of the weapon he used, taken together with the site, number and nature of the wounds and the Appellant's failure to explain his acts and intentions, compels the conclusion, as the only reasonable inference, that he killed the deceased with direct intent."

As daar gekyk word na die modus operandi van die aanval, waar 'n persoon wat slaap en "tiep" onverhoeds aangeval word, asook na die ligging van die wonde in die nek, en die feit dat die oorledene nie slegs een maal gesteek is nie, maar meer male. Die dokter getuig dat die mate van geweld groot was en dat die nekwonde aanduidend is van aggressiewe en ernstige geweld. Die Hof bevind derhalwe dat die enigste redelike afleiding wat inderdaad uit die feite van hierdie saak gemaak kan word met betrekking tot die beskuldigdes se subjektiewe opset, is dat hulle inderdaad dolus directus gehad het.



Wat betref die verskaffing van 'n valse naam deur beskuldigde 1, aanvaar die Hof die weergawe van die Staat. Beskuldigde erken dat hy wel Bewysstuk N geteken het. Dit is hoogs onwaarskynlik dat konstabel Adams uit eie inisiatief enige naam daar sou aanteken.




Gevolglik is die Hof se bevindings as volg:



Beskuldigde 1 word skuldig bevind aan:

Aanklag 1 - Moord

Aanklag 2 - Poging tot Moord

Aanklag 3 - Roof met verswarende omstandighede

Aanklag 4 - Oortreding van artikel 41(2) van Wet 51 van 1977,


verstrekking van 'n valse naam aan 'n vredesbeampte.

Beskuldigde 2 word skuldiq bevind aan:

Aanklag 1 – Moord

Aanklag 2 - Poging tot Moord

Aanklag 3 - Roof met verswarende omstandighede


GOLIATH, R