South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2009 >>
[2009] ZAWCHC 37
| Noteup
| LawCite
Bezuidenhout v S (A218/08) [2009] ZAWCHC 37 (13 February 2009)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER: A218/08
DATUM: 13 FEBRUARIE 2009
In die saak tussen:
RODNEY BEZUIDENHOUT Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
TRAVERSO. ARP
Die appellant in hierdie aangeleentheid was aangekla in die streekhof te Blue Downs tesame met 'n mede-beskuldigde, ene 20 Igsaan Abrahams op ses aanklagte. Die eerste aanklag was een van roof met verswarende omstandighede deurdat hulle na bewering vir ene Ronald Davids en Adril Fortune beroof het van hulle voertuig. Dit was 'n kaping.
Die tweede klagte was een van menseroof deurdat die appellant na bewering vir Ronald Davids van sy vryheid ontneem het en horn geblinddoek het; horn daarna in 'n motorvoertuig geneem het na Seekoeivlei waar hy vrygelaat is.
Klagtes 3, 4 en 5 het betrekking op oortredings ingevolge artikel 2 van Wet 75 van 1969, naamlik besit van vuurwapens en ammunisie. Klagte 6 was 'n verdere klagte van menseroof deurdat die appellant en sy mede-beskuldigde Adril Fortune 10 van sy vryheid ontneem het deur horn te forseer om saam met hulle in die afleweringswa te ry vanaf Blackheath na Grassy Park.
Op 3 Julie 2003 het die appellant op al ses klagtes onskuldig 15 gepleit. Hy het nie sy verweer aan die Hof openbaar nie.
Die Staat het vele getuies geroep, Ek is nie van voorneme om hulle getuienis in detail in hierdie uitspraak te bespreek nie. Hulle getuienis is volledig in die uitspraak van die Hof a quo opgesom en ek glo nie dat dit enige doel sal dien vir my om dit weer hierin te herhaal nie. Ek sal net kortliks op die volgende feite wys: Die twee klaers, Ronald Davids en Adril Fortune, was op hulle pad Piketberg toe vanaf hulle werksplek in Blackheath om sigarette te gaan aflewer. Hulle het die afleweringsvoertuig van hulle werkgewer bestuur en dit was 'n
Mercedes Benz trok. Nie ver van Commodore Distributors, waar hulle werksaam was, was hulle by 'n vierrigtingstopstraat voorgekeer deur iemand wat horn as 'n verkeersbeampte voorgedoen het. Die klaer, Ronald Davids, het uit die voertuig 5 geklim en het 'n bespreking gehad met die verkeersbeampte aan die agterkant van die afleweringswa. Hy was versoek om sy identiteitsdokument te toon aan die verkeersbeampte, maar in stede daarvan om te kyk na die identiteitsboekie, het die verkeersbeampte horn gegryp en horn in die Husky voertuig 10 gedruk waarna hy geblinddoek is. Hy is uiteindelik by Seekoeivlei uit die voertuig gelaat waar hy deur lede van die publiek gehelp is.
Adril Fortune was steeds in die afle we rings voertuig toe 'n 15 onbekende persoon na die passasierskant van die voertuig gekom het, 'n vuurwapen op horn gerig het en horn gevra het om oor te skuif. Kort hierna het die verkeersbeampte in die voertuig ingeklim en bestuur.
Die appellant, wat in persoon verskyn het, het tydens argument aangevoer dat hy nie eers kan bestuur nie en dat hierdie getuienis dus sonder enige substansie is. Soos vele van sy argumente is dit aspekte wat nooit geopper was in die Hof a quo nie.
Mnr Fortune was daarna beveel om te le op die vloer en 'n hemp is oor sy kop gegooi, gevolglik kon mnr Fortune nie sien in watter rigting hulle gery het nie en was nie seker oor waarheen hulle gegaan het nie. Op 'n stadium het die voertuig 5 tot stilstand gekom en kort daarna was mnr Fortune uit die voertuig uitgehaal deur polisiebeamptes en op daardie geleentheid het hy opgemerk dat mnr De Freitas, wat ook werk by Commodore Distributors, teenwoordig was.
Mnr De Freitas het getuig dat op die oggend van die insident hy die werkspersele verlaat het kort na die twee klaers. Toe hy by die vierrigtingstop gearriveer het, het hy opgelet dat hulle afleweringsvoertuig geparkeer was op die rand van die pad wat vir horn eienaardig was. Toe hy verbygery het, het hy opgelet dat die verkeersbeampte besig was om te praat met mnr Davids. Hy het besluit om te gaan kyk wat aangaan en het teruggedraai ten einde dit te gaan vasstel. Hy het toe opgelet dat die verkeersbeampte die afleweringsvoertuig bestuur het en dat Ronald Davids gedruk was in die voertuig.
Mnr De Freitas het toe besef dat daar 'n kaping aan die gang is. Hy het onmiddellik sy werk gekontak asook die polisie en aan hulle die situasie verduidelik. Hy het daarop die afleweringswa gevolg tot in die Grassy Park area waar hy opgelet het dat daar 'n polisievoertuig is.
Dit is gemene saak dat die appellant en mede-beskuldigde gearresteer was in die area baie naby aan waar die afleweringsvoertuig tot stilstand gekom het. Die appellant was inderdaad in 'n kerk gearresteer en toe hy deursoek is, is 5 daar 'n selfoon op horn gevind wat later deur mnr De Freitas geVdentifiseer is as die selfoon wat behoort aan sy werkgewer, Commodore Distributors. Ook in die kerk is die blou hemp en ander items, soos 'n geweer en geweerhouer gevind.
Die appellant het tydens argument aangevoer dat daar geen selfoon op horn gevind is nie en sy getuienis in die Hof a quo was ook dat hy nie in die kerk gearresteer was nie. Hierdie is aspekte wat nooit aan die getuies gestel is en nooit in geskil geplaas is tydens hulle getuienis nie.
Die appellant self het getuienis afgele in die Hof a quo. Hy het aan die Hof 'n verduideliking gegee van hoe hy in die area beland het. Volgens horn het hy en 'n vriend in 'n voertuig gery om te gaan Mandrax koop. Die voertuig het toe sonder brandstof gaan staan en hy het toe op sy eie gestap na 'n huis om te gaan Mandrax tablette koop. Op pad terug het hy gesien dat daar polisievoertuie is en dat daar verskeie polisiebeamptes is. Hy het geglo dat hulle horn moontlik mag gesien het toe hy ingegaan het in die huis waar hy die Mandrax tablette gaan koop het en hy was dus bang dat hulle hom sou deursoek en het gevolglik weggehardloop en was toe gearresteer.
Na my mening is die enigste geskil tussen die Staat en die 5 appellant of die appellant korrek geTdentifiseer is. Sy mede-beskuldigde was vrygespreek aan die einde van die saak op die basis dat daar 'n redelike twyfel bestaan het oor sy identiteit.
Wat betref die appellant is die omstandighede egter heeltemal verskillend. In die geval van die appellant was hy nie alleen positief geTdentifiseer op 'n uitkenningsparade nie, maar ook deur verskeie ander getuies. Die selfoon van die klaer se werkgewer was op sy persoon gevind en klere wat die beskrywing pas van wat hy aangehad het, asook die geweer en die geweerhouer, was gevind in die kerk waar hy gearresteer is. Daar is gevolglik stawing vir die getuies se identifikasie van hom.
Ek glo ook dat in die lig van die geloofwaardigheidsbevindings wat die landdros gemaak het, wat die geleentheid gehad het om al die getuies onder oe te he, die landdros korrek was om te bevind dat sy identiteit bo redelike twyfel vasgestel is. Maar wat betref klagtes 4 en 5, het mnr Appels heeltemal korrek toegegee dat die Staat nie voldoende getuienis aangebied het om die skuldigbevindings ten opsigte van daardie klagtes te regverdig nie.
Wat betref klagte 3, het mnr Appels geargumenteer dat daar 5 voldoende getuienis is om 'n skuldigbevinding aan 'n oortreding van artikel 2 van Wet 72 van 1969 te regverdig dat die appellant gevind is in besit van 'n vuurwapen, die maak waarvan onbekend is. Ek is egter nie tevrede dat daar voldoende getuienis was nie, beide mnr De Freitas en 10 inspekteur Manga het inderdaad getuig dat hulle die appellant met 'n vuurwapen in sy besit gesien het, maar dit gaan nie verder as dit nie, hulle kon nie bevestig of dit inderdaad 'n vuurwapen was of voorwerp wat lyk soos 'n vuurwapen nie.
In die omstandighede is ek tevrede dat die skuldigbevindings ten opsigte van klagtes 3, 4 en 5 tersyde gestel moet word.
Dit bring my by die kwessie van vonnis. Hierdie was 'n saak wat geval het binne die bepalings van die Wet op Minimum Vonnisse, no. 105 van 1997. Ten opsigte van klagte 1 is die voorgeskrewe minimum vonnis 15 jaar. Die landdros het versigtig die vonnis oorweeg en veral in aanmerking geneem dat die appellant reeds sedert 2000 in die gevangenis aangehou was en gevolglik het die landdros 'n vonnis van agt jaar gevangenisstraf opgele ten opsigte van klagte 1.
Hierdie Hof is nie by magte om in te meng met 'n vonnis tensy daar wanvoorligting was aan die kant van die landdros of tensy hierdie Hof tevrede is dat die vonnis buitensporig swaar is nie.
Ek kan geen wanvoorligting aan die kant van die landdros bespeur in die uitspraak nie en daar kan verseker nie gese word dat die tydperk van gevangenisstraf buitensporig swaar is nie.
Wat betref klagtes 3, 4 en 5, is dit egter duidelik dat daardie vonnis tersyde gestel moet word.
Wat betref klagtes 2 en 6, het die landdros gelas dat die vonnisse ten opsigte daarvan samelopend uitgedien sal word. 15 Weereens kan hierdie vonnisse wat hier opgele word nie as buitensporig swaar aangedui word nie. Die effek daarvan is dat wat betref klagtes 2 en 3 daar 'n tydperk van drie jaar gevangenisstraf opgele is. Na my mening, moet hierdie vonnisse bekragtig word.
In die omstandighede glo ek dat die volgende bevel gemaak sal word: Die appel ten opsigte van klagtes 3, 4, en 5 slaag en die skuldigbevindings en vonnisse word tersyde gestel. Behoudens voorgaande, word die appel van die hand gewys.
Die skuldigbevindings en vonnisse opgele ten opsigte van klagtes 1, 2 en 6 word bekragtig.
NDITA, R: Ek stem saam.
NDITA, R
TRAVERSO, ARP: Dit word so beveel.