South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2009 >>
[2009] ZAWCHC 39
| Noteup
| LawCite
Sweni v S (SS88/1992) [2009] ZAWCHC 39 (24 February 2009)
Download original files |
UITSPRAAK
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS88/1992
DATUM: 24 FEBRUARIE 2009
In die saak tussen:
SINDILE SWENI APPLIKANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
UITSPRAAK
(Aansoek vir verlof om te Appelleer)
TRAVERSO. D J P:
Hierdie is 'n aansoek vir verlof om te appelleer teen die skuldigbevinding en vonnis opgele deur my eertydse kollega, Berman, R. Die applikant is skuldig bevind op 2 Februarie 1993 en gevonnis op 17 Februarie 1993.
Die applikant voer aan dat hy op 'n stadium wou ontslae geraak het van sy regsverteenwoordiger, maar dat die Hof horn nie daardie tyd gegun het nie en gese die saak moet eers klaarmaak en dan kan hy vir horn 'n nuwe regsverteenwoordiger kry. So 'n versoek verskyn nerens in die rekord nie.
Die appellant het voorts 'n bekentenis afgele waarin hy homself verbind met die misdaad. Hy ontken vandag dat hy so 'n bekentenis afgele het, maar dit is op rekord. Dit is na mening heeltemal verstaanbaar dat sy destydse regsverteenwoordiger, 5 mnr Mark Badenhorst, toegegee het dat die Staat die saak teen die applikant bewys het bo redelike twyfel. Na my mening is daar wat die skuldigbevinding betref, geen meriete hoegenaamd in hierdie aansoek nie.
Dit bring my by die kwessie van vonnis. Hierdie misdryf is 'n baie ernstige misdryf en dit was in die dae toe daar ongelukkig nog 'n doodsvonnis was en die regter het selfs oorweeg om 'n doodsvonnis op te le. Hy het dit egter nie gedoen nie omdat hy al die versagtende omstandighede wat daar was in ag
geneem het. Ek is tevrede dat ook wat betref vonnis, die regter hom glad nie wanvoorgelig het nie en hierdie Hof is dus nie by magte om in te meng met die vonnis nie. En na my mening bestaan daar geen redelike vooruitsig dat 'n ander hof tot 'n ander gevolgtrekking sal kom nie.
In die omstandighede word die aansoek van die hand gewys.
TRAVERSO, A D J
/...