South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2009 >>
[2009] ZAWCHC 43
| Noteup
| LawCite
Daniels v S (A550/2008) [2009] ZAWCHC 43 (27 February 2009)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A550/2008
DATUM: 27 FEBRUARIE 2009
In die saak tussen:
THEODORE DANIELS Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
VAN PER MERWE, WnR:
Die appellant is op 11 September 2008 in die Streekhof te Wynberg aan die misdaad van huisbraak met die opset om te steel en diefstal skuldig bevind. Die appellant is gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf en die Hof a quo het gelas dat hierdie vonnis moet saamloop met 'n reeds opgelegde opgeskorte vonnis, indien daardie vonnis in werking gestel sal word. Die appellant kom nou in hoer beroep teen die vonnis
wat horn opgele is.
Die appellant het skuldig gepleit in die Hof a quo en sy regsverteenwoordiger het 'n verklaring ingevolge artikel 112(2) van die Strafproseswet, Wet 51 van 1977, soos gewysig, 5 voorberei, uitgelees en ingehandig as Bewysstuk A. Dit verskyn op bladsy 16 van die rekord en lees soos volg:
"I understand the charge against me and plea guilty to the charge. I am pleading guilty freely and voluntarily without undue influence. The following facts are within my knowledge and admitted by me: On the 10th of June 2008 and at or near Rondebosch in the regional division of the Western Cape, I did unlawfully and with intend to steal break open and enter the residence of Anthony Abrahams and did then and there wrongfully and intentionally attempt to steal the following items and personal goods, the property or in the lawful position of Anthony Abrahams.
On the 10th of June 2008, I went to the complainant, Anthony Abrahams' house. I jumped over the wall and proceeded towards the house. I went to the glass door and broke out the glass with a screwdriver. I then entered the house and removed various items from the house and placed it in the yard. I then put the cell phone in my pocket. 1 walked towards the gates in order to see if environment was clear and whether it was safe for me to remove the items from the yard. As 1 opened the gate, I was caught by the ADT security guard. I admit the following: I had the intention to break and enter the resident (should read the residence) of the complainant. I wanted to steal the items of the complainant which was one portable harddrive valued at R1 500, One Petcell LAD head torch (red), valued at R200 and one Motorolla cell phone valued at R1 000. I had no right of permission to act in the manner in which I did. During the commission of the defence, I knew that my actions were wrongful and unlawful and that I could be punished by a court of law. I am sorry for my wrongful actions."
Mnr Loots, wie vandag namens die appellant verskyn, het in paragraaf 1.3 van sy geskrewe betoogshoofde aangevoer:
"That the conviction on the basis of this statement can be doubted and it would seem that the statement would only justify a conviction on the attempted offence."
Hy het hierdie argument nie verder geneem in sy mondelinge betoog nie. Ek stem nie saam met horn nie. Ek is van mening dat die toeeieningshandeling voltooi was en dat die appellant 5 korrek aan die ten laste gelegde misdryf skuldig bevind is.
Dit is geykte reg dat die vonnis binne die diskresie van 'n verhoorhof val en 'n hof van appel sal slegs inmeng indien sodanige diskresie op 'n onbehoorlike of 'n onredelike of 10 on bi 11 ike wyse uitgevoer was. Ten einde te bepaal of die diskresie op 'n onbehoorlike wyse uitgevoer was, moet bepaal word of die verhoorhof 'n mistasting begaan het of indien die vonnis van so 'n aard is dat die hof van appel dit nie sou opgele het nie.
Die ople van 'n gepaste vonnis vereis 'n gebalanseerde oorweging van die dader se persoonlike omstandighede, die aard en erns van die misdryf asook die belange van die gemeenskap. Enige oor- of onderbeklemtoning van enige van
bogenoemde faktore stel 'n mistasting daar. Dit word deur mnr Loots, namens appellant, betoog dat die verhoorhof gefouteer het deur die aard en erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap oor te beklemtoon ten koste van die persoonlike omstandighede van die appellant. Hy betoog ook voorts dat die vonnis ontstellend onvanpas is.
Die appellant is 22 jaar oud. Hy is nie getroud nie, maar woon al die afgelope vyf jaar saam met die moeder van sy kind. Hy het skolasties slegs tot st.6 gevorder en het 'n vaste 5 werk gehad toe hy die misdryf gepleeg het. Die verhoorhof het bevind dat sy persoonlike omstandighede inderdaad gunstig is as 'n mens vir 'n oomblik vergeet van die vorige veroordeling wat hy het.
Appellant se vorige veroordeling is een vir die besit van vermoedelik gesteelde eiendom en die misdryf het hy gepleeg gedurende 2003 en hy is dieselfde jaar daarvoor gevonnis tot 'n boete van R1500 of vier maande gevangenisstraf en ses maande gevangenisstraf, wat opgeskort is vir vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan huisbraak met die opset om te steel of diefstal of 'n poging tot diefstal of oortreding van artikel 36 of 37 van Wet 62 van 1955, gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie. (Sien die rekord op bladsy 23.)
Appellant het voorts ook skuldig gepleit en dit moet tot sy voordeel aanvaar word dat hy berou het. In S v MOSEKO 1922(1) SA 99 (AD) op 102B word die volgende gese:
"Important as the factors, deterrence, public expectations and prevalence of a particular crime undoubted are, they must not be permitted to weigh so heavily as to negate other factors which lessen the gravity of the offence in particular
circumstances of the case before the court. (See per JANSEN, JA in S v MOTAMA 1981(3) SA 838 (A).)"
Ek stem saam met die verhoorlanddros dat die misdryf van huisbraak met die opset om te steel en diefstal 'n ernstige misdryf is en dat direkte gevangenisstraf in sekere omstandighede 'n gepaste vonnis is. Ek is egter van mening dat die verhoorlanddros die erns van die misdryf en die vorige veroordeling van die appellant in die onderhawige geval oorbeklemtoon het ten koste van die persoonlike omstandighede van die appellant. (Sien in die algemeen die rekord vonnis op bladsy 8 tot 13.)
By 'n behoorlike beoordeling van al die bogemelde feite en omstandighede sou ek die appellant gevonnis het tot vier jaar gevangenisstraf, waarvan twee jaar opgeskort word vir vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan inbraak met die opset om te steel, diefstal of besit van vermoedelik gesteelde goed gepleeg gedurende die tydperk van opskorting en waarvoor hy gevonnis word tot gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete nie.
VAN DER MERWE, WnR
LOUW, R: Ek stem saam en dit word so beveel.
LOUW, R