South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2009 >> [2009] ZAWCHC 46

| Noteup | LawCite

S v Johnson (SS 18 / 2008) [2009] ZAWCHC 46 (5 March 2009)

Download original files

PDF format

RTF format



IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD



Saak no: SS 18 / 2008

In die saak tussen:

DIE STAAT



teen



KLAAS WILLIE JOHNSON



UITSPRAAK : 5 MAART 2009



BOZALEK, R


[1] Die beskuldigde is op 14 November 2007 in die Kaapse streekhof, gehou te Malmesbury, skuldig bevind op drie klagtes van verkragting en twee van 'n oortreding van artikel 17(a) van die Wet op Gesinsgeweld, 116 van 1998. As gevolg van die feit dat die beskuldigde gekwalifiseer het vir 'n voorgeskrewe minimum vonnis van iewenslange gevangenisstraf ingevolge artikel 51 (1 )(b) (gelees met Deel 1 van Skedule 2 van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997), het die genoemde hof die saak na hierdie hof verwys ingevolge artikel 52(1) van die Wet.



[2] Toe die saak eers voor my gekom het, was die oorkonde van die verrigtinge gebrekkig en uitstel is verleen sodat die leemtes in die oorkonde aangevul kon word. Op 18 Februarie 2009, toe die saak weer voorgekom het, was die oorkonde bevredigend en is 'n sertifikaat deur die landdros ingedien. Daarin is die stappe wat 'n volledige en akkurate oorkonde daarstel, beskryf. Dit blyk daaruit dat alle partye tevrede is met die oorkonde. Me. Losch, wie namens die beskuldigde verskyn, het bevestig dat laasgenoemde die oorkonde as korrek en akkuraat aanvaar. Die hof het dit ingevolge artikel 52(3)(a) ontvang.



[3] Me. Losch het betoog dat die skuldigbevindings ter syde gestel moet word. Namens die Staat is daar gevra dat die skuldigbevindings bekragtig word.



[4] Die saak teen die beskuldigde is dat hy die klaagster, sy voormalige lewensmaat, drie keer verkrag het op die aand van 21 Januarie 2006. Wat die verdere klagtes betref, is die Staat se saak dat hy op dieselfde aangeleentheid die bepalings van 'n beskermingsbevel, wat op 2 Januarie 2006 deur 'n landdros teen horn gemagtig, verbreek het deur die klaagster deur haar gesig te klap. Volgens die oorbtywende klagte het die beskuldigde die beskermingsbevel se voorwaardes verbreek deur die klaagster gedurig te probeer kry om horn te soen op 'n tweede aangeleentheid d.w.s. 2 Januarie 2006.



[5] Benewens die getuienis van die klaagster, Me. Katriena Mentoor, het die Staat die getuienis gelei van haar vriendin, ene Me. Aletta Tieties en eersgenoemde se moeder, Mev. Saartjie Swart. Die beskuldigde het self getuig, maar geen verdere getuies is geroep om in sy verdediging te getuig nie. Die beskuldigde het regsverteenwoordiging geniet. Hy het onskuldig gepleit op alle klagtes en erken dat hy seksuele omgang met die klaagster gehad het op die relevante aand, maar het beweer dat dit met haar toestemming plaasgevind het.



[6] Uit die getuienis blyk dit gemene saak te wees dat die klaagster en die beskuldigde vir 'n tydperk van vier jaar 'n stormagtige verhouding gehad het. Dit het in Desember 2005 tot ln einde gekom. Op 2 Januarie 2006 het die klaagster 'n beskermingsbevel teen beskuldigde gekry. Ingevolge die bevel is hy verhoed om haar te slaan, dreig of vloek en om by haar huis te kom. Desnieteenstaande het die beskuldigde die klaagster genader op die oggend van 6 Januarie 2006 toe sy oppad was werk toe. Volgens haar het hy gese dat sy horn moet soen en toe sy geweier het, het hy haar, onder andere, vasgehou met sy hand om haar lyf en haar toe gesoen. Sy het 'n klag teen die beskuldigde aanhangig gemaak. Hy is gevolglik gearresteer en vir 'n paar dae aangehou. Op die aand van 20 Januarie het die klaagster saam met drie van haar vriendinne partytjie gehou. Hulle het alkohol gebruik. Teen middernag se kant het die vier dames shebeen toe gestap om nog bier te koop. Daar het die klaagster en die beskuldigde mekaar raakgeloop. Die klaagster is toe weg saam met die beskuldigde en het die volgende oggend om-en-by 08h00 by die huistoe gekom. Dit is verder gemene saak dat die partye in daardie tydperkten minste een keer geslagsgemeenskap gehad het.



[7] Volgens die beskuldigde het die klaagster vrywillig saam met horn geloop daardie aand en het hulle net een keer vrywillige seksuele omgang gehad. Volgens die klaagster het die beskuldigde haar geforseer om saam met horn te loop en is sy gedurende die aand drie keer deur horn verkrag. Die hoof twispunte in die saak was dus of geslagsgemeenskap met die toestemming van die klaagster geskied het al dan nie en, indien nie, hoeveel keer die klaagster verkrag is.



[8] Die landdros, gedagtig van die feit dat die klaagster (n enkel getuie was, het bevind dat haar getuienis in alle wesenlike aspekte bevredigend was. Hy het bevind dat die klaagster 'n geloofwaardige en eerlike getuie was en haar getuienis ten voile aanvaar. Hy het ook bevind dat die Staat se stawende getuies eerlike en geloofwaardige getuies was. Daarteenoor het die beskuldigde nie as getuie 'n goeie indruk by die hof gelaat nie. Daar is verder bevind dat sy weergawe deurspek was met onwaarskynlikhede en weersprekings. Die landdros het verder bevind dat, as daar gekyk word na die getuienis as geheel, dit op die afwesigheid van toestemming aan die kant van die klaagster dui.



[9] Me. Losch het verskeie punte geopper wat volgens haar daarop gedui het dat die klaagster, op die betrokke aand, vrywilliglik seksueel met die beskuldigde verkeer het. Hierdie punte sluit in die feit dat sy op geen stadium voor die verkragting(s) probeer het om te ontsnap of om hulp te roep en dat sy geen kneusings of beserings opgedoen het nie. Me. Losch het verder betoog dat dit onwaarskynlik was dat die beskuldigde gemeenskap met die klaagster sou gehad het in 'n toilet, soos deur haar beweer. Sy het ook gekonsentreer op die feit dat die klaagster eers in antwoord op 'n leidende vraag van haar moeder gese het dat sy verkrag is. Volgens Me. Losch, het die klaagster geen keuse gehad as om te beweer dat sy verkrag is nie, gesien in die lig van haar bestaande verhouding met 'n nuwe kerel, ene Aubrey, en die feit dat haar ouers sterk teen die verhouding tussen haar en die beskuldigde gekant was. Sy het ook gewig geheg aan die beweerde verskille tussen die getuienis van Tieties, die klaagster en haar moeder oor wat presies daardie aand gebeur het.





[10] Die klaagster het ln duidelike prent geskilder van die beskuldigde as 'n aggressiewe en geweldadige man wat nie gehuiwer het om fisiese geweld teenoor haar uit te oefen indien sy nie aan sy wil uiting gegee het nie. Dit was inderdaad een van die hoof redes waarom die klaagster die verhouding met die beskuldigde beei'ndig het. Sy het herhaaldelik getuig dat sy dit vir horn duidelik gemaak het dat sy nie daardie aand met horn wou saamgaan nie, maar dat hy geensins enige weerstand geduld het nie. Sy het verder verduideiik dat, indien sy wel sou probeer het om weg te hardloop of vir hulp te roep, die beskuldigde nie sou huiwer om geweld teen haar te gebruik nie. Daar moet ook in gedagte gehou word dat dit die klaagster en Tieties se getuienis was dat toe laasgenoemde en 'n vriend probeer het om die klaagster te help (nadat die beskuldigde die klaagster beet gekry het en haar wou wegneem) het hy vir Tieties platgeslaan. Indien hierdie getuienis aanvaar word spreek dit boekdele van die beskuldigde se houding.



[11] Die beskuldigde het die aanranding op Tieties ontken, maar sy getuienis in hierdie verband was onbevredigend. Hy het erken dat die klaagster se vriendinne teenwoordig was. Aan die een kant het hy gese dat hy nie weet wat hulle gese het nie, want hy het horn nie aan hulle gesteur nie. Hy het homself egter weerspreek deur, aan die ander kant, te se dat hy sou onthou as die een vir horn gese het dat die klaagster nie met horn wil saamgaan nie, soos deur Tieties getuig is.



[12] Dit is wel so dat volgens die J88-verslag, wat by ooreenkoms ingehandig is, geen kneusings of beserings op die beskuldigde waargeneem is deur die ondersoekende dokter nie. Dit is gemene saak dat die beskuldigde wel haar arm gevat het, maar daar is nie deur die klaagster beweer dat sy wel as gevolg daarvan kneusings opgedoen het nie. Wat betref 'n knop op die agterkant van die klaagster se kop, wat sy opgedoen het toe sy geval het, het sy getuig dat al het sy aan die dokter gemeld dat sy geval het, hy nie daarna gekyk het nie. In die lig hiervan kan daar na my mening geen negatiewe afleiding gemaak word oor die feit dat hierdie besering nie gemeld was in die J88-verslag nie.



[13] Verder, wat betref die kwessie van die klaagster se vrywillige optrede al dan nie, is haar getuienis dat toe beskuldigde haar weggesleep het sy vir haar vriendinne gese het dat hulle vir Aubrey en Marshall moet gaan vertel wat gebeur het. Die getuienis in hierdie verband is gestaaf deur die getuienis van Tieties. Sy het getuig dat sy onmiddelik na klaagster se nuwe kerel, Aubrey, gehardloop het om horn te gaan roep om haar te help. Indien hierdie getuienis aanvaar word, druis dit sterk in teen die beskuldigde se weergawe. As klaagster haar verhouding met beskuldigde wou hervat, ontstaan die vraag waarom sy vir haar vriendin sou vra om haar nuwe kerel te gaan roep?



[14] Daar is ook namens die beskuldigde aangevoer dat die feite dat die klaagster geweier het om eers in die beskuldigde se voormalige vrou se huis in te gaan en dat hulle weggejaag is van 'n erf af deur 'n vrou, verder dui op vrywilligheid aan die kant van die klaagster.



[15] In die geheel gesien is dit duidelik dat, volgens die klaagster se getuienis, sy geweier het om by enige huis in te gaan en, om sy eie rede, het die beskuldigde haar uiteindelik geforseer om by sy laaste keuse in te gaan d.w.s sy suster se huis. Die voorval met die vrou wat hulle weggejaag het dui volgens my niks aan nie. Die vrou is nie geroep as 'n getuie nie en sy het in alle waarskynlikheid veronderstel dat beskuldigde en klaagster net nog 'n "courting couple" was.



[16] Daar is gewig geheg aan die beweerde meningsverskil of verskille tussen die getuienis van Aletta en die klaagster se ma oor wie genader is om die klaagster te gaan soek, asook wat haar toestand betref toe sy uiteindelik teruggekeer het. Tieties het getuig dat sy onmiddelik vir Aubrey gaan roep het en hulle het na die klaagster gaan soek. Toe hulle nie suksesvol was nie het hulle na klaagster se ma gegaan en ook daar verslag gedoen. Tieties het verder getuig dat sy teenwoordig was toe die klaagster uiteindelik opgedaag het. Laasgenoemde was "heel bewerasie" en vuil. Behalwe vir die klaagster se ma, was die klaagster se vriendinne ook teenwoordig en dit was toe dat klaagster vertel het dat sy verkrag is deur die beskuldigde.



[17] Me. Swart, het bevestig dat sy daardie oggend onder andere deur Marshall in kennis gestel is dat beskuldigde vir klaagster gevat het. Toe die polisie nie opdaag nie het sy sonder enige sukses saam met lede van die Metro Polisie na haar dogter gaan soek. Toe die klaagster uiteindelik teruggekeer het, was sy, volgens Swart, uit-asem en baie onsteld. Haar klere was vuil en sy het so "af gelyk. Swart het haar dogter gevra of sy met 'n mes gesteek is of verkrag is en die klaagster het positief op die laaste vraag geantwoord. Dit is korrek dat Swart geen melding gemaak het van die feit dat Aletta Tieties en haar vriendinne teenwoordig was toe die klaagster huistoe gekom het nie. Dit was egter nie 'n fokuspunt van haar getuienis nie en sy is ook nie daaroor uitgevra nie.



[18] Die laaste argument wat Me. Losch geopper het ter stawing van die redelike moontlikheid dat die beskuldigde se weergawe moontlik waar kan wees, het gefokus op die klaagster se motief om valslik te beweer dat sy wel verkrag is. Volgens hierdie argument wou die klaagster nie erken dat sy wel die aand vrywilliglik met die beskuldigde deurgebring het nie vanwee haar moeder en vader se langstaande teenkanting teen die verhouding tussen haar en die beskuldigde nie. 'n Verdere rede sou gewees het dat sy bang was vir haar nuwe kerel se reaksie indien hy sou hoor dat sy saam met die beskuldigde weg was. Daar word betoog dat stawing vir hierdie verduideliking gevind kan word in die feit dat die klaagster se vader haar onmiddelik uitgeskel het toe sy tuis gekom het, asook in die klaagster se verklaring dat sy wel verkrag was alleenlik in antwoord op 'n leidende vraag van haar moeder.



[19] Dit is so dat die moeder hierdie leidende vraag gevra het, maar soos sy self verduidelik het, het sy wel gevrees dat haar dogter of met 'n mes gesteek of verkrag is. Dit blyk dat die vrae onmiddelik gestel was en volgens my mening kan dit nie teen die klaagster gehou word dat haar uiters bekommerde ma so te se onmiddelik ingespring het met hierdie vrae en nie eers gewag het op die klaagster se verslag nie.



[20] Wanneer die klaagster se getuienis as geheel gelees word, wek dit 'n duidelike prent van 'n volwasse vrou wat besluit het om haar verhouding met die beskuldigde te beeTndig en daarna 'n nuwe verhouding aangeknoop het. Ten tyde van die voorval was sy 25 jaar oud en het sy al reeds 'n kind van 9 jaar oud gehad. Sy het klaar 'n 4 jaar lange verhouding met die beskuldigde gehad en hulle het lank saam gebly. Sy was oenskynlik verby die stadium waar, as sy weer saam met die beskuldigde wou verkeer, sy hierdie feit moes wegsteek van haar ouers.



[21] Daar is bowendien talle aanduidings dat die appellant geensins weer met die beskuldigde intiem wou verkeer nie, onder andere die beskermingsbevel wat sy uitgeneem het en die klag wat sy ingedien het teen die beskuldigde as gevolg van die gebeurtenisse van 6 Januarie 2006. Verdere aanduidings van die waarheid of waarskynlikheid van die klaagster se getuienis was die beskuldigde se aanranding op die getuie, Tieties, die feit dat die klaagster vir laasgenoemde gese het om vir Aubrey en Marshall te roep en die onstelde en vuil toestand waarin sy verkeer het toe sy tuis gekom het.



[22] Me. Losch het staatgemaak op die saak van S v Gentle 2005 (1) SASV 420 (SCA) waar die hof in 'n soortgelyke saak beslis het dat die getuienis van die klaagster, 'n enkelgetuie, versigtig benader moet word en verder dat, waar stawing nodig was, dit ander getuienis moet behels wat die getuienis van die klaagster staaf en die getuienis van die beskuldigde minder waarskynlik maak op die vraagstukke in geskil. Die hof het homself soos volg uitgespreek (op bl. 430J - 431C):

"It must be emphasised immediately that by corroboration is meant other evidence which supports the evidence of the complainant, and which renders the evidence of the accused less probable, on the issues in dispute (cf R v IY1948 (3) SA 772 (A) at 778 -9). If the evidence of the complainant differs in significant detail from the evidence of other State witnesses, the Court must critically examine the differences with a view to establishing whether the complainant's evidence is reliable. But the fact that the complainant's evidence accords with the evidence of other State witnesses on issues not in dispute does not provide corroboration. Thus, in the present matter, for example, evidence that the appellant had sexual intercourse with the complainant does not provide corroboration of her version that she was raped, as the fact of sexual intercourse is common cause. What is required is credible evidence which renders the complainant's version more likely that the sexual intercourse took place without her consent and the appellant's version less likely that it did not."


In die huidige saak is daar geen aanduiding dat die klaagster se getuienis in enige wesenlike aspek verskil het van die getuienis van enige ander staatgetuie nie. Die faktore wat ek hierbo genoem het dra, na my mening, sterk gewig as getuienis wat die klaagster staaf en wat die getuienis van die beskuldigde minder waarskynlik maak.



[23] Daar is nog verdere faktore. Indien die klaagster vrywillig met die beskuldigde verkeer het, ontstaan die vraag waarom sy dan verdwyn het die oomblik toe die beskuldigde in die huis gegaan het om 'n baadjie vir haar te gaan haal. Geen verduideliking kon hiervoor deur Me. Losch aangevoer word nie. Daar is ook die onbevredigende aard van die beskuldigde se getuienis, asook die wesenlik afwyking tussen sy opdragte aan sy eerste regsverteenwoordiger en sy uiteindelik getuienis. In kruis-ondervraging van die klaagster het die beskuldigde se regsverteenwoordiger aan die klaagster gestel dat daar wel drie keer geslagsgemeenskap tussen die partye plaasgevind het daardie aand. Toe die beskuldigde kom getuig het hy aangedring dat hy net een keer intiem met die klaagster verkeer het en dan later 'n onsuksesvolle poging daartoe.



[24] Die landdros het 'n versigtige benadering teenoor die klaagster se getuienis gevolg, onder andere as gevolg van die feit dat sy 'n enkel getuie was. By bestudering van die getuienis bevind ek myself in ooreenkoms met die landdros se bevinding, wat die geloofwaardigheid van die getuienis betref. Na my mening het hy tereg bevind dat die beskuldigde se weergawe verwerp kon word as nie redelik moontlik waar.



[25] Dit volg dan dat die skuldigbevinding op die klagtes van verkragting bevestig kan word. Klagtes 4 en 5 behels beweerde verbrekings van die voorwaardes van 'n beskermingsbevel. Vir onverklaarbare redes is hierdie bevel nie as 'n bewysstuk ingedien nie. Die enigste getuienis wat betref die voorwaardes is die van die klaagster toe sy getuig het dat die beskuldigde haar nie mag slaan, dreig of vloek nie. Sy het bygevoeg dat hy nie meer by haar huis mag kom nie. Toe die beskuldigde gepleit het, het hy net erken dat daar 'n beskermingsbevel teen horn uitgereik is, maar hy het die verdere bewerings in daardie klagtes ontken. Wat klagte vier betref was die klaagster se getuienis dat die beskuldigde haar genader het oppad werk toe. Toe sy horn nie wou soen nie het hy sy hand om haar lyf gesit en haar gesoen. Met ander woorde wat ons hiermee te doen het, is 'n ongewensde soen. In sekere omstandighede kan so ln soen 'n aanranding, indien nie 'n onsedelike aanranding, daarstel. Hier was dit 'n kwessie van twee persone wat 'n lang verhouding gehad het, wat onlangs deur die klaagster beeindig is. In daardie omstandighede en in die lig van die afwesigheid van die voorwaardes van die beskermingsbevel is daar myns insiens ten minste 'n redelike twyfel of die Staat wel bo enige redelike twyfel bewys het dat die beskuldigde die nodige bedoeling gehad het om die klaagster aan te rand toe hy haar gesoen het en sodoende die voorwaardes van die beskermingsbevel verbreek het.



[26] Wat klagte vyf aanbetref was dit die klaagster se getuienis dat nadat die beskuldigde haar vir 'n tweede keer verkrag het, sy vir horn gese het dat sy dadelik polisiestasie toe gaan waarop die beskuldigde haar in haar gesig geklap het. Dit is natuurlik 'n aanranding en as sulks 'n verbreking van die voorwaardes van die beskermingsbevel. Boonop was hierdie aanranding aan die kant van die beskuldigde apart van die daad van verkragting en daar is dus geen kwessie van 'n duplikasie van klagtes of skuldigbevindings nie. Ek is dus van mening dat die skuldigbevinding op klagte 5 wel bevestig kan word, maar dat die skuldigbevinding op klagte viertersyde gestel moet word.


[27] Om hierdie redes word die skuldigbevindings op klagtes een, twee, drie en vyf bevestig en die skuldigbevinding op klagte vier word ter syde gestel.

LJ, BOZALEK, J