South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 110

| Noteup | LawCite

Piedt and Anders v S (SS60/2008) [2010] ZAWCHC 110 (18 February 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(SUIDELIKE RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING.
GEHOU TE SWELLENDAM)

SAAKNOMMER: SS60/2008

DATUM: 18 FEBRUARIE 2010

In die saak tussen:

DIE STAAT

en

2. RICARDO PIEDT

3. HESTER RONIKA AFRIKA

4. ELIZABETH LAWERDIEN

6. RUGBY MARAIS




VONNIS




DLODLO, R:



Die vernaamste beginsel vir strafmeting is die sogenaamde triads van Zinn v S 1969(2) SA 537 (A) op 540G is beslis dat die Hof 'n vonnis moet ople wat na die Hof se mening gepas is:



"What has to be considered is triad consisting of the crime, the offender and the interest of society."

Sien ook S v V 1972(3) SA 611 (A) op 614D, S v Rabie 1975(4) SA 855 (A) op 862G, S v Khumalo 1984(3) SA 327 (A) op 331H-F, S v Pieters 1987(3) SA 717 (A) op 738F. Soms is dit ook gemeld "en dit moet deurstraal word deur 'n mate van genade". Sien S v Khumalo 1973(3) SA 697 (A) op 698, S v Sparks 1972(3) SA 396 (A) op 410A. Die vernaamste oogmerke van straf bly:

(a) Afskrikking,


(b) Voorkoming,


(c) Hervorming en


(d) Vergelding.



In S v Mhlakaza & Another 1997(1) SASV 515 (HHA) op 519c- h, het die Hoogste Hof van Appel, in die lig van die ernstige afmetings wat geweld en ernstige misdaad afneem, die klem op die vergelding en afskrikking geplaas. Ons Howe beskou afskrikking as die oorheersende en universiele erkende doel van straf; die ander is bykomende en veral vergelding het in
belangrikheid afgeneem. Ek moet u persoonlike omstandighede in ag neem. Met ander woorde ek moet die straf teen u verpersoonlik. U persoonlike omstandighede moet noukeurig in ag geneem word, nie alleen sover hulle tot die daad aanleiding gegee het nie, maar ook sover die beoogde straf u, as die beskuldigde persoon, sal affekteer.

belange van die gemeenskap te dien en straftoemeting, as integrerende deel van daardie stelsel het dieselfde bestaansrede in strewe. Sien in hierdie verband Hiemstra, Suid-Afrikaanse Strafproseswet, 6de Uitgawe, bladsy 685, paragraaf 5.



Die beginsel is duidelik. Hoe dit in 'n besondere geval vergestalt word, berus natuurlik by die integriteit, objektiwiteit en regterlikheid van die vonnisoplegger. Die gebillike verontwaardiging van die regdenkende gemeenskap moet wel in aanmerking geneem word soos hierbo klaar aangetoon is. Dit moet glad nie klankeloos nagelaat word nie. Wat duidelik is, is dat die gemeenskap se belang word gedien en nie die gemeenskap se wense nie. Sien S v Mkwanvane & Another 1995(6) BCLR 665 (KH) ook rapporteer as 1995(3) SA 391 (KH).



Dit bly verkeerd om te poog om die gemeenskap se siening en wense in die vonnis uiting te gee. Sien byvoorbeeld S v Mafu 1992(2) SACR 494 (A) op 496g-j, waar die volgende ter saaklike uiteensetting gegee word, naamlik:



"A sentencing policy that caters predominantly or exclusively for public opinion, is fraud. It remains a Court's duty to impose fearlessly an appropriate and fair sentence, even if the sentence does not satisfy the public."


In S v Van der Westhuizen 1974(4) SA 61 (C) op 66E-F, Baker, R, het homself soos volg nagelaat:



"Justice must be done with compassion and humanity, not by a rule of thumb and that a sentence must be assessed not carelessly or arbitrarily or vindictively, but with due regard to the witness of human beings and their propensity for succumbing to temptation. But it must also be borne in mind that the consideration of mercy must not be allowed to lead to the condonation or minimisation of serious crimes."



Ek verwys na Terblanche. Guides to Sentencing in South Africa, bladsy 175-176, waar die skrywer die volgende se:



"The interest of society are best served by a sentence which produces the biggest advantage or the least potential harm to society. Any positive purpose (positive for the community that is) which can be served by the sentence, should, therefore, be promoted in the interest of society. If future crime can be prevented by a sentence, whether by deterring the accused or other potential offenders, whether by reforming the offender or whether by protecting society from the offender by other means such as sentence, will be in the interest of society."



Ek is dit ineens met die opmerking en die siening wat hierbo uiteengesit is.



Ek maak die volgende samevatting: Die besluit rakende die vonnis sal hoofsaaklik binne die diskresie van die Hof met die beperking van die minimum vonnisse waar wetlike voorgeskryf. Die vonnis wat in 'n spesifieke saak opgele word, moet dus verstaan word binne die konteks van daardie spesifieke omstandighede. Sien S v Nkosi 1993(1) SACR 709 (A). Straf word gereflekteer in vonnisoplegging en mag beide die opsetlike toediening van straf op die oortreder en die uitdrukking van die gemeenskap se afkeur van die oortreding betrek. Elke straf moet uiting gee aan 'n algemene regverdige oogmerk.



'n Aantal teoriee het oor die jare ontwikkel in die soeke na algemene regverdigbare oogmerk: vergelding, voorkoming of afskrikking, rehabilitasie of integrasie. Die laasgenoemde twee teoriee poog om 'n middeweg tussen vergelding en afskrikking te vind. Moderne strafoplegging reflekteer egter 'n kombinasie van hierdie teoriee. Sien in hierdie verband Lawsa. Volume 24, paragraaf 350. Die aard van die gekombineerde benadering word bepaal deur die spesifiek saak. Sien in hierdie verband Snvman, Criminal Law, 4de Uitgawe, bladsy 23. In S v Rabie 1975(4) SA 855 (A) het die appelhof aangevoer dat 'n putatiewe sanksie proporsioneel moet wees tot die graad van blaamwaardigheid (erns) van die handeling. Terblanche merk gevolglik op dat vergelding die basis vorm van elke vonnis en dat dit teenwoordig is in elke vorm van straf. Sien Terblanche. The Guide to Sentencing in South Africa, 'n Mate van vergelding is dus 'n noodsaaklike element wanneer vonnis oorweeg word:



"Retribution gives shape to every sentence and limits each sentence to the bounds of the blameworthiness of the offender to her just deserts. The moral outrage of people at a commission of the crime, is an important factor determining the seriousness of the crime and the blameworthiness of the offender. In this connection the Courts have to take into consideration, but in the same way the Court has to consider all three elements of the triad of Zinn accurately and to its full capacity. If the Court can also impose a sentence which has the real potential to prevent future crimes, such sentence will be in the interest of society."



Sien Terblanche, The Guide to Sentencing in South Africa (1999) Hoofstuk 6, paragraph 10.



Tesame met 'n element van vergelding, is dit dan ook, in terme van S v Zinn supra, se drie elemente noodsaaklik vir die Howe om die misdaad, die misdadiger en die belang van die samelewing of gemeenskap in ag te neem wanneer daar bepaal word of die vonnis proporsioneel tot die oortreding is. In S v M 2007(2) SACR 539 (CC), het die Konstitusionele Hof bevestig dat die Zinn saak supra, drieledige benadering tot vonnisoplegging 'n mantra in Suid-Afrikaanse reg geword het. Die gemeenskap se belang is dus 'n belangrike element. Artikel 1 van die Strafproseswet omskryf dan ook korrektiewe toesig as 'n gemeenskap gebaseerde straf. Dit is dus 'n tipe straf wat uitgevoer word binne die gemeenskap, in samewerking met of tot voordeel van die gemeenskap. Sien Terblanche, The Guide to Sentencing in South Africa (1999), Hoofstuk 11, paragraaf 4.1



Met inagneming van die oogmerk in die onderliggende beginsels van hierdie gebalanseerde benadering tot vonnisoplegging, is dit insiggewende om ag te slaan op die riglyne vir vonnisoplegging, wat ge'identifiseer is in S v Thonga 1993(1) SACR 365 (V) te 370:



"In my view the punishments must firstly be reasonable, i.e. it should reflect a degree of moral blameworthiness attaching to the offender, as well as the degree of reprehensibleness or seriousness of the offence. Punishment, therefore, should ideally be in keeping with the particular offence and a specific offender. It is necessary, secondly, for the punishment to clearly reflect the balanced process of careful and objective consideration of all relevant facts mitigating and aggravating. The sentence should, thirdly, reflect consistency as far as humanly possible with previous sentences imposed on similar offences committing similar offences, lest society should believe that justice was not seen to be done. Lastly the penal discretion is to be exercised afresh in each case, taking the facts of each case and the personality of each offender into account. To all these I would add that the trial court does not impose sentence in vacuo. It, to the contrary, certainly does so within a certain frame and at a certain stage in the development of the people of a district, of a country or even a continent. The criminal court is also an instrument in the hands of society applying its law, reflecting its value and its moral indignation at unlawful conduct, as well as the negative or harmful effect thereof on third parties, or society itself. But in a civilised society, punishment reflects also the interest of the offender himself. The trial court in a criminal matter then functions not in a technical laboratory, but as a leading instrument, a vital component of the fabric of society, serving the interests of society and all of its law abiding members. The criminal court primarily sticks to establish and maintain peaceful coexistence amongst members of society within a territory to life and property by dispensing criminal justice. Furthermore, during the imposition of punishment, the trial court judicially guide the fine line between raw revenge or emotional punishment and the judicial, reasonable and objectively balanced effective exercise of its penal discretion."



Howe het gevolglik a wye diskresie met die oplegging van vonnis weens die feit dat hierdie riglyne in ag geneem word in 'n spesifieke konteks ten einde 'n ge'individualiseerde vonnis te formuleer. Sien in hierdie verband Lawsa, Volume 24, paragraaf 351.

Ek kyk nou na die persoonlike omstandighede van elkeen van julie soos dit aan my oorgedra is. Ricardo Piedt se persoonlike omstandighede is deur Mnr Johnson soos volg gaskets:



"Ricardo Piedt is currently 26 years of age. At the time of the offence he was 23 years old. He has been incarcerated since his arrest on 12 October 2006 and has been held as an awaiting trial prisoner for more than three years. He is one of five siblings, three sisters, one brother, whose ages range from 19 to 29 years with Ricardo Piedt being the second eldest. Both his parents are still alive and he had resided with them until his incarceration. His father is disabled due to his blindness and is, therefore, unable to be gainfully employed and receives a State disability grant. His mother is, as a consequence of his father's inability to be gainfully employed, forced to work and support the family. She does general domestic work in the area and has to shoulder the additional burden of family support due to Ricardo Piedt's incarceration. Ricardo Piedt has had a very limited exposure to education, as often is the case with many persons from these outlying areas and socio­economic circumstances. He attended the Buffeljags Primary School until the mid term of Standard 4, therefore, effectively only passing Standard 3. At the time that he had left school, he was about 13 years old and had to find employment to support his family. He subsequently found employment as an unskilled worker, as a picker (someone that picks fruit from trees during the fruit season). He did this type of seasonal work on various farms in and around the area. Because he did seasonal type of work, which was unstable, due to its seasonality and also the economic situation of the area, his choices of the type of work that he could do, was extremely limited. However, in recent years he has found other work, such as working as a packer at the Arisa Warehouse. Here he stacked and packed boxes filled with persimmons. This type of work was also, by its very nature, seasonal. Ricardo Piedt also worked as a school caretaker at his erstwhile primary school, Buffeljags Primary School and it is here that he worked at the time of the commission of the offence. He has no pending matters, however, he has a few previous convictions which were already admitted and placed before the Court. It is submitted that the previous convictions were of a non violent nature and should not be held against Ricardo Piedt."



Ek wil 'n bietjie praat met Ricardo Piedt, beskuldigde 2. U is 'n mens wat nie werklik verstaan kan word nie. Van kleins af het U begin bots met die regstelsel. U was nie skaam om voor hierdie Hof te staan en te vertel hoe U Tokkie gehelp het om drank en/of dagga onwettig te laat vervoer nie. Dit lyk vir my al wat vir U belangrik is, is net geld. U kan klaarblyklik enige onwettige ding doen as jy net daarvoor geld betaal word. U het nie eers die oorledene geken nie, maar U het nie gehuiwer om horn dood te steek nie, net omdat U daarvoor betaal sou word.



Volgens U eie getuienis het U die onwettige daad gepleeg voordat U geweet het presies hoeveel aan U betaal sou word. Al wat U destyds, volgens U eie getuienis, gehoor het was dat die betaling goed sou wees. U kon ook die oorledene doodgesteek het teen 'n betaling van R50.00 of enige mindere bedrag, hoe ook al. Dit lyk vir my as 'n vyand van U eie pa U sou genader het en versoek het om U eie pa dood te maak, U dit sou doen tensy U net versekering kry dat U daarvoor geldelike vergoed sou word. Ek neem in ag dat U nog 'n jong man is, wie se toekoms moontlik skitterend lyk. Maar die manier hoe U uself in die algemeen gedra rakende U betrokkenheid in onwettige optrede, is klaar 'n teken dat U op pad is na 'n donker toekoms.



Ek is van oordeel dat elke jong persoon hervormeerbaar is. Dit beteken egter nie dat U 'n persoon is wat beskryf kan word as 'n kandidaat van hervorming, wat nie behoorlik gestraf moet word nie. U kan net hervormeer word nadat U werklik behoorlik gestraf word vir die misdryf waaraan u skuldig bevind is.



Mev Afrika, beskuldigde 3, u is 44 jaar oud. U het vier maande by die Marais egpaar as 'n huishulp gewerk. Ek verneem van die voorvonnisverslag dat die oorledene besonder be'indruk was met U werk en dat dit tot 'n goeie salaris gelei het. Om spesifiek te wees, by die oorledene se huis waar U gewerk het, het U 'n bedrag van R2 000 verdien. Daarna het U by verskillende gesinne gewerk en die verdiening beloop 'n bedrag van R480 per week. U woonplek is Riebeekstraat 132, Riversdal. U word beskryf as 'n inboorling van Barrydale, waar U saam met U ouers op Brandrivier-plaas gewoon het.




Volgens die korrektiewe beampte, het daar huweliksprobleme tussen U ouers ontstaan, met die gevolg dat U uiteindelik deur U se paterne grootouers versorg was. Ek verneem verder uit die verslag, dat U paterne grootouers alkohol oor die naweke misbruik het en dat as gesinsgeweld ontstaan het, moes U saam met die ander kinders skuiling by die bure gaan soek. U skoolloopbaan het by Brandrivier Primere Skool begin en U het net tot Standerd 4 gevorder en het toe die skool verlaat. U is 'n getroude vrou, ma van drie kinders. Daar is gerapporteer dat U huwelik by tye stormagtig is en dit is gekenmerk deur drankmisbruik aan die kant van U man. U man is tans werkloos en U bly 'n broodwinner van die gesin, dit is wat blyk uit die verslag van die korrektiewe beampte, U het egter anders getuig.



Daar is geen vorige veroordelings wat teen U bewys is nie. U staan voor hierdie Hof as 'n eerste oortreder. U is tot 'n mate 'n gesonde persoon. Behalwe in 2002 was U vir 'n maand in Stikland-hospitaal gewees, waar U vir depressie behandel was. Ek weet U anders getuig het, ek gaan daardie punte ook aanraak. Die voorvonnisverslaggewer het my in kennis gestel dat U slaapsteurings ervaar en dat u angsaanvalle kry. U is 'n mens wat beskryf word as 'n geheelonthouer, want U gebruik geen alkohol of dwelms nie. Die korrektiewe beampte wat die voorvonnisverslag opgestel het, het aangevoer dat U 'n geskikte kandidaat is om tot korrektiewe toesig gestraf word. In haar woorde se sy:



"Die beskuldigde sal baat vind by individuele behandeling binne die gemeenskap eerder as gevangenisstraf. Beskuldigde sal ingeskakel word by programme en so in staat gestel word om self-handelhawend op te tree. Die beskuldigde sal steeds as broodwinner kan funksioneer en sodoende aan die gesin se finansiele behoeftes kan voorsien. Sy sal ook aan haar dogter, wat tans studeer, se behoeftes kan voorsien. Sy sal dus nie vir die Staat 'n las word nie, maar aan hulle gesin se behoeftes voorsien. Indien die beskuldigde tot korrektiewe toesig gevonnis word, sal haar gedrag en funksionering tydens die tydperk van vonnisuitdiening gemonitor word. Korrektiewe toesig is 'n vonnis wat in die gemeenskap uitgedien word en word sy nie blootgestel aan negatiewe elemente eie aan gevangenissitting nie."



Alternatiewelik word dit namens u voorgestel dat die gevangenisstraf ingevolge die bepaling van artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet kan oorweeg word, gesien in die ernstigheid van die misdaad waaraan u skuldig bevind is. Beskuldigde 3, Mev Afrika, het ook ter versagting getuig. Sy is getroud met twee afhanklike kinders en twee kleinkinders. Haar oudste dogter is tans op kollege te George en sy en haar man moet daarvoor betaal. Sy het voorheen vir beskuldigde 6 gewerk en terwyl sy op borgtog in hierdie saak was, het sy by verskillende ander mense ook gewerk. Sy is steeds op medikasie in die gevangenis vir depressie en stres. Sy ly ook aan arthritis en angsaanvalle.

Haar man is ook nie te gesond nie en het TB gehad. Hy het ook 'n maag- en 'n blaasprobleem. Toe sy horn by die polisieselle te Swellendam op 7 Februarie 2010 gesien het, was hy baie verval. Omdat hy so baie siek is, was sy siekteverlof gou uitgeput en moet hy onbetaalde verlof neem. Die laaste kennis wat sy dra, verdien haar man R1 000,98 elke tweede week. Beskuldigde 3 het verder getuig dat sy en haar man se huweliksverhouding versleg het omdat hy gedrink en dwelms misbruik het. Hy het ook begin om van hulle huistoerusting soos 'n mikrogolf ensovoorts te verkoop. Saans as sy by die huis gekom het, was daar van die toerusting weg gewees. Nadat sy 'n beskermingsbevel teen haar man gekry het, het dit baie beter gegaan met hulle verhouding, soos dit aan die begin van hulle huwelik was. Haar man drink ook nie meer nie. Sy het horn ook alles vergewe.



In die gevangenis, na die skuldigbevinding, was hulle drie eers saam in 'n enkel-sel geplaas vir twee weke. Daarna was hulle oorgeplaas na 'n sel waarin 13 mense was. In die sel het beskuldigde 3 in 'n toestand gegaan en begin ruk, en een oomblik was sy by haar positiewe en die volgende weet sy nie wat met haar gebeur het nie. Sy het eers die suster in die gevangenis gespreek en later die dokter besoek, wat gese het sy ly aan stres en depressie. Die dokter het pille vir haar voorgeskryf. Sy is tans in 'n sel met 26 persone. Beskuldigde 3 het getuig dat sy berou het oor wat gebeur het en dat die hofverrigtinge in haar hele lewe soos 'n film voor haar afspeel as sy saans gaan slaap. Sy het ook getuig dat sy self nog nie 'n pa, ma of kind verloor het nie. Sy vra dus ook om verskoning aan die oorledene se ma en kinders en die hele gemeenskap. Sy sou nie die huis van die oorledene gaan uitwys het nie as beskuldigde 6 haar sou gese het dat sy gereel het die oorledene doodgemaak moes word nie. Beskuldigde 6 het egter net gese die oorledene moet 'n pak slae kry. Sy het egter besef dat beskuldigde 2 nie in staat was om die oorledene 'n pak slae te gee nie. Die oorledene sou beskuldigde 2 eerder 'n pak slae gee.



Beskuldigde 3 het getuig dat sy nie gewillig was om iemand te kry om die oorledene 'n pak slae te gee nie en het nie rondgehardloop om iemand te kry nie. Sy het die oorledene se huis gaan uitwys bloot omdat beskuldigde 6 haar gesmeek en by haar gepleit het om dit te doen. Beskuldigde 3 het ook getuig dat dit nie baie goed gaan met die Staatsgetuie, Caroline May nie. Sy ontken egter dat Caroline May aan haar gese het dat sy nie gedink het hulle sou tronk toe gaan nie en dat slegs beskuldigde 6 tronk toe sou gaan. Beskuldigde 3 aanvaar egter nie dat sy skuldig is aan moord nie. Sy kon ook nie se of beskuldigde 2 die moord gepleeg het nie, maar sy het horn die huis uitgewys. Sy erken egter dat dit deur haar toedoen was dat die oorledene vermoor is.



Beskuldigde 3 het haar persoonlike omstandighede aan die Hof voorgele en die Hof ook 'n kykie gegee van die lewe in die gevangenis na haar skuldigbevinding. Getuienis wat die Hof aanvaar korrek is, is soos deur beskuldigde 3 voorgehou. Beskuldigde 3 het ook om verskoning gevra vir die oorledene se familie en die gemeenskap en dat sy berou het oor wat gebeur het. Sy ontken steeds dat ondanks haar bekentenis, Bewysstuk V, en die Hof se bevinding, sy skuldig is aan moord en hou vol dat sy slegs die huis van die oorledene gaan wys het en gedink het die oorledene sou slegs 'n pak slae kry.



Mnr Pieter Visagie is 'n geregistreerde privaat opvoedkundige sielkundige wat ook in verskeie gevangenisse diens lewer. Dr Le Wet, die psigiater, het beskuldigde 3 na horn verwys. Hy het vier sessies van een uur elk met beskuldigde 3 gehad. Mnr Visagie het 'n verslag voorberei wat ingehandig is as

Bewysstuk JJ. Volgens die verslag ly beskuldigde 3 aan post-traumatiese stres en het sy ook 'n depressiewe gemoedstoestand. Volgens Mnr Visagie kan hierdie toestande, onder andere, toegeskryf word aan die ervarings gepaardgaande met 'n disfunksionele huwelik soos gesinsgeweld, emosionele fisiese en finansiele mishandeling.



Volgens Mnr Visagie het beskuldigde 3 vir ten minste twee jaar psigoterapie nodig. Hierdie behandeling kan egter binne die gevangenis ook toegedien word. Mnr Visagie se verslag verwys grootliks na beskuldigde 3 se disfunksionele huwelik en die gevolge daarvan. Hy verwys feitlik glad nie na die misdaad self nie, behalwe om te se dat beskuldigde 3 "baie gelukkig" by die oorledene en beskuldigde 6 was. Beskuldigde 3, 'n leefbare salaris en gunstige werksomstandighede gehad het wat vertroebel was deur beskuldigde 3 se weiering om iemand te kry om die oorledene 'n pak slae te gee soos deur beskuldigde 6 self versoek was. Ironies genoeg, getuig beskuldigde 3 dat die omstandighede waarop Mnr Visagie grootliks sy verslag baseer het, nie meer bestaan nie. Beskuldigde 3 het getuig dat haar verhouding met haar man nou net so goed is soos met die aanvang van hulle huwelik.



Die stres faktore wat gepaard kon gaan met 'n disfunksionele huwelik, bestaan dus glad nie meer nie. Inteendeel, beskuldigde 3 het gehuil in die getuiebank toe sy getuig het hoe verval haar man gelyk het toe sy horn op 7 Februarie 2010 gesien het. Mev Hester Marais het getuig dat beskuldigde 3 het vir ongeveer een tot een-en-half jaar by haar as 'n huishulp vanaf middel 2007 gewerk. Mev Marais was aanvanklik nie bewus dat beskuldigde 3 'n aangeklaagde in die moordsaak van die oorledene was nie, want sy het beskuldigde 3 slegs as Tillie geken, en haar nie geassosieer met die Hester Afrika waarna die koerante verwys het nie.



Op 'n keer het beskuldigde 3 aan Mev Marais gese sy moet na Swellendam gaan, want sy was die huishulp van beskuldigde 6. Volgens Mev Marais is beskuldigde 3 'n baie saggeaarde en emosionele mens. Hulle het 'n goeie verhouding gehad en beskuldigde 3 was 'n lojale werker. Mev Marais is ook bereid om beskuldigde 3 terug te neem as sy uit die gevangenis sou kom. Die Hof aanvaar die getuienis van Mev Marais. Haar getuienis help die Hof egter nie veel nie, omdat die feite wat sy voor die Hof gele het, grootliks reeds aan die Hof bekend is en help nie die Hof om tot 'n ander insig oor die vonnis te kom nie.



Me Elizabeth Lawerdien, beskuldigde 4, U is 51 jaar oud. U skoolloopbaan het by Brandrivier Primere skool begin en U het net tot Standerd 2 gevorder. Soos u suster, beskuldigde 3, u is ook deur U paterne grootouers versorg toe die huwelik tussen U ouers verbrokkel het. Ek is ook daarvan bewus dat u grootouers alkohol oor naweke misbruik het, tot so 'n mate dat u saam met ander kinders by bure skuiling gaan soek het. U het geen afhanklikes nie. U is nie in 'n verhouding betrokke nie. U is 'n lidmaat van die Verenigde Pinkster Gemeente. U het ook die voorvonnisopsteller gese dat u 'n persoon is wat baie lief is vir ry en sal enige geleentheid wat u kan kry gebruik om te kan uit ry.



U doen huishulpwerk by verskeie mense en verdien R100,00 per week. U gebruik geen alkohol of dwelms nie. Soos u suster, beskuldigde 3, word u deur die korrektiewe beampte beskryf as 'n geheel-onthouer. U is nie 'n eerste oortreder nie. In 1983 was u aan aanranding met die opset om ernstig te beseer skuldig bevind. U was destyds nog 25 jaar oud. In 1984 is u aan diefstal skuldig bevind. Destyds was u reeds 26 jaar oud. Ek moet dadelik meld dat u vorige veroordelings baie oud is en dat ek u as 'n eerste oortreder sal moet beskou. U word derhalwe, vir doeleindes van hierdie saak, as 'n eerste oortreder beskou.



Daar word namens u aanbeveel dat dit blyk of u 'n geskikte kandidaat is om tot korrektiewe toesig ingevolge die bepaling van artikel 276(1)(h) gestraf te word. In die korrektiewe beampte se eie woorde, word aanbevelings soos volg uiteengesit, net soos beskuldigde 3 s'n:



"Die beskuldigde sal baat vind by individuele behandeling binne die gemeenskap eerder as gevangenisstraf. Beskuldigde sal ingeskakel word by 'n program en so in staat gestel word om selfhandhawend op te tree. Die beskuldigde sal steeds aan haar eie finansiele behoeftes kan voorsien. Sy sal dus nie vir die Staat 'n las word nie, maar aan hulle gesin se behoeftes voorsien. Indien die beskuldigde tot korrektiewe toesig gevonnis word, sal haar gedrag en funksionering tydens die terme van vonnisuitdiening gemonitor word. Korrektiewe toesig is 'n vonnis wat in gemeenskap uitgedien word en word sy nie blootgestel aan die negatiewe elemente eie aan gevangenissitting nie. Beskuldigde beskik oor 'n genoegsame ondersteunstelsels wat haar as 'n geskikte kandidaat maak om tot korrektiewe toesig gevonnis te word."



In die alternatief beveel die korrektiewe beampte namens u, dat u gevangenisstraf ingevolge die bepaling van artikel 276(1 )(i) van die Strafproseswet gestraf moet word.

Mev Ruby Marais, beskuldigde 6, se persoonlik omstandighede word soos gevolg geskets. Sy is 44 jaar oud en was aan die oorledene getroud ten tyde van die pleging van die misdryf. Sy staan voor hierdie Hof as 'n eerste oortreder. Sy is 'n besigheidsvrou. Haar akademiese kwalifikasie is Standerd 10. Sy is ook 'n bestuurder met die nodige rybewys. Beskuldigde 6 is oorspronklik van Johannesburg, maar is reeds die afgelope sewe jaar te Jongensfontein woonagtig. Sy het nog 'n ma. Ek was meegedeel dat haar opvoeding baie goed, stabiel, Christelik en baie streng was. Daar bestaan 'n goeie en hegte verhouding tussen beskuldigde 6 en haar gesin van oorsprong.



Beskuldigde 6 het ook een kind, 'n dogter van 26 jaar oud, gebore uit 'n vorige huwelik. Beskuldigde 6 is 'n lid van die Apostoliese Geloofsendingskerk. Daar word ook gemeld in die voorvonnisverslag van die korrektiewe beampte, dat u genoem het dat u steeds emosioneel ly en slaapsteurings ondervind weens die dood van die oorledene en dat u horn baie lief gehad het. Jaco Stander, die korrektiewe beampte, wat u voorvonnisverslag opgestel het, het die volgende gemeld aan die einde van die verslag:



"Die beskuldigde se verhouding met haar gesin van oorsprong, is klaarblyklik baie goed en is hulle bereid om haar te ondersteun. Die beskuldigde se moeder blyk haar vernaamste steunstelsel te wees. Die beskuldigde het geen vorige veroordelings nie. Die beskuldigde besef dat dit wat sy gedoen het verkeerd is en toon berou. Die beskuldigde het by tye verskriklik bewoe voorgekom met die opstel van die verslag. Dit blyk of sy gevangenissitting vrees. Die beskuldigde was sedert die misdryf in 2006 vir ongeveer twee jaar ingevolge artikel 62(f) onder hierdie kantoor se toesig en het haar toesigvoorwaardes baie goed nagekom. Die beskuldigde blyk nie enige risiko vir 'n vonnis van korrektiewe toesig in te hou nie. Die beskuldigde het sedert die misdryf in 2006 nie weer enige misdaad gepleeg nie en toon dus nie 'n neiging tot misdaad nie. Die beskuldigde was vir ongeveer 40 dae in die gevangenis in aanhouding vir die saak en was dit vir haar 'n baie traumatiese ervaring en vrees sy klaarblyklik gevangenissitting. Sy versoek die Hof om haar tot korrektiewe toesig te vonnis. Die beskuldigde voldoen aan die vereistes van korrektiewe toesig ingevolge artikel 276(1)(h) en blyk nie 'n risiko te wees nie."




Ek onderneem om mettertyd te handel met die bostaande persoonlike omstandighede, belange van die gemeenskap asook die moontlike verswarende omstandighede in hierdie saak.



Namens beskuldigde 6 het Mnr De Bruyn vervolgens die volgende getuies ter versagting van vonnis geroep. Martha Johanna Swart het getuig dat sy sedert Mei 2006 te Stilbaai woon. Haar huidige man is vanaf 1 Julie 2006 permanent in 'n tehuis te Stilbaai, waar hy versorg word vir Alzheimer's. In September 2006 het sy na die oorledene se bandeplek in Stilbaai gegaan. Sy het beskuldigde 6 glad nie voorheen geken nie. Die oorledene het haar goed gehelp om haar voertuig te rem te herstel en het haar baie geld gespaar. Sy is saam met die oorledene na die kantoor om te betaal. Daar was 'n dame agter die rekenaar besig gewees wat later geblyk het beskuldigde 6 te wees. Daar was iets op die rekenaar wat nie duidelik was oor die prys of iets nie. Die oorledene het beskuldigde 6 met die skouer weggestamp en gese "gebruik jou verstand as jy so iets het". Die oorledene het ook die papiere op die tafel weggestamp van beskuldigde 6 af. Dit moes baie vernederend vir beskuldigde 6 gewees het. Beskuldigde 6 het egter geen reaksie getoon nie.



Mev Swart het verder getuig dat sy ook vir 18 jaar fisies en geestelike deur haar huidige man aangerand was en dat sy haar kan vereenselwig met die posisie van beskuldigde 6. Sy het erken dat sy, as haar man haar teen die muur vasdruk, sy terugbaklei het en horn geskop en geslaan en met haar naels geklou het, ondanks alles is sy nog baie lief vir horn en het sy horn versorg voordat hy opgeneem is in die tehuis. Sy het ook erken dat sy 'n wrok teen mans het, maar sien nie die goeie punte in goeie mans mis nie. Volgens Mev Swart sou sy, as dit haar baas was wat so met haar gepraat het soos die oorledene met beskuldigde 6 gepraat het, sy die rekenaar opgeblaas het deur al die knoppies op die rekenaar te druk. As dit haar man was, sou sy 'n mes in sy bors gedruk het.



Sy getuig dat sy haarself beskikbaar gestel het om te kom getuig in die saak oor wat sy die dag in die oorledene se werksplek gesien het, omdat sy uit ondervinding geweet het hoe beskuldigde 6 as 'n mishandelde vrou gevoel het daardie dag. Sy het besluit om dit te doen nadat dit in die koerante van die moord gekom het. Sy getuig ook dat sy beskuldigde 6 slegs een keer na die voorval by die veearts gesien het. Verder ken sy beskuldigde 6 glad nie.



Alta van Aardt, was voorheen met die oorledene getroud van 1975 tot 1985. Sy het ook 'n dogter, Yolanda, uit 'n vorige huwelik. Die oorledene se dogter, Deseray, het ook by hulle gebly. Deseray is omtrent 'n jaar ouer as Yolanda. Hulle het na hulle troue eers op Boksburg, daarna op Benoni en toe op Palaborwa gebly. Die huwelik met die oorledene was by tye gelukkig, maar daar was baie slegte tye gewees. Die oorledene het haar geskel, gevloek en geslaan en haar kop teen die muur gestamp en ook haar lip oop geslaan gedurende 'n vakansie by die see. Die aanrandings het gewoonlik plaasgevind nadat sy die oorledene uitgevang het as hy 'n verhouding met vrouens, gewoonlik met vriendinne van haar, en ander vrouens ook gehad het. Hy het haar dan beskuldig dat sy haar neus speurder hou.



Toe Yolanda ongeveer vyf jaar oud was, het die oorledene haar weer geslaan. Sy het toe met Yolanda weggehardloop en het eers om eenuur die nag teruggekom. Die oorledene het ook haar op die grasperk voor hulle vriend en hulle huishulp vasgetrap. Die huishulp het gese "baas, baas los die missies, jy gaan haar doodmaak". Op 'n keer het die oorledene, terwyl sy op haar kniee voor hom gestaan het, haar weer geslaan. Sy het gese "Basie slaan my tot jy moeg is". Sy het toe tot 17 getel. Hy het haar met die plat hand geslaan. Die aanrandings het kort na hulle troue op Boksburg begin. Sy het hieroor met die oorledene se ma en suster gepraat.



'n Meisie wat saam met haar gewerk het en wie se man in die army was, het verjaar en die aand het die oorledene haar en die meisie se drankies gedokter en die meisie verkrag. Sy het oorledene gevra hoe laat hy in die bed gekom het en hy het gese hy was voor haar in die bed, maar sy het in die vroee oggend gevoel hoe hy by haar bed ingeklim het. Op Vrydagaand het sy die oorledene saam met vriende en prostitute in 'n Kombi in Palaborwa gesien. Toe hulle haar sien, jaag hulle weg en die oorledene het toe langs die pad uitgespring. Toe sy horn daaroor gekonfronteer het, het hy haar weer geslaan. Die prostitute het haar die volgende dag na die Impala Hotel laat kom.



Mev Van Aardt het die oorledene baie kere verlaat, maar elke keer teruggegaan omdat die oorledene belowe het dat dit beter sal gaan en dat hy jammer was. Een keer het die oorledene weer haar kop teen die muur gestamp en haar hare uit haar kop getrek. Hy het toe sy geweer gevat en gese hy gaan Yolanda en Deseray doodskiet. Soos die oorledene na hulle kamer geloop het, het Mev Van Aardt horn aan sy enkels gegryp om horn te probeer keer, maar hy het haar agterna gesleep. Die oorledene het toe by die meisies gekom, maar niks gedoen nie. Mev Van Aardt het ook nie gedink hy sal dit regtig doen nie.



Hulle het vriende gehad by wie hulle dikwels gekuier het, maar die vriendskap was verbreek toe die oorledene 'n verhouding met die vrou aangeknoop het. Een dag het Deseray by haar gekom en gese sy wil met haar praat. By die swembad het Deseray, waar Yolanda by was, vir haar gese dat haar pa haar molesteer en gevra hoekom doen hy dit. Toe sy horn daarmee gekonfronteer het, het die oorledene dit ontken. Mev Van Aardt het ook getuig dat sy weer getroud is vir 23 jaar en dat haar man baie ernstig siek en bedleend in 'n tehuis siekeboeg is.



In kruisondervraging het die volgende na vore gekom. Mev Van Aardt het twee jaar gelede vir drie weke by beskuldigde 6 vakansie gehou en het gespeel en gereeld per SMS kontak met mekaar gehou. Mev Van Aardt wou nie die oorledene se begrafnis bywoon nie, maar Jacques se vrou het haar versoek om saam te gaan. Sy het egter die oorledene gaan groet in die lykshuis. Mev Van Aardt wou nie in die verhoor getuig nie, maar wil nou help om met die waarheid 'n verskil aan beskuldigde 6 se lewe te maak. Sy het besluit om van die oorledene te skei nadat sy uitgevind het dat Deseray en Yolanda deur die oorledene gemolesteer was. Deseray het aan Mev Van Aardt by die swembad gese "mamma hy doen dit aan ons", en daaruit het sy afgelei dat die oorledene hulle gemolesteer het. Dit was die eerste keer dat sy toe daarvan bewus geword het.

Sy het egter nooit haar dogter gevra hoeveel keer sy gemolesteer was nie. Yolanda het jare later aan haar gese dat die oorledene haar reeds van die ouderdom van vier jaar gemolesteer het. Mev Van Aardt het egter geen stappe geneem nie, behalwe om by die oorledene te pleit. Sy kan geen antwoord gee waarom sy nie stappe geneem het nie toe sy gehoor het haar dogters was gemolesteer nie. Miskien was sy te stupid of skaam om dit te se. Sy het egter wel Yolanda na 'n dokter geneem, wat bevestig het dat Yolanda gemolesteer was. Dit was gedurende 1984 of 1985 en kort daarna is sy geskei.



Mev Van Aardt kon ook geen antwoord gee oor hoekom sy nie die voorval by die polisie aangemeld het nie. Sy het beweer dat die oorledene se ma bewus was dat die oorledene haar geslaan het en dat die oorledene die dogters gemolesteer het. Die oorledene het selfs een keer sy ma gebel en haar gese hy het Mev Van Aardt geslaan. Die oorledene se moeder het toe om 12:00 die nag na hulle huis gekom. Haar kinders was bewus dat die oorledene haar geslaan het. Die oorledene het ook baie verhoudings met ander vrouens gehad en Mev Van Aardt kan onthou hoe hy een keer oor die balkon gespring het, toe sy aan die voordeur geklop het.




Die voorval met die prostitute het op 'n Vrydag plaasgevind.

Toe sy uit die werk gekom het, was die oorledene nie tuis nie. Elke keer as die oorledene iets gaan doen het, het sy so 'n aanvoeling gekry, en dan het sy hartkloppings gekry en begin bewe. Sy is toe na 'n vriend se huis en sy het gese dat die oorledene by 'n plek so 50 kilometer buite Palaborwa was. Sy en Deseray is toe om 17:00 tot 18:00 daar heen. Yolanda was nie saam nie. Met hulle aankoms daar, het hulle in die ruskamer van die hotel, or ruskamp, gesit en wag vir die oorledene om horn uit te vang met ander vrouens. Toe die oorledene nie opdaag nie, is hulle terug na hulle huis. Kort daarna het daar 'n Kombi aangekom wat 'n motor getou het. Hulle wou stop, maar toe hulle haar sien, toe ry hulle verby en jaag weg. Sy het agter hulle aan gejaag en toe sy by die besigheid kom, was die oorledene nie meer in die Kombi nie, want hy het blykbaar uitgespring en sy been beseer. Die volgende dag het die prostitute haar by haar werksplek gebel en gese sy moet na hulle hotel kom. Daar het hulle aan me Van Aardt gese dat die oorledene hulle nie betaal het nie en dat hulle besigheidsvrouens was. Mev Van Aardt het nie gedink hulle het reeds "dienste" gelewer nie, maar hulle het die nag in die hotel geslaap en het geld gesoek vir hulle onkoste.



Soos Mev Van Aardt verstaan het, het die vrouens se motor in Middelburg gebreek en was hulle daar gehaal gewees. Mev

Van Aardt het ook beweer dat die oorledene se ma haar gese het dat dit beter sou wees as Yolanda na haar pa toe gaan omdat die oorledene Yolanda gemolesteer het.



Cornelia Meiring het getuig dat sy sedert 1990 te Stilbaai
woonagtig is.
Sy en haar manhet 'n vis groothandelaaronderneming op Stilbaai. Sy het die oorledene en beskuldigde 6 vir so ongeveer drie jaar voor die voorval geken. Die oorledene het 'n boot gehad waarmee hy mense uitgevat het. Die oorledene het bykans daagliks by hulle gekom. Hy het vroeg in die oggend begin, gewoonlik so om 03h00 voormiddag, dan het die oorledene saam met haar man na hulle huis gekom en het partykeer roosterbrood en tee of net tee gevra.



Beskuldigde 6 het twee keer met die oorledene na hulle huis gekom. Die eerste keer was terwyl hulle gebraai het en die tweede keer op 'n Sondagmiddag toe hulle kom tee drink het. Beskuldigde 6 was altyd baie stil en die oorledene het die meeste van die tyd praatwerk gedoen. Die oorledene het ook verskeie opmerkings oor beskuldigde 6 gemaak, onder andere, dat beskuldigde 6 se Bybelversies horn ge'irriteer het. Die oorledene het een oggend woedend by hulle opgedaag en gese dat Jessica verloof was en dat hy daarteen gekant was. Die oorledene het gedreig dat as Jessica met die man sou trou, sal die man nie in die woonstel, wat die oorledene gekoop het, gaan bly nie.



Mev Meiring was ook bewus daarvan dat beskuldigde 6 die oorledene verlaat het en vir 'n rukkie in Somerset-Wes gebly het. Beskuldigde 6 het egter weer na die oorledene teruggekeer. Die oorledene het ook op 'n keer genoem dat hy graag van beskuldigde 6 wou skei, maar dat hy eers al beskuldigde 6 se goed van haar naam wou af kry, daarna wou hy sy vliegtuig vat en in Afrika opvlieg en nooit weer terugkeer nie. Mev Meiring het ook verskeie kere by beskuldigde 6 se winkel klere gekoop. Volgens haar is beskuldigde 6 'n baie vriendelike en gawe persoon. Beskuldigde 6 het Mnr Swanepoel "die Staatsgetuie" en sy gesin gehelp met babadoeke, kos en geld. Beskuldigde 6 het ook altyd die behoeftige mense gehelp.



Na die oorledene se dood was Mev Meiring so ongeveer drie keer by beskuldigde 6 se huis. Sy was bewus daarvan dat beskuldigde 6 'n groot hond ('n Great Dane) genaamd Stompie gehad het. Die hond kon nie juis loop nie en het gedurig gegly. Die hond was ook nie aggressief nie, maar wel 'n bang hond. Mev Meiring het die hond laat uitsit.




Die getuienis van Mev Swart vereis dat ek ook die getuienis van Jacomina Joubert moet noukeurig nagaan. Daar sal onthou word dat Jacomina Joubert getuig het dat sy by die oorledene vanaf Februarie 1996 tot middel 1998 gewerk het, dit is toe sy daar met beskuldigde 6 by die oorledene se firma, Dakota Produkte gewerk het. Volgens Mev Joubert was die oorledene onbeskof met sy personeel en het op hulle gevloek en geskel. Die oorledene was ook, volgens haar, onbeskof teenoor sy eie swart kliente. Die oorledene het ook op beskuldigde 6 gevloek en het haar verneder. Volgens Mev Joubert het beskuldigde 6 baie oggende met rooi gehuilde oe by die werk aangekom en het aan Mev Joubert genoem dat die oorledene haar geskel het.



Dit was ook Mev Joubert se getuienis dat beskuldigde 6 egter 'n baie sagte en nederige persoon was wat op haar gelukkigste was as sy iets vir iemand kon doen. Mev Joubert het ook getuig dat die oorledene swart werkers mishandel het en dat hy ook 'n K-woord teenoor hulle gebruik het. Ek moet dadelik noem dat haar getuienis rakend hoe die oorledene swartes mishandel het, het geen relevansie tot die saak teen die beskuldigdes nie. Hoekom dit ook op rekord geplaas is, bly maar bo my vuurmaakplek.



Mev Joubert se getuienis oor hoe onbeskof, en hoe die oorledene by die werksplek gevloek het, is egter lynreg in stryd met die van die Staatsgetuie, Mnr Daniel Swanepoel, wat ook by die oorledene gewerk het en getuig het dat hy geen kennis dra dat die oorledene mense gevloek en geskel het nie, behalwe toe die oorledene een keer geregverdig met hulle geraas het. Mnr Swanepoel beskryf ook beskuldigde 6 as 'n goedhartige en saggeaarde mens wat horn R600.00 gegee het vir kos.



Die ander sy van beskuldigde 6 se geaardheid wat bots met die saggeaarde mens wat op haar gelukkigste is, as sy iets vir iemand kon doen, waarvoor Mev Joubert beskuldigde 6 voorgedoen het, kom ook na vore in Mnr Swanepoel se getuienis. Toe mnr Swanepoel geweier het om die briefie te skryf wat beskuldigde 6 horn versoek het om te doen en waarin hy moes se hoe die oorledene haar in die publiek gevloek het, het beskuldigde 6 hom basies afbetaal en horn met 'n vrou en 'n kind op die straat gelos.



Beskuldigde 3 wat ook vir die oorledene as 'n huishulp gewerk het, ondersteun ook nie Mev Joubert se getuienis nie. Beskuldigde 3 het getuig dat sy nooit 'n gevloek en geskel deur die oorledene op beskuldigde 6 gehoor het nie. Haar verhouding met die oorledene beskryf sy as goed, normaal en vriendelik, alhoewel hy een keer op haar oor die televisie se klank geskreeu het. Die oorledene was ook nooit ongeskik met beskuldigde 6 in beskuldigde 3 se teenwoordigheid nie.



Soos in die geval met Mnr Swanepoel, openbaar beskuldigde 3 se getuienis ook 'n anderkant as die saggeaarde mens waarvoor Mev Joubert beskuldigde 6 voorgehou het. Beskuldigde 3 getuig dat op 'n keer het beskuldigde 6 aan haar gese dat sy slaappille in die oorledene se Coke gegooi het. Toe beskuldigde 3 daarop wys dat sy die oorledene 'n oordosis kan gee, het beskuldigde 6 geantwoord "sy worry nie, dan is hy dood". Beskuldigde 3 getuig verder dat sy nie weet of beskuldigde 6 so lief was vir haar man nie en of die storm oor die vloek en skel van die oorledene nie net 'n rookskerm was nie en of dat alles nie vir beskuldigde 6 net gegaan het oor geld en eiendom nie.



Beskuldigde 3 baseer haar afleiding, onder andere, op die feit dat beskuldigde 6 hoeveel keer aan haar gese het dat die oorledene se polis baie geld uitbetaal, miljoene. Beskuldigde 3 getuig ook dat beskuldigde 6, nadat die oorledene so siek was, aan haar gese het dat sy spyt is dat sy met die oorledene na die hospitaal gejaag het. Deseray se getuienis ondersteun ook die van Mnr Swanepoel en beskuldigde 3 dat beskuldigde 6 nie die nederige en sagte persoon is hoe Mev Joubert beskuldigde 6 beskryf nie. Deseray het getuig dat die aand toe hulle van Nelspruit na Stilbaai gekom het om die oorledene in die hospitaal te besoek, het beskuldigde 6, terwyl hulle geeet het, opgemerk "kom ons gee so lank die erfporsie uit".



Mev Joubert getuig ook dat die oorledene saam met haar man bordele besoek het en kinders gemolesteer het. Beskuldigde 6, in haar getuienis, verwys ook na die feit dat die oorledene kinders gemolesteer het, onder andere, haar, beskuldigde 6, se eie dogter, Jessica en haar stiefdogter, Deseray. Jessica het nooit getuig nie, maar Deseray, wat getuig het, het alles ontken. Ook hierdie bewering van Mev Joubert, moet dus met agterdog bejeen word.



Die vraag ontstaan waarom die groot verskil in haar getuienis oor die behandeling van die oorledene van sy werksmense, en beskuldigde 6 en die van Mnr Swanepoel en beskuldigde 3? Die antwoord le moontlik daarin dat Mev Joubert en beskuldigde 6 baie goeie vriende was. 'n Verdere vraagteken oor haar getuienis is die feit dat sy getuig sy het op 'n keer bedank en die oorledene het haar gevra om aan te bly, wat sy toe gedoen het. As dit dan so was dat die oorledene gedurig gevloek en geskel het op sy personeel, waarom het sy ingestem om aan te bly. Dit strook nie met die prentjie wat hierdie getuie van die oorledene wil skilder nie.




Mev Swart het erken dat sy 'n wrok teen mans het en as dit haar man was wat so met haar gepraat het, soos die oorledene met beskuldigde 6 in haar teenwoordigheid gedoen het, sou sy sy rekenaar opgeblaas het en 'n mes in sy bors gedruk het. Dit is dus duidelik dat hierdie getuie nie as 'n objektiewe getuie geklassifiseer kan word nie. Dit is dus moontlik dat daar wel 'n voorval tussen die oorledene en beskuldigde 6 kon plaasgevind het, maar weens hierdie getuie se wrok teen mans, het sy dit totaal buite verhouding opgeblaas in die guns van beskuldigde 6. Ek kan glad nie staatmaak op so 'n getuie se getuienis nie. Dit is gevaarlik en kon opgemaak gewees het.



Mev Van Aardt was voorheen met die oorledene getroud, soos ek gese het en het getuig hoe die oorledene haar aangerand, gevloek, geskel het toe hulle nog getroud was. Snaaks genoeg het sy erken dat sy self wou nie in die verhoor getuig het nie, maar wil nou na skuldigbevinding 'n verskil in beskuldigde 6 se lewe maak. Die vraag ontstaan egter hoekom sy nie in die verhoor wou getuig het nie, daar kon sy moontlik 'n beter verskil aan beskuldigde 6 se lewe gemaak het, of het sy moontlik 'n verskuilde agenda wat haar weerhou het om in die verhoor te kom getuig.



Dit is ook baie opvallend dat, soos beskuldigde 6, hierdie getuie ook verwys na vrouens wat die oorledene sou verkrag het en die molestering van kinders. Dit is alles bewerings wat nie deur die slagoffers bevestig was nie. Inteendeel die een slagoffer, Deseray, het ontken dat die oorledene haar ooit gemolesteer het terwyl beskuldigde 3 (Hester Ronika Afrika) ook ontken het dat die oorledene haar verkrag het soos beskuldigde 6 getuig het beskuldigde 3 dit aan haar sou gese het.



Mev Van Aardt, soos beskuldigde 6, het ook verwys na die oorledene se voorliefde vir prostitute. Die Hof het egter reeds in sy uitspraak beskuldigde 6 se verwysing na die prostituut wat aan beskuldigde 6 se voordeur om middernag kom klop het met 'n gebruikte kondoom, met agterdog bejeen. Volgens hierdie getuie het die prostituut haar na die hotel laat kom en het geld gevra vir hulle dienste aan die oorledene. Soos in die geval van beskuldigde 6, is dit baie verdag dat die prostitute hulle na die oorledene se vrouens gewend het. Waar sou hulle die vrouens se adres gekry het? Seer sekerlik sou die oorledene nie so dom gewees het om sy huisadres aan die prostitute te verskaf of te se waar sy vrou werksaam was nie?



Hierdie getuie kon ook nie aan die Hof werklik 'n aanvaarbare verskoning aanbied waarom sy niks gedoen het, nie eers die polisie betrek het, toe sy uitgevind het dat die oorledene vir Deseray en Yolanda gemolesteer het nie. Op daardie stadium kon sy nie meer vir hulle lewens gevrees het nie, want op 'n vorige geleentheid het die oorledene gedreig om die kinders te skiet en niks het gebeur nie. Die getuie het ook nie gedink dat die oorledene dit regtig sou doen nie. Dit het duidelik geword in kruisondervraging deur die Staat dat Deseray nie regtig vir Mev Van Aardt gese het dat die oorledene haar gemolesteer het.



Op 'n spesifieke vraag deur die Staat wat presies Deseray gese het, het Mev Van Aardt geantwoord dat Deseray sou gese het "mamma hy doen dit aan ons". Indien dit aanvaar word dat 'n ongeveer vyf- tot sesjarige dogter so sou gese het, hoe op aarde kan dit vertolk synde as molestering? Hierdie getuienis is verdag en het eienskappe van 'n opgemaakte storie. Op enige geval, Mev Van Aardt is nie 'n onpartydige getuie nie. Sy het openlik in kruisondervraging erken dat sy beskuldigde 6 se vriendin is en dat die twee wissel SMS'e met mekaar.



Die Hof het tyd gespandeer en het Mev Van Aardt dopgehou soos sy getuig het. Sy was onseker en het in die getuiebank gebewe. Haar getuiehouding was so sleg dat dit voorgekom het dat sy verplig was om te kom getuig oor haar ondervinding met die oorledene. Maar sou dit die waarheid wees dat haar huwelik met die oorledene vol probleme was soos sy getuig het, dit op sigself beteken nie dat beskuldigde 6 en die oorledene se huwelik soos haar s'n was nie.



Daar is objektiewe feite waarna die Hof in die uitspraak verwys het. Hierdie feite wat nie deur 'n mens verander word nie, dui daarop dat die oorledene sy vrou, beskuldigde 6, lief gehad het. Ek gaan nie hierdie objektiewe feite herhaal nie. Ek verwys maar net na die uitspraak. Hierdie Hof kan glad nie staatmaak op Mev Van Aardt se getuienis nie. Sy was nie die beste van die getuies wat voor my getuig het nie. Inderwaarheid die teendeel blyk die realiteit te wees.



Mev Meiring het wel getuig dat beskuldigde 6 'n baie vriendelike en gawe persoon was wat altyd almal wou help. Sy het die Swanepoel gesin as 'n voorbeeld gebruik. Sy was seker nie daarvan bewus dat beskuldigde 6 die oorsaak was dat Mnr Swanepoel sy werk verloor het nie. Beskuldigde 6 was ook daaroor verantwoordelik dat beskuldigde 2, 3, 4 nou skuldig bevind was aan moord. Hierdie feite weerspreek die gawe en vriendelike persoon waarvoor Mev Meiring beskuldigde 6 voorgehou het. Dit le voor die hand dat die ouderdom van die beskuldigde 'n besondere belangrike versagtende faktor kan wees.



Ek moet egter dadelik noem dat geeneen van die beskuldigdes so jonk was dat die Hof noodwendig moet bepaal of vasstel in

Wat normaalweg van belang is, is 'n gepaste straf wat die eerste oortreder nie sal breek en tot verdere misdadigheid lei nie, maar 'n aanmoediging bevat om nie vir 'n tweede keer te oortree nie. Hoewel daar geen rede is dat 'n eerste oortreder die ligste straf moet kry nie, (S v Victor 1970(1) SA 427 (A)) bestaan daar wel in ons reg 'n algemene riglyne dat die eerste oortreder, sover regtens moontlik, opbouend en tegemoetkomend gestraf behoort te word. Ek meld dadelik dat hierdie riglyne geld veral in gevalle waar beide die oortreder en die gemeenskap se belang gedien kan word deur 'n ligter tipe straf. Dit is veral in die geval van moontlike gevangenisstraf dat 'n beskuldigde as eerste oortreder noukeurig oorweging tydens vonnisoplegging verdien.



Daar word betoog namens beskuldigde 3 dat haar gesondheid swak is en sy het ook so getuig. Dit is wel so dat die feit dat 'n beskuldigde in 'n swak gesondheid verkeer, kan ook in gepaste gevalle 'n versagtende faktor wees. Ek moet egter onmiddellik meld dat dit sal veral die geval wees waar swak gesondheid gekoppel is aan hoe ouderdom en hoofsaaklik waar die swak gesondheid derhalwe 'n rol by die pleging van die misdryf gespeel het of waar die gevangenisstraf as strafvorm van belang is. Daar is wel geen reel dat beskuldigdes wat in swak gesondheid verkeer, nie na 'n gevangenis gestuur mag word nie.

Dit ten spyte daarvan, sal tog gewoonlik 'n versagtende uitwerking he tydens vonnisoplegging. Ek meld ook dat deesdae is daar egter beter mediese aandag wat aan die gevonniste gevangene beskikbaar gestel word. Ek sal derhalwe dit ook in ag neem. Beskuldigde 3 is 'n persoon met afhanklikes. Dit is hoekom sy gewerk het om ook 'n bydrae te maak in die onderhoud van haar kinders. Sy het in hierdie verband ook getuig. Dit is gebruiklik om op versagtende wyse in ag te neem dat 'n beskuldigde 'n verantwoordelikheid tot die onderhoud teenoor 'n gesin of ander afhanklikes dra. Ongetwyfeld is dit een van die ongelukkigste en mees nadelige gevolge van swaar strawwe, dat onskuldige persone wat van die oortreder afhanklik is, hulle bron van inkomste moet verloor. Indirek ontvang die afhanklikes van 'n beskuldigde ook straf, sonder dat die Hof dit kan verhoed, 'n feit wat veral in die geval van gevangenisstraf waar is.



Elke verhoorhof (hierdie Hof ingeslote) sal derhalwe tydens vonnisoplegging die versagtende uitwerking van verantwoordelikheid teenoor afhanklikes voor oe hou en deurgaans traag om so te straf dat die belang van die beskuldigde, van haar afhanklikes en die van die gemeenskap, gedien word. Sien S v Botha 1970(4) SA 207 (T) 408E per Hiemstra, R (soos hy toe was). Hiemstra se eie woorde is soos volg:



"Dit le voor die hand dat 'n beskuldigde se persoonlike omstandighede by vonnis in ag geneem moet word. By een kan 'n tronkstraf 'n veel hoer geldelike verlies meebring as by die ander. Vir 'n gesinshoof is tronkstraf normaalweg nadeliger as by 'n ongetroude."



In die onderhawige saak is tronkstraf natuurlik vir 'n moeder van kinders nadeliger as byvoorbeeld by 'n vrou sonder afhanklikes. Dit is hoofsaaklik in sake soos die huidige, waar swaar gevangenisstraf as 'n moontlike straf oorweeg word.



Ek het van die voorvonnisverslae verneem dat beskuldigde 6 van 'n gesin kom waar 'n hegte gesinslewe 'n betekenisvolle realiteit is. Hegte gesinslewe, of gesinsbande is ook 'n belangrike versagtende faktor weens die verstaanbare behoudende effek wat dit in 'n oortreder se optrede na die verhoor kan he. In minder ernstige sake, sal 'n Hof steeds daarna street om so ver regtens moontlik so te straf dat die positiewe element nie verlore gaan nie. Beskuldigde 6 is, volgens die voorvonnisverslag, 'n suksesvolle besigheidsvrou.




Die feit dat 'n beskuldigde 'n verantwoordelikheid teenoor afhanklikes dra, kan soos voorheen gemeld, versagtend op sy vonnis inwerk, veral in die gevalle waar daardie verantwoordelikheid gekoppel is aan 'n hegte gesinsverband, 'n goeie betrekking en voortgesette produktiwiteit. Ek meld weereens al hierdie faktore, wat dit dikwels besonder gepas maak om ligter te straf, sal beter van krag wees in mindere ernstige misdrywe waar die Hof, onder andere, vonnisse soos opgeskorte en/of uitgestelde vonnisse sal moet oorweeg.



Daar is sprake dat van die beskuldigdes berouvol is. Beskuldigde 3 het so getuig. Dit behoort duidelik te wees dat die oortreder wat berou toon vir sy of haar wandaad, asook aandui dat hy nie weer die misdryf sal pleeg of tot misdadigheid in die algemeen sal oorgaan nie, word tereg deur die Howe tegemoetkomend gestraf. Inderwaarheid die berou moet sodanig wees op 'n oortreder dat, in die eerste plek, moet besef dat hy verkeerd gehandel en in die tweede plek, onderneem om nie weer te oortree nie. So 'n beskuldigde word deur die gemeenskap en die howe as minder strafwaardig geag, omdat sy of haar berou en voorneme aanduidend is van vrugbare materiaal per hervorming en verbetering tot sy eie voordeel en die van die gemeenskap.



Dit dien gemeld te word dat 'n vertoning van berou, en belofte tot hervorming geskied gewoonlik met 'n pleit van skuldig (maar nie noodwendig). Klaarblyklik sal 'n pleit van skuldig en 'n gees van erkentenis en die onderneming tot verbetering, reg van die begin van 'n verhoor 'n besondere positiewe uitwerking he. Sien S v Gumede 1964(1) SA 413 (N). Dit is wel so dat 'n beskuldigde kan ook berou toon deur na skuldigbevinding getuienis ten aansien van vonnis af te le, selfs waar hy onskuldig gepleit het. Om bloot te kom getuig en se "ek het berou oor my aandeel dat ek die huis gaan uitwys het" is glad nie werklik berou nie.



'n Mens sou verwag het dat sulke beskuldigde haar bereidwilligheid sou toon om die gevolge te dra wat gepaardgaan met die wys van die oorledene se huis op Jongensfontein. Die Howe vereis nie 'n blote vertoning van berou nie, maar 'n oortuiging van opregte berou. Die beskuldigde behoort die Hof volkome in sy vertroue te neem ten aansien van die misdryf, die wyse van en beweegredes vir die pleging daarvan. Getuienis deur homself of haarself is gewoonlik 'n vereiste omdat hy die Hof moet oortuig van sy of haar opregte berou en voorneme om nie 'n misdadige optrede te herhaal nie. Bowendien die beskuldigde moet verkieslik sy opregte berou, spyt en voorneme om te verbeter toon terwyl die verhoor aan die gang is en beslis voor vonnis. Sien S v Revill 1974(1) SA 743 (A) op 746B-E.

Derhalwe is dit van besondere belang om altyd voor oe te hou dat die beskuldigde die reg het om onskuldig te pleit, die reg het om sy saak te verdedig, om Staatsgetuies uit te daag en hulle getuienis te betwis en met sy of haar onskuld te volstaan tot aan die einde van die verhoor. Die algemene beginsel is, na my oordeel, deur Wessels, HR in 'n ou saak van EX PARTE MINISTER OF JUSTICE in R x Berqer & Another 1936 AD 334 soos volg:



"It's a general principle of our law that in awarding punishment, the magistrate or judge must take all the circumstances into consideration, everything that adversely affects the accused in his person, his occupation or his property is part and parcel of the punishment inflicted upon him."



Dit word inderdaad tereg gese dat na skuldigbevinding, die Regter in 'n ander sfeer verkeer waar die ople van straf gepaard moet gaan met die oordeelkundige genade in menslikheid ooreenkomstig die feite in omstandighede van 'n besondere geval. Dus moet die Regter kennis neem van die gevolge van enige moontlike straf op 'n beskuldigde en dan die straf volgens reg en billikheid bepaal.




Beskuldigde 2, Ricardo Piedt, het wel vorige veroordelings.

Dit werk verswarend op vonnis omdat dit aantoon dat die beskuldigde nie deur vorige strawwe verhoed is om weer tot misdadigheid oor te gaan nie. In so 'n geval 'n strawwer vonnis blyk aangewese te wees in 'n poging om die gemeenskap te beskerm en aan die owerhede die geleentheid te bied om die beskuldigde te hervorm of te verbeter. Geeneen van beskuldigde 2 se vorige veroordelings hou verband, of is soortgelyk aan die misdryf waaraan hy huidiglik skuldig bevind is nie. Die ware toedrag van sake is dat die aard en die omvang van die vorige veroordelings is van besondere belang. Dit word aanvaar dat vorige veroordelings op 'n geneigdheid tot misdadigheid dui, maar daarteen behoort geen Hof horn blind te staar nie. Die vorige veroordelings behoort goed bestudeer te word en ek het beskuldigde 2 s'n bestudeer. In S v Coetzee 1970(2) SA 228 (N) het die Hof beslis dat die vorige veroordeling moet wel bestudeer word, veral die volgende is van belang:

  1. Die verband, indien enige, tussen die vorige veroordelings en die betrokke misdryf, soortgelyke veroordeling werk sterk verswarend op die vonnis in.

  2. Die graad van ernstigheid van die vorige veroordelings. Ernstige vorige veroordelings het in die algemeen 'n sterk verswarende effek op vonnis.

  3. Die tydsverloop tussen die vorige veroordeling self en tussen laasgenoemde en die betrokke misdryf.

  4. Die strawwe wat die beskuldigde vir vorige veroordelings opgele is.



Vanaf 1996 tot en met 2005 was beskuldigde 2 aan die volgende misdryf skuldig bevind. Op 4 Julie 1996 was beskuldigde 2 aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal skuldig bevind. Die oplegging van die vonnis was uitgestel tot 1 Augustus 1990 en hy was onder sekere voorwaardes vrygelaat. Op 11 Maart 2002 was beskuldigde 2 aan diefstal skuldig bevind en is gevonnis tot 'n boete van R600,00 met drie jaar gevangenisstraf as alternatief. Hierdie vonnis is as geheel egter op sekere voorwaardes opgeskort. Op 9 Januarie 2004 was hy aan diefstal skuldig bevind en is gevonnis tot ses jaar gevangenisstraf, en 'n vonnis wat weereens as geheel op sekere voorwaardes opgeskort was. Op 10 Februarie 2005 was hy aan diefstal skuldig bevind, hier is hy tot sewe maande gevangenisstraf gevonnis, hierdie tyd was die vonnis nie opgeskort nie. Op dieselfde dag, maand en jaar was hy aan diefstal skuldig bevind en is hy tot sewe maande gevangenisstraf ook, wat ook nie opgeskort was nie, gevonnis.

Alhoewel daar betoog word dat beskuldigde 2 nooit voorheen aan moord skuldig bevind was nie, sy vorige veroordelings toon aan 'n element van oneerlikheid. Dit moet nie vergeet word nie dat beskuldigde 2 'n gehuurde moordenaar is. Dit is slegs oneerlike mense wat instem om ander mense dood te maak teen betaling van 'n bepaalde bedrag geld. Ek aanvaar die vorige veroordelings wys nie dat hy 'n gewelddadige mens is nie, tog is hulle relevant tot sy persoonlikheid.



Ernstigheid van die misdryf:

Ek moet by vonnisoplegging die "hele kalender" van die misdryf in ag neem. Die woorde is geleen van Eksteen, R in S v Haasbroek 1969(1) SA 356 (OK) 360F. Met ander woorde, hoe ernstiger die misdryf, hoe groter is die morele verwytbaarheid van die beskuldigde wat daaraan skuldig bevind is. Soos dit in S v Zinn supra, op 540H-541A gestel word, elke Hof sal dan ook die straf wat opgele word aanpas by die totale graad van ernstigheid van die misdryf. Ek gaan nie net bloot aanvaar dat moord ernstig is. Elke geval en elke misdryf moet natuurlik op sy eie meriete beoordeel word en gevolglik sal alle relevant bewese feite en faktore oorweging geniet. Die gevolge van die misdryf is ook baie belangrik om in ag geneem te word, met ander woorde hoe ernstiger die gevolge van die wandaad van die beskuldigde op benadeeldes of die gemeenskap in die geheel, hoe sterker die strafverswarende werking sal dit he. Sien S v Bengesa 1979(4) SA 448 (ZR).



In die onderhawige saak het die Hof te make met 'n moord van sluwe en noukeurige beplanning aan die kant van die beskuldigdes (hoofsaaklik beskuldigde 6) voorafgegaan is. Daar is ongetwyfeld 'n hoe mate van morele laakbaarheid wat gedra is. Hierdie moord val onder die kategorie van misdrywe wat gekenmerk word teen koel en slinkse beplanning voordat daartoe oorgegaan is. Dit, na my oordeel, is moreel gesproke, meer afkeurenswaardig as 'n mens dit sou vergelyk met impulsiewe of planlose misdadigheid. Ons Howe in die algemeen heg besondere strafverswarende betekenis aan


sluwe beplanning en berekende misdadigheid. Sien S vIvaseniscevic & Another 1967(4) SA 572 (A), S v Mafela & Another 1980(3) SA 825 (A).



Oor 'n lang tyd is daar gepoog om die oorledene deur middel van muti of gif van sangomas te dood. Hy het op 'n stadium Coca-Cola gedrink waarin die sangoma se poeier gegooi was sonder dat iets met horn gebeur het. Dit was duidelik tot die verbasing van beskuldigde 3 en beskuldigde 6, die mense wat die mengsel voorberei het. Nadat die sangomas nie daarin geslaag het om die oorledene van sy lewe te ontneem nie, is 'n ander plan beraam. Beskuldigde 3, op opdrag van beskuldigde 6, het 'n sekere Tokkie van Somerset-Wes geskakel om die oorledene teen betaling van 'n bepaalde bedrag by sy vliegtuigloods te kom doodmaak. Daardie Tokkie was duidelik nie bereid om dit te doen nie. Hy het onder andere genoem dat hy nie meer sulke dinge doen nie en bowendien was sy meisie destyds swanger gewees. Hierdie man is ten spyte daarvan herhaaldelik gebel en gesoebat om die oorledene te kom vermoor.



Toe die man uiteindelik ingestem het, is planne opgetrek om horn in 'n posisie te plaas om die oorledene se vliegtuigloods te bereik. Volgens beskuldigde 3 se getuienis, is dit beskuldigde 6 wat sulke planne opgetrek het en wat dan deur beskuldigde 3 aan Tokkie van Somerset-Wes oorhandig moes word. Dit is nie duidelik nie wat uiteindelik met hierdie plan gebeur het nie. Die punt bly staan dat die oorledene is nie daar in sy vliegtuigloods aangeval nie. 'n Ander plan het na vore gekom. Daarin betrokke was Caroline May. Laasgenoemde is deur beskuldigde 6 van geld voorsien om ook die sangomas te gaan opspoor wat die oorledene sou doodmaak. Die poeier van die sangomas wat in die bedlakens versprei moes wees, het nie die oorledene se gesondheid en derhalwe sy lewe geaffekteer nie.

'n Ander plan is beraam, weereens is Caroline May betrokke. Laasgenoemde is van geld voorsien en sy moes toe iemand kry wat die oorledene fisies sou doodmaak. Die plan het al die beskuldigdes voor hierdie Hof betrek. Dit is as gevolg van hierdie laaste plan dat beskuldigde 2 in die prentjie gekom het. Hy is van die nodige wapen voorsien om die oorledene se lewe te gaan ontneem. Die wapen was 'n mes wat beskuldigde 2 beskrywe het as "die regte tool" vir die job. Daar was altyd verbinding tussen Caroline May en haar susters met beskuldigde 6. Laasgenoemde het beskuldigde 3 versoek om die Marais se woning te gaan uitwys, wat sy wel gedoen het. Hierdie laaste plan het inderdaad geslaag want die oorledene is deur beskuldigde 2 onverwags in eersgenoemde se motor-garage daar in sy halfgeboude huis, langs sy woning, oorrompel en verskeie kere met die mes gesteek. Die oorsprong van al hierdie planne was beskuldigde 6 self. Sy het gebruik gemaak van haar geldelike posisie om toe te sien dat die oorledene doodgemaak moet word. Daar was sonder twyfel meer as genoeg tyd om alles te besin en teen verdere planne 'n besluit te neem. Dit is duidelik dat beskuldigde 6 begerig was om die oorledene dood te sien. Die plan van die telefoonoproep wat die oorledene uitgelok het van sy huis in die nag, was ook beskuldigde 6 se plan.




Soos die Hof in die uitspraak tereg opgemerk het, het beskuldigde 6 die oorledene goed geken (soos dit te verwagte van 'n man en 'n vrou) en het ten voile kennis gedra dat indien daar gemeld word daar 'n inbraak was by sy vliegtuigloods, sou hy nie gehuiwer het nie om te gaan kyk nie. Bowendien die telefoonoproep het ook gemeld dat die polisie reeds daar was. Die oorledene moes net kom om die skade te kom berokken of bepaal. Dit was die slimste plan wat ek ooit teegekom het. Die oorledene was ongewapen, hy was derhalwe 'n weerlose persoon teenoor die gewapende beskuldigde 2 wat reeds in die oorledene se garage geplant was.



Die optrede van beskuldigde 2 was 'n teken van gevoelloosheid en 'n lafhartigheid aan sy kant. Sonder twyfel het hierdie voorval, dit wil se die dood van die oorledene, op daardie wyse, in sy eie huis die diepte afkeuring en verontwaardiging van die gemeenskap van Stilbaai, Jongensfontein, ontlok. Ek noem dadelik dat wrede of gevoellose optrede van beskuldigde 2 teenoor die oorledene gedurende die pleging van die moord van die oorledene, mnr Basie Marais, moet geag word as 'n strafverswarende faktor. Sien in hierdie verband S v Wilken 1971(3) SA 488 (A) 491A en S v Du Toit 1979(3) SA 846 (A) 856.



Beskuldigde 3 het as 'n huishulp opgetree en was deur die egpaar vertrou. Die oorledene het beskuldigde 3 baie vertrou.

Ek meld dat die beskuldigde wat die vertrouensverhouding waarin hy of sy jeens andere staan misbruik, ten einde sy of haar wandaad te verrig, verhoog daardeur die laakbaarheid van die misdryf. So 'n beskuldigde skok nie alleen die vertroue in horn of haar gestel nie, maar ontlok ook die besondere ontwaarding van die gemeenskap, deur misbruikmaking van die vertrouensverhouding waarin hy of sy geplaas is. Sien S v Herbst 1979(S) (sic) SA 306 (O) 307E, S v Van Rooven 1979(2) SA 1156 (N) en S v Reddv 1975(3) SA 757 (A) 759D.



Dit dien gemeld te word dat 'n geregshof het, as 'n taak, die handhawing van orde in die gemeenskap. Derhalwe funksioneer die Hof in die gemeenskap vir die gemeenskap en inderdaad in die belang van die gemeenskap in die algemeen. Sien in hierdie verband Du Toit, Straf in Suid-Afrika 1981 Uitgawe, bladsy 91 tot 92. Hierdie oogmerk word in gepaste gevalle in 'n swaarder vonnis nagestreef. Wat wel belangrik is, is dat die Hof moet steeds 'n gebalanseerde straf ople sonder enige oorbeklemtoning van die gemeenskapsbelang en beskerming daarvan.



Individualisasie, wat voorheen gemeld is, mag nie deur die
gemeenskapsbelang en die noodsaaklikheid om dit te beskerm,
verdring nie.
'n Duidelike onderdeel van die

gemeenskapsbelang is die belange van persone wat direk deur die misdryf benadeel is, asook diegene wat op indirekte wyse benadeel is. Ek moet ten laaste meld dat effektiewe en gepaste vonnisoplegging is op 'n gebalanseerde wyse daarop gemik om die persone ook tevrede te stel dat reg en geregtigheid geskied het en dat daar op verhewe wyse vergeld is en dat eierigting derhalwe onnodig is. As die verhoorhof hierdie belangrike faktor tydens straftoemeting uit die oog verloor, word eierigting uitgelok en daardie straf is altyd op oneffektiewe wyse. Sien S v J supra op 156D en S v Holder supra op 80-1.



Natuurlik sal die Hof steeds sy eie oordeel vel en sy eie diskressie uitoefen en sal horn daarom nie skuldig maak aan blote oorname van die gemeenskapsgevoel rakende die misdryf wat in hierdie saak ter sprake is nie. Sien S v Sokhela 1967(4) SA 396 (N), S v Arnols 1980(2) PHH 103 (A). Daar is inderdaad baie verswarende faktore in hierdie saak, tog is dit van die grootste belang dat die Hof steeds 'n gebalanseerde vonnis moet ople, selfs in die aanwesigheid van die een of ander faktore. Met ander woorde die oorbeklemtoning van strafverswarende faktore behoort vermy te word.



In S v Zinn supra, het 'n Rumpff, AR (soos hy toe was) daarop gewys dat gebalanseerde vonnisoplegging juis inhou dat oorbeklemtoning en gevolgelike onderbeklemtoning van faktore tydens straftoemeting voorkom behoort te word. Dit wil egter nie se dat strafverswarende faktore nie op 'n gebalanseerde wyse die Hof tot 'n swaarder vonnis mag bring nie. Wat werklik vereis word, is 'n ewewigtige oorweging van alle relevante faktore wat in 'n gepaste, redelike en effektiewe vonnis tot voordeel van die beskuldigde en die gemeenskap sal eindig.



Ek handel met korrektiewe toesig. Die oogmerk en strekking van korrektiewe toesig. Korrektiewe toesig is in 1991 in die Suid-Afrikaanse regstelsel ingesluit as 'n alternatiewe vonnis-opsie. Sien Hiemstra, Criminal Procedure, bladsy 28 - 32. Andersen, "Correctional Supervision", June 2000 De Rebus. Dit is 'n gemeenskap gebaseerde vonnis wat standaard drie elemente insluit, naamlik huisarres, monitering en gemeenskapsdiens. Sien S v Ntaka (2000) 3 ALL SA 170 (SCA). Ander addisionele voorwaardes kan ingesluit word soos byvoorbeeld slagoffer vergoeding of verpligte bywoning van spesiale programme of lesings. Sien Anderson supra.



Korrektiewe toesig is die gevolg van 'n klem verskuiwing in die strafideologie van Suid-Afrika se strafregstelsel:



"Met die klem verskuiwing wat as strafedeologie van meer humane vonnisse voorstaan, politieke verandering, die swak ekonomie, styging in misdaad weens relatiewe deprivasie en heersende korrupsie en geweld, blyk dit dat gevangenisstraf nie noodwendig die beste opsie vir die rehabilitasie van 'n misdadiger is nie."


Sien Erasmus, Die Effek van Korrektiewe toesig op die Eggenote of Saamwoonmaat van die Manlike Toesiggeval (2000 MA Kriminologie), Universiteit van Pretoria, bladsy 22. Erasmus, met verwysing na Neser, verduidelik dat:



"Die primere doel van gemeenskapgebaseerde vonnisse, soos byvoorbeeld korrektiewe toesig, daarop gerig is dat die oortreder kontak met die samelewing, wetsgehoorsame burgers en veral sy gesin moet behou. Hierdeur kan die impak wat gevangenisstraf moontlik andersins op sy gesin sou gehad het, geminimaliseer word."



Sien Erasmus: Die Effek van Korrektiewe Toesig op die Eggenote of Saamwoonmaat van die Manlike Toesiggeval (2000 MA Kriminologie) op bladsy 22. In die algemene terme kom korrektiewe toesig daarop neer dat "die oortreder, in sy natuurlik omgewing, naamlik sy tuiste, 'gevange' gehou word deur die verlies aan vryheid, terwyl sy bewegings tot sy woning en werksplek beperk word". Erasmus verduidelik dat daar ook


'n gemeenskapsdimensie aan die algemene omskrywing is:



"Weens die aard van die korrektiewe toesig as gemeenskapgebaseerde vonnis, kan die samelewing daarby betrek en bevoordeel word, byvoorbeeld deur gemeenskapsdiens wat die toesiggeval verrig, terwyl daar terselfdertyd gepoog word om die nodige opvoeding en rehabilitasie wat die oortreder mag nodig he, in sy natuurlik omgewing aan horn te bied."



Sien Erasmus Supra op bladsy 23. Die idee van vergelding staan egter in direkte konflik met 'n vonnis soos korrektiewe toesig. 'n Balans moet daarom gehandhaaf word tussen die betrokke teoriee, sonder om die een onregverdige voorkeur bo die ander te gee, met genoegsame inagneming van die Zinn drieledige benadering.



In S v R 1993(1) SA 476 (A), het die Appelhof die geleentheid gekry om te besin oor die oogmerk en die toepaslikheid van 'n korrektiewe toesig-vonnis in terme van artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet. Wat betref die aard van die korrektiewe toesig as 'n straf, het die Hof opgemerk dat dit 'n veelsoortige karakter het:

"By nadere ondersoek word dit duidelik dat die benaming 'korrektiewe toesig' nie soseer 'n vonnis beskryf nie, maar 'n versamelnaam is vir 'n wyse verskeidenheid maatreels waarvan die enkele gemeenskaplike kenmerk is dat hulle buite die gevangenis toegepas word."



Sien S v R supra op 487. Na verdere oorweging van die wysigingswet op aangeleenthede rakende korrektiewe dienste en toesig, het die Hof opgemerk dat die belangrikste aspek van korrektiewe toesig, "die klem verskuiwing het vanaf gevangenisstraf na hervorming" is. Sien weereens S v R supra op 487. Daar is verder oorweging geskenk aan artikel 84(1) van die wet, om die omvang van korrektiewe toesig as 'n strafvorm te bepaal. Dit lees soos volg:



"Elke toesiggeval is onderwerpe aan die monitering, gemeenskapsdiens, huisarres, indiensplasing, diensverrigting, slagoffervergoeding en rehabilitasie - of 'n ander program soos deur die hof of die kommissaris bepaal of by of kragtens hierdie wet voorgeskryf, en aan enige ander vorm van behandeling beheer of toesig met inbegrip van toesig deur 'n proefbeampte, wat die kommissaris na ooroeg met die betrokke maatskaplike welsynowerheid mag bepaal ten einde die oogmerke van korrektiewe toesig te verwesenlik."



Aangesien geeneen van die genoemde maatreels in die wet omskryf is nie, is die afleiding gemaak dat die inhoud van die generiese terme deur die straftoemeters bepaal kan word binne die raamwerk van die betrokke Wetgewing. Na oorweging van die maatreels en ander verwante wetgewende bepalings het die hof in S v R supra te 488 verder opgemerk:



"Dit beklemtoon dat korrektiewe toesig 'n eie en andersoortige strafvorm is, en dat diegene wat daaraan onderwerp word wesenlik verskil van gevonnisde gevangenes. Die wetgewer het dus duidelik onderskei tussen twee soorte misdadigers, naamlik die wat deur gevangenissetting van die gemeenskap afgesonder moet word en die wat strafwaardig is, maar nie uit die gemeenskap verwyder hoef te word nie. Wat meer is, die wetgewer het ondubbelsinnig deur die klemverskuiwing wat uit die wysigingswet as geheel spreek, aangedui dat straf hervormend, maar desnoods hoogs bestraffend, nie noodwendig of selfs primer deur opsluiting in 'n gevangenis haalbaar is nie. In die besonder moet daar ingesien word dat daar nou gevoelige straf toegemeet kan word sonder gevangenissetting met al die bekende nadele aan laasgenoemde verbonde vir beide die prisonier en die bree gemeenskap. 'n Vonnis van korrektiewe toesig kan tewens so saamgestel word dat dit vir die veroordeelde meer veswaar word as kort termyn gevangenisstraf."



Opweeg van belange. In die onlangse uitspraak in S v Marais 2009(1) SACR 299 (E), het die Hof uitgewys dat korrektiewe toesig wel in sommige omstandighede 'n gepaste straf kan wees vir erge misdade soos moord of verkragting of omdat die straf nie by die misdadiger pas nie, of omdat dit nie as genoegsame afskrikking sal dien nie. Plaskett, R het verduidelik dat die toepassing van korrektiewe toesig as 'n vonnis in onvanpaste gevalle afbreuk doen aan die waarde van die vonnisopsie in gepaste omstandighede. Hierdie beskouing van Plaskett, R is versoenbaar met die van die konstitusionele hof in S v M 2007(2) SACR 539 (CC), waar die hof beklemtoon het dat alhoewel korrektiewe toesig 'n innoverende strafvorm is, dit slegs 'n positiewe impak in gepaste sake sal he. Dieselfde argument is ook te vinde in S v Shutte 1995(1) SACR 344 (C) 350:




"Courts should be cautious not to debase the coinage of correctional supervision as a form of punishment. If it is used indiscriminately, it will soon forfeit it's credibility."



Korrektiewe toesig word veral as 'n gepaste alternatief gesien vir oortredings wat kwalifiseer vir direkte tronkstraf van minder as drie (3) jaar. Die Hof, in S v Ingram 1995(1) SACR 1 (A) te 9, het soortgelyk geredeneer deur te se:



"As a correctional supervision under section 276(1)(h), can only imposed for a period not exceeding three years, it is not a sentence that readily lends itself to the very serious category of crimes which would normally call for higher sentences and should, therefore, not be too lightly imposed in such cases."



Die misdaad:

Dit hang af van die omstandighede en die graad van afkeurenswaardigheid van elke misdaad of korrektiewe toesig in plaas van direkte tronkstraf as 'n gepaste vonnis opgele kan word. Sien S v Marais 2009(1) SACR 299 (E) te 308. Volgens die Hof in S v Ntaka [2008] ZASCA 30; (2008) 3 ALL SA 170 (SCA) te par18 is die feit dat korrektiewe toesig juis 'n "ligter" straf as direkte tronkstraf is, deel van die waarde daarvan:

"It offers an offender an opportunity of remaining within the community without the negative influences of prison while serving a substantial punishment."



Die Hof het gevolglik bevestig dat hierdie onderliggende waarde korrektiewe toesig spesifiek gesien kan word in misdade teen kinders:

"These features render it especially useful in the case of child offenders as it emphasises the rehabilitation of the offender and allows for an individualised punishment."



Beide die minderheid en die meerderheid in S v Ntaka supra, het bevestig dat daar oorweeg moet word of die toestaan van korrektiewe toesig as 'n straf die nodige putatiewe impak sal he wat die aard van die misdaad vereis. Korrektiewe toesig mag nie as 'n sagte opsie oopgestel word vir misbruik nie. Enige misdade moet gelykwaardige vonnisse tot gevolg he. Die Hof in S v Nqini & Another 2000(2) SACR 511 (A) te paragraaf 8, soos aangehaal in S v Ntaka supra, het gevolglik verklaar:



"The question is therefore, whether in all the circumstances a sentence of correctional supervision would be appropriate. It is unnecessary to repeat what has been said before of the advantages of correctional supervision. They are well known. What I think must be acknowledged, however, is that insofar as a first offender in particular is concerned and leaving aside for the moment the practicalities of administering a non-custodial sentence, whether correctional supervision as opposed to direct imprisonment is to be imposed must depend ultimately on the seriousness of the offence and the particular circumstances in which it was committed. This is so because, whatever its advantages, correctional supervision remains a lighter sentence than direct imprisonment. Any contention to the contrary I think, would be unrealistic."



In konteks van vonnisoorweging en huurmoorde, is die volgende 'n relevante stelling in S v Ferreira and Others 2004(2) SACR 454 (SCA) te paragraaf 70, per Marais, AR, van belang:



"It is of course so that the motives which prompt the hiring of contract killers may vary from those which are undeserving of any sympathy whatsoever to those which evoke a great deal of sympathy. And these variations in motive are equally obviously highly relevant to the sentence imposed. But after all is said and done, a contract killing for a reward is involved. That is, I believe, in the eyes of most reasonable people, an abomination which is corrosive of the very foundations of justice and its administration. While there is clearly room for differentiation of sentences in even contract killings because a degree of repugnancy of the motive in one case may be less than that in another, a Court must face the fact that, whatever the motive, a remedy which society rightly regards as an abomination has been unlawfully resorted to by the accused. If no greater sanction for that than a non­custodial sentence is set by this Court to be an appropriate response to a contract killing, I believe it will undermine public confidence in the courts, encourage a believe that those who instigate contract killings, will not necessarily be visited with incarceration, foster a perception that, provided one's motives are subjectively pure and no matter how unreasonable and culpable, one's failure to explore or make use of other or less drastic options may be, society will not be greatly offended by one's engagement of killers to do away with another human being. Similar to the kind of reasoning to which vigilante lynch mob resort to excuse their actions: A noble motive and a genuine lack of faith in the ability of the law to deal effectively with a victim and protect the public from his or her violence."



Huurmoorde is dus van so afkeurenswaardige aard, dat die gemeenskap nie 'n vonnis vir korrektiewe toesig as aanvaarbaar sal beskou nie. Dit skep ook die verkeerde indruk by oortreders betrokke by so 'n misdaad dat hulle met klaarblyklike subjektiewe goeie bedoelings en genoegsame berou met 'n ligter vonnis gestraf sal word. Op appel het die meerderheid in Mfazwe & Others v S (2009) ZAWCHC 161 (29 Oktober 2009) te paragraaf 12, ook bekend as die Rodrigues of Baba Jordaan-saak, hulle self geassosieer met 'n soortgelyk siening van die verhoorhof:



"I am not obliged to impose a lesser sentence simply because the accused have established substantial and compelling circumstances. This finding allows me to determine a sentence that is fair in all the circumstances. As to the charge of murder, the harshest of punishment is the only one this Court can justify imposing upon accused 1, 2 and 3. No substantial and compelling circumstances can, in this case, justify a lesser sentence than that prescribed by the act. With regard to accused 4 and 5 they were juveniles when they committed the crimes. Although I do not concede a correctional supervision in any form appropriate because I believe both of them to be perpetrators as well as victims I have no hesitation in imposing a substantially lesser sentence upon them."



In Klevnhans v S (2007) 1 ALL SA 414 (W) het die Hof in casu, reaksie op 'n klag van diefstal verklaar dat dit moeilik was om in die omstandighede van die saak te sien hoekom korrektiewe toesig 'n gepaste alternatief moet wees, aangesien die misdaad oor 'n tydperk van 'n jaar beplan is. Die feit dat daar 'n tydsverloop was waarin die oortreder kon besin oor die beoogde onregmatige optrede, is dan ook 'n belangrike oorweging. Sien S v M 2007(12) BCLR 1312 (CC) te par. 52.



Die misdadiger:

Die Hof in S v Bergh 2006(1) SACR 225 (N) het beklemtoon dat die vonnis nie net by die misdaad moet pas nie, maar ook by die misdadiger. In die oorweging van korrektiewe toesig as

'n vonnis, sal die Hof oorweging gee aan die volgende. Eerstens, is die oortreder 'n risiko vir die gemeenskap? Tweedens, sal effektiewe beheer oor die oortreder uitgeoefen kan word? Derdens, wat is die persoonlike omstandighede van die oortreder? Vierdens en laaste, is die oortreder bereidwillig om homself of haarself aan die korrektiewe toesig te onderwerp?



In S v R 1993(1) SA 476 (A) het die Hof verduidelik dat die beskuldigde se persoonlike omstandighede ook 'n belangrike oorweging was in die bepaling van die vonnis. In casu is daar daarop ag geslaan op die feit dat die appellant gediagnoseer is met 'n persoonlikheidsgebrek en 'n behoefte aan terapie gehad het wat nie in die gevangenis beskikbaar was nie. In S v R supra te 489 tot 490 is die volgende uiteensetting te vinde:



"Word daar dan na die onderhawige misdaad en veral na die misdadiger gekyk, skyn korrektiewe toesig by uitstek die geskikte strafvorm te wees. Appellant is nog betreklik jonk (hy is nou 32 jaar oud) en het stewige gesinsbande en 'n stabiele werkspatroon. Sy misdadigheid is van 'n besondere aard en vind sy oorsprong in persoonlikheidsfaktore (en 'n gepaardgaande drankprobleem) wat gunstig gereageer het op behandeling. Gevangenissetting sal noodwendig die persoonlikheidstekorte nadelig be'invloed en onderbreking van die terapie meebring. Die misdaad was wel ernstig maar daar was tog strafversagtende faktore aanwesig. Die slagoffer was nie 'n weerlose kindjie nie....geen sprake van 'n aanranding nie; die klaer is verlei, en toe hy later terugdeins, het appellant dit aanvaar. Die omstandighede rym trouens met die gedragspatroon van 'n persoon met die gebreke wat die psigiater gediagnoseer het en die proefbeampte beskryf het. Hoewel sy optrede strafwaardig is, moet die klem by sy vonnis op remedierende behandeling eerder as op vergelding val."



Gegewe die feit dat die appellant se situasie, volgens die Hof, 'n aangewese geval vir korrektiewe toesig was, is die saak dan "na die verhoorhof terug verwys vir die oplegging van 'n vonnis van korrektiewe toesig ingevolge die bepaling van artikel 276(1)(h) van die Strafproseswet 1977". Die oorweging van die misdadiger se omstandighede is weereens beklemtoon in S v Maleka 2001(2) SACR 366 (SCA) op 368-369:



"Though murder is obviously a very serious crime, it does not follow axiomatically that this fact, of itself, should overshadow all other considerations relevant to sentence in a particular case. In considering whether a sentence of correctional supervision is an appropriate sentence for a first offender...the question to be answered is: "whether the particular offender should, having regard to his personal circumstances, the nature of his crime and the interest of society, be removed from the community."



Die Hof is dus verplig om te bepaal of die misdadiger 'n individu is wat uit die samelewing verwyder moet word, of iemand is wat 'n misdaad gepleeg het wat straf regverdig, maar wat nie noodwendig uit die samelewing verwyder hoef te word nie, soos bevestig deur Kriegler, R in S v R supra en die Konstitusionele Hof in M v S, paragraaf 58. In S v Lepholletsa (1997) 3 ALL SA 113 (A) het die Hoogste Hof van Appel egter die volgende uitgewys:



"Die eenvoudige rede is dat korrektiewe toesig soms as onvanpas beskou word weens redes insluitende die aard en ems van die oortreding en die omstandighede waaronder dit gepleeg is wat niks te make het met die appellant se persoonlike omstandighede nie. (Vergelyk S v Sinden 1995(2) SASV 704 (A) 708i-709c."

Die gemeenskap:

In Bull & Another v S 2002(6) BCLR 551 (SCA) het die Hoogste Hof van Appel aangedui dat die beskerming van die samelewing of gemeenskap, 'n negatiewe oogmerk van strafoplegging is met die voorwaarde dat die howe respek toon vir die grondwetlike waarde van proporsionaliteit. Daar moet in ag geneem word dat alhoewel die vonnis spesifiek handel met die misdaad en die oortreder, dat steeds 'n boodskap aan die gemeenskap, binne wie se gebied die misdaad gepleeg is. Sien S v Ntaka supra, paragraaf 30. Alhoewel daar versagtende omstandighede teenwoordig kan wees, byvoorbeeld, eerste oortreder, aktiewe lid van die gemeenskap, broodwinner, uitlokking, blootstelling aan vernederende optrede van die oorledene, nie vooraf beplan, mag dit steeds wees dat die misdaad van so 'n erge aard is, dat dit nog steeds noodsaaklik is om in die gemeenskap se belang 'n duidelike boodskap te stuur dat die optrede nie geduld sal word nie.



In S v Dlamini, S v Dladla & Others. S v Joubert, S v Schietekat 1999(2) SACR 51 (CC) te 80, het Kriegler. R beklemtoon dat dit onverskillig sal wees om die sosiale realiteit waarin die grondwet toepassing vind, te ignoreer, aangesien misdaad 'n ernstige nasionale probleem is. As gevolg van die realiteit het gevangenisstraf amper 'n outomatiese reaksie vir ernstige misdade geword. Sien ook Vermaak, Crime & Punishment in South Africa, April 2008 De Rebus.



Vonnisse moet wel tred hou met die realiteit van die misdaadprobleem, maar vonnisse moet ook binne die konteks van elke saak geindividualiseer word. Korrektiewe toesig kan in sekere gevalle die gepaste kontekstuele opsie wees. Die Hof in S v Bergh supra, het bevestig dat die Howe steeds 'n plig het om vonnisse op te le wat 'n toekomstige oortreder sal afskrik. Wanneer daardie vonnis oorweeg word, met inagneming van die publieke belang, moet daar onderskei word tussen publieke verwagting en publieke belang:



"The public expects severe sentences and reacts with outrage when they are not imposed. But public expectation is not synonymous with public interest. It is the duty of the Courts to serve the public interest. If the Courts give in and impose sentences that reflect public expectation, there will, at best be a return to a parliamentary sovereignty and a retreat from the new constitutional dispensation, and at worst, mob rule. The Courts must safeguard their independence from the public and politicians alike. Only Courts stand between the individual and the mob and each member of the mob must be made to realise that one day he may be the individual."



Sien S v Makwanvane & Another 1995(3) SA 391 (CC), soos na verwys in S v Gerber (2002) 1 ALL SA 43 (W) te paragraaf 8. Die Hoogste Hof van Appel is S v Ntaka supra te paragraaf 31, het ook te kenne gegee dat 'n te swaar straf soms nie die belange van die gemeenskap dien nie en so ook nie 'n te toegeeflike straf nie:

"Courts should, therefore, strive for a proper balance that has due regard to all the objects of sentencing. A proper balance of those objects in this case informs me that the interest of society -these include the interests of the complainant, herself a child when violently introduced into womanhood by the appellant, which very nearly ended her life, who must now pick up the pieces and contend with the adverse and obviously long-term psychological and emotional consequences of the rape....and the nature and gravity of the offence demand that the elements of retribution and deterrence must take precedence over the appellant's interests, including his young age. An extended custodial sentence is, without doubt, the only appropriate punishment in this rape case."



Die Hoogste Hof van Appel het ook al verduidelik dat waar die erge daad van die misdaad 'n duidelike boodskap aan die gemeenskap noodsaak, dit ten koste van die oortreder sal moet geskied:



"Whilst it is true that where the seriousness of an offence makes it necessary that a clear message be sent to the community at large that resort to violence will not be tolerated (S v Maleka 2001(2) SACR 366 (SCA) at par 8), this must not be done at the expense of an accused person's personal circumstances."



Sien ook Marourlis v S (2009) 2 ALL SA 429 (SCA) te paragraaf 15. Die vraag is wat is dan die gepaste straf. 'n Vonnis van korrektiewe toesig sal onvanpas wees, indien dit nie die bestraffende impak het wat deur die erge graad van die misdaad vir die afskrikking van sulke toekomstige oortredings benodig word nie. Die Hoogste Hof van Appel in S v Ntaka supra het dan ook geredeneer dat erge misdade weens die tydsbeperkings in artikel 276(1 )(i) nie kwalifiseer vir die oorweging van korrektiewe toesig nie. Sommige Howe het egter al verklaar dat korrektiewe toesig wel soms 'n gepaste straf vir moord kan wees. Korrektiewe toesig is egter nie die standaard in elke moordsaak nie.



In Department of Correctional Services & Another v S (2002) 3 ALL SA 326 (T) te 334-335, moes die Hof 'n gepaste straf oorweeg vir 'n skoondogter wat haar skoonma vermoor het:



"I do not believe that it is an appropriate message to send to a community that a daughter-in-law may, with impunity, murder her mother-in-law when she has difficulties with her partner. I should be extremely concerned if it were to be thought that domestic disputes (whether intra or extra-marital) could be resolved with the use of a gun, with correctional supervision perceived to be the only punishment. It is trite that punishment serves not only rehabilitative purpose, but also contains a strongly retributive element. Both the retributive and the deterrent elements of punishment must be honoured. Now to impose a correctional supervision, will serve no useful purpose."



In die onderhawige saak is ek verplig om vonnisoplegging te benader op die basis dat die wetgewer 'n vonnis bepaal het wat normaalweg opgele moet word. Sien S v Malgas 2001(1) SASV 469 (HHA). Volgens die laasgenoemde gesag, tensy daar duidelike ware, oortuigende redes bestaan vir 'n ander vonnis, moet ek die voorgeskrewe vonnis ople. In die Malgas saak supra, het Marais AR egter bevind dat artikel 51 van die Strafproseswysigingswet 105 van 1997 (die minimum vonniswet) nie regtig 'n diskresie wegneem nie, al wat belangrik is, is dat die korrekte benadering noukeurig gevolg moet word.



Hierdie beslissing het die siening dat die wetgewer dienooreenkomstig oor die laaste paar jaar minimum strawwe ingevoer het wat die Howe se diskresie aan die band le, geadresseer. Voor Malgas saak supra, het 'n paar skrywers gemeen dat daar dus 'n bepaalde spanning is tussen vasgestelde minimum strawwe en Howe se diskresie met betrekking tot strafoplegging. Vergelyk Terblanche, Aspects of Minimum Sentences Legislative Judicial Comment and the Court's Jurisdiction, 2001 SAS 1 and Van der Merwe, A Criterion for Sentencing - the Quest for Justice 1994(7) SAS 200.



In S v Dzukuda & Others, S v Tshilo 2000(11) BCLR 1252 (KH) ook gerapporteer as 2000(4) SA 1078 (KH), is dit beslis dat dit egter verkeerd is om van die standpunt uit te gaan dat straftoemeting uitsluitlik 'n regtelike bevoegdheid is, want die wetgewer het ook wel deeglike belang en seggenskap daarby. Volgens Malgas saak supra, die Hof mag nie ligtelik afwyk van die voorgeskrewe vonnis op deursigtige flou gronde nie. Geen faktore word uitgelaat by die oorweging nie. Marais, AR het uitdruklik beklemtoon dat die Hof moet kyk na die uiteindelike kumulatiewe impak van al die omstandighede om te sien of hulle die afwyking van die voorgeskrewe vonnis regverdig.



Hierdie belangrike Malgas gesag supra, meld ook dat die wetgewer uitdruklik dit aan die Howe oorgelaat het om te besluit of die omstandighede die afwyking regverdig en dat alhoewel die klem verskuif het na die objektiewe erns van die misdaad en die behoefte aan effektiewe straf, beteken dit nie dat alle ander oorwegings buite rekening gelaat moet word nie. Soos ek Malgas saak supra verstaan, die uiteindelike impak van al die omstandighede wat by 'n vonnisoplegging relevant is, moet gemeet word deur die maatstaf wesenlike en dwingende en moet gesamentlik 'n afwyking van die standaard vonnis regverdig.



Laastens, by vonnisoplegging moet die Hof in ag te neem dat die besondere misdaad (die moord waaraan die beskuldigde skuldig bevind is) uitgesonder is vir 'n voorgestelde straf. 'n Vonnis moet oorweeg word met inagneming van die standaard voorgeskrewe vonnis. In S v Dodo 2001 (1) SASV 594 (KH) het Ackerman, R die Malgas uitleg van artikel 51(1) onderskryf. Verder in laasgenoemde saak, het die Konstitusionele Hof gevind dat artikel 51(1) nie ongrondwetlik is nie. Verder is dit bevind in Dodo se saak supra, dat onder die grondwet is daar nie 'n absolute skeiding tussen die regssprekende, uitvoerende en wetgemagtigde nie. Sien paragraaf 22 van die Dodo saak. Beide die wetgewer, en die uitvoerende gesag, het 'n belang by vonnis deur die Howe opgele. Sien paragraaf 23 van die Dodo saak. Artikel 51(1) het nie tot gevog dat Howe se diskresie hul sodanig ontneem is dat hulle nie meer as "gewone" Howe beskryf kan word nie. Sien paragrawe 44, 45 en 51.3 van Dodo se saak.



Die grootste en uitdagende taak aan die kant van die Hof in die onderhawige saak, is om feite en omstandighede wat direk of indirek met hierdie saak verband hou, te identifiseer en horn 'n vraag afvra of sodanige feite en omstandighede enkel of gesamentlik neerkom op die wesenlike en dwingende omstandighede al dan nie. Met ander woorde moet ek nie net die beskuldigdes se persoonlike omstandighede nagaan nie, maar die soeklig moet op alles wat in die pleging van die moord wat in die saak ter sprake is, gaan. Ek kyk hier onder noukeurig na sodanige feite en omstandighede. Soos genoem word is ek onder 'n ernstige plig om te bepaal of daar wesenlike en dwingende omstandighede is in die onderhawige saak.



Al die beskuldigdes se persoonlike omstandighede is aan die Hof bekend. Ek het dit ook klaar gemeld. Na my oordeel, die enigste ding wat ten gunste van beskuldigde 2 tel, is dat vanaf die datum van arrestasie tot op hede is hy in aanhouding. Mnr Johnson het betoog dat daar 'n ander belangrike omstandigheid is aan die kant van beskuldigde 2, naamlik dat hy alkohol ingeneem het. Ek moet onmiddellik noem dat daar geen getuienis is dat beskuldigde 2 dronk was nie. Die grusame moord in hierdie saak wat hy wel gepleeg het, kon glad nie deur 'n dronk persoon gepleeg word nie. Die feit dat hy alkohol ingeneem het om homself die sogenaamde "Dutch courage" te gee om die oorledene aan te val en horn soveel wonde toe te dien soos hy gedoen het behoort, streng gesproke, verswarend teen horn te werk.



Die punt bly staan dat uiteindelik dra die beskuldigde die las om getuienis ten opsigte van die versagtende faktor voor die Hof te plaas. Al beskou ek beskuldigde 2 se persoonlike omstandighede kumulatiewelik, kan ek geen aanwesigheid van die wesenlike en dwingende omstandighede vind nie. Beskuldigde 2 is 'n gehuurde moordenaar. Hy bly 'n gevaarlike mens vir die samelewing. Teen die beloofde betaling van enige bedrag hoe klein ook al, kan beskuldigde 2 enige medemens doodmaak. Soos voorheen aangetoon, hy is lewensgevaarlik vir die samelewing en is ook 'n gevaar vir homself. Een keer sal hy geplant word in iemand se plek met die doel om so 'n persoon dood te maak en sal hy verbaas wees dat die beoogde slagoffer betyds bewus geword het en het ook homself behoorlik gewapen. Beskuldigde 2 kan ook sy eie lewe in gevaar plaas. Dit sal horn ook baat dat hy vir 'n redelike lang tyd van die samelewing verwyder moet word.



Beskuldigde 3 is 'n getroude vroumens met afhanklikes. Daar was ook getuig en betoog oor haar gesondheidstoestand. Ek het reeds met die kwessie van die afhanklikes hierbo gehandel. Beskuldigde 3 se gesondheidstoestand is nie sodanig dat dit nie binne die gevangenis behandel kan word nie. Ek is van oordeel dat hierdie besondere beskuldigde was in 'n posisie om die oorledene se lewe te red. Sy het egter gekies om horn nie te help nie. Daar was vir so 'n lang tyd gepoog om die oorledene van sy lewe te ontneem. Beskuldigde 3 was altyd deel van al die vorige planne, tog het sy nie die oorledene gewaarsku nie.



Indien sy sou gedink het dat deur te rapporteer aan die oorledene, sou die huwelik tussen horn en sy vrou, beskuldigde 6, op 'n manier geaffekteer word, sou sy maklik die polisie in kennis gestel het. Dit is hoe 'n wetsgehoorsame burger van die land moes gedoen het. Sy het nie soos 'n wetsgehoorsame burger opgetree nie. Beskuldigde 3 se uiteindelike keuse om in die middel van die nag vir die moordenaar te gaan wys waar die oorledene se huis was en die moordenaar te vergesel tot by die garage van die halfgeboude huis waar hy geplant was, is inderdaad deurslaggewend in die onderhawige saak. Hiersonder kon die oorledene nie doodgemaak word nie.



Mnr Pieter Visagie, die opvoedkundige sielkundige wat namens beskuldigde 3 getuig het, het onder ander die volgende bevinding oor haar gemaak:



"Me Afrika se persoonlikheid is tipies emosioneel, oorgekontrolleer, aangesien sy geneig is om meer fokus te plaas om die welstand van ander. Sy is ook meer geneig om nie selfsgeldend op te tree nie en is ook nie assertief genoeg nie. Dit wil voorkom asof me Afrika toelaat dat sy deur ander mense gemanipuleer word omdat sy nie 'n standpunt inneem nie. Dit word weerspieel in die feit dat sy emosies van magteloosheid presenteer wat gepaard gaan met sosiale afsydigheid."

Ek is dit ineens met hierdie sienswyse. Beskuldigde 3 was so gemanipuleer deur beskuldigde 6, dat sy ook toegelaat het dat haar eie susters, op amper soortgelyke wyse deur beskuldigde 6 gemanipuleer word. Om duidelik en eenvoudig te wees, is ek van oordeel dat beskuldigde 3 eintlik dwars en dom was om toe te laat dat sy deur beskuldigde 6 gemanipuleer was en dat sy ook haar twee susters aan hierdie manipulasie blootgestel het. Sy het by die Marais kom werk as 'n huishulp. Toe het sy betrokke geraak in haar werkgewer se persoonlike sake, wat verkeerd is. Dit hoef nie gebeur het nie. Ek is bereid om te aanvaar dat beskuldigde 3 'n swak geaardheid het en dat sy derhalwe manipuleerbaar is. Dit kan egter nie in haar guns gebruik word nie. Ek kan ook nie in haar spesifieke geval bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede is nie.



Onmiddellik as 'n mens moet verwys na beskuldigde 4, kom daar 'n prentjie dat Caroline May opgetree het as 'n hooforganiseerder en dat beskuldigde 4 het as Caroline May se self-aangestelde regterhand opgetree het. Die meerderheid van ritte opsoek na 'n sangoma, of die persoon wat die oorledene sou doodmaak, is onderneem deur beskuldigde 4 saam met Caroline May. Die selfoon waarin die oorledene se nommer ingepunch was, was in beskuldigde 4 se besit gewees toe daar gery was na die Marais se woning om die moord te gaan pleeg. Toe beskuldigde 3 gevra het wat sy met die selfoon moet doen toe dit aan haar gegee was, daar waar die motor tot stilstand gekom het, was dit beskuldigde 4 wat beskuldigde 3 gese het dat sy dit aan "die klong moet gee, hy weet wat om te maak".



Ek het nog nie vergeet van beskuldigde 4 se getuienis dat na die moord, het beskuldigde 6 die nag aanmekaar gebel en gese dat sy twee uur sal wag om hulle kans te gee om weg te kom en dan sou sy self na die oorledene gaan kyk. Haar persoonlike omstandighede, wat ek reeds uiteengesit het, al sou hulle kumulatiewelik saam beskou word, lei my nie tot 'n bevinding dat daar wesenlike en dwingende omstandighede is in haar besondere geval nie.



Beskuldigde 6 se persoonlike omstandighede is ook hierbo uiteengesit. Ek het gedeeltelik met van haar persoonlike omstandighede hierbo gehandel. Dit dien gemeld te word dat die korrekte toedrag van sake is dat die huurooreenkoms om die oorledene dood te maak, is streng gesproke gesluit tussen beskuldigde 2 en beskuldigde 6. Beskuldigde 3, 4 en Caroline May, was niks anders as beskuldigde 6 se agente nie. Hulle het die plig gehad om namens haar die onderhandelswerk te doen met beskuldigde 2. Beskuldigde 6 het die geld beskikbaar gestel deur dit vir Caroline May te gee.

Beskuldigde 6 het self die slim plan beraam om die oorledene uit te lok, op 'n slim wyse (sy het ook so getuig), het sy aanvanklik die plaaslike polisiestasie te Stilbaai gebel en die persoon wat die oproep geantwoord het, het genoem dat hy konstabel Japhta was en dat dit die Stilbaai polisiestasie is. Toe het beskuldigde 6 op 'n slim wyse gese dat dit 'n verkeerde nommer was en het die foon neergeplaas. Daarna het sy haar plan aangepas en vir die agente, dit wil se beskuldigde 3, 4 en Caroline May, in kennis gestel dat die persoon wat die oorledene uit die huis sal lok, moet se dat hy konstabel Japhta is van die polisie te Stilbaai en dat daar by die oorledene se vliegtuigloods ingebreek was en dat die oorledene uitgenooi word om die skade te kom bereken of te bepaal.



Beskuldigde 6 het ook met beskuldigde 2, deur middel van haar agente (beskuldigde 3, 4 en Caroline May) gepraat oor waar die oorledene sy bakkie sou gaan haal het om te voldoen aan die versoek van "konstabel Japhta". Beskuldigde 2 was geplant waar die oorledene se bakkie geparkeer was, die garage van die halfgeboude huis wat langs die woning van die oorledene gelee was en wat ook aan die Marais behoort het. Dit dien gemeld te word dat beskuldigde 6 was altyd die prinsipaal in die huurooreenkoms ondergaan, namens haar, deur die agente (naamlik beskuldigde 3, 4 en Caroline May). In beskuldigde 6 se geval ook bestaan daar geen wesenlike en dwingende omstandighede nie.



Hierdie saak het baie verswarende omstandighede. Verswarende omstandighede is deel van die oorwegingsproses by vonnisoplegging ten aansien van alle misdrywe, moord ingeslote. Verswarende faktore gee normaalweg aanleiding tot 'n swaarder vonnis omdat dit, in die eerste plek, die morele verwytbaarheid van die beskuldigde vergroot of verdiep. In die tweede plek, die morele verwytbaarheid van die beskuldigde in die oe van die gemeenskap vergroot. En in die derde en die laaste plek, die laakbaarheid van die beskuldigde se daad vergroot. Of 'n faktor 'n verswarende faktor is in die graad van verswaring wat dit op die vonnis tot gevolg sal he, is uiteraard 'n vraag waaroor die Hof in sy ongebonde diskresie na aanleiding van alle relevante feite sal beslis.



Ten slotte moet ek waarsku en se dat hierdie nuwe afkeurenswaardige praktyk, gewoonte en/of neiging dat die eggenotes in 'n huwelik mekaar doodmaak of buitestaanders huur om 'n ander eggenoot te kom vermoor, moet stop gesit word. Ten spyte daarvan dat ek nie die aanwesigheid van wesenlike en dwingende omstandighede bevind het nie, bly ek van oordeel dat die omstandighede van die saak, hoofsaaklik waar sodanige omstandighede verband hou met beskuldigde 3 en 4, is sodanig dat dit beteken dat die voorgeskrewe vonnis in hulle besondere geval onregverdig is en dat dit buite verhouding tot die misdaad, die misdadiger en die behoefte van die gemeenskap sal wees. Sien in hierdie verband Malgas supra. Hulle behoort ongetwyfeld baie swaar gestraf te word.



Na deeglike oorweging van al die ter saaklike vonnisvereistes en omstandighede wat in die onderhawige saak heers, word die beskuldigdes soos volg gevonnis:

1. Beskuldigde 2, Ricardo Piedt, U word gevonnis tot LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF.

2. Beskuldigde 3, Hester Ronika Afrika, U word gevonnis tot SESTIEN (16) JAAR GEVANGENISSTRAF.

3. Beskuldigde 4, Elizabeth Lawerdien, U word gevonnis tot SESTIEN (16) JAAR GEVANGENISSTRAF.



4. Beskuldigde 6, Ruby Charmaine Marais, U word gevonnis tot LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF.





DLODLO, R