South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 114
| Noteup
| LawCite
Theron v Van Per Berg and Another (6301/2010) [2010] ZAWCHC 114 (29 March 2010)
Download original files |
JUDGMENT
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: 6301/2010
DATUM: 29 MARCH 2010
In die saak tussen:
J G M THERON Applikant
en
D J VAN PER BERG 1ste Respondent
B C VAN PER BERG 2de Respondent
UITSPRAAK
ALLIE, J:
Na aanhoor van al drie die partye; applikant, asook die regsverteenwoordiger namens die eerste respondent en tweede respondent en na die lees van hierdie stukke in hierdie saak, asook die lees van die stukke in saaknommer 5814/2010, wat gebring is deur mnr Theron, in sy hoedanigheid as ontvanger van die tweede respondent en applikant se gemeenskaplike boedel, is ek van mening dat applikant nie hierdie aansoek moes gebring het sonder om die twee respondente kennisgewing te gee nie. Met ander woorde hy kon dit nie ex parte bring nie. Die enigste rede wat hy aanvoer waarom hy dit ex parte gebring het, is omdat hy se die eerste respondent moontlik die saak sou opponeer. Wat dan wel sy reg is om te opponeer en die eerste en tweede respondent het toe daardie reg uitgeoefen deur om die keerdatum te vervroeg en die saak vandag te laat aanhoor as 'n kwessie van dringendheid.
Ek is ook van mening dat die applikant nie in sy funderende eedsverklaring en die dokumente wat aangeheg het, 'n saak uitgemaak het van dringendheid van die aard, wat die tipe aansoek noodsaak soos wat hy dit gebring het. Ek is ook nie van mening dat die applikant nie gewys het dat hy geregtig is op die bevel waarvoor hy gevra het nie. Hy gee geen rede waarom dit nou so dringend is dat hierdie dokument moet op beslag gele word nie. Hy bewoord ook nie sy aansoek en die redes wat hy voor vra in sy aansoek, soos die van 'n bevel nisi nie. Hy bewoord dit slegs as die van 'n finale bevel, want hy vra onmiddellik dat die eerste respondent as ontvanger onthef word. Hy se nie dat dit as 'n tussentydse bevel moet dien nie.
Verder is bedes 2 en 3 van hierdie aansoek te wyd, in die sin dat die applikant vra dat die balju al hierdie gelde en beleggings wat in die boedel is, moet hy nou oor beslag le. Daar word geen voorsiening gemaak oor wie nou hierdie bates sal bestee in die tussentyd nie. Daar word ook nie uiteengesit waar hierdie gelde gekry moet word en wie dit sou moes identifiseer nie. Dieselfde geld ook vir bede 3 van sy aansoek, wat ook net se dat die balju alle en enige boeke, rekords en besonderhede met betrekking tot genoemde boedel in eerste respondent se besit of onder sy beheer op beslag le, maar daar word nie voorsiening gemaak, wat gewoonweg die saak is in hierdie tipe anti-dissipasie aansoeke nie. Daar word nie voorsiening dan gemaak vir die aanstel van 'n persoon wat objektief kan optree en identifiseer wat hierdie gemelde boeke, rekords en besonderhede is nie. Die bede is te breed in daardie sin.
Daar word ook nie voorsiening gemaak oor wat gaan gebeur met hierdie boeke, rekords en besonderhede na die beslaglegging nie, behalwe dat daar gese word dat daar 'n inspeksie gehou sal word. Daar word ook nie gese deur wie die inspeksie gehou sal word nie. Daar word ook nie gese wanneer die inspeksie gehou moet word of teen watter tyd die inspeksie gehou moet word nie. Daar word ook nie voorsiening gemaak van die uitslag van die inspeksie en of daar 'n verslag opgestel gaan word en deur wie die verslag opgestel gaan word en waar die verslag blootgele gaan word nie. Dit word nie gese of dit by die Hof ingedien gaan word nie en hoe gaan dit by die hof ingedien word nie. Vir geen van hierdie goed word daar voorsiening voor gemaak nie.
So hierdie bevel nisi wat verkry is op 26 Maart 2010 is te breed en dit is gebrekkig in al hierdie opsigte wat ek nou genoem het in die sin dat die applikant die Hof mislei het deur nie al die feite voor die Hof te sit toe hierdie bevel verkry is nie. Baie van die feite wat wel voor my vandag is en daar is ook ander feite wat nog steeds nie voor my gesit is nie, in die sin dat die applikant wel probeer mondelingse getuienis lewer oor nuwe getuienis wat hy nie uiteengesit het in hierdie stukke nie, het hy wel nie voor die Hof gesit wat die bevel nisi toegestaan het nie. Derhalwe was dit nodig dat beide eerste en tweede respondente hierdie aansoek moes opponeer en die keerdatum vervroeg. As gevolg daarvan het hulle natuurlik sekere regskoste aangegaan.
Die rede waarom tweede respondent geregtig is om die saak te opponeer, is natuurlik uiteengesit in haar beedigde verklaring. Sy stem saam dat eerste respondent so gou as moontlik 'n hofbevel sou moes kry wat horn die geleentheid gee om 'n veiling te hou, omdat dit blykbaar so is dat die partye nie tot dusver ooreengekom het nie op die verdeling van die bates. Sy voel natuurlik, soos sy beweer, dat die ontheffing van die eerste respondent - en dan op 'n latere stadium die aanstelling van 'n ander persoon as ontvanger - 'n verdere vertraging van die van verdeling van die gesamentlike boedel sal veroorsaak en dat dit nie in haar belang sou wees nie. Derhalwe is sy geregtig om hierdie saak te opponeer, wat sy wel gedoen het.
Om dit net verder te voer van wat ek voorheen gese het, die eerste respondent en tweede respondent het dan wel sekere regskostes aangegaan as gevolg van die feit dat hulle hierdie saak moes opponeer. Dit kon vermy gewees het of die lengte van die aansoek kon vermy gewees het, indien hulle wel kennis gehad het van die aansoek wat Vrydag gebring was. So die feit dat hulle nou hierdie geweldige klomp regskoste moes aangaan en hierdie saak laat hoor het oor 'n periode van ten minste drie uur en die tyd wat hulle regsverteenwoordigers hier by die hof moes sit en wag vir die Hof om gereed te wees, hierdie is alles koste wat kon vermy gewees het, indien hulle kennis gehad het van hierdie aansoek wat gebring sou gewees het Vrydag 26 Maart.
Die applikant het dan besluit om die aansoek te bring op 'n ex parte basis, dit wil se sonder om vir Respondente kennis te gee, derhalwe het hulle nou geweldig meer koste aangegaan as wat hulle heel moontlik destyds sou aangegaan het, Vrydag dit wil se, en hulle is geregtig om hulle koste te verhaal. So my bevel is dan:
1. Die bevel nisi wat toegestaan is Vrydag 26 Maart 2010 in hierdie saak, word dan opgehef met koste.
2. Dat die applikant dan die regskoste van beide eerste en tweede respondent sou moet dra en dat daardie regskoste sal moet gedra word op 'n skaal van prokureur en eie klient koste.
ALLIE, R