South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 118

| Noteup | LawCite

Snyders v S (SS10/2009) [2010] ZAWCHC 118 (13 May 2010)

Download original files

PDF format

RTF format



IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(WES KAAP HOË HOF, KAAPSTAD)


Saak Nr: SS10/2009


In die saak tussen:


DIE STAAT


en


CHRISTIE ABRAHAM SNYDERS Beskuldigde



VONNIS GELEWER OP 13 MEI 2010


Allie, R


  1. Die hof moet die persoonlike omstandighede van die beskuldigde, die belange van die gemeenskap asook die aard en omvang van die oortreding in ag neem wanneer ʼn gepaste vonnis oorweeg word.


  1. Die doel van vonnis is om te rehabiliteer waar dit moontlik is, om die gereelde voorkom van die misdaad te probeer verminder en dus om as afskrikking te dien en om ook vergelding te bewerkstellig.


  1. Die beskuldigde was 33 jaar oud toe die misdaad gepleeg is. Hy het gewerk by die SAPD vir 15 jaar en was ʼn hof ordonnans te Bellville hof toe die voorval gebeur. Hy moes sy vrou en 2 minderjarige kinders van 8 en 14 jaar onderhou. Hy is ʼn eerste oortreder. Hy het die oorledene se gesin gevra om vergifnis in die hof.


  1. Die misdaad was gepleeg ongeveer 14 maande nadat die beskuldigde uitgevind het dat sy vrou ʼn buite egtelike verhouding gehad het met die oorledene, sy buurman en vriend. Dit blyk dat die beskuldigde en sy vrou ʼn versoening probeer bewerkstellig tussen hulle en die oorledene en sy vrou by priester Swarts. Die beskuldigde het ook gegaan na ʼn sielkundige vir huweliksberading. Hy het sekere literatuur gelees om hom te help om die situasie te aanvaar.



  1. Omdat die beskuldigde nie die hof in sy vertroue geneem het oor waarom hy so ontsteld was die dag toe hy die misdaad gepleeg het nie, weet die hof nie wat gelei het na sy optrede daardie spesifieke dag nie. Dit is inderdaad duidelik dat die beskuldigde nog steeds nie goed gesind was teenoor die oorledene nie.


  1. Die beskuldigde het nie opgehou totdat hy die oorledene bykom op die betrokke dag. Soos voorheen uiteengesit in die uitspraak, moes daar talle ander uitweë wees om weg te kom van die oorledene indien hy wel die beskuldigde aangeval het. Die beskuldigde het roekeloos sy vuurwapen hanteer wel wetend dat die hamer oorgehaal was toe hy die twee skote voor die deur van Mnr Sedisa afvuur. Hy het sodoende nie omgegee vir die veiligheid van die oorledene nie.



  1. Die gesin van die oorledene moes verder die bekommernis verduur oor of die oorledene nog lewendig was nadat die polisie Mev Swart vertel het dat haar man geskiet en in ʼn wit Corsa gelaai was totdat sy liggaam omtrent middernag op die dag van die skietery gevind was. Sy moes verder die vernedering duld van die beskuldigde se weergawe in die hof dat haar man hom aanhoudend aangeval het, ook nadat die beskuldigde sy regter hand vermink het.


  1. Die beskuldigde het die Swarts gesin ontneem van ʼn man, die enigste broodwinner en ʼn vader. Die 9 jarige seun van die oorledene moes van skool verander omdat hy nie die dood van sy vader kon verwerk terwyl die beskuldigde se seun dieselfde skool loop as hy en terwyl hy die beskuldigde moes teëkom by die skool of in sy woonbuurt nie. Die oorledene se 15 jarige dogter is teruggetrokke vandat haar vader oorlede is. Die gesin is getraumatiseerd deur die dood van die oorledene.


  1. Die beskuldigde het sy tiener jare en tyd op hoërskool deurgebring in die benadeelde gemeenskap van Elsiesrivier waar misdaad baie voorkom. Hy het egter gekies om ʼn skoon pad te loop en het nie betrokke geraak met bende en misdaad nie. Hy het ʼn opleidingskursus by die SAPD kollege te Bishop Lavis gedoen nadat hy sy graad 12 voltooi het. Hy was ʼn lid van die SAPD vir 15 jaar. Hy het goed gevorder en het die rang van inspekteur beklee toe hy die misdaad pleeg. Voor hy uitgevind het van die buite egtelike vehouding, was hy nooit betrokke met enige onbehoorlike optrede gedurende sy loopbaan as polisie beampte nie.


  1. Hy was ʼn Sondagskool onderwyser saam met die oorledene en Mevrou Swarts by die Apostoliese Kerk van Afrika. Hy was ook onder diaken by die kerk. Hy het ʼn goeie naam gehad in sy gemeenskap en was baie mense behulpsaam.


  1. Dit spruit voor uit die getuienis in die verhoor dat die verhouding tussen die beskuldigde en die oorledene versuur het toe die beskuldigde hoor dat die oorledene ʼn verhouding met die beskuldigde se vrou gehad het. Die moontlike troubreuk wat die beskuldigde ervaar het van die oorledene kan egter nooit die moord regverdig nie.



  1. Die getuienis gedurende die verhoor is dat die beskuldigde die oorledene geslaan het toe hy uitvind van die verhouding. Hy het ook Mnr Carolus gekonfronteer met ʼn plank toe hy hom gaan sê om nie direk met sy vrou te gesels nie. Dit is duidelik dat die beskuldigde sou baat uit opleiding oor hoe om sy humeur te beheer.


  1. Die staat het nie daarin geslaag om beplanning en voorbedagte rade wat die moord voorafgegaan het te bewys nie. Derhalwe is die voorgeskrewe minimum vonnis van lewenslank gevangenisstraf nie van toepassing nie. Die beskuldigde, as eerste oortreder, moet dan gestraf word met inagneming van die voorgeskrewe minimum vonnis bevat in Deel 2 van Skedule 2 gelees met artikel 51 (2) (a) van Wet 105 van 1997 . Daardie wet voorskryf ʼn minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf vir ʼn eerster oortreder.


  1. In die saak van S v Malgas 2001 (1) SASV 469 (HHA) op 481 g sê die hof die volgende:


What stands out quite clearly is that the courts are a good deal freer to depart from the prescribed sentences than has been supposed in some of the previously decided cases and that it is they who are to judge whether or not the circumstances of any particular case are such as to justify a departure. However, in doing so, they are to respect and not merely pay his service to, the legislature’s view that the prescribed periods of imprisonment are to be taken to be ordinarily appropriate when crimes of the specified kind are committed.”


  1. Die volgende faktore moet inaggeneem word. Hy is ʼn eerste oortreder. Hy het bo sy sosio-ekonomiese omstandighede uitgestyg. Hy het ʼn vaste werk gehad. Hy het 2 minderjarige kinders en ʼn vrou om te onderhou. Gevolglik is daar genoegsame versagtende omstandighede wat kan dien as wesenlike en dwingende omstandighede om ʼn afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf te regverdig.


  1. Die persoonlike omstandighede van die beskuldigde en die die manier hoe hy die oorledene gedood het inaggenome, is ek van mening dat die beskuldigde ʼn tydperk van direkte gevangenisstraf moet uitdien.


  1. Die beskuldigde word gevonnis tot 12 jaar gevangenisstraf.



ALLIE, R