South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 147
| Noteup
| LawCite
Muller v S (A656/09) [2010] ZAWCHC 147 (14 May 2010)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A656/09
DATUM: 14 MEI 2010
In die saak tussen:
STEPHEN MULLER Appellant
en
DIE STAAT Respondent
UITSPRAAK
LE GRANGE, R
Die appellant was aan een klag van handeldryf in dwelms en Vi tweede aanklag van die besit van dwelms skuldig bevind in die landdroshof te Mosselbaai. Die twee aanklagte was saamgeneem vir doeleindes van vonnis en die appellant is gevonnis tot agt jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar gevangenisstraf opgeskort was vir vyf jaar op sekere voorwaardes.
Die appellant, wat bygestaan was deur 'n regsverteenwoordiger in die hof a quo het skuldig op beide aanklagte gepleit. Hy het erken dat hy met twee strooitjies bevattende 0.09 gram van die verbode middel methamphetamine, algemeen bekend as "tik". twee Ecstacy tablette sowel as twee strooitjies bevattende 0.2 gram kokaine handelgedryf het deur dit aan 'n polisie lokvink vir die bedrag van R200 te verkoop. Hy het ook die besit van twee strooitjies wat altesaam 0.07 gram tik bevat het, en 5 Ecstacy tablette vir eie gebruik erken. Hierdie dwelms was op die appellant se persoon gevind nadat hy deur die polisie in sy voertuig voorgekeer was.
Die appellant kom nou hoer beroep teen die opgelegde vonnis. Dit dien gemeld te word dat die Staat uit die staanspoor toegegee het, en na my mening korrek, dat die opgelegde vonnis tersyde gestel behoort te word omdat dit skokkend onvanpas is.
Dit is geykte reg dat die oplegging van vonnis by die diskresie van die verhoorhof berus. 'n Hof van Appel sal nie maklik ingryp en die vonnis van die verhoorhof verander nie, tensy dit blyk dat die regtelike diskresie wat aan die verhoorhof toevertrou is op Vi onbehoorlike of onredelike wyse uitgeoefen was, of dat die opgelegde vonnis buitensporig swaar of skokkend onvanpas is.
Ek sal aanvaar dat by vonnisopiegging die soeke na 'n gepaste straf nie altyd maklik is nie, want daar is soveel faktore wat Vi rol speel wat nie altyd maklik definieerbaar is nie. Daarom is dit belangrik dat die vonnisoplegger by die strewe na n gebalanseerde vonnis 'n straf moet ople wat gepas is vir die oortreder, sowel as vir die misdaad wat hy of sy gepleeg het. Dit moet ook billik of regverdig wees in die oe van die gemeenskap en daar moet 'n mate van genade wees afhangende van die omstandighede. 'n Gebalanseerde vonnis moet derhalwe altyd 'n weerspieeling wees van die drie elemente, naamlik die aard en die erns van die misdryf, die belange van die gemeenskap, en die persoonlike omstandighede van die oortreder.
Dwelmhandel, en vera! die gebruik van tik het soos 'n veldbrand in ons gemeenskappe versprei met ernstige gevolge. Die gemeenskap verwag derhalwe dat wanneer persone hulself skuldig maak aan hierdie tipe oortredings, die howe behoorlike vonnisse moet oorweeg en ople, maar word dit ook egter verwag dat strafversagtende omstandighede en die beskuldigde se besondere posisie deeglike oorweging moet geniet in die oplegging van "n gepaste straf.
In S v Tonga 1993(1) SACR 365 W was die volgende riglyne neergele rakende die benadering tot vonnis:
"In my view the punishment must firstly be reasonable, ie it should refloct a degree of moral blameworthiness, attaching to the offender, as well as a degree of reprehensibleness or seriousness of the offence. Punishment therefore should either be in keeping with a particular offence and a specific offender. It is necessary secondly for the punishment to clearly reflect a balanced processed of careful and objective consideration of all relevant facts, mitigating and aggravating. The sentence should thirdly reflect consistency as far as humanly possible with previous sentences imposed on similar offenders committing similar offences, lest the society should believe that justice was not seen to be done. Lastly a penal discretion is to be exercised afresh in each case, taking the facts of each case and the personality of each offender into account."
Met dit as rigsnoere, is dit duidelik dat die landdros versuim het om die erkende beginsels en doelstellings van straf toe te pas in die oorweging van 'n gepaste vonnis in hierdie saak.
Die persoonlike omstandighede van die appellant is as volg; hy was ten tye van die voorval 31 jaar oud, ongetroud met geen afhanklikes nie. Hy het tot graad 10 op skool gevorder en woon by sy ouers. Tydens die voorval in 2007 was hy werksaam by Vi kroeg te Mosselbaai. Volgens die appellant was hy besig om te werk toe Vi dame van Kaapstad met horn begin gesels het. Hulle het bevriend geraak en telefoonnommers uitgeruil. "n Ruk later het sy horn van
Kaapstad gebel en hom gevra om vir haar dwelms le reel aangesien sy die Buffalo Motorfiets Rally gaan bywoon Sy het hom ontmoet in Mosselbaai en het sy hom R200 oorhandig vir die dwelms. Die appellant het die dwelms bekom en dit aan die dame oorhandig. Die volgende dag het hy weer dwelms bekom en is toe deur die polisie gearresteer. Dit blyk dat die saak toe teen hom teruggetrek was in afwagting van forensiese verslae. Twee jaar het verloop totdat die appellant die tweede keer in Junie 2009 weer in die landdroshof verskyn het.
Gedurende hierdie periode was die appellant in 'n rehabilitasie sentrum vir sy dwelmprobleem en sedertdien het hy nie enige dwelms gebruik nie. Hy het ook in Limpopo as 'n toergids gekwalifiseer en het R3 500 per maand verdien. Sy werkgewer was nie ingelig van die saak teen hom nie uit vrees dat hy moontlik sy werk mag verloor. Volgens die appellant het die arrestasie en die tyd in aanhouding in die polisieselle hom tot inkeer gebring en het hy hom die afgelope twee jaar van dwelmmisbruik weerhou.
Die appellant is h eerste oortreder en volgens die korrektiewe toesigverslag wat bekom was voor vonnis hou, die appellant geen gevaar vir die gemeenskap in nie.
Daar is geen twyfel by my dat die verhoorhof die aard en die erns van die misdryf heeltemal oorbeklemtoon het ten koste van die appellant se persoonlike omstandighede, en daarom Vi wesenlike mistasting begaan het in die benadering tot wat V» gepaste vonnis is. Die opgelegde vonnis is ongetwyfeld skokkend onvanpas en behoort tersyde gestel te word.
Na my mening en in ag genome die erkende doelstellings en faktore by vonnisoplegging stel 'n termyn van 15 maande gevangenisstraf wat in geheel of gedeeltelik opgeskort word op die gebruiklike voorwaardes met moontlike korrektiewe toesigvoorwaardes, soos voorgestel deur die korrektiewe toesigverslag, 'n meer regverdige en billike vonnis daar. Die appellant dien egter sedert 13 Augustus 2009 sy vonnis uit. Hy het dus tot hede h termyn van nege maande gevangenisstraf uitgedien. Na my mening is hierdie periode meer as genoeg straf in die vorm van direkte gevangenisstraf vir die misdrywe waaraan die appellant skuldig bevind was Dit volg dat die appel teen vonnis moet slaag.
Die laaste aspek in hierdie saak is die hoofde van argument wat die appellant se regsverteenwoordiger, Mnr D'Oliveira. opgestel en geliasseer het. Hy het ons vanoggend daaroor toegespreek en om verskoning gevra, maar die hoofde van argument bestaan uit een bladsy, dit bevat drie paragrawe wat altesaam nege reels bevat. Hierdie hoofde, om die minste te se, voldoen nie aan die praktyksnota 49 (2) van die Gekonsolideerde Praktyksnotas gedateer 1 Mei 2009 van hierdie Afdeling nie. Dit was onvolledig en geensins behulpsaam vir hierdie Hof se oorweging nie. Daar is ook geen voldoende redes aangevoer vir waarom dit so onvolledig is nie, en waarom kostes vir hierdie tipe van werk hoegenaamd verhaal moet word nie. In die gevolg word die volgende bevel gemaak:
1) Die APPEL TEEN VONNIS SLAAG. die opgelegde vonnis van agt jaar gevangenisstraf waarvan 24 maande gevangenisstraf opgeskort was vir vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan oortreding van Artikel 4 of 5 van die Wet op Dwelms en Dwelmsmokkelary, Wet 140 van 1992 gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie word tersyde gestel en vervang met die volgende; die beskuldigde word GEVONNIS TOT 9 fNEGEt MAANDE GEVANGENISSTRAF. daarbenewens "n verdere 6 (ses) maande gevangenisstraf wat opgeskort word vir vier jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan oortreding van Artikel 5 (a) en/of (b) van Wet 140 van 1992 gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie. Die vonnis word terugdateer na die datum van vonnis oplegging in die landdroshof naamlik 13 Augustus 2009. Die effek hiervan is dat die appellant onmiddellik vrygelaat moet word in soverre dit hierdie saak aangaan.
2) Geen kostes is verhaalbaar van entge party vir die voorbereiding, opstel en liassering van die appellant se hoofde van argument in hierdie appel nie.
LE GRANGE, J
Ek stem saam, en dit word so beveel.
CLOETE, AJ