South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 180
| Noteup
| LawCite
S v Van Wyk (SS41/2010) [2010] ZAWCHC 180 (18 March 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER SS41/2010
DATUM 18 MAART 2010
DIE STAAT
teen
KEENAN VAN WYK
V O N N I S
ALLIE, R:
Beskuldigde, u het twee manspersone wat jy, na bewering, geken het en wie saam met u in dieselfde motors gery het opsetlik vermoor. U het twee families van hul broodwinners ontneem. Hulle moes die finansiele en emosionele verlies ly as gevolg daarvan.
In die geval van mnr Warren Echard het sy familie nie vir twee maande geweet dat hy dood was nie omdat u sy liggaam in 'n kanaal verberg het, gevolglik moes hulle die onsekerheid en bekommernis verduur oor wat met horn gebeur het vir daardie twee maande. Sy vrou en kinders ervaar nog steeds emosionele versteuring. U verduideliking dat u hulle vermoor het net om hulle motors vir u broer te gee gaan nie op nie. U kon hulle motors steel sonder om hulle te vermoor. U het mnr Echard 20 keer gesteek en horn nog steeds agternagesit terwyl hy wou probeer wegkom.
U het genoeg tyd gehad om in daardie periode toe u hierdie twintig wonde toedien om te besin maar u het besluit om doelbewus aanhoudend te steek om seker te maak dat beide oorledenes dood was.
U wou ook verhoed dat die liggaam van mnr Echard gevind word en sodoende het u die gesin se trauma wat hulle moes verduur vererg.
Ten opsigte van mnr Fortuin, die persoon wat u ook daarna vermoor het, het u met horn gestoei en ook nie opgehou om horn te steek totdat u seker was dat hy van sy steekwonde sou beswyk. Ook sy liggaam het u probeer op 'n manier te verberg deur horn onder 'n tafel in te sit. Ook in die geval van mnr Fortuin het u 'n geweldige klomp wonde toegedien. U het horn 34 maal gesteek en in daardie tyd het u ook tyd gehad om te besin maar u het besluit om doelbewus voort te gaan om aanhoudend te steek net om seker te maak dat mnr Fortuin ook oorlede is.
U was ook nie van plan om u, na die misdaad, oor te gee aan die polisie nie en het dit nie gedoen nie Het die polisie nie vir u gearresteer terwyl u in die motor van mnr Fortuin was nie, sou die polisie heel waarskynlik nie u met die pleging van die misdade verbind het nie.
Die Wetgewer voorskryf "n minimum vonnis van lewenslank gevangenisstraf vir moord wat gepleeg was met die doel om te roof met verswarende omstandighede. In die geval van roof met verswarende omstandighede voorskryf die Wetgewer 'n minimum vonnis van 15 jaar gevangenisstraf. U moet oplet dat dit slegs 'n minimum vonnis is en nie die maksimum vonnis nie.
Die moord- en roofklagtes hou verband met twee verskillende voorvalle gepleeg op twee verskillende datums op twee verskillende persone. Die Hof vind dus die vonnisse op klagtes 1 en 2 hou verband met een tydperk en een voorval en die vonnisse op klagtes 3 en 4 hou dan verband met die ander, die tweede voorval.
Nou as die Hof nou draai na u persoonlike omstandighede, u is 'n 26-jarige persoon Destyds was u seker 25 of 24 jaar, maar nog steeds nie 'n jeugdige op daardie stadium nie. U is 'n man wat voorheen met die reg gebots het. U gee toe dat u die oorledenes wou dood net om hulle van hul motors te beroof. Dan noem u in u persoonlike omstandighede dat u wel h Jong dogtertjie het, maar ek moet u aandag daarop vestig dat beide die oorledenes ook jong kinders het wat nou sonder 'n vader is As u wel hierdie oorledenes geken het, soos u beweer, sou u ten minste geweet het dat hulle ook deel van h familie en gesin was, maar desnieteenstaande was u bereid om voort te gaan om vir hulle te vermoor.
Die Hof moet dan ook die aard en omvang van die misdade en die belange van die gemeenskap saam met u persoonlike omstandighede in ag neem en die Hof moet dit alles in h skaal plaas en weeg en as ek u persoonlike omstandighede op eenkant van die skaal sit en die aard en omvang van hierdie misdade, gewelddadige misdade wat deur u gepleeg het, aan die ander kant van hierdie skaal sit, sal u self kan sien wat weeg swaarder.
Wanneer die Hof die verswarende omstandighede oorweeg teenoor u persoonlike omstandighede is dit duidelik dat die verswarende omstandighede geskep deur jou handeling deur weerlose mense aanhoudend te steek totdat hulle omval van hul beserings, veel swaarder weeg as die feit dat u 'n eerste oortreder is met 'n minderjarige kind. Al wat die Hof kon sien wat sou kon dien as versagtende omstandighede, is die feit dat u vir die eerste maal iemand vermoor het en skuldig bevind is daaraan en dat u vir die eerste maal iemand beroof het met verswarende omstandighede en skuldig bevind is daaraan. Dit sal gewoonlik as versagtende omstandighede dien, asook die feit dat u Vi minderjarige kind het, alhoewel u glad nie getuig het dat u die minderjarige kind onderhou het nie of van plan was om te onderhou nie.
Dan moet die Hof daardie versagtende omstandighede oorweeg teenoor die verswarende omstandighede van hoe u hierdie misdade gepleeg het en, soos die Hof voorheen gese het, die Hof is van mening dat die verswarende omstandighede ver swaarder weeg teen u.
Die Hof se gevolgtrekking is dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede gevind kan word om 'n afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnisse te regverdig nie. Ek moet u aandag ook net daarop vestig dat die feit dat gewoonlik wanneer lewenslank gevangenisstraf opgele word, se die Wet, veral die Wet op Korrektiewe Dienste, dat alle ander vonnisse wat opgele word, loop gewoonlik vanself saam met die vonnis van lewenslank gevangenisstraf.
Omdat hierdie Hof nie enige wesenlike en dwingende omstandighede kan vind om af te wyk van die voorgeskrewe minimum vonnis nie en in ag genome die feit dat u wel 14 jaar in die gevangenis gesit het as gevolg van die feit dat u verhoorafwagtend is en ook in ag genome die kumulatiewe effek van die vonntsse wat die Hof nou gaan ople, weeg die verswarende omstandighede nog steeds swaarder as dit.
Die vonnis wat die Hof dan opld is soos volg: Op aanklag 1, moord, LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF; op aanklag 2, roof met verswarende omstandighede, VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF: op aanklag 3, moord, LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF: op aanklag 4, roof met verswarende omstandighede, VYFTIEN (15) JAAR GEVANGENISSTRAF.
ALLIE, R