South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 186

| Noteup | LawCite

Wessels v S (A226/10) [2010] ZAWCHC 186 (13 August 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SU1D-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)

SAAK NO: A226/10

DATUM: 13 AUGUSTUS 2010




In die saak tussen:



HANS JACOB WESSELS Appellant

en

DIE STAAT Respondent






UITSPRAAK




ROSE-INNES, WnR:



Die appellant het in die distrikshof Caledon tereggestaan op 'n hoofaanklag en twee alternatiewe aanklagtes. Die hoofaanklag is die oortreding van artikel 65(1)(a)(b) van die Nasionale Padverkeerswet, 93 van 1996 (dronkbestuur). Die eerste alternatief is die oortreding van artikel 65(2)(a)(b) van die Wet (bestuur met "n bloedalkoholvlak meer as 0,05 gram per 100 ml) en die tweede alternatief is roekelose of nalattge bestuur. Hy het onskuldig gepleit op die hoof- en alternatiewe aanklagtes.




Die appellant is op 17 Maart 2010 skuldig bevind aan die eerste alternatief van "n oormatige hoeveelheid alkohol in sy bloed. Hy is gevonnis tot nege maande gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar op sekere voorwaardes, onder meer dat hy 100 uur gemeenskapsdiens doen. Sy bestuurslisensie is ook opgeskort vir 'n periode van ses maande in terme van die Wet. Die appellant kom nou in hoer beroep teen die skuldigbevinding en vonnis.



Die appellant is onskuldig bevind op die hoofaanklag. Soos die geleerde landdros opgemerk het in sy uitspraak, het die getuienis ook nie die tweede alternatiewe aanklag gesteun nie. Die wesenlike geskilpunt by die verhoor en op appel is of die Staat bewys het dat die appellant se bloedmonster binne die voorgeskrewe tydperk van twee uur geneem is. Artikel 65(3) van die Wet bepaal dat indien daar bewys word dat die bloedmonster binne twee uur na die beweerde oortreding geneem is, dan is daar Vi vermoede ten opsigte van die konsentrasie alkohol ten tye van die beweerde oortreding.



Die Staat het die getuienis van Kaptein Solomons, Konstabel Du Plessis en Verkeersinspekteur Toerien aangebied. Daar is ook "n sertifikaat deur Dr Hess ingevolge artikel 212 van die Strafproseswet, 51 van 1977. Dr Hess het die appellant by die Caledon Hospitaal ondersoek. Volgens sy verslag is die bioedmonster om 00:50 op 26 Julie 2008 geneem. Die appellant het self nie getuig nie.



Op 26 Julie 2008 was Kaptein Solomons, vergesel van Konstabel Du Plessis en Verkeersinspekteur Toerien, besig met 'n padblokkade op die hoek van Haweweg en Luckhoffstraat te Kleinmond. Die appellant het 'n voertuig bestuur en hy is by die padblokkade gestop. Kaptein Solomons het opgemerk dat hy onder die invloed van drank was. 'n Drager toets het aangedui dat hy 'n oormatige hoeveelheid alkohol in sy bloed gehad het en hy is gearresteer.




Kaptein Solomons se getuienis in hoof was soos volg:



"Kan jy net vir die Hof 'n aanduiding gee van die tyd van die betrokke dag, hoe laat was dit toe u die beskuldigde daar by die padblokkade teegekom het? — Dit was 20 oor 12 die oggend en 10 voor een was ons by die hospitaal waar sy bloed getrek was."



Hy het tydens kruisondervraging dit bevestig, soos blyk uit die volgende vrae en antwoorde:

"Kaptein, is u regtig seker van hoe laat hierdie voorval plaasgevind het? —- Ja, dit was 20 oor 12 die oggend was die voorval, 25 voor was ons klaar met die bloed en 10 voor een was ons by die hospitaal gewees vir bloed trek.

10 voor een was u by die hospitaal, u is doodseker van hierdie tyd? — Dit is reg, ja."



Volgens Kaptein Solomons is die tyd van beweerde oortreding 00:20 en die tyd van die neem van die bloedmonster 00:50, 'n halfuur later. Objektief beskou is dit nie moontlik nie. Nadat die appellant gestop is, is hy eers by die padblokkade ondervra, getoets vir sy bloedalkoholvlak en gearresteer. Hy is eers na die Kleinmond Polisiestasie geneem waar dokumentasie voltooi was. Dit sou Vi tyd geneem het. Hy is daarna na die hospitaal in Caledon geneem. Dit sou minstens 30 minute neem om van Kleinmond tot Caledon te ry. By die hospitaal het hulle vir die dokter gewag. In hierdie omstandighede moes heelwat langer as 30 minute verloop het tussen die stop van die appellant en die neem van die bloedmonster.



Die vraag ontstaan wat is die tydsverloop tussen die beweerde oortreding en die neem van die bloedmonster en meer spesifiek was daar voldoende bewys dat dit minder as twee uur was. In Kaptein Solomons se eedsverklaring is die tyd van die beweerde oortreding as 00:20 en die tyd van die neem van die bloedmonster 00:50 gegee. Dit strook met sy getuienis, maar dit kan nie reg wees nie. Die eedsverklaring gee die tyd van die appellant se arrestasie as 00:05, maar dit is voor sy aankoms by die padblokkade. Tydens sy getuienis het kaptein Solomons hierdie aspek korrigeer en gese dat dit 00:25 moet wees. Dit beteken dat die appellant se bloed 25 minute later getrek is wat ook nie moontlik is nie.



Die beediging van die eedsverklaring om 00:20 op 25 Julie 2010 is ook nie korrek nie en is deur kaptein Solomons as Vi menslike tout beskryf. Onder kruisondervraging het hy aanvaar dat daar 'n probleem kan wees met die tyd en soos volg getuig:



"U se u het daar "n tout gemaak? Kan wees. Dit kan ook die regte tyd wees, is dit korrek? ---Kan wees.

Dan is u verkeerd ten opsigte van die voorval plaasgevind 00:20, is dit korrek? --- Kan wees, dis is menslik.

U se dan ook dat u het die verklaring opgestel na u teruggekom het van Caledon af, is dit korrek? — Dit is korrek.

U het toe getuig dat dit plaasgevind het ongeveer halftwee in die oggend? — Korrek.

En wil u verwys na die laaste bladsy van u verklaring wat onderteken is deur Kommissaris van Ede Du Plessis wat se die beediging het plaasgevind om 00:20, is dit korrek? — Dit is korrek.

Nou waar sal die tyd vandaan kom? — Dit het alles redelik vinnig gebeur daardie aand, want ons wou veilig speel vir die twee ure tydperk. So, die tyd, daar kan 'n tyd, daar kan 'n probleem met die tyd gewees het maar die tyd en die klagte is dronkbestuur. So wat u vir my se kaptein, daar was 'n probieem met die twee ure gewees? --- Nee."



In sy getuienis het Konstabel Du Plessis bevestig dat die appellant se voertuig om omstreeks 00:20 afgetrek is. Konstabel Du Plessis het nie 'n onafhanklike rekolleksie van die tydpertodes nie en die Staat gee toe dat daar nie baie waarde aan sy getuienis geheg kan word nie.



Konstabel Du Plessis se getuienis dat sy eedsverklaring afgele is nadat hulle van die hospitaal teruggekeer het, blyk nie korrek te wees nie. Die eedsverklaring is eers op 17 September 2008 om 10:20 afgele.

Inspekteur Toerien se getuienis was dat die voorval omstreeks 00:00 plaasgevind het, dit wil se middernag Sy getuienis neem dit nie verder nie.



Daar bestaan ook probleme met die tye wat in Dr Hess se sertifikaat en verslag verskyn. In die verslag is daar genotuleer dat die ondersoek om 00:50 begin het. dat die bloedmonster op dieselfde tyd geneem is en dat die ondersoek om 01:10 voltooi is. Volgens die sertifikaat is dit om 01:00 deur Dr Hess geteken en om 01:01 beedig. Op die oog af beteken dit dat die sertifikaat en eedsverklaring voltooi was voor die ondersoek afgehandel was. Dr Hess is nie as getuie geroep om hierdie aspek op te klaar nie.



Ek keer terug na die kern vraag, wat is die tydsverloop tussen die beweerde oortreding en die neem van die bloedmonster en is dit minder as twee uur. Ek sou verwag dat die getuienis in hierdie verband eenvoudig en duidelik sou wees. Dit is nie die geval nie. Die getuienis is verwarrend en onbevredigend. Soos uiteengesit is daar talle teenstrydighede, onduidelikhede en vraagtekens. Kaptein Solomons se getuienis ten opsigte van die tye en 'n tydsverloop van 30 minute tussen die beweerde oortreding en die neem van die bloedmonster kan nie aanvaar word nie.



Die geleerde landdros het wel opgemerk dat die mondelinge getuienis van die staatsgetuies "mag moontlik nie baie goed wees of baie gewig dra nie". In die omstandighede kan daar nie met enige sekerheid gese word presies wanneer die beweerde oortreding gebeur het en hoe lank daarna die bloedmonster geneem is nie. Die geleerde landdros het homself wanvoorgelig om te bevind dat die Staat geslaag het om te bewys dat die bloedmonster binne die voorgeskrewe periode van twee uur geneem was.



Ek is gevolglik van mening dat die appel moet slaag en dat die skuldigbevinding en die vonnis wat die appellant opgele is, tersyde gestel behoort te word.


ROSE-INNES, WnR

TRAVERSO, ARP: Ek stem saam en dit word so beveel.

TRAVERSO, ARP