South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 342
| Noteup
| LawCite
Le Riche v S (A316/2010) [2010] ZAWCHC 342 (3 December 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO: A316/2010
DATUM: 3 DESEMBER 2010
In die saak tussen:
CHRISTOPHER LE RICHE …..................................................................Appellant
en
DIE STAAT …......................................................................................Respondent
UITSPRAAK
FORTUIN, R:
Die appellant het in die landdroshof te Bredasdorp tereggestaan op Vi aanklag van die oortreding van artikel 65(1)(A) van die Nasionale Padverkeerswet, 93 van 1996 ("die Wet"), naamlik dronkbestuur, alternatiewelik die oortreding van artikel 65(2)(a) van die Wet, naamlik h oormatige hoeveelheid alkohol in die bloed.
Die appellant is op 1 Desember 2009 skuldig bevind op die hoofaanklag en op dieselfde datum gevonnis tot Yi boete van R10 000 of 18 maande gevangenisstraf. Die appellant se rybewys is ingevolge artikel 35 van die Wet opgeskort vir n periode van ses (6) maande.
Op 17 Desember 2009 is verlof tot appe! teen skuldigbevinding en vonnis en opskorting van bestuurderslisensie toegestaan. Die appellant kom nou in hoer beroep teen beide skuldigbevinding en vonnis.
Op 7 Oktober 2006 het die appellant na bewering te Hoofweg, Struisbaai, Vi motorvoertuig met registrasienommer CS6404 bestuur terwyl hy onder die invloed van sterk drank was. Dit is gemene saak dat die appellant se voertuig in 'n swaaibeweging van links na regs oor die pad beweeg het. Die appellant het nie onmiddellik sy voertuig tot stilstand gebring toe die polisievoertuig horn agtervolg en beveel om te stop nie. Die appellant het verder oor Vi stopstraat gery sonder om te stop en is deur die polisie van die pad afgetrek. Dit is verder gemene saak dat die appellant voor die voorval sterk drank ingeneem het en dat sy asem na drank geruik het.
Die staatsgetuies kan soos volg opgesom word:
1. Volgens die polisiebeampte was die appellant onvas op sy voete, was hy rooi in sy gesig en was sy spraak belemmer.
2. Die appellant se voertuig het heen en weer oor die pad beweeg en net byna teen die voertuig voor die patrollievoertuig gebots.
3. Na die voertuig agternagesit is, het die voertuig sonder om te stop oor 'n stopstraat beweeg.
4. Dr Bosch se getuienis oor die kliniese ondersoek het die volgende addisionele aspekte aan die lig gebring:
4.1. Fyn nistagmus wat kan dui op onder andere ooginfeksie of moegheid;
4.2. Die appellant se spraak was heeltemal normaal.
4.3. Die appellant se loop en omdraai was normaal.
4.4. Die appellant was "waarskynlik" lig onder die invloed van alkohol.
4.5. Die appellant was goed georienteerd ten opsigte van tyd en plek.
4.6. Die appellant se gesig kon rooi gewees het omdat hy heeldag in die son was.
Die appellant se weergawe is in kort dat hy die betrokke dag aan "n marathon deelgeneem het en die heeldag sonder beskerming in die son was en sodoende sonbrand opgedoen het. Hy het vier biere gedrink. Hy het nie die polisievoertuig se sirene gehoor nie, aangesien sy radio aangeskakel was. Hy het wel heen en weer oor die pad beweeg omdat hy besig was om h sigaret aan te steek. Hy het links in Duikerweg afgedraai omdat hy van mening was dat die polisie wou verbykom omdat hulle op pad was na Yi ander misdaadtoneel.
Die gronde van appel ten opsigte van skuldigbevinding is in kort dat die Staat se saak nie bo redelike twyfel bewys is nie. Dit is belangrik om te beklemtoon onder watter omstandighede h hof van appel met die skuldigbevinding deur 'n verhoorhof sal inmeng. Dit is geykte reg dat sodanige inmenging slegs sal geskied waar die hof van appel oortuig is dat die evaluasie van die getuienis nie korrek was nie. (Sien in hierdie verband S v Mlumbe & ti Ander 1991(1) SASV 235 (A) en veral te 249b-250b.)
Dit is inderdaad so dat daar verskille tussen die weergawes van die Staat was, onder andere, inspekteur Davids se getuienis oor presies hoe onvas die appellant op sy voete was. Dit is egter so dat die gunstige geloofwaardigheidsbevinding ten opsigte van inspekteur Jumat korrek blyk te wees.
Ek is in ooreenstemming met die verhoorlanddros dat inspekteur Jumat se getuienis tot Yi groot mate stawing vir inspekteur Davids bied. Op die appellant se eie weergawe het hy sterk drank ingeneem voordat hy die voertuig bestuur het.
Ek is van mening dat die verhoorlanddros se evaluasie van die getuienis korrek was en dat daar nie "n mistasting begaan is nie. Ek sou gevolglik nie met die skuldigbevinding inmeng nie.
Dit is geykte reg dat vonnis aan die verhoorhof toevertrou word en dat 'n hof van appel nie geredelik sal inmeng nie, behalwe waar daardie diskresie nie redelik en behoorlik uitgeoefen is nie.
By oorweging van die diskresie moet die hof van appel in aanmerking neem of die welbekende faktore in S v Zinn 1969(2) SA 537 (A) en wat ook in latere beslissings herhaal is onder andere in S v Swart 2004(2) SASV 370 (A) te 377E-F naamlik die erns van die misdryf, die belange van die gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die oortreder behoorlik en ewewigtig oorweeg is.
By oorweging van die boete van R10 000 of 18 maande gevangenisstraf, is ek oortuig dat die verhoorhof die faktore behoorlik en ewewigtig oorweeg het en as gevolg daarvan nie daarmee inmeng nie.
Ek is ook van mening dat toe die appellant se bestuurslisensie opgeskort is, die diskresie in artikel 35(3) behoorlik toegepas is. Artikel 35(3) van die Wet bepaal dat waar Yi hof oortuig is dat daar omstandighede bestaan wat nie die opskorting van n lisensie regverdig nie, of vir Yi korter periode opgeskort behoort te word, daardie Hof so n bevel mag maak
Of sodanige omstandighede inderdaad teenwoordig is, is 'n feitlike vraag. Waar sodanige omstandighede bestaan, kom die uitoefening van die hof se diskresie ter sprake. (In hierdie geval sien S v Mapu 1995(1) SASV 209 (O).) In casu het die verhoorlanddros die appellant se persoonlike omstandighede, onder andere dat die appellant se werk vereis dat hy bestuur en dat sy besigheid die reis na en van potensiele nuwe kliente behels oorweeg, en sy diskresie toegepas deur nie die voorgeskrewe vyf jaar opskorting te beveel nie. Daar behoort nie ligtelik met die voorgeskrewe periode van opskorting ingemeng te word nie. In hierdie geval, sowel as onder watter omstandighede sy bestuurderslisensie noodsaaklik is, sien S v (?) and Five Similar Cases 2002(1) SASV 391 (OK):
"I also believe that the magistrates are too easily enduced to order that the suspension of licences should not follow upon a conviction. Potential offenders are less likely to drive and drink if they know that, if caught, they will be precluded from driving their vehicle for six months and that they will have to be fetched and carried by chauffeurs or members of their family on a daily basis until the period of suspension is over. Perhaps only those who can show that a driver's licence is essential for the performance of their employment, such as a taxi driver or a driver of a truck used for deliveries or long distance haulage, should be given the privilege of exemption from the provisions of section 35(1). Convicted offenders who must use a vehicle to drive to and from their place of employment, should perhaps not be exempted and rather be compelled to employ a driver for the period of suspension."
Na my mening is die omstandighede hier teenwoordig van so h aard dat daar met die voorgeskrewe periode van opskorting ingemeng moet word. Artikel 35(1) skryf vyf jaar voor in die geval van Yi tweede oortreding. Die verhoorlanddros het wel afgewyk van artikel 35(3) en slegs n periode van ses maande opgele.
In die omstandighede word die appel ten opsigte van skuldigbevinding en vonnis asook ten opsigte van die opskorting van die bestuurderslisensie van die hand gewys.
FORTUIN, J
GOLIATH, R: Ek stem saam en dit word so beveel. Die appel teen skuldigbevinding en vonnis word van die hand gewys, die opskorting van appellant se rybewys vir 'n periode van ses maande word bekragtig.
GOLIATH, R
/IM /...