South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 343

| Noteup | LawCite

Van Dorp v S (A570/2010) [2010] ZAWCHC 343 (3 December 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE H0£ HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)


SAAK NO
: A570/2010

DATUM: 3 DESEMBER 2010

In die saak tussen:

JAN VAN DORP …....................................................................................Appellant

en

DIE STAAT …........................................................................................Respondent






UITSPRAAK




GOLIATH. R:



Die appellant is op 5 Mei 2010 op sterkte van sy skriftelike pleit tereg skuldig bevind op "n aanklag van 'n oortreding van artikel 65(1)(a) van die Nasionale Padverkeerwet, 193 van 1996.



Dit is die appellant ten laste gelfi dat hy op 9 Augustus 2009 op die Dwarskersbospad te Velddrif 'n voertuig bestuur het terwyl hy onder die invloed van sterk drank of verdowingsmiddels was. Hy is gevonnis tofnboete van R8 000 R8 000 of by wanbetaling daarvan twee jaar gevangenisstraf Ingevolge die bepalings van artikel 35 van Wet 93 van 1996 is die appellant se bestuurderslisensie opgeskort vir 'n periode van vyf jaar. Hy kom nou in hoer beroep slegs teen sy vonnis. Appellant se regsverteenwoordiger het tydens die pleitverrigtinge 'n bedrag van R8 000 voorgestel. Die Hof was dit eens dat die bedrag, wat binne die vermoens van die appellant was, inderdaad gepas was. Dit word egter betoog dat die opskorting van die appellant se bestuurderslisensie virh periode van vyf jaar gekoppel aan sodanige boetevonnis skokkend swaar en onvanpas is. Die appellant se lisensie is opgeskort ingevolge die bepaling van artikel 35(1)(3) wat bepaal datViderde oortreder se lisensie virntydperk van ten minste tien jaar opgeskort behoort te word.



Die appellant se twee vorige veroordelings is as volg: Op 13 Februarie 1989 is appellant skuldig bevind aan bestuurder onder die invloed van drank en beboet R500 of ses maande gevangenisstraf. Op 19 Desember 2003 is appellant skuldig bevind aan bestuur onder die invloed van drank en beboet R5 000 of twee jaar gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort is vir vier jaar. In beide gevalle is sy bestuurderslisensie nie opgeskort of ingetrek nie.



Die appellant is 'n plaasboer met to inkomste van ongeveer R155 R155 000 per jaar. Hy is ongetroud en het geen afhanklikes nie. Hy versorg sy bejaarde moeder wie saam met horn woonagtig is. Dit sluit, onder andere in die vervoer van sy moeder vir mediese behandeling na die dorp.



Dit is verder aangevoer dat die appellant nie sy boerdery kan bedryf sender sy bestuurderslisensie nie. Die Verhoorhof het in die uitoefening van sy diskresie die appellant se rybewys opgeskort virYikorter periode as die voorgestelde minimum tien jaar periode.



Die Staat betoog dat die landdros geensins misgetas het nie en dat die vonnis en opskortingsperiode redelik onder die omstandighede is. Die appellant betoog dat die kumulatiewe effek van die vonnis skokkend swaar en onvanpas is. Dit word egter betoog dat die Hot misgetas het deur te min ag te slaan op die persoonlike omstandighede van die appellant in die oorweging van die opskorting van die lisensie. Die landdros was van mening dat appellant nie sodanig benadeel sal word met die opskorting nie, aangesien die appellant Yi werknemer kan aanstel om vir horn te bestuur.



Dit is verder aangevoer dat die landdros homself wanvoorgeltg het deur in sy redes vir weiering van die aansoek vir verlof om te appelleer te meld; dat artikel 35 dit verpligtend maak vir 'n Hot om ti oortreder se bestuurderslisensie virVitydperk van tien tien jaar op te skort in die geval vanViderde oortreder.




Artikel 35(3) bepaal egter dat waar omstandighede teenwoordig is wat nie die opskorting regverdig nie, die Hof toegerus is mefn diskresie ofn persoon wie skuldig bevind is se lisensie opgeskort behoort te word of vir 'n korter periode as die voorgeskrewe periode opgeskort behoort te word.



Applikant is 'n plaasboer en die opskorting van sy lisensie vir enige tydperk sal horn geweldig nadelig tref, aangesien hy nie sy boerdery behoorlik kan bedryf sonder 'n bestuurderslisensie nie. Selfs al is die appellant 'n derde oortreder, was sy lisensie nooit voorheen opgeskort nie. Alhoewel hy nie in enige ongeluk betrokke was nie, is dit so dat die konsentrasie alkohol in sy bloed redelik hoog was. Na my mening het die tanddros nie voldoende gewig geheg aan die ernstige negatiewe gevolge van die opskorting van die appellant se lisensie oor 'n tydperk van vyf jaar nie. Ek is dit eens dat Yi verminderde tydperk van opskorting wel die nodige doelwitte van vonnisoplegging sal bereik. Met inagneming van die persoonlike omstandighede van die appellant, is 'n periode van twaalf (12) maande myns insiens gepas.




Bygevolg word die volgende bevel hierin verleen:




Die skuldigbevinding word bekragtig. Die boetevonnis van R8 000 (agtduisend rand) word bekragtig. Die opskorting van appellant se bestuurderslisensie word tersyde gestel en vervang met die volgende:



Ingevolge die bepalings van artikel 35 van die Nasionale Padverkeerswet, 93 van 1996, word die appellant se bestuurderslisensie vir n periode van twaalf (12) maande opgeskort.




Die vonnis word terugdateer na 5 Mei 2010.

GOLIATH, R

FORTUIN. R: Ek stem saam.




FORTUIN, R