South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 344
| Noteup
| LawCite
S v Jack en Anders (SS112/05) [2010] ZAWCHC 344 (7 December 2010)
Download original files |
IN DIE H0E HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS112/05
DATUM: 7 DESEMBER 2010
DIE STAAT
teen
RAYMANDO JACK
CHARLES JOHN KOOPMAN
ALFONSO FREDERICKS
GEORGE THOMAS
UlTSPRAAK
GOLIATH, R:
Mnr George Thomas, alias Geweld, staan terag op twee aanklagtes van moord en verskeie ander aanklagtes. Na sluiting van die Staat se saak is "n aansoek ingevolge die bepalings van artikel 174 van die Strafproseswet, 51 van 1977 gedoen Ingevolge die bepalings van hierdie Wet het die hof n diskresie. indien die Hof van oordeei is dat daar geen getuiems teen 'n beskuldigde is nie. om h beskuldigde op hierdie stadium te ontslaan Die kern "geen getuienis" is geinterpreteer in die saak van S v Kaniapaf?) 1997(1) 824 (A) op 838f-g as volg:
"Geen getuienis waarop ft redeiike mens die beskuldigde skuldig sou kon vind me."
In die oorweging van aansoek in terme van artikel 174 het die Hof in S v Lebatsaf?) 2001(2) SASV 703 (A) dit as volg opgesom in para 18:
"I
have no doubt that an accused person, whether
or not he is
represented, is entitled to be
discharged at the close o' the case
for the
prosecution if there is no possibility of a conviction
other than if he enters the witness box and incriminates himself.
The
...(indistinct) to discharge an accused in those circumstances,
if necessary meru
moto is
in
my
view a breach of the rights that are guaranteed by the Constitution
and will ordinarily vitiate a conviction based exclusively
upon his
self incriminating evidence *
Die hoofgetuie, wie mnr Thomas geimpliseer het in hierdie saak, is Jarmaine Johnson, alias Moemfie wie 'n cnkelgetuie en ft mededader is. Die Hof moet dus met groot omsigtigheid sodanige getuienis oorweeg Die Hof moet na die nodige stawing soek as >i betroubaarheidswaarborg vir die getuienis van Vi mededader Mnr Johnson het getuig hoedat hy. Chesfyn (alias Muis) wie huidiglik oorlede is; Alfonso Fredericks (alias Wappie) en Mop (beskuldigde 2) Vi paartjie by Lover's Lane in hul motor aangeval het.
Die man :s noodlottig op die toneel geskiet en sy liggaam is by Mfuleni deur horn. Wappie, Mop, Muis en die oortedene. Blanche van der Westhuizen. by h sandheuwel neergele. Daarna is hulle na die R300 waar die meisie in dte rigting van die Jetta geloop het waar beskuldigde 5 dan teenwoordig was.
Mnr Johnson het getuig hy weet nie wat van haar geword het nie. aangesien hy en Mop daarna die toneel in die gekaap:e voertuig verlaat het. alhoewel Muis op V> later stadium se<ere mededclings aan horn sou gemaak het oor die meisie.
Hierdie misdade is gepleeg teen "n agtergrond van bendebedrywighede en dwelmhandel. Rudewaan Maniers was in behee' van die dwelms by 14 Luandastraat, waar hy namens beskuldigde 5 met dwelms gesmokkel het. Hy was daar woonagtig en het die besigheid bedryf met die hulp van Muis Jarmaine Johnson, die hoofgetuie en mededader. en h persoon met die naam van Never Smile. Ebrahim Isaacs, wie woonagtig is by 12 Luandastraat, het ook gehelp om dwelms te verxoop by 14 Luandastraat.
In die loop van die dwelmbedryf het beskuldigde 5 gereeld by die woning aangedoen, meestal in die geselskap van sy bestuurder. beskuldigde 3 alias Blood aangesien hy nie self bestuur het nie
Beskuldigde 2 en 4 was dan ook gereeld in beskuldigde 5 se geselskap. Al die beskuldigdes voor die Hof. insluitende Jarmaine Johnson - of miskien moet ek dit andersom stel -almal behalwe beskuldigde 5 voor die Hof gebruik dwelms asook Jarmaine Johnson Volgens die getuienis. gebruik beskuldigde 5 slegs atkohol.
Ebrahim Isaacs het getuig dat hy die middag van 7 Augustus 2004 ti vuurwapen. wat hy na bewering twee maande vroeer by beskuldigde 5 gekry het, aan Muis oorhandig. Muis het horn genader en vir die vuurwapen gevra Hy het vir Wappie en Moernfie (Jarmaine Johnson) buitekant sy woning gesien en gevra of dit In orde is dat Muis die wapen moes kom haal. Hulle het dit bevestig en die wapen is aan Muis oorhandig.
Johnson het hierdie vuurwapen later in Wappie se besit gesien by 14 Luandastraat Wat verder met hierdie vuurwapen gebeur het, is tiat na die aanvai op die paartjie het Ebrahim Isaacs dan getuig dat hy vir Muis en Wappie oor die vuurwapen uitgeva het en hulle het hom toe gewys dat dit in ti vullisdrom was waar hy dit toe gaan haal het en hy het dit toe gaan versteek by 12 Luandastraat onder h bungalow. Daar is geen getuienis op rekord dat beskuldigde 5 betrokke was by die oorhandiging van die vuurwapen aan Muis nie.
Jarmaine Johnson getuig dat hy op 7 Augustus 2004 by die woning te 14 Luandastraat, gehoor het dat Muis vir Wappie in sy teenwoordigheid se dat hy weet waar hy h kar kan steel. Hy (Johnson), het toe vir Muis gese om vir Blood, beskuldigde 5 se bestuurder, te vra om hulle te gaan 'drop'. Jermaine Johnson het toegegee tydens kruisondervraging dat hy wel voorheen by Lover s Lane in Vi motorkaping betrokke was waar V. persoon in daardie ander voorval ook geskiet is
Rudewaan Maniers staaf Johnson oor wat die middag by 14 Luandastraat afgespeel het. Hy het gehoor Wappie en Mop vra vir Moemfie, dit is vir Jarmaine Johrson en die oorledene Muis, of hulle saan gaan op b nommer. Daar is geen getuienis op rekord dat beskuldigde 5 teenwoordig was of deel was van die beplanning van die kaping of om die partye te vergesel op die sogenaamde "nommer" nie.
Jarmaine Johnson getuig dat beskuldigde 5 ingestem het orr hulle te gaan "drop*. Huile is toe inderdaad afgelaai Beskuldigde 5 se Jetta het op ft afstand aan die oorkant van die pad parkeer. Beskuldigde 3 en 5 het agterbly. Volgens Johnson het beskuldigde 3 vanaf die toneel gejaag nadat ft skoot afgevuur is en hulle het hulle op ft stadium verloor. Daar is geen getuienis op rekord dat beskuldigde 5 deelgeneem of gesien het wat by die kapingsstoneel plaasgevind het nie.
Beskuldigde 5 word dan verder verbind deurdat Jarmaine Johnson getuig dat hy in die omgewing was toe oorledene, Noor Salie, se liggaam by Mfuleni afgelaai was. Blykbaar het die Jetta geparkeer oorkant die grondpad waar hy. Jarmaine Johnson is, sou afgery het Daar is goen stawing vir hierde weergawe nie.
Beskuldigde 5 word verder geimpliseer deur sekere instruksies of mededetings wat hy aan Maniers en Isaacs sou gemaak het. Maniers het vier verklarings oor die voorval gemaak. Hy het sy verklarings aangevul soos sy geheue horn toelaat en eers in 2006 in ft verklaring genoem dat beskuldigde 5 aan horn sou genoem het dat "Muis het die meisie se 'pep' geblaas". Dit was ongeveer twee jaar na die voorval.
Daar is verskillende weergawes rondom instruksies wat beskuldigde 5 sou gegee het met betrekking tot die skoon maak van die kar. Jarmaine Johnson het getuig dat Cheslyn, alias Muis, het gese beskuldigde 5 se dat ons die kar moet skoonmaak. Dit blyk egter later uit Jarmaine Johnson se getuienis, dat Muis gese het hy moet die kar parkeer en skoonmaak. Maniers daarenteen voer aan dat beskuldigde 5 horn persoonlik gese het om die kar skoon te maak. Dit is nie duidelik wat die korrekte weergawe is rondom die skoonmaak van die kar nie.
Verder het beskuldigde 5 na bewering vtr Maniers gebel en instruksies gegee dat hulle die vuurwapen moet verruil by Katjies Die vuurwapen is toe uiteindelik weggegoot en is nooit gevind nie Beskuldigde 5 het dan ook instruksies gegee dat die oorledene se Quick Silver baadjie verbrand moes word. Hierdie baadjie was deur Muis uit die kar gehaal, uitgewas en utgenang Maniers het die baadjie op h stadium gedra en uiteindelik dit aan Katjies oorhandig. Die baadjie is dus nooit uitgebrand volgens instruksies wat beskuldigde 5 na bewering sou gegee het nie
Beskuldigde 5 was nooit in besit van enige items gevind of het nooit enige items hanteer nie. Daar is melding gemaak dat beskuldigde 5 h sogenaamde "master key" aan Jarmaine
Johnson gegee het toe die gekaapte voertuig se sleutel op 'n stadium weg sou geraak het Kudewaan Maniers het rooit melding gemaak van n sleutel wat vermis was nie. inteendeel. daar was nooit sprake van Vi "master"-sleutel tydens getuienisaflegging nie en was nooit in enige verklaring genoem nie. Hierdie inligting het dan die eerste keer tydens kruisondervraging vorendag gekom.
Daar is geen stawing vir Jarmaine Johnson se weergawe oor beskuldigde 5 se teenwoordigheid of deetname by die misdaadtonele nie. Die ander getuienis. met betrekking tot die vuurwapen, die skoonmaak van die kar( die Quick Silver baadjie en die sleutel is na my mening van so 'r aard dat daar nie h skufdigbevinding op grond daarvan uitgebring kan word nie.
Daar is verder geen redelike vooruitsig dat emge van die ander beskuldigdes, indien hulle sou besluit om te getuig, sodanige stawing sal verskaf om beskuldigde 5 met hierdie misdade te verbind nic.
Laastens het die ondersoekbeampte, Heunis ook in die hof erken dat tydens sy getuienis in beskuldigde 5 se borgverrigtinge, naamlik. dat daar selfoonverbindings tussen beskuldigde 5 en die oorledene se foon was, nte korrek was nie. Wat die rede daarvoor was, is onduidelik aangesien al die seifoonrekords wel beskikbaar was op daardie stadium.
In die omstandighede is ek van mening dat beskuldigde 5 geregtig is om op die aanklagtes teen horn ontslaan te word en gevolglik word BESKULDIGDE 5 VRYGE3PREEK OP AL DIE AANKLAGTES. Beskuldigde 5 kan afstaan en word verskoon van verdere verrigtinge.
GOLIATH, R