South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 363
| Noteup
| LawCite
S v Marinus en Anders (SS27/2006) [2010] ZAWCHC 363 (25 February 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAK NO: SS27/2006
DATE: 25 FEBRUARIE 2010
In the matter between:
DIE STAAT
teen
3. DAVIDENE CHANTAL MARINUS
4. BRIAN DANIELS
5. FAREED MOHAMED
10. WINSTON ANTHONY BLAAUW
11. JOHAN CLASSEN
UITSPRAAK
VELDHUIZEN. R;
In aanklag 34 word dit beskuldigde 3 ten laste gele dat sy op of omtrent 11 Februarie 1997 en te Spineweg, Strandfontein indie distrik van Mitchell's Plain wederregtelik en onwettiglik handel gedryf het in 149 Mandrax tablette ter oortreding van artikel 5(b() van die Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary, Nr.140 van 1992 (die "Wet"). Alternatiewelik word beweer dat sy die tablette besit het ter oortreding van artikel 4(b) van die Wet.
Artikel 1 van die Wet omskryf handeldryf "asook 'n handeling verrig in verband met die oorlaai, invoer, verbouing, insameling, vervaardiging, lewering, voorskryf, toediening, verkoop, versending of uitvoer van die dwelmmiddel". Artikel 1 van die Wet bepaal ook dat besit beteken "ook om die dwelmmiddel te hou of op te berg of dit in bewaring of onder beheer of toesig te he".
Dit is duidelik dat hierdie omskrywings nie die gewone betekenis van handeldryf of besit beperk nie, maar slegs 'n uitbreiding is van die handelinge of gedrag wat handeldryf of besit kan daarstel.
Die Staat se saak berus hoofsaaklik op die getuienis van die medepligtige Elton Petersen. Hy het getuig dat die beskuldigde, nadat sy 'n oproep van mnr Quinton Marinus (voorheen beskuldigde 1) ontvang het, horn geneem het na die huis van ene Tietie in Mitchell's Plain. Hulle het 'n Isuzu bakkie gery. Beskuldigde 3 het haar paar maande oue baba by haar gehad. Sy het twee pakkies geld by haar gehad. Dit het bestaan uit R10 en R20 note.
By Tietie se huis gekom, het hulle die huis binnegegaan.
Beskuldigde 3 het die geld oorhandig en die Mandrax ontvang. Buite die huis het die getuie agter in die bakkie geklim en die pakkie Mandrax in die baba se drasak versteek. Langs die pad is hulle deur die polisie voorgekeer. Die bakkie is deursoek, die Mandrax is gevind en hulle is beide gearresteer.
Op 'n later datum het die getuie skuldig gepleit. Hy is skuldig bevind en gevonnis tot 'n boetestraf gekoppel met 'n opgeskorte termyn gevangenisstraf.
Die getuienis van mnr A L Vermeulen is dat hy en kollegas, as gevolg van inligting wat hulle ontvang het, die Isuzu bakkie onder observasie gehou het. Alhoewel hy aanvanklik getuig het dat hy beskuldigde 3 nie net uit die bakkie gesien klim het nie, maar ook by die perseel van Tietie se huis sien ingaan het, het hy dit later afgewater en getuig dat hy die beskuldigde nie onder observasie kon hou nie en nie weet of sy by die hek van die huis in is nie. Dit is gemene saak dat die bakkie later deur hulle voorgekeer is en die Mandrax agterin gevind is.
Daar is aansienlike probleme met die getuienis van die getuie en Elton Pietersen. Hy het getuig dat ene Piepies vir Quinton Marinus kom soek het en dat hy dit aan beskuldigde 3 genoem het. Daarna getuig hy:
'Die next moment toe bel Quinton.'
En verder:
'En toe sy klaar op die phone gewees het, toe se sy moet ek my gaan was en aantrek want ons sal met die bakkie ry, maar sy het nie gese waarnatoe die eerste keer nie.'
Tydens kruisondervraging getuig hy weer dat Quinton Marinus eers die volgende oggend geskakel het. Dit bots lynreg met sy vroeere getuienis. Sy getuienis dat die polisie hulle ongeveer 1:00 namiddag voorgekeer het, bots met die getuienis van die polisie. Vermeulen se getuienis is dat hulle ongeveer 9:00 namiddag voorgekeer is.
Meer belangrik nog, is sy aanvanklike getuienis dat hy die Mandrax agter by horn gehou het omdat daar nie plek voor in die bakkie was nie. Toe dit blyk dat daar oorgenoeg plek voor in die bakkie was het hy sy getuienis aangepas en getuig dat hy agter in die bakkie gaan sit het met die Mandrax want die beskuldigde het gese hy moet dit doen. Later weer het hy getuig dat sy been seer was en dat dit gemakliker was vir horn om agter te sit want dan kon hy sy been reguit hou.
In die lig van hierdie weersprekings, het ons tot die gevolgtrekking gekom dat 'n skuldigbevinding op hierdie medepligtige se getuienis ingebring kan word, slegs indien dit gestaaf word. Dit is geykte reg dat sodanige stawing die beskuldigde moet impliseer by die pleging van die misdaad. Hier is geen sodanige getuienis nie. Beskuldigde 3 is gevolglik op vryspraak geregtig en sy word ONSKULDIG bevind op die hoof- en alternatiewe aanklagte.
In aanklag 46 word dit beskuldigde 4 ten laste gele dat dat hy ter oortreding van artikel 5(b) van die Wet op of omtrent 12 Mei 2003 en te Krielstraat 6, Kuilsrivier, wederregtelik en onwettiglik in 'n gevaarlike afhanklikheidsvormende stof, soos in Bylae 2 Deel II van die Wet tewete 521,32 gram koka'ine en ongewenste afhanklikheidstowwe, soos per Bylae 2 Deel III van die Wet, tewete 5295 Ecstasy tablette en 55 286 Mandrax tablette en 206,48 Mandrax tabletstukkies en poeier handel gedryf het.
In aanklag 51 beweer die Staat dat die beskuldigde op dieselfde datum en plek ter oortreding van Regulasie 39(1)(a) van die Regulasies, soos afgekondig in Goewermentskennisgewing 1111 gedateer 2 September 1998 gepubliseer in Staatskoerant Nr. 1920f5 gedateer 2 September 1998, gelees met Regulasie 1 en 96 van die genoemde
Regulasie, soos uitgevaardig kragtens Artikel 77 van Wet 18 van 1998, die Wet op Lewende Marine Hulpbronne en ook gelees met artikel 1 en 58(4) van die genoemde Wet en ook met artikel 250 van die Strafproseswet, 51 van 1977, wederregtelik en onwettiglik, terwyl hy nie die houer van 'n geldige kommersiele permit was nie vir kommersiele doeleindes deelgeneem het aan die vangs, versameling, bewaring of beheer van of in besit was van 774 perlemoen.
Op 12 Mei 2003 het speurinspekteur Virtue, kaptein Rossouw en superintendent Swart na Krielstraat 6, Kuilsrivier gegaan het. Hulle het met die oprit ingery op soek na 'n geel Opel motorvoertuig. Superintendent Swart het uit die motorvoertuig geklim en gemerk dat iemand deur die blindings, wat voor die venster van die heel agterste kamer van die huis was, loer. Beseffende dat hulle dadelik sal moet optree, het superintendent Swart na die venster gegaan terwyl kaptein Rossouw agter om die huis gehardloop het en Virtue na die voordeur gegaan het.
Superintendent Swart het die persoon beveel om die voordeur oop te maak. Inspekteur Virtue het deur die glaspaneel van die voordeur opgemerk dat beskuldigde 4 aangestap kom met 'n swart boekie in sy hand en dat hy die boekie onder sy arm sit. Beskuldigde 4 het die voordeur oopgesluit en oopgemaak.
Dit was op daardie stadium net na 3:00 namiddag. Beskuldigde 4 het geskok en senuweeagtig voorgekom.
Nadat superintendent Swart die voorkamer binnegekom het, het hy homself aan beskuldigde 4 voorgestel en meegedeel dat hulle besig was met 'n dwelmondersoek. Hy het beskuldigde 4 se regte aan horn verduidelik.
Beskuldigde 4 het die boeke wat dan ook as Bewysstuk S ingehandig is aan Virtue oorhandig. Die boekie het volgens inspekteur Virtue die name van bekende dwelmsmokkelaars en woorde soos "Rock", wat "Crack" en "kokaTne" is, Mandrax en Ecstasy bevat en syfers wat, volgens Virtue, verwys na pakke Mandrax bevattende 1 000 tablette elk.
Superintendent Swart het aan beskuldigde 4 gevra of daar dwelms in die woning is waarop hy bevestigend geantwoord het. Hulle het na die agterste kamer gestap en die kamerdeur is oopgemaak. Beskuldigde 4 het die deur oopgemaak en die getuies het agter horn ingestap.
Op die vloer het hulle 'n kartondoos met wit poeier, wat aan die binnekante vasgesit het, gevind en daar was ook lee plastieksakke soortgelyk aan die waarin 1 000 Mandrax tablette normaalweg verpak word.
Op 'n vraag van superintendent Swart of dit al is, het beskuldigde 4 geantwoord "Nee". Hy het daarop die regterkantste ingeboude kas se deure oopgemaak en regs onder in die kas was 'n groot kartondoos vol tablette. Hierdie tablette is sigbaar in die fotoalbum, Bewysstuk L, foto's 5 en 6. Links in die kas was ook pakke met tablette asook blokke bruinerige "beige" stof wat later getoets is en getoon het dat dit Crack koka'ine is.
Daar was dik rolle kleefband en lee Zip Lock sakkies waarin, volgens die ondervinding van die getuie, normaalweg tablette verpak word. Ook was daar 'n bak, wat getoon word op foto 16 van Bewysstuk L, waaruit tablette gewoonlik getel word, asook 'n skaal, wat getoon word op foto's 17 tot 19 van Bewysstuk L, wat gebruik word om gesnyde blokkies Crack koka'ine te weeg.
Daar was geen aanduiding dat enigeen in hierdie kamer gewoon het nie, aangesien daar geen klere, komberse of enige beddegoed was nie behalwe slegs 'n matras (onduidelik) voetstuk.
Bewysstuk L, foto 8, toon ook gekleurde Ecstasy tablette wat bekend gestaan het as Bicardi Breezers en Safe Sex. Kaptein Rossouw het horn op hierdie stadium by superintendent Swart en inspekteur Virtue aangesluit en die ondersoek oorgeneem. Die forensiese laboratorium is ontbied en hulle het op die bewysstukke beslag gele en foto's daarvan geneem. Dit is van belang dat beskuldigde 4 in besit was van die sleutel van die deur wat tot hierdie kamer gelei het.
In die kombuis het superintendent Swart in 'n vrieskas gevriesde perlemoen gevind. Op 'n vraag van superintendent Swart of beskuldigde 4 enige kennis dra van die dwelms wat in die huis gevind is, het beskuldigde 4 verduidelik dat hy nie kennis daarvan dra nie en dat hy slegs die huis op pas.
'n Ondersoek deur die forensiese laboratorium het getoon dat die Mandrax tablette wel metakoloon bevat en dat die Ecstacy tablette wel die verbode stof deur die Wet voorgeskryf (plus minus) /N-emetiel-3,4-(meteleendioksie) fenetielamien (MDMA) bevat. Ook toon die verslag dat die Crack koka'ine inderdaad kokaTne is.
Dit is verder erken dat die 776 perlemoen wat gevind is van die spesie haliotis midae is, soos die verslag van mnr Andries Jacobus Oelofsen Visser aantoon.
Beskuldigde 4 het sy saak gesluit sonder om enige getuienis aan te bied. In die afwesigheid van enige getuienis van beskuldigde 4 is die afleiding na ons mening onafwendbaar dat beskuldigde 4 die dwelms en die perlemoen besit het.
Ten aansien van klagte 51 is voor ons betoog dat 'n skuldigbevinding op hierdie aanklag nie kan volg nie, aangesien die regulasies wat in hierdie aanklag vermeld word, deur Goewermentskennisgewing 62 vervat in Staatskoerant 30716 gedateer 1 Februarie 2008 herroep is. Die antwoord op hierdie betoog is te vinde in artikel 12(2)(d) van die Interpretasiewet, Nr. 33 van 1957 wat lees:
"Wanneer 'n wet 'n ander wet herroep en daar nie 'n ander bedoeling blyk nie -
....
....
....
(d) raak die herroeping nie enige boete, verbeurdverklaring of straf opgeloop ten opsigte van enige misdryf ingevolge 'n aldus herroepe wet gepleeg nie en so 'n ondersoek, regsgeding of regsmiddel kan ingestel, voortgesit of aangewend word en so 'n boete, verbeurdverklaring of straf kan opgele of gelas word asof die herroepende wet nie
aangeneem was nie." (Sien in hierdie verband R v SUTHERLAND 1961(2) SA 806 (AD). Sien ook S v KRUGER 1968(1) SA 507 (TPD).)
Dit volg dat die herroeping nie beskuldigde 4 van hulp kan wees nie en dat die betoog nie kan slaag nie.
In aanklag 47 word dit beskuldigdes 10 en 11 in die hoofaanklag ten laste gele dat hulle artikel 5(b) van die Wet oortree het. Die bewering is dat hulle op of omtrent 26 Mei 2004 en te of naby Leeuw Gamka in die distrik Prince Albert, wederregtelik en onwettiglik handel gedryf het in ongeveer 65 000 Mandrax tablette.
Mnr Douglas Derek Vlok, is 'n verkeersbeampte in diens van die Provinsiale Administrasie en gestasioneer te Laingsburg. Op 26 Mei 2004 was hy aan diens by 'n satellietstasie ongeveer 24 kilometer vanaf Leeuw Gamka in die rigting van Beaufort-Wes.
Net
na tienuur die oggend het hy 'n wit Isuzu bakkie vanaf die
Leeuw
Gamka rigting die satellietstasie sien nader. Hy het die
voertuig
voorgekeer en afgetrek. Beskuldigde 11 was die
bestuurder en
enigste insittende. Toe
hy die voertuig
ondersoek, het hy by die linker agterband gemerk
dat daar 'n plaat op die onderstel vasgeskroef is. Terwyl hy met die
deursoeking
besig was, het konstabel Murphy van die Leeuw Gamka
Suid-Afrikaanse Polisiedepartement by horn aangesluit en hulp
verleen. Nadat
die plaat afgeskroef is, het hulle vasgestel dat daar
'n vals kompartement onder die bak van die motorvoertuig ingebou is.
Binne-in
die vals kompartement is 65 pakke bevattende pille gevind.
Die plaaslike kriminele rekordsentrum is gekontak. 'n Inspekteur het opgedaag en nog later het kaptein May van Georganiseerde Misdaad aangekom en hulle meegedeel dat hy die ondersoek verder sou hanteer. Daar is op beskuldigde 11 se selfoon beslag gele en dit is deurentyd gemonitor.
Toe beskuldigde 11 se selfoon lui, het sersant Murphy dit beantwoord. Die persoon wat geskakel het wou weet wat aan die gang is. Hy het gemeld dat hy die eienaar van die bakkie is. Sersant Murphy het toe aan horn 'n vals mededeling gedoen dat die bestuurder van die bakkie siek is en per ambulans daar weggeneem is. Die persoon het horn toe R1 000 aangebied om na die voertuig om te sien.
Hy het verder gemeld dat hy vanaf die Kaap sou kom om die voertuig te haal. Nadat die voertuig by die Prince Albert se polisiestasie ingehandig is, is die voertuig te Prince Albert vulstasie geparkeer in afwagting van die aankoms van die persoon wat geskakel het. Die persoon het daarna nog 'n paar maal geskakel en navraag gedoen of die voertuig nog in orde is en ook om rigtingaanwysings te vra. May het gereel dat inspekteur Moolman en sersant Mulder by die motorvoertuig by die vulstasie sou staan.
Na tienuur die aand het 'n wit Volkswagen Golf motorvoertuig met twee persone by die vulstasie opgedaag. Die bestuurder was beskuldigde 10. Hy het navraag omtrent die bakkie gedoen. Murphy vra horn toe vir sy R1 000, maar beskuldigde 10 het gese hy wil eers na die bakkie kyk. Moolman het horn toe na die bakkie geneem. Moolman het homself voorgedoen as die eienaar van die vulstasie en het beskuldigde 10 R500 gevra vir die insleep van die voertuig. Beskuldigde 10 het om die bakkie geloop en gekyk of alles in orde is. Nadat sersant Mulder die sleutel van die bakkie aan horn oorhandig het. Hy het Moolman R500 gegee en het met die bakkie agter om die werkswinkel uitgery. Hy is daarna deur kaptein May gearresteer. Dit is erken dat die 65 plastieksakkies 101 963,7 gram tablette, tabletstukkies en poeier bevat het, bereken volgens die gemiddelde massa van een tablet is dit 68 274 tablette. Dit is erken dat hierdie tablette metakoloon bevat. Beide beskuldigdes het hulle sake gesluit sonder om te getuig.
Die getuienis toon prima facie dat beskuldigde 11 in besit van die Mandrax tablette was en in die afwesigheid van 'n verduideliking van horn, is ons tevrede dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat hy in besit van die Mandrax was. Beskuldigde 10 se gebrek aan belangstelling aangaande beskuldigde 11 se welsyn en sy naarstige ywer om besit van die bakkie te verkry asook sy erkenning dat hy die eienaar daarvan is, oortuig ons bo redelike twyfel dat beskuldigde 11dit namens horn vervoer het. Dit moet ook in gedagte gehou word dat die bakkie 'n spesiaal ingeboude vervalste kompartement gehad het. Hy (beskuldigde 10) het gevolglik die tablette deur sy verteenwoordiger, beskuldigde 11, besit.
In aanklag 48 word dit beskuldigdes 5 e 10 ten laste gele dat hulle op 21 Junie 2004 en te of naby Elsiesrivier wederregtelik en onwettiglik in ongewenste afhanklikheidsvormende stof tewete 100 000 Mandrax tablette handel gedryf het. In die alternatief word beweer dat die beskuldigdes die Mandrax wederregtelik en onwettiglik besit het.
Op 17 Junie 2004 is kaptein W G Stoman na die firma Cape Couriers, wat by die Oliver Thambo Lughawe in Johannesburg kantore het, ontbied. By sy aankoms het die opsiener, ene mnr Tommie de Beer, 5 kartondose aan horn uitgewys. Hierdie kartondose was bestem vir hulle Kaapse tak. Een van die kartondose was reeds oopgemaak en by nadere ondersoek het Stoman gevind dat dit plastieksakke vol pille bevat. Hy het vermoed dat dit Mandrax is. Hy het op die kartondose beslag gele. Hy het met kaptein Smit van die Georganiseerde Misdaadeenheid van die Suid-Afrikaanse Polisiedepartement in Kaapstad ooreengekom om die kartondose na Kaapstad Internasionale Lughawe te versend. Dit is dan ook die volgende dag gedoen.
Kaptein Smit het die kartondose by die Kaapstad Lughawe in ontvangs geneem en op 21 Junie 2004 na Cape Couriers se Kaapse tak in Montagu Gardens geneem. Polisielede het rondom en binne die perseel van Cape Couriers stelling ingeneem en observasie gehou.
Die getuienis van kaptein Smit en superintendent Lize Potgieter asook die vragbrief, Bewysstuk VV, toon dat beskuldigde 5 in die loop van die oggend die kartondose afgehaal het en in 'n wit Mazda bakkie gelaai het. Die polisie het die voertuig gevolg tot by 'n Caltex motorhawe. Daar het beskuldigde 5 vir beskuldigde 10 en nog 'n persoon ontmoet. Hulle is die winkel binne. Toe hulle uitkom, het beskuldigde 5 en die ander persoon na 'n groen Volkswagen Golf gegaan en vertrek. Beskuldigde 10 het met die Mazda bakkie vertrek. In Snares Brookstraat, Epping Forest, is die kartondose in 'n wit DAF bussie oorgelaai en beskuldigde 10 het met die Mazda bakkie vertrek. Die bussie is tot by 'n huis, nommer 4, 28ste Laan, Elsiesrivier, gevolg. Die hekke voor die inrit van die huis is oopgemaak en die bussie is ingetrek. Nadat die hekke toegemaak is, het die polisie toegeslaan. Beskuldigde 10 is ook die tussentyd voorgekeer en na die perseel gebring.
Die kartondose is oopgemaak en word getoon op die foto's vervat in Bewysstuk UU. Die forensiese verslag toon dat die kartondose 152 384,6 gram tablette en tabletstukkies en poeier bevat het. Dit is die ekwivalent van 100187 tablette. Die ontleding van die tablette het getoon dat dit metakoloon, soos gelys in Deel III van Bylae 2 van die Wet, bevat.
Behalwe om die vingerafdrukdeskundige, wat die toneel te Elsiesrivier bygewoon het en later die kartondose en plastieksakkies ondersoek het, te roep is geen verdere getuienis deur die verdediging aangebied nie. Die getuienis van hierdie deskundige is neutraal en neem die saak van die beskuldigdes niks verder nie.
Elk van die aanklagte onder die Wet meld dat die oortreding ten laste gele gelees moet word met artikels 17 tot 25 van die
Wet. In die lig van die beslissings van die Konstitusionele Hof (wat almal saamgevat is op bladsy 26b-d van S v TSHALI 2007(2) SASV 23 (KPA)) is hierdie verwysings verkeerd. Die Staat het dan ook geredelik toegegee dat daar nie op die vermoedens in artikels 20 en 21 van die Wet gesteun word nie. Die verdediging wil dit he dat die verwysing na hierdie artikels in die Akte van Beskuldiging tot gevolg het dat die aanklagte ongeldig is.
Ek stem nie saam nie. Indien enige verwysing na artikels 20 en 21 geskrap word, dan is die feitelike bewerings, wat in die aanklagte uiteengesit word, steeds voldoende om die ten laste gelegde oortreding daar te stel. Dit is nie onbelangrik om daarop te let dat artikels 20 en 21 van die Wet nie misdaadskeppende artikels is nie, maar slegs dien as bewysregtelike hulpmiddels om 'n oortreding van of artikel 4(b) of artikel 5(b) van die Wet te bewys.
Die verdediging steun op die volgende passasie in S v TSHALI
(supra) te 27f-g. Dit lees:
"At the trial the appellant pleaded guilty to a charge based in part upon statutory provisions which had been declared to be unconstitutional and of no force and effect. Such a charge is incompetent and the conviction bases upon such a charge cannot even on a plea of guilty - be sustained."
Die feite in TSHALI verskil natuurlik van die feite wat voor ons dien, maar indien ERASMUS, R bedoel het dat enige aanklag wat 'n verwysing na die ongeldig verklaarde artikels bevat, die aanklag in sy geheel ongeldig maak (wat ek betwyfel) dan stem ek nie saam nie. Indien die aanklag gewysig word om die verwysing na artikels 20 en 21 te skrap, wat te enige tyd voor uitspraak gedoen kan word, dan sal daar geen benadeling vir die beskuldigdes wees nie en, soos gemeld, wat oorbly is voldoende om die ten laste gelegde oortredings daar te stel.
Artikel 1 van die Wet bevat, soos hierbo genoem, die volgende woordomskrywings wat ek herhaal:
"Handel dryf met betrekking tot 'n dwelmmiddel ook 'n handeling verrig in verband met die oorlaai, invoer, verbouing, insameling, vervaardiging, lewering, voorskryf, toediening, verkoop, versending of uitvoer van die dwelmmiddel en verkoop met betrekking tot 'n dwelmmiddel ook om die dwelmmiddel vir verkoop aan te bied, te adverteer, te besit of uit te stal; om dit, hetsy teen 'n teenprestasie of andersins van die hand te sit of om dit te verruil."
Indien die hoeveelheid Mandrax tablette wat in elk van die aanklagte onder die Wet betrokke is in ag geneem word, noop gesonde verstand en dikteer logika dat dit in die afwesigheid van enige getuienis van die beskuldigdes vir die handel en in die besonder vir verkoop besit is. (Sien die passasie in S v MUTIZE 1978(2) SA 911 (RA) te 913H.)
Ook die hoeveelheid perlemoen waarop aanklagte 51 betrekking het, regverdig die afleiding as synde die enigste redelike afleiding wat strook met al die feite dat dit vir kommersiele doeleindes besit is.
Ons is gevolglik tevrede dat die Staat hierdie aanklagte bo redelike twyfel bewys het.
BESKULDIGDE 4 word SKULDIG bevind op aanklagte 46 (die hoofaanklag) en 51.
BESKULDIGDES 10 EN 11 word SKULDIG bevind op aanklag 47 (die hoofaanklag) en
BESKULDIGDES 5 EN 10 word SKULDIG bevind op aanklag 48 (die hoofaanklag).
VELDHUIZEN, R