South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 38
| Noteup
| LawCite
S v Fullard (12/2010_) [2010] ZAWCHC 38 (12 March 2010)
Download original files |
RAPPORTEERBAAR
IN DIE Hoe HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAPSE Hoe HOF, KAAPSTAD)
Hoe HOF VERWYSINGSNR: 10290
LANDDROS SE SAAKNR: 12/2/3-48/2006 LANDDROS SE REEKSNR: 12/2010
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
HENDRINA FULLARD Respondent
UITSPRAAK OP HERSIENING
DE SWARDT, WnR:
Die respondent, me Hendrina Fullard, 'n volwasse vrou van 29 jarige ouderdom, het op 4 Februarie 2010 voor die landdros te Kuilsrivier verskyn vir die hou van xn ondersoek ingevolge artikel 22 van die Wet op die Voorkoming en Behandeling van Dwelmafhanklikheid, Wet 20 van 1992. Die landdros het die gemelde ondersoek behoorlik gehou en 'n bevel gemaak ingevolge waarvan die respondent, onder andere, in 'n behandelingsentrum aangehou moet word.
Die aangeleentheid het op outomatiese hersiening voor hierdie Hof gedien. Wat die verrigtinge voor die landdros betref, is hierdie Hof tevrede dat reg behoorlik geskied het. Trouens sodanige sertifikaat is reeds onderteken op 26 Februarie 2010.
Die onderhawige saak is egter onrusbarend vir 'n rede wat onafhanklik staan van die landdros se optrede tydens die verrigtinge. Mevrou Margaret Fullard, die moeder van die respondent, het reeds op 24 Maart 2006 xn verklaring onder eed afgele waarin sy versoek het dat die hof die respondent na 'n rehabilitasiesentrum moet verwys om behandeling te ontvang vir xn dwelmprobleem. Soos wat hierbo aangetoon is, het die ondersoek voor die landdros eers bykans 4 jaar later, op 4 Februarie 2010 plaasgevind.
Die volgende navraag is derhalwe op 26 Februarie 2010 aan die landdros gerig:
"Die aansoek in die onderhawige geval is op 24 Maart 2006 geloods toe die respondent se moeder V? eedsverklaring afgele het waarin beweer is dat die respondent aan dwelmmiddels verslaafis.
Die maatskaplike werker se verslag is meer as drie jaar later, op 19 Oktober 2009 voorberei en is op 3 Februarie 2010 by die hof in ontvangs geneem. Die verrigtinge voor die landdros het op 4 Februarie 2010 plaasgevind, bykans 4 jaar nadat die aansoek aanhangig gemaak is.
Die beste belange van die respondent en haar familie is sekerlik nie gedien deur die ontstellende lang tydsverloop nie.
Die landdros word versoek:
Om ondersoek in te stel na die redes vir die versuim om die respondent tydiglik voor die hofte bring;
Om terugvoering te gee rakende die stappe wat gedoen word en die maatreels wat in plek gestel is, ten einde te verseker dat soortgelyke aansoeke in die toekoms stiptelik afgehandel word en nie onnodiglik vertraag word nie.'
Die landdros het stiptelike terugvoering gegee wat op 11 Maart 2010 deur hierdie Hof in ontvangs geneem is. Dit lui soos volg:
1. Die respondent kan slegs voor die hof gebring word indien daar behoorlik ondersoek ingestel en to verslag saamgestel is deur 'n Maatskaplike Werker. Die betrokke Klerk deel my mee dat daar op 'n gereelde basis navraag gedoen word by Maatskaplike Dienste aangaande die vordering in diesulke aangeleenthede. Wat dan ook die geval was in hierdie betrokke aangeleentheid. Die Klerk word telkens meegedeel dat daar slegs een Maatskaplike Werkster vir hierdie distrik op die spesifieke gebied is en die Wet 20-ondersoeke slegs een been van haar dagtaak behels en dat ander sake byvoorbeeld Kinderhof-aangeleenthede voorkeur geniet.
Die spesifieke beampte het ook die diens verlaat, dit het to tydperk geneem voordat die pos weer gevul is en moet die nuwe beampte nou ook die agterstand inhaal tesame met nuwe gevalle.
Daar is ook slegs twee Rehabilitasie-Sentrums deur die Staat aangewys vir ons distrik wat to baie groot bedieningsgebied het en dus word daar baie lank gewag voordat 'n plek vir opname beskikbaar is.
2. Die betrokke Klerk sal egter steeds voortgaan en op to weeklikse basis navraag doen oor die uitstaande aansoeke. Ek gee u ook die versekering dat daar van die Hof se kant geen vert raging is nie. As die Klerk my nader met to versoek dat so to ondersoek gereed is, word dit binne 7 dae ter rolle geplaas.'
Uit die oorkonde van die verrigtinge blyk die verloop van die aansoek soos volg:
24 Maart 2006 Die respondent se moeder maak die eedsverklaring waarin
sy beweer dat die respondent aan tik verslaaf is en haar eie welsyn asook die van haar gesin benadeei en vra dat die Hof die respondent na 'n rehabilitasiesentrum verwys.
29 Maart 2006 Die Klerk van die Hof rig 'n skrywe aan die kantoor van die
PAWK (Provinsiale Administrasie, Wes-Kaap) te Eersteriver, vir aandag die maatskaplike werker. Volgens die skrywe is die eedsverklaring waarna hierbo verwys is daardie dag
(m.a.w. op 29 Maart) voor die Klerk afgele en word die beampte versoek om die hof voor of op 29 Mei 2006 van xn maatskaplike verslag te voorsien. Die naam en ad res van die respondent is in dieselfde skrywe vervat.
29 Mei 2006 Die Klerk van die Hof rig 'n telefaksnavraag aan xDiatesda
Oikononia ', skynbaar xn welsynsorganisasie, vir aandag ene Mev E D Maartman, wat soos volg lui: xGraag verlang ek van u of u enige terugvoering kan gee rakende hierdie rehabilitasiegeval. Bale dankie vir u samewerking.'
31 Mei 2006 Me R C Matthews, xn maatskaplike werker, antwoord
skriftelik op die voormelde navraag op die briefhoof van Diatesda Oikononia Community Development. Luidens die skrywe is die aanmelder ingeroep vir kantooronderhoud en assessering, maar niemand het opgedaag of enige reelings getref nie. Die skrywe vervolg xDaar sal met 'n tuisbesoek opgevolg word om die ondersoek te begin. ln Hofverslag sal teen 30 Junie 2006 eers gelewer kan word. Graag word verneem of uitstel tot dan verkry kan word. Jammer vir die ongerief. U samewerking word waardeer.'
3 Julie 2006 Die Klerk van die Hof rig verdere navraag per telefaks aan
Me Matthews wat lees ^ Graag verlang ek terugvoering in die onderstaande gevalle.' Die lys van gevalle is nie aangeheg by die telefaks nie, maar vermoedelik was die respondent se geval een van die waaroor navraag gedoen is.
26 September 2007 Na die verloop van meer as *n jaar sedert die telefaks
waarna in die onmiddellik voorafgaande paragraaf verwys is, rig die Klerk van die Hof 'n brief aan Diatesda Oikononia om navraag te doen aangaande die vordering met die respondent se ondersoek. Die hoofdeel van die brief lui soos volg: "Ek verwys na u brief gedateer 1 Junie 2006 en wag nog vir terugvoering vanaf u asseblief. Bale dankie by voorbaat vir u harde werk.'
16 November 2007 Die Klerk van die Hof rig 'n soorgelyke brief aan die vorige aan Diatesda Oikononia wat lui: xAansoek is by hierdie kantoor ingedien op 24 Maart 2007 (sic) en graag verlang ek dringend van u terugvoering asseblief.'
3 Januarie 2008 Die Klerk van die Hof rig 'n verdere brief aan Diatesda
Oikononia wat in alle opsigte identies is aan die een waarna in die vorige paragraaf verwys is.
11 Januarie 2008 Mev G Dames, 'n maatskaplike werker van Diatesda
Oikononia rig 'n brief aan die Klerk van die Hof waarin verskoning aangebied word vir diesgroot agterstand wat ons rehabilitasie hofondersoeke vir 2007 betref.' Die skrywer meld voorts dat'n personeeltekort ondervind word 'watteen 1 Februarie 2007 (sic) opgelos behoort te word. Intussen sal ons probeer om die agterstand stelselmatig aan te pak. Hoop ons kan staatmaak op u reeds beproefde geduld.'
7 Maart 2008 Die Klerk van die Hof rig weer eers 'n brief aan die
maatskaplike organisasie wat lui: Aansoek is ingedien op 24 Maart 2006. Graag verlang ek dringend van u terugvoering asseblief.'
10 April 2008, 21 Mei 2008, 2 Julie 2008 en 31 Julie 2009
Soortgelyke briewe aan die vorige word afgestuur deur die Klerk van die Hof.
25 Maart 2009 Die Klerk van die Hof skryf 'n brief aan Me Margaret Fullard,
die respondent se moeder, waarin sy (mev Fullard) gevra word om die skrywer so spoedig moontlik op kantoor te spreek, by gebreke waarvan die leer outomaties gesluit sou word.
29 April 2009 Die Klerk van die Hof rig weer eens 'n brief aan Diatesda Oikononia.
Die tersaaklike gedeelte lees soos volg: 'Aansoek is ingedien 24 MAART 2006. Sal u so gaaf wees om die nodige terugvoering aan my terug te gee of daar al ln opname datum gereed is en of daar nog voortgegaan moet word met die aansoek.'
18 Mei 2009, 26 Junie 2009, 28 Julie 2009, 28 Augustus 2009 en 28 September 2009
Die Klerk van die Hof rig briewe aan Diatesda Oikononia wat identies is aan die een waarna in die voorafgaande paragraaf verwys is.
19 Oktober 2009 Ene Narisca Isaacs rig 'n skrywe per faks aan die Klerk van
die Hof, die relevante gedeelte waarvan soos volg lees: "Sien aangehegte rehabilitasie verslag. Verslag reeds na De Novo gestuur. Sodra opname geskied sal ek u in kennis stel sodat begeleiding vir die medies en opname (vervoer) gereel kan word.'
27 Oktober 2009 Die Klerk van die Hof rig weer eens 'n brief aan Diatesda
Oikononia wat identies is aan die skrywe van 29 April 2009. Dit wil derhalwe voorkom asof die verslag waarna in die voorafgaande paragraaf verwys is, nie per telefaks versend is op 19 Oktober 2009 nie.
24 November 2009, 28 Desember 2009 en 29 Januarie 2010
Die Klerk van die Hof rig weer eens identiese briewe aan die een gedateer 29 April 2009 aan Diatesda Oikononia.
3 Februarie 2010 Me Narisca Isaacs van Diatesda Oikononia stuur vn telefaks
aan die Klerk van die Hof om laasgenoemde in kennis te stel dat goedkeuring verleen is vir die opname van die respondent by De Novo Behandelingsentrum. Die Klerk van die Hof ontvang die maatskaplike verslag oor die respondent wat deur me Isaacs voorberei is.
4 Februarie 2010 Die ondersoek ingevolge artikel 22 van die Wet vind plaas
voor die landdros in Kuilsrivier.
Artikel 21 van die Wet skryf vn bepaalde prosedure voor wat gevolg moet word ten einde 'n persoon wat na bewering van dwelmmiddels afhanklik is, in xn rehabilitasie-sentrum te laat opneem. Artikel 21(1) bepaal dat wanneer daar onder eed beweer word dat iemand afhanklik is van dwelms en as gevolg daarvan sy bates verkwis, sy gesondheid benadeel, die vrede versteur, of op enige wyse hoe ook al sy eie welsyn of die welsyn van sy gesin benadeel, die staatsaanklaer xn dagvaarding moet uitreik wat daardie persoon oproep om voor die hof te verskyn. Alternatiewelik, mag die staatsaanklaer xn landdros versoek om xn lasbrief uit te reik ingevolge waarvan sodanige persoon so spoedig doenlik daarna ('as soon thereafter as practicable') voor die landdros gebring moet word. Artikel 21(2) bepaal dat 'n staatsaanklaer nie xn dagvaarding mag uitreik of om xn lasbrief mag aansoek doen soos wat in artikel 21(1) voorsien word nie, tensy hy van xn maatskaplike werker vn verslag oor die maatskaplike omstandighede van die persoon en enige ander tersaaklike aangeleentheid, verkry het nie.
Artikel 21 skryf nie 'n bepaalde tydperk voor waarbinne die prosedure wat in die artikel voorgeskryf word, moet plaasvind nie. Dit is egter duidelik uit die bewoording van artikel 21(1) dat die Wetgewer beoog het dat die prosedure spoedeisend afgehandel moet word. Dit kan ook logieserwys nie anders wees nie. Indien 'n persoon aan dwelms verslaaf is en behandeling of rehabilitasie nodig het, kan dit duidelik nie op die langebaan geskuif word nie. Dit is in die belang van die persoon wat verslaaf is, asook in die belang van sy gesin, dat 'n ondersoek spoedeisend gehou word sodat hy opgeneem kan word vir behandeling. Die bepalings van die Wet het duidelik ten doel nie alleen om die persoon wat van dwelms afhanklik is en tot sy eie nadeel optree teen homself te beskerm nie, maar ook om die gesin by te staan en te beskerm sodat die nadelige gevolge van dwelmverslawing beperk kan word.
Die vertraging van bykans 4 jaar tussen die datum waarop die respondent se geval vir die eerste keer onder die aandag van die hof gebring is en die datum waarop die ondersoek plaasgevind het, kom neer op niks anders nie as 'n skreiende onreg teenoor die respondent en haar familie. Dit blyk uit die oorkonde van die verrigtinge dat die respondent gedurende hierdie tydperk aan 'n dogter geboorte geskenk het. Die dogter was 3 jaar oud ten tyde van die hou van die ondersoek en sy moes klaarblyklik ook gely het onder haar ma se dwelmverslawing.
Daar is geen aanvaarbare verduideliking oor die onbehoorlike lang vertraging wat voor hierdie Hof geplaas is nie. Die landdros se stelling dat die Klerk van die Hof op gereelde basis navraag gedoen het, neem die aangeleentheid werklik niks verder nie. Die Klerk van die Hof het weliswaar van tyd tot tyd briewe aan die maatskaplike werker gerig, maar dit is die staatsaanklaer se plig en se verantwoordelikheid om toe te sien dat die verslaafde persoon 'so spoedig doenlik' voor die landdros gebring word vir die hou van "n ondersoek. Die landdros het eweneens 'n plig en 'n verantwoordelikheid om toe te sien dat die ondersoek so spoedig doenlik plaasvind. Nog die staatsaanklaer nog die landdros voer hierdie plig behoorlik uit as dit bloot aan die Klerk van die Hof oorgelaat word om van tyd tot tyd met die betrokke maatskaplike werker te korrespondeer ten einde 'n verslag te bekom.
Die landdros se verduideliking dat daar slegs een maatskaplike werker vir die distrik op die spesifieke gebied is en dat ondersoeke vir doeleindes van die Wet skynbaar nie hoog op sy/haar prioriteitslys is nie, verskoon steeds nie die versuim aan die kant van die staatsaanklaer en die landdros om die saak op te volg nie. Selfs die feit dat die maatskaplike werker vir daardie gebied die diens verlaat het en dat tyd verloop het alvorens die pos weer gevul is, verskaf nie behoorlike of voldoende verduideliking vir die versuim nie. Daar kom my voor geen goeie rede te wees waarom die staatsaanklaer of die landdros nie met die betrokke Minister of provinsiale owerheid kon skakel om die dringendheid van die situasie bekend te maak en om alternatiewe reelings vir die inwin van xn maatskaplike ondersoek te tref nie. Feit bly staan dat daar bykans 4 jaar lank net mooi niks aan die respondent se saak gedoen is nie. Die hulp en bystand wat ingevolge die Wet aan haar en aan haar gesin verleen moes word, het agterwee gebly. Die direkte gevolg daarvan is dat nog die respondent se belange, nog die belange van haar gesinslede gedien is. Trouens, die sisteem het hulle gefaal en die belofte van hulp wat die Wet inhou, is nie gestand gedoen nie.
Die feit dat die landdros en die staatsaanklaer elkeen 'n plig ingevolge die Wet gehad het om toe te sien dat ondersoeke tydiglik afgehandel word, doen natuurlik nie afbreuk aan die feit dat die betrokke departement wat maatskaplike dienste verleen, verreweg nie skuldloos is nie. Die teendeel is waar. Die kantoor wat in die jurisdiksiegebied van die betrokke landdroshof vir dienslewering verantwoordelik is, het klaarblyklik nie oor genoegsame personeel beskik om die werk te doen nie. Die departement moes klaarblyklik minstens geweet het dat die pos van die maatskaplike werker vakant geraak het. Die versuim om die pos spoedeisend te vul, getuig van xn verontagsarning van die gemeenskap se belang. As gevolg van die owerheid se versuim om behoorlike maatskaplike dienste te verskaf, is hulpbehoewende persone aan die genade oorgelaat en is die prysenswaardige oogmerke van die Wet in die wind geslaan. Dat so 'n versuim plaasgevind het in 'n moderne samelewing wat luidens die Grondwet gegrond is op, onder andere, respek vir menswaardigheid, is veral betreurenswaardig en die optrede van die verantwoordelike owerheid verdien sterk afkeur.
Die mislukking van die sisteem en die gevolge wat dit vir die gemeenskap ingehou het, het in hierdie saak aan die lig gekom. Die gebrek aan effektiewe maatskaplike dienste in die distrik, moes egter klaarblyklik tallose hulpbehoewende persone, insluitend minderjarige kinders, nadelig getref het. Dit is onverstaanbaar hoe die owerheid in die eerste plek kon toelaat dat so 'n gebrek aan maatskaplike dienste ontstaan, wat nog van toelaat dat dit voortduur. Dit is nie alleen die owerheid se plig om hulp aan minder bevoorregtes te voorsien nie, dit is ook die owerheid se voorreg om na hulle om te sien op die bes moontlike manier. Trouens, 'n beskaafde en ontwikkelde gemeenskap word gemeet aan die wyse waarop die swakker lede van die samelewing wat nie behoorlik na hulself kan omsien nie, ondersteun word.
Die Griffier van hierdie Hof word derhalwe gelas om 'n afskrif van hierdie uitspraak te stuur aan die nasionale Minister van Maatskaplike Ontwikkeling, asook aan die Lid van die Uitvoerende raad van die Provinsiale Administrasie Wes-Kaap wat verantwoordelik is vir die provinsiale Departement van Maatskaplike Ontwikkeling.
A M DE SWARDT, Wn-R
Ek stem saam
L J BOZALEK, R