South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 393
| Noteup
| LawCite
Khan v S (A415/2009) [2010] ZAWCHC 393 (7 May 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
Saak Nommer: A415/2009
In die appel tussen:
TREVOR KHAN …........................................................................Appellant
en
DIE STAAT …...........................................................................Respondent
UITSPRAAK GELEWER OP 7 MEI 2010
CLOETE Wn. R:
[1] Die Appellant is op 2 Oktober 2008 in die streekhof skuldig bevind op 2 aanklagte van verkragling, te wete dat hy op 14 Desember 2001 en 2 Maart 2003 onderskeidelik vir Claudine Claassen en Anastasia Beukes verkrag het.
[2] Op 4 Februarie 2009 is die Appellant, wat op daardie stadium 48 jaar oud was, op hierdie aanklagte, wal saamgeneem is vir doeleindes van vonnis, tot lewenslange gevangenisstraf in die streekhof gevonnis. Hy kom nou in hoer beroep na hierdie Hot teen beide die skuldigbevindings en vonnis.
[3] Die Appellant het tydens die verhoor sy eie verdediging waargeneem. Met deuriesing van die saakrekord word dit egter gou duidelik dat die Appellant geen vreemdeling ten opsigte van hofproseclure is nie, en hy het sy eie verdediging en veral die kruisondervraging van die getuies op n heel bedrewe wyse hanteer. Die landdros het horn ook buitengewone vryheid met sy kruisondervraging toegelaat en hom op 'n besondere geduldige wyse toegelaat om dieseifde vrae tot vervelens aan die klaagsters te herhaal
[4] In sy uitspraak het die landdros die getuienis voltedig opgesom. en drt is nie nodig om dit weer hier te doen nie. Die Appellant se verweer op beide aanklagte was dat hy geslagsgemeenskap met die klaagsters gehad het met hulle toestemming.
[5] Wat die eerste aanklag betref, was dit gemenesaak dat die Appellant en die klaagster Claudine die aand van die voorval drank gedrink het saam met Petula Jacobs. Op daardie stadium het Claudine in 'n woonstel in die agterplaas van Owenweg 225, Matroosfontein, gebly. Die hoofhuis op die erf is bewoon deur Mnr David Jacobs, Petula se vader, en sy gesin. Die klaagster het geluig dat sy later die Appellant en Petula in die voorkamer van haar woonstel waar hulle sit en drink het, agtergelaat het en op die bed in haar slaapkamer gaan slaap het omdat sy die votgende dag moes gaan werk. Sy het later wakkergeskrik met die Appellant bo-op haar Hy het haar broekie afgetrek en haar verkrag. Tydens die verkragting het die Appellant haar hande vasgehou, haar mond toegedruk en haar ook 'n hou op haar mond geslaan. Sy het later daarin geslaag om die Appellant van haar af te skop, en hy het toe weggehardloop. Sy het dadelik na die hoofhuis op die erf gegaan om te gaan hulp soek en daar vir Mnr Jacobs en Petula gese dat sy verkrag is. Sy en Petula is toe na die woning daar naby waar die Appellant in 'n woonstel in die agterplaas woonagtig was. Petula het horn met die verkragting gekonfronteer. maar hy het dit ontken Claudine en Petula is toe na die polisiestasie toe waar 'n klagte van verkragting teen die Appellant deur Claudine aanhangig gemaak is. Sy is daarvandaan na die daghospitaal geneem vir 'n doktersondersoek.
[6] Stawing vir Caudine se getuienis dat sy deur die Appellant verkrag was en dat sy nie gewillig met hom geslagsgemeenskap gehad het nie, word gevind in die getuienis van Petula Jacobs en haar vader, David Jacobs. Mnr David Jacobs het getuig dat hy die nag van die voorval wakkergemaak is toe Claudine huilend vanaf haar woonstel gekom het en geskree het dat die Appellant haar verkrag het. Hierdie getuienis van horn is nie deur die Appellant in geskil geplaas nie. David Jacobs se getuienis is deur sy dogter Petula gestaaf Sy het getuig dat Claudine gese het dat die Appellant haar verkrag het, dat sy gehuil het en dat sy net 'n kombers om haar gehad het As gevolg van die toestand waarin Claudine was, het sy vir haar geglo dat sy verkrag is.
[7] Die Appellant het aangevoer dat die verkragting aanklag teen horn die gevolg was van 'n sameswering tussen Petula en Claudine. Hy het dit aan Claudine gestel dat dit haar voorstel was dat hy Pick 'n Pay moes beroof, haar man daarna in die Brandvlei gevangents moes gaan besoek en hom twee maal elke maand moes geld gee. Omdat hy geweier het, het sy volgens hom die verkragtingsaafc teen hom aanhangig gemaak. Aan Petula het hy gestel dat sy die aand van die voorval saam met Claudine na sy huis gekom het omdat sy wat Petula was (en nie Claudine soos hy voorheen aan Claudine gestel het nie) wou he dat hy Pick 'n Pay moes beroof. Volgens hom het sy watering tot gevolg gehad dat Claudine en Petula saamgesweer het om hom valslik van verkragting te beskuldig. Tydens knjisondervraging van die Appellant deur die staatsaanklaer het die Appellant sy weergawe verander en ontken dat hy oort gese het dat Claudine die voorstel gemaak het dat hy Pick 'n Pay moes beroof Hy het ook ontken dat hy dit ooit tydens sy knjisondervraging van haar aan Claudine gestel het dat sy gese het dat hy haar man na die roof in Brandvlei gevangenis moes gaan besoek en vir hom geld moes gee.
[8] Die Appellant het getuig dat Claudine die hele aand van die voorval vir hom met haar lyftaal uitgelok het. Dit is egter nooit deur hom aan haar gestel tydens sy indringende kruisondervraging van haar nie. Hy het ook getuig dat hy en Petula die aand liggies met mekaar gevry het nadat Claudine bed toe gegaan het Dit is egter ook nooil deur hom aan Petula gestel tydens sy indringende kruisondervraging van haar nie.
[9] Wat die tweede aanklag betref, het die klaagster Anastasia getuig dat sy en haar niggie Faith Daniels die aand na 'n klub gegaan het
Hulle het die aand in die klub saam met vriende sterk drank gedrink. Die volgende ding wat sy kon onthou was toe sy later die nag in haar bed by die huis wakkergemaak is deur Faith wat haar geklap het en geskree het of sy nie geweet het dat sy sopas verkrag is nie. Sy was kaalr haar geslagsdele het 'n branderige gevoel gehad, en haar bed was nat. Sy het besef dat Faith se bewering dat sy verkrag is die waarheid moes wees. Faith het getuig dat Anastasia op n stadium die aand in die toilet by die klub nie kon opstaan nie. Sy het deurmekaar gepraat en was glad nie by haar voile positiewe nie. Sy het ook aan Faith genoem dat sy 3 ecstasy tablette geneem het n Dame het toe vir haar met Anastasia gehelp en gese dat haar kerel wat die Appellant geblyk te gewees het, vir hulle na die see sou neem sodat die seewater vir Anastasia kon help om haar positiewe te herwin. Volgens Faith het die Appellant, nadat hulle by die see was en die Appellant se vriendin afgelaai het, vir haar en Anastasia na hulle woonplek vergesel. Volgens haar was Anastasia geensins by haar voile positiewe nie, en was sy basies bewusteloos toe hulle by die huis gekom het Die Appellant het vir Anastasia in haar bed gesit, homself ontklee en saam met Anastasia in die bed geklim. Faith het in haar eie bed geklim wat naby Anastasia se bed was. Sy hel toe gehoor hoe die Appellant met Anastasia gemeenskap het Sy het toe die woonstel verlaat om te gaan hulp soek. Toe sy 'n rukkie later teruggekeer het, was die Appellant reeds weg Volgens haar was Anastasia se toestand van so 'n aard dat sy nie in staat was om aan enige persoon toestemming te gee om met haar gemeenskap te he nie.
[10] Die Appellant se weergawe was tot die effek dat Anastasia by haar voile positiewe was toe hulle by Faith en Anastasia se woonplek aangekom het Volgens hom het hy sy broek daar in die kombuis uitgetrek om die seesand daarop af te was en omdat dit nat was. Toe hy in die slaapkamer kom, het Faith en Anastasia op hulle beddens gele. en Faith het toe aan hom gese dat "Anastasia'wants to thank you properly". Hy het toe op die punt van Anastasia se bed gaan sit. Hy het daar gesit en dagga rook toe hy gevoel het dat Anastasia haar borste teen sy rug druk en dat, soos hy dit gestel het, "she made a move on me" Hy het toe met haar begin vry en met haar toestemming en samewerking met haar gemeenskap gehad. Terwyl hy en Anastasia daarna langs mekaar le en ontspan het, het "n manspersoon wat volgens hom Anastasia se kerel was, ingekom en hulle in die bed betrap. en het daar toe 'n argument tussen hom en die kerel ontstaan. Volgens hom was dit die rede waarom Faith hom valslik van verkragting beskuldig het, en waarom Anastasia valslik sou voorgee dat sy bewusteloos was tydens die voorval. Tydens die Appellant se indringende kruisondervraging van Anastasia het hy dit egter nooit aan haar gestel dat sy haar borste teen sy rug gedruk het en dat sy hom seksueel aangelok het terwyl hy by haar op die bed gesit het nie. Hy het dit ook nie aan haar gestel nie dat haar kerel hulle in die bed betrap het, dat daar toe 'n argument tussen die Appellant en haar kerel was, of dat dit die rede was waarom Faith horn valslik van verkragting beskuldig het en Anastasia voorgegee het dat sy bewusteloos was tydens die voorval.
[11] Die landdros het in sy uitspraak die getuienis sorgvuldig ontleed en geevalueer en homself daaraan herinner dat Claudine basics n enkelgetuie was ten opsigte van haar beweerde verkragting, en dat haar getuienis derhalwe met versigtigheid benader moes word. Hy het die weergawe van die staatsgetuies as geioofwaardig aanvaar en die weergawe van die Appellant verwerp insoverre dit met die staatsgetuies se weergawe gebots het.
[12] Dit is nou reeds 'n geykte beginsel van ons reg dat 'n hof van appel nie ligtelik met die geloofwaardigheidsbevindings van die verhoorhof sal inmeng nie aangesien die verhoorhof 'sees and hears the witnesses in person, is steeped in the atmosphere of the trial and is furthermore in an advantageous position to observe their demeanour". (Sien R v Dhfumayo and Another 1948 (2) SA 677 (A) te 677-678).
[13] Adv Mihalik namens die Appellant het ons op weersprekings in veral die getuienis van Faith Daniels gewys Dat daar sodanige weersprekings was, is inderdaad so, maar soos tereg deur Adv Theron namens die Staat uitgewys is. moet hierdie weersprekings gesien word teen die agtergrond van die feit dat Faith haar getuienis in die saak afgele het meer as 5 jaar nadat die voorval plaasgevind het.
[14] Dit moet in elk geval in gedagte gehou word dat dit 'n beginsel van ons reg is dat die getuienis wat tydens 'n verhoor aangebied is, nie broksgewyse of in kompartemente beoordeel moet word nie. (Sien bv. S v Trainor 2003 (1) SASV 35 (HHA) te 41 b-c). Wanneer die getuienis as 'n geheel beoordeel word, lei dit myns insiens tot die onafwendbare afleiding dat die Appellant se weergawe so onwaarskynlik is dat dit nie redelik moontlik waar kan wees nie Dat Claudine byvoorbeeld haarself vrywilliglik deur die onaangename en traumatiese ondervinding sou laat gaan van ondervraging deur die polisie, 'n medtese ondersoek in die hospitaal. en kruisondervraging oor die voorval tydens n verhoor slegs omdat die Appellant nie Pick 'n Pay sou wou beroof nie, is 'n voorbeeld hiervan.
[15] Myns insiens is hierdie beslis nie n saak waar daar na 'n sorgvuldige deuriesing van die saakoorkonde by my enige twyfel bestaan oor die korrektheid van die verhoorlanddros se feitebevindings nie. (Sien: S v Monyane and Others 2008 (1) SASV 543 (HHA) te para 15).
[16] Myns insiens behoort die appel teen skuldigbevinding derhalwe van die hand gewys te word.
[17] Wat die vonnis op die 2 aanklagte betref, het die landdros tereg bevind dat hy ingevolge die bepalings van artikel 51 (1) van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, verplig was om die Appellant tot lewenslange gevangenisstraf te vonnis tensy hy sou bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan het wat die oplegging van 'n mindere vonnis regverdig het. Myns insiens het hy as gevolg van die redes wat volg egter fouteer deur tot die gevolgtrekking te kom dat daar in die onderhawige geval geen sodanige wesenlike en dwingende omstandighede bestaan het nie, en voort te gaan om die Appellant tot lewenslange gevangenisstraf te vonnis.
[18] In sy uitspraak ten opsigte van vonnis het die landdros die volgende gese:
"Dit moet die Hof so nie jou - van jou mees ernstige of geweldadigste ven\ragtings nie. Dis nie asof die klaagsters wreed aangerand is en so daardeur gedwing is om geslagsgemeenskap te h& teen hul sin en ml nie. Daar was - aan die een klaagster was daar wel 'n geringe besehng -dis nou Claudine Claassen, waartydens sy getuig het tydens die seksuele omgang met haar, toe sy op 'n stadium u hand wou wegneem van haar mond, het u haar met die een hand of vuis teen die mond geslaan. In die geval van Anastasia btyk daar nie beserings te gewees het nie maar dit maak nie die klagtes waaraan u skuldig is minder emstig nie."
[19] Die getuienis van Anastasia Beukes op 'n vraag oor hoe sy gevoel het oor die verkragting was as volg:
'Well, I wasn't realty — I wasn't traumatised, because I don't know what happened that night.'
Sy, sowel as die ander klaagster Claudine, is sedert die voorval getroud. Claudine se getuienis was tot die effek dat sy net die saak agter die rug wou kry sodat sy met haar lewe kon aangaan.
[20] Die volgende gedeelte utt die uitspraak in S v Mahomotsa 2002 (2) SASV 435 (HHA) is met goedkeuring aangehaal in S v Nkomo 2007 (2) SASV 198 (HHA) te para 15:
"It perhaps requires to be stressed that what emerges clearly from the decisions in Malgas and Dodo is that it does not follow that simply because the circumstances attending a particular instance of rape result in the falling within one or other of the categories of rape delineated in the Act, a uniform sentence of either life imprisonment or indeed any other uniform sentence must or should be imposed. If substantial and compelling circumstances are found to exist, life imprisonment is not mandatory nor is any other mandatory sentence applicable. What sentence should be imposed in such circumstances is within the sentencing discretion of the trial Court, subject of course to the obligation cast upon it by the Act to take due cognisance of the Legislature's desire for firmer punishment than that which may have been thought to be appropriate in the past Even in cases falling within the categories delineated in the Act there are bound to be differences in the degree of their seriousness. There should be no misunderstanding about this: they will all be serious but some will be more serious than others and.
subject to the caveat that follows, it is only right that the differences in seriousness should receive recognition when it comes to the meting out of punishment As this Court observed in S v Abrahams 2002 (1) SACR 116 {SCA). 'some rapes are worse than others and the life sentence ordained by the Legislature should be reserved for cases devoid of substantial factors compelling the conclusion that such a sentence is inappropriate and unjusf."
[21] In daardie saak is dit duidelik gestel dat die fert dat die verkragting nie met ernstige geweld gepaardgegaan het nie, dat die klaagster nie ernstig beseer is tydens die voorval nie en dat daar nie getuienis was van enige nagevolge van die verkragting vir die klaagster nie, faktore is wat in berekening geneem moet word wanneer besluit moet word of daar in n bepaalde geval wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe minimum vonnis regverdig. En in S v Tabethe 2009 (2) SASV 62 (TPA) is een van die wesenlike en dwingende omstandighede wat deur Bertelsman R bevind is ten einde die oplegging van 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis van lewenslange gevangenisstraf te regverdig, as volg gestel te 67 f:
"Although rape is always a heinous crime, particularly if it occurs within the family, S v Abrahams 2002 (1) SACR 116 (SCA) , and ought to attract a severe sentence, S v M 2007 (2) SACR 60 (W), it is not irrelevant that the victim was not injured physically; .... The rape was therefore not one of the worst kind of rape, S v Nkomo 2007 (2) SACR 198 (SCA);"
(En sien ook: S v Vilakazi (1) SASV 552 (HHA))
A
[22] Om dieselfde rede is ek van mening dat daar wel in die onderhawige geval wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere vonnis as lewenslange gevangenisstraf regverdig. Die advokate wat voor ons verskyn het vir die Appellant en die Staat was dit ook eens dat sodanige wesenlike en dwingende omstandighede wel hier teenwoordig is.
[23] Dit moet egter baie duidelik gestel word dat die voorgaande geensins beteken dat die ems van die misdaad van verkragting in hierdie saak en die effek daarvan op die slagoffers van die betrokke misdaad, enigsins gering geskat word nie. In hierdie verband is dit nodig om die volgende gedeette uit die uitspraak van die Hoogste Hot van Appel in S v Vilakazi supra te para 1 aan te haal;
"Rape is a repulsive crime. It was rightly described by counsel in this case as 'an invasion of the most private and intimate zone of a woman and strikes at the core of her personhood and dignity'. In S v Chapman this court called it a 'humiliating, degrading and brutal invasion of the privacy, the dignity and the person of the victim'..."
[24] Myns insiens moet die vonnis in hierdie saak met inagneming van die volgende omstandighede opgele word die erns van die misdaad, die belange van die gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die Appellant, insluitcnde die feit dat hy tydens die verhoor meer as 'n jaar in hegtenis was, maar ook dat hy 'n lang lys vorige veroordelings het waaronder een vir verkragting op 30 November 1994 waarvoor hy tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis is Nadat hy oenskynlik op parool vrygelaat is ten opsigte van hierdie vonnis. het hy die onderhawige twee verkragtings gepleeg minder as 10 jaar na die voormelde skuldigbevinding.
[25] Myns insiens behoort die appel teen vonnis derhalwe te slaag en behoort die vonnis wat die landdros opgele het, tesydegestel te word en vervang te word met 'n vonnis van 14 jaar gevangenisstraf op aanklag 1 en 10 jaar gevangenisstraf op aanklag 2, maar dat dit bevect word dat 6 jaar van die vonnis op aanklag twee sal saamloop met die vonnis aanklag 1, wat dus tot gevolg sal he dat die Appellant effektiewelik tot 18 jaar gevangenisstraf gevonnis word
[26] Ter opsomming sou ek derhalwe as gevolg aanbeveel:
(a) Dat die appel teen skuldigbevinding van die hand gewys word; en
(b) Dat die appel teen vonnis slaag, cn dat die vonnis wat deur die landdros opgele is tersydegestel word en vervang word met die volgende vonnis:
14 {veertien) jaar gevangenisstraf op aanklag 1 en 10 (tien) jaar gevangenisstraf op aanklag 2, maar dit word beveel dat 6 (ses) jaar van die vonnis op aanklag 2 sal saamloop met die vonnis van 14 (veertien) jaar gevangenisstraf wat ten opsigte van aanklag 1 opgelo is, dus effektiewelik 18 (agtien) jaar gevangenisstraf.
CLOETE WnR
Ek stem saam en dit word so beveel
BOZALEK R