South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 409
| Noteup
| LawCite
A M Transport (Edms) Bpk v Pleroma (Edms) Bpk en Anders (1731/06) [2010] ZAWCHC 409 (27 May 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA [WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD]
SAAKNOMMER:1731/06
Coram: LE GRANGE, R
In die saak tussen:
A M TRANSPORT (EDMS) BPK Eiser
en
PLEROMA (EDMS) BPK Eerste Verweerder
STAY SURE INSURANCE BROKERS (EDMS) BPK Tweede Verweerder
CHARLES V FERREIRA Derde Party
UITSPRAAK GELEWER OP 27 MEI 2010
Le Grange, R:-
[1] Die Eiser dagvaar die Eerste en Tweede Verweerders vir skadevergoeding ten bedrae van R 545 531 plus rente voortspruitend uit kontrakbreuk.
[2] Die Eiser, in die Besonderhede van Eis, in wese beweer dat die twee Verweerders, op verskillende tye, 'n mandaat van die Eiser ontvang het om as die Eiser se versekeringsmakelaars op te tree, en was dus genoodsaak om te sorg dat die Eiser versekeringsdekking sou geniet vir die moontlike verlies van of skade aan goedere wat van tyd tot tyd deur die Eiser in die verloop van die Eiser se besigheid vervoer word.
[3] Dit word ook beweer dat die twee Verweerders, op verskillende tye, versuim net om hul onderskeie mandate met redelike sorg, kundigheid en noulettendheid uit te voer. Dit het meegebring dat die goedere-in-transito ("GIT") dekking wat die Eiser gedurende Desember 2003 gehad het by 'n versekeringsmaatskappy genaamd "Associated Marine Underwriting Agency (Edms) Bpk" (AMUA) nie dekking gebied het vir die vervoer van sterk drank nie.
[4] Dit is gemeensaak dat xn vrag drank, wat sterk drank insluit, op 15 Desember 2003 beskadig is toe die Eiser se vragmotor onderweg was vanaf Johannesburg na Kaapstad naby die Gariepdam met 'n ander vragmotor gebots en omgeslaan het. Die sterk drank, volgens die Eiser, was veronderstel om tot die perk R550 000.00 onder die GIT-versekering gedek te gewees het.
[5] In die Eiser se saak, het altesaam 4 getuies getuig. Jaco Nel, ("Nel"), die Direkteur van die Eiser wat in wese 'n eenmansaak is, Mnre van Dyk, Hoefke en Brand. Die Eerste Verweerder het Charles Ferreira en Yolande Botha geroep as getuies. In die Tweede Verweeder se saak het Mr. De Lange getuig.
[6] Hoefke, die vragmotorbestuurder se getuienis is in wese nie in geskil nie. Hy het tydens die rit aan die slaap geraak en in 'n ander vragmotor vasgery. Die botsing het gepaardgegaan met 'n geweldige inpak, en beide vragmotors het omgeslaan. Die vrag, bestaande uit gebottelde drank, is in die voorval beskadig.
[7] Die volgende getuienis wat gepaard gaan met dokumentasie blyk gemeensaak te wees: Die Eiser het vn Santam multiplex kommersiele polis bekom in 2001. Hierdie polis het dekking verskaf vir die goedere-in-transito "GIT" wat die Eiser vervoer het, insluitend wyn, bier en spiritualiee. Gedurende Mei 2002 het die Eerste Verweerder oorgeneem as Eiser se makelaar en xn verbeterde polis met Santam namens die Eiser beding. Die kommoditeite onder die dekking het presies dieselfde gebly. Op 1 Oktober 2003 het die Eerste Verweerder 'n jaarlikse hernude polis aan die Eiser voorsien. Die GIT-dekking van hierdie polis sluit die beskrywing van die volgende items in:-
"Algemene vragte wat onder andere die volgende insluit: tabak, katoen, boeke, printpak, verwerkte hout asook trekkers, masjinerie en verwante produkte, wyn, bier en spiritualiee en blikkies vis."
[8] Santam het intussen interne veranderinge ondergaan en die Eerste Verweerder kennis gegee dat hulle nie meer die GIT-dekking van die polis sal dek vanaf 1 November 2003 nie. Die Eerste Verweerder was ingelig dat die
Eiser 'n nuwe polis moet uitneem vir die GIT- dekking en 'n instansie bekend as AMUA was voorgestel wat genader kan word.
[9] Op 23 Oktober 2003 bevestig Ferreira namens die Eerste Verweerder, in 'n skrywe aan die Eiser, dat die Santam Versekeringspolis, onder andere, dekking bied vir die vervoer van vragte wat wyn, bier, spiritualiee en blikkies vis insluit. Op 29 Oktober 2003 voltooi Ferreira 'n AMUA "goods in transit application form", waarop aangedui word dat die Eiser onder andere, "liquor/wine" vervoer. Nel het nie hierdie aansoekvorm onder oe gehad het nie, maar was dit deur Ferreira ingevul nadat hy telefonies inligting van horn en Van Dyk ontvang het. Die voormelde aansoekvorm is op 30 Oktober 2003 aan Botha van die Eerste Verweerder se kantore besorg vir voorlegging aan AMUA.
[10] Die afsnypunt om vervangende versekering te verkry was 1 November 2003. Op 31 Oktober 2003 om 07h38 het AMUA by wyse van elektroniese pos die Eerste Verweerder van xn kwotasie voorsien wat voorsiening gemaak het vir dekking vir, onder andere, "Food, beverages alcohol, tobacco and tobacco products". Hierdie goedere kon volgens die kwotasie op 11 voertuie vervoer word, welke voertuie se registrasienommers aan die versekeraars voorsien was. Sekere spesiale voorwaardes vir die dekking van die vervoer van sigarette en "liquor consignments" is hierin vervat. Die maandlikse premies vir hierdie polis was ongeveer R 9 790.00.
[11] 'n Verdere kwotasie is om 09h05 op dieselfde dag by wyse van elektroniese pos deur die versekeraars aan Botha van die Eerste Verweerder se kantore versend. Hierdie kwotasie het slegs voorsiening gemaak vir vervoer deur 6 vragmotors en, anders as die kwotasie van vroeer die oggend, is hier geen voorsiening gemaak vir die vervoer van ("liquor") alkohol nie. Slegs wyn en bier was ingesluit. Die maandlikse premies vir hierdie polis was ongeveer R 6000.00.
[12] Om llh55 op 31 Oktober 2003 het Botha vir Ferreira skriftelik van xn afskrif van die kwotasie soos ontvang vanaf AMUA voorsien en horn versoek om haar in kennis te stel indien die Eiser die dekking wil opneem. Om 16h27 dieselfde dag het Botha vir AMUA per e-pos laat weet dat hulle op dekking moet gaan soos per hul kwotasie vanaf 1 November 2003. In dieselfde e-pos word die registrasienommers van 8 van die Eiser se voertuie vermeld. Hierdie inligting is deur Ferreira telefonies aan Botha oorgedra, wat dit op haar beurt aan AMUA deurgegee het.
[13] Burger van AMUA het op 3 November 2003 ontvangs van die voormelde e-pos erken en aangedui dat die polis eersdaags sal volg. Op 5 November 2003 het die Eiser 'n magtigingsbrief verstrek aan De Lange van die Tweede Verweerder, ingevolge waarvan hy laasgenoemde toestemming gebied het om insae te kry in sy versekeringspolisse en portefeuljes. De Lange het op dieselfde dag 'n skrywe gerig aan AMUA waarin hy dan ook sodanige besonderhede versoek het.
[14] Op 12 November 2003 kon De Lange nog nie die nodige informasie bekom nie, aangesien hy nie oor die korrekte polisnommers beskik het om inligting uit AMUA te kry nie. Op 18 November 2003 het Nel namens die Eiser, die Tweede Verweerder formeel as sy versekeringsmakelaar aangestel. Hierdie aanstelling het genoop dat De Lange die polis besonderhede by AMUA aanvra.
[15] Op 21 November 2003 versend AMUA 'n ongetekende afskrif van die Eiser se polis, wat op daardie stadium reeds sedert 1 November 2003 in werking was. Op dieselfde dag het AMUA ook 'n getekende afskrif van die polis aan die Eerste Verweerder versend, vir Botha se aandag.
[16] Die Tweede Verweerder, weereens by monde van De Lange, het op 21 November 2003 AMUA versoek om 'n getekende afskrif van die polis aan De Lange aan horn te stuur. Daarna, en op 2 Desember 2003, het De Lange die ongetekende polis nagegaan en gemerk dat 3 van die Eiser se voertuie nie GIT-dekking daaronder geniet het nie. Hy het Nel dienooreenkomstig ingelig en opdrag was aan horn gegee om die situasie reg te stel. Die 3 voertuie is op 2 Desember 2003 op die polis geplaas.
[17] Op 15 Desember 2003 het De Lange 'n getekende afskrif van die polis van AMUA ontvang en dit na Nel by die perseel van die Eiser geneem. Volgens De Lange het hy en Nel "n algemene gesprek gevoer, maar is die inhoud van die polis nie bespreek nie. Later dieselfde dag was die voertuig wat onderweg was van Wadeville, Gauteng, in xn botsing betrokke en is die vrag beskadig. Die totale waarde van die vrag, soos aangedui op die Distell en National Transport Services, fakture het R577 921.83 (BTW ingeslote) beloop. Hiervan het wyn R32 390.78 bedra. AMUA het laasgenoemde skade uitbetaal - wat na aftrekking van 'n bybetaling van R15 000.00 op R17 390.78 te staan gekom het.
[18] Op 18 Desember 2003 het die Tweede Verweerder vir AMUA in kennis gestel van die verlies. Hy het daarna ook die versekeraars voorsien van dokumentasie ter ondersteuning van die eis. AMUA het op 23 Desember 2003 ontvangs van die eis erken en ene Don Oliver aangestel om die eis te ondersoek en daaromtrent verslag te doen. Op 5 Januarie 2004 het AMUA 'n getekende afskrif van die polis per faks aan die Tweede Verweerder gestuur.
[19] In hul meegaande skrywe het AMUA bevestig dat *n afskrif van die polis reeds per elektroniese pos op 21 November 2003 aan die Tweede Verweerder versend was. Die skrywe lees verder soos volg:-
"To confirm, the policy excludes liquor and alcoholic beverages other than beer and wine. We originally quoted inclusively of liquor and alcoholic beverages, but subsequently asked to exclude same from our quotation and the policy was rated and issued accordingly."
[20] Mnr A de V La Grange, wat namens die Eiser verskyn, het tydens argument aangevoer dat die Eiser sy saak bewys het. Verder, indien die twee
Verweerders hul onderskeie mandate na behore en ooreenkomstig die reg uitgevoer het, die Eiser oor 'n reg tot verhaling van skade van 'n versekeringsmaatskappy sou beskik het tot die bedrag van R 448 185.76 en is die twee Verweerders gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die betaling van hierdie bedrag aan die Eiser.
[21] Mnr H J de Waal, wat namens die Eerste Verweerde verskyn, het in wese aangevoer dat die Eiser se eis teen Eerste Verweerder nie kan slaag nie omdat eerstens, vn sekere waarborg was van toepassing met die vervoer van sterkdrank in terme van die AMUA polis naamlik, "All conveyancers travelling in Gauteng Province to be escorted by armed escorts travelling in separate vehicles. Such armed escorts to be approved by Underwriters prior to cover attaching" en het die Eiser dit nie nagekom nie, aangesien die vrag in Gauteng gelaai was met geen voorafgoedgekeurde gewapende begeleiding onderweg na die grens van die Provinsie nie. Tweedens, die getuienis soos aangebied deur die Eiser bewys nie op 'n oorwig van waarskynlikhede dat Eerste Verweerder *n mandaat gehad het van die Eiser om GIT versekering vir sterkdrank namens die Eiser te bekom nie en laastens dat die Eiser nie die bedrag van sy skade bewys het nie.
[22] Mr A J du Toit, wat namens die Tweede Verweerder verskyn het se betoog in wese was dat die Eiser gefaal het om te bewys dat De Lange sy verpligtinge as a makelaar verbreuk het teenoor die Eiser. Verder is daar geen feitlike kousale verband tussen die Eiser se eis en die Tweede Verweerder bewys nie en is daar ook versuim om getuienis redelik aan te bied om die werklike bedrag skade van die Eiser te bepaal.
[23] Nel se getuienis kan kortliks as volg opgesom word. Uit hoofde van sy besigheid as vervoerkontrakteur, was hy ten alle tye bedag daarop dat die kommoditeite wat deur die Eiser vervoer word deur sy GIT-versekering gedek moet word. Volgens horn, gegewe die aard van die Eiser se besigheid, sal dit ekonomies selfmoord wees om nie vragversekering te dra nie. Die Eerste Verweerder was vir xn geruime tyd die versekeringsmakelaar van die Eiser, maar die se mandaat is op 21 November 2003 beeindig toe die Tweede Verweerder as die Eiser se versekeringsmakelaar aangestel was. Gedurende Oktober 2003 tot 18 November 2003, die typerk wesenlik tot hierdie aksie, was dit die mandaat van die Eerste Verweerder om, oor die algemeen, Eiser se korttermynversekeringsake te behartig en spesifiek te sorg dat al die kommoditeite wat die Eiser vervoer GIT- versekering geniet. Die Eerste Verweerder se taak was ook om te verseker dat alles dieselfde moes bly soos met die voorafgaande Santam polis, oftewel, dat die Eiser dieselfde GIT versekering sal bly geniet as wat die Eiser voorheen by Santam gehad het. Volgens die Santam polis het die Eiser versekering geniet vir die vevoer van alle drankprodukte insluitend sterk drank.
[24] Nel was deeglik onder kruisverhoor geneem. Hy het ontken dat hy vir Ferreira opdrag gegee het, om nie voorsiening te maak vir GIT- versekering wat sterk drank insluit nie, omdat dit moontlik hoe maandlikse premies inhou.
Nel het volhard dat hy nooit so "n fout sal maak nie aangesien die vevoer van sterkdrank, 'n redelike gedeelte van hul vervoer besigheid op daardie staduim was. Hy het egter erken dat die voertuig nie gewapende begeleiding gehad het by die oplaai tot en met die verlaat van die Gauteng Provinsie nie. Hy het ook ontken dat hy vir Ferreira, wat vir Eerste Verweerder op daardie staduim gewerk het, opdrag sou gegee het om slegs 8 van sy 11 voertuie vir GIT-versekering te registreer. Nel was ook aangeval dat Eerste Verweerder en Ferreira nie sy besigheid goed ken nie aangesien hulle slegs van Mei 2002 tot !8 November 2003 besigheid met horn gedoen het en nie vir ongeveer 3 jaar soos hy getuig het nie. Dit was ook gestel aan Nel dat die verskeie veranderinge wat hy gemaak het tussen einde Oktober 2003 en Maart 2004 (wat xn periode van 5 maande beslaan) tenopsige van GIT-versekering, aanduidend is dat hoe premies 'n wesenlike rol gespeel het. In antwoord hierop, het Nel aangevoer dat in Oktober 2003 en Desember 2003, hoe premies nie xn rol gespeel het as gevolg van die vervoer kontrak met Distell nie. Hy het ook aangevoer dat die vevoer van drank seisoenaal is en het die groote van die vragte drank en die hoe premies eers in 2004 xn rol begin speel.
[25] Die algehele kritiek teen Nel se getuienis en aantuigings dat dit onhoudbaar en onwaarskynlik is, is na my mening ongegrond. Nel se verduideliking waarom hy sekere verandering binne die bestek van ongeveer 5 maande aan sy GIT-versekering aangebring is nie onredelik nie. Ek was be'indruk met die manier en wyse waarop hy sy getuienis afgele en het ek nooit die indruk gekry dat hy sy getuienis wil amplifeer nie.
[26] Van Dyk, wie werksaam was by die Eiser in 2003 was hoofsaaklik te doen met die reelings vir die vervoer van vragte. Sy getuienis in 'n groot mate ondersteun en staaf Nel se weergawe rondom die gebruik en vervoer van vrag van Eiser se voertuie. Van Dyk het ook getuig dat hy Ferreira uitdruklike meegedeel het dat wat die vervoer van drank betref, sterk drank ongeveer 30% uitmaak terwyl die ander drank soos bier en wyn 70% beslaan.
[27] Brandt, die eertydse takbestuurder van AMUA, te Kaapstad, se getuienis was kortliks dat die besluit vir die goedkeuring of afkeuring van die betrokke eise onder die betrokke AMUA polis uitsluitlik by horn gerus het. Hy het ook aangevoer dat in die omstandighede van die Eiser se skade dit as 'n totale verlies aangemerk sal word, aangesien drankprodusente nie die kans waag om gebottelde drank te verkoop, nadat dit in vn botsing van hierdie aard was nie. Hy het ook volgehou dat, tenspyte die Eiser se versuim om toe te sien dat die betrokke vrag, vooraf goedgekeurde gewapende begeleiding gehad het terwyl dit in transito was in die Gauteng Provinsie, sou AMUA die polis honoreer omdat die betrokke bepaling verband hou met die risiko rakende diefstal en kaping in die Guateng-area en nie eindelik van toepassing is op die algemene ander gebeurlikheidsrisikos, soos die van skade veroorsaak deur xn botsing nie. Brandt het ook aangedui dat aangesien die faktuur van Distell die algehele drankwaarde wat vervoer was deur die Eiser aantoon as R 577 000.00, AMUA se aanspreeklikheid slegs beperk was tot die bedrag van R 550 000.00
[28] Ferreira, wie vir die Eerste Verweerder gedurende die relevante periode gewerk het, se getuienis was dat die Eiser 'n klient was van vir 'n geruime tyd. Volgens horn was die Eiser se omskakeling na AMUA die eerste aangeleentheid waarmee hy te doen gekry het en was hy nie bekend met die betrokke aansoek vorms nie. Sy getuienis was ook, dat op daardie staduim slegs op xn deeltydse basis betrokke was by die makelaars besigheid aangesien hy homself voltyds toegespits het op werk as 'n versekeringsassesor. Hy was ook te besig met ander werk om enige ander kwotasies vir die Eiser in te win. Ferreirra se getuienis was voorts dat hy reeds op 30 Oktober 2003 xn instruksie van Nel ontvang het om sterk drank van die polis af te haal omrede die premies te hoog was en hierdie instruksie het hy aan Botha oorgedra wat op haar beurt dit weer aan Pleroma oorgedra het. Hy het ook getuig dat Nel die opdrag gegee het om net 8 van sy 11 voertuie vir GIT -versekering te bekom, aangesien dit ontmoontlik vir horn was om die registrasienommers van die voertuie aan die versekeraars te verskaf het.
[29] Hierdie getuie was ook deeglik gekruisverhoor. Uit die staanspoor dien dit gemeld te word dat Ferreira 'n uiters swak getuie was. Hy het my nie beindruk as 'n eerlike en geloofwaardige getuie nie. Hy het sy getuienis aangepas. Sy relaas van gebeure word deur objektiewe getuienis weerspreek.
Volgens die pleitstukke paragrawe 8 tot 10, is dit duidelik dat die Eerste Verweerder te kenne gegee het, dat dit Eiser was wat die betrokke aansoek vorm ingevul en voltooi het om die vervoer van "l/quor"\Naarvoor dekking van AMUA aangevra was tot "only wine and beer and not spirituous liquor" te beperk. Hierdie bewering kon slegs deur Ferreira bevestig word. Die getuienis toon egter onomwonde aan dat Ferreira dit self voltooi het. Dit was ook aan horn uitgewys tydens kruisverhoor dat, as 'n makelaar was hy in besit geplaas van al die Eiser se registrasiedokumente van die voertuie en dat hy maklik toegang tot hierdie inligting gehad het. Ferreirra het desperaat gepoog om redes aan te voer waarom die Eiser slegs 8 van die 11 voetuie vir GIT sou verseker het. Hy het onderandere gemeld dat Nel beweerdelik getuienis gelewer het dat 3 van die voertuie slegs rondbeweeg en werk verrig het in sy werf, daarom was hulle nie verseker om goedere in transito te vervoer nie. Nel, nog minder enige van die Eiser se ander getuienis het tot hierdie effek getuig. Ferreira se weergawe dat hy kwansuis alreeds op 30 Oktober 2003 van Nel opdrag gekry het om die sterk drank van die polis af te haal as gevolg van hoe premies is ook hoogs onwaarskynlik, aangesien die kwotasie van AMUA wat sterk drank insluit eers op 31 Oktober 2003, vir die eerste keer vorendag gekom het. Ferreira se getuienis in sy geheel is hoogs onbevredigend en kan met gemak verwerp word waar dit bots met die getuienis van Nel en van Dyk.
[30] Botha, wat by die Eerste Verweerder werksaam is, het 'n goeie indruk gemaak as 'n getuie. Dit was aanduidend uit haar weergawe dat sy vir
Ferreira by verskeie geleenthede moes herinner het om sy pligte as makelaar teenoor die Eiser betyds na te kom. Botha het ook erken dat Ferreira tydens Oktober 2003, besig was om sekere skuld van die Eerste Verweerder terug te betaal en slegs op 'n deeltydse basis met makelaarsbesigheid bemoei was.
[31] Inaggeneem die totaliteit van die getuienis teen die Eerste Verweerder is dit meer waarskynlik dat Ferreira die versekeringsdekking, deur die weglating van voertuie en sterk drank as kommoditeit wat vervoer word gemanipuleer het, ten einde by 'n premie van R6 000.00 per maand uit te kom om ooreen te stem met die premie van R6 080.00 per maand, wat die Eiser op daardie stadium op sy bestaande Santam GIT versekering betaal het.
[32] Ek is oortuig, op An oorwig van waarskynlikhede, dat die mandaat van die Eiser aan die Eerste Verweerder inderdaad was om toe te sien dat die GIT versekering dieselfde kommoditeite moes dek as die dekking onder die vroeere Santam polis. Ferreira se versuim om die mandaat tot uitvoering te bring en geen sodanige versekering uit te neem nie het die direkte gevolg gehad dat die Eiser nie gedek was vir die skade wat gely was vanwee die beskadiging van die sterk drank tydens die ongeluk nie.
[33] Die argument van die Eerste Verweeder dat selfs al sou die sterk drank by die AMUA-polis ingesluit gewees het, die Eiser in iedergeval geen dekking sou geniet het vir sodanige skade nie, aangesien die vrag in Gauteng gelaai was en geen vooraf-goedgekeurde gewapende begeleiding gehad het in die Gauteng Provinsie, is na my mening vergesog en sonder meriete.
[34] Die Eerste Verweerder steun skynbaar op die volgende bepaling wat die polis vervat naamlik:-
"Warranties applicable to tobacco and liquor consignments:
Theft of entire load for hijacking losses to be reported to the insurers of the agents as specified in the policy within 24 hours following the loss or the insured becoming aware of the loss.
An additional 10% excess will be applicable irrespective the cause of loss.
All conveyances travelling in Gauteng Province to be escorted by armed escorts travelling in separate vehicles. Such armed escorts to be approved by underwriters prior to cover attaching."
[35] Dit is egter opvallend dat hierdie verweer nooit deur Eerste Verweerder gepleit was nie. Nieteenstaande dit, is Brandt se onweerspreekte getuienis dat die betrokke bepaling verband hou met die risiko betreffende diefstal en kaping in die Gauteng-area en is dit nie van toepassing op die ander algemene ander gebeurlikheidsrisikos, soos die risiko van skade veroorsaak deur vn botsing nie.
[36] In Fedoen Insurance Ltd v Levds 1995 (3) SA 33 A op 38 B - E, is die volgende benadering tot die uitleg van versekeringspolisse uiteengesit:-
"The ordinary rules relating to the interpretation of contracts must be applied in construing a policy of insurance. A court must therefore endeavour to ascertain the intention of the parties. Such intention is, in the first instance, to be gathered from the language used which, if clear, must be given effect to. This involves giving the words used their plain, ordinary and popular meaning unless the context indicates otherwise (Scottish Union & National Insurance Co Ltd v Native Recruiting Corporation Ltd 1934 AD 458 at 464 - 5). Any provision which purports to place a limitation upon a clearly expressed obligation to indemnify must be restrictively interpreted (Auto Protection Insurance Co ltd v Hanmer-Strudwick 1964(1) SA 349 (A) at 354 C - D); for it is the insurer's duty to make clear what particular risks it wishes to exclude (French Hairdressing Saloons Ltd v National Employers Mutual General Insurance Association Ltd 1931 AD 60 at 65; Auto Protection Insurance Co Ltd v Hanmer-Strudwick (supra at 354 D - E)). A policy normally evidences the contract and an insureds obligation, and the extent to which an insurers liability is limited, must be plainly spelt out. In the event of a real ambiguity the contra proferentem rule, which requires a written document to be construed against the person who drew it up, would operate against Fedgen as drafter of the policy (Kliptown Clothing Industries (Ptv) Ltd v Marine and Trade Insurance Co of SA Ltd 1961(1) SA 103 (A) at 108 C)."
[37] Met behoorlike nagaan van die betrokke waarborg, beteken die versuim van die Eiser om aan hierdie spesifieke vereiste te voldoen nie dat die besending in die algemeen sonder dekking was nie. Die vereiste van vooraf-goedgekeurde gewapende begeleiding met die vervoer van tabak en drank produkte kan slegs van toepassing wees op die vervoer van hierdie produkte in die Gauteng area en is dit beperk tot diefstal en kaping van die produkte.
[38] Met betrekking tot die Eiser se skade het Nel getuig dat die Eiser inderdaad 'n bedrag van R 550 000.00 aan die National Transport Services betaal het. Die getuienis dui ook aan dat die Eiser die drank vanaf Distell se persele in Wadeville Gauteng vervoer het. Indien die Eerste Verweerder sy mandaat na behore en ooreenkomstig die vereistes van reg nagekom het sou die Eiser oor "n reg tot verhaling van skade van 'n versekeringsmaatskappy beskik het of ten minste die vergoeding tot die perk soos vervat in die AMUA polis.
[39] In ag geneem die totaliteit van die getuienis is ek tevrede dat die Eiser bewys het dat skade gely was in die bedrag van R 448 185.76 en dat AMUA hierdie bedrag aan die Eiser sou uibetaal het indien die Eerste Verweeder sy mandaat behoorlik nagekom het.
[40] Wat die Tweede Verweerder betref, dui die getuienis daarop aan dat De Lange wat bevriend was met een van die Eiser se werknemers, vroeg in November 2003 met Nel onderhandel het om as Eiser se versekeringsmakelaar, op te tree en om te sien na die versekeringsportefeulje insluitende die GIT versekering van die die Eiser. De Lange was ook bewus dat Nel nie gelukkig was met die diens by Pleroma nie. Hy het toe gepoog om die GIT versekeringspolis uit AMUA te kry sodat hy dit kon nagaan en die Eiser omtrent die inhoud daarvan te adviseer. Hy het ook die moeite gedoen om homself op hoogte te bring met die Eiser se besigheid.
[41] De Lange het ook erken dat na die Tweede Verweerder se aanstelling as versekeringsmakelaar op 18 November 2003, die Tweede Verweerder verantwoordelik was om te verseker dat die goedere wat die Eiser vervoer het behoorlik gedek is en dat die Eiser nie die risiko kan loop dat onversekerde vragte vervoer word nie. De Lange was wel in besit geplaas van 'n afskrif van 'n ongetekende polis. Hy het ook die Eiser geadviseer om voertuie wat nie gedek was op die polis te plaas en sodoende wysigings aan die polis aan te bring net voor die dag van die ongeluk.
[42] Die Tweede Verweerder was derhalwe verplig om toe te sien dat die kommoditeite wat die Eiser vervoer het, dekking geniet het. Die getuienis toon egter aan dat De Lange, as verteenwoordiger van die Tweede Verweerder, versuim het om sy kontraktuele verpligtinge met sorg en noulettendheid na te kom.
[43] In ag geneem die totaliteit van getuienis is dit hoogs waarskynlik dat die Eiser daadwerklike stappe sou geneem het om versekering vir die sterk drank wat gedurende Desember maand vervoer was, te bekom. Die Tweede Verweerder se versuim om sy verpligtinge na te kom staan in direkte verband met die skade wat die Eiser gely het. Bygevolg is die Tweede Verweerder gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik vir die skade van die Eiser.
[44] Ek is derhalwe tevrede dat die Eiser sy saak teen beide Verweerders op ln oorwig van waarskynlikheid bewys het.
[45] In die gevolg word die volgende bevel gemaak:-
Dit word gelas dat die Eerste en Tweede Verweerder gesamentlik en afsonderlik, indien die een betaal die ander kwytgeskeld te word, die bedrag van R448 185.76, plus rente teen 15.5% per annum soos bereken vanaf 17 Februarie 2004 aan die Eiser betaal.
Die Verweerders word ook gelas om die Eiser se regskostes te betaal.
LE GRANGE, R