South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 416

| Noteup | LawCite

Donnelly v S (A158/10) [2010] ZAWCHC 416 (4 June 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA


(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)


SAAK NO: A158/10


DATUM: 4 JUNIE 2010


In die saak tussen:


CALWYN DONNELLY ….............................................................................Appellant


en


DIE STAAT …..........................................................................................Respondent






UITSPRAAK




OLIVIER, Wrn R:



Die appellant net in die streekhof te Bellville tereggestaan op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en poging tot moord. Die appellant was deurgaans regsverteenwoordig en het onskuldig gepleit op die ten laste gelegde aanklagte. Die appellant is, na aanhoor van getuienis, op 15 Oktober 2009 skuldig bevind op al die aanklagte en gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf ten opsigte van die gewapende roof en drie jaar gevangenisstraf met betrekking tot die klagte van poging tot moord. Die Hof a quo het gelas dat die vonnisse samelopend uitgedien moet word. Die appellant kom nou in hoer beroep teen beide die skuldigbevindinge en vonnisse.

Die Staat het vier getuies geroep en die appellant net self getuig. Die roof het plaasgevind by "n winkel bedryf deur mnr Faziel Fazel Mamoet op die hoek van Mark- en Delareystrate in Parow. Die klein winkeltjie is vooraan "n huis gelee. Die verweer van die appellant was dat hy self Yi klant was en, nadat hy sy sigarette gekoop het en sy kleingeld in sy sak gesit het, het hy gehoor hoe mense die winkel binnestorm en hulle aangesd het om plat te val, "Down, down, down!"



Die appellant het verduidelik dat hy Vi hou teen sy kop gekry het as gevolg waarvan hy gesteier het en dat hy in 'n bukkende posisie uit die winkel geskarrel het. Hy het "n harde knalgeluid gehoor wat soos 'n vuurwapenskoot geklink het. Buite die winkel het hy neergesak en eers weer in die Tygerberg Hospitaal wakker geskrik. Hy was in die linkerribbekas geskiet.



Die Staat het steun geplaas op die getuienis van mnr Fadiel Hendricks, wie die appellant ge'identifiseer het as een van die boewe Mnr Hendricks woon in die woning agter die winkel.



Die rooftog het skemeraand op 21 Junie 2008 plaasgevind. Mnr Hendricks se hy het gesluimer op Vi rusbank in die TV-kamer toe sy wederhelf hom wakker gemaak het. Sy het onraad in die winkel bemerk. Hy het sy vuurwapen gegryp. In die winkel het hy Yi paar mans bemerk wat besig was om goed van die rakke at in sakke te gooi. Een van die mans het die deur by mnr Hendricks oopgeruk waarna hy "n skoot in die grond geskiet het, waarop die groep by die hoofdeur uit beweeg het. Die manspersone het weer teruggehardloop en die een het 'n vuurwapen in sy hand gehad. Die wapen was op mnr Hendricks gerig. Alhoewel hy die sneller getrek het, het die wapen nie gevuur nie.



Om te keer dat hulle sy woning binnestorm, trek mnr Hendricks twee skote af, een waarvan die aanvaller in die bors tref. Die getuie het die appellant in die hof uitgewys as die persoon wat die vuurwapen op horn gerig het.



Die verwonde man kon nie binne-in die motor kom wat sy makkers gebruik het om te ontvlug nie, alhoewel hulle horn aangemoedig het om in te klim. Hierdie laasgenoemde getuienis is objektiewe getuienis wat die appellant herroeplik verbind aan die misdaad. Sy makkers sou nie Vi onbekende gewonde man aangemoedig het om in hul voertuig in te spring nie.



Mnr Hendricks het getuig dat die appellant besig was om sigarette in die sak te gooi. Die sak is op die toneel gevind

Die ring van mnr Mamoet was ook in die nabyheid van die appellant op die toneel gevind.



Soos mnr Hendricks uitgewys het, sou die appellant kwalik van voor verwond gewees het indien hy besig was om weg te skarrel. Die klere wat op die polisiefoto's verskyn, is klere wat aan die appellant behoort het, aldus mnr Hendricks. Dit is wel bekend, volgens mnr Hendricks, dat boewe verskeie verskillende kledingstukke dra om identifikasie te bemoeilik.



Mnr Mamoet het getuig dat dieselfde persoon wat sy ring gevat het, Yi vuurwapen gehad het. Mnr Mamoet het ook getuig dat daar slegs twee seuns buiten sy twee vriende in die winkel aanwesig was.



Mnr Theunissen. wie namens die appellant verskyn het, het aangevoer dat daar nie genoegsame getuienis was om die appellant te identifiseer nie en dat die verhoorhof derhalwe fouteer het in die bevindinge wat hy gemaak het ten aansien van identifikasie.



Soos alreeds hierbo uitgewys, is dit nie slegs die identifikasie van die appellant deur mnr Hendricks nie, maar ook die objektiewe getuienis dat sy makkers horn aangemoedig het om in hul voertuig te spring wat horn aan die misdaad verbind. Die appellant se verwonding druis ook in teen die verduideliking wat hy aanbied.



In die vooropstelling is ek die mening toegedaan dat die landdros nie fouteer het in die bevindinge wat hy gemaak het nie en dat die appel op die meriete nie kan slaag nie.



Ten aansien van die vonnis het die verhoorlanddros, na my mening. ook nie sy diskresie op >i onbehoorlike of onredelike wyse uttgeoefen nie. Die verhoorlanddros het behoorlik aandag geskenk aan al die omstandighede van die appellant en gevolglik moet die appel teen die vonnis ook misluk.



In die vooropstelling sal ek die appel teen beide die meriete en die vonnis, soos opgele, VAN DIE HAND WYS

OLIVER, WnR

LE GRANGE, R; Ek stem saam en dit word dienooreenkomstig gelas.

LE GRANGE, R