South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 418
| Noteup
| LawCite
S v Pietersen en Ander (SS105/08) [2010] ZAWCHC 418 (7 June 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER SS105/08
DATUM 7 JUNIE 2010
DIE STAAT
teen
JOHN PIETERSEN
EBRAHIM SALIE
V O N N I S
RILEY, WnR:
By vonnisoplegging is die soeke na 'n gepaste straf nie altyd maklik nie, want daar is soveel faktore wat 'n rol speel wat nie altyd definieerbaar is nie. Daarom is dit so belangrik dat die vonnisoplegger by die strewe na 'n gebalanseerde vonnis 'n straf moet ople wat gepas is vir die oortreder en die misdaad wat hy of sy gepleeg het. Dit moet ook billik of regverdig wees in die oe van die gemeenskap en daar moet ook 'n mate van genade wees, afhangende van die omstandighede.
'n Vonnis moet altyd gebaseer wees op 'n gebalanseerde oorweging van die drie elemente, naamlik die aard en die erns van die misdryf, die belange van die gemeenskap en die persoonlike omstandighede van die oortreder. Die gemeenskap verwag dat ernstige misdaad gestraf sal word, maar verwag ook tewens dat strafversagtende omstandighede in ag geneem moet word en dat die beskuldigdes se besondere posisie deeglike oorweging verdien.
Die misdrywe waaraan die beskuldigdes skuldig gevind is, ressorteer onder Deel I van Bylae 2 van die Strafregwysigingswet, 105 van 1997, wat voorsiening maak in artikel 51 vir 'n minimum vonnis vir sekere misdrywe. Op die moord aanklag maak die Wet voorsiening vir die oplegging van lewenslange gevangenisstraf en ten opsigte van die roof met verswarende omstandighede aanklagte, maak die bepalings van die Wet voorsiening dat 'n hof 'n eerste oortreder tot 'n tydperk van 15 jaar gevangenisstraf kan vonnis.
Volgens die Wet mag 'n hof slegs afwyk van die voorgeskrewe vonnisse tensy daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat 'n afwyking van die voorgeskrewe vonnisse regverdig. Volgens S v Malqas 2001(1) SASV 469 (HHA) moet daar nie ligtelik afgewyk word van die voorgeskrewe minimum vonnis bepalings nie.
Die vonnisse in Wet 105 van 1997 voorgeskryf, beoog ook veral afskrikking en kan derhalwe seker ook as "exemplary sentences" beskou word. Die diskresionere bevoegdheid word egter verleen om 'n mindere vonnis op te le. Dit behoort wel gedoen te word wanneer die minimum vonnis in die besondere omstandighede so wesenlik sal verskil van 'n billike straf, dat dit tot 'n skokkende onreg teenoor die veroordeelde sou lei. Hoewel dit duidelik is dat die Wetgewer by die voorgeskrewe minimum vonnisse wou toon in welke ernstige lig sekere misdrywe deur die Howe bejeen moet word, kon dit nooit die bedoeling van die Wetgewer gewees het dat die oplegging van sodanige vonnis in elk geval moet geskied nieteenstaande die feit dat dit tot 'n skokkende onreg teenoor die veroordeelde sou lei. Sien in die verband S v DODO 2001(1) SASV 307 (OK) en die sake daarin aangehaal.
"Dit is egter belangrik om in ag te neem dat indien die Hof ten tye van vonnisoplegging en na oorweging van die omstandighede van die betrokke geval, tevrede is dat die voorgeskrewe vonnis onregverdig en buite verhouding is tot die misdaad, die beskuldigde en die belange van die gemeenskap en die oplegging van so 'n vonnis wat 'n onreg aan die beskuldigde sal doen, is die Hof geregtig om 'n mindere vonnis op te le". (Vertaling met verwysing na paragraaf [25] in die Malgas-saak.) Sien ook in die verband die saak van S v Vilikazi 2009(1) SASV 552 (HHA) op 560f.
Me Allie het sterk namens die Staat aangevoer dat as gevolg van die bydraes van beskuldigdes 1 en 2 tot die pleeg van die misdrywe; dat die Hof hulle 'n swaardere vonnis moes ople as wat Beck opgele is in die pleit- en vonnisooreenkoms wat hy met die Staat aangegaan het. Sy het betoog dat die feit dat Beck, onder andere, uit die staanspoor sy samewerking aan die polisie gegee het, 'n konfessieverklaring aan die polisie gemaak het, die pleit- en vonnisooreenkoms aangegaan het en ook ooreengekom het om namens die Staat teen die beskuldigdes te getuig, horn onderskei van beskuldigdes 1 en 2.
Die feit dat beskuldigdes 1 en 2 onskuldig gepleit het in die saak, kan nie teen hulle gehou word nie.
Die misdrywe waaraan die beskuldigdes skuldig bevind is, is uiters ernstig. Moord is die mees ernstigste misdaad wat gepleeg kan word. Dit is onnodig dat die Hof na die statistiek verwys waaroor die ondersoekbeampte getuig het. Die feit van die saak is, dat ons almal weet dat die pleeg van die misdade waaraan die beskuldigdes skuldig bevind is, onverpoos voortgaan nieteenstaande die ople van swaar vonnisse deur die howe.
Die oorledene was 'n eenvoudige hardwerkende familieman wat 'n kleinerige besigheid, Brent's Electrical, genoem na sy seun, geopereer het. Hy is in die laatmiddag oorval deur Beck en beskuldigde 1 in sy besigheidspersele. Hy het Beck duidelik vertrou. Beck was tot onlangs voor die oorledene se dood werksaam by die oorledene. Volgens die aanvaarde getuienis het hy beloof om Beck weer aan te neem in sy diens indien die werk weer sou toeneem. Hy is op 'n uiters brutale wyse deur Beck en beskuldigde 1 wie met 'n gemeenskaplike oogmerk saam met beskuldigde 2 opgetree het, aangerand deurdat hy aanvanklik geskop en geslaan is en later met 'n ysterstaaf geslaan is asook met 'n mes of 'n soortgelyke voorwerp gesteek is. Die oorledene is ook erg verwurg.
Volgens die getuienis wat die Hof aangehoor het en aanvaar het, was die oorledene magteloos nadat hy onder bedwang gebring is deur Beck en beskuldigde 1. Hy is vasgemaak en hy kon geen weerstand bied nie. Sy mond is toegeplak met kleefband om te verhoed dat hy skree.
Die oorledene se dood het katastrofiese en erg benadelende gevolge vir sy familie gehad. Hy was die broodwinner. Hy het twee kinders gehad. Daar is getuienis aangebied dat sy jong dogter nou verslaaf is aan dwelms. Ek is nie oortuig dat die dwelmverslaafheid noodwendig verband hou met die moord op die oorledene nie en wil nie spekuleer daaroor nie. Wat egter duidelik is, is dat die hele familie, insluitende die oorledene se seun en vrou, emosioneel geknak is as gevolg van die misdade.
Na die moord het mev Selfe 'n beroerte aanval beleef en ly sy nou aan depressie. Die besigheid, Brent's Electrical, moes toemaak. Niemand kon klaarblyklik die besigheid bedryf soos die oorledene dit gedoen het nie. Die min bates, onder andere twee voertuie, moes verkoop word. Die familie se finansiele posisie is heel duidelik erg geaffekteer. Mev Selfe word binnekort ook afbetaal by die plek waar sy werk. Die seun het gelukkig nog werk.
Wat heel duidelik is, is dat die oorledene se dood erge trauma aan sy familie veroorsaak het op verskillende vlakke. Wat natuurlik die ergste uit die hele besigheid en die dood van die oorledene is, is dat op die oog af, hy gedood is vir kraggereedskap wat vir die meeste, volgens die getuienis voor die Hof, vir omtrent R850 verkoop is en dat dit blyk dat gedeeltes van die geld grootliks op dwelms vermors is.
Die Hof is maar te goed bekend daarvan dat dwelm misbruik en die gepaardgaande euwels wat daarmee saamgaan, 'n massiewe probleem geword het in die Hof se jurisdiksie, veral in die bree Wes-Kaap. 'n Groot persentasie van ernstige misdaad is direk te wyte aan die behoefte van gebruikers om geld te bekom vir hulle dwelm aankope.
Die moord op die oorledene was totaal ongevraagd en uiters brutaal. Daar was beplan om die oorledene te beroof en horn na die roof, die enigste getuie tot die roof eenvoudig te vermoor.
Die erns van die misdade en die manier hoe dit gepleeg is, is juis van die redes waarom die misdrywe ressorteer onder die misdade wat tot gevolg het dat minimum vonnisse opgele moet word en dit is dat, eerstens, beskuldigdes se optrede beplan was en met voorbedagte rade gepleeg is.
Tweedens, die oorledene was 'n persoon wie belangrike getuienis sou kon afle ten opsigte van die roofaanklagte.
Derdens, die moord op die oorledene is gepleeg gedurende die uitvoering van die misdaad, dit wil se die roof met verswarende omstandighede.
Vierdens, die misdaad is ook gepleeg deur 'n groep persone tydens 'n gesamentlike, opsetlike optrede en/of met 'n gemeenskaplike doel.
Ek is terdee daarvan bewus dat die howe nooit die indruk mag skep dat die mens se lewe goedkoop is in die oe van die reg nie. Sien in die verband S v Mqwati 1985(4) SA 22 (T) op 25J. Maar 'n vonnisoplegger se taak is nie om 'n vonnis op te le wat die gemeenskap se belang of 'n sekere groep se mening tevrede te stel nie, maar om die gemeenskaps belang te dien. In Mhlakaza & Another v S 1997(2) All SA 185 (A) het die Appelhof, soos dit toe bekend was, wat vonnis betref die volgende beslis:
"The object of sentencing is not to satisfy the public opinion but to serve the public interest. A sentencing policy that caters predominantly or exclusively for public opinion is inherently flawed. It remains the Court's duty to impose fearlessly and appropriate and fair sentence even if the sentence does not satisfy the public. The Court cannot allow itself to be diverted from its duty to act as an independent arbiter for making choices on the basis that they will find favour in the public."
Die gemeenskap verwag egter dat ernstige misdade behoorlik gestraf sal word, maar terselfdertyd word daar ook tewens verwag dat strafversagtende omstandighede in ag geneem word en dat die beskuldigdes se besondere posisie deeglik oorweging verdien. Derhalwe is'n vonnisoplegger se taak nie om wraak te neem en die beskuldigde te offer op die altaar van vergelding nie, maar om op'nbillike, redelike regverdige wyse en sonder vrees 'n vonnis te oorweeg, wat voldoen aan die vereistes van die geordende gemeenskap sonder om die belange daarvan oor te beklemtoon.
Na my mening is daar tereg betoog dat die Hof kan bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is, wat 'n afwyking van die voorgeskrewe minimum vonnisse ten opsigte van beskuldigde 1 en 2 regverdig.
Beskuldigde 1 is 27 jaar oud. Hy kom van 'n goeie stabiele familie. Sy ouers is al jare getroud. Ek was bemdruk deur sy pa. Hy is Yi eenvoudige, hardwerkende man wat sy hele lewe lank swaar gewerk het om sy gesin 'n beskeie drieslaapkamerhuis te verskaf en binne sy vermoe'n goeie lewe vir hulle te probeer gee.
Ek aanvaar dat hy totaal geskok was toe hy uitvind oor beskuldigde se betrokkenheid by die moord. Volgens horn, is hy en sy familie gelowiges. Hulle woon die Apostoliese kerkdienste gereeld by. Sy familie ken nie misdaad nie. Beskuldigde 1 se optrede ken hulle nie. Dit is nie hoe hulle lewe nie.
Beskuldigde 1 het nie sy ouers probleme gegee nie. Ek sal aanvaar dat beskuldigde 1 St.8 op skool gehaal het en skool verlaat het om die familie te help werk. Ek aanvaar verder dat hy ten tye van sy arres as 'n ongekwalifiseerde skrynwerker gewerk het. Sy salaris blyk op die stadium omtrent R600 per week te gewees het.
Beskuldigde 1 het een kind van vyf jaar oud. Ek aanvaar dat toe hy gewerk het, dat hy die kind onderhou het. Hy het ook tot en met huidiglik kontak met die kind gehad. Die beskuldigdes erken dat hy sedert die ouderdom van 22, 23 jaar oud dwelms gebruik en se dat dit met eksperimentasie begin het toe hy met 'n vriend begin rook het.
Wat die misdaad self betref en sy betrokkenheid, hou beskuldigde 1 vol dat hy slegs betrokke was by die roof op die oorledene. Hy ontken dat hy die oorledene gesteek het met 'n mes en/of met 'n ysterstaaf geslaan het. Hy het getuig dat as hy geweet het dat die oorledene gedood sou word, dan het hy nie saamgegaan nie. Hy het toegegee dat die misdaad waaraan hy skuldig bevind is, baie ernstig is en dat langtermyn gevangenisstraf opgele kan word, aangesien, soos hy dit gestel het, die roof uitgeloop het of gedraai het tot 'n moord.
Hy het berou getoon oor die dood van die oorledene. Beskuldigde 1 is 'n eerste oortreder. Hy is nou al drie jaar in hegtenis op die saak. Alhoewel hy deel van die groep was wat die roof en moord beplan het, is hy op 'n laat stadium betrek by die planne, nadat beskuldigde 2 en Beck reeds daaroor gepraat het. Alhoewel daar vele geleenthede was wat hy kon onttrek van die roof en moord, het hy egter nie.
Ek aanvaar dat hy tot 'n groot mate onder Beck se invloed en beheer opgetree het. Op sy eie weergawe is en was hy aktief betrokke by die roof op die oorledene. Ek is egter tevre.detevre.de dat die omstandigheidsgetuienis, Beck se getuienis asook die waarskynlikhede in die saak daarop dui dat beskuldigde 1 die oorledene verder aangerand het met 'n kombinasie van messteke en ten minste een hou met die ysterstaaf.
Beskuldigde 2 se gunstige persoonlike omstandighede, soos aan die Hof voorgele is dat hy 51 jaar oud; dat hy en sy vrou 29 jaar getroud is en dat daar ses kinders uit hulle huwelik gebore is. Volgens alle aanduidings was daar nie probleme in beskuldigde 2 se huwelik nie en was hy 'n goeie man wat gewerk het en vir sy vrou en familie goed versorg het. Sy vrou het horn beskryf as geduldig en hulpvaardig.
Beskuldigde 2 het, nadat hy vir 30 jaar vir Cape Auto Electrical as 'n auto-elektrisien gewerk het, op sy eie begin werk vir die afgelope paar jaar. Hy doen dit by sy huis. Dit is nie duidelik waarom hy die permanente betrekking verlaat het nie. As gevolg van sy arres en aanhouding moes sy vrou en die kinders die Tafelsig woning opgee en woon hulle nou by hulle een dogter se "skoonfamilie" in 'n Wendy Huis op die werf.
Hulle dogter van 17 jaar oud en twee ander kinders van onderskeidelik 23 en 21 jaar oud, woon ook by beskuldigde 2 se vrou. Nie een van hulle werk nie en maak hulle staat op 'n dogter wat hulle finansieel hulp aanbied. Beskuldigde 1 was, toe hy buite was, die broodwinner.
Volgens beskuldigde 2 se vrou, was beskuldigde 2 nog nie voorheen in geweld betrokke nie. In die saak was beskuldigde 2 ook nie direk met die fisiese aanranding, roof en moord op die oorledene betrokke nie. Beskuldigde 2 is egter die ouer van die drie beskuldigdes . Hy is ouer as 50. Hulle het opgekyk na horn. Dit blyk ook asof beskuldigde 2 heelwat tyd spandeer met mense van Beck en beskuldigde 1 se ouderdom. Sy huis is beskryf as gewild. Volgens die getuienis gebruik hy self "tik" en gebruik hy dit dan ook volgens die getuienis met Beck en beskuldigde 1 en andere.
Sy vrou dra om een of ander rede nie kennis van die sy van sy lewe nie. Volgens die getuienis het hy die idee van die roof geTnisieer en met die voorstel vorendag gekom. Hy is die een wat dit verder gevoer het toe hy Beck weer daaroor uitvra en oortuig. Hy is die een wat die vervoer verskaf het en hy is die een wat, volgens die getuienis, wag gehou het buite. Alhoewel hy nie fisies bygedra het tot die roof en die moord nie, maak dit egter nie sy bydrae tot die misdade minder ernstig nie. Sy rol moet egter in perspektief gesien word in ag genome sy bydrae.
Beskuldigde 2 was heel emosioneel toe hy getuig het ter versagting van vonnis en het verskoning gevra vir die dood van die oorledene. Advokaat Allie het aangevoer dat die Hof wat vonnis betref selfs wat beskuldigde 2 betref, gedagtig moes wees aan die beginsel dat in gevalle soos die onderhawige, dat wat beskuldigde 1 en Beck fisies aan die oorledene gedoen het, ook toegedig moet word aan beskuldigde 2 in die lig van die gemeenskaplike oogmerk wat hulle almal gehad het by die pleeg van die misdrywe.
Ek neem kennis van haar betoe in die verband.
Beskuldigde 2 het verder getuig dat as hy nie gery het, sou dit nooit gebeur het nie. Hy het egter volgehou dat as hy geweet het wat Beck in sy "mind", soos hy dit gestel het, gehad het, hy nooit sou gery het nie.
Nieteenstaande me Allie se sterk betoog dat beskuldigdes 1 en 2 swaarder vonnisse opgele moet word dan Beck, is ek nie daarvan oortuig nie. Op die feite en die omstandighede van die saak is ek van mening dat beskuldigdes 1 en 2 se morele blaamwaardigheid ten opsigte van die pleeg van die misdrywe minder as die van Beck beskou moet word en gevolglik is ek van mening dat die vonnis wat hulle opgele moet word, minder behoort te wees as die vonnisse wat Beck opgele was.
Ek het egter besluit om beskuldigde 1 en 2 in die omstandighede van die saak op 'n soortgelyke wyse te hanteer wat vonnis betref en het ek gevolglik dan nou ook besluit om hulle dieselfde vonnis op te le.
Soos reeds gemeld, moet ernstige misdade swaar gestraf word. Die enigste straf wat die Hof in die saak kan ople is inderdaad langtermyn gevangenisstraf. Daar word egter nie met die straf beoog om beskuldigdes totaal af te kraak met die vonnisse nie.
In ag genome al die faktore wat 'n gepaste vonnis daarstel en die regspraak in die verband, is die Hof van mening dat die volgende 'n billike en regverdige straf is in die omstandighede van die saak:
Op aanklag 1, moord, word die beskuldigdes elk gevonnis tot AGTIEN (18) JAAR GEVANGENISSTRAF.
Op aanklag 2, roof met verswarende omstandighede, word die beskuldigdes elk gevonnis tot TIEN (10) JAAR GEVANGENISSTRAF.
Ingevolge die bepalings van artikel 280 van die Strafproseswet word gelas dat die vonnis op aanklagte 2, dit wil se die aanklagte van roof met verswarende omstandighede, samelopend uitgedien word met die vonnis opgele op aanklagte 1. Die effektiewe vonnis is dus agtien (18) jaar gevangenisstraf ten opsigte van elk van die beskuldigdes.
Beide beskuldigdes word onbeyoeg verklaar om 'n vuurwapenlisensie te besit.
RILEY, WnR