South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 424
| Noteup
| LawCite
S v Stoffels en Anders (SS02/2010) [2010] ZAWCHC 424 (15 June 2010)
Download original files |
IN
DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF.
KAAPSTAD)
SAAKNOMMER:
SS02/2010
DATUM: 15 JUNIE 2010
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
COLIN STOFFELS …...............................................................................Beskuldigde 1
CHRISTOPHER STUURMAN ….............................................................Beskuldigde 2
UITSPRAAK
DESAI, R:
Die beskuldigdes in hierdie saak staan voor hierdie Hof tereg op nege aanklagte. Dit word beweer dat hulle op of omtrent 5 November 2008 en te of naby Fairhavenstraat 23, Voorbrug, Delft, vir Selvin Sebo, 'n volwasse manlike persoon, asook vir Cassidy Sebo, die sewe maande oue dogter van Chantal Sebo, vermoor het deur hulle te skiet. Daarbenewens word beweer dat hulle op dieselfde tyd en plek gepoog het om Chantal Sebo, 'n volwasse vroulike persoon, en Molly Sebo, 'n volwasse vroulike persoon en die moeder van Chantal, asook Cameron Sebo, die tweejarige seun van Chantal, te vermoor deur op hulle te skiet.
Die beskuldigdes is op al die relevante gevalle op die relevante bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 gewys.
Op die sesde aanklag word beweer dat die beskuldigdes in besit was van 'n semi-outomatiese vuurwapen, tewete 'n Pietro Baretta 9mm pistool terwyl hulle nie in besit was van 'n lisensie of lisensies om die wapen te besit en terwyl hulle op die sewende aanklag daarvan beskuldig word dat hulle in besit was van ten minste 17 X 9mm rondtes sonder dat hulle in wettige besit van 'n vuurwapen waaruit die ammunisie afgevuur kon word, was.
Op die agtste
en negende aanklagte is beweer dat die twee
beskuldigdes skuldig
is aan dwarsboming of belemmering van
die gereg en meineed.
Die Staat het
nie vir 'n
skuldigbevinding op enigeen van hierdie aanklagte gevra nie, gevolglik word geen verdere oorweging daaraan geskenk nie.
Beide die beskuldigdes pleit onskuldig op al nege die aanklagte en verkies om geen verklarings ingevolge artikel 115 van die Strafproseswet, 51 van 1977, te maak nie.
Aanvanklik is beskuldigde 1 deur mnr J Mihalik verteenwoordig en beskuldigde 2 deur mnr T Swartz. Nadat die Staat se saak gesluit is, het dit egter aan die lig gekom dat mnr Swartz namens beskuldigde 1 by sy borgaansoek verskyn het. Hy moes derhalwe om etiese redes onttrek van die verdediging van beskuldigde 2. Op grond van besware deur beskuldigde 1, het die Hof mnr Mihalik ook toegelaat om te onttrek. Hierna is beskuldigde 1 deur mnr L Thompson en beskuldigde 2 deur mnr L Vismer verteenwoordig.
Die volgende aangeleenthede is of deur die verdediging erken of nie betwis nie: Om ongeveer tienuur die aand van 5 November 2008 het 'n persoon, gewapen met 'n vuurwapen, na die huis van Molly Sebo te Fairhavenstraat 23, Voorbrug, Delft, gegaan en toegang tot die huis bekom. Molly Sebo, haar seun Selvin, haar dogter Chantal en die dogter se twee kinders, Cameron toe twee jaar oud, en Cassidy toe sewe maande oud, het op die dag daar gebly.
Nadat die persoon toegang tot die huis verkry het, het hy verskeie skote afgevuur. In die proses is Selvin en Cassidy noodlottig gewond; Molly is ook gewond maar het wel oorleef. Selvin is dood as gevolg van 'n koelwond in die kop terwyl
Cassidy gesterf het as gevolg van 'n koelwond in die bors.
Volgens Molly Sebo het sy op 5 November 2008 en te Fairhavenstraat, Voorbrug, Delft, saam met haar dogter Chantal, haar seun Selvin en Chantal se twee broers Cameron en Cassidy (toe vier jaar en sewe maande oud onderskeidelik) gebly. Op die dag, om ongeveer tienuur die aand het hulle gereed gemaak om te gaan slaap, toe iemand aan die voordeur klop. Sy, die getuie Chantal, Cameron en Cassidy was saam in die slaapkamer terwyl Selvin in sy eie kamer was. Toe sy vra wie dit is, antwoord die persoon dat Ivan horn gestuur het om iets by Selvin te kom haal. Op hierdie stadium het sy nie die stem herken nie. Sy (Molly) roep toe vir Selvin, wie opstaan en na die deur toe gaan. Al die ligte in die huis asook die op die stoep was nog aan. Sy het in die voorkamer bly staan terwyl Selvin die voordeur oopmaak. Toe Selvin die voordeur oopmaak, het die persoon 'n vuurwapen op Selvin gerig. Selvin het "Percy, wat maak jy?" gese. Beskuldigde 1 is by hulle as Percy bekend. Die persoon het 'n vuurwapen in Selvin se gesig gehou en 'n skoot het afgegaan. Selvin het op die grond geval. Sy het hierop in die kamer ingehardloop waar sy en Chantal die slaapkamerdeur probeer toedruk het, maar die persoon het nogtans die deur oopgedruk en ingekom. 'n Struweling het tussen haar en Chantal aan die eenkant, en die persoon met die vuurwapen aan die ander kant ontstaan. Op 'n stadium het sy reg in die persoon se gesig gekyk en horn as Percy, wat vroeer Chantal se kerel was (dit wil se beskuldigde 1) herken. Sy het horn nie eerder herken nie, omdat hy 'n baadjie met 'n kappie opgehad het.
Beskuldigde 1 was die vader van Cameron en het onderhoud vir horn betaal. Hy het egter ontken dat hy die vader van Cassidy is. Die getuie het toe probeer weghardloop maar is in die gesig deur beskuldigde 1 geskiet. Die koeel het 'n wond op haar linkerwang en aan die linkeroorbel veroorsaak en meegebring dat sy geval het. Terwyl sy op die grond was, het sy nog 'n skoot gehoor maar kon nie sien waar dit afgegaan het nie. Toe sy opkyk, sien sy dat beskuldigde 1 'n koeel uit sy baadjiesak haal en in 'n gleufie in die vuurwapen sit. Sy het uit die kamer in die badkamer ingehardloop. Op hierdie stadium het Cameron langs haar gestaan terwyl Cassidy op die bed gele het. Sy weet nie waar Chantal was nie. Terwyl sy in die badkamer was het sy nog 'n skoot gehoor en vir Cameron hoor skree. Toe sy uit die badkamer uit kom, sien sy Cameron in die kamer en Cassidy op die bed, met haar bors vol bloed. Sy het Cameron geneem en na haar dogter se Wendy Huis in die agterplaas gegaan.
Terwyl sy daar was, het die vrou wat oorkant die straat woon, Ria, daar aangekom en haar meegedeel dat Chantal by haar aan huis was. Die polisie en ambulans het opgedaag en haar hospitaal toe geneem waar sy behandeling vir haar wond gekry het. Die polisie het voor die ambulans opgedaag. Chantal het inligting van waar beskuldigde 1 se huis is asook 'n foto van horn aan die polisie gegee.
Voor die voorval het beskuldigde 1 en Chantal vir drie jaar lank oenskynlik 'n taamlike stormagtige verhouding gehad. Hy het vaderskap van Cassidy ontken. Hulle het ook nie meer op daardie dag uitgegaan nie. Sy en Molly self het egter 'n goeie verhouding met beskuldigde 1 gehad en horn as 'n seun behandel. Terwyl hulle nog uitgegaan het, het beskuldigde 1 elke aand na hulle huis gekom en soms nog gedurende die dag ook. Sy se sy het gevra om in 'n getuiebeskermingsprogram opgeneem te word al is hy in hegtenis, aangesien sy bang vir sy vriende is.
Mnr Mihalik het nie die getuie oor die volgende aangeleenthede gekruisverhoor: Alhoewel sy beskuldigde 1 goed geken het en daar net een persoon by die deur was wat gepraat het, kon sy nie die persoon se stem herken nie, en dat sy horn eers herken het toe sy "face to face" met horn was. Sy gesig was nie met 'n masker bedek nie, maar hy het 'n "top" met 'n kapppie aangehad. Die getuie noem dit "hoody".
Daarna het sy bloot erken dat beskuldigde 1 'n goeie persoon was wat matriek gemaak het, vaste werk gehad het en wat gereeld onderhoud vir Cameron betaal het. Hy was nie 'n drinker of 'n bendelid nie. Chantal het wel gewerk maar het soms naweke gedrink. Dan sou sy na beskuldigde 1 se huis gaan en dan was daar altyd moeilikheid.
'n Week voor hierdie voorval het sy die twee kinders na beskuldigde 1 se huis geneem en daar gelaat. 'n Klappery het toe tussen beskuldigde 1, sy broer en Chantal ontstaan. Chantal het ook die beskuldigde op 'n stadium by die polisie gaan oorgee omdat hy haar, na bewering, met 'n vuurwapen sou gedreig het. Die saak het egter ooit voortgegaan nie. Toe sy in haar wang gewond is, was sy besig om weg van beskuldigde 1 te hardloop. Sy weet ook nie of Chantal op daardie stadium nog besig was om met horn te worstel nie. Die getuienis dat hierdie voorval om ongeveer tienuur die aand plaasgevind het, is nooit deur mnr Mihalik betwis nie. Sy is nie deur mnr Swartz gekruisondervra nie.
Hierdie getuie het die Hof met haar eerlikheid be'mdruk. Sy het werklik waar haar bes probeer om die Hof volledig in te lig oor wat op die betrokke aand by haar huis plaasgevind het. Die Hof moet natuurlik altyd in aanmerking neem dat daar 'n aanslag op die persone in haar huis was en dat so 'n getuie in sulke omstandighede nie altyd elke gebeurtenis na 'n jaar of meer in presies detail sal kan weergee nie. Natuurlik sal 'n getuie in haar posisie getraumatiseer gewees het deur die gebeure. Dit sal dit vir haar moeilik maak om alles in detail te onthou. Haar getuienis word, in die geheel gesien, as die waarheid aanvaar.
Chantal Sebo, die dogter van Molly en Cameron en Cassidy se ma, was ook op daardie fatale aand toe haar kind en haar broer dood is in die huis teenwoordig. Dit is ook in haar geval duidelik dat sy erg deur die gebeure wat daardie aand plaasgevind het, getraumatiseer is. Tog stem haar getuienis in die geheel gesien ooreen met die van Molly. Volgens haar was beskuldigde 1 die pa van beide haar kinders en het hy gereeld onderhoud vir Cameron betaal, maar het ontken dat Cassidy sy kind was.
Op 2 November 2008 het sy haar twee kinders na beskuldigde 1 se huis geneem en horn meegedeel dat sy om onderhoud vir Cassidy gaan aansoek doen. Daar het 'n gestryery en 'n klappery ontstaan waarby sy, beskuldigde 1 en beskuldigde 1 se broer betrokke was. Die kinders is mettertyd deur beskuldigde 1 se moeder en sy broer terug na die getuie se huis geneem. Sy was egter nie van plan om die kinders by beskuldigde 1 se ouerhuis te laat nie.
Met betrekking tot die gebeure op 5 November 2008, getuig sy dat sy saam met Molly en haar twee kinders in die slaapkamer was besig om voor te berei om te gaan slaap, toe iemand aan die voordeur klop. Hierna stem haar getuienis ooreen met die van Molly ten minste tot op die stadium wat beskuldigde 1 in Molly se slaapkamer ingekom het en daar weer geskiet is. Sy het wel beskuldigde 1 se stem herken terwyl hy nog buite was.
Nadat beskuldigde 1 toegang tot die slaapkamer verkry het, het sy en die beskuldigde op die grond baklei oor die vuurwapen. Op 'n stadium het sy probeer om Cameron in die hande te kry, maar sy het nie daarin geslaag nie. Terwyl sy in die kamer was, het sy 'n skoot hoor afgaan. Omdat sy bang, geskok en deurmekaar was, het sy na buite gehardloop na Corlina Oersen (ook bekend as auntie Ria). Haar huis is oorkant die straat.
Nadat sy uit die kamer is, het sy nog skote gehoor afgaan. Auntie Ria het toe na 'n huis verder af in die straat gegaan om die polisie te laat roep. Toe sy uit die huis is, was Cameron, Cassidy en Molly nog in die huis. Na die voorval het Cameron 'n besering aan sy oor gehad en is saam met Molly na die hospitaal geneem. Sy beweer wel dat Cameron se oor beseer is toe 'n koeel by sy oor verbygegaan het. Sy was egter nie teenwoordig toe dit gebeur het nie.
Dit blyk dus of haar getuienis oor hierdie aspek nie voldoende is om te bevind dat iemand wel op Cameron geskiet het en vir die besering aanspreeklik gehou kan word nie.
Toe die polisie by hulle huis opdaag, het sy aan hulle gese waar om na beskuldigde 1 te gaan soek en hulle ook 'n foto van horn gegee. Alhoewel sy kwaad was vir die beskuldigde, is sy nie meer nie, maar wil tog he dat hy vir 'n lang tydperk tronk toe moet gaan omdat dit wat hy gedoen het nie reg is nie. Sy het wel sielkundige berading ontvang maar kan die voorval nie vergeet nie en meen dat sy nooit daaroor sal kom nie.
Uit kruisverhoor deur mnr Mihalik blyk dat hulle verhouding 'n bra stormatige een was en dat hulle dikwels gestry het. Hulle het goed oor die weg gekom. Beskuldigde 1 was 'n ordentlike persoon. Hy het matriek gemaak, gewerk, gereeld onderhoud vir Cameron betaal, nie dronk geword nie, was nie 'n bendelid nie en ook nie verdowingsmiddels gebruik nie. Hy was wel in kennis gestel van Cassidy se geboorte, al ontken hy dit. Op 'n stelling van mnr Mihalik dat sy gedurende 2008 by die beskuldigde en sy familie was en dat daar toe nooit enige sprake daarvan was dat sy verwagtend was nie, wys die getuie daarop dat Cassidy in November 2008 reeds sewe maande oud was en dus reeds in Maart 2008 gebore moes gewees het.
Daar word by 'n hele paar geleenthede in die getranskribeerde notule van hierdie getuie se getuienis na Andrea verwys, terwyl dit Aunt Ria moet wees.
Gedurende Januarie 2008 het sy horn by die polisie gaan aangee omdat hy haar met 'n vuurwapen gedreig het op 'n geleentheid toe hy Cameron se onderhoud na haar huis gebring het. Die saak het egter nooit voor die Hof beland nie, want sy was nog baie lief vir horn. Beskuldigde 1 het haar ook op 'n vorige geleentheid met 'n mes gedreig. Beskuldigde 2 het soms daar by hulle huis gekom, maar sy ken horn nie so goed nie. Sy was reeds uit die kamer gewees toe die skoot in die kamer afgegaan het. Dus was sy buite die kamer gewees toe Cassidy geskiet is en kan sy nie se of die baba per ongeluk geskiet is nie.
Ook haar en haar ma se bakleiery met beskuldigde 1 verklaar sy op 'n stadium met betrekking tot die vuurwapen "dit is in sy hande, toe is dit op die grond, toe is sy hand op dit en my hand was oor sy hand". Toe sy in kruisverhoor gevra is na die skoot wat in die kamer afgegaan het, se sy "Ek en my ma het met horn ge-struggle, gestoei en daar het 'n skoot afgegaan terwyl hy op sy kniee was".
Verder verklaar sy ook in kruisverhoor op die vraag "Het hy gemik na enigiemand of het die skoot per ongeluk afgegaan?" Dan "Ek dink dit het per ongeluk afgegaan". Sy het Graad 10 op skool gemaak. Sy het as 'n voorraadopnemer by Bercforce gewerk. Sy was baie lief vir beskuldigde 1 omdat hy 'n goeie kerels was asook 'n goeie pa vir Carmeron.
Corlina Oersen: Haar getuienis bevestig maar net die van Chantal vanaf die stadium toe Chantal geskok by haar huis ingehardloop gekom het. Nadat sy die polisie laat roep het, is sy na Molly se huis waar sy vir Selvin op die vloer gesien le het. Molly het 'n handdoek teen haar wang gehou en toe sy dit wegvat, kon die getuie 'n gat in Molly se wang sien.
In die kamer het sy vir Cassidy op die bed gesien le, sy het bloed aan haar nek gehad. Die getuie is nie gekruisverhoor nie.
Konstabel Hadjira Nolton van die Suid-Afrikaanse Polisie te Delft was op die aand van 5 November 2008 aan diens toe sy om halfelf inligting van 'n skietvoorval ontvang het. Sy is na 23 Fairhavenstraat, Delft, waar sy inligting van 'n verdagte ontvang het. Hulle is toe na die adres wat aan hulle voorsien is en waar hulle beskuldigde 1 in 'n kamer op die bed kry sit het. Klere wat ooreenstem met die beskrywing wat sy by Chantal ontvang het, is ook in die kamer waar beskuldigde 1 aangetref is, gekry. Die baadjie wat beskuldigde 1 na bewering sou gedra het, het langs die kas in die kamer gehang terwyl beskuldigde se broer die sweetpakbroek aangehad het. Beskuldigde 1 is daar gearresteer. Die getuie was ook nie gekruisverhoor nie.
Konstabel Mzukisi France van die Suid-Afrikaanse Polisie te Delft is ook op dieselfde aand na Molly se huis waar hy vir Selvin dood in die voorkamer gevind het en 'n babatjie ook dood op die bed in die slaapkamer. Hy het 'n ambulans gebel, Die speurders en fotograwe het later opgedaag. Hierdie getuie se getuienis is ook nie betwis nie.
Dan is daar die getuienis van konstabel Egan Knoop, 'n speurderkonstabel te Delft, Suid-Afrikaanse Polisie wat getuig dat hy op 28 November 2008 aan diens was op pad terug na die polisiestasie in privaatklere en in 'n ongemerkte voertuig saam met senior superintendent Beneke toe hy 'n klompie kinders sowat 30 meter voor horn uit mekaar sien spat het en sien weghardloop het. Hy merk toe ook beskuldigde 2 op die hoek van Banca- en Leydenstrate by 'n fiets staan. Die beskuldigde haal toe 'n vuurwapen voor by sy broek uit en vuur 'n skoot af. Hy kon nie sien op wie of wat beskuldigde gevuur het nie want die area waarna beskuldigde gemik het, was vir horn deur 'n heining verberg. Beskuldigde 2 sit weer daarna die vuurwapen terug voor by sy broek in en ry verder met sy fiets. Hy en sy passasier ry toe tot langs beskuldigde 2 en beveel horn om te stop. Nadat beskuldigde 2 van sy fiets af is en op die grond laat le is, steek die getuie sy hand voor in by beskuldigde se broek en vind 'n vuurwapen. Beskuldigde 2 is daar gearresteer en na Delft Suid-Afrikaanse Polisie geneem. Hulle het nie veel tyd op die toneel bestee nie aangesien die publiek om hulle begin saamdrom het.
By die polisiestasie het die getuie die wapen nagegaan. Dit was 'n Pietro Baretta 9mm pistool met reeksnommer C45131Z. Daar was 11 lewendige 9mm rondtes in die wapen sowel as een afgevuurde doppie in die loop. Hy het die wapen in forensiese sak FSD602260 en die rondtes en doppies in forensiese sak FSB891345 verseel. Elke forensiese sak het 'n unieke nommer en elke vuurwapen het ook 'n unieke reeksnommer. Hy het die twee forensiese sakke in die bewysstukregister SAP13 nommer 2336/2008 geregistreer. Daar was niemand in beskuldigde 1 se nabyheid wat horn kon probeer beroof nie.
Die getuie is nie deur mnr Mihalik gekruisverhoor nie. Hy is wel aan langdurige kruisverhoor deur mnr Swartz onderwerp.
Mnr Swartz se kruisverhoor was hoofsaaklik daarop gemik om aan te dui dat die wapen wat op 28 November 2008 in beskuldigde 2 se besit gevind is, nie dieselfde is nie of nie moontlik dieselfde wapen is nie, as die wat deur kaptein Adendorff ondersoek is nie. Sy ondervraging was gebaseer op die feit dat die reeksnommer van die vuurwapen in kolom 3 van die SAP13-register, Bewysstuk G, verskil van die soos deur die getuie in sy getuienis gegee. Die getuie se getuienis in hoof was dat die wapen se reeksnommer C45131Z was terwyl die inskrywing in die SAP13-register C451311Z, dit wil se met 'n ekstra 1 agterna is. Die getuie verduidelik dat hy nie die tweede 1 op die reeksnommer ingeskryf het nie en dat dit deur iemand anders gedoen moes gewees het. Hy wys ook daarop dat dit wil voorkom asof die tweede 1 tussen die eerste 1 en die Z ingeforseer is.
Daarbenewens verwys die inskrywing wat in die vuurwapenregister, Bewysstuk H, gemaak is ten opsigte van hierdie vuurwapen ook na reeksnommer C45131Z, met ander woorde met slegs een 1 aan die einde. Hierdie inskrywing word gemaak uit die SAP13, wanneer die wapen deur die vuurwapenklerk van die bewysstukkluis na die vuurwapenkluis oorgeplaas word. Dit kom vir die Hof voor asof sy verduideliking korrek is, dat dit bloot per ongeluk gedoen is. Dit is veral belangrik om daarop te wys dat al die ander inskrywings in beide die SAP13-register asook die vuurwapenregister, Bewysstuk H, wat na die saaknommer CAS857/1 1/2008 of inskrywing 2336 verwys, word die reeksnommer deurgaans as C45131Z aangegee word. Daar is ook gewag gemaak van die feit dat die besonderhede in kolom 4 van die vuurwapenregister nie versoen kan word met die in kolom 3 nie. Dit blyk duidelik dat iemand foutiewelik die besonderhede van 'n ander saak, ooglopend 'n verkragtingsaak, in kolom 4 aangeteken het en dat dit nie hierdie getuie was wat dit gedoen het nie. Dit is duidelik nie sy handskrif nie, met ander woorde as die inskrywings in kolomme 1 tot 4 teenoor inskrywing 2337 in plaas van 2336, wat op die vuurwapen in hierdie saak betrekking het, in besonderhede nagegaan word, is dit duidelik dat iemand anders - en nie hierdie getuie nie - foutiewelik die besonderhede van inskrywing 2337 op Bewysstuk G in kolom 4, inskrywing 113, dit is nou SAP1 3-inskrywing 2336 aangebring het.
Hierdie aspek is wyslik nie verder in betoog deur mnr Vismer geneem nie.
Die getuienis van hierdie getuie dat hy 'n Pietro Baretta 9mm pistool met reeksnommer C45131Z op 28 November 2008 te Delft in beskuldigde 2 se besit gevind het kom onder die omstandighede as die waarheid voor.
Sy getuienis hieroor word ook deur die van kaptein Adendorff versterk wanneer sy verduideliking in watter verseelde forensiese sakke sy welke items gevind het. Haar getuienis hieroor stem ooreen met hierdie getuie se getuienis op hierdie aspek.
Die getuie getuig wel dat beskuldigde 2 op daardie dag aan horn gese het dat iemand horn wou beroof. Die beskuldigde het nie handskoene aangehad toe hy gearresteer is nie. Die getuie ontken ook beskuldigde 2 se weergawe van die gebeure op daardie dag soos deur mnr Swartz aan horn gestel. Hy was 'n goeie getuie. Hy het sy getuienis op 'n klam wyse afgele en het homself nie weerspreek nie. Daar is geen onwaarskynlikhede in sy getuienis nie. Hy is selfs bereid om toe te gee dat beskuldigde aan horn gese het dat iemand horn wou beroof. Sy getuienis kan as die waarheid aanvaar word.
Die volgende getuie, kaptein Bernadette Adendorff, 'n hoogs gekwalifiseerde ballistiese deskundige, getuig dat sy op 9 Desember 2008 twee verseelde forensiese bewysstuksak, reeksnommers FSD602260 en FSD891345 onderskeidelik, waarin een 9mm Pietro Baretta model 92SB semi-outomatiese pistool met reeksnommer C45131Z, sowel as elf 9mm afgevuurde doppies asook een 9mm afgevuurde doppie was, ontvang het.
Op dieselfde dag het sy ook 'n laboratorium leer, Delft CAS192/11/08 ontvang waarin twee 9mm afgevuurde doppies en twee 9mm afgevuurde koeelpunte was. Haar ondersoek het aan die lig gebring dat al die bogenoemde doppies en koeelpunte deur die semi-outomatiese pistool Pietro Baretta model 92SB met reeksnommer C45131Z afgevuur is.
Daar moet ook daarop gewys word dat die reeksnommers van die forensiese sakke sowel as die pistool waarna sy verwys, dieselfde is as die wat deur konstabel Knoop in sy getuienis genoem is. Die getuie het ook in die hof gedemonstreer dat dit nie moontlik is om met 'n verseelde forensiese sak te peuter nie. As dit eers verseel is, sal dit so bly. Wanneer iemand die seel gebreek het, kan dit ook nie weer geseel word nie.
Die twee forensiese sakke wat sy ontvang het, was nie mee gepeuter nie. Die afleiding dat die vuurwapen wat sy in forensiese sak FSD602260 gevind het, die een was wat konstabel Knoop daarin geplaas het, is dus onvermydelik. Soos hierbo daarna verwys, verstrek dit die getuienis van
Knoop. Sy is nie onder kruisverhoor geneem nie.
Mnr Theron het hierna die saak van die Staat gesluit en die saak is tot 6 Mei 2010 uitgestel.
Op 6 Mei 2010 het dit aan die lig gekom dat mnr Swartz by beskuldigde 1 se borgaansoek namens horn verskyn het en nou by die verhoor namens beskuldigde 2 verskyn. Hy moes dus om etiese redes onttrek. Op grond van besware deur beskuldigde 1 is mnr Mihalik ook toegelaat om te onttrek. Die saak is gevolglik weer uitgestel om die rekord te laat tik en die beskuldigdes die geleentheid te gee om ander regsverteenwoordigers te bekom. Dit het gevolg dat mnr Thompson en mnr Vismer die saak dan oorneem.
Beskuldigde 1, Colin Percy Stoffels, getuig dat hy op 5 November 2008 gedurende die aand by sy bure besig was om na 20/20 krieket te kyk, toe sy broer daar aankom en horn meedeel dat daar 'n skietery by sy eks-meisie, Chantal, se plek was. Chantal is die moeder van sy kind Cameron. Daar is beweer dat hy vir die skietery verantwoordelik was. Hy is toe na sy ouerhuis waar hy sy vader by die hek ontmoet het. Hy het sy vader meegedeel dat hy niks met die skietery te doen gehad het nie.
Terwyl hulle voor hulle huis staan, het die buurman gekom en aan hulle vertel wat gebeur het. Hy is toe na binne waar hy sokker op die TV in sy kamer gekyk het. Dit is nou tussen Arsenal en hy dink dit is iets soos Bayren Munich. Terwyl hy in sy kamer was, kom twee polisiemanne daar aan. Hulle vra horn of hy 'n meisie in Delft het. Hy het dit ontken, maar bygevoeg dat die ma van sy kind in Delft woon. Die polisie het sy identiteitsdokument gevra. Hy het dit aan hulle gegee. Die polisie het ook beslag gele op sy klere wat hy op die dag aangehad het asook sy selfoon. Hy is gearresteer en op Vrydag aangekla.
Op 20 Mei 2010 is kaptein Adendorff egter eers op versoek van mnr Vismer herroep. Sy erken dat sy in paragraaf 3.3 van haar verslag, Bewysstuk J, genoem het dat die doppie waarna sy in daardie paragraaf verwys in die loop van die pistool bly vassit het en nie uitgeskop het, soos wat dit in 'n semi-outomatiese vuurwapen behoort te doen nie. Sy het die indruk gevorm dat die rede daarvoor was dat die vuurwapen baie droog was. Sy gee egter toe dat dit kan gebeur dat die doppie nie uitgewerp word nie as twee mense om besit van die wapen stoei en die een sy hand sodanig op die wapen het dat hy die uitskopmeganisme verhoed om normaal te werk. In so 'n geval sal die persoon egter sy hand beseer het. Die getuie se getuienis in hierdie opsig is nie deur enige van die partye betwis nie.
Beskuldigde 1 is hierna deur mnr Theron gekruisondervra. hy dui aan dat mnr Mihalik tydens konsultasie wel aan horn gese het dat die twee getuies, volgens die verklarings van die dossier, sal se dat hy die aand van die skietery in Chantal-hulle se huis was. Hy het egter net vir mnr Mihalik gese dat hy by sy eie huis was.
Gevra oor die feit dat Chantal Sebo se dat hy in die huis was en binne-in sy gesig gekyk het terwyl hulle om besit van die vuurwapen gestoei het, antwoord hy dat hy nie kan onthou wat die aand gebeur het nie. Hy kon dalk gewees het, maar onthou dit nie. Hy het wel aan mnr Mihalik gese wat Chantal se verkeerd is. Toe hy deur mnr Theron daarop gewys word dat mnr Mihalik in kruisverhoor van Chantal dit aan haar gestel het dat hy (beskuldigde 1) nie mooi kan onthou wat daardie aand gebeur het nie, antwoord hy dat dit korrek is, hy kan nie mooi onthou wat die dag gebeur het nie en dat dit moontlik is dat hy wel by hulle huis was.
Hy se verder dat hy nie met Molly en Chantal kan stry nie as hulle se dat hy daar by hulle huis was nie. Hy hou egter vol dat hy agtuur die aand van Christopher weg is en toe huis toe is waar hy TV gekyk het tot die polisie by sy huis aangekom het. Terloops, hierdie getuienis van horn stem nie ooreen met sy getuienis in hoof nie waar hy verklaar het dat hy eers krieket by die bure gekyk het en toe eers huis toe is waar hy gekyk het hoe Arsenal sokker teen 'n ander span speel.
Hy hou vol dat hy wel die aand by beskuldigde 2, Christopher, was al het beskuldigde 2 dit in die borgaansoek ontken. Hy kan nie se dat Molly en Chantal Meg nie. Hy kan nie hulle woorde verdraai nie.
Op vrae deur die Hof se hy dat hy gehoor het dat daar 'n skietery by Chantal se huis was. Alhoewel sy seun Cameron daar woon, het hy nie gegaan om uit te vind wat gebeur het nie want hy is aan die begin van 2008 deur hulle daarvan beskuldig dat hy Chantal met 'n vuurwapen gedreig het. Sy oom bly in dieselfde straat as Chantal en hy het horn gevra om te gaan uitvind.
Die geloofwaardigheid en aanvaarbaarheid van hierdie getuie sal oorweeg word nadat sy getuie se getuienis ook oorweeg is.
Mnr Thompson het Niel Hansen as getuie namens beskuldigde 1 geroep. Hy getuig dat hy beskuldigde 1 se buurman is. Hy kan die voorval op 5 November 2008 onthou want dit was toe die beskuldigde gearresteer is. Die twee van hulle het 'n gedeelte van die aand saam by sy, die getuie, se huis deurgebring. Hulle het 20/20 krieket gekyk na 'n wedstryd tussen Suid-Afrika en Pakistan. Hulle het ook nog oor die vorige aand se sokkerwedstryd toe Arsenal so swak gespeel het, gesels.
In der waarheid het die getuie vir beskuldigde 1, 'n Arsenal ondersteuner, daaroor gespot. Later het beskuldigde 1 se broer horn kom roep. Hulle is na buite waar beskuldigde se oom horn per telefoon meegedeel het dat daar moeilikheid by Chantal se huis was. Een van beskuldigde 1 se broers het nog gese hy, die beskuldigde, sal maar daarheen moet gaan maar beskuldigde 1 het geantwoord dat dit nie hy was nie en dat hy nie sal gaan nie want hy word altyd vir alles geblameer.
'n Tydjie daarna het 'n vangwa by beskuldigde se huis verbygery, dit was toe reeds na tienuur die aand. Daarna het vier of vyf vangwaens op die huis toegesak. Die polisie is in die huis in, want beskuldigde 1 was reeds binne. Later het 'n polisievrou met 'n bondel klere uit die huis uitgekom. Die polisie het ook buite die huis met 'n polisiehond gesoek. Mnr Vismer het nie die getuie gekruisverhoor nie.
In kruisverhoor deur mnr Theron, erken die getuie dat hy nie kan onthou wat op 11 November 2008 gebeur het nie, maar wys daarop dat hy kan onthou wat op die betrokke aand gebeur het en dit was die aand waar sy vriend en buurman gearresteer is. Hy het wel by die eerste borgaansoek getuig, dit is in November 2008.
Die getuie se ma het die huis om tienuur die aand gesluit. Sy ouers, sy twee broers, hy self en beskuldigde 1 was toe in die huis. Hy en beskuldigde 1 het nog krieket gekyk. Sowat tien minute later kom klop beskuldigde 1 se broer aan die deur en deel hulle mee dat mense by Chantal se huis geskiet is. Beskuldigde 1 se dat hy dan nog die hele dag daar is. Arsenal het nie die aand sokker gespeel nie, maar die vorige aand. Chelsea sou later daardie aand speel.
Op vrae deur die Hof deel die getuie mee dat toe hulle vir die polisie probeer vertel dat beskuldigde 1 by hulle was toe die skietery plaasgevind het, het die polisie gese dat hulle liewers moes stilbly.
Alhoewel beskuldigde 1 se verweer op die aanklagte teen horn met die eerste oogopslag as goed voorkom, is daar tog sekere gebreke wat ernstige twyfel laat ontstaan oor sy geloofwaardigheid. Dit is veral sy reaksie toe hy hoor dat daar 'n skietery by sy seun en die seun se ma en ouma plaasgevind het. In plaas daarvan dat hy horn haas om vas te stel wat gebeur het, was sy onmiddellike reaksie volgens sy eie getuienis, dat dit nie hy was nie en dat hy nie navraag gaan doen nie omdat hy altyd deur hulle geblameer word. Hy verwys dan na die voorval aan die begin van 2008 waar daar gese is dat hy Chantal met 'n vuurwapen gedreig het. Daardie voorval het nooit in die hof voorgekom nie, omdat Chantal dit teruggetrek het.
Sy hele optrede nadat hy die nuus gehoor het, is kontra die van 'n onskuldige bekommerde ouer. Die feit dat hy en sy getuie dit so hard as moontlik probeer wegsteek het, dat dit die aand van Guy Fawkes was en dat daar dus klappers geskiet is wat die klank van skote kon verberg het, laat ook twyfel met betrekking tot sy getuienis ontstaan.
Die getuie gee darem later toe dat daar dalk elders klappers geskiet kon gewees het, maar nie daar by hulle nie.
Alhoewel sy getuie sy verweer met die eerste oogopslag probeer staaf, val dit tog op dat hulle mekaar op sekere belangrike aspekte weerspreek. Die beskuldigde getuig onder andere dat hy die aand, nadat hy krieket by sy getuie gekyk het, na sy huis is waar hy na 'n sokkerwedstryd tussen Arsenal en 'n ander span gekyk het. Sy getuienis is egter baie seker dat Arsenal die vorige aand reeds gespeel het en dat hy, die getuie, nog vir beskuldigde 1 oor Arsenal se swak spel gespot het op die aand van die voorval.
Beskuldigde se getuie vertel in detail oor 'n groot aantal polisiebeamptes met vier of vyf vangwaens daar opgedaag het en die huis en tuin met 'n hond deursoek het vir 'n vuurwapen. Beskuldigde self maak geen melding daarvan nie, volgens horn het die polisie slegs horn om sy identiteitsboekie en die klere wat hy vroeer gedra het, gevra. Dit is ook veelseggend dat hy, alhoewel toe ten voile geklee, nie meer die klere aangehad het wat hy vroeer gedra het en dat sy broer vir een of ander onverklaarbare rede sy sweetpakbroek aangehad het. Die belangrikste probleem wat die Hof met die getuienis het, is die feit dat hy nie bereid is om Molly en Chantal te weerspreek nie, maar net se dat dit moontlik is dat hy die aand by hulle huis was maar dit nie kan onthou nie.
Daar kan geen twyfel bestaan dat beskuldigde 1 selfs op sy eie weergawe wel die aand van die skietery by Molly Sebo se huis was nie. Die feit dat hy met 'n onderhoudsbevel vir Cassidy gedreig is terwyl hy vaderskap van die kind ontken het en dat Cassidy een van die persone is wat geskiet is, lewer 'n verduideliking waarom beskuldigde 1 op die betrokke aand na Molly Sebo se huis is en daar op die inwoners geskiet het.
Die Hof is bo enige redelike twyfel tevrede dat beskuldigde 1 se verweer opgemaak is en aldus vals is. Dit was die saak vir beskuldigde 1.
Beskuldigde 2, Christopher Stuurman, het in sy eie verdediging getuig. Hy verklaar dat hy op 28 November 2008 te voet en nie per fiets nie na 'n winkel gegaan het en lugtyd vir sy selfoon gekoop het. Terwyl hy die nuwe lugtyd op sy foon in pons, kom 'n persoon van agter af op horn af en eis sy selfoon. Die persoon was met 'n vuurwapen gewapen. Hy laat sy foon val, gryp toe na die wapen en die twee van hulle stoei om besit daarvan. 'n Skoot het afgegaan en hy het besit van die wapen bekom.
Die persoon het daarop weggehardloop. Hy besluit toe om die wapen by die polisie te gaan inhandig en steek die wapen voor by sy broek in. Nadat hy sy foon opgetel het en net so wat twee huise verder geloop het, stop 'n ongemerkte voertuig langs horn en 'n persoon, wat homself as 'n polisieman identifiseer, beveel horn om op sy maag te gaan le.
Konstabel Knoop het die wapen aan horn gekry en gese hy word aangekla van die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en die afvuur daarvan binne 'n munisipale gebied. Hy weet niks van die voorval by Molly Sebo se huis op 5 November 2008 nie. Beskuldigde 1 was wel die aand by horn aan huis maar is voor nege-uur die aand daar weg. Hy het beskuldigde 1 tot by die eerste sirkel van sy huis af vergesel. Dit is sowat 30 minute se loop vanaf Molly se huis.
Die beskuldigde is nie deur mnr Thompson gekruisverhoor nie.
Tydens kruisverhoor deur mnr Theron, bevestig hy dat hy en beskuldigde 1 goeie vriende is. Hy aanvaar ook dat die skote wat in Molly se huis op 5 November 2008 afgevuur is deur dieselfde wapen wat deur konstabel Knoop in sy besit gevind is afgevuur is. Hy besef ook dat beskuldigde 1 gese het dat hy nie juis met Molly en Chantal se getuienis kan stry nie.
Nadat hy besit van die vuurwapen bekom het, het hy dit onder sy klere weggesteek sodat niemand dit kan sien nie. Die wapen was reeds weggesteek toe die polisie horn stop. Hy het heel normaal geloop nadat hy die wapen onder sy klere weggesteek het. Hy is van mening dat hulle horn gestop het weens die skoot wat afgegaan het.
Hy ontken konstabel Knoop se getuienis. Hy kan nie verduidelik waarom Knoop sou se dat hy op 'n fiets gery het nie. Hy weet nie hoekom hy gearresteer is as die polisie nie gesien het wie skiet nie. Terwyl hy plat op die grond gele het, soos beveel, het Knoop die wapen voor by sy maag uitgehaal. Hy is gearresteer en in die kattebak van die polisievoertuig na die polisiestasie geneem.
Mohamed Ely getuig namens beskuldigde 2. Hy het wel in die hof gesit terwyl beskuldigde 1 getuig het. Hy smous met vrugte en groente net oorkant die winkel waar beskuldigde 2 sy lugtyd op 28 November 2008 gekoop het. Hy ken nie beskuldigde 2 nie. Hy het egter 'n advertensie, Bewysstuk K, gekry. Dit was so 'n maand voor die dag waarop hy kom getuig het. Die advertensie is daar by die winkel uitgedeel. Hy het op die advertensie geantwoord. Dit het mense wat gesien het hoedat 'n persoon wat 28 November 2008 op die hoek van Mokesistraat en Leydenhoofweg vir die besit van 'n vuurwapen gearresteer word, versoek om 'n sekere telefoonnommer te bel. Hy kan onthou dat hy op daardie dag besig was om oorkant die straat van die winkel te smous, toe 'n man iets by die winkel koop. 'n Swartman het na die man gekom en 'n vuurwapen op horn gerig. Die twee het toe oor die wapen gestoei en 'n skoot het afgegaan. Die swartman het weggehardloop en die ander een het in die rigting van die polisiestasie gestap. Die SA Polisie daag toe in 'n gemerkte motor op, vier of vyf polisiemanne arresteer toe die een met die wapen en druk horn in die kar se kattebak. Hy het nie kinders gesien wat daar van die toneel weggehardloop het nie. Hy het ook nie 'n fiets opgemerk nie. Dit was kwart voor een in die middag en hy was besig om reg te maak om moskee toe te gaan. Die getuie is nie deur mnr Thompson gekruisverhoor nie.
In kruisverhoor deur mnr Theron verklaar hy dat dit sowat 'n maand gelede was toe hy die advertensie by die winkel ontvang het, alhoewel die een wat die advertensie uitgedeel het dit reeds verlede jaar dit ook gedoen het. Toe hy 'n maand gelede die advertensie ontvang, kon hy nog onthou wat op 28 November 2008 gebeur het. Hy kon ook nog onthou watter klere beskuldigde 2 op daardie dag aangehad het. Hy kon onthou dat die polisie in privaat klere was maar kan nie se wat hulle aangehad het nie. Hy kan ook nie se wat hy 'n week voor - dit is nou die week voor hy getuig het - aangehad het nie alhoewel hy elke dag dieselfde klere dra.
Nadat hy die advertensie gekry het, het hy met die vrou van die winkel daaroor gesels oor wat gebeur het. Hulle het ooreengekom oor wat die betrokke dag daar gebeur het. Hy het nooit vir die polisie gaan vertel wat hy gesien het nie.
Om die geloofwaardigheid van hierdie twee getuies te toets, moet daar ook op die getuienis van konstabel Knoop gelet word. Die konstabel is aan langdurige en intensiewe kruisverhoor onderwerp, maar het die hele tyd by sy weergawe gehou en 'n goeie indruk op die Hof gemaak. Sy getuienis lewer 'n logiese weergawe vir beskuldigde 2 se arrestasie.
Beskuldigde 2 en sy getuie kom met die storie vorendag dat daar advertensies by die winkel uitgedeel is en dat die getuie dit na 18 maande gekry het en toe nog die gebeure op daardie spesifieke dag in detail kan onthou. Sy getuie kan selfs onthou wat se klere hyself en beskuldigde 2 daardie dag aangehad het.
Op vrae deur die Hof gee hy voor dat hy na sowat 18 maande selfs nog kan onthou watter groente en vrugte hy daardie dag verkoop het en hoeveel geld hy gemaak het. Hierdie detail kan hy onthou ten opsigte van 'n persoon wie hy nie eens ken nie. Volgens hulle sou daar geen rede vir die polisie wees om beskuldigde 2 te stop en horn te arresteer nie, want die indruk wat hulle in hulle getuienis geskep het, is dat die roofpoging reeds verby was toe die polisie daar opdaag. Vir een of ander rede, beweer Knoop, dat beskuldigde 2 op 'n fiets gery het terwyl dit die Staat se saak glad nie sal bevoordeel nie. Die getuie beweer dat vier tot vyf polisiemanne was wat die beskuldigde in die Opel Corsa se kattebak gedruk het, terwyl Knoop net van horn en Beneke melding gemaak het. Hierdie verskil is nooit deur mnr Swartz aan Knoop gestel nie.
Benewens die bostaande kritiek teen beskuldigde 2 se verweer, moet die onwaarskynlikheid dat hy die vuurwapen by 'n frisgeboude man sal kan afneem, terwyl 'n skoot afgaan maar hy nie beseer word nie, ook in aanmerking geneem word.
Beskuldigde 2 en sy getuie verwag ook nog verder van die Hof om te bevind dat dit redelik moontlik waar kan wees dat sowat drie weke na die skietery op Molly Sebo se huis, 'n wildvreemde man poog om met dieselfde wapen as die wat deur die moorde deur sy vriend beskuldigde 1 gepleeg is, horn, die getuie, te beroof. Dit neem die toeval te ver om waar te wees. In S v Chabalala 2003 SASV (HHA) p 134, para [15] het Heher JA die beginsels waarvolgens die getuienis namens die Staat en die van die beskuldigde geevalueer moet word soos volg uiteengesit:
"The trial court's approach to the case was, however, holistic and this it was undoubtedly right. S v Van Aswegen 2001(2) SACR 79 (SCA). The correct approach is to weigh up all the elements which points towards the guilt of the accused against all those which are indicative of his innocence, taking proper account of (indistinct) and weaknesses, probabilities and improbabilities on both sides. Having done so, to decide whether the balance weighs so heavily in favour of the State as to exclude any reasonable doubt about the accused guilt."
Die verweer wat beskuldigde 2 aan die Hof voorhou is ooglopend 'n opgemaakte storie en dit moet as vals verwerp word. Die Hof is met ander woorde bo redelike twyfel tevrede dat hierdie verweer op 'n latere stadium deur beskuldigde 2 en sy getuie opgemaak is en dus vals is. Daar is egter geen getuienis voor die Hof wat beskuldigde 2 op enige wyse by die voorval by Molly Sebo se huis op 5 November 2008 betrek nie.
In ag genome die getuienis soos hierbo uiteengesit, is dit onvermydelik dat die Hof moet bevind dat die Staat daarin geslaag het om bo redelike twyfel te bewys dat beskuldigde 1 op die aand van 5 November 2008 gewapen met 'n semi-outomatiese pistool na die huis van Molly Sebo is met die direkte opset om van die persone daar dood te skiet. Hy het daar toe eers vir Selvin Sebo trompop in die kop geskiet en later ook vir Cassidy, die sewe maande oue baba in die bors terwyl sy op 'n bed gele het. Hy het verder ook vir Mollie deur haar wang geskiet terwyl sy probeer het om van horn af weg te hardloop.
Die getuienis met betrekking tot die beserings wat na bewering deur Chantal en Cameron opgedoen is, is egter van so 'n aard dat die Hof nie 'n bevinding kan maak dat hulle deur skote wat deur beskuldigde 1 afgevuur is, beseer is nie.
Die Hof is ook van mening dat mnr Vismer se argument dat weerlig wel twee maal op dieselfde plek slaan en beskuldigde se weergawe derhalwe redelik moontlik waar moet wees verregaande is. Die getuienis dat beskuldigde 2 in besit van die wapen en ammunisie was, is in elk geval oorweldigend.
Die Staat het tereg slegs om skuldigbevindings soos volg gevra: Ten opsigte van beskuldigde 1 op aanklag 1, 2, 4, 6 en 7 en ten opsigte van beskuldigde 2 op aanklagte 6 en 7. Die Hof is gevolglik te vrede dat die Staat daarin geslaag het om bo redelike twyfel te bewys dat beskuldigde 1 skuldig is op aanklag 1, die moord van Selvin Sebo; aanklag 2, die moord op Cassidy Sebo; aanklag 4, poging tot moord op Molly Sebo; aanklag 6, besit van 'n ongelisensieerde semi-outomatiese vuurwapen en aanklag 7, besit van ammunisie terwyl beskuldigde nie in wettige besit van 'n vuurwapen waaruit die ammunisie afgevuur kan word was nie.
Die Hof is nie tevrede dat die Staat bewys het dat beskuldigde 1 op enige wyse die misdade van dwarsboming of belemmering van die gereg of meineed gepleeg het nie.
Uit wat hierbo gese is, is dit duidelik dat die Hof nie in beskuldigde 2 op enige van klagte 1 tot 5 skuldig kan bevind nie. Die Staat het wel bo redelike twyfel bewys dat hy die vuurwapen in aanklag 6 en ammunisie waarna in aanklag 7 verwys word, op 28 November 2008 in sy besit gehad het sonder dat hy 'n lisensie gehad het om hierdie wapen te besit.
Bygevolg word beskuldigde 1 SKULDIG bevind op aanklagte 1, 2, 4, 6 en 7 en ONSKULDIG op aanklagte 3, 5, 8 en 9. Beskuldigde 2 word SKULDIG bevind op aanklagte 6 en 7 en ONSKULDIG op aanklagte 1, 2, 3, 4, 5, 8 en 9.
Dit is die eenparige besluit van die Hof.
DESAI, R