South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 456

| Noteup | LawCite

Ndida v S (A362/2010) [2010] ZAWCHC 456 (3 September 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER:A362/2010

DATUM: 3 September 2010




In die saak tussen:

MZINGISI NDIDA …......................................................................................Appellant

en

DIE STAAT …...................................................................................Respondent




UITSPRAAK






DAVIS, R:



Die appellant was op 18 April 2008 in die streekhof te Blue Dows aangekla op die klagte van huisbraak met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede in terme van . Gelees met die bepalings van artikel 260 van die Strafproseswet 51 van 1977, gelees met artikels 51(2) van Wet 105 van 1997. Die beskuldigde, wie regsverteenwoordig was, het skuldig gepleit in terme van artikel 112(a)(ii) van Wet 51 van 1977 op die aanklagte en is hy gevolglik ooreenstemmend met sy pleit op 18 April 2008 skuldig bevind op die klagte. Op dieselfde dag het die hof die appellant op die aanklagte tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die appellant kom na hierdie hof op appel teen hierdie vonnis.



Die pleit illustreer die basis van die oortreding en derhalwe is dit belangrik vir die doeleindes van vonnis:



"Op 4 April 2008 en te of naby Thulanistraat, Sonnendal, Kraaifontein, in die streekafdeling van die Kaap, het ek wederregtelik die woning van Cuan Fester oopgebreek en binnegegaan met die opset om te roof en toe daar wederregtelik en opset vir Cuan Fester aangerand en met geweld uit sy besig die goedere, soos vermeld in die klagstaat, geneem, synde sy eiendom in sy regmatige besit. Ek erken dat op die dag van die misdrywe was ek en my medebeskuldigde by die bogenoemde adres. Die venster op die boonste verdieping van die woning was oop. Ons klouter oop teen die gebou en ek klim eers deur die half oop venster. Ek het die venster nog wyer gemaak om toegang te verkry. Ek klim toe eerste in die huis. Ons beweeg van kamer tot kamer en maak van die goedere bymekaar soos vermeld in die klagstaat. Toe ons afkom by die klaer, het hy nog geslaap. Ek en my medepligtige hou toe 'n mes by sy keel. Ons dreig horn met geweld en het horn hardhandig behandel en ernstig aangerand sodat hy ons kan se waar alles waardevol is. My medebeskuldigde het die klaer vasgehou, terwyl ek toe gebruik het om horn vas te bind. Nadat ons die goedere in "n sakkie sit, loop ons toe weg. Ek was van plan om die goedere te verkoop en die geld te gebruik vir my persoonlike doeleindes. Dus op hierdie manier wou ek die regmatige eienaar permanent van sy regmatige eiendom onteien en so was hy ook aangerand met geweld. Ek erken dat ek ten tye van die voorval geweet het dat dit wat ek gedoen, verkeerd is en ek daarvoor gestraf kan word."



Me De Jongh, wat namens die appellant verskyn, het gesubmitteer dat die landdros nie sy diskresie ten opsigte van vonnis regtelik en billik uitgeoefen het deur nie deeglik ondersoek in te stel en genoegsame gewig toe te ken aan al die relevant faktore voordat hy vonnis oorweeg het nie. Derhalwe het sy namens appellant submitteer dat die Hof kan inmeng met die vonnis en dit tersyde stel.




Die landdros, in sy uitspraak, het die volgende gese:

"Daar is baie min faktore wat die Hof in u guns kan in aanmerking neem. Die Hof neem in ag dat u relatief jonk is en dit is baie jammer dat u beide op hierdie jeugdige ouderdom tot hierdie misdaad oorgegaan het. Die Hof neem ook in u guns in ag dat u skuldig gepleit het. Die Hof neem verder in ag dat u beide eerste oortreders is. Dit is die feite en faktore wat hierdie Hof in u guns kan in ag neem."




"n Bietjie later het die landdros die volgende gese:



"Die Hof is van mening dat die Hof moet afwyk van die voorgeskrewe vonnis slegs vanwee die feite dat u beide relatief jonk is. Hierdie Hof wil u aanmoedig, wanneer u u vonnis klaar uitgedien het, om u self te bekwaam vir 'n beter lewe en om vir u self te kan sorg."



Volgens me De Jongh het die landdros dus net die feit dat die appellant relatief jonk was in ag geneem en nie die ander feite, nieteenstaande dat hy vroeer in sy redes vir vonnis hierdie ander faktore uiteengesit het nie.




Dit is gemene saak dat in hierdie saak die voorgeskrewe minimum vonnis is van toepassing op die klagte. Volgens artikel 51(2) van Wet 105 van 1997:



"Notwithstanding any other law, but subject to subsections (3) and (6), a regional court or a High Court, including a High Court to which a matter has been referred under section 52(1) for sentence, (indistinct) in respect to a person who have been convicted of an offence, refer to in a Part II of Schedule 2, sentence the person in the case: (i) First offender imprisonment for a period not less than 15 years."



Me De Jongh het geargumenteer dat die appellant jonk was en dit moet in ag geneem word. Die feit bly staan, nieteenstaande artikel 51(2) en artikel 51(b), dat:



"If any Court referred to in subsection (1) or (2) decides to impose a sentence described in those subsections upon a child who was 16 years of age or older, but under the age of 18, at the time of the commission of the act, which constitutes the offence in question, it shall enter the reasons for its decision on the records of the proceedings."

Met ander woorde in 'n situasie waar die oortreder ouer is as 18, is hierdie artikel van die Wet nie van toepassing nie. Verder moet die rol van Yi Hof op appel in verband met vonnis in ag geneem word. In S v Pillav 1977(4) SA 531 (A) te 534 het die Hof soos gevolg gese:



"Now the word misdirection in the present context simply means an error committed by the Court in determining or applying the facts for assessing the appropriate sentence. A mere misdirection is not by itself sufficient to entitle the appeal court to interfere with the sentence. It must be of such a nature, degree or seriousness that it shows directly or inferentially that the Court did not exercise its discretion at all, or exercise it improperly or unreasonably, such a misdirection is usually and conveniently termed one that vitiates the Court's decision or sentence."



Na my mening, in hierdie saak, was daar geen mistasting nie. Die feit bly staan: appellant was "n eerste oortreder. Hy was jonk. Hy het skuldig gepleit. Al drie van hierdie faktore was deur die landdros in ag geneem. Verder was hierdie "n saak waar die beskuldigdes baie geweld gebruik het. Na my mening, is daar geen basis, volgens die Pillav toets, om in te meng met die vonnis van die landdros nie. Na my mening moet die appel van die hand afgewys word.




DUMINY. WnR: Ek stem saam.


DUMINY, WnR


DAVIS. R: Dit word so beveel.


DAVIS. R