South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 473

| Noteup | LawCite

S v Stuurman (SS13/2010) [2010] ZAWCHC 473 (13 September 2010)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(WES KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SaakNr: SS13/2010


In die saak tussen:


DIE STAAT

en

KLAAS STUURMAN ….......................................................................Beskuldigde


UITSPRAAK GELEWER OP 13 SEPTEMBER 2010


Allie, R


[1) Die beskuldigde staan tereg op 2 aanklagte, naamlik aanklag 1 verkragting en aanklag 2 moord. Hy pleit onskuldig op beide klagtes Die getuienis gelewer is soos volg.



[2] Die staat beweer dat die beskuldigde die oorledene aangerand het met Yi stomp voorwerp, haar verkrag het en haar gedood het deur om haar tien wonde toe te dien soos bevat in die nadoodse ondersoek verslag.



[3] Die verdediging het sekere erkennings gemaak ingevolge Artikel 220 van die Strafproseswet, naamlik dat die oorledene Ragel Baadjies is, dat haar liggaam geen verdere beserings opgedoen het van die tyd wanneer dit gevind is tot die nadoodse ondersoek uitgevoer is nie, dat die feite en bevindings in die nadoodse ondersoek korrek is, dat die fotos van die oorledene se liggaam op die toneel geneem korrek is. dat n bloedmonster van horn geneem is en dat bloedmonsters en vaginale smere geneem is van die oorledene om die alkohol inhoud en DNA te bepaal.




[4] Die staat het die volgende getuies gelei.




MOOS SWARTS



[5] Die getuie kon nie sy ouderdom of jaar waarin hy gebore is onthou nie. Mnr Swarts was bekend met die oorledene aangesien hulle beide vantevore op die plaas Karringmelkfontein woonagtig was. Huidiglik woon die getuie op die plaas Kolenshoop. Die getuie ken die beskuldigde. Die getuie se vrou en die beskuldigde se ma is susters.



[6] Die getuie het die oorledene laas gesien op 'n Saterdagaand by sy huis maar kan nie die datum onthou nie. By die geleentheid was daar behalwe die beskuldigde en die oorledene ook 'n ander man en vrou teenwoordig wie se name hy nie kan onthou nie. Onder kruisondervraging bevestig die getuie dat Tas, Andries. Flip, Ralie asook n ander meisie ook teenwoordig was behalwe die getuie, die beskuldigde en die oorledene. Volgens die getuie het die oorledene die middag daar aangekom en is sy weer die aand weg. Volgens die getuie wou sy huistoe gaan aangesien haar twee kinders by haar huis was en het hy haar op haar versoek 'n ent vergesel Op pad terug na sy huis het die getuie die beskuldigde teegekom wat aan horn gese het dat hy "ook oorgaan". Die beskuldigde het nie gese presies waarheen hy oppad was nie maar hy "het die oorledene nageloop". Toe hy die beskuldigde teekom was die oorledene nie meer binne sig nie. Gedurende kruisondervraging erken die getuie die volgende gedeelte van beskuldigde se weergawe soos weergegee deur sy advokaat; dat die getuie die oorledene weggeneem het ongeveer 21h00 en dat hy al die wyn weggesit het voor hy geloop het. Die getuie erken dat hy en die beskuldigde saam uit die dorp gekom het na die huis van die getuie. Hy erken ook dat die oorledene so 12 uur namiddag daar by sy huis aangekom het en dat haar werkgewer haar gebring het. Die getuie ontken dat die beskuldigde teruggekeer het na die getuie se huis en wyn gesteel het.




FLIP BOSCA


[7] Die getuie het ten tyde van die voorval op n naburige plaas Talana. gewoon. Die getuie ken die beskuldigde van sy jong dae af. Die getuie ken die oorledene se ma en weet wie die ooorledene was. Die getuie was die betrokke Saterdag by Moos Swarts se huis teenwoordig toe die oorledene ook daar was. Behalwe die beskuldigde en die oorledene was Moos Swarts en sy vrou teenwoordig asook die getuie en sy vrou en kinders. Almal het "party" gehou, daar is gedrink, musiek gemaak en gebraai.



[8] Oom Piet het met sy bakkie verby gekom en die oorledene saam met horn geneem. Die getuie is ongeveer 16h00 na sy huis om werk af te handel en het teen skemer teruggekeer na Moos se huis aangesien sy kinders steeds daar was. Met sy aankoms daar, het hy almal wat die middag daar was steeds daar aangetref. Sy kinders wou daar slaap en die getuie het nie lank vertoef voordat hy na sy huis terug is nie



[9] Teen ongeveer 24h00 het die beskuldigde by die getuie se huis aangekom. aan die deur geklop en gevra om daar te slaap. Die beskuldigde het wyn by horn gehad. Die getuie het aan die beskuldigde gese dat die krag af was en die huis was donker. Die getuie kon nie sien wat die bekuldigde aangehad het nie. Vroeer die dag het die beskuldigde 'n wit broek en denim baadjie aangehad. Die beskuldigde het n broek gevra. Die beskuldigde het toe daar geslaap.



[10] Teen ongeveer 6h00 het die buurman gekla dat hy nie krag het nie waarop die getuie die plaaseienaar gaan vra het om die krag aan te sit. Die eienaar het 'n sleutel aan die getuie oorhandig teneinde die krag in die stoor te gaan aansit. By sy terugkeer by die huis het die beskuldigde n broek gevra. Die beskuldigde het toe 'n broek aangetrek wat die getuie aan horn gegee het. Hy weet nie waar die beskuldigde se broek was nie.



[11] Die beskuldigde het daarop gese dat hy wou omstap na sy suster toe. Die getuie en die beskuldigde het vervolgens saamgestap. Die getuie het by Moos Swarts aangegaan en die beskuldigde het verder aangestap Die beskuldigde het gese hy het iets verloor om die draai.


[12] Tydens kruisondervraging het die getuie gese dat die beskuldigde reeds Vrydag op die plaas aangekom het en Vrydagaand by sy suster geslaap het. d.w.s by Moos Swarts se huis.



[13] Die beskuldigde se weergawe wat aan hierdie getuie gestel was is dat die beskuldigde het gese hy het wyn toe hy aan die getuie se deur klop. Die krag was aan Die getuie het die beskuldigde Yi swart broek gegee Die getuie ontken dat die krag aan was en hy beweer hy het die beskuldigde ges£ dat hy n broek uit sy kas kan haal. Hy erken dat die beskuldigde langs hom geslaap het.




PIET MENTOOR


[14] Die getuie is die voorman op die Plaas Karringmelkfontein en woon op die dorp. Die oorledene het in 'n huis op die plaas gewoon. Die getuie het die oorledene die aand by Moos se huis aangetref. Sy was saam met Moos, die beskuldigde en 'n ander mannetjie Dit was so tussen 17h00 en 18h00 en hy het aan die oorledene gese daar is net n klomp mansmense hier. Die oorledene se dogtertjie het gese "kom ons gaan saam met Oom Piet" Die getuie het toe die oorledene en kinders by haar huis afgelaai.



[15] Sondagoggend het die oorledene se man, Andre voor die deur gestaan en gese dat die oorledene weer Saterdagaand geloop het. Die getuie het onderneem om na hy sy werk afgehandel het, by Moos aan te ry en te hoor of die oorledene daar aangekom het. Later het Moos bevestig dat die oorledene weer daar aangekom het en dat hy met die oorledene saamgeloop het tot by die draai toe sy huistoe is. Moos het aan hom vertel dat hy die beskuldigde op die draai gekry het.



[16] Die getuie is toe dorp toe maar het teruggekeer om na Moos te kom soek aangesien "iets vir hom snaaks geklink het." Die getuie kry toe vir Andries wat in die pad staan en opkyk Andries ry toe saam en die getuie stop by die draai. Die getuie sien toe die oorledene le in die veld en gaan se toe vir Andre dat sy vrou dood le langs die pad. Hy het vir Andre na die polisie geneem om die saak aan te meld.



[17] Mnr. Mentoor het ook getuig hoe Jacob Samson hom vertel het van die broek wat hy gevind het en hoe hy die polisie daarvan in kennis gestel het. Hy het die broek gaan uitwys agter n boomstomp naby die pad waar die oorledene geloop het.



[18] Gedurende kruisondervraging se die getuie dat die oorledene gedrink het. maar sy was nie heeltemaal besope nie. Hy het ook op n vraag van die hof geantwoord dat die oorledene en Mnr. Moos Vi hele ent uitmekaar uit gewoon het.




JACOB SAMSON


[19] Die getuie en sy vrou was op 'n Saterdag onderweg dorp toe per motor toe hy by 'n bos gestop het om te urineer Toe hy klaar is en omdraai sien hy 'n broek agter 'n boomstomp. Die broek was vol bloed. Die broek was ln witterige corduroy broek Die getuie het vir sy vrou vertel van die fonds. Op die dorp het die getuie vir Piet Mentoor raakgeloop en hom vertel van die broek. Die getuie is later deur die Speurders versoek om in te kom en hy het toe aan hulle verduidelik waar hy die broek gevind het. Die broek is by Talana Plaas gevind. Geen kruisondervraging is aan hierdie getuie gerig nie.




ANDRE CITTO


[20] Die oorledene was die vrou van die getuie. Die getuie het die oorledene en hut kinders ongeveer 8h00 tuis gelaat om dorp toe te gaan op die Saterdag. Toe hy ongeveer 14h00 terug kom by die huis. het hy die twee kinders. 3 maande en twee jaar oud onderskeidelik. alleen aangetref by die huis. Die getuie het by die bure gevra na die oorledene maar hulle het nie geweet waar sy haar bevind nie. Die getuie was reeds n geruime tyd tuis toe die oorledene laatmiddag daar aankom. Dit was nog lig. Die getuie het die oorledene gevra waar sy was en sy het gese sy was by Moos. Hulle het gestry. maar die getuie het dit daar gelaat en hy en die oorledene het gedrink. Die getuie en die kinders het gaan slaap asook die oorledene. Toe die getuie later wakker word was die oorledene nie daar nie. Die getuie wou gaan soek vir die oorledene en loop toe vir Piet Mentoor raak wat onderneem om te gaan kyk waar die oorledene is Piet Mentoor het haar nie gevind nie maar het die volgende dag die tyding gebring van die oorledene se dood. Geen kruisondervraging is aan hierdie getuie gerig nie.


[21] Die getuie is tans n deeltydse lid van die Suid-Afrikaanse Polisie en was tot September 2009 voltyds in diens van die SAP met die rang van Sersant Die getuie was gedurende 2008 betrokke by die onderhawige saak in die hoedanigheid van ondersoekbeampte



[22] Nadat die dossier aan die getuie uitgeboek is het sy verneem dat n manspersoon gearresteer is op 'n klag van moord. Die getuie is na die aanklagkantoor waar sy die beskuldigde aangetref het met bloed aan sy hemp by die moue, die voorkant asook die agterkant onder op die soom. Die getuie bevestig dat die hemp wat ingehandig word as Bewysstuk 1 die hemp is van die beskuldigde waarop beslag gele is Volgens die getuie is die beskuldigde daarop uitgeneem vir ondersoek na Talana Plaas omgewing waar hy na bewering die nag na die voorval oornag het.



[23] Die perseel is deursoek vir die broek sonder sukses Die bewoner van die perseel, Flip Bosca, het hulp verleen met die deursoek van die woning. Hy het nie geweet waar die broek was nie. Die getuie het die ondersoek voortgesit te Porseleinberg Plaas waar die beskuldigde ook oornag het in 'n skeepshouer. Die broek was ook nie daar nie Inligting is later ontvang van n persoon wat in die omgewing woon en wat die broek gevind het versteek in die omgewing van Talana Plaas. Die getuie bevestig Bewysstuk 2 as die broek gevind. Die broek is gevind ongeveer 50 meter van die hek van Talana Plaas versteek onder 'n boomstomp. Die broek is uitgewys deur die persoon wat die fonds aangemeld


het. Die liggaam van die oorledene is gevind ongeveer 50 meter van Moos Swarts se huis.



[24] Die beskuldigde is teruggeneem na die Polisiestasie waar die getuie opgemerk het dat sy kouse en "tekkies" nat was. Die vermoede het bestaan dat bloedvlekke op die artikels voorgekom het. Daar is beslag gele op die beskuldigde se hemp, Boxer onderbroek asook kouse. skoene en veters.



[25] Die beskuldigde is vervolgens deur die getuie na 'n mediese dokter geneem. Bloed is getrek van die beskuldigde vir DNA toetse Die beskuldigde is ook ondersoek vir moontlike beserings en daar is gevind dat die kneukels van sy regterhand stukkend en geswel was. Die beskuldigde is daarna ingeboek in die selle.



[26] Die getuie het voorts getuig oor haar hantering van bewysstukke en monsters versamel vir doeleindes van forensiese ontleding. Alle bewysstukke en monsters vir forensiese ondersoek is behoorlik geseel en ingehandig in die SAP13 kluis en persoonlik geneem deur die getuie na die forensiese laboratorium.




SIPHOKAZI MAWENI


[27] Die getuie is verbonde aan die Biologiese eenheid van die Forensiese Wetenskaplaboratorium te Delft, Wes Kaap en sedert September 2005 in die diens van die Suid-Afrikaanse Polisie met die rang van sersant Die getuie bevestig haar kwalifikasies en indiensopleiding soos uiteengesit in paragraaf 2 van Bewysstuk D1, naamlik 'n beedigde verklaring deur haar saamgestel. Die getuie het in die uitvoering van haar amptelike pligte op 1 April 2009 die saak leer Malmesbury MAS 304/07/2008 ontvang vir evaluasie en interpretasie van die DNA resultate van die misdaad toneel en kontrole monsters deur middel van 'n proses wat bedrewenheid in Biologie vereis.




[28] Die getuie bevestig haar bevindinge met betrekking tot die DNA ontleding



- soos vervat in paragraaf 3.2.1 van Bewysstuk D1. naamlik dat die DNA resultaat van monster A (05DIAF4877GB) semen monster versamel vanaf liggaam van oorledene tydens nadoodse ondersoek, ooreenstem met die DNA resultaat van kontrole monster van bloed verkry van die verdagte K Stuurman (02D4AB4749XX);



- soos vervat in paragraaf 3.2.2 van Bewysstuk D1, naamlik dat die DNA resultaat van die broek "J" ooreenstem met die DNA resultaat van die verwy kontrole monster "G" verkry van die oorledene. R Baadjies;



- soos vervat in paragraaf 3.2.1 van die getuie se aanvullende beedigde verklaring Bewysstuk D2. naamlik dat die DNA resultaat van die hemp "B" ooreenstem met die kontrole monster verkry van die oorledene.


HENRY DU RAND

[29] Die getuie is n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens met die rang van Konstabel en gestasioneer te Malmesbury



[30] Die getuie herken die beskuldigde as n persoon wat hy gaan haal het op 'n plaas in die distrik van Malmesbury op 21 Julie 2008. Die beskuldigde was n verdagte in 'n moordsaak en inligting is ontvang dat hy werksaam is op n gasteplaas. Die getuie is op die oggend van 21 Julie 2008 na die gasteplaas vergesel deur Inspekteur Lichthard. Die eienaar van die plaas het bevestig dat die beskuldigde daar werksaam was. Volgens die eienaar was die beskuldigde in die wingerd besig om te snoei en het voldoen aan 'n versoek om die beskuldigde te ontbied. Die beskuldigde is ingelig met betrekking tot die klagte van moord waarop die beskuldigde geantwoord het dat hy weet waarom hulle daar is. Die getuie het die beskuldigde ingelig dat hy horn arresteer en horn gewaarsku met betrekking tot sy konstitusionele regte Die beskuldigde is daarop na die Polisiestasie te Malmesbury geneem. In kruisondervraging het die getuie gese dat hy nie enige beserings aan die beskuldigde opgemerk het nie.




KHANIME NCUKANA



[31] Die getuie is n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiediens met die rang van Konstabel en gestasioneer te Plaaslike Kriminelerekordsentrum, Vredenburg as amptelike fotograaf sedert 2008. Ten tyde van die voorval op 20 Julie 2008 was die getuie reeds in diens in bogemelde hoedanigheid. Die getuie bevestig dat hy die misdaadtoneel besoek het in die verrigting van sy amptelike pligte op 21 Julie 2008 om 13h50. Die getuie bevestig dat hy Bewysstuk C, n fotografiese en grafiese voorstelling van die misdaadtoneel saamgestel het.



[32] Punt A op foto's 1,2 en 4 reflekteer wat voorkom n toneel van 'n worsteling te wees, 'n Area van die grondoppervlakte is rooi verkleur met wat vermoedelik bloed kon wees Punt B op foto's 1 tot 3 en 5 tot 8 dui die ligging aan waar die liggaam van die oorledene gevind is. Die posisie waarin die liggaam aangetref is word uitgebeeld in foto's 9 tot 11. Die oorledene is naamlik op haar rug gevind, nakend en bedek met kledingstukke soos aangedui. In foto's 12 tot 15 is die liggaam versteur deur die bedekking van klere te verwyder teneinde die beserings aan die liggaam te onbloot vir die neem van fotos. Vir die neem van foto 13 is die posisie van die liggaam versteur deur die oorledene om te draai op haar maag. Fotos 16 tot 19 reflekteer voorwerpe aangetref op die toneel, hoofsaaklik klere van die oorledene. Voorwerp gemerk C is naamlik 'n damesbroek gevind ongeveer 8,5 meter van die liggaam af. Volgens die getuie het hy beslag gele op die kledingstuk.




CHRISTO BRAAF



[33] Die getuie is 'n lid van die Suid-Afrikaanse Polisiedienste met die rang van Konstabel en is gestasioneer te Malmesbury as n lid van die uniformtak. Die getuie se betrokkenheid by die onderhawige saak behels sy bywoning van die misdaadtoneel. Die getuie was die eerste polisie beampte op die toneel en omstanders het die liggaam uitgewys alhoewel die liggaam sigbaar was vanaf die pad digby die misdaadtoneel. Volgens die getuie moes hy deur n draadheining klim om die liggaam te bereik van die pad af By die heining op die grond het hy 'n klip waargeneem wat met vermoedelik bloed bedek was. Bloed is ook aangetref op die grond voor die heining Die liggaam is aangetref ongeveer 12 meter van die heining af. Die liggaam was nakend maar bedek met kledingstukke soos uitgebeeld in fotos 9 en 10 van Bewysstuk C Dit het voorgekom asof die oorledene aangerand is en dat die moordwapen moontlik *n klip kon wees Klere wat rondgestrooi is. was op die toneel aangetref



[34] Die getuie was teenwoordig op die toneel toe die fotos geneem is en het sekere punte uitgewys aan die fotograaf vir fotografering Die getuie was ook teenwoordig op die toneel toe die patoloog. Dr Scherman die toneel besoek het en toe die liggaam verwyder is. Die getuie bevestig dat die klerebedekking van die liggaam verwyder is vir die neem van fotos van die oorledene se beserings. Die getuie bevestig ook die versteuring van die posisie van die liggaam vir die neem van fotos Die oorledene is op haar maag gedraai deur die getuie en die fotograaf. Die getuie was verantwoordelik vir die oopmaak van die dossier maar het geen verdere betrokkenheid by die ondersoek gehad nie.

DR NADENE LOUISE SCHERMAN


[35] Sy het haar MBChB graad behaal deur die Universiteit van Stellenbosch Daarna het sy 'n Diploma in Forensiese Patologie voltooi in Mei 2008



[36] Dr. Scherman is in diens van die Provinsiale Regering van die Wes-Kaap as 'n hoof mediese beampte te Forensiese Patologie Dienste, Moorreesburg. Sy is geregistreer by die Mediese Raad van Suid-Afrika as mediese dokter en beskik oor n diploma in Forensiese Patologie.



[37] Dr. Scherman getuig dat sy in die loop van haar amptelike pligte op 21 Julie 2008 n nadoodse ondersoek op die oorledene uitgevoer en n skriftelike verslag saamgestel het. Bylae B. Sy bevestig die inhoud daarvan as korrek. Dr Scherman bevestig haar hoof nadoodse bevindinge van 'n skedelbasis fraktuur van die linker voorste Kraniaal Fossa wat strek tot in die middel Kraniaal Fossa: akute bilaterale subdurale bloeding van 30 ml met sentrale herniasie. skeure van die urethra opening en voorste wand van die vagina sowel as bloed gevind in die lugpyp en oesofagus.



[38] Dr. Scherman getuig dat sy uit haar waarnemings tot die gevolgtrekking gekom het dat die oorsaak van dood te wyte was aan stomp geweld trauma met akute subdurale bloeding. Sy het ook uit haar waarnemings die afleiding gemaak dat die oorledene onderwerp is aan geweldadige seksuele aanrandtng.

Uil veral die skedelbasis fraktuur lei sy af dat die geweld met betrekking tot die hoofbeserings uitermatig van aard was



[39] Dr. Scherman dui ook aan dat sy nie kan se of die skeur in die vagina wand 'n voor of nadoodse besering is nie. Die beserings aan die geslagsdele is egter volgens haar mening vars beserings en dui op seksuele aanranding. Die beserings aan die kop dui op stomp geweld byvoorbeeld met 'n voorwerp soos n klip of stok.



[40] Die getuie bevestig dat sy monsters versamel en geseel het vir doeleindes van forensiese toetse Die gebruiklike monsters ten opsigte van vermoedelike seksuele aanranding is geneem naamlik 'n depper van die mond. nael skrapings, kam van pubiese hare vir los hare, kontrolemonster van pubiese hare van oorledene asook n monster van vermoedelik vreemde vloeistowwe. Deppers van die ingang van die vagina d.w.s. die vestibule asook deppers van die interne en eksterne anale area is geneem. n Kontrole monster van bloed vir DNA analise is ook geneem van die oorledene. Verder is 'n femorale bloedmonster geneem vir alkohol ontleding.



[41] Dr. Scherman getuig dat sy die misdaadtoneel besoek het op 20 Julie 2008 om 14h15 . Sy bevestig haar waarnemings soos uiteengesit in Bylae C van haar nadoodse verslag Bewysstuk B.

[42] Die staat hel toe sy saak gesluit. Die verdediging het sy saak begin met die getuienis van die beskuldigde.




BESKULDIGDE



[43] Die beskuldigde is verwant aan mnr. Moos Swarts. Mnr Swarts is getroud met die suster van beskuldigde se ma. Die laaste keer wat die beskuldigde by mnr. Swarts besoek afgele het was op 'n Saterdag. Die beskuldigde het daar opgedaag op die vorige dag. die Vrydag Die doel van die besoek was om mnr Swarts te vra of hy nie vir die horn blyplek het nie. Hy het die Vrydagnag by Moos Swarts oornag en die volgende dag, Saterdag. is hy en Moos dorp toe saam met Flip Bosca se buurman. Nadat die beskuldigde en Moos Swarts teruggekeer het van die dorp af het hulle by Moos se huis verkeer waar hulle gedrink en gekuier het. Moos se vrou Ralie was ook teenwoordig. Later het Flip by hulle aangesluit Die oorledene was ook teenwoordig en die beskuldigde het haar daar aangetref toe hy en Moos uit die dorp daar aankom.



[44] Andries en 'n vriendin van horn het daar aangekom met 'n bakkie. Moos het uitgegaan en gevra of die oorledene kon saamgaan huis toe. Die oorledene was onwillig om te gaan en daar moes mooi met haar gepraat word voordat sy gegaan het. Sy het weer teruggekom so teen ongeveer 16h00. Die beskuldigde het dronk gele voor die deur en slaap.

[45] Die beskuldigde het so teen 19h00 wakker geskrik. Hy het buite gele en 'n geraas in die huis gehoor. Moos was daar en Ralie asook Tas, Tas se vrou. Flip en sy twee kinders. Hulle het gedrink en die beskuldigde het hulle gelos en is alleen af na Flip se huis waar hy en Flip saam rugby gekyk het op televisie. Daarna is die beskuldigde en Flip weer terug na Moos se huis. Flip is toe weg en daarna het Moos die oorledene gaan wegbring. Dit kon reeds na 22h00 gewees het toe die oorledene weg is. Die beskuldigde se hy het die deur agter hulle toegemaak. Die oorledene was baie dronk gewees en Moos het haar aan die arm gehad en ondersteun. In sy ander hand het Moos wyn in n oranjesak gehad



[46] Nadat Moos en die oorledene weg is het die beskuldigde en Tas verder gedrink totdat die wyn opgeraak het. Toe daar nie wyn in die huis gevind word nie het Tas voorgestel dat die beskuldigde na Moos gaan soek om vir hom nog wyn te vra. Die beskuldigde wou eers nie gaan nie aangesien sy knie seer was en hy nie so op en af wou loop nie. Die beskuldigde vra toe watter rigting het Moos geloop. Moos het nie gese watter rigting hy gaan nie. Die beskuldigde is toe alleen daaruit en het in die rigting van Flip se huis geloop. Die beskuldigde het gedink Moos sou daar wees aangesien Moos vroeer die middag Flip se wyn gevat het toe Flip geslaap het en hy gedink het Moos wou Flip se wyn gaan teruggee Toe die beskuldigde onder by Flip se huis kom het slegs die buitelig gebrand en die huis self binne was donker. Hy het by die deur geluister of hy stemme hoor. Hy het niemand daar gekry nie en toe stadig teruggeloop na Moos se huis. By die huis het "Andries" die deur oopgemaak en gese Moos het nou net teruggekom Volgens Andries het Moos wyn by hom gehad maar het nie vir Andries wyn gegee nie. Moos is slaapkamer toe



[47] Die beskuldigde en Andries het verder gesels oor die ou dae totdat hulle rookgoed opgeraak het. Beskuldigde het toe gaan tabak soek in Moos se kamer. Hy het nie rookgoed daar gekry nie en toe hy die kamer verlaat sien hy wyn in die klerekas bo-op die klere. Hy het die kan wyn geneem en is na Tas in die voorkamer daarmee. Tas en Andries is dieselfde persoon. Beskuldigde en Tas het verder gednnk en toe onthou Tas hy het tabak wat hy vir Moos wou gee. Hulle het daarvan geneem en gerook Hulle het nog baie lank gesit en gesels en later het Tas gaan slaap. Beskuldigde se toe hy moet nog gaan slaapplek soek. Tas en Tas se vrou slaap toe op die plek waar hy die vorige aand geslaap het Beskuldigde se toe hy gaan by Flip slaapplek soek. Die beskuldigde is toe met die orige wyn na Flip.



[48] Flip het die deur oopgemaak en die lig was aan Beskuldigde het ingegaan en op die settee voor die televisie gaan sit. Daar was 'n program met rugby hoogtepunte aan en beskuldigde vra toe is dit hoogtepunte van die wedstryd wat die middag gespeel is. Beskuldigde het skuins op die bank gele en hulle het wyn gednnk totdat hulle vaak geword het Beskuldigde het toe vir Flip slaapplek gevra. Beskuldigde het langs Flip op die bed gaan slaap. Beskuldigde het sy baadjie. hemp en broek uitgetrek en in sy kortbroekie geslaap. Beskuldigde het 4h00 van die koue wakker geword. Die krag was af. Beskuldigde het sy hemp aangetrek wat hy oor die bedstyl aan die onderkant geneem het en verder geslaap. Teen 5h30 het een van Flip se bure aan die deur geklop en gevra of die krag by Flip ook af was. Die buurman het gevra of Flip na die krag sal gaan kyk.



[49] Nadat die buurman weg is het Beskuldigde vir Flip 'n broek gevra om aan te trek Beskuldigde se broek was daar by hom in die kamer maar was vuil aangesien hy daarmee in die wingerd gewerk het. Flip het vir beskuldigde n broek gegee.



[50] Flip het die krag gaan aansit en toe hy terugkom het hy gese dat hy eers by Moos moet gaan eet. Beskuldigde het seep gesoek om sy broek te was. Flip het nie seep gehad nie en beskuldigde besluit om by Moos seep te vra wanneer hy en Flip daar gaan. Toe beskuldigde en Flip Moos se huis nader. sien beskuldigde Moos by die deur staan Beskuldigde dink toe aan die wyn wat hy geneem het en dink Moos gaan op hom skel. Beskuldigde se toe vir Flip hy gaan eers verby stap. Beskuldigde wou sien of Moos agter hom gaan aankom Moos het hom nie agtervolg nie, maar beskuldigde besluit toe om na sy suster toe te loop. Oppad na sy suster het hy bekendes raakgeloop wat gevra het "hoekom is jy so famous vandag, die polisie was al 'n paar keer hier om na jou te soek"



[51] Beskuldigde bevestig dat die ondersoekbeampte beslag gele het op sy hemp wat hy aangehad het en wat na bewering bloed op gehad het. Ten opsigte van Sersant Maweni se getuienis dat bloed op die hemp die van die oorledene was het beskuldigde gese dat hy die hemp in die donker by Flip aangetrek het toe hy koud gekry het. Met betrekking tot die bloedbevlekte broek, se beskuldigde dat hy die broek by Flip se huis gelos het en dat daar nie toe bloed op die broek was nie. Met betrekking tot die getuienis dat ontleding van 'n depper van liggaamsvloeistof by oorledene se geslagsdele geneem daarop dui dat beskuldigde se semen in die oorledene se geslagsdele aangetref is, het beskuldigde getuig dat hy nie kan onthou hoe dit daar gekom het nie en dat hy nie geslagsgemeenskap met die oorledene gehad het nie. Beskuldigde het ook getuig dat hy nie weer die oorledene gesien het daardie nag nadat die oorledene Moos se huis verlaat het nie. Beskuldigde ontken ook dat hy die oorledene gedood het.




KRUISONDERVRAGING VAN BESKULDIGDE



[52] Beskuldigde getuig dat ten tyde van die voorval hy die oorledene vir ongeveer een maand geken het. Voor die Saterdag van die voorval was hulle al in mekaar se teenwoordigheid gewees. Moos het die beskuldigde aan die oorledene bekend gestel op die dorp. Die beskuldigde en oorledene was al alieen in mekaar se teenwoordigheid en het saamgedrink en soms gesels.



[53] Daar het egter nie n verhoudmg tussen hulle bestaan nie aangesien sy n man gehad het Op 'n vraag of hulle ook geen seksuele verhouding gehad het nie het beskuldigde geantwoord dat hy nie weet nie. Beskuldigde is pertinent gevra of hy al ooit seks met die oorledene gehad waarop hy geantwoord het nie wat hy kan onthou nie. Beskuldigde is gevra of hy op die betrokke Saterdag van die voorval terwyl hulle saamgedrink het seks met die oorledene gehad het en sy antwoord hierop was dat die moontlikheid bestaan dat hulle wel seks kon gehad het maar dat hy nie kon onthou nie aangesien hy gedrink was. Beskuldigde is gevra of die oorledene sou toegestem het tot bogemelde waarop hy geantwoord het dat n persoon wat dronk is tot enigiets sat toestem.



[54] Beskuldigde het voorts getuig dat toe hy en Moos vanaf die dorp tuis kom, hulle die oorledene by Moos se huis aangetref het. Moos se vrou Ralie was teenwoordig. Tas en sy vrou het later by hulle aangesluit nadat 'n bakkie hulle daar afgelaai het ongeveer 15h00. Teen hierdie tyd was beskuldigde lekker dronk, hy het 'n dop ingehad maar was nie slingerdronk nie. Voordat Tas en sy vrou daar aangekom het het beskuldigde. Moos en die oorledene saam gedrink in die voorhuis terwyl Moos se vrou in die kamer le en slaap het. Volgens beskuldigde het hy en die oorledene op die bed in die voorkamer gesit. Volgens beskuldigde het hy nie 'n geleentheid gehad om alleen met die oorledene te wees nie aangesien haar kinders by haar was. Tas en sy vrou het buite op n settee gesit. Moos het die bestuurder van die bakkie waarmee Tas en sy vrou aangekom het. gevra om die oorledene saam te neem na haar huis. Die oorledene was onwillig om te gaan maar Moos het gese sy moet saamgaan.



[55] Die oorledene het weer later teruggekeer so ongeveer 19h00. Die son het net gesak Die oorledene was steeds dronk, het sleeptong gepraat maar nie geslinger nie. Almal het verder gedrink. Moos het die oorledene weggeneem huistoe ongeveer 22h00. Tussen 19h00 en 22h00 het almal steeds gedrink. Die oorledene kon nie loop toe sy en Moos daar weg is nie. Moos moes die oorledene steun deur haar aan haar arm te hou.



[56] Beskuldigde is gevra of daar geteentheid was dat hy en die oorledene alleen saam was tussen 19h00 en 22h00 waarop hy antwoord dat hy nie kan onthou nie of almal heeltyd saam was nie.



[57] Dit word verder aan beskuldigde gestel dat hy vroeer gese het dat hy nie kan verklaar hoe sy semen in die oorledene se vagina gekom het nie. Beskuldigde verstaan wat semen is en dat die implikasie is dat hy seksuele omgang met die oorledene moes gehad het vir sy semen om in haar vagina gevind te word. Beskuldigde bevestig dat sy weergawe steeds is dat hy nie kan onthou nie.



[58] Dit word aan Beskuldigde gestel dat beserings aan oorledene se geslagsdele gevind is wat neerkom op geweldadige seks Dit word gestel dat seks nie met die oorledene se toestemming plaasgevind het nie en dat sy verkrag is deur die beskuldigde. Beskuldigde se antwoord was dat hy niemand verkrag het nie



[59] Beskuldigde getuig dat Moos ongeveer 20 minute weg was toe hy die oorledene wegneem. Beskuldigde herhaal sy getuienis in hoof dat hy vir Moos gaan soek het in die rigting van Flip se huis om wyn te kry. Hy se dat hy nie vir die oorledene en Moos langs die pad gekry het nie. Hy het nie in die rigting geloop wat hulle gegaan het nie. Beskuldigde ontken Moos se getuienis dat hy vir beskuldigde teegekom het waar hy die oorledene agterna geloop het.



[60] Beskuldigde herhaal sy getuienis in hoof dat hy na Flip Bosca is later om slaapplek te soek. Beskuldigde getuig dan met betrekking tot die klere wat hy aangehad het toe hy by Flip kom aanklop. Beskuldigde se dat hy n wit broek aangehad het asook n trui en 'n baadjie. Beskuldigde getuig dat hy die hemp wat hy vroeer die dag aangehad het die namiddag by Flip gelos het toe hy horn gaan vra het om rugby te kyk. Dit was toe warm en hy het die hemp daar uitgetrek en daar gelos. Dit word aan beskuldigde gestel dat hy in sy getuienis in hoof gese het dat hy die hemp, broek en baadjie uitgetrek het toe hy gaan slaap het en in sy kortbroekie geslaap het. Beskuldigde hou vol dat hy die hemp die middag reeds daar gelos het by Flip en dat hy in hoof "al die klere op een hoop genoem het" toe hy getuig het wat hy uitgetrek het om te gaan slaap. Daar word ook aan beskuldigde gestel dat hy nie in hoof getuig het van n trui nie waarop hy antwoord dat dit 'n oorsig was en dat hy gedink het hy het dit reeds genoem.



[61] Beskuldigde is gevra of hy dan van plan was om terug te gaan na Flip aangesien hy die hemp daar gelos het Beskuldigde antwoord dat hy van plan was om rugby daar te gaan kyk Hy getuig egter dat hy toe nie die rugby daar gekyk het nie aangesien hy by Moos ^getiep" het.

[62] Beskuldigde herhaal sy getuienis in hoof dat hy in die nag koud gekry het en toe sy hemp aangetrek het wat oor die bed gehang het Die volgende oggend het beskuldigde aangetrek toe dit reeds lig was. Hy het nie na sy hemp gekyk nie. Hy het ook sy trui en baadjie aangetrek en n broek wat hy van Flip gekry het. Beskuldigde word gevra hoe het die oorledene se bloed aan sy hemp gekom. Beskuldigde antwoord dat hy nie weet hoe die oorledene se bloed op sy hemp gekom het nie. Die hemp was in Flip se huis. Die ligte was af en hy weet nie hoe die bloed daar aangekom het nie. Hy het nie opgelet dat iets met die hemp verkeerd was nie.



[63] Beskuldigde herhaal sy getuienis dat hy seep gesoek het om sy broek te was. Die broek het stof en modderkolle aan gehad van sy werk in die wingerde die vorige week. Kolle was oral op die broek en ook soos hy sy hande afgevee het aan sy broek. Hy het Vrydag toe hy daar gekom het die vuil broek aangehad asook Saterdag op die dorp. Beskuldigde verduidelik ook dat in hulle gebied was hulle klere op n Sondag aangesien hulle skoon klere moet he op n Maandag en dat hulle in die week werk.



[64] Beskuldigde herhaal sy getuienis in hoof dat hy en Flip ongeveer 7h00 saam na Moos is en dat hy verbygeloop het na sy suster. Beskuldigde getuig dat hy nie sy suster Sondag by haar huis aangetref het nie. Hy het oornag in sy hok op die plaas en is vroeg Maandagoggend werk toe Hy het verneem die vorige dag dat die polisie na hom soek maar het nie na die polisie gegaan omdat hy nie by die werk kon wegbly nie aangesien hy dan nie betaling ontvang nie.

[65] Beskuldigde getuig dat die polisie hom om ongeveer 11hOO op die Maandag by die werk kom haal het en na die polisiestasie geneem het. Beskuldigde ontken egter Henry Du Rand se getuienis dat hy op die plaas gearresteer en gewaarsku is met betrekking tot sy regte. Laasgenoemde proses het eers plaasgevind by die polisiestasie en Henry du Rand was nie die persoon wat hom arresteer het nie.



[66] Dit word aan beskuldigde gestel dat Sersant Dicks getuig het dat sy sokkies en skoene nat was toe hy by die polisiestasie aankom. Beskuldigde se verduideliking was dat hy in die lang nat gras in die wingerd gewerk het en sy skoene en sokkies so nat geword het



[67] Beskuldigde bevestig dat die broek wat in die hof ingehandig is as n bewysstuk en getoon is. n broek is soortgelyk aan die een wat hy aangehad het die Saterdag van die voorval. Beskuldigde se ook dat hy nie kan stry dat dit sy broek is nie Dit word aan beskuldigde gestel dat dit deur middel van forensiese toetse bepaal is dat bloed op die broek voorkom en dat die bloed die van die oorledene is. Beskuldigde antwoord dat hy nie kan verklaar hoe die bloed op die broek gekom het nie aangesien daar geen bloed op was toe hy dit gehad het nie



[68] Dit word aan beskuldigde gestel dat omdat die oorledene se bloed op sy hemp en broek en sy semen by oorledene gevind is die vinger wys na hom as die oortreder. Beskuldigde hou vol dat hy nie weet hoe die bloed aan sy klere gekom het nie.

[69] Ten opsigte van Sersant Dick se getuienis dat beskuldigde n besering aan sy regterhand gehad het by arrestasie. verduidelik beskuldigde dat hy die besering by die werk opgedoen het die vorige week. Beskuldigde kon nie onthou of Sersant Dick hom vir 'n verduideliking gevra het nie. Die dokter het die besering gesien maar niks gevra nie. Hy het wel aan die persone wat sy vingerafdrukke geneem het gese dat hy sy hand beseer het by die werk.



[70] Dit word aan beskuldigde gestel dat hy in sy getuienis in hoof gese het dat hy nie geslagsgemeenskap met die oorledene gehad het nie en ook dat hy gese het dat hy nie kon onthou of hy gemeenskap met haar gehad het nie. Beskuldigde word daarop gewys dat hy op n vraag in kruisondervraging toegegee het dat omgang moontlik kon plaasgevind het. Hy se voorts dat hy nie kan onthou dat hy seks gehad het nie op die tersaaklike tyd nie.



[71] Dit word aan die beskuldigde gestel dat hy op die betrokke Saterdag toe Moos die oorledene weggeneem het agterna geloop het, dat hy die oorledene oorrompel, wreed aangerand het en verkrag het. Beskuldigde ontken die stelling.



[72] Beskuldigde getuig dat hy tans 47 jaar oud is en 44 was ten tyde van die voorval. Beskuldigde het Std.2 op skool geloop.


HERROEP VAN PR SCHERMAN


[73] Pie hof het besluit om die Patoloog te herroep net na die verdediging sy saak gesluit het. Pie hof se rede om Artikel 167 van die Strafproseswet toe te pas en om die Patoloog te herroep is soos volg verduidelik. Die hof moet sien dat geregtigheid geskied in die opsig dat dit tot die voordeel van die staat en tot die voordeel van die verdediging sou wees as die Patoloog kan kom uitklaar hoe sy tot haar bevindings kom. Die Patoloog se verslag maak slegs melding van n seksuele aanranding wat moontlik voor of na dood kon gebeur het Indien dit na die dood van die oorledene gebeur het, kan die beskuldigde nie skuldig gevind word aan verkragting nie. Die Patoloog se bloot in haar verslag dat die dood deur stomp trauma met akute sub-durale bloeding veroorsaak is, maar sy verduidelik nie watter van die tien wonde, die noodlottige wonde was nie. Sy verduidelik ook nie hoe lank na die noodlottige wonde toegedien ist kon die oorledene nog leef.



[74] Die hof het die staat en die verdediging gevra of hulle enige beswaar het teen die herroep van Dr Scherman en hulle het nie beswaar geopper nie. Die hof het hulle ook uitgenooi om h aansoek te bring om hulle sake te heropen indien hulle dit nodig sou ag nadat die patoloog herroep is.



[75] Dr Scherman beweer dat wonde nommers 3 en 7, naamlik 'n skeur wond van die midlyn voorhoof vel 10mm by 2mm en n skeur wond van die linker voor-parietale kopvel 30mm by 5mm aanduidend is van die onderliggende impak

areas veroorsaak deur stomp geweld toegedien aan die skedel. die noodlottige wonde verteenwoordig.



[76] Wonde 4, 6 en 9 wat skaafwonde en kneusings verteenwoordig is ook bydraend tot die uiteindelike dood van die oorledene.



[77] Die dood is veroorsaak deur die impak van die stomp geweld op die skedel wat gelei het tot die skedelbasis fraktuur wat interne bloeding sub-duraal veroorsaak het wat gelei het tot toenemende druk binne in die skedel wat sentrale herniasie van die brein veroorsaak het Die uitwerking van die herniasie was om die brein stam te benadeel en gevolglik het dit respiratoriese en kardiaal vasculere funksies ondermyn. Die oorledene het uiteindelik beswyk as gevolg van hierdie onderdrukking van die vitale lewens funksies Na haar mening sou die oorledene die dood ingetree het 1 tot 2 ure na die noodlottige beserings toegedien is Sy kom na daardie gevolgtrekking as gevolg van die hoeveelheid bloed wat sub-duraal versamel het en die herniasie wat gevolg het



[78] As gevolg van die feit dat daar geen bloeding en kneusing te vinde was by die urethra en vagina se skeure by die nadoodse ondersoek nie, is dit haar mening dat waarskynlik was die oorledene reeds dood toe hierdie beserings plaasgevind het. Sy glo ook dat daardie beserings veroorsaak is deur penetrasie tydens geslagsgemeenskap

[79] Dr Scherman sou verwag het dat as die oorledene steeds gelewe het, sou sy waarskynlik nie op haar rug met haar bene wyd oopgesper bly le het nie. Sy sou n meer gemaklike posisie ingeneem het.



[80] Terwyl sy die misdaad toneel besoek het. het sy die groot klip met vermoedelik bloed aan naby die heining gesien. Sy is van mening dat dit die stomp voorwerp kon wees wat gebruik was om die noodlottige wonde toe te dien. Sy het ook sleep merke gewaar vanaf die heining tot waar die liggaam gevind is.



[81] Die dokter se in die toestand waarin die oorledene was kon 'n leek nie sonder meer geweet het of die oorledene dood of lewendig was nie.




EVALUERING VAN STAATSGETUIES



[82] Die verdediging het nie die geloofwaardigheid van die staatsgetuies wat gekruisondervra is aangeval nie. Die staats getuies het ook nie hulself in wesenlike opsigte weerspreek nie.




EVALUERING VAN DIE BESKULDIGDE



[83] Die beskuldigde weerspreek sy getuienis in wesenlike opsigte Hy het eers in getuienis in hoof gese dat hy en Flip saam gesit het in Flip se huis die Saterdag middag waar hulle saam rugby gekyk het op TV. Gedurende kruisondervraging se hy dat hy na Flip toe gegaan het die middag om te vra of hy kan rugby kom kyk later. Dit is toe hy beweer hy sy hemp uitgetrek het en by Flip gelos het omdat hy warm gekry het. Deur hierdie nuwe getuienis by te voeg van die hemp, skep die beskuldigde 'n geleentheid vir die bloed van die oorledene om op sy hemp te kom sonder dat hy sy hemp aangehad het. Die probleem is dat hy dit nie gedurende sy getuienis in hoof genoem het nie en sy advokaat het dit ook nie aan Flip gestel nie.



(84] Die beskuldigde het ook gedurende sy getuienis in hoof ontken dat hy geslagsgemeenskap met die oorledene daardie dag gehad het Gedurende kruisondervraging se hy egter dit kon gebeur het.



[85] Sy weergawe dat hy Moos gaan soek het by Flip se huis en dat daar niemand tuis was nie is nie aan Flip gestel nie. Weereens kom dit voor asof hy sy weergawe aanpas nadat die staatsgetuies gekruisondervra is.



[86] Die beskuldigde se houding teenoor die uittrek van sy hemp en sy broek is onlogies en onwaarskynlik. Mens sou verwag as hy warm kry sou hy die trui of baadjie uittrek en nie die hemp nie. Die beskuldigde was bereid om in die vuil broek rond te loop en dorp toe te gaan vanaf die Vrydag tot die Saterdagaand. Dit is nou te gerieflik dat hy besluit om die Sondag dit te wil uittrek. Sy verduideliking in daardie verband is onbevredigend.



[87] Hy kon n presiese weegawe oor al die gebeure van die betrokke dag gee, maar wanneer dit kom by sy moontlike betrokkenheid by die aanranding en beweerde verkragting van die oorledene kan hy nie onthou nie. Hy beskryf sy gebrek aan geheue toe aan dronkenskap. Tog kan hy gebeurtenisse in besonderheid voor en na die pleging van die misdade onthou. Hy kon ook nie onthou of hy voorheen geslagsgemeenskap met haar gehad het alhoewel hy haar slegs h maand geken het.



[88] Sy selektiewe geheue bevraagteken sy geloofwaardigheid Sy weergawe is, onlogies en ontbreek aan 'n billike verduideliking met betrekking tot die onbetwiste forensiese bewyse van sy betrokkenheid Dehalwe moet dit verwerp word as nie redelik, moontlik waar nie.




OMSTANDIGHEIDS GETUIENIS



[89] Dit is gemenesaak dat die bloed van die oorledene gevind is op die broek en hemp wat die beskuldigde aangehad het die aand toe die oorledene vir die laaste keer lewendig gesien was. Die beskuldigde het die hemp aangehad toe hy gearresteer is en die bloed van die oorledene is gevind daarop.



[90] Die beskuldigde se verduideliking dat hy die hemp vroeSr die dag by die huis van Flip Bosca uitgetrek en gelaat het is n versinsel wat hy opgemaak het gedurende kruisondervraging Hy het dit nie gemeld gedurende sy getuienis-in-hoof nie. Sy regsverteenwoordiger het dit ook nie aan Flip Bosca of enige staatsgetuie gestel nie Gedurende sy getuienis in hoof beskryf hy al sy klere wat hy uitgetrek het toe hy langs Flip gaan slaap het later die aand. Hy het gese dat hy sy hemp daardie tyd uitgetrek het.



[91] Dit is ook nie betwis dat die beskuldigde se semen gevind is in die vagina van die oorledene nie. Die beskuldigde kon geen verduideiiking daarvoor gee nie, behalwe om te spekuleer dat hy geslagsgemeenskap kon gehad het in die dag by Moos se huis met die oorledene terwyl daar mense rondloop en drink het



[92] Moos se getuienis dat hy die beskuldigde gekry het nadat hy die oorledene half pad huis toe gebring het en dat die beskuldigde in dieselfde rigting geloop het as wat die oorledene voor hom geloop het is nie ernstig aangeval nie. Dit is bloot aan hom gestel dat die beskuldigde sou dit ontken. Moos het volgehou dat hy wel die beskuldigde gekry het en dat hy in daardie rigting geloop het.



[93] Flip getuig dat die beskuldigde om en by 12 middernag by hom kom slaap het. Op die beskuldigde se weergawe sou dit ongeveer 2 ure wees nadat Moos die oorledene halfpad huis toe geneem het Flip getuig ook dat die beskuldigde wou sy broek leen omdat hy sy broek wou was. Hierdie getuienis word deur die beskuldigde erken. Die beskuldigde se verduideiiking dat hy bereid was om b vuil hemp met bloed aan te hou nadat hy in die dag lig wakker word, maar wou nie sy broek aantrek nie omdat dit vuil was vanaf die Donderdag toe hy in die wingerd werk maak nie sin nie.

[94] Die beskuldigde kon duidelik alle besonderhede beskryf random wat gebeur het voor en na die tyd toe die oorledene huis toe vergesel is deur Moos maar hy kan nie onthou hoe die bloed van die oorledene op sy klere kom nie en hoe sy semen binne die vagina van die oorledene gekom het nie. Baie van die besonderhede in sy getuienis is bevestig deur staatsgetuies, maar sy ontkenning dat hy Moos ontmoet het nadat Moos die oorledene half pad gelos het kan nie geglo word wanneer al die omstandigheids getuienis saam oorweeg word nie.




OPSQMMING VAN WESENLIKE FEITE



[95] Vanuit die mediese getuienis asook die getuienis oor die misdaad toneel, kan die hof aflei dat die oorledene eers geslaan was terwyl sy op die pad was naby die heining. Die sleep merke op die grond dui aan dat sy daarna gesleep is tot waar haar liggaam gevind is. Sy is verder aangerand, want n tweede klip met >i rooi kol is naby haar liggaam gevind. Haar klere is uitgetrek. Haar bene is wyd oopgemaak. Daar is getuienis dat daar tekens van geslagsgemeenskap was. Haar liggaam is bedek met haar groot kledingstukke. Haar liggaam het op 'n winters nag heel nag buite gele.



[96] Dr Scherman se getuienis dat die skeure van die vagina en urethra vars was. maar dit het nie gebloei nie en het nie kneusing getoon nie gepaard met haar mening dat die oorledene 'n meer gemaklike posisie sou inneem indien sy nog lewendig was nadat daar geslagsgemeenskap met haar gehad was. dui daarop dat seksuele omgang plaasgevind het nadat sy dood was.

[97] Daar is geen getuienis voorgele wat bewys dat die oorledene nog steeds geleef het toe sy seksueel aangerand is. ti Oorlede persoon kan nie verkrag word na haar dood nie. [sien S v W 1976 (1) SA 1 (A)]. Artikel 3 van Wet 32 van 2007 veronderstel dat die slagoffer iewend moet wees om toestemming te weerhou.



[98] Artike! 3 van die Wysigingswet op die Strafreg (seksuele misdrywe en verwante aangeleenthede) 32 van 2007 beskryf verkragting as die onwettige seksuele penetrasie van een persoon deur Vi ander sonder die persoon se toestemming. Artikel 14 van die Wet beskryf 'n seksuele daad met 'n lyk as die onwettige en opsetlike seksuele daad met 'n mens se lyk as "n oortreding. Die beskuldigde is egter nie aangekla van 'n oortreding van Artikel 14 nie. Hy is aangekla van h oortreding van Artikel 3. derhalwe moet die beskuldigde onskuldig bevind word op aanklag 1, die van verkragting.



[99] Artikel 261 van die Strafproseswet bevat al die bevoegde uitsprake moontlik op ri klagte van verkragting. seksuele aanranding, gedwonge seksuele aanranding en gedwonge self-seksuele aanranding, maar sluit nie 'n onwettige en opsetlike seksuele daad met n lyk in nie, d.w.s die oortreding beskryf in Artikel 14 van Wet 32 van 2007.


[100] Die beskuldigde het op n uiters geweldadige wyse die oorledene aangerand Hy het deurlopend stomp geweld toegedien op haar van die pad waar sy geloop het tot 12 meter verder in die veld waar haar liggaam gevind is. [101] Hy het verskeie geweldadige houe teen haar skedel en gesig area toegedien. Dit is gedoen op n besondere kwesbare gedeelte van haar liggaam.



[102] Al die getuienis inaggenome lei die hot af dat hy die moontlikheid voorsien het dat sy kon beswyk aan daardie beserings. Desnieteenstaande het hy voortgegaan om haar aan te rand, roekeloos met betrekking tot die uiteindelike gevolge. Derhalwe het hy hom met daardie gevolge vereenselwig.




Dit word beveel:

1. Op Aanklag 1, die van verkragting is die beskuldige onskuldig gevind.



2. Op Aanklag 2. die van moord is die beskuldige skuldig gevind



ALLIE, J