South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 474

| Noteup | LawCite

S v Stuurman (SS13/2010) [2010] ZAWCHC 474 (14 September 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

(WES KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)


SaakNr: SS13/2010

In die saak tussen:

DIE STAAT

en

KLAAS STUURMAN …..............................................................................................Beskuldigde


VONNIS GELEWER OP 14 SEPTEMBER 2010


Allie, R




[1] Die beskuldigde was 44 jaar oud toe hy die misdaad pteeg. Hy is tans 47 jaar oud. Hy is ongetroud en het geen kinders nie. Hy was skuldig bevind in 1983 aan moord en verkragting en gevonnis tot 15 jaar en 8 jaar gevangenisstraf onderskeidelik. Hy was vrygelaat op 19 Mei 2008. Op 20 Julie 2008, twee maande later pleeg hy.die misdaad in die onderhawige saak.



[2] Alhoewel die verdedig betoog het dat die strafreg stelsel horn in die steek gelaat het, is dit slegs betoe vanaf die balie. Die beskuldigde het geen getuienis in daardie verband gelei nie.




[3] Die beskuldigde is skuldig bevind aan moord deurdat hy dit gepleeg het


met dolus eventualis.

[4] Hy het twee jong kinders van hul moeder ontneem. Hy net Yi moeder van haar dogter ontneem.



[5] Die oorledene is nie net een of twee maal gewond nie, maar ten minste tien maal as die urethra en vaginale wonde uitgesluit word.



[6] Die oorledene is op n koue winters aand in die veld nakend gelos. Die beskuldigde het voorsien dat sy van haar wonde kon beswyk. Hy het glad nie omgegee nie Intendeel was hy bereid om verder te gaan drink met Flip Bosca en die aand by horn deur te bring.



[7] Die oorledene was 35 jaar oud. Haar man het getuig dat haar 2 jarige dogter haar moeder baie mis en dit het haar nadelig geraak.



(8) Die beskuldigde het volhard met sy ontkenning ten spyte van die forensiese en mediese getuienis wat horn impliseer in die moord en gedwonge seksuele omgang met die oorledene. Hy het derhalwe geen berou getoon nie.



[9] Die manier waarop die beskuldigde die oorledene gedood is, is uiters geweldadig.



[10) Terwyl die hof die persoonlike omstandighede van die beskuldigde inagneem. moet die hof die versagtende omstandighede oorweeg teenoor die verswarende omstandighede om te sorg dat die vonnis die misdaad pas.

[11] Die hof moet die aard en omvang van die misdaad inagneem asook die belange van die gemeenskap.



[12] Wat opvallend is in hierdie saak is die feit dat die beskuldigde voorheen ook n vrou verkrag en vermoor het. Hy kon homself nie keer om byna dieselfde misdade 2 maande na sy vrylating weer te pleeg.



[13] Sien S v Scheepers 2006 (1) SASV 72 (SCA) te para 11 waar die feit dat die beskuldigde in daardie saak dieselfde tipe misdade gepleeg het kort na hy voorheen gevonnis is, het as h verswarende faktoor gedien



[14] In S v J 1989 (1) SA 669 (A) te 675 C se die hof dat die tersaaklikheid en die belangrikheid van die vorige veroordelings afhang van daardie elemente wat hul met die misdaad waar oor dit gaan in gemeen het. In die onderhawige saak is die elemente van die misdade dieselfde.



(15] Dit is in die belang van die gemeenskap dat so 'n persoon 'n lang periode van gevangenisstraf moet uitdien.



[16] Alhoewel die hof die beskuldigde onskuldig bevind het aan verkragting, is dit duidelik uit die mediese en forensies getuienis dat hy wel gedwonge geslagsgemeenskap met die ooriedene gehad het. Die staat kon net nie bewys dat sy op daardie stadium nog gelewe het nie en het versuim om horn in die alternatief op n oortreding van artikel 14 van Wet 32 van 2007 aan te kla.


[17] Deel II van Bylae 2 is van toepassing wanneer gekyk word na die minimum vonnis voorgeskryf in Wet 105 van 1997. Daardie Wet skryf voor b minimum vonnis van 20 jaar gevangenisstraf vir n twoerle oortreder in Artikel 51 (2)(a)(ii). Dit is duidelik dat die beskuldigde die oorledene wreed aangerand het ten einde haar tot oorgawe te bring sodat hy seksueel kon verkeer met haar.



[18] Hierdie omstandighede regverdig Vi vonnis van meer as die voorgeskrewe minimum vonnis van 20 jaar gevangenisstraf



[19] 'n Periode van 2 jaar as ri gevangene terwyl die beskuldigde verhoorafwagtend was, is nie 'n uitermatige lang periode nie. Dit is Yi periode wat hy moes in die gevangenis deurbring as gevolg van die tipe misdade waarvoor hy aangekla was.




[20] Die beskuldigde word dus soos volg gestraf:



Op aanklag 2, die van moord, word die beskuldigde gevonnis tot 25 jaar gevangenisstraf.


ALLIE, J