South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 506

| Noteup | LawCite

Mdingswayo v S (A18/10) [2010] ZAWCHC 506 (22 October 2010)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOOGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA

WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD




Saaknmr: A18/10


In die saaktussen




CORNELIUS MDINGSWAYO …...............................................................APPELLANT


En


DIE STAAT …..........................................................................................RESPONDENT







UITSPRAAK : 22 OKTOBER 2010



MARAIS WnR


[1] Op die plaas WATERVAL, gelee indie Klein-Karoo,distrik Van Wyksdorp, in die Suid-Wes Kaap, het die 75 jarige Mnr Frans Arpen alleen gewoon. Hy het op die plaas en op ander ander van sy plase in die omgewing geboer. Teen skemer op 31 Maart 2007 het vier mans met 'n motor vanaf George op die plaas aangekom. Hulle was daar om bokke en beeste van Mnr Arpen te koop -of so het hulle voorgegee. Die leier van die groep- bekend as "John" was al voorheen op die plaas en het vantevore muile en bokke van Mnr Arpen

gekoop.

[2]Van die vee waarin die groep mans na bewering belang gestel het om te koop is in die veld gaan haal. By hul terugkoms by die plaasopstal het Mnr Arpen op die stoep gaan sit. Sy huishoudster, Theresa Dullman, was toe nog ook by die huis en het die gebeure van die stoep af gade geslaan. Net na Mnr Arpen gaan sit het ,het "John" 'n vuurwapen tevoorskyn gebring en dit teen Mnr Arpen se kop gedruk. Een van die ander lede van die bende het Mnr Arpen vasgegryp en terselfdertyd is Me Dullman deur die twee oorblywende bende lede gegryp en binne die huis in gedwing waar sy noodgedwonge moes wys waar sekere goed in vertrekke was ,onder andere ' n kluis.

[3] Gedurende die tyd is Mnr Arpen met geweld op die stoep neergegooi en 'n langtou is om sy nek gesit waarmee hy toe gewurg was. Sy aanvallers het terselfdertyd horn met 'n hamer begin slaan. Mnr Arpen het moedig probeer terugveg maar is uiteindelik halfdood in die huis ingesleep waar hy saam met Me Dullman in die spaarkamer gesmyt was. Hier is hy herhaaldelik ook geskop terwyl hy op die grond gele het terwyl Me Dullman hier ook met 'n hamer toegetakel is. Mnr Arpen het toe op 'n stadium sy bewussyn verloor.

[4] Ondertussen was van die ander bende lede besig om die huis en kluis te plunder. Me Dullman kon in die geharwar daarin slaag om haar te verset teen haar aanvallers en het uit die huis uit gevlug met al vier boewe agterna. Sy is in die vlug verder met 'n panga gekap en is gered deur 'n geweerskoot wat afgevuur was deur Mnr Arpen wat intussen weer bygekom het. In 'n bebloede toestand het hy met 'n weggesteekte rewolwer waarvan die plunderaars nie van geweet het nie probeer om die aanvallers weg te dryf deur 'n skoot in hulrigting te vuur. Hy kon egter weens al die bloed nie sien wat aangaan nie en is die rewolwer met geweld van horn afgeneem .Hierna is hy nogmaals wreed aangerand en in 'n onbewustelike toestand daar laat le.Me Dullman het ongesiens weer die huis van 'n ander ingang binne gegaan en hulp ontbied.

[5] Die aanvallers het die wyk geneem met hul buit wat ingesluit het verskeie vuurwapens en ammunisie, R 15 000.00 kontant,selfone,'n goue hangertjie en 'n horlosie.Beide die slagoffers is later dieselfde aand in 'n bedenklike toestand in die Riversdale Hospitaal opgeneem vir noodbehandeling.

[6] Die volgende dag, 1 April 2007 is twee van die aanvallers in George aangekeer. Die Appellant is 'n dag later in George by sy huis gearresteer. Volgens die rekord het hy dadelik sy voile samewerking gegee aan die Polisie en het o.a. sekere uitwysings gedoen insluitende van die vuurwapens wat langs die pad versteek was.

[7] Die Appellant is hierna aangekla saam met die ander twee beskuldigdes op twee aanklagte van poging tot moord en twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede.( die vierde aanvaller was tentyde van Appellant se verhoor nog op vrye voet)en het terreggestaan in die Streek Hof te Ladismith.

[8] DieAppellant het op 26 November 2008 op al vier aanklagte skuldig gepleit en sy verhoor is van die ander geskei. Hy het 'n pleitverduidiliking in terme van art 112 van Wet 51 van 1977 ingedien waarin hy die basiese omstandighede en die formele elemente van die misdade erken het.

[9]Die streekslanddros het die Appellant hierop skuldig bevind aan die vier klagtes en getuienis ten opsigte van vonnis is hierna deur die Staat aangebied

Die distriksgeneesheer, Dr Oosthuizen het oor beide slagoffers se beserings getuig en Mnr Arpen sowel as Me Dullman het getuig oor die aanval, hul beserings en die nagevolge.

[10] Die Appellant het nie ter strafversagting getuig nie mar sy advokaat, Mnr Prinsloo het submissies in hierdie verband van die balie af gemaak.





[11] Uitspraak op vonnis is gelewer op 29 Januarie 2009. Die Landdros het in sy uitspraak die ems van die misdade en die ernstige gevolge daarvan vir die slagoffers volledig uit een gesit. Die Landdros het verwys na die feit dat daar ten opsigte van die twee roofklagtes " minimum vonnisse ter sprake {is} van 15 jaar elk, waarvan die hof aleenlik kan afwyk as daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan."

[12] Daar is nie 'n spesifieke verwysing na die bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 in die uitspraak nie( die toepassing van die artikel is wel tydens die pleitverrigtinge aan Appellant uitgewys) maar dit is duidelik dat die Landdros die bepalings van art 51 in die algemeen ingedagte gehad het tydens vonnisoplegging.

[12] Die Landdros het die ernstigheid van die misdade asook die uiters brutale aard van die aanvalle en die gevolge daarvan vir die twee slagoffers uitgegelig voordat hy die ondersoek na die bestaan al dan nie van wesentlike en dwingende omstandighede wat die minimum vonnis op die twee roofklagtes kon beinvloed.

[13] Met verwysing na die deurslaggewende uitspraak van Marais AR in S v Malgas 2001 (1) SASV 469 HHA en die feite voor die hof het die Landdros bevind dat daar wel wesentlike en dwingende omstandighede was. Hy het die volgende omstandighede, in " geheel gesien" sodanige wesentlike en dwingende omstandighede daarstel:

a) Die feit dat Appellant skuldig gepleit het en sy voile samewerking aan die polisie gegee het tydens hul ondersoek na die misdrywe;

b) Dat Appellant berou getoon het;

c) Dat Appellant nie die misdrywe nie geinisieer het en nie self aan die fisiese aanrandings op die twee slagoffers deelgeneem het nie ;

d) Dat Appellant die jongste van die " booswigte" was en dat hy nie 'n leidende rol in die aanvalle gespeel het nie;

e) Dat Appellant onwillig was om aan die misdrywe deel te neem maar deur die ouer deelnemers oorreed en beinvloed was om "op die tog saam te gaan"


e) Dat Appellant 'n eerste oortreder is;

f) Dat hy sedert April 2007 in hegtenis aangehou is.


[14] Die Landdros het verder aangedui dat " genade een van die hoekstene van enige geordende samelewing en regspleging is" enbygevoeg dat die hof genade sal betoon " sover dit op die feite geregverdig kan word"


[15] Die kumulatiewe effek van die vonnisse op die verskillende aanklagte is ook deur die Landdros in aanmerking gebring.

[16] Gevolglik het die Landdros die volgende strawwe opgele: 15 jaar direkte gevangenis straf op elk van die roofklagtes; 6 jaar direkte gevangenisstraf op elk van die poging tot moord klagtes. Die totale vonnis was dus 42 jaar.

Ingevolge art 280(2) van wet 51 van 1977 het die Landdros bevel dat al die vonnisse gelyktydig uitgedien moet word. Die effektiewe straf was dus 15 jaar.

[17] Artikel 51 van wet 105 van 1997 is gewysig deur Wet 38 van 2007 wat op 31 Desember 2007 in werking getree het. Hierdie wysiging het belangrike veranderings aan die wet op minimum vonnisse aangebring . Die begrip "minimum vonnis" is gewysig en vervang met "Diskresionere minimum vonnisse vir sekere ernstige misdrywe".



[18] Art. 51(3) is gewysig sodat die subart. nou {as (3)(a)} soos volg lees:



(3) (a) Indien 'n hof in subartikel (1) of (2) bedoel, tevrede is dat daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging van 'n mindere vonnis as die vonnis by daardie subartikels voorgeskryf regverdig, teken hy daardie omstandighede in die notule van die verrigtinge aan en moet hy daarop sodanige mindere vonnis ople: Met dien verstande dat indien 'n streekhof so 'n mindere vonnis ople ten opsigte van 'n misdryf vervat in Deel 1 van Bylae 2, hy regsbvoegdheid het om 'n vonnis van nie meer nie as 30 jaar gevangenisstraf op te le.

[19] Die Engelse weergawe van die art is gewysig deurdat die woorde " may" vervang is met "must".

[20] In 'n volbank beslissing in hierdie afdeling, Sv SM AND OTHERS 2010(1)

SASV 504 WCC word verwys na die woorde " may " en " must" in die betrokke art voor en na wysiging en word die effek daarvan op die diskresionere bevoegdheid van 'n hof ten opsigte van minimum vonnisse bespreek in twee

afsonderlike uitsprake. Moosa R was van mening dat die artikel dubbelsinnig was en dat die woord " may" in die art nie 'n diskresie toelaat aan 'n hof om 'n minimum vonnis op te le ten spyte van die feit dat die hof wesentlike en dwingende omstandighede bevind het


[7] If a court, despite such finding in the second enquiry, proceeds to ( impose life imprisonment or a prescribed sentence, or one exceeding that, such sentence would amount to a miscarriage of justice because in the words of Marais JA in Malgas (supra) at para 251 the 'prescribed sentence would be unjust in that it would be disproportionate to the crime, the criminal and the needs of society'. If a court is of the view that the seriousness of the offence calls for die imposition of life imprison­ment or a prescribed sentence as provided for in s 51, then it flies in the face of logic to find that there are substantial and compelling circum­stances to impose a lesser sentence. If such were the case, the court in the first place should have found that there were no substantial and compelling circumstances to impose a lesser sentence.

[8] I disagree with the State's submission that the trial court has its normal discretionary sentencing power, as if the minimum sentencing legislation had not been passed, once it has found that substantial and compelling circumstances exist. In my view, the discretion of the sentencing court has been circumscribed by the Act, the extent thereof is dependent on whether in a particular case substantial and compelling circumstances are found to exist or not. The authorities quoted by the State do not support its contention. -

[9] In the case of s 51(3) (a) read with ss (1) of the Act, if no substantial and compelling circumstances are found to exist, the court has m discretion, but to impose life imprisonment. However, should the court in such case find that substantial and compelling circumstances exist to impose a lesser sentence, then the residual discretion of the court is circumscribed, in that the court is obliged to impose a sentence otherj than life imprisonment, in accordance with the doctrine of proportion­ality, by taking into consideration that the legislature has ordained lift imprisonment for such scheduled offence in the absence of substantial and compelling circumstance*^'

[10] In the case of s 51(3) (a) read with ss (2), if no substantial and compelling circumstances are found to exist, in my view, the discretion of the court is circumscribed, to the extent that it is free to impose any sentence, depending on the circumstances of the case, but not less than that prescribed. However, should the court find substantial and compel­ling circumstances exist to impose a lesser sentence, the residual discretion of the court to impose sentence is circumscribed, to the extent that it is obliged to impose a sentence other than that prescribed, but in accordance with the doctrine of proportionality, by taking into consid­eration that the legislature has ordained a prescribed sentence for such scheduled offence in the absence of substantial and compelling circumstances.


[ll]Marais JA in SvMalgas supra at Mlg-i makes the following observation:

'It is axiomatic in the normal process of sentencing that, while each of a number of mitigating factors when viewed in isolation may have little persuasive force, their combined impact may be considerable. Parlia­ment cannot have been ignorant of that. There is no indication in the language it has employed that it intended the enquiry into the possible existence of substantial and compelling circumstances justifying a departure, to proceed in a radically different way, namely, by eliminat­ing at the very threshold of the enquiry one or more factors traditionally and righdy taken into consideration when assessing sentence. None of those factors have been singled out either expressly or impliedly for exclusion from consideration.'

Marais JA continues at 481 f-g to discuss the nature of the residual discretion and the question of proportionality as follows:

'What stands out quite clearly is that the courts are a good deal freer to depart from the prescribed sentences than has been supposed in some or the previously decided cases and that it is they who are to judge whether or not the circumstances of any particular case are such as to justify a departure. However, in doing so, they are to respect, and not merely pay hp service to, the Legislature's view that the prescribed periods of imprisonment are to be taken to be ordinarily appropriate when crimes of the specified kind are committed.'


[21] Die meerderheid ( La Grange R met wie Traverso ARP saamgestem het)


was nie tevinde vir hierdie uitleg nie en het hulle soos volg daaroor uitgelaat



[6] I cannot subscribe to this view of Moosa J, as it fails to properly distinguish between the two enquiries including the proportionality test as envisaged by the subsection. It also militates against well established principles on sentencing in our law. The wording of the subsection,

'(i)f any court referred to in subsection (1) or (2) is satisfied that substantial and compelling circumstances exist which justify the impo­sition of a lesser sentence than the sentence prescribed in those subsections, it shall enter those circumstances on the record of the proceedings and may thereupon impose such lesser sentence',

(my emphasis) is clear and cannot be subjected to any ambiguity.

[7] I will now return to the issue under consideration in this appeal and the reasons why I fundamentally differ from Moosa J's approach and interpretation of the subsection.

[8] Section 51(3) (a) of the Act, which was applicable before its amend­ment on 31 December 2007, reads as follows:

  1. '(3) (a) If any court referred to in subsection (1) or (2) is satisfied that substantial and compelling circumstances exist which justify the imposition of a lesser sentence than the sentence prescribed in those subsections, it shall enter those circumstances on the record of the proceedings and may thereupon impose such lesser sentence.'

  2. Subsection (1) reads as follows:

' Notwithstanding any other law but subject to subsections (3) and (6), a High Court shall—

  1. if it has convicted a person of an offence referred to in Part I of Schedule 2; or

  2. if the matter has been referred to it under section 52(1) for sentence after the person concerned has been convicted of an offence referred to in Part I of Schedule 2, sentence the person to imprisonment for life.'



[9] The new amended subsection reads as follows:

'If any court referred to in subsection (1) or (2) is satisfied that substantial and compelling circumstances exist which justify the impo­sition of a lesser sentence than the sentence prescribed in those subsections, it shall enter those circumstances on die record of the proceedings and must thereupon impose such a lesser sentence: Provided that if a regional court imposes such lesser sentence in respect of an offence referred to Part 1 of Schedule 2, it shall have jurisdiction to impose a term of imprisonment for a period not exceeding 30 years.'

[15] Moosa J, it appears, also had great difficulty with the word 'may' in the applicable subsection. He expressed the view that the word 'may' creates a contradiction in terms, is mutually destructive and the legisla­ture could not have intended such an anomaly. In dealing with this apparent ambiguity he goes further and concludes that the trial court in casu misdirected itself on the question of law by not imposing a lesser sentence, pursuant to the finding of substantial and compelling circum­stances. He also sought to rely on the amended word from 'may' to 'must' by the legislature, and lack of decided case law where, pursuant to a finding that substantial and compelling circumstances exist, a heavier sentence was imposed, to support his view.

[16] First, the amendment of the subsection to include the word 'must' cannot in my view impact on the unambiguous and very important pan of the subsection that clearly deals with the two different enquiries, as stated in paras [10]—[13] above. Secondly, on a proper reading, the authority Moosa J is relying on in his para [19] does not support his view that, pursuant to the finding of substantial and compelling circum­stances, a trial court's discretion is limited and automatically obliged to impose a lesser sentence. It is evident that what Nugent JA, in Wakazi supra at 5616, articulated and alluded to is, where a court is indeed satisfied that a lesser sentence is called for in a particular case that justifies (my emphasis) the imposition of a lesser sentence, then it hardly needs saying that a court is bound to impose that lesser sentence. See also Malgas para 14. The word 'may' in the context of the decided authority was therefore superfluous. The amendment of the word 'may' to 'must' does not in my view eliminate an ambiguity and limit a court's sentencing discretion, as suggested by Moosa J. It merely reflects the ratio decidendi of our higher courts, that a court is bound to impose a lesser sentence where it indeed finds that substantial and compelling circumstances justify it, and it is proportionate to the offence.

[17] I am therefore satisfied that the relevant subsection did not create an ambiguity, nor did it limit a court's discredon to impose a heavier

sentence, pursuant to a finding that substantial and compelling circum­stances exist. Moreover, the lack of decided cases to impose a heavier sentence can hardly be a justifiable reason that the subsecdon limits a court's sentencing discretion in that regard.

[22] Die vonnis in S v SM was deur die verhof opgele op 28 Junie 2007 voor die wysiging van die art in werking getree het. Die bevindings in beide uitsprake ten opsigte van die effek van die woorde "may" en " must" en die effek daarvan op die diskresie van 'n hof om 'n minimum vonnis op te le ten spyte van die bevinding dat wesentlike en dwingende omstandighede aanwesig is


was derhalwe obiter en het nie bindende krag nie.

[24] Die vonnis warrteen daar in hierdie sak appel aangeteken is, is opgele op 29 Januarie2009 nadat die wysiging in werking getree het. Die landdros was derhalwe verplig om die gwysigde bepalings van art 51(3) toe te pas.

[25] My insiens het die Landros homself wan ingelig deur nie die gewysigde bepalings aan te wend nie en het hierdeur 'n mistasting began deur ten spyte van die bevinding dat wesentlike en dwingende omstsndighede bestaan steeds die minimum vonnis op te le.

[26] Daar is by my geen twyfel dat die word "moet" in die gewyside art51(3) 'n verpligting op 'n hof plaas om 'n mindere straf op te le waar die hof in die spesifieke geval wesentlike en dwingende omstanighede bevind het. Die algemene betekenis van die word " moet" soos die Engelse "must" beteken " "verplig". Daar is geen ruimte vir die uitoefening van 'n diskresie in so 'n geval deur' hof nie. Dit is die enigste redelike gevolg wat die wetgewer in gedagte kon gehad het met die wysiging.

[27] Weens gemelde mistasting is hierdie hof geregtig om in te meng met die vonnis. Ek is tevrede dat die Landros andersins die feite en omstandighede korrek en versigtig hanteer het en stem ek saam met sy bevindiung dat daar wesentlike en dwingende omstandighede in die onderhawige geval bestaan wat daarop dui dat die oplegging van die minimum vonnis vir die roofklagtes on van pas is. Daar is reeds na die spesifieke omstandighede verwys.

[28] Die aanval op Mnr Arpen en Me Dulmlann was klaarblyklik grusaam en brutaal. Die samelewing se afsku en afkeer van sodanige verwerplike optrede deur wettelose bendes boewe kan nouliks te sterk uitgespreek word. Dit is die

Plig van die Howe om die gemeenskap teen sulke vergrype te beskerm onder andere deur die oplegging en bekragtiging van swaar strawwe vir sulke misdadigers.

[29] Dit moet ook egter nie uit die oog verloor word dat 'n hof nog steeds aan al die beginsels van vonnisoplegging moet voldoen en dat die belang van geregtigheid moet seevier. In hierdie verband verwys ek na die sentiment uitgespreek deur die Hoogste Hof van Appel in S v MASEOLA 2010(2) SASV 311 (SCA) te 315 met verwysing na S v Mhlakaza 1997 SACR 515 (SCA) te 518:

'The object of sentencing is not to satisfy public opinion but to serve the
public interest. ... A sentencing policy that caters predominantly or
exclusively for public opinion is inherendy flawed. It remains the
court's duty to impose fearlessly an appropriate and fair sentence even
if the sentence does not satisfy the public'
u

[30] Die skokkende omstandighede van hierdie saak ten spyt is ek van oordeel vir die redes hierbo na verwys dat daar wesentlike en dwingende omstandighede bestaan wat die ople van die minimum vonnis vir roof in hierdie geval nie regverdig nie ,. Met verdere inagneming van die feit dat die Appellant reeds 22 maande verhoorafwagtend in hegtenis was is ek van mening dat' n gepaste straf vir die roofklsgtes een van 14 jaar gevangenisstraf is. Ek stem saam met die vonnisse van 6 jaar op die klagtes van poging tot moord aangesien die misdrywe in tyd en plek wesentlik deel vorm van die roofklagtes .

[31] In die omstanighede sou ek die appel laat slaag ten opsigte van die roofklagtes en die vonnisse ten opsigte daarvan die tersyde stel en dit vervang met vonnisse van 14 jaar elk. Die appel teen die oplegging van 6 jaar op die p[oging tot moord klagtes sal ek bekragtig. In terme van art 280 van wet 51 v 1977 sal ek gelas dat die vonnisse op al vier klagtes saam uitgedien word sodat die effektiewe gevangenisstraf dus een van 14 jaar is.



I