South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 510
| Noteup
| LawCite
Pietersen v S (A378/2010) [2010] ZAWCHC 510 (22 October 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A378/2010
DATUM: 22 OKTOBER 2010
PETRUS PIETERSEN …...................................................................Appellant
en
DIE STAAT …................................................................................Respondent
UITSPRAAK
MOOSA, R:
Die
appellant was aangekla op "n aanklag van die oortreding van 'n
beskermingsbevel ingevolge artikel 17 van die Wet op Gesinsgeweld,
116 van 1998 ("Wet op Gesinsgeweld"). Hy het in terme van
artikel 112(2) van die Strafproseswet, 51 van 1977, ("die
Wet")
skuldig gepleit. Die verhoorhof het in ooreenstemming met sy
skriftelike pleitverduideliking horn
skuldig bevind.
Hy
is gevonnis tot 36 maande gevangenisstraf. Dit was voorts gelas dat
24 maande daarvan onder korrektiewe toesig uitgedien word.
Verlof om
te appelleer teen sy vonnis is deur die verhoorhof toegestaan.
Advokaat Solomon,
namens die appellant, het hierdie Hot versoek om sy inherente
hersieningsbevoegdheid uit te oefen en die skuldigbevinding tersyde
te stel op grond daarvan dat die klagstaat gerbrekkig is. Die
klagstaat maak melding van 'n tussentydse beskermingsbevel en nie
'n
finale bevel nie. Die appellant erken in sy pleit dat die bevel op
28 Oktober 2000 op horn deur die polisie beteken is.
Om te besluit of die hof sy inherente hersieningsbevoedgheid sal uitoefen, het die hof die aanklaer versoek om die bevel, wat op 26 Oktober 2000 op die appellant beteken is, aan die hof en advokaat Solomon voor te le. Dit is duidelik dat die betrokke bevel 'n finale een is. Die beskrywing van die beskermingsbevel in die klagstaat is derhalwe foutief. Die oortreding is gedek deur die finale bevel. Die appellant is nie benadeel deur die foutiewe beskrywing van die beskermingsbevel in die klagstaat nie. In die omstandighede is daar geen rede waarom hierdie hof sy hersieningsbevoegdheid behoort uit te oefen om met die skuldigbevinding in te meng nie.
Advokaat Solomon het namens die appellant aangevoer dat, indien hierdie hof bevind dat die appellant wel korrek skuldig bevind was, dan in daardie geval is die vonnis skokkend onvanpas en buitensporig swaar vanwee die spesifieke omstandighede van die saak. Advokaat Teunissen. namens die staat, het aangevoer dat daar geen gronde bestaan wat hierdie hof magtig om in te meng met die vonnis nie. Sy het die hof versoek om die appel van die hand te wys.
Ooglopend is die omvang van die oortreding nie van Yi ernstige aard nie. Hy is skuldig bevind aan die betrokke oortreding van die beskermingsbevel op grond daarvan dat hy die klaagster met "grondklonte" gegooi het. Die appellant het in sy pleitverduideliking voorgehou dat die klaagster horn uitgetart het deur sekere woorde aan horn toe te snou wat horn seergemaak het. Die erns van die oortreding moet gesien word meer spesifiek in die lig van die vorige oortredings van die beskermingsbevel en in die algemeen, in die lig van sy vorige veroordelings.
Ek stem saam met die betoog van advokaat Teunissen: "Die aard van die oortreding en die aard van die misdryf geTsoleerd gesien mag dalk nie 'n mees ernstige misdryf wees wat voor die agbare Hof dien nie, maar in die lig van die geskiedenis van die oortreding en die verhouding van die appellant met die klaagster, moet dit in 'n ernstige lig gesien word."
Die appellant het twee vorige veroordelings ten opsigte van die oortreding van die beskermingsbevel. Op 7 Junie is hy skuldig bevind aan artikel 17 van die Wet op Gesinsgeweld en gevonnis tot nege maande gevangenisstraf in terme van artikel 276(1 )(i) van die Wet wat die Kommissaris van Korrektiewe Dienste magtig om horn op korrektiewe toesig uit te plaas. Op 12 November 2007 is hy weer eens skuldig bevind op 'n soortgelyke klagte en is gevonnis tot 36 maande gevangenisstraf in terme van artikel 276(1)(i). Die hof het voorts gelas dat die beskuldigde ten minste 12 maande gevangenisstraf moet uitdien.
Die verhoorlanddros maak die volgende opmerking in sy vonnisoplegging:
"Wat vir my verskriklik onrusbarend is van hierdie hele kwessie, meneer, vantevore is u skuldig bevind en gevonnis tot 36 maande gevangenisstraf en dit was wel in terme van artikel 276(1 )(i) en daar het die hof gelas dat u 'n jaar moet uitdien alvorens u onder korrektiewe toesig vrygelaat word. Presies 'n jaar daarna word u onder korrektiewe toesig vrygelaat."
Bo
en behalwe die oortredings van die Wet op Gesinsgeweld
het hy 'n
reeks van vorige veroordelings.
Dit
strek vanaf
19 Februarie 1967 tot 12 November 2007. Die huidige oortreding is gepleeg op 15 Augustus 2009 terwyl hy onder korrektiewe toesig sy vorige vonnis uitgedien het. Dit word geag as Yi verswarende faktor. Hy is op 4 November 2009 op die huidige klagte gevonnis.
Die ontleding van die appellant se lys van vorige veroordelings toon, eerstens, dat hy in die verlede aan ernstige misdrywe skuldig bevind was en dit het behels, onder andere, misdrywe van geweld, oneerlikheid, misbruik van verbode afhanklikheidsvormende stowwe asook een aanklag van strafbare manslag. Tweedens, dat verskillende strafopsies toegepas was, maar dit het geen positiewe uitwerking op die gedrag van die appellant gehad het nie. Derdens, dat op 1 September 1994, na hy skuldig bevind is aan 'n reeks aanklagtes van huisbraak en diefstal, is hy gewaarsku dat indien hy weer skuldig bevind word, kan hy 'n gewoontemisdadiger verklaar word ingevolge die bepalings van artikel 286 van die Wet. Vierdens, dat dit duidelik te bespeur is van sy rekord dat hy geen ag geslaan het op die betrokke waarskuwing nie, want hy het horn steeds skuldig gemaak aan 'n reeks misdrywe, insluitende die oortredings ingevolge die Wet op Gesinsgeweld.
Dit is wel so dat daar sekere versagtende faktore, wat in sy guns tel, aanwesig is^sy persoonlike omstandighede. Die appellant het skuldig gepleit en tot 'n mate berou aan die dag gele; dat daar 'n element van provokasie aanwesig was deur die uittarting van die klaagster; dat die aard van die oortreding nie ernstig was nie; dat hy en die klaagster alreeds vir 17 jaar getroud was en dat 'n 17-jarige dogter uit die huwelik gebore is; dat hy 'n middeljarige man is en dat hy intussen bekeer het.
Dit is 'n geykte beginsel van ons reg dat 'n hof van appel net kan inmeng met die vonnis van die verhoorhof, indien die verhoorhof h wesenlike mistasting of onreelmatigheid begaan het met die oplegging van vonnis of, indien die opgelegde vonnis in die lig van al die omstandighede, steurend onvanpas of opvallend verskil van 'n vonnis wat 'n redelike hof sou opgele het.
By die oplegging van vonnis word die versagtende omstandighede saam met die verswarende omstandighede in die weegskaal geplaas om 'n gepaste vonnis te bepaal. Na deeglike oorweging van al die omstandighede, wat die verswarende en die versagtende omstandighede insluit, kan ek nie bevind dat die verhoorlanddros misgetas het by die oplegging van vonnis wat hierdie hof sou regverdig om in te meng met die vonnis nie.
Bygevolg is ek van mening dat die appel van die hand gewys behoort te word en dat die skuldigbevinding en vonnis bekragtig moet word.
MARAIS. WnR: Ek stem saam.
MARAIS, WnR
MOOSA, R: Dit word so gelas.
MOOSA, R