South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 513

| Noteup | LawCite

Die Eksekuteur van Boedel van Wyle Carel Aaron van der Merwe NO v Minister van Polisie en Anders (15896/2010) [2010] ZAWCHC 513 (26 October 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)

SAAKNOMMER: 15896/2010

DATUM: 26 OKTOBER 2010

In die saak tussen:

DIE EKSEKUTEUR VAN DIE BOEDEL VAN

WYLE CAREL AARON VAN DER MERWE NO …....................1ste Applikant



en


DIE MINISTER VAN POLISIE NO ….....................................1ste Respondent


DIE NASIONALE KOMMISSARIS,

VAN POLISIE …......................................................................2de Respondent


DIE PROVINSIALE KOMMISSARIS V

AN POLISIE, NOORD-KAAP PROVINSIE NO …..................3de Respondent


DIE PROVINSIALE KOMMISSARIS VAN

POLISIE. WES-KAAP PROVINSIE NO …..............................4de Respondent


DIE MEESTER VAN DIE

HOOGGEREGS-HOF. KIMBERLEY …..................................5de Respondent





UITSPRAAK




VELDHUIZEN. R:



Die eksekuteur in die boedel van die oorlede Carel Aaron van der Merwe net 'n aansoek gebring vir 'n bevel:

"Ordering the first to fourth respondents to forthwith
deliver the blood test results conducted by the
SAPS Forensic Signs Laboratory pertaining to the
blood tests conducted on the deceased, the late Mr
Carel Aaron van der Merwe, who passed away on 7
February 2010 (SAPS Reference numbers
Warrenton
SAPS CAS40/02/2010, FA225845.DR61/2010, PM01107/2010) to the applicant before close of business on the 27th of July."



Voordat die aansoek aangehoor kon word en sonder die tussenbeitrede van die Hof, is aan die versoek om die bloedtoetsresultate te oorhandig, voldoen. Bygevolg het die Regter-president op 21 September 2010 'n bevel gemaak:



"The issue of costs in the above application is set down for hearing in the 4th Division on Monday, 25 October 2010."



Op Maandag, 25 Oktober 2010, was daar nie "n regter beskikbaar nie en is die saak tot vandag uitgestel. Ek het nou argument ten aansien van die kwessie van koste aangehoor.

Advokaat Oliver, wat namens die respondente verskyn, het aangevoer dat die applikant die aansoek in die verkeerde forum geloods het en dat hierdie Hof nie jurisdiksie het oor die aangeleentheid nie.



Die respondente wat deur die applikant gesiteer is, is eerstens die Minister van Polisie in sy nominale hoedanigheid, die Nasionale Kommissaris van Polisie as tweede respondent, die Nasionale Kommissaris van Polisie in die Noord-Kaap Provinsie as derde respondent, die Provinsiale Kommissaris van Polisie in die Wes-Kaap as vierde respondent, en die Meester van die Hooggeregshof, Kimberley, die vyfde respondent.



Dit is duidelik uit die applikant se stukke dat die bloedtoetse op die oorledene uitgevoer is deur die Forensiese Laboratorium van die Suid-Afrikaanse Polisiedienste. Hierdie laboratorium, op die stukke voor my, is in Kaapstad gesetel. Ek meen die feit dat die minister oorhoofs in beheer is van die polisiedienste en die feit dat die forensiese laboratorium wat die bloedtoetse uitgevoer het, in Kaapstad gesetel is, voldoende is om hierdie Hof jurisdiksie te gee om met die aangeleentheid te handel.

Dit is duidelik uit die stukke dat die applikant verskeie male gepoog het om die uitslae van die bloedtoets te bekom en hoewel die plaaslike polisie by monde van inspekteur Khuliso baie behulpsaam was, is dit duidelik dat die Suid-Afrikaanse Polisiedienste hulle voete gesleep het met die voldoening aan die versoek van die applikant. Die applikant was dus, na my mening, geregtig om die aansoek te bring en dit blyk ook dat die aansoek uiteindelik die gewenste uitwerking gehad het, want kort na betekening daarvan, is die uitslae aan die applikant oorhandig.



In al die omstandighede meen ek dat daar nie meriete is in die betoog van die respondente dat hierdie Hof nie jurisdiksie het nie en meen ek dat koste die praktiese resultaat van die aansoek behoort te volg. Gevolglik gelas ek dat eerste tot vierde respondent, gesamentlik en afsonderlik, die koste van die aansoek moet betaal.




VELDHUIZEN. R