South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 519
| Noteup
| LawCite
Pienaar v S (A406/10) [2010] ZAWCHC 519 (29 October 2010)
Download original files |
Republiek van Suid-Afrika
In die Hooggeregshof van Suid-Afrika
(Wes-Kaap Hoe Hof, Kaapstad)
Saak nommer A406/10
In die appel van:
Nathan Pienaar …......................................................................................................................Appellant
en
Die Staat …............................................................................................................................Respondent
UITSPRAAK GELEWER: 29 Oktober 2010
LOUW R
[1] Die appellant en 'n medebeskuldigde wataltwee polisiebeamptes is, net 22 Julie 2009 in die streekhof in Kaapstad op een aanklag van korrupsie, te wete die oortreding van Artikel 4(1)(a)(i)(aa) van die Wet op die Voorkoming en Bestryding van Korrupte bedrywighede, 12 van 2004 (die Wet) tereggestaan. Die bewering teen hulle was dat hulle op 16 Maart 2007 in Alexander straat, Woodstock, 'n onbekende bedrag geld van ene Apie of tewete, ene Jerome Kelly vir hul eie voordeel aanvaar het ten einde op 'n onwettige en oneerlik op te tree in die uitoefening van hulle pligte of werksaamhede deur nie 'n verdagte te arressteer vir die bestuur van n motorvoertuig sonder n lisensie of die bestuur van die motorvoertuig terwyl hy onder die invloed van alkohol was of die persoon laat gaan het sonder om hom te laat toets om te bepaal of hy onder die invloed van alkohol was.
[2] Die beskuldigdes wat altwee deur dieselfde regsverteenwoordiger bygestaan is, het op 24 Julie 2009 onskuldig gepleit en hulle het altwee hul swygreg uitgeoefen. Hulle het egter wel erken dat hulle ten tyde van die pleging van die beweerde misdryf in diens van die Suid Afrikaanse Polisie was. Die enigste getuie namens die staat was 'n reservis konstabel Hecktor. Na afloop van haar getuienis, het die appellant en sy medebeskuldigde konstabel Davids, verkies om nie te getuig nie en het hulle ook geen ander getuienis aangebied nie.
[3] Op 7 April 2010 is die appellant skuldig bevind op die aanklag van korrupsie. Sy mede-beskuldigde, Konstabel Davids, is egter onskuldig bevind en ontslaan
[4] Nadat 'n verslag ingevolge die bepalings van artikel 276 (1)(i) van die Strafproses Wet, 51 van 1977 wat deur n korrektiewe beampte opgestel is, voor die hof geplaas is, is die appellant op 14 Junie 2010 tot vier jaar gevangenisstraf ingevolge die bepalings van artikel 276 (1)(i) van die Strafpropses Wet gevonnis.
[5] Op 14 Junie 2010 het die hof a quo aan die appellant verlof verleen om teen sy skuldigbevinding te appelleer. 16 Maart 2007 as 'n passasier saam met konstabel Davids in 'n polisievoertuig op misdaad voorkoming patrollie was. Die appellant, wat soos konstabel Davids aan die Woodstock polisie verbonde was, was die bestuurder van 'n ander polisievoertuig wat ook patrolleringdienste verrig het. Die appellant se passasier was konstabel Tai Tai. Gedurende die loop van die aand het Davids en Hecktor 'n radio oproep van die appellant ontvang wat gese het dat hy bystand nodig het, aangesien hy 'n voertuig in Woodstock wou aftrek. Hulle is toe na die adres in Alexander straat waar hulle gevind het dat die appellant reeds die motorvoertuig van die pad getrek het. Die insittendes van die voertuig was reeds buite die voertuig en volgens Hecktor het konstabel Davids gevra wie die bestuurder van die voertuig was. 'n Persoon wat aan haar bekend was as 'Apie' en wat, so het dit vir haar voorgekom, ook een van die insittendes was, het toe een van die vier mense op die toneel uitgewys as die bestuurder. Sy getuig later dat die betrokke persoon self gese het dat hy die bestuurder was. Volgens Hecktor was die 'bestuurder' klaarblyklik onder die invloed van drank, het na drank geruik, het skeef geloop en het gehakkel ('stutter'). Konstabel Davids het toe die voertuigsleutel by die bestuurder geneem. Hecktor het ook gesien dat daar 'n bottel binne in die voertuig le en dat die voertuig nie gelisensieer is nie. Volgens Hecktor het die bestuurder ook erken dat hy nie 'n bestuurderslisensie gehad het nie. Tot haar verbasing, het Davids na 'n ruk die sleutel van die voertuig teruggegee met die vermaning dat die bestuurder nie mag bestuur nie omdat hy onder die invloed van drank was.. Volgens Hecktor het Apie gese dat hulle oppad was Kaap se kant toe, na 'n jol en "moenie worry nie, ek gaan self ry."
[7] Nadat al vier die polisiebeamptes weer in hulle onderskeie voertuie geklim het.
het Apie na die bestuurderskant van Davids en Hecktor se voertuig gekom met tien en twintig rand note in sy hand wat hy vir konstabel Davids wou gee. Volgens Hecktor het Davids egter gese dat Apie die geld vir die appellant moet gee. Apie is toe na die appellant se voertuig wat ongeveer 2 tot 3 meter vanaf hulle voertuig gestaan het en het hy die geld wat hy vir konstabel Davids wou gee vir die appellant gegee.
[8] Die twee voertuie het daarna voortgegaan om patrollie werk te doen. Volgens Hecktor het hulle gedurende die loop van die nag n paar keer verby mekaar gery en het konstabel Davids en die appellant oor en weer, met klaarblyklike verwysing na die geld wat Apie vir die appellant gegee het, vir mekaar geskree en grappies gemaak oor die feit dat konstabel Tai Tai 'allright' is en dat hy R250 gekry het.
[9] Hecktor het nie onmiddellik nadat die skof verby was :n klagte gaan le nie. Volgens haar het sy die volgende aand, wat n Saterdag-aand was, weer saam met die appellant gewerk en daar het toe weer n soortgelyke voorval plaasgevind. Dit is toe dat sy besluit het om die volgende dag, te wete die Sondag, vir Kaptein Jaftha wat die werk van polisie reserviste by die Woodstock polisiestasie koordineer het, te vertel wat gebeur het.
[10] Sekere detail van Hecktor se weergawe van die voorval is in kruisverhoor betwis. In besonder is dit betwis dat die appellant of konstabel Davids geweet het wie die bestuurder van die voertuig was, en dat Davids die sleutel by 'n persoon wat erken het dat hy die bestuurder was geneem het (volgens die stelling in kruisverhoor is die sleutel uit die voertuig se aansitter getrek). Dit is ook aan Hecktor gestel dat aangesien dit nie aan die beskuldigdes bekend was wie die bestuurder was nie, hulle niemand vir dronkbestuur sou kon aangekla het nie. Hoewel daar ook namens altwee die beskuldigdes ontken is dat hulle geld van Apie ontvang het, is dit wel in kruisverhoor erken dat Apie eers na konstabel Davids gekom het met 'n tien randnoot met die vraag of ':ons vir ons - of vir horn natuurlik 'n coke wil koop" en dat konstabel Davids toe gese het dat hy nie n koeldrank wil he nie maar gese het, "gaan hoor daar by beskuldigde een (appellant). Jy kan na hulle toe gaan as jy vir hulle wil iets koop".
[11] Die getuie Hecktor het die landdros beiindruk as n eerlike getuie wat op n baie spontane wyse en met groot selfvertroue getuig het. Die landdros meld dat hy op geen stadium die indruk gekry het dat Hecktor die saak teen die beskuldigdes wou aandik nie, en sy indruk van haar was dat sy objektief was. Hoewel sy 'n enkelgetuie was, was die landdros tevrede dat haar getuienis duidelik en konsekwent was en dat hy daarop kon staatmaak. Die landdros was voorts van mening dat sekere aspekte van Hecktor se getuienis "tot 'n groot mate bevestig word" deur wat namens die beskuldigdes aan haar gestel is. So, merk die landdros op, is dit nie in geskil geplaas dat die appellant wel 'n voertuig afgetrek het nie. Hy wys ook daarop dat dit gemene saak is dat Apie 'n bedrag geld aan konstabel Davids aangebied het en dat hy toe vir Apie na die appellant verwys het.
[12] Hierdie aspekte waarop die landdros staatmaak is egter nie stawing, in die ware sin van die word, van Hecktor se weergawe nie. Stawing kan slegs werklik gewig dra as dit die staatsgetuie se weergawe bevestig ten opsigte van aspekte wat in geskil is. Dit is dus nie stawing vir Hecktor se weergawe dat dit gemene saak is dat die appellant wel
'n voertuig afgetrek het nie. Wat wel in geskil is, is of die appellant en konstabel Davids bewus was van wie die voertuig bestuur het, dat die persoon onder die invloed van drank was. en dat daar dus gronde was vir optrede teen die bestuurder. Dit is ook nie stawing vir Hecktor se weergawe dat, volgens die appellant en konstabel Davids, Apie eers vir konstabel Davids tien rand aangebied het om vir horn 'n koeldrank te koop en Davids vir horn na die appellant verwys het nie. Wat ten opsigte van hierdie optrede in geskil is, is of Apie tien en twintig randnote aan Davids aangebied het en dat hy (Apie) nadat hy deur Davids na die appellant verwys is, hierdie note aan die appellant gegee het.
[13] Hier was daar direkte getuienis van 'n getuie wat die landdros as eerlik en betroubaar beiindruk het. Haar getuienis is dat die persoon wat self erken het dat hy die voertuig bestuur het. klaarblyklik onder die invloed van drank was. Haar getuienis is ook dat konstabel Davids die voertuig se sleutel by hierdie persoon afgeneem het en dat hy later, tot haar verbasing die sleutel weer teruggegee het met die vermaning dat die bestuurder nie verder bestuur nie. Haar verdere direkte getuienis is dat Apie daarna 'n bedrag geld wat uit tien en twintig randnote bestaan het aan Davids aangebied het wat horn toe verwys het na die appellant. Haar direkte getuienis is dat Apie daarop die geld aan die appellant gegee het. Voorts is haar getuienis dat gedurende die res van die nag, daar met tussenposes tussen Davids en die appellant gepraat is oor die bedrag van R250 wat uiteindelik by konstabel Tai Tai wat die appellant se passasier was, uitgekom het.
[14] Op grond van hierdie getuienis was daar 'n sterk prima facie saak teen die appellant. Hy het, soos hy geregtig was om te doen, besluit om nie self te getuig of om enige getuienis aan te bied nie. Deur daardie keuse uit te oefen het hy die risiko geloop dat die hof mag bevind dat die getuienis teen horn van so n aard is dat in die afwesigheid van weerspreekende getuienis, daardie getuienis voldoende is om n saak bo redelike twyfel teen horn uit te maak. Dit is dan ook inderwaarheid wat die landdros in hierdie geval in effek bevind het.
[15] Korrupsie word ingevolge artikel 4 (1 )(a) van die Wet gepleeg of deur die gewer, of deur die aanvaarder van 'n beloning. In hierdie geval is die appellant aangekla as die aanvaarder van 'n beloning. Dit is egter nie net die aanvaarding van 'n beloning wat strafbaar gestel word nie. Ook die instem om 'n belonging te aanvaar en die aanbied om 'n beloning te aanvaar, is strafbaar. Voorts word 'aanvaar' ook wyd omskryf in artikel 2 van die Wet en dit sluit in om 'n beloning te eis, te vra, te soek, aan te lok, te ontvang of te verky.
[16] Dit is egter 'n element van die misdryf dat die aanvaarder die beloning moet aanvaar in enige van die bogemelde vorms, as 'n aansporing om op 'n sekere manier op te tree. Die aanvaarder moet die beloning aanvaar met die oogmerk om horn daarna op 'n sekere wyse te gedra. Hierdie gedrag kan bestaan uit 'n positiewe doen van iets of nalate om iets te doen. Snyman: Strafreq. 5de Uitgawe, op 389, stel dit so:
Y moet die beloning aanvaar teneinde op 'n sekere manier op te tree. Anders gestel: sy moet die beloning as 'n aansporing om op 'n sekere manier op te tree ontvang. Sy moet 'n sekere mikpunt of motief met die ontvangs voor oe he.
[17] Die staat moet ook skuld in die vorm van 'n dubbeie opset bewys, naamlik, dat die appellant beide die opset gehad het om die beloning te ontvang en die opset gehad het om dit te ontvang ten einde op n verbode manier op te tree.
[18] Die vraag is of die staat in hierdie geval bewys het dat die appellant die beloning
met hierdie oogmerk aanvaar het. Die getuienis van Hecktor kom daarop neer dat Apie
eers die bedrag aan konstabel Davids aangebied het nadat Davids, wat in bevel was
van die toneel en ook die appellant, reeds besluit het dat daar nie teen die bestuurder
van die voertuig opgetree gaan word nie. Die hoogwatermerk van die landdros se
uitspraak in hierdie verband is waar hy homself soos volg uitlaat:
Ek bevind in die omstandighede dat die oorhandiging van die geld, en dit is my bevinding dat dit inderwaarheid geld was, waarskynlik R 250,00, wat Apie aan die beskuldigde 1 oorhandig het was in ruil daarvoor dat hy nie sy pligte uitgevoer het soos van 'n polisiebeampte verwag nie en dat hy . . . horn dan aan korrupte optrede skuldig gemaak het.
Dit kom daarop neer dat die appellant die geld ontvang het as beloning nadat hy nie sy pligte uitgevoer het nie.
[19] Daar is nie direkte getuienis dat Davids of die appellant of hulle altwee die beloning vooraf ge-eis, gevra, versoek het of aangelok het nie of dat hulle vooraf aangebied het of ingestem het om die beloning te aanvaar nie. Daar is ook nie direkte getuienis dat hulle bewus was daarvan dat Apie wel die bedrag geld aan hulle sou aanbied indien hulle sou besluit om nie teen die bestuurder van die voertuig op te tree nie. Daar is dus nie direkte getuienis dat die appellant die beloning aanvaar het ten einde nie teen die bestuurder op te tree nie. Hecktor stel dit so:
Vir my was dit, dit was, hulle het dit (die geld) ontvang omdat hulle mos nou die 'driver' mos nou 'n 'favour' gedoen het en nie vir horn opgesluit het nie.
[20] Die vraag is egter of die omstandigheidsgetuienis nie die afleiding regverdig dat die appellant, voordat daar besluit is orn nie teen die bestuurder op te tree nie, wel vooraf aangebied het of ingestem het daartoe om die beloning te aanvaar of gevra of gesoek het vir 'n beloning, 'n beloning geeis het of 'n beloning aangeiok het met die opset om, indien 'n beloning betaal sou word, nie teen die bestuurder van die voertuig op te tree nie. Belangrike feite, wat saam met ander, so 'n afleiding kon regverdig. is dat dit die appellant was wat die voertuig aanvanklik afgetrek het en dat Apie wel 'n bedrag geld aan konstabel Davids aangebied het nadat die polisie besluit het om nie teen die bestuurder op te tree nie. 'n Redelike afleiding sou wees dat die beloning vooraf beding is deur die appellant alleen of deur horn en Davids. Appellant moes, so betoog Mnr van Wyk namens die staat, hierby betrokke gewees want hy sou uiteindelik die klagte moes gaan aanhangig maak omdat dit hy en nie Davids was wat die voertuig afgetrek het en dus sou gesien het hoe die bestuurder die voertuig beheer. As dit nie so was nie, so betoog Mnr van Wyk, sou Apie nie na die tyd die geld aangebied het aan konstabel Davids nie.
[21 ] Dit moet egter die enigste redelike afleiding wees dat die appellant die beloning of alleen of saammet Davids beding het. Ek meen nie dat die engiste redelike afleiding is dat die appellant self vooraf die beloning op enige van die wyses hierbo vermeld 'aanvaar' het nie. Juis die feit dat Apie die geld eers vir konstabel Davids aangebied het en dit eers was nadat Davids horn aangese het om dit te doen, die geld aan die appellant gegee het, regverdig 'n ander redelike afleiding, naamlik dat die appellant nie alleen of saam met konstabel Davids, die beloning vooraf beding het nie. 'n Redelike afleiding is, byvoorbeeld na my mening, dat dit konstabel Davids was wat as die persoon in bevel van die toneel en wat op die getuienis op die toneel die leiding geneem het, wat die betaling van die geld alleen vooraf beding het.
[22] Ek meen dus dat hoewel konstabel Hecktor se weergawe van die gebeure tereg deur die landdros as korrek aanvaar is, die getuienis nie bewys dat die appellant bo redelik twyfel skuldig is aan die oortreding van artikel 4 (1)(a) van die Wet nie.
[23] Dit volg dus dat die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel moet word en ek sou dus die volgende bevel maak:
1. Die appel teen skuldigbevinding slaag.
Die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
W J LOUW
Regter van die Hooggeregshof
Ek Stem saam
R A BRUSSER
Waarnemende Regter van die Hooggeregshof