South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 520
| Noteup
| LawCite
Pockpas and Another v S (A301/10) [2010] ZAWCHC 520 (29 November 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
Saakno A301/10
In die saak tussen:
ESWIN POCKPAS …..............................................................Eerste Appellant
SIMON ADAMS …................................................................Tweede Appellant
en
DIE STAAT …..................................................................................Respondent
Hof: GRIESEL R & BOTHA WnR
Gehoor: 26 November 2010
Gelewer: 29 November 2010
UITSPRAAK
GRIESEL R:
[1] Die twee appellante (beskuldigdes 1 en 3 onderskeidelik in die verhoorhof) het saam met "n derde mede-beskuldigde in die streekhof tereggestaan op 'n aanklag van onsedelike aanranding. Al drie het onskuldig gepleit, maar is uiteindelik skuldig bevind soos aangekla en is daarop gevonnis tot 5 jaar gevangenisstraf ingevolge die bepalings van art 276(1 )(i) van die Strafproseswet. Met verlof van hierdie hof, toege-staan op petisie, kom die appellante tans in hoer beroep teen hul skuldig-bevindings. Geriefshalwe verwys ek steeds na die appellante ooreen-komstig hul beskrywing in die verhoorhof.
[2] Die Staatsaak berus grotendeels op die enkele getuienis van die 6-jarige klaagster ('M'), sowel as haar moeder (Mev A) en 'n tante (of volwasse niggie)('Jolene'). Hierdie getuienis is volledig opgesom in die uitspraak van die verhoorhof en dit is nie vir my nodig om dit vir doeleindes van hierdie uitspraak in enige detail te herhaal nie. In kort kom dit daarop neer dat die klaagster op Saterdag 3 Maart by haar ouma se huis was, waar sy saam met haar ouers bly. Haar ouma het haar gestuur om stoele in die agterplaas te gaan haal. Beskuldigde 1, wat haar oom is, was daar - besig om met sy vriende, beskuldigdes 2 en 3 te drink. No 1 het haar nader geroep om lekkers te kom haal. Die drie beskuldigdes was in 'n klein pakkamertjie. Een van hulle het die deur toegemaak en 'n ander een het haar 'panty' afgetrek. Die drie beskuldigdes het daarop om die beurt hul vingers in haar vagina gedruk. Daarna het hulle gese dat sy maar kon gaan, maar dat indien sy enigiemand sou vertel wat gebeur het, hulle haar sou doodmaak. Sy het vir niemand daarvan vertel nie totdat sy en haar niggie se dogter, ene Jacolene, met hul poppe gespeel het op Vrydag, 16 Maart. In die loop van die spelery het sy teenoor Jacolene opgemerk dat die drie beskuldigdes haar sou 'bevoel' het. Jacolene het dadelik vir haar moeder, Jolene, daarvan vertel, wat vir die klaagster gekonfronteer het. Volgens die klaagster, het Jolene gedreig om haar te slaan indien sy nie vertel wat gebeur het nie. Sy het daarop herhaal wat sy reeds aan Jacolene vertel het, waarop Jolene vir die klaagster se ma gaan vertel het. Dit het daartoe aanleiding gegee dat die saak uiteindelik by die polisie aangemeld is.
[3] Die klaagster se ma, Mev A, het getuig dat Jolene op Vrydagaand 16 Maart vir haar kom vertel het dat die beskuldigdes vir die klaagster in die pakkamer geneem en toe hulle vingers in haar vagina gedruk het. Sy het die klaagster geroep, wat bevestig het dat dit die waarheid is.
[4] Jolene het getuig sy is die volwasse niggie van die klaagster. Op 16 Maart 2007 het die klaagster en twee ander kinders buite gespeel in 'n gangetjie. Daar het 'n kondoom gele en die kinders het toe kom vertel wat die klaagster se, wat maak sy met 'n kondoom. Toe Jolene haar vra waar sy dit kry, het sy gese by beskuldigde 1. Sy getuig verder:
'Ons vra haar uit, sy begin huil, sy se beskuldigde 1, 2 en 3 het haar bevoel by haar privaatdele. Ek gaan toe na haar ma toe om dit te gaan vertel. [Die klaagster] was bangerig gewees en sy het gehuil. Sy het nie gese wanneer nie ...'
[5] Al drie die beskuldigdes het getuig en het ontken dat daar enige waarheid in die bewerings steek.
[6] In die uitspraak het die streeklanddros die getuienis volledig uiteengesit en bevind dat die klaagster 'n geloofwaardige getuie was. Hierdie bevinding is op appel voor ons aangeveg en ons is verwys na verskeie weersprekings in die klaagster se eie getuienis, asook tussen haar getuienis en die van ander Staatsgetuies. Daar is ook klem gele op die feit dat die klaagster 'n enkelgetuie was en daar is aangevoer dat die streeklanddros haar getuienis nie met genoegsame versigtigheid benader het nie. Na my oordeel is daar meriete in die kritiek.
[7] Die eerste opvallende aspek ten opsigte van die klaagster se getuienis is dat sy deur die landdros ingesweer is en die eed opgele is na slegs die mees kursoriese ondervraging:
'HOF: M, hoe oud is jy? — Ek is sewe jaar oud.
Gaan jy skool? — Ja.
Graad hoeveel is jy nou? — Graad 1.
Weet jy wat is jou juffrou se naam? — Ja.
Se vir ons wat is jou juffrou se naam? — Me Manuel.
M, as jy skool gaan, gaan jy kerk of Sondagskool klassies toe? — Ja.
M, weet jy wat dit is om te sweer om die waarheid te praat? — Ja.
Is jy vandag ook bereid om te sweer om die waarheid te praat? — Ja.
Sweer jy dat die getuienis wat jy gaan afle dat dit die waarheid, die hele waarheid en
net die waarheid sal wees. Se so help my God. — So help my God."
[8] Dit is nie duidelik uit hierdie ondervraging hoedat die landdros met die klaagster se blote ipse dixit tevrede kon wees nie, naamlik dat sy 'weet wat dit is om te sweer om die waarheid te praat'. Dit volg, volgens my oordeel, dat hierdie benadering op 'n onreelmatigheid neerkom wat die hele wese van die klaagster se getuienis aantas.1
[9] Maar selfs indien hierdie onreelmatigheid oor die hoof gesien sou word en indien die inhoud van die klaagster se getuienis ontleed word, vind 'n mens talle wesenlike weersprekings daarin. Haar getuienis is ook vatbaar vir kritiek in ander opsigte. Die volgende voorbeelde is genoegsaam om die punt te illustreer:
Die aanloop tot die gebeure, volgens die klaagster, was dat sy saam met haar ouma sit en TV kyk het, waarop haar ouma haar gestuur het om stoele in die agterplaas te gaan haal. Volgens die moeder se getuienis, was die ouma egter nie daardie dag tuis nie, aangesien sy in die Kaap was.
Die klaagster weerspreek haar polisieverklaring met betrekking tot die vraag of die voorval in die pakkamer of in die ghetto sou plaasgevind het.
Die klaagster getuig in hoof dat beskuldigde 2 die een is wat haar 'panty' afgetrek het, maar in kruisondervraging verklaar sy baie beslis dat dit beskuldigde 3 was.
Sy getuig in hoof dat terwyl die beskuldigdes met haar in die pakkamer besig was, haar niggie haar geroep het. Die beskuldigdes het daarop gedreig om haar dood te maak indien sy sou antwoord. In kruisondervragins aetuig sy egter dat sv hardop vir haar ma en/of haar ouma geroep het terwyl hulle haar bevoel het.
Toe sy gevra word of sy vir haar ma vertel het wat gebeur het, het sy geantwoord dat hulle gedreig het om haar dood te maak indien sy sou vertel. In kruisondervraging verklaar sy egter herhaaldelik en onomwonde dat sy dieselfde dag nog vir haar ma vertel het.
Die klaagster het ook tydens kruisondervraging "n lang relaas gegee oor die groot hoeveelheid bloed wat op haar panty was na die voorval en hoedat haar ma dit vir die polisie gaan wys het. Die moeder getuig egter 'dit was nie eintlik bloed nie, dit was 'n klein merkie, sy het vir my gese sy het geval'. Die moeder het daarna bloot die panty gewas en dit gebere.
Die klaagster se eerste rapport oor die beweerde voorval is eers bykans twee weke na die tyd gemaak. Hierdie feit is weliswaar nie deurslaggewend nie, maar indien 'n mens kyk na die omstandighede waaronder dit gemaak is. ontstaan meer vrae as antwoorde. Dit blyk uit die getuienis van Jolene dat die klaagster besig was om vir die ander kinders te vertel wat met 'n kondoom gedoen word, waarop die kinders aan Jolene gaan rapporteer het, wat op haar beurt vir die klaagster gekonfronteer het.
[10] Die landdros het homself wel gewaarsku aangaande die versig-tigheid wat by die getuienis van *n enkelgetuie wat boonop 'n jeugdige is vereis word. Hy het veral klem gele op die feit dat die klaagster geen motief gehad het om die beskuldigdes valslik te inkrimineer nie en dit was skynbaar genoegsaam om horn tevrede te stel dat haar getuienis met veiligheid aanvaar kon word. Hy het egter nie in sy uitspraak na enige van die bogenoemde punte van kritiek teen die klaagster se getuienis verwys nie
[11] Teen die bostaande agtergrond het die landdros, volgens my oordeel, in die beoordeling van die getuienis misgetas. In plaas daarvan om te soek vir waarborge wat die gevaar van "n foutiewe skuldig-bevinding kon uitskakel, het die landdros, met eerbied teenoor horn, homself oenskynlik blind gestaar teen die afwesigheid van n oog-lopende motief aan die kant van die klaagster en het hy in die proses na-gelaat om die ooglopende gebreke in haar getuienis krities te ontleed. In hierdie omstandighede is hierdie hof nie aan die landdros se feite- en geloofwaardigheidsbevindings gebonde nie en staan dit ons gevolglik vry om die getuienis opnuut te beoordeel. Op 'n behoorlike ontleding van die getuienis blyk dit myns insiens dat die Staat nie daarin geslaag het om die skuld van die beskuldigdes bo redelike twyfel te bewys nie.
[12] In die omstandighede word gelas dat die appel gehandhaaf word en die skuldigbevindings en vonnisse van die appellante tersyde gestel word.
B M Griesel
Regter
Botha WnR: Ek stem saam.
J J Botha
waarnemende regter
1Vgl Sv Swartz 2009 (1) SASV 452 (K) paras 9 en 12-23. Sien ookSv V\998 (2) SASV 651 (K) te 652g-653a.