South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 521
| Noteup
| LawCite
S v Louw (SS34/2010) [2010] ZAWCHC 521 (1 November 2010)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS34/2010
DATUM: 1 NOVEMBER 2010
In die saak tussen
DIE STAAT
en
ASHLEY LOUW
UITSPRAAK
HENNEY, WnR:
Die beskuldigde staan tereg op die volgende klagtes. Moord gepleeg op 15 Augustus 2009 naby Vergenoegd plaas in die distrik van Stellenbosch deur hy wederregtelik en opsetlik vir Charles Julies gedood het deur hom met 'n vuurwapen te skiet. Die Staat beweer verder ook dat die bepaling van artikel 51 van Wet 105 van 1979 van toepassing is deurdat die misdaad soos genoem word in Deel I, Bylae 2 tot die genoemde wet, aangesien die moord met voorbedagte rade gepleeg is.
Aanklag 2 is besit van 'n vuurwapen ter oortreding van artikel 120(1)(a) van artikel 21 van Wet 60 van 2000, die wet op die beheer van vuurwapens, waarvan die beskuldigde in besit was van 'n .22 Long Rifle Calibre Llama module, Airlite semi-outomatiese pistool, reeksnommer 260494, sonder dat die beskuldigde in besit was van 'n lisensie om die vuurwapen te besit. Aanklag 3, die besit van ammunisie, waarvan die maak en kaliber onbekend is en dit is 'n oortreding van artikel 90 van Wet 60 van 2000, sonder dat die beskuldigde in besit was van 'n wettige vuurwapen waaruit sodanige ammunisie gevuur kan word. Aanklag 4 was diefstal van 'n LG selfoon van die oorledene. Hierdie misdrywe, word beweer, is gepleeg op 15 Augustus 2009 te Stellenbosch.
Die beskuldigde het op al hierdie ten laste gelegde aanklagte onskuldig gepleit en alle bewerings horn ten laste gele, ontken. Aanvanklik het hy aangevoer dat vanwee sy paroolvoorwaardes, moes hy elke Saterdag tussen aguur en vieruur gemeenskapsdiens verrig het by die Melton Rose polisiestasie, Kleinvlei, Eersterivier. Daarna sou hy direk na sy broer se huis te Elimsingel 23, Eersterivier gaan, waar hy dan heeltyd by die huis was. In effek voer hy aan dat hy nie ten tye van die pleging van die misdaad op die toneel was nie.
Daarna, nadat die beskuldigde vir die eerste keer in die hoofverhoor getuig net, het hy sy verweer verander en aangevoer dat hy ten tye van die voorval wel op die toneel waar die moord plaasgevind het, was, maar dat die Staatsgetuie, Jackson Ngola (Jackson) verantwoordelik was vir die pleeg van die moord op die oorledene, en hy, n 'n bekentenis wat hy later sou afgele het, gedwing was deur Jackson Ngola om skuld verkeerdelik te erken. Hy voer dan aan dat sy eerste pleitverduideliking en verweer vals is.
Die Staat het verskeie getuies geroep, meestal wie formele getuienis afgele het en as sulks is hierdie getuienis nie in geskil nie. Die Staat se saak het hoofsaaklik berus op die getuienis van Jackson Ngola, Gerard Smit, Getruida Louw, luitenant-kolonel Johannes Jordaan, konstabel P Lombard, konstabel M J Apollis, luitenant-kolonel Roderick Botha, Petro Lakay en dr Anthony. Daarna het die beskuldigde in sy eie verdediging getuig en die Hof het ook ingevolge die bepalings van artikel 186 van Wet 51 van 1977 vir Jackson teruggeroep, Bradley Cloete en Leandra Booysen ook geroep.
'n Bekentenis wat beskuldigde voor luitenant-kolonel Johannes Jordaan afgele het is ook as Bewysstuk G1 toegelaat en die rekord van aanwysings deur beskuldigde gemaak, aan luitenant-kolonel Botha, is ook toegelaat as Bewysstuk H. Verskeie ander dokumentere bewysstukke soos die lykskouingsverslag en ook die ballistiese verslag is toegelaat as getuienis en dit is nie in geskil nie. Die volgende feite blyk gemeensaak te wees:
a) Dat die oorledene, Charles Julies, op die aand van 15 Augustus 2009 vermoor was deurdat hy twee keer in die kop met 'n vuurwapen geskiet was.
b) Dat die beskuldigde, Ashley Louw, en asook Jackson teenwoordig was ten tye van die moord op die oorledene.
c) Dat die beskuldigde en Jackson bewus was wie verantwoordelik is vir die moord op die oorledene.
d) Dat die moordenaar in besit was van die vuurwapen wat later deur beskuldigde se moeder, Getruida Louw, in beskuldigde se kamer gevind was.
e) Dat die vuurwapen, Bewysstuk 1, 'n semi-outomatiese vuurwapen is, soos omskryf in Wet 60 van 2000.
f) Dat tydens die pleging van die moord, die moordenaar ook in besit was van ammunisie, waarvan die maak en kaliber onbekend is en dat die moordenaar nie in die regmatige besit was van 'n vuurwapen waaruit sodanige ammunisie afgevuur kan word nie.
(g) Dat die moordenaars 'n selfoon, LG KG92, gesteel het van die oorledene, wat ingehandig is as Bewysstuk 2.
(h) Dat die beskuldigde op 17 Augustus 'n bekentenis voor luitenant-kolonel Jordaan afgele het.
(i) Dat hy ook op 19 Augustus 2009 sekere uitwysings aan luitenant-kolonel Roderick Botha gemaak het.
(j) Dat die beskuldigde se aanvanklike verweer van alibi 'n valse een was.
Die hoofgeskilpunte wat bereg moet word is of die beskuldigde of Jackson verantwoordelik was vir die moord op die oorledene en of hy ook die verdere misdade, soos uiteengesit in klagtes 2, 3 en 4, gepleeg het. Ten einde die hoofgeskilpunt te besleg, is dit derhalwe nodig om te bevind of:
1) Die inkriminerende getuienis van Jackson Ngola, wie sy getuienis in terme van artikel 204 van Wet 51 van 1977 afgele het, aanvaarbaar is.
2) Die bekentenis, wat alreeds toegelaat was, verder toelaatbaar sou wees, nie omdat beskuldigde, soos vantevore deur die polisie aangerand en gedwing was om dit af te le nie, maar omdat hy, luidens sy latere weergawe, deur Jackson gedwing was om dit te se wat in die bekentenis vermeld is.
Vervolgens dan 'n baie kort samevatting van die getuienis gelewer. Die eerste getuie was Jackson. Hy getuig dat hy en die oorledene was vriende. Hulle het saam grootgeword. Vroeer die aand op 15 Augustus 2009, was hy en vriende saam op Welmoed plaas. Hulle het gedrink. Die oorledene was nie daar nie en hulle het horn telefoniese geskakel. Hulle het besluit om saam met mnr Gerard Smit te ry om die oorledene te gaan haal in Happy Valley. Die oorledene kon nie na hulle toe gekom het nie, omdat hy geen petrol in sy kar gehad het nie. Hy het ook vroeer die dag vir die beskuldigde ontmoet, hulle sou mekaar weer later ontmoet.
Op pad na die oorledene het hulle vir die beskuldigde ontmoet. Hy het by hulle ingeklim en daarvandaan is hulle na die oorledene toe. Hulle het die oorledene so tussen sewe-uur en aguur opgetel. Die oorledene se motor was nie by sy huis nie, die kar is opgetel, hulle is na die motorhawe toe en petrol word in die voertuig gegooi, waarvan hulle na hulle plaas toe gery het. Hy en die beskuldigde het agter in die voertuig gesit, terwyl die oorledene alleen voor in die voertuig gesit het.
Onderweg plaas toe, nadat hulle op die gruispad begin ry het, hoor hy 'n vuurwapenskoot afgaan. Die oorledene is deur die beskuldigde geskiet. Op daardie stadium kon hy nie sien waar op sy liggaam die oorledene geskiet word nie, asook nie die vuurwapen wat beskuldigde sou gehad het nie.
Die voertuig het tot stilstand gekom en hy is gedreig om te help om die oorledene uit die voertuig te haal. Die oorledene word tot in 'n wingerd gesleep en daar word hy 'n verdere keer geskiet. Die beskuldigde het ook op daardie stadium die selfoon van die oorledene van horn afgeneem. Daarna het hulle teruggeloop na Eersterivier toe, waar beskuldigde se broer en moeder hulle kom haal het. Die beskuldigde het horn ook na 'n ligpaal laat skiet met die vuurwapen. Hy was gedreig deur die beskuldigde of vir niemand te vertel wat gebeur het nie.
Hulle is die volgende dag deur die polisie gearresteer en hy het niks gese totdat die beskuldigde vir horn gese het hy gaan 'n bekentenis afle omdat hulle die vuurwapen gekry het by sy ma se huis. Hy ontken dat hy ooit 'n vuurwapen besit het die betrokke aand of dat hy enige iets onwettigs in sy besig gehad het. Hy ontken ook, soos die getuie Petro Lakay gese het dat hy moeilikheid wou maak met die Nigeriese mense daar by die huis waar die oorledene gewoon het. Hy het ten sterkste ontken dat hy verantwoordelik was vir die moord op die oorledene.
Gerard Smit was 'n verdere relevante getuie. Hy bevestig in bree trekke die getuienis van Jackson met betrekking tot die feit dat hy horn vervoer het tot waar hy die beskuldigde en die oorledene ontmoet het en dat hy hulle sou afgelaai het. Hy getuig verder dat terwyl hulle gery het na die oorledene toe. met beskuldigde en Jackson, Jackson sou gese het dat hy hulle moet aflaai toe hulle 'n polisievoertuig sien, omdat hy iets onwettig in sy besit gehad het. Petro Lakay bevestig ook die getuienis van Jackson dat die oorledene en beskuldigde saam was die betrokke aand en saam weggery het. Sy se ook dat Jackson 'n vuurwapen in sy besit gehad het toe hy en beskuldigde by die huis waar sy en die oorledene gewoon het, aangekom het. Jackson wil moeilikheid gaan soek het met die Nigeriese mense.
Die beskuldigde het daarna twee keer in sy verdediging kom getuig. Ek gaan nie enigsins verwys na die ander getuienis wat hier afgele was, die formele getuienis van die polisiebeamptes met betrekking tot die bekentenis nie, asook nie die formele getuienis van dr Anthony nie, want hierdie is nie in geskil nie.
Om net weer te herhaal, die beskuldigde het twee keer in sy eie verdediging kom getuig. Sy eerste weergawe was dat hy nooit betrokke was by die pleging van die moord op die oorledene nie. Hy was glad nie die aand saam met Jackson toe dit gebeur het nie. Die bekentenis wat hy afgele het was onder dwang omdat hy deur die polisie aangerand was. Later het die beskuldigde hierdie weergawe teruggetrek en hy het erken dat hy 'n leuen vertel het. Sy verdere weergawe was dat hy wel die aand saam met Jackson, ene Bradley Cloete in die oorledene se voertuig gery het na die plaas toe.
Onderweg in die motor het Jackson die oorledene geskiet en hulle versoek om uit die kar te klim. Bradley en hy moes, in opdrag van Jackson, die oorledene uit die voertuig sleep tot in die wingerde. Daarna het Jackson die oorledene nog 'n keer geskiet en hy het ook sy selfoon van horn afgeneem. Hy is deur Jackson gedreig en sy familie is ook gedreig om niks te se nie. Hulle is later na sy huis gebring, waar Jackson die vuurwapen sou gelaat het tussen klere in 'n sakkie. Bradley is ook gedreig. Hy het later 'n bekentenis afgele en uitwysings gedoen omdat Jackson horn gedreig het en aan horn meegedeel het dat vanwee die feit dat die vuurwapen by sy huis gevind is, hy maar alles moet beken aan die polisie.
Bradley Cloete is deur die Hof geroep. Hy ontken dat hy ooit die aand teenwoordig was ten tye van die pleging van die moord. Terwyi hy op 'n stadium, 'n kort rukkie voordat beskuldigde-hulle van hulle af weggery het, in die motor was. Hy het egter uitgeklim. Sy meisie, Leandra Booysen, het sy getuienis hieroor bevestig en die Hof gaan nie verder dan in op haar getuienis nie. Dit is dan die getuienis wat hier gelewer was.
Dit is geykte reg dat in 'n strafsaak, die Staat sy saak bo redelike twyfel moet bewys. Die Staat se saak wat beskuldigde inkrimineer, dit is op die enkelgetuienis van Jackson, wat ook 'n deelnemers was in die pleging van die misdaad. Verder inkrimineer beskuldigde homself ook in die bekentenis wat hy afgele het, wel hierdie keer en nie soos aanvanklik aan die begin van die saak se hy dat hy deur Jackson gedwing is om die bekentenis af te le.
Daar is ook sekere aspekte van sy getuienis wat problematies is, dit is nou Jackson se getuienis. Soos waar ander getuies se hy het die aand 'n vuurwapen besit, terwyi hy dit ontken het. Hier veral praat ek van die getuienis van Petro Lakay en Gerard Smit. Derhalwe as gevolg van die redes vermeld, moet Jackson se getuienis met die nodige versigtigheid benader word. Ten einde Jackson se getuienis as aanvaarbaar te bevind, moet die Hof krities daarna gaan kyk, dit opweeg met ander aanvaarbare getuienis en ook dit opweeg teen waarskynlikhede en onwaarskynlikhede.
Merendeels is daar stawing te vind in sy weergawe, veral oor hoe hy en die beskuldigde die aand ontmoet het, hulle die oorledene later ontmoet het, asook dat die oorledene, hy en die beskuldigde later alleen weggery het. Jackson se weergawe het heel ingepas met hierdie getuie se weergawe ten einde aan te toon op beskuldigde se eerste verweer dat sy alibi nie oortuigend genoeg is, waarmee beskuldigde in sy later getuienis mee saamgestem, het nie. Op hierdie eerste weergawe van beskuldigde, was Jackson se weergawe heel aanvaarbaar en daar sou geen rede gewees het om nie te aanvaar, dat beskuldigde nie met horn was, die betrokke aand nie, ongeag die gebreke en probleme.
Jackson se getuienis het goed ingepas met die bekentenis wat beskuldigde afgele het voor mnr Botha. Hierin was daar genoegsame waarborge vir die betroubaarheid vir sy weergawe, veral waar beskuldigde in sy bekentenis en ook in die uitwysing se dat Jackson nie 'n aandeel gehad het in die misdaad nie. As 'n mens verder gaan kyk na die leuenagtige weergawe van die beskuldigde waarby ons later sal stilstaan, is daar bitter min rede om te aanvaar dat op die latere verdraaide weergawe van die beskuldigde, Jackson se weergawe, ondanks die gebreke, nie aanvaar behoort te word nie.
Die vraag is dan nou derhalwe, waarom moet ek 'n oenskynlike goeie getuie se weergawe verwerp ten koste van 'n verdraaide weergawe van die beskuldigde wat hy later opgedis het. As Vi mens gaan kyk na Jackson se weergawe en dit opweeg teen waarskynlikhede, is daar ook nie 'n baie goeie en oortuigende rede waarom hy skielik uit die bloute die oorledene sal doodmaak nie. Daar is geen rede aangevoer oor waarom hy dit sal doen nie, terwyi beskuldigde se in sy bekentenis dat hy en die oorledene het moeilikheid gehad in die gevangenis en dis die rede hoekom hy dan die oorledene geskiet het. Dit klink meer waarskynlik as die storie wat hier opgedis was dat Jackson, sonder enige rede, die oorledene sou skiet.
Daar was 'n weergawe hier voorgehou dat omdat oorledene "n voertuig gekoop het by Jackson se vader en die voertuig probleme gegee het, dit rede wees vir Jackson om die oorledene te skiet en so op te tree teenoor die oorledene. Hierdie weergawe, myns insiens, is onoortuigend en onwaarskynlik. Tewens dit was ook nooit aan Jackson gestel in sy vroeere getuienis nie en hierdie aspek, lyk my, is net later bloot uit beskuldigde se duim uit gesuig, veral as 'n mens gaan kyk na die waarskynlikhede oor waarom beskuldigde die oorledene geskiet het en waarom die beskuldigde sou aanvoer dat Jackson die oorledene geskiet het. Die weergawe wat deur die staatsgetuies voorgehou was en wat beskuldigde in sy bekentenis, voorhou klink vir my meer aanvaarbaar en meer waarskynlik as die wat later aangevoer was oor waarom Jackson dit sou gedoen het.
Verder waarom, as Jackson die moordenaar was, sou hy die vuurwapen en selfoon by die beskuldigde se huis laat en dit daar bere. 'n Mens sou verwag het dat hy hierdie selfoon en vuurwapen sover as moontlik of gaan weggooi of erens anders gaan bere. Hierdie is goed wat horn sou inkrimineer en dit pas ook weer in met waarskynlikhede dat die beskuldigde die moordenaar was. As Jackson die moordenaar was, skiet hy ook nie vir Bradley. Die beskuldigde het vol selfvertroue in die hof kom getuig, en hy het nie gedink of geweet Bradley sal opgespoor word en kom getuig nie. Toe Bradley nie bevestig wat hy hier gese het nie, en toe beskuldigde dit ontdek, het hy sy weergawe weer aangepas.
As 'n mens gaan kyk na die waarskynlikhede en Jackson se weergawe gaan opweeg teen die waarskynlikhede, kan dit nie sonder meer verwerp word nie. Jackson se getuienis kan ook derhalwe nie sonder meer verwerp word omdat daar verskille op kollaterale aspekte met die ander Staatsgetuies se weergawes is, wat ook getuig op kollaterale gebeure voor die voorval. Jackson se weergawe moet getoets word aan die hand van wat daar gebeur het. As die Hof gaan kyk na die bekentenis wat beskuldigde afgele het, en die leuenagtige en verdraaide weergawe van die beskuldigde, moet die Hof Jackson se weergawe daarteenoor gaan ondersoek en evalueer en horn nie blind staar teen hierdie oenskynlike verskille nie.
Waarom die ander getuies se Jackson het hierdie vuurwapen voor die tyd besit en waarom Jackson daarmee verskil, kan 'n mens maar net oor spekuleer, maar dit beteken nie ek moet sy getuienis in wese, as gevolg van hierdie verskille, verwerp nie. En teen hierdie agtergrond moet ek sy getuienis beoordeel. Soos ek reeds gese het dit strook en dit pas in met waarskynlikhede. Advokaat Stephen het verwys na S v Francis 1991(1) SACR 198 (A) op 205E-F beslis het oor die getuienis van 'n deelnemer waar gese word:
"It is not necessarily expected of an accomplice, before his evidence can be accepted, that he should be wholly consistent, wholly reliable or even wholly truthful in all that he says. The ultimate test is whether after due consideration of the accomplice's evidence, with the caution in which the law enjoins the Court, is satisfied beyond all reasonable doubt that in its essential features, the story that he tells is a true one."
En as 'n mens Jackson se getuienis, ondanks hierdie gebreke, moet opweeg teen al die ander getuienis en in hoofsaak, wat die grootste probleem is vir die beskuldigde hier is die bekentenis wat hy afgele het. Die saak van S v Bester 1990(2) SACR 325 (A) se dieselfde. Gevolglik bevind ek dan die getuienis van Jackson as aanvaarbaar.
Die beskuldigde aan die ander kant, as ek sy getuienis gaan evalueer, gedagtig aan die feit dat sy weergawe slegs redelik moontlik waar hoef te wees, was 'n skaamteloos en 'n deurtrapte leuenaar. Sy verduideliking oor waarom hy sy weergawe verdraai het, is onoortuigend en onwaarskynlik. As 'n mens na die bekentenis kyk en wat daarin vermeld was, is dit te betwyfel dat hy in soveel detail inligting onvrywilliglik bygevoeg het, as hy nie 'n integrale en aktiewe rol gespeel het in die pleging van die moord nie. Wat hy daarin gese het is net soos dit gebeur het. Dit was nie vir horn enigsins nodig ten einde Jackson te bevredig en om hierdie dreigemente af te weer, om meer inligting as wat nodig is te vermeld nie. Net 'n eenvoudige erkenning sou genoeg gewees het, dat op die toneel was en hy het die oorledene geskiet, maar hy gaan verder en hy se nog veel meer as wat nodig was.
Hy gaan verder en hy gaan maak sekere uitwysings, wat glad nie eers nodig was nie. Jackson het vir horn net bloot gese hy sal die skuld op hom vat. As 'n mens na sy weergawe moet gaan kyk, doen hy nog al hierdie ekstra goed? Dit strook nie met die optrede van 'n onskuldige persoon nie. En dit is onwaarskynlik derhalwe, in die lig hiervan, dat hy gedreig was onder hierdie omstandighede.
Die verdere vraag is, en dit is dit strook weereens nie met die optrede van 'n onskuldige persoon nie, waarom het hy nie uit die staanspoor die Hof in sy vertroue geneem nie? Hoekom het hy nie die verweer reg van die begin af geopper in die hof nie? Hoekom opper hy 'n simpele verweer van 'n alibi? En dit maak net sin soos die aanklaer hier betoog het, hy het gesien dat die getuienis in sover dit sy eerste verweer aangaan, was te sterk teen hom en hy kon nie verhoed het, dat die muur van skuld teen hom intuimel nie, toe verdraai hy sy weergawe. Alles wat hy gedoen het, weereens strook net nie met die optrede van 'n onskuldige persoon nie.
Die beskuldigde oortuig nie die Hof dat die bekentenis wat hy afgele het en die gevolglike uitwysings wat hy gedoen het, omdat hy deur Jackson gedreig was, nie vrywilliglik afgele was nie. Hy oortuig ook nie die hof dat Jackson die eintlike moordenaar was nie. Die getuienis is duidelik, en dit pas in met waarskynlikhede, dat hy vrywilliglik, nadat sy ma die vuurwapen gevind het en na die polisie toe geneem het, hy die pleging van die moord erken het. Hy het later sy weergawe probeer verdraai deur die skuld op mnr Jackson te pak.
Derhalwe bevind die Hof nie die beskuldigde se weergawe redelik moontlik waar nie. Die Hof is derhalwe bo redelike twyfel oortuig dat die beskuldigde op 15 Augustus 2009 vir die oorledene, Charles Julies, vermoor het met die vuurwapen wat die onderwerp van klagte 2 is. Verder dat hy ook in besit was van ammunisie, terwyi hy nie wettiglike in besit was van 'n vuurwapen waaruit sodanige ammunisie gevuur kon word nie. Beskuldigde is ook skuldig aan die diefstal van die selfoon van die oorledene. Derhalwe word beskuldigde SKULDIG BEVIND OP AL VIER KLAGTES
Op hierdie stadium is die Hof nie oortuig daarvan dat die Staat kon bewys het bo redelike twyfel dat daar enige beplanning of voorbedagte rade was toe die moord gepleeg was nie, voor die pleging van die moord en tydens die pleging van die moord nie. Ek kan nie sodanige bevinding maak nie.
HENNEY, WnR