South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 524
| Noteup
| LawCite
S v Louw (SS34/2010) [2010] ZAWCHC 524 (3 November 2010)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE-HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS34/2010
DATUM: 3 NOVEMBER 2010
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
ASHLEY LOUW
V O N N I S
HENNEY. WnR:
By die oplegging van 'n gepaste vonnis is die Hof se taak om alle tersaaklike feite en faktore in ag te neem. Van belang is die persoonlike omstandighede van die beskuldigde, die aard en die erns van die misdaad en ook die belange van die gemeenskap.
Om terug te kom na die beskuldigde se persoonlike omstandighede, hy is 25 jaar oud en ongetroud. Hy het ook geen kinders nie. Hy kom ook uit 'n huis waar sy ouers van mekaar geskei is en hy is een van drie seuns. Sy moeder, mev Gertruida Louw, werk as "n skoonmaakster by Tygerberg Hospitaal. Die Hof kon ook opmerk toe mev Louw hier kom getuig het in die getuiebank tydens die verhoor van die saak dat sy diep getref was en is en baie bekommerd voorgekom het as gevolg van haar seun, die beskuldigde, se betrokkenheid by die saak.
Dit is verder gemene saak dat die beskuldigde 'n relevante vorige veroordeling vir moord het. Hy was in die streekhof te Blue Downs op 8 Oktober 2004 gevonnis tot nege jaar gevangenisstraf waarvan drie jaar gevangenisstraf opgeskort word vir 'n periode van vyf jaar.
Die beskuldigde was op parool vrygelaat op 26 September 2007 en daarna terwyl hy nog sewe maande van sy parool moes uitgedien het, het hy hierdie huidige misdaad gepleeg.
Daar is geen twyfel by die Hof dat die beskuldigde 'n baie ernstige misdryf gepleeg het. Dit is 'n voldonge feit dat die pleging van hierdie tipe misdrywe aan die orde van die dag is veral hier op die Kaapse Vlakte. Hierdie was 'n sinnelose en wreedaardige moord op die oorledene wat niks vermoed het nie. Hy het geen of weinig kans gehad om homself teen die lafhartige aanval op horn te beskerm nie. Die beskuldigde het horn van agter af, terwyl hy onbewus daarvan was, geskiet. Daar was geen getuienis dat daar 'n argument of enige voorval plaasgevind het onmiddellik voor die voorval op die oorledene nie.
'n Verdere verswarende aspek wat in ag geneem behoort te word is die beskuldigde het glad nie die Hot in sy vertroue geneem nie en het geen berou getoon vir sy optrede nie.
Volgens die beskuldigde se bekentenis het hy en die oorledene probleme gehad in die gevangenis. Nadat hy en die oorledene mekaar ontmoet het die betrokke dag, wil dit voorkom, asof hulle die strydbyl begrawe het, maar om die een of die ander onverklaarbare rede, het die beskuldigde sonder waarskuwing die oorledene trompop geskiet. Dit is ook duidelik dat die beskuldigde wou absoluut seker gemaak het dat die oorledene sou doodgaan. Nadat hy horn die eerste keer geskiet het, skiet hy horn 'n verdere keer. Sy optrede getuig direkte opset om te vermoor en dit was koelbloedig.
Dit is derhalwe duidelik dat ondanks die feit dat die beskuldigde op parool uit was vir 'n ernstige misdaad, dit horn nie afgeskrik het enigsins of weerhou het om hierdie koelbloedige moord te pleeg nie. Dit is duidelik blatante en uitdagende optrede. Dit is hierdie tipe optrede van misdadigers wat die oplegging van direkte gevangenisstraf regverdig. Die gemeenskap verwag niks anders nie.
Die volgende vraag is watter termyn van gevangenisstraf sal onder die omstandighede gepas wees wat 'n gesonde balans sal tref tussen die persoonlike omstandighede van die beskuldigde, die erns van die misdaad en die gemeenskapsbelang. Die Staat het aangevoer dat die
bepalings van artikel 51 van Wet 105 van 1997 van toepassing is en meer spesifiek omdat die beskuldigde 'n misdaad gepleeg het, soos genoem in Deel I van Bylae 2 aangesien die moord beplan of met voorbedagte rade gepleeg was. Gevolglik sal die versoek dan wees dat die Hof volgens hierdie Wetgewing oorweging moet skenk om lewenslange gevangenis op te le. Ek het reeds gese die Hof kon nie bo redelike twyfel bevind dat die moord beplan of met voorbedagte rade gepleeg was nie.
Die feite het egter aangetoon dat dit 'n moord is wat gepleeg is onder ander omstandighede as in Deel I van Bylae 2, dit eerder 'n moord was wat gepleeg was in Deel II van Bylae 2. Volgens die Wet in sodanige geval is daar 'n minimum vonnis van 20 jaar gevangenisstraf vanwee die feit dat die beskuldigde 'n tweede oortreder is. Advokaat Stephen, namens die Staat, het egter aangevoer dat die Hof sy inherente vonnisjurisdiksie uitvoer en oorweging moet skenk aan die oplegging van lewenslange gevangenisstraf eerder as om 'n vonnis op te le soos voorgeskryf in Deel II van Bylae 2 van Wet 105 van 1997.
Die oplegging van lewenslange gevangenisstraf moet egter nie op 'n ligtelike wyse opgele word nie. Dit moet gereserveer word vir die mees ernstigste misdrywe wat die swaarste straf wat die Hof kan ople regverdig. Die Hof moet ook daarteen waak om nie die belangrikheid en impak van lewenslange gevangenisstraf af te water in gevalle waar daar nie absolute dwingende omstandighede is wat die oplegging daarvan regverdig nie. Veral in 'n geval soos hierdie waar die hof bemagtig word om Vi mindere gevangenisopsie uit te oefen in terme van Wet 105 van 1997. Daar was ook nie uitermatige en buitengewone omstandighede teenwoordig in hierdie saak nie. Dit is derhalwe nie wenslik vir die Hof om sy diskresie en sy inherente jurisdiksie om lewenslange gevangenisstraf op te le uit te oefen nie.
Die moord wat gepleeg was in hierdie saak vir die redes soos vermeld, is 'n relatief baie ernstige een asook die gepaardgaande feit dat die beskuldigde 'n soortgelyke vorige veroordeling het, plaas die saak in 'n ander lig, maar dit is nie van so 'n graad dat die ergste en swaarste vonnis opgele moet word nie. In die saak van S v Maseko 1998(1) SASV 451 (T) te 455f-g het die Hof met 'n soortgelyke situasie te doen gehad en waar die Hof die volgende gese het:
"Die daad deur die appellant gepleeg is skokkend. Daar kom egter helaas veel skokkender gevalle van moord voor ons howe, aanvalle met masjiengewere waar rond geskiet word ook op die polisie, moorde wat met wrede verkragting gepaard gaan, moorde wat letterlik in bloedbaddens ontaard, na marteling van die slagoffer. Sulke moorde verg swaarder vonnisse as die onderhawige en in so 'n geval mag retribusie en beskerming van die publiek lewenslange opsluiting verg. Lewenslank is ontoepaslik in die huidige geval."
Die bespreking van die oplegging van lewenslange gevangenisstraf in geweldsmisdrywe was in die saak van S v Mazlakaza & Another 1997(1) SASV 515 is ook rigtingwysend. Ek is derhalwe van oordeel dat die pleging van hierdie misdaad deur die beskuldigde, hoewel relatief ernstig, verg nie die oplegging van lewenslange gevangenisstraf nie. Ek is verder van oordeel dat advokaat Badenhorst vir die beskuldigde was ook nie baie oortuigend dat dwingende en wesenlike omstandighede teenwoordig is in hierdie saak nie. Gevolglik is daar geen rede om af te wyk van die voorgeskrewe minimum vonnis van 20 jaar nie.
Ek het dit oorweeg om 'n vonnis op te le wat die voorgeskrewe minimum vonnis van 20 jaar oorskry, maar gedagtig aan die ouderdom van die beskuldigde dat hy nog relatief jonk is, hy is 25 jaar oud. Hy was 19 jaar oud toe hy die eerste moord gepleeg het, het ek my weerhou om sodanige opsie uit te oefen.
Derhalwe op die moordklag is ek van oordeel dat 'n vonnis van 20 jaar gevangenisstraf 'n gepaste vonnis is.
Klagtes 2 en 3 word saamgeneem vir doeleindes van vonnis en beskuldigde word gevonnis tot 'n verdere vyf jaar gevangenisstraf. Op klagte 4 word beskuldigde gevonnis tot twaalf maande gevangenisstraf. Die Hof gelas dat die straf op klagtes 2, 3 en 4 tesame met die straf op klagte 1 uitgedien word, effektiewelik word die beskuldigde gevonnis tot TWINTIG (20) JAAR GEVANGENISSTRAF.
Ingevolge die bepalings van artikel 103 van Wet 60 van 2000, die Wet op die Beheer van Vuurwapens, word die beskuldigde onbevoeg verklaar om 'n wapen te besit.
Ingevolge die bepalings van artikel 35(1)(a) van Wet 51 van 1977 van die Strafproseswet, 51 van 1977, is die Hof verplig om 'n beskikking oor die vuurwapen te maak in terme van die Strafproseswet en hierdie vuurwapen was ingehandig as Bewysstuk 1 by die Hof. Dit is hoekom ek van oordeel is artikel 35 is van toepassing, hierdie vuurwapen word derhalwe verbeurdverklaar aan die Staat, wat die onderwerp is van klagte 2. Ek sien hier is 'n konsepbevel wat hier voor my le dat ek dit wel moet doen. Ek het nie 'n beskikking gemaak oor die selfoon nie. Daar is ook 'n versoek dat die selfoon aan die mev Petra Lakay teruggegee word, ek het nie 'n probleem om dit te doen nie. EK maak ook 'n bevel dat die selfoon aan Petra Lakay teruggegee word
Ek moet dan ook 'n bevel maak oor die vrywaring van mnr Jackson Nqola. Ek sien hy is nie hier nie, hy was wel gewaarsku. Ek gaan 'n buitegewone vrywaring hier doen of maak, Jackson Nqola word gevrywaar ingevolge die bepalings van artikel 204(2) van Wet 51 van 1977 slegs op klagtes 1 en klagte 4, die moord en die diefstalklagte. Ek het nie bevind dat die getuienis van mnr Gerhard Smit en Petra Lakay oneerlik was toe hulle gese het hy het wel 'n vuurwapen besit nie, so dit sal verkeerd van my wees as die vrywaringsbevel inkonsekwent sou wees met my feitlike bevindinge in hierdie Hof.
HENNEY, WnR