South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 528
| Noteup
| LawCite
Hess v S (A211/2010) [2010] ZAWCHC 528 (5 November 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA (WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO: A211/2010
DATUM: 5 NOVEMBER 2010
In die saak tussen:
MARK HESS …............................................................................................Appellant
en
DIE STAAT …..........................................................................................Respondent
U I T S PRAAK
LOUW. R:
Die appellant wat deurgaans deur 'n regsverteenwoordiger bygestaan is, het op 14 Maart 2007 in die landdroshof op Ladismith saam met vier medebeskuldigdes tereggestaan op die drie aanklagte tewete opsetlike saakbeskadiging, aanranding met die opset om ernstig te beseer en diefstal.
Die aanklagtes spruit almal voort uit gebeure wat gedurende die loop van Sondagoggend, 5 November 2006, by die huis van mnr Petrus Beukes gelee te 4de Laan, Zoar, plaasgevind het. Dit is gemene saak dat 'n groot groep gewapende mense daardie oggend by Beukes se huis saamgedrom het en met geweld toegang tot die huis verkry het en daar Yi grootskaalse skade aangerig het en dat van Beukes se eiendom daarna verwyder is. Die enigste werklike geskilpunt by die verhoor was of die beskuldigde deel van hierdie groep mense was wat Beukes se huis geplunder het.
Die enigste staatsgetuies was Beukes en sy vrou, Johanna Antonie. Aan die einde van die staatsaak het die landdros die aansoek wat namens beskuldigdes 2, 4, 5 en 6 ingevolge die bepalings van artikel 174 van die Strafproseswet gebring is, toegestaan en hulle is almal ontslaan. Die appellant was dus die enigste beskuldigde teen wie die saak voortgegaan het.
Die appellant het daarop self getuig en is op dieselfde dag, dit wil se 14 Maart 2007 onskuldig bevind op die aanklag van diefstal maar op aanklagte 1 en 2, tewete kwaadwillige saakbeskadiging en aanranding met die opset om ernstig te beseer, is die appellant skuldig bevind.
In die lig van appellant se vorige veroordelings het die landdros die saak na die streekhof verwys ingevolge die bepalings van artikel 116 van die Strafproseswet vir die oplegging van vonnis. Die aanklagte is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en hy is tot 5 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Die appellant appelleer nou teen sy skuldigbevindings en die vonnis wat horn opgele is met verlof van die Hof a quo wat op 17 April 2009 aan horn toegestaan is.
Nou soos ek reeds gemeld het, is dit gemene saak dat Beukes se huis die oggend van 5 November 2006 met geweld deur "n groep mense geplunder is. Die appellant se weergawe beide in sy pleitverduideliking by die aanvang van die verhoor en ook in sy getuienis was dat hy die vorige dag, tewete Saterdag 4 November 2006, op Ladismith in hegtenis geen is vir dronkenskap, of soos hy dit gestel het, "dronk op straat".
Hy is die Sondagoggend deur die Polisie na Zoar geneem waar hy vrygelaat is. Hy self woon op Zoar. Hy het opgemerk dat daar 'n groot groep mense voor die huis van Beukes saamdrom en hy het nader gestaan om te kyk wat aangaan. Hy ontken dat hy deelgeneem het op die aanval op die huis en die plunder van die huis self. Hy ontken dat hy hoegenaamd die perseel betree het of binne-in die huis was.
Beukes het getuig dat alhoewel hy al die beskuldges voor die Hof by naam geken het, hy slegs kan se dat die appellant een van die persone was wat die huis die betrokke oggend aangeval het. Sy onbetwiste getuienis was dat hy en sy vrou en Mary Timmie en Jan Baantjies op sy werf gesit het toe h groep mans sy huis genader het. Die mense was gewapen met kapmesse en sekels met handvatsels wat in wit voersakke gehou is terwyl hulle nader gekom het.
Volgens Beukes het die appellant 'n bosbyl in sy hand gehad en het hy eerste die perseel binnegehardloop. Beukes, sy vrou en Mary Timmie het die huis ingehardloop en die voordeur toegedruk. Hulle het nie tyd gehad om die veiligheidshek ook toe maak nie. Die appellant het daarop die deur met sy byl stukkend geslaan en Beukes en twee vroue het verder in die huis in gevlug en in die toilet gaan skuil. Beukes het die deur toegedruk en met sy voete teen die toilet en sy rug teen die deur, die deur toegehou.
lemand, hy kon nie sien wie dit was nie, het van buite met 'n byl teen die deur gekap. Met die eerste hou het die byl se lem gedeeltelik deur die deur gegaan en amper vir Beukes teen die kop getref. Die tweede hou met die byl het ook deur die deur gegaan en met die terugtrek van die byl, het die lem 'n skaafmerk oor Beukes se regtervoorarm gemaak. Mary Timmie het toe van binnekant die toilet vir die appellant op sy naam geroep en gese "Dit is auntie Mary hier binnekant" en dat hy moet ophou kap. Die gekap het toe opgehou, maar hulle kon van binne die toilet hoor hoe die huis geplunder word.
Nadat die mense weg is en dit stil geword het, het hulle uitgevind dat wyn, vleis, CD's en Beukes se selfoon asook 'n stel messe uit die huis vermis is. Beukes het Yi huiswinkel by sy huis bedryf en sy voorraad en besitting is beskadig en het oor die vloer versprei gele. Sy meubels en kombuisware, insluitende sy stoof, is erg beskadig en was soos hy dit gestel het "tot niet geslaan". Sy huis se staal vensterrame is ook beskadig en die glasventers is gebreek.
Nadat die plundery oor was, het Beukes deur die badkamervenster gesien hoe die appellant en die ander mense van die toneel wegloop. Beukes vermoed dat die aanval op sy huis te doen gehad het met Yi voorval wat die vorige aand by die "game shop" plaasgevind het toe sy kinders en ene March en beskuldigde 3 wat intussen oorledene is, in Yi stryery betrokke geraak het.
Nou Beukes se vrou, Johanna Antonie, het ook getuig. Sy het Beukes se getuienis bevestig. Ook sy het die appellant herken toe hy voor die ander mense hulle perseel binnegehardloop het met Yi bosbyl in sy hand. Sy het later ook deur Yi gat in die toilet se deur gesien dat dit die appellant was wat die toiletdeur probeer stukkend kap het terwyl sy en Marie Timmie en Beukes daar geskuil het.
Sy bevestig ook dat Marie Timmie vir die appellant op sy naam geroep het en gevra het om op te hou. Sy het die appellant ook nadat die aanval verby is, sien wegloop van die huis af.
Die landdros het in sy uitspraak die appellant se weergawe dat hy het "n toevallige en onbetrokke toeskouer was in die lig van die direkte getuienis van die twee staatsgetuies as nie redelik moontlik waar nie, verwerp. Dit is duidelik dat die landdros van mening was dat die gewig en kwaliteit van die staatsgetuies se getuienis sodanig was dat die getuienis van die appellant net nie moontlik waar kan wees nie.
Appellant het getuig dat almal mekaar op Zoar ken en dat dit dus nie 'n geval is dat die getuies horn as gevolg van "n bona fidie fout by die gebeure betrek het nie. Die appellant was ook nie die vorige aand betrokke by die onderonsie by die "game shop" nie. Hy het egter wel die twee persone wat daar betrokke was geken. Beskuldigde 3, wat intussen oorlede is, was sy stiefpa se suster se kind en hulle het saam opgegroei. Die ander persoon, March, het saam met die appellant se suster gewoon en hy het, soos hy dit gestel het, "saam met hulle geloop en saam met hulle gepraat". Hy kon in sy getuienis nie dink waarom die twee getuies horn doelbewus uit al die ander persone sou uitkies en horn valslik sou betrek by die aanval by hulle huis nie.
Dit is geyk dat 'n Hof van appel nie ligtelik sal inmeng met "h feitebeslissing van 'n verhoorhof. As daar geen wanopvatting van die feite by die verhoorhof was nie, is die uitgangspunt dat daardie hof se beslissing korrek is en 'n hof van appel sal die verhoorhof se beslissing alleen verwerp as die Hof oortuig is dat daardie beslissing verkeerd is. In hierdie geval is ek nie oortuig dat die verhoorhof se beslissing verkeerd is nie. Trouens ek meen dat dit heeltemal korrek is.
Die landdros het egter nietemin besluit dat dit nie veilig sou wees om die appellant op die getuienis aan die diefstal van die vermiste goed skuldig te bevind nie. Die enigste oorblywende vraag is of die appellant op die feite skuldig is aan saakbeskadiging en aanranding met die opset om ernstig te beseer? Die verhoorhof het bevind dat dit die appellant was wat met die bosbyl teen die toiletdeur gekap het op so 'n wyse dat die lem van die byl deur die hout gedring het en Beukes rakelings gemis het.
Ek stem saam met die landdros se bevinding waar hy soos volg bevind:
"As daar met 'n byl deur 'n deur gekap word, wetende dat daar mense daarbinne is asook die posisie waarin Petrus was, en spesifiek waar hy meegedeel het dat met die terug van die byl daar h skraap opgedoen is, kan ek nie anders as om te bevind dat u - dit is nou met verwysing na die appellant - moet voorsien het dat daar ernstige beserings opgedoen kan word deur met daardie voorwerp so op te tree en dwarsdeur daardie deur te kap."
In die omstandighede is die appellant skuldig aan aanranding met die opset om ernstig te beseer. Wat die saakbeskadiging betref, is daar direkte getuienis dat die appellant die twee deure met die bosbyl gekap het, die een deur het hy oenskynlik heeltemal verwoes. Ook was hy deel van die groep mense wat die res van die huis geplunder het. Die appellant is dus ook skuldig aan opsetlike saakbeskadiging.
Ek handel vervolgens met die appel teen vonnis. Die appellant was ten tyde van die pleging van die misdrywe 35 jaar oud. Sy persoonlike omstandighede is, gegewe die feite van hierdie saak, nie merkwaardig nie. Hy het egter 'n lang reeks vorige veroordelings en het reeds 25 keer by vorige geleenthede in die hof verskyn. Hierdie veroordelings was hoofsaaklik vir geweld wat reeds in 1984 met 'n skuldigbevinding aan huisbraak begin het. In 1987 is hy vir die eerste keer skuldig bevind aan 'n geweldsmisdryf toe hy twaalf maande gevangenisstraf opgele is vir roof Daarna het hy sewe verdere veroordelings vir aanranding waarvoor hy termyne van gevangenisstraf van twaalf maande tot twee jaar en ses maande opgele is. Hy het ook 'n vorige veroordeling vir kwaadwillige beskadiging van eiendom waarvoor hy vier maande gevangenisstraf opgele is wat vir vyf jaar opgeskort is. Op 22 Augustus 2003 is hy drie jaar gevangenisstraf vir huisbraak opgele en is hy op 21 Julie 2006, dit wil se ongeveer vier maande voor die pleging van die huidige misdryf, uit die gevangenis vrygelaat.
Die appellant het 'n leidende rol gespeel in die gebeure. Hy was gewapen met 'n bosbyl en het die buitedeur van die huis oopgekap. Daarna het hy gepoog om die drie persone wat in die toilet geskuil het, te bereik. Die binnekant van die huis en Beukes se besittings is erg beskadig deur die groep waarvan hy h deel was.
In die omstandighede meen ek nie dat die vonnis van vyf jaar gevangenisstraf, wat weliswaar "n swaar vonnis is, skokkend onvanpas is nie. Ek sal dus die volgende bevel maak:
1. Die appel teen die skuldigbevindings en vonnis word van die hand gewys.
2. Die skuldigbevindings aan kwaadwillige saakbeskadiging en aanranding met die opset om ernstig te beseer sowel as die vonnis van vyf jaar gevangenisstraf word bekragtig.
McDOUGALL, WnR
LOUW, R: Dit word dan so beveel.
LOUW, R