South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 530
| Noteup
| LawCite
S v Adams en Ander (C635/09) [2010] ZAWCHC 530 (8 November 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA WES-KAAPSE HOE HOF, KAAPSTAD
Hooggeregshof verw. no: 10641
Saakno: C635/09
Landdros se reeksno: 17/10
In die saak tussen:
DIE STAAT teen
JACOBUS ADAMS …......................................................Beskuldigde no. 1
ED-JOHN MARTHINUS …..............................................Beskuldigde no. 2
HERSIENINGSUITSPRAAK GEDATEER 8 NOVEMBER 2010
GAMBLE, R:
[1] Die twee beskuldigdes het voor die landdros, Oudtshoorn verskyn op n klagte van diefstal synde dat hulle 'n yster "hok" ter waarde van R1000,00 gesteel het op 14 Augustus 2009 te of naby Jonesstraat, Oudtshoorn. Die beskuldigdes het onskuldig gepleit en was tydens die verrigtinge voor die landdros onverteenwoordig.
[2] Na die aanhoor van getuienis is hulle skuldig bevind op 7 April 2010 en is elke beskuldigde daar en dan gevonnis tot drie (3) jaar gevangenisstraf.
[3] Op 30 April 2010 stuur die landdros die saak na hierdie Hof op outomatiese hersiening. Die stukke was slordig gebind en op 25 Mei 2010 word die landdros gevra om te verseker dat die oorkonde van die verrigtinge behoorlik gepagineer en in kronologiese volgorde geplaas word. Die landdros is ook gevra vir sy kommentaar op die betroubaarheid van die hoofgetuie wat namens die Staat aangebied is, asook die toepaslikheid van die vonnis al dan nie.
[4] Drie maande later (op 27 Augustus 2010) stuur die landdros die stukke weer na hierdie Hof en le voor sy redes vir skuldigbevinding. Die dokumente word deur die Griffier van hierdie Hof ontvang op 8 September 2010.
[5] Ons het tot die slotsom gekom dat die skuldigbevinding nie volgens reg was nie en het op 14 September 2010 gelas dat beide beskuldigdes onmiddeluk vrygelaat word. Die effek daarvan is dat die beskuldigdes vir meer as vyf (5) maande tronkstraf uitgedien het. Dit is nie die bedoeling van Artikel 302 van die Strafproseswet, No. 51 van 1977 nie, wat daarop gemik is om te verseker dat onverteenwoordigde persone se sake spoedig afgehandel word.
[6] Tydens die verhoor voor die landdros het die Staat die getuienis aangebied van Me Kathleen Alkaster. Sy het getuig dat op 4 Augustus 2009 omstreeks 15h30 sy winkel toe gegaan het vanaf haar werksplek te Oudtsboorr waar sy twee mans persone gesien het wat besig was om ln ystertrollie (wat gelyk het soos vn hoenderhok) oor "n muur by 'n fabriek te gooi.
[7] Nadat sy klaar haar inkopies gedoen het by die winkel, het die getuie gesien dat die polisie op die toneel is en sy het na hulle toe gegaan en beweer dat die ystertrollie aan haar werkgewer behoort het. Me Alkaster het toe gepoog om die twee beskuldigdes voor die Hof te koppel aan die beweerde misdaad deur hulle uit te ken aan hulle kleredrag. Sy het ook gese dat sy vir beskuldigde no. 2 ken op die (as) naam Jonathan Adams. In die klagstaat word hy beskryf as Ed-John Marthinus maar in die Hof het hy aan die getuie gese sy naam is Ed-John Jafta. Hy het ook bevestig dat hy die naam Ed-John Marthinus gebruik. Die getuie was klaarblyklik deurmekaar wat betref die vanne van die beskuldigdes.
[8] Die getuie is nie in haar getuienis-in-hoof gevra oor die moontlike uitkenning van die beskuldigdes aan die polisie na hul arrestasie daardie dag. In teendeel, Me Alkaster het gese dat sy nie by was toe die getuies gearresteer was daardie dag nie, en dat sy hulle nie weer gesien het daardie dag nadat sy hulle die hok in die pad sien afstoot het nie.
[9] Tydens kruisondervraging van Me Alkaster het beide beskuldigdes dit duidelik gemaak dat hulle ontken dat hulle betrokke was by die diefstal van hierdie voorwerp. Die identiteit van die kwaaddoeners was derhalwe n geskilpunt voor die landdros.
[10] Tydens kruisondervraging het die getuie gese dat sy die twee beskuldigdes vroeer daardie dag gesien het waar hulle onder 'n peperboom gesit het. Sy het ook gese dat sy 'n beskrywing gegee het aan die polisie var die kleredrag van die beskuldigdes. Beskuldigde no. 1 het sy gese het'n swart hemp aangehad met (n wit broek maar toe het sy haarself onmiddelhk gekorrigeer en gese 'n blou hemp met vn wit broek. Beskuldigde no. 1 het beweer dat hy 'n blou hemp gedra met het met 'n rooi broek. Toe hy dit aan die getuie stel, het sy gese "dit was 'n wit broek. Hy het rooi aangehad". Dit is duidelik uit die kruisondervraging dat die getuie deurmekaar was met betrekking tot die kleredrag van beskuldigde no. 1.
[11] Wat die kruisondervraging van beskuldigde no. 2 betref het die getuie gese dat sy horn herken het aan sy gesig en dat sy naam Jonathan Adams is. Beskuldigde no. 2 het dit ontken. Ek het reeds hierbo verwys na die getuie se verwarring met die beskuldigdes se vanne. Toe beskuldigde no. 2 aan haar stel dat hy in 'n woonbuurt met die naam van Toekomsrus bly het die getuie daarmee gestry. Wat sy kleredrag aan betref het sy gese dat hy "was bloedrooi aangetrek" met vn "rooi skipper en vn rooi broek".
[12] Dit het verder uit die kruisverhoor geblyk dat die beskuldigdes beweer het dat hulle reeds deur die polisie vasgevat was oor 'n ander voorval en dat die getuie hulle dan in 'n polisie voertuig naby die toneel uitgeken het.
[13] Die Staat het toe die getuienis aangebied van Konstabel Geduld, die polisie beampte wat betrokke was met die arrestasie van die twee beskuldigdes Hy het getuig dat Me Alkaster vir hom vn beskrywing gegee het van die klerasie van die beskuldigdes en op sterkte daarvan het hy vir hulle gearresteer. Hulle was op daardie stadium nie meer in besit van die ysterhok nie. Konstabel Geduld het die kruisverhoor van beskuldigde no. 2 bevestig toe hy getuig het dat die klaer hulle uitgeken het in sy voertuig nadat hulle gearresteer was.
[14] Tydens kruisondervraging het Konstabel Geduld bevestig dat beskuldigde no. 1 op daardie stadium gearresteer was op 'n ander kriminele klagte en dat hy derhalwe in hegtenis in die polisie voertuig was. Volgens die konstabel was beskuldigde no. 2 nie saam met beskuldigde no. 1 nie - hy is 'n ent weg van die toneel af gearresteer aangesien hy glo voldoen het aan die beskrywing wat die ooggetuie vir hom gegee het.
[15] Tydens kruisondervraging deur beskuldigde no. 2 was dit aan aie konstabel gestel dat Me Alkaster nie vir hom kon uitken as vn persoon wat die misdaad gepleeg het nie. Daardie vraag is nooit beantwoord nie omdat die Hof tussenbeide getree het en daarna nie aangedring het daarop dat die getuie hulle vn antwoord verskaf nie.
[16] Wat egter baie duidelik is uit die getuienis van Konstabel Geduld is dat die klaer slegs vir beskuldigde no. 2 kon uitken deur middel van sy kleredrag, en dit is as gevolg daarvan dat no. 2 opgetel (opgelaai) is en na die klaer geneem is vir informele uitkenning agter in die polisie voertuig.
[17] Na my mening was die uitkenning van die beskuldigdes in hierdie geval nie na wense nie en het die Staat versuim om bo redelike twyfel te bewys dat dit hulle is wat die ysterhok verwyder het.
[18] *n Verdere aspek wat nie bewys is nie is die eienaarskap van die hok. Niemand het kom se dat die hok aan hom/haar behoort en dat die beskuldigdes geen reg gehad het om in besit daarvan te wees nie. Ten beste vir die Staat het Me Alkaster beweer dat die hok van die fabrief af kom waar sy gewerk het.
[19] Laastens was daar geen getuienis om aan te dui wat die waarde van gemelde hok was nie en is die landdros se bevinding in daardie verband bloot gebasseer op sy eie waarnemings en ondervinding. Mens weet derhalwe nie of die hok enige wesenlike waarde gehad het nie en of dit nie dalk as stuk waardelose skrootmetaal beskou kon word nie.
[20] Gevolglik is dit my mening dat die skuldigdbevinding teen beide beskuldigdes nie gehandhaaf kan word nie en behoort dit tersyde gestel te word. Die vonnisse moet dienooreenkomstig ook tersyde gestel word.
[21] Laastens, wil ek enkele opmerkings maak in verband met hierdie landdros se gedrag in die Hof soos dit blyk uit die oorkonde. Van tyd tot tyd het die landdros die beskuldigdes toegespreek op xn siniese en sarkastiese wyse wat basies neerkom op ongeskiktheid. Daardie houding is ook geopenbaar teenoor ander mense wat in die hof was van tyd tot tyd. Sulke gedrag betaam nie n landdros nie en lei net tot'n verontwaardiging van die regstelsel.
[22] In die omstandighede sou ek beide die skuldigbevindings en vonnisse van beskuldigdes no. 1 en no. 2 tersyde stel.
P.A.L. GAMBLE, R
Ek stem saam: dit word so gelas.
A. LE GRANGE, R