South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 555
| Noteup
| LawCite
Petersen v S (A467/2010) [2010] ZAWCHC 555 (12 November 2010)
Download original files |
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: A467/2010
DATUM: 12 NOVEMBER 2010
In die saak tussen:
SHARIEF PETERSEN …....................................................................Appellant
en
DIE STAAT …................................................................................Respondent
UITSPRAAK
CLEAVER, R:
Die appellant was op 17 Augustus 2007 in hierdie hof suksesvol met "n appel teen sy skuldigbevinding en vonnis in die Mitchells Plain streekhof op 'n aanklag van moord en h aanklag van roof met verswarende omstandighede. Op die moordklagte is hy gevonnis tot 20 jaar gevangenisstraf en op die roofaanklag is hy gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf. Die skuldigbevindings en vonnisse is op 17 Augustus 2007 deur Bliqnault, R tersyde gestel omdat hy bevind het dat a) die noodsaaklike elemente van die misdrywe nie in die appellant se verduideliking erken is nie
In sy uitspraak het Blignault. R bevind, in die lig van sy gevolgtrekking met betrekking tot die onvoldoendheid van beskuldigde se pleiterkenning, dat dit nodig was om "h bevel te maak kragtens artikel 312(1) van die Strafproseswet Hierdie artikel bepaal dat waar 'n skuldigbevinding en vonnis ingevolge artikel 112 op hersiening of appel tersyde gestel word, of op grond daarvan dat subartikel (2) van die artikel nie nagekom is nie, 6f omdat artikel 113 toegepas moes gewees het, die Hof wat die appel hoor die saak moet terugverwys na die Hof wat die vonnis opgele het en daardie Hof gelas om die betrokke bepaling na te kom, of ingevolge artikel 113 te handel na gelang die geval.
Die bevel wat gemaak is het, onder andere, die volgende ingesluit: "Die saak word terugverwys na die streekhof ingevolge artikel 312(1) van die Strafproseswet sodat die appellant weer in daardie hof kan pleit." Dit is duidelik dat die omvang van hierdie bevel nie in die streekhof besef is nie. want die streekhof het nie weer de novo met die saak begin nie, maar besluit om aan te gaan op die stukke wat voor die hof was. Gevolglik is daar nie gehoor gegee aan die bevel van Blignault. R nie en die stukke voor ons vandag is van nul en gener waarde nie.
In die omstandighede word die saak van die rol verwyder, met die resultaat dat indien die saak deur die Staat verder gevoer word, die Staat sal moet voldoen aan die vorige bevel van hierdie hof. Dit volg van wat ek gese net dat die skuldigbevinding en vonnis wat na die vorige bevel in hierdie hof uitgevaardig is, van nul en gener waarde is nie. Die verrigtinge in die streekhof ten opsigte waarvan 'n uitspraak op 26 Oktober 2009 gegee is, ingevolge waarvan die appellant skuldig bevind is en die vonnis wat daarop gevolg word, word tersyde gestel sodat daar uitvoering gegee kan word aan die vorige bevel van hierdie hof van 17 Augustus 2007.
CLEAVER, R
VAN HEERDEN. WnR: Ek stem saam.
VAN HEERDEN.WnR