South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 557

| Noteup | LawCite

Ruiters v S (A560/08) [2010] ZAWCHC 557 (12 November 2010)

Download original files

PDF format

RTF format




IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA

(WES-KAAP HOE HOF, KAAPSTAD)




Saaknr: A560/08


In die appel van:




WILFRED JOHN RUITERS ….....................................................................Appellant




en




DIE STAAT ….......................................................................................Respondent






UITSPRAAK GELEWER OP VRYDAG 12 NOVEMBER 2010




[1] Die Appellant is op 24 Oktober 2007 in die Landdroshof te Robertson skuldig bevind op twee klagtes van 'n oortreding van artikel 5(b) en een klagte van 'n oortreding van artikel 4(b) van die Wet op Dwelmmiddels en Dwelmsmokkelary, Nr. 140 van 1992.


[2] Die Appellant is gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf, waarvan 4 jaar opgeskort is vir 5 jaar op voorwaarde dat hy nie weer skuldig bevind word aan 'n oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 gedurende die tydperk van opskorting nie, ten opsigte van die twee klagtes van die oortreding van artikel 5(b), wat saamgevoeg is vir doeleindes van vonnis. Die Appellant is verder gevonnis tot 15 maande gevangenisstraf ten opsigte van die klagte van die oortreding van artikel 4(b) van Wet 140 van 1992, synde vir die besit van dagga.


[3] Die Appellant is op petisie verlof verleen om te appelleer teen die vonnis, maar nie teen die skuldigbevindings nie.


[4] Die Appellant is in 1955 gebore en het 'n redelike indrukwekkende lys van vorige veroordelings wat in 1972 begin het en met die laaste vorige veroordeling in Oktober 2003. Vir die doeleindes van hierdie appel is dit nie nodig om met al sy vorige veroordelings te handel nie. Die Appellant is onder andere in 1977 gevonnis tot 15 maande op elke van drie klagtes van huisbraak, in 1981 het hy 30 maande gevangenisstraf gekry vir roof, in 1983 is hy op twee klagtes van aanranding, wat saamgevoeg is vir vonnis, tot ses maande gevangenisstraf gevonnis. In 1983 het hy ook 4 jaar gevangenisstraf gekry vir huisbraak asook 18 maande vir saakbeskadiging.


[5] Die Appellant se geskiedenis met betrekking tot oortredings van die bepalings van Wet 140 van 1992 (of sy voorganger) het vroeg begin en in 1972 het hy 6 houe gekry vir die besit van dagga. In 1987 is hy gevonnis vir handeldryf in mandrax tot R1000.00 of 2 jaar gevangenisstraf, plus een jaar gevangenisstraf wat vir 5 jaar opgeskort is op sekere voorwaardes. In 1992 het hy 3 jaar vir besit van verbode afhanklikheidsvormende medisyne gekry, wat opgeskort is op voorwaarde dat hy onder andere aanmeld by die Toevlug Rehabilitasie Sentrum te Worcester. In 1994 is hy gevonnis tot 4 jaar gevangenisstraf vir handeldryf in mandrax. In 2003 is die Appellant gevonnis tot R3 000.00 of ses maande gevangenisstraf, wat in die geheel opgeskort is op sekere voorwaardes, vir handeldryf in mandrax.


[6] Die aanklagtes waarop die Appellant in hierdie saak skuldig bevind is, is in laat 2006 gepleeg. Die Appellant is as gevolg van 'n lokvink aangekla vir handeldryf in mandrax. Op die een aanklag was 8V4 mandrax tablette en 'n klein hoeveelheid los dagga betrokke en op die ander aanklag was 1 mandrax tablet en 'n klein hoeveelheid los dagga betrokke.


[7] Op die derde aanklag was hy in besit van 70 gram dagga wat hy by horn gehad het in die gevangenis toe hy verhoorafwagtend was op die ander twee aanklagtes.



[8] Kragtens die bepalings van artikel 64 gelees met artikel 17(e) van Wet 140 van 1992, is 'n distrik landdros gemagtig om 'n vonnis van tot 25 jaar te gee vir 'n oortreding van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992.


[9] Die verhoor landdros het die Appellant gevonnis op die twee klagtes van handeldryf in mandrax tot 10 jaar waarvan 4 jaar opgeskort is op seker voorwaardes. Hierdie is nie 'n vonnis van 6 jaar nie, maar 'n vonnis van 10 jaar, en in hierdie verband het Schutz AR in S v Slabbert 1998 (1) SACR 64 (SCA) 647J-648D die volgende gese:



"It has been emphasised repeatedly, in a variety of contexts, that a suspended sentence of imprisonment is, nonetheless, a sentence of imprisonment...



In a different context it has been held that a suspended sentence is not something 'tacked on' to an unsuspended sentence. The suspended part is not to be viewed as if it will not be served. It is part of the whole sentence and it is the whole that should be appropriate, before consideration is given to suspension of a part."


Die vraag wat nou beantwoord moet word, is of 'n 10 jaar vonnis in hierdie omstandighede regverdig is, of kom dit neer op 'n mistasting van die verhoorhof.



[10] Alhoewel die Appellant vorige veroordelings vir handeldryf in en besit van dwelms het, moet die hof wanneer dit vonnis ople versigtig wees en in gedagte hou dat:



"(a) the accused should be sentences for the offence charged and not for his previous record;

(b) the public interest is harmed rather than served by
sentences that are out of proportion to the gravity of the
offence; and

(c) while it may be justifiable up to a point to impose escalating
sentences on offenders who keep on repeating the same
offence, there are boundaries to the extent to which sentence for petty crimes can be increased."



(S v Baartman 1997(1) SACR 304 ECD at 305C - E)



[11] Handeldryf in mandrax is natuurlik nie 'n "petty crime" nie, maar die beginsels soos uiteengesit in S v Baartman {supra) is van belang.



[12] Die verhoorhof het klem gele op die Appellant se vorige veroordelings, veral die handeldryf in of die besit van dwelms. As in ag geneem word die hoeveelheid dwelms wat in die Appellant se besit was ten tyde van die oortredings, is ek van mening dat die verhoorhof die Appellant se vorige veroordelings oorbeklemtoon het en ook die ernstigheid van die betrokke oortredings.



[13] Na my mening het die verhoorhof die Appellant se vorige veroordelings oorbeklemtoon, veral as daar gekyk word na die feit dat behalwe vir die oortreding in 2003 was sy laaste vorige veroordeling vir dwelms in 1994, twaalf jaar voor die huidige oortredings.


[14] Die Appellant is wel in 2003 skuldig bevind aan handeldryf in mandrax waarvoor hy 'n opgeskorte vonnis gekry het. Die verhoorhof het skerp kritiek teen hierdie vonnis gelewer alhoewel dit nie van al die feite van die oortreding of die toe betrokke persoonlike omstandighede van die Appellant geweet het nie. Dit blyk of die verhoorhof besluit het om die Appellant te straf nie net vir die huidige oortredings nie, maar ook vir die 2003 oortreding waarvoor die Appellant 'n opgeskorte vonnis gekry het.



[15] As daar gekyk word na die Appellant se persoonlike omstandighede, die beperkte hoeveelheid dwelms wat hier betrokke was en die belang van die gemeenskap, is ek van mening dat die vonnis van 10 jaar vir die 2 oortredings van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 in die omstandighede, skokkend onvanpas is. Na my mening sou 'n vonnis van 6 jaar vir die 2 oortredings van pas wees.


[16] Ek is van mening dat die vonnis van 15 maande gevangenisstraf vir die besit van dagga toe die Appellant in die tronk was, nie onvanpas is nie.



[17] Ek sou dus beveel dat die appel teen die Appellant se vonnis ten opsigte van die 2 oortredings van artikel 5(b) van Wet 140 van 1992 slaag. Ek sou ook, soos die landdros gedoen het, die twee klagtes saamvoeg vir die doeleindes van vonnis. Met inagneming van die jaar wat die Appellant verhoorafwagtend was, voordat sy saak gedien het, sou ek 'n vonnis van 5 jaar gevangenisstraf op die twee klagtes opgele.


Van Heerden WnR

Ek stem saam en dit word so beveel. Die effek hiervan is verder dat die appel teen die vonnis ten opsigte van klagte 3 van die hand gewys word. Die vonnis word bevestig.








Cleaver R.