South Africa: Western Cape High Court, Cape Town

You are here:
SAFLII >>
Databases >>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >>
2010 >>
[2010] ZAWCHC 567
| Noteup
| LawCite
London v S (A447/2010) [2010] ZAWCHC 567 (19 November 2010)
Download original files |
IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO:A447/2010
DATUM:19 NOVEMBER 2010
In die saak tussen:
PETRUS JOHANNES LONDON …......................................................................................Appellant
en
DIE STAAT …...................................................................................................................Respondent
UITSPRAAK
BLIGNAULT, R:
Appellant is in die streekhof te Thembalethu aangekla van twee aanklagte van verkragting. Hy is op 18 Maart 2010 op albei aanklagte skuldig bevind. Luidens die klagstaat het albei verkragtings op 4 Junie 2007 te Parkdene, George, plaasgevind. Lydia Stoffels was die klaagster in beide gevalle. Appellant is op 18 Maart 2010 gevonnis tot 14 jaar gevangenisstraf op albei klagte saamgeneem vir vonnis.
Appellant het onskuldig gepleit by die verhoor. Hy was deur 'n prokureur bygestaan.
Lydia Stoffels het getuig dat sy op 4 Junie 2007 saam met haar kind in 'n huisie in die erf van 'n woonhuis te Parkdene gewoon het. Sy het daar saam met haar ma en appellant gewoon, wat reeds vir meer as 'n jaar en "n saamleefverhouding was. Die huisie het aan appellant behoort.
Die betrokke voorval het op 'n Maandag gebeur. Haar moeder was saam met haar (die klaagster) se kind vir die naweek weg en sy het nog steeds nie teruggekom nie. Sy (die moeder) en appellant het die Saterdag gestry en daarna het sy nie teruggekom huis toe nie.
Die klaagster het die Maandag gewerk en teen sesuur se kant by die huis gekom. Appellant en van die ander inwoners by die hoofhuis het by 'n vuur gesit en sy het later gaan le. Dit is 'n eenvertrekhuisie maar 'n kas skei 'n gedeelte af vir 'n kombuis. Daar was twee enkelbeddens en sy het op die een geslaap. Sy het 'n paar jeans, onderbroekie en T-hemp aangehad.
Lydia Stoffels het getuig dat sy aan die slaap geraak het en toe sy wakker word, sit appellant op haar bed. Hy se toe vir haar sy moet sy vrou wees. Hy druk toe haar mond en neus toe en vra of sy stil gaan le. Sy het geknik want sy was bang. Hy beveel haar toe om haar broek uit te trek en op sy bed te gaan le. lemand het aan die deur geklop maar die huisie se deur was gesluit. Hy het toe vir haar kos gebring en sy het geeet. Hy het op sy eie bed gaan le en sy het langs horn gaan le met haar rug na horn toe. Hy het toe aan haar gevryf en later bo-op haar gaan le en sy penis in haar vagina gedruk. Hy het nie sy saad gestort nie, maar sy penis onttrek. Hy het weer langs haar gaan le en weer aan haar gevryf. Daarna het hy haar vagina van agter af gepenetreer. Hy het weer nie sy saad gestort nie en later onttrek. Sy het toe op haar eie bed gaan le en aan die slaap geraak. Toe sy die volgende oggend wakker was, was appellant weg.
Sy het getuig dat daar ongeveer een uur verloop het tussen die twee dade. Nadat sy opgestaan het, het sy werk toe gegaan. By die werk het sy na mev Joan Hockley se kantoor gegaan en haar vertel wat gebeur het. Mev Hockley het haar na die polisie se kantoor geneem. Sy was ook later na 'n dokter geneem. Van daardie dag af het sy by haar suster gaan bly.
Sy het getuig dat sy reeds een kind gehad het van sewe jaar oud en dat sy vier na vyf maande swanger was.
Mev Hockley het getuig dat die klaagster ten tyde van die voorval vir haar gewerk het. Sy het die betrokke oggend om agtuur huilend by die werk opgedaag. Die klaagster het haar meegedeel dat sy deur haar moeder se kerel verkrag is. Sy het die klaagster na die Conville polisiestasie geneem.
Na sluiting van die staatsaak, het appellant se prokureur aansoek gedoen vir die uitstel van die verhoor. Hy het dit soos volg motiveer:
"Edelagbare, ek het al vroeer vandag vir u aangedui dat ek 'n kommunikasieprobleem het met die beskuldigde. Ek gaan net eenvoudig nie gerieflik voel om vandag die beskuldigde in die getuiebank te plaas nie. Ek glo dat die Staatsaak redelik sterk is en ek wil graag eers my kommunikasieprobleme met die beskuldigde uitsorteer voordat ek horn in die getuiebank sit.
HOF: Wat is die probleem dat u met horn
probleme ondervind?
VERDEDIGING: Edelagbare, om dit eenvoudig te stel, ek dink hy is 'n bietjie dommerig en ek weet nie of hy dak vandag iets gebruik het nie.
HOF: Maar hy weet wat vandag aangegaan het? VERDEDIGING: Ek hoop so.
HOF:
Hy het nie vir u 'n aanduiding gegee dat hy
nie weet wat hier
gese is in die hof nie?
VERDEDIGING:
Nee, hy het nie vir my enige so V)
aanduiding gegee nie.
Ek
het net my eie
observasies.
HOF: Goed, die Hof wil net nie he daar moet na die tyd so iets geopper word dat hy nie ... VERDEDIGING: Ek het my eie observasies net na dat ons verdaag het. Ek sukkel om logiese antwoorde uit horn te kry, Edelagbare, en ek meen werklik waar ek wou vir mev Hockley gehoor het of sy gehoor wat ek vir horn geskree het."
In die lig van hierdie versoek, is die saak toe uitgestel vir h paar dae. Met die hervatting van die verhoor het appellant begin getuig. Hy het getuig dat hy saam met die moeder van die klaagster in die houthuis gewoon het. Hulle het nie lank reeds daar gebly nie. Hy het eers in die woonhuis gewoon, maar die eienaar het gese hy moet in die houthuis gaan bly. Die klaagster se moeder het toe gevra of sy by horn kan bly.
Die Saterdagoggend voor die beweerde voorval was daar 'n ander meisie in die hok gewees. Die Sondagmiddag is die ander meisie daar weg. Die klaagster se moeder is die Saterdag reeds daar weg. Die Maandagoggend het hy vir die klaagster gese die eienaar het gese hulle moet die houthuis leegmaak. Die Maandagnag het die klaagster saam met 'n vriendin daar geslaap. Die volgende oggend toe kla die klaagster horn aan. Hy het op 'n pertinente vraag van sy prokureur geantwoord dat daar nie 'n ketting en 'n slot aan die deur was nie.
Onder kruisverhoor het appellant gese daar was 'n ketting en 'n slot maar dit was die huisbaas sYi. Hy het verder bevestig dat hy vir sy prokureur gese het dat daar die Maandagaand Vi meisie by die klaagster was. Hy het verduidelik dat hy en die klaagster se moeder, Olga, gestry het as gevolg van die teenwoordigheid van die meisie en dat sy toe weg is daar.
Appellant het toe gese dat behalwe die klaagster daar ook 'n meisie en 'n man, genaamd Steven Booyens, die nag daar deurgebring het. Hy het Booyens daar uitgesit.
Appellant is onder meer deur die aanklaer gevra waarom hy nie die inligting aangaande die twee persone aan sy prokureur oorgedra het nie en hy kon nie 'n bevredigende verduideliking verskaf nie. Hy is ook gevra of hy die klaagster verkrag het en hy het geantwoord dat sy Meg. Hy is toe herhaaldelik gevra waarom sy sou Meg.
Appellant se prokureur se betoog vorm deel van die rekord. Dit is kort en eenvoudig. Dit lees as volg:
"Dankie, Edelagbare. Edelagbare wat die klaagster, Lydia Stoffels, se getuienis betref, is die enigste wesenlike probleem wat ek met haar getuienis het, dat sy nie geskree het nie, om hulp geroep het nie en dat sy nie probeer het om by die vertrek uit te kom nie. Ek sal dit aan die Hof oorlaat om gewig te plaas op hierdie argument. Op die getuienis van mev Hockley kan ek gaan kritiek op uitspreek nie. Ek dink sy het 'n baie betroubare weergawe gegee van wat sy ervaar het. Wat die beskuldigde se weergawe betref, Edelagbare, ja daar kan ek nou nie veel bydrae nie. Ek gaan sy getuienis in die geheel aan die Hof oorlaat maar ek vra darem vir 'n onskuldig bevinding."
Die landdros het in sy uitspraak die getuienis opgesom. Daarna het hy die gewig van die staatsgetuies beoordeel. Appellant se optrede in die getuiebank, het hy gese, "spreek van onsekerheid, verwarring en ontwykende optrede". Appellant se oenskynlike versuim om die beweerde teenwoordigheid van die meisie en die man in die huis ten tyde van die beweerder verkragting aan sy prokureur te meld, het die landdros as skokkend beskryf. Die landdros het ook in sy uitspraak gemeld dat die appellant se verduideliking waarom die klaagster sou Meg, ook nie sin maak nie.
Die landdros het appellant se weergawe verwerp en die van die staatsgetuies aanvaar. Hy se dan verder:
"Kyk die Hof na die elemente van die misdryf, hier is twee klagtes van verkragting. Die klaagster getuig van twee duidelike afsonderlike voorvalle waar penetrasie plaasgevind het. Dit is verwyderd van mekaar gewees. Dus was daar twee handelinge van verkragting. Die Hof is tevrede dat die Staat die skuld bo redelike twyfel bewys het en u word skuldig bevind aan aanklag 1 en aanklag 2."
Die Staat het 'n aantal vorige veroordelings teen appellant bewys. Dit het vier aanrandings ingesluit maar hy is nie besonder swaar gestraf vir enige daarvan nie. Dit het ingesluit skuldigbevinding aan aanranding in 2003, aanranding op 4 April 2004 waarvoor hy R800 of vier maande opgeskort gekry het; onsedelike aanranding op 26 September 2004 waar hy gevonnis is vir R500 of drie maande gevangenisstraf en dan
'n aanranding op 29 September 2005 waar hy net gewaarsku en ontslaan is.
Appellant se prokureur het die Hof meegedeel dat appellant 43 jaar oud was; dat hy in 'n saamleefverhouding met 'n ander vrou was; dat hy tot St.3 op skool gevorder het en dat hy werkloos was.
Die landdros het daarop gewys dat die statutere minimum vonnis vir die twee verkragtings lewenslange gevangenisstraf is. Hy het toe na dwingende en wesenlike omstandighede verwys en hy het in hierdie opsig genoem dat daar geen geweld was nie; dat daar 'n moontlikheid van Yi substans deur die klaagster gebruik was, waarna hy na dagga verwys het maar hy het genoem dat die appellant nie die gevolge van sy dade en optrede besef het nie. Die landdros het dan afgesluit deur die minimum vonnis sal in die lig van al die omstandighede, volgens die Hof, nie in verhouding wees met die misdaad, die oortreding of in belang van die gemeenskap nie. Hy het gese:
"Dit is 'n voorval wat in 'n bestek van 'n uur of twee voorgekom het. Die een penetrasie het aanleiding gegee tot die volgende. Dit was nie in so 'n mate gewelddadig dat die Hof dink dat dit in hierdie geval twee vonnisse van lewenslank regverdig nie. Dit sal nie in verhouding wees nie."
Die landdros het beide aanklagte saamgeneem en het die appellant tot veertien jaar gevangenisstraf gevonnis.
Advokaat De Villiers het namens appellant op appel verskyn. Hy het eerstens betoog dat die landdros fouteer het deur nie te gelas het dat die appellant psigiatries ondersoek moet word nie. Artikel 77(1) van die Strafproseswet, 51 van 1977, is na verwys. Dit is nie vir my nodig om hierdie artikel aan te haal nie. In S v Mphela 1994(1) SASV 488 (A) is gese te 493:
"Artikel 79 bepaal die prosedure en reelings in verband met die verkryging van psigiatriese verslae wat slaan op die toerekeningsvatbaarheid van 'n aangeklaagde tydens die pleging van die beweerde misdryf. Dit is duidelik dat artikel 77(1) en 78 (2) dat die Hof geen diskresie het om 'n verwysing te weier waar daar blyke is dat die beskuldigde vanwee geestesongesteldheid of geestesgebrek nie verhoorbaar is nie."
Advokaat De Villiers het betoog dat daar tydens die verhoor twyfel bestaan het oor appellant se vermoe om die verrigtinge te volg en hy het na sekere passasies in die rekord verwys wat ek reeds hierbo aangehaal het.
Na my oordeel is hierdie egter nie 'n geval waar dit geblyk het dat appellant nie die verhoor kon volg nie. Dit is so dat appellant se prokureur op een stadium probleme gehad het om instruksies te kry. Die saak is toe uitgestel en daarna was die prokureur oenskynlik te vrede dat appellant verhoorbaar was. Dit is so dat appellant se getuienis met tye moeilik is om te volg maar hy is klaarblyklik nie 'n intelligente persoon nie en hy sukkel kennerlik om homself behoorlik uit te druk. Die landdros het geen probleme gehad om sy weergawe te volg nie en daar is, na my mening, niks inherent in sy getuienis wat dui op onverhoorbaarheid nie.
Namens appellant is verder betoog dat die landdros fouteer het deur nie self 'n getuie te roep wat buite die hof teenwoordig was nie. Die probleem met hierdie betoog egter is dat daar volgens appellant se eie getuienis geen aanduiding is dat die getuie relevante getuienis sou kon lewer nie. Daar moet ook aanvaar word dat appellant se prokureur met hierdie getuie sou gekonsulteer het en besluit het om haar nie te roep nie.
Advokaat De Villiers het ook betoog dat appellant slegs aan een daad van verkragting skuldig moes gewees het. 'n
Soortgelyke vraag is in S v Blaauw 1999(2) SASV 295 te 299-300 deur Borcherds, R oorweeg. Dit is nie vir my nodig om hierdie passasie volledig aan te haal nie, sy het daarop gedui dat elke saak sal op die feite berus of dit wesenlik een of twee gevalle van verkragting is.
In
die onderhawige geval het appellant nie op een van die
twee
geleenthede ejakuleer nie. Na die eerste geval het die
klaagster
steeds langs horn gele en hy het aan haar gevat en
gevryf totdat
hy tot die tweede geval oorgegaan het. Na my
oordeel het
appellant se optrede in hierdie geval slegs een
verkragting
daargestel. Wat
die meriete van die
skuldigbevinding self betref, is ek tevrede dat die landdros nie misgetas of sy diskresie verkeerd uitgeoefen het nie.
Appellant se vonnis moet egter heroorweeg word in die lig daarvan dat hy nou op appel net aan een klag van verkragting skuldig bevind word. Sy vorige veroordelings, alhoewel daar heelwat van was, was nie van 'n ernstige aard nie. Hy het geen geweld teenoor die klaagster gebruik nie. Daar is ook geen getuienis van fisiese of emosionele leed aan haar kant nie. Appellant is kennerlik nie 'n intelligente persoon nie. Hy het ook, soos sy dit self gestel het, met haar gehandel asof sy sy eie vrou was.
In al hierdie omstandighede is ek van mening dat daar wel dwingende en wesenlike omstandighede bestaan om van die minimum vonnis van tien jaar gevangenisstraf af te wyk. Na my mening sou 'n vonnis van sewe jaar gevangenisstraf gepas wees.
Appellant se appel teen skuldigbevinding slaag gevolglik gedeeltelik, sy skuldigbevinding op die tweede aanklag van verkragting word tersyde gestel. Appellant se appel teen vonnis slaag ook. Die vonnis van 14 jaar gevangenisstraf word tersyde gestel en vervang deur 'n vonnis van sewe jaar gevangenisstraf wat terugdateer word tot die datum van vonnis in die streekhof, naamlik 18 Maart 2010.
BLIGNAULT, R
OOSTHUIZEN, WnR: Ek stem saam.
OOSTHUIZEN, WnR