South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 572

| Noteup | LawCite

Ndlovu v S (A296/2010) [2010] ZAWCHC 572 (26 November 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOE HOF VAN SUID-AFR1KA

(WES-KAAP HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO
: A296/2010

DATUM: 26 NOVEMBER 2010




In die saak tussen:



WELLINGTON NDLOVU …......................................................................Appellant

en


DIE STAAT ….......................................................................................Respondent






UITSPRAAK




N C ERASMUS. R:



Die appellant het in die streekhof te Kaapstad tereggestaan op vier aanklagte: twee aanklagte van roof en twee van die vryheidsberowing van die twee klaagsters. Die feite was kortliks as volg: Die klaagsters het op die gewraakte dag besluit om Vi piekniek te geniet op die hange van Tafelberg. Hulle was gekonfronteer deur vyf manspersone; daar aangehou en beroof van hulle persoonlike besittings.




'n Week later is die appellant en twee ander mans opgemerk in


dieselfde omgewing en volgens die arresterende beampte het die appellant veral Vi beskrywing gepas wat in sy besit was, aan hom gegee deur die Suid-Afrikaanse Polisie. Hy maak melding

daarvan dat dit moontlik in sy gemoed Yi verband sou hou met
die aanklagte waarop die appellant nou teregstaan Daarna is
die twee klaagster na V» identifikasieparade genooi waarop die
appellant was. Hy was regsverteenwoordig by daardie
uitkenningsparade.
Die appellant is ook positief

geldentifiseer deur veral die eerste klaagster by die verhoor. Die appellant se verweer was dat hy daardie dag - dit was 'n week na die aanranding - in die omgewing was aangesien hy vir sy werkgewer gewag het en weggebreek het vir h kort wyle om Yi dagga sigaret te geniet.



Die streeklanddros het al die getuienis aangehoor van die arresterende beampte, die beamptes betrokke by die uitkenningsparade sowel as die twee klaagsters en het bevind dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellant inderdaad een van die daders was by die aanval op die twee klaagsters. Hy het tereg, na my mening, die appellant vrygespreek op die vryheidsberowingaanklagtes en ek gaan nie weer daarna verwys nie.




Op appel word geargumenteer dat die streeklanddros fouteer het om te bevind dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellant teenwoordig was by die aanval omdat daar nie genoegsame getuienis was om identifikasie te bewys nie.



Dit is so dat daar by geleentheid by die identifikasieparade h probleem was by die slot van een van die kamers waar die eerste getuie teenwoordig was nadat sy reeds 'n positiewe identifikasie van die appellant gemaak het - ek sal terugkom na die identifikasieparade - en dat dit Vi onreelmatigheid was. Wat egter in gedagte gehou moet word is dat daar 'n waarborg is vir die betroubaarheid van veral die tweede getuie dat sy nie voortgegaan het om vas te staan by ft positiewe identifikasie van die appellant nie; inteendeel, sy kom en sy se sy is nie seker nie. Dit doen weg met enige moontlike manipulasie van die getuies op daardie geleentheid.



Om terug te keer na die getuienis van mej Condelis, die eerste klaagster. Sy het by die identifikasieparade haar tyd geneem. Sy het deeglik deur die groep gegaan wat ook nou die bewering dat die appellant sou uitstaan soos 'n seer vinger omdat hy die enigste een is waar Yi beskrywing gepas het, totaal daardie argument die nek inslaan. Sy het selfs sover gegaan om die appellant te vra om nader aan die venster te kom, te praat en nadat sy seker gemaak het, het sy die appellant geVdentifiseer. Dit is ook insiggewend dat wanneer sy later by die verhoor gevra word waaraan sy appellant uitken. dat dit duidelik was dat sy wou waarneem, by die identifikasieparade, die gesig van nader beskou asook die wyse waarop appellant gepraat het.



Daarna het sy weer deur die lys gegaan van mense wat gestaan het en sy het 'n verdere persoon nader geroep. Sy was nie seker oor hierdie persoon se identiteit nie. Nou weereens, indien die getuie dan deur die polisie beinvloed was om 'n identifikasie te maak, hoekom dan deur al hierdie rituele gaan.



Die rede hoekom dit geopper is, is omdat Yi identifikasie wat gemaak word in die hof terwyl die appellant die enigste persoon daar is, gevaarlik is om op te steun. In hierdie geval egter was daar genoegsaam tyd, die geleentheid was daar en die getuie kan verduidelik hoekom sy 'n positiewe identifikasie maak. Ek is oortuig dat daar nie kritiek gelewer kan word op daardie getuienis nie.



Die streeklanddros het die getuienis aangehoor. Hy het dit na my mening deeglik evalueer en tot Yi bevinding gekom op geloofwaardigheid. Yi Hof van appel sal nie maklik met so Yi bevinding inmeng nie. Na my mening, in elk geval, is daar geen rede om daarmee in te meng nie. Die appellant se weergawe was eenvoudig vergesog, ongeloofwaardig en was korrek verwerp. Op daardie getuienis het die streeklanddros toe Vi bevinding gemaak dat die appellant aandadig was in die roof Dit staan bo kritiek.



Na my mening is daar geen meriete in die appel ten opsigte van die skuldigbevinding nie.



Wat die vonnis aanbetref, word dit nou geopper dat dit Yi duplisering is. Dit kan nie wees nie want die roof was gemik op twee individue en as daar gelet word op die elemente van roof, dan is dit twee aparte misdrywe. Enige probleem wat sou ontstaan met "n duplisering sou aangespreek word in die vonnis. Die streeklanddros het dit in elk geval saamgeneem vir doeleindes van vonnis. Ek vind dit vreemd dat die streeklanddros "n vonnis minder as die voorgeskrewe vonnis opgele het omdat dit moeilik is op die feite wat voor die Hof geplaas was, om te bevind dat daar wesenlike en dwingende omstandighede is. Daar is geen kruisappel van die Staat teen die vonnis nie en derhalwe moet die appellant die voordeel daarvan kry. Na my mening, as die streeklanddros in enige mate fouteer het op hierdie feite was dit aan die ligte kant. Daar is derhalwe, na my mening, geen meriete in die appel ten opsigte van vonnis nie.

Ek sou die skuldigbevinding en die vonnis bekragtig en DIE APPEL VAN DIE HAND WYS.








VIVIER, WnR





N C ERASMUS. R: Dit word so beveel, die appel word van die hand gewys, die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.


N C ERASMUS. R