South Africa: Western Cape High Court, Cape Town Support SAFLII

You are here:  SAFLII >> Databases >> South Africa: Western Cape High Court, Cape Town >> 2010 >> [2010] ZAWCHC 58

| Noteup | LawCite

Nothnagel v S (A412/06) [2010] ZAWCHC 58 (25 March 2010)

Download original files

PDF format

RTF format


IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA

(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)

Saak Nr. A412/06

In die appel van:

SIMON NOTHNAGEL Appellant

en

DIE STAAT Respondent

UITSPRAAK GELEWER OP DONDERDAG 25 MAART 2010

Von n is:


[1] Die appellant is op die oorblywende aanklagte tot effektiewe gevangenisstraf van 5 jaar gevonnis. Die gravamen van die appellant se advokaat se betoog voor ons is dat die landdros fouteer net deur nie die appellant onder korrektiewe toesig ingevolge a 276(1 )(h) van die Strafproseswet 51 van 1977 ('die Wet') te plaas nie.


[2] Dit is geykte reg dat die bepaling van 'n gepaste vonnis by uitstek binne die diskresie van 'n verhoorhof val. 'n Hot van appel sal daarom slegs met 'n verhoorhof se vonnis inmeng indien die verhoorhof misgetas het of die vonnis buitensporig swaar is.


[3] Die landdros is bedien van toepaslike verslae aangaande die appellant se persoonlike omstandighede. Hierdie omstandighede is volledig deur die landdros genoem en hy het dit deeglik in ag geneem. Ek moet byvoeg dat die blote feit dat sekere feite nie genoem word nie, nie beteken dat die landdros dit nie oorweeg of in ag geneem het nie. Geen uitspraak kan perfek wees nie. Hierdie feite is ook voor ons aangevul in die korrektiewe toesig beampte se verslag wat ons aangevra het.


[4] Die appellant se advokaat moet gelyk gegee word dat die oogmerk van voorkoming nie beklemtoning verdien nie omrede die moontlikheid van herhaling skraal is. So ook hoef nie veel gewig aan die oogmerk van hervorming gegee te word nie. Die appellant het seer sekerlik sy les geleer.


[5] Die oogmerke van afskrikking en bestraffing verdien wel om beklemtoon te word. Die appellant het 'n hele reeks misdade, wat normaalweg in 'n ernstige lig gesien word, gepleeg. Wat in hierdie geval erg verswarend is, is die feit dat die appellant 'n offisier in diens van die Suid-Afrikaanse Polisiediens was toe hy die misdade gepleeg het en dat hy sy posisie misbruik het. Dit is duidelik dat die appellant se morele blaamwaardigheid hoog is. 'n Duidelike boodskap moet aan lede van die mag gestuur word dat die howe nie gedrag van hierdie aard sal duld nie.


[6] Die lang tydsverloop tussen die pleging van die misdade en vonnisoplegging is wel hinderlik. Die oorgrote meerderheid van die vertragings kan egter voor die appellant se deur gele word en regverdig nie dat die appellant meer goedgunstig behandel word nie. Die appellant is ook 'n geruime tyd aangehou voordat hy op borg vrygelaat is en daarna is sy bewegingsvryheid erg aan bande gele.


[7] Die vraag aan die einde van die dag is of die oogmerke van afskrikking en bestraffing bereik kan word met 'n ander vorm van straf. Ek is dit met die landdros eens dat hierdie misdade veels te ernstig is vir die toepassing van a 276(1 )(h) van die Wet. Wat meer is, is dat die landdros alle ter saaklike feite en omstandighede met betrekking tot vonnis oorweeg het en ons is op geen mistasting gewys nie en ek kon by 'n nalees van die uitspraak ook geen rnistasting bespeur nie. Die vraag is nie of ons 'n ander vonnis sou opgele het nie maar of die landdros sy diskresie verkeerdelik uitgeoefen het. Na my mening kan dit nie bevind word nie.


[8] Bygevolg word die appellant se appel teen die vonnisse horn op aanklagte 6 tot 10 en 13 tot 18 opgele van die hand gewys en die vonnisse deur die landdros opgele bekragtig.



Veldhuizen, R

Ek stem saam

Le Grange, R